BLOG

Nasionale Intelligensie beplan tweede Boeremag-insident!

Ons het pas die volgende inligting van ‘n baie betroubare bron ontvang:

  1. Die Nasionale Intelligensiediens beplan om ‘n tweede Boeremag insident op blanke regsgesindes te trek. Van ons mense sal onwetend ingesleep word by ‘n valse aanslag (false flag) op die ANC-regime; waarna tallle regses in hegtenis geneem sal word. U word dringend gewaarsku om glad by enige soort ‘opstand’ betrokke te raak nie. “Ons bron se advies is om kos bymekaar te maak en gereed te wees om na veiligheid uit te wyk wanneer u voel dat die stakings, geweld en intimidasie in die land u veiligheid-situasie bedreig.”
  2. In so ‘n sutuasie mag die ‘man in bruin’ wat oor die afgelope paar jaar deur NI voorberei is, op die toneel verskyn. Hy is ‘n Engelssprekende ‘boobskapper’ wat al heelwat aandag getrek het. Wees asseblief op u hoede!
  3.  Malema se haatspraak teen ons word deur die wêreld, met enkele uitsonderings, goegekeur.
  4. Hy is nie net deur MI6 gedra en befonds nie, maar ook die mynbase is daarby betrokke. Nasionalisering sal hulle glo soos ‘n handskoen pas, want sedert die ANC-oorname, word hulle knaend, sonder ophou gedreig en met gewelddadige stakings afgepers; as gevolg van onrealistiese looneise, het hulle reeds miljare rande verloor; en blykbaar is hulle nou so keelvol daarvoor dat hulle bereid is om die myne te sluit, sodat die gepeupel dan moet sien kom klaar. Daarom dra Malema se optrede hulle goedkeur weg; soveel so dat hulle glo sy besoek aan Londen vroeg in Augustus help befonds het.
  5. Helen Zille met haar Joodse verbintenisse het tot dusver nog ‘n stewige hand op die finansies gehad, maar sy sal binnekort deur ‘n ANC ‘staatsgreep’ vervang word met noodlottige gevolge vir die ekonomie.
  6. Die land wankel op die rand van ‘n burgeroorlog en totale chaos.

As hierdie dinge ons voorland is, dan het ons byna 20 jaar gelede, eers in Stem van ‘n profeet (1993) en twee jaar later in Boodskapper van God, tevergeefs Siener van Rensburg se waarskuwings oor toekomstige myn- en ander stakings onder ’n swart regering, bekend gemaak. Hy het gesê:

Die stakings en kragonderbrekings sal geleidelik al hoe groter word en al hoe ernstiger afmetings vir die ekonomie aanneem.

Volgens die Siener sal niks hierdie stakings later meer kan keer nie, want die een salarisverhoging na die ander sal geëis word totdat besighede (insluitende die myne) dit nie meer kan bekostig nie, en gedwing word om te sluit. (Looneise was in daardie stadium nog feitlik onbekend).

Hierdie massa-optrede vorm dan ook deel van die georganiseerde manier waarop die Kommuniste die land totaal onregeerbaar wil maak, sodat hulle volle beheer kan oorneem…” (1 Oktober 1917).

Hy sien toenemende mynstakings wat groot chaos gaan veroorsaak, en dan gewaar hy mynwerkers wat met grawe oor die rug huiswaarts keer (15 Julie 1919), omdat onderhandelinge met die mynbestuur misluk het.

As gevolg van die aanhoudende stakings en ontevredenheid by mynwerkers, breek daar geweld in Johannesburg uit (daar brand mieliestronke). Die geweld versprei dan verder.

In dieselfde tyd ‘sien’ hy ook twee ander belangrike gebeurtenisse plaasdvind. Eerstens, die Boer probeer veg vir die behoud van sy taal wat “deur sy nuwe heersers misken en vertrap word”. Maar al sy besware val op dowe ore en die volk sit magteloos en toekyk hoe sy taal sy amptelike status verloor en uitgerangeer word.

