Malema dryfkrag agter Siener stakings

Pas nadat die skole in 1960 geopen het, het swart MI6 betaalde agente in Soweto met ‘n werwingsveldtog begin vir betogings teen die paswette, gesteun deur die militante, swart nasionalistiese groep, die Pan Africanist Congress (PAC). MI6 agente het swart inwoners belowe dat hierdie betogings sal verseker dat die land teen 1963 vry en onafhanklik in die hande van die swartman sou wees.

Die uiters militante ‘professor’ Robert Sobukwe was die perfekte kandidaat vir wat die Britse Geheime Diens beoog het. Hy was al ‘n geruime tyd in ‘onguns’ by die ANC oor sy voortdurende haat uitsprake teen blankes en vergaderings waarop hy die massas tot geweld opgesweep het. In Februarie 1959 het MI6 hom genader en voorgestel hy breek weg van die ANC en stig sy eie organisasie, die PAC. Dit het in April 1959 gebeur, en Sobukwe het besluit om net swartmense as lede te werf. Sy hoofdoel moes wees om hom te verset teen wit oorheersing, en sy leuse was: “Afrika vir die Afrikane”. Nou kon sy optrede nie meer die ‘goeie naam’ van die ANC benadeel nie

Ook hy sou hom beywer om Suid-Afrika teen 1963 oor te neem – deur die verbreking van die wet en deur opstande, aangesien ‘n grondwetlike weg nie ‘n opsie was onder die apartheidsbeleid nie.

Finansiële hulp sowel as morele steun is vanuit Brittanje aan die PAC belowe. Die morele steun het dan ook gekom van die destydse Britse eerste minister, mnr. Harold Macmillan, met sy “winde van verandering”-toespraak in die Parlement op 3 Februarie 1960. Hy het daarop klem gelê dat Suid-Afrika nie die veranderinge in die res van Afrika kan ignoreer nie en van apartheid sou moes afsien.

Voor sy vertrek het Macmillan ‘n ontmoeting met Sobukwe gehad, en net meer as ‘n maand later, op Vrydag 18 Maart het Robert Sobukwe in Johannesburg aangekondig dat sy organisasie op Maandag 21 Maart tot aksie sou oorgaan. Twee dae tevore, op 16 Maart, het hy skriftelik die polisie verwittig dat ‘n betoging van vyf dae teen die paswette op 21 Maart sou begin.

Alles het volgens plan verloop en op 21 Maart is 69 swartes deur blanke polisiemanne doodgeskiet. Dit was die waterskeiding in die stryd teen apartheid. En uiteindelik was dit buitelandse druk wat De Klerk laat swig het.

Agter die skerm was dit egter MI6 wat die ANC gehelp het om ons land oor te vat. En hierdie keer gaan dit ook hulle wees wat Malema sal bystaan in sy “finale revolusie”, soos ons dit reeds gesien het met die Arabiese Lente (Arab Spring) in Egipte, Libië, Bahrain en Sirië.

Net soos Sobukwe het Malema haatspraak en ‘shoot-the-Boer-liedjie hom in ‘onguns’ by die ANC gebring, soveel so dat hy uiteindelik geskors is. En daarna kon sy doen en late die ANC nie meer skade berokken nie. (Die patroon het niks verander nie).

Maar vandag, na byna 15 jaar in die kussings, besef die ANC dat die ekonomiese mag van Suid-Afrika steeds rotsvas in blanke hande is.

En weer was dit hulle ou vriend (MI6) wat moes help om hierdie laaste ankerpaal van blanke oorheersing uit te ruk.

MI6 het in 2006 reeds sy Plan vir die kaping van die ekonomiese mag in SA aan Malema voorgelê. Dat hy niks daarvan verstaan het nie, was nie ter sake nie, want hulle sou hom stap vir stap lei.

Julius Malema het al in 2002 hulle aandag getrek toe hy ‘n Cosas-optog deur Johannesburg se strate gelei het wat gekenmerk was deur chaos, geweld en pludering. In die daaropvolgende vier jaar is hy noukeurig deur MI6 gemonitor, en toe nadergetrek. Vir bykans 18 maande lank is hy deeglik voorberei, met groot somme geld en beloftes van nog meer, vir Operasie Vula II. Net soos Oliver Tambo, word hy in 2008 ook leier van die ANC-Jeugliga. Van daardie dag af is hy deur MI6 getaak om die jeug gereed te maak vir die Finale Opstand (Final Uprising), waarin o.a. ook swart “informante en teenstanders” genadeloos geëlimineer sou word; die blankes hulle ekonomiese mag sou verloor, en as apartheidsskurke uitgewis sou word.

