Waar die Leeu nog Brul

Avatar photodeur Adriaan en Gustav Snyman

R350,00

Waar die nog Leeu Brul handel oor Suid-Afrika se unieke prestasies tussen 1652 en 1994. Dit vier ons volk se rol in die bou van ‘n land, ondanks engelse imperialisme, boikotte, sanksies ens. Van die kasteel, kernwapen ontwikkeling tot verskeie ekonomiese, militêre en selfl sport prestasies word behandel. Die boek is egter ook ‘n waarskuwing oor die gevolge wanneer ‘n volk sy erfenis opgee.

Waar die Leeu Nog Brul bring hulde aan Suid-Afrika se uniekheid en buitengewone prestasies. Dit neem die leser op ’n reis deur die land se geskiedenis, van die eerste vestiging aan die Kaap tot die tyd toe Suid-Afrika as ’n industriële reus wêreldwye erkenning ontvang het vir sy wetenskaplike, kulturele en militêre bydraes.

Hierdie boek vertel die verhaal van ’n volk wat ’n volkseie staat uit die grond opgebou het: van pioniers wat in ’n ongenaakbare landskap moes oorleef, tot ingenieurs en wetenskaplikes wat, ten spyte van boikotte en internasionale druk, werk van wêreldgehalte gelewer het. Teen alle verwagtinge het hierdie volk ’n eie kultuur, identiteit en vooruitstrewende ekonomie gesmee, met prestasies wat strek van gevorderde kernnavorsing en lugvaartontwikkeling tot selfonderhoudende nywerhede soos Sasol en Yskor.

Terselfdertyd is dit ’n sober herinnering aan wat verlore gegaan het: ’n land met ongekende potensiaal wat deur korrupsie en wanbestuur verwoes is. Waar die Leeu Nog Brul is nie net ’n huldeblyk aan ’n volk wat deur geloof en deursettingsvermoë hierdie land opgebou het nie, maar ook ’n waarskuwing – oor wat gebeur wanneer ’n volk sy erfenis prysgee.

Gewig 356 g
Dimensies 210 × 138 × 20 Mm
ISBN978-1-0370-3187-8
Bladsye299
DatumFebruarie 2025
OmslagSagteband

Inhoudsopgawe

VOORWOORD
INLEIDING

Rykdom
Apartheid
Boer en Afrikaner

HALFWEGSTASIE AAN DIE KAAP
Die berglandskap van Kaapstad
Jan van Riebeeck
Maria van Riebeeck
Van Riebeeck se gelofte

DIE KASTEEL
Volksplanting
Aankoms van die Hugenote
Die Britse Setlaars 1820
Die Kaapkolonie
Die eerste Kerke
Van Kerk tot Volk

DIE GROOT TREK
Die wondertrek
Die Slag van Bloedrivier
Die Geboorte van ‘n volk

DIE ANGLO-BOEREOORLOG
Guerilla Oorlogvoering
Christiaan de Wet
Koos de la Rey
Spioenkop
Die Rebelle se woestyntog
Huldeblyk aan ons Volksmoeders

REPUBLIEKWORDING
Onafhanklikheid
Die vernietiging van ‘n droom

RSA SE VERBORGE PRESTASIES
Kernwapens
Satellietontwikkeling
Kernkanonne
Swart onderwys en Ontwikkeling

INGENIEURS MONUMENTE
Die Elektrifisering van Spoornet
Gariepdam en Vanderkloofdam
Witwatersrand watersuiweringskema
Die Hugenote Tonnel
Koeberg

DIE EERSTE HARTOORPLANTING

OLIE UIT STEENKOOL
Sasolburg en Secunda
Sabotasie
Internasionaal
ESKOM
Van Evkom tot Eskom
Argitek van ’n moderne Suid-Afrika

UNIEKE SA UITVINDSELS
Dolos
Kreepy Krauly
Pratley Putty
Snelgeweer (Speed Gun)
Cat Scan
Q20
Die Tellurometer
Smartlock Safety Syringe

DIE SUID-AFRIKAANSE WEERMAG
Isolasie en Innovasie
Opleiding
Struktuur en Dissipline
Angola
32 Bataljon
Die Slag van Savate (1980)
Die Recces
SAW Strategie
Van SAW na SANDF

TOP VLIEËNIERS

WAPENTUIG
Die G6 Howitzer
Die Ratel
Die Olifant-tenk
Die Rooivalk
Die Cheetah
SS-77 Masjiengeweer

HELDE EN LEGENDES
Tienie Oosthuizen
Dirkie Uys
Japie Greyling
Wolraad Woltemade
Flippie Neser en Petrus de Lange
Danie Theron
Die Boerperd
Racheltjie de Beer
Johanna Brandt
Siener van Rensburg

SPORT
Johannes van der Walt
Frik du Preez
Zola Budd
Sarel van der Merwe
Formula 1
“Kork” Ballington
Bruce Fordyce
Gerrie Coetzee

KULTUUR
Die Voortrekker Monument
Die Marmer Fries
Volkspele
Boeremusiek
Sutherland se venster na die hemel
Mimi Coertse
Afrikaans
Nasionale Pers

UNISA

ONS VOLK STIG EIE ORGANISASIES
Die Reddingsdaadbond
Helpmekaarbeweging
Santam
Volkskas Beperk

NAWOORD

BRONNELYS
Fisiese Publikasies
Aanlyn Bronne
Ander Aanlyn Bronne

Scroll to Top