Tweedens, belangrike nuusgebeure word nou doelbewus en openlik van die publiek weerhou, en daar is totale onkunde oor wat in die land aan die gang is.

Hiervandaan verder begin dinge momentum kry en spoed dit na die einde van die ou man se visioene.

Blog Artikels

E-BOEK: Kerkverraad is 'n onstellende verslag oor die Afrikaanse kerk se bedrieglike rol in die Boervolk se uitlewering.
Solidariteit, Afriforum en die Broederbond - 'n doringbos in die Boervolk se pad.
20 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
Barry62

Miskien moet ons die rewolusie her benaam na “African Spring Uprise…” Ek kyk gisteraand na video 2 (2007) van die Suidlanders en dit het woord vir woord die waarheid geword. Ek ‘copy en paste’ n gedeelte uit die Times maar dit is die moeite werd om die hele artikel te lees.

South Africa is on the brink of an “economic war” that threatens its security .

As violent protests spiral out of control, researchers, intelligence specialists and security organisations warn of impending national danger and more casualties.

General strikes are known factors for revolutionary ideas and precipitate the final stages of revolutions. They are the cause of economic collapse, which, if infused with politics, as is happening, becomes an uncontrollable revolutionary force.

http://www.timeslive.co.za/thetimes/2012/09/14/economic-war-looming

Gunther Jurgens man

Right, first of all, Psalm 144 tells you who trained me, secondly, im on Psalm 27 orders till after the nature disasters, i already killed all of you by forcing the choice of baal vs JaHWeH on you, so my work is done, how the moer am i gonna do anything but smoke weed and watch the sunday xtians die?

Red Ghost

Dog die man in bruin is ‘n duitser? Hoe bedoel die artikel hy het al baie aandag getrek? Ek weet nie van so iemand nie.

Dries

@Gunther

Jou skakel na volkstaat sê vir my een van twee dinge:

1) Jy probeer vir ons waarsku dat die verraaier – die man wat NI aan ons gaan voorsit as die volksleier in der waarheid Willem Ratte gaan wees?!
2) Of jy is die een of ander toegewyde sekte lid wat groot gemors vir ons volk kan veroorsaak.

‘n Bietjie meer duidelikheid sal waardeer word.

Gunther Jurgens man

1) nee, oom WIllem is geen veraaier, gladnie, hy is net getal as die Volk se leier, omdat al die militere manne hom as leier sien, hys gn mason nie,
2) Ja, ek is groot moelikheid, en ek is alreeds klaar met my werk, die hele Volk, en sy leier, het baal gekies, die asherim is weer opgesit, en n symboliese Seel is gele, baal is gekies, die einde kan begin, en 3.4 million ongehoorsame mense gaan sterf, en die oorblywende 1/3 gelouter.

Dries

Was Willem Ratte nie ‘n katoliek op ‘n tyd nie? Ek het geen probleem daarmee as hy op die regte pad gekom het nie, maar dit is laaste wat ek gehoor het.

Ek dink nie ‘n mens se werk is ooit klaar nie. Die Messias het nie gekom vir die wat klaar gesond is nie, maar vir die wat genesing nodig het. So mens hou maar aan met waarsku so lank en hoe jy ookal kan. Wie weet, dalk plant jy net ‘n saadtjie en die dag as iets gebeur sal alles vir die persoon sin begin maak. Sommige is vroeg geroep, ander laat. Selfs vir die laaste 10 mense wat moet begryp, ek dink, sal God die swart hel terughou voor hy dit loslaat 😉

suria

Sjoe oom Adrian, na aanleiding van wat oom hierbo gese het “Tweedens, belangrike nuusgebeure word nou doelbewus en openlik van die publiek weerhou, en daar is totale onkunde oor wat in die land aan die gang is”

Hieronder het so pas op Boere Krisis Aksie se facebook verskyn:

An SABC labour union says its members have been instructed not to report on expelled ANC Youth League president Julius Malema.

“It has been reported to us by several of our members that they have been instructed to not report on any activities of the expelled ANC Youth League leader, Mr Julius Malema,” the Broadcasting, Electronic, Media and Allied Workers Union (Bemawu) said on Thursday.

