In 1859 het Charles Darwin sy beroemde boek “On the Origin of Species” gepubliseer. Die invloed van Darwinisme het ongetwyfeld ‘n geweldige impak gehad op hoe mense na hul nasionale en kulturele identiteite begin kyk het. Deur klem te lê op ‘n klaarblyklike gemeenskaplike oorsprong (onderworpe aan dieselfde natuurlike wette) het Darwinisme eendersheid onder volke aangemoedig.
Die idee van ‘n universele gemeenskaplike oorsprong het verder die weg gebaan vir die opkoms van moderne humanisme gebaseer op die idee dat mense die vermoë het om probleme op te los en vordering te maak deur middel van rasionele denke en wetenskaplike navorsing, eerder as deur bonatuurlike oortuigings of godsdienstige leerstellings. Die godin van rasioneliteit en objektiwiteit was nou beskou as ‘n universiële denkwyse wat nie gekoppel word aan kultuur of enige godsiens nie.
Daar is nie ‘n God nie, daar is slegs feite. Nietzsche se stelling “God is dead. God remains dead. And we have killed him” word die definisie van ‘n moderne samelewing wat nie meer afhanklik is van godsdienstige verklarings nie en eerder op rasionele denke en wetenskap staatmaak.
Sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog is daar egter ‘n doelbewuste intellektuele veldtog onderneem om die geskiedenis van die blanke weste te verander en enige vorm van nasionalisme en volkstrots te ondermyn. Dit is gedoen om toekomstige politieke verskynsels soos Nazi-Duitsland te voorkom. Europese lande het begin om hul geskiedenis op ‘n nuwe manier te vertel en hul kurrikulums aan te pas om nie net ‘n meer verenigde Europese geskiedenis te bevorder nie, maar ook solidariteit met die res van die wêreld. Films, TV-programme, en boeke het historiese gebeure hervertel vanuit ‘n meer diverse en Darwinistiese perspektief. In Duitsland is daar baie klem geplaas op die Holocaust om Duitse nasionalisme te onderdruk en ‘n skuldgevoel oor die verlede te vestig.
In 1955 het die Museum van Moderne Kuns onder die direksie van Edward Steichen ‘n uitstalling gehou bekend as “The Family of Man” om ‘n gevoel van universele menslikheid en gedeelde menslike ervarings te beklemtoon.
Ter wille van wêreldwye samewerking het internasionale instellings soos die Verenigde Nasies, die Wêreldbank, en die Internasionale Monetêre Fonds tot stand gekom om ekonomiese stabiliteit en vrede te bevorder deur globale samewerking en integrasie. Onder die druk van globalisasie het politieke korrektheid stelselmatig toegeneem en gelei tot die sensuur van sekere geskiedkundige materiaal. Hierdie herskrywing van die blanke se geskiedenis is ‘n deel van ‘n groter globalistiese agenda, wat deur Darwinistiese en politieke ideologieë aangevuur word. Hierdie agenda streef daarna om uiteindelik die wêreld polities en godsdienstig te verenig. Globalisme benodig inklusiwiteit en ‘n algemene narratief om mense van verskillende rasse en agtergronde bymekaar te bring. Die kerk se inklusiewe boodskap van broederskap en vrede ondersteun dikwels onwetend hierdie globalistiese doelwitte.
Dit bring ons by die huidige debat rondom die egtheid van die Oera-Linda boek. Was dit ‘n opgemaakte storie soos geleerdes wil beweer of is hulle konklusie vandag net een van vele pogings om Europeërs te ontneem van hul ware wortels.
Baie mense glo dat wetenskaplike navorsers ‘n balans handhaaf tussen gesonde skeptisisme en ‘n natuurlike nuuskierigheid wat hulle oopmaak vir nuwe idees. Dit is egter dikwels nie die geval nie. Daar is baie faktore wat hierdie siening kan beïnvloed en ondermyn. Groot instansies soos akademiese en mediese gemeenskappe het enorme belegginge wat nie net in finansiële terme gemeet moet word nie, maar ook in die tien-duisende ure wat individue daaraan bestee het. ‘n Wetenskaplike navorser wat deur jare se harde werk ‘n gevestigde posisie bereik het, sal nie maklik sy posisie prysgee vir nuwe idees nie. Titels, aansien, en finansiële sukses speel almal ‘n rol in die individu se lojaliteit aan ‘n maatskappy of instansie. Hulle word feitlik hekwagters wat bepaal wat as waarheid of valsheid beskou word.