Intussen het sy ‘revolusie’ met die hulp van MI6 ‘n goeie hupstoot gekry.

Na sy skorsing word hy en sy agterryer (woordvoerder), Floyd Shivambu, oor die naweek van 28 Julie deur MI6 Londen toe genooi. Alle koste is uit MI6 se diverse rekening betaal. Hulle word soos eregaste ontvang en bly oor tot Woensdagaand in een van Londen se spog vyfster-hotelle, die Corinthia in Whitehall Place. Kamers in die hotel kos tussen R7 500 en R25 250 per nag. In die vier dae wat hy daar was, is hy twee keer deur MI6-agente besoek en onderhoude met BBC en SkyNews gehad, maar die doel van sy besoek aan Londen is steeds in geheimsinnigheid gehul.

Presies ‘n week na sy terugkeer (Donderdag 16 Augustus) vind die skietery by Lonmin-myn plaas, en terwyl Zuma nog wonder wat hom te doen staan, verskyn Malema op die “moordkoppie” om die getraumatiseerde mynwerkers te troos en te bemoedig. Met sy tweede verskyning, gaan hy gal af teen Zuma. (Miskien het u al vergeet dat hy vóór Zuma se verkiesing as president, bereid was om vir hom te sterf). Hy kommandeer alle mynwerkers op om te staak. Sy oproep dra soveel gewig dat selfs van die Goudmyne begin staan.

Daarna word ook die weermag tot ‘rebellie’ aangehits; hoewel net ‘n klein groepie opgedaag het om na hom te luister, is alle aanduidings daar aanduidings dat ‘n groot persentasie weermaglede hulle met sy uitlatings vereenselwig – m.a.w. hulle is ‘reg’ vir wat daar ook van hulle verwag word.

Die minister van verdediging Nosiviwe Mapisa-Nqakula het gesê sy sal nie toelaat dat Malema die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) destabiliseer nie. Sy het bygevoeg dat Malema se optrede ‘n “ernstige revolusie” is.  Maar tog nie ‘n vinger verroer om hom te keer om met hulle te gaan praat nie. (Net soos in die geval van Sebukwe lyk dit of daar agter die skerms ‘n bose sameswering tussen Malema, die ANC en MI6 is).

Op Facebook het ene Thato Mbateti Mbateti gesê Malema se planne is agtermekaar om Zuma “uit te haal”.

Dit kan dalk ‘n werklikheid word wanneer hy sy finale skuif vir  sy ‘Rooi Oktober’-revolusie gaan maak. Die datum wat hy in gedagte het, is 27 Oktober — wyle O.R. Tambo (oud-ANC-leier en Jeugliga-president) se verjaasrsdag.

“Op daardie dag,” het hy gesê, “neem ons die stryd teen monopolie-kapitaal (die Jode) na die Johannesburgse Aandelebeurs en die Uniegebou (waar Zuma nog regeer).

Siener: Kort voor sy dood op 11 Maart 1926 het Nicolaas van Rensburg een middag aan eettafel aan sy gesin gesê: “Ek sien ons gaan weer groot moeilikheid met die kaffers hê. Net na die oorlog (2de Vryheidsoorlog) het ek ’n klein, maer kaffertjie halflyf verrys uit die aarde sien opkom —  en gister het ek weer ’n visioen gehad. Ek sien dat die kaffertjie gegroei het tot ’n magtige kryger wat heeltemal uit die aarde te voorskyn kom, en die assegaai en skildvel wat hy bokant sy kop uitstoot se skaduwee val dwarsoor ons land. Dis vér vorentoe, en dan sien ek dat hy agter ’n newel verdwyn. Maar voor dié tyd het ek ook ’n donkerte oor die land sien neerdaal…”

As hierdie “magtige kryger” dalk Jacob Zuma is, kan Julius Malema se kop moontlik self in die slag bly, want dit was mos Johanna Brandt wat gesê het sy sien ‘n miniatuurassegaai op die grond lê. (Die wapen van ‘n jongeling).

En ‘n assegaai wat op die grond lê, beteken dat die een aan wie dit behoort, in die stryd geval het.

Die donkerte is op ons…

 

 

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470