“The instruction went as far as to say that even if he is assassinated, or he dies in any other manner, it should not be reported until top management has instructed otherwise.”

Ons word in die donker gehou… die donker tyd is hier!

wonder net

gaan Angus Buchan hom dalk voordoen as man in bruin pak om mense te verwar?

Jacques

Wie kan die man in die bruin pak wees

Barry62

Jacques ek dink hy plant aartappels…. en ek spot nie nou met jou.

Gunther

ek stem saam, ek is nie die man in bruin, ek is iets anders, angus puke-an sal begin opstaan, en die doos se “the Bible does not say you must use fear” LIAR. wat se Jude 1:23??

Johann

Dit is ou aartappelmoer met sy groot hoed en bybel onder arm wat al die manne by groot saamtrekke bymekaar kry. Die ou vrymesselaar.

Boeremeisie

Miskien is dit nie “onderhandelinge wat met die mynbestuur misluk het nie” maar die myners wat hulle werke verloor….. – werkers wat ge-retrenched word…

TJ Ferreira

O my volk, o my volk. Wanneer ek die voorafgaande poste lees dan huil my hart. Ons het soveel verraaiers onder ons, maar dan soek ons ook verraaiers orals, elfs waar hulle nie is nie.
Kommandant Ratte n verraaier, wie het ooit so n lae gedagte kon uitdink. Willem is sekerlik n soldaat, maar kan ook nie die volk alleen red nie.
Voor die dag, wanneer ons as volk gaan leer om op onse God te vertrou sal ons verval net versnel.
Soveel van ons woon vandag in die buiteland, wou so bitter graag daar wees en die geveg veg, maar sien nie kans om met die verdeeldheid saam te leef nie.
Asseblief vriende, haan op jul kniee voor ons God, buig die hoofde en hou op onder mekaar twis, dalk, net dalk maak ons dit dan as volk

Barry62

TJ ek stem saam met jou MBT hoe pns met mekaar praat. Ek lees van kop afkap en ons gebruik YHWH se naam in een sin met n gevloekery. As mense nog ou oom Jooste kan onthou hy het altyd gese ons is in hierdie gemors omdat ons geen liefde betoon teenoor mekaar nie. Ons gun mekaar nie die reg om te verskil van ons eie siening nie. As ek reg die Woord verstaan kom Yahshua op n vrou af wat owerspel gepleeg het, die fariseers is gereed om haar dood te maak maar wat se Yahshua self “vrou ek veroordeel jou ook nie, gaan heen en sondig nie weer nie”. Hy gaan verder en was sy dissipels se voete terwyl Petrus en Judas Hom gaan verraai en dan gee Hy sy lewe vir ons sodat ons gered kan word.

In die lig van dit sal ek by my broers pleit kom ons bid vir mekaar en net soos Yahshua kom ons vergewe mekaar se sondes en ons bere die strydbyl vir n ander dag en n ander vyand.

Natasha

En hier is dit nou….7 manne inhegtenis geneem….

Plasie

Is Sunette Bridges ook nou in C Max?

Lisabet

Adriaan, net nadat ek op die nuus gehoor het van die vier “regses” wat gevang is omdat hulle glo terroristiese dade wou pleeg, het ek onthou dat julle so ‘n waarskuwing op julle GERUGTE-stories geplaas het. Van al die webwerwe was julle die enigste wat hierdie inligting aan ons deurgegee het. Julle behoort dit op jou blog te sit dat julle die ENIGSTE REGSES is wat dit sien kom het, want dan sal die blindes dalk begin notisie neem van wat julle al die jare besig is om vir onste doen. Dit wys jou net: selfs ‘n GERUG kan partykeer waar wees. Baie dankie dat julle ons vooruit ingelig het. Ek wil ‘n raaiskoot waag, die bron het bande met NI of het dit gehad. Niemand anders kon dit geweet het nie. Gaan asseblief voort met julle goeie werk. Beste vir die Nnuwejaar en mag ons nog baie sulke in-die-kol nuus kry.