‘n Onlangse studie getiteld The Oera Linda Boek, a ‘cold case’ and ‘hot item’ deur Ellen van der Grijn, Adriaan Kardinaal en Henk Porck is ‘n goeie voorbeeld van wat in die akademiese wêreld aangaan. In die studie is geen objektiwiteit, of deursigtigheid getoon nie en dit blyk of daar selfs ‘n manupilering van feite was. Hulle bevooroordeling is baie opvallend. Van die begin af meld die sogenaamde “geleerdes” dat die Oera Linda ‘n vervalsing is, al het hul navorsing nog nie eers die egtheid van die teks self behandel nie.
Hulle het eienaardig genoeg ook nie die nederlandse geleerde Dr. J.O. Ottema se gevolgtrekkings aangespreek nie, Ottema het in sy twee kort werkstukke “Historical Notes and Explanations” asook “The Royal Academy and Het Oera Linda Bok” aandag gevestig op spesifieke teenstrydighede in die boek wat aandui dat die manuskrip ‘n samestelling van veel ouer werke was wat deur baie jare gekoepieer en saamgestel is.
Onafhanklike navorsers maak die akademiese wêreld dikwels ongemaklik, omdat hulle gesag uitdaag en alternatiewe geskiedenisse en perspektiewe aanbied. Figure soos Immanuel Velikovsky, Robert Schoch, Michael Cremo, en Charles Hapgood word gereeld deur die hoofstroom akademiese gemeenskap aangeval of geïgnoreer.
Deur die jare het verskeie onafhanklike navorsers gevind dat die mite van Atlantis ‘n baie groter werklikheid in die verlede is as wat mense besef. In die 19de eeu het Ignatius Donnelly in sy boek “Atlantis: The Antediluvian World” (1882) die basis gelê vir baie van die moderne spekulasies oor Atlantis. Meer onlangs het navorsers soos D.S. Allan en J.B. deLair in “When the Earth Nearly Died” asook die bekende Graham Hancock die moontlike bestaan van Atlantis onder die publiek se aandag gebring.
Hancock is getroud met ‘n Maleisiër genaamd Santha Faiia en kon in werklikheid die boegbeeld vir moderne inklusiwiteit wees. Maar sy standpunt oor Atlantis, ‘n wêrelwye vloed asook die dattering van die Groot Piramiedes het hom geweldig ongewild gemaak onder die akademiese wêreld.
Navorsers soos Hancock stel ‘n bedreiging in omdat hulle mense aanmoedig om die heersende narratief te bevraagteken. Die klaarblyklike objektiwiteit en rasionaliteit van sekulêre denke word dus dikwels slegs vervul onder die klik groep van die akademiese elite.
Die Oera Linda in Afrikaans
Die Oera Linda Boek is ‘n ou dokument wat dateer tot 2193 v.C. en vertel van ‘n beskawing wat ongeveer 4,000 jaar oud is. Hierdie handgeskrewe teks bevat talle Afrikaanse woorde en uitdrukkings, en dit is in 1872 in Nederland gepubliseer. Die inhoud van die boek word egter meestal geïgnoreer, moontlik vanweë die kontroversiële godsdienstige uitsprake en die potensiële impak daarvan op politici en kerkleiers.
Prof. Johan Schabort van Pretoria het Adriaan Snyman vroeg in 1995 deur ‘n telefoniese gesprek op die spoor van die oeroue Frisiese Ryk en die Oera Linda-kronieke geplaas. Volgens Prof Schabort het hy enkele jare gelede van ‘n buitelandse vriend vemeem dat daar in die vroee sewentigerjare ‘n volke-kundige kongres in Frankryk gehou is oor “Die volke van Europa”. Tydens die verrigtinge het een van die hoofsprekers, ‘n professor van ‘n universiteit in Istanboel, Turkye, die kongres-lede laat regop sit toe hy in ‘n lesing oor Afrikaans verklaar het dat dit glad nie sy ontstaan in Suider-Afrika gehad het nie, maar reeds 4 000 jaar oud is, en saam met enkele ander tale as van die oudste Europese tale gereken moet word.
Die geleerde uit Istanboel het die verbaasde kongresgangers toe ook bekend gestel aan ‘n oeroue handskrif—’n unieke en aangrypende hoofstuk uit die “geskiedenis van die Afrikanervolk se voorouers”. Hy het o.m. ook gese dat die enkele Europese groep wat in die sewentiede eeu na Suid-Afrika gekom het, en die volksplanting gevestig het, ‘n homogene groep was. Hulle was almal afkomstig vanuit die noordelike dele van Europa—daardie dele van die Frisiese Ryk wat oorgebly het nadat ‘n verlore land in 2193 v.C. onder die see weggesink het.
Die Frisiese Ryk se geskiedenis, soos beskryf in die Oera Linda Boek, is ‘n verhaal van ‘n volk wat stede gebou het, ‘n skryfstelsel ontwikkel het, en ‘n enorme invloed gehad het op die beskawings waarmee hulle in aanraking gekom het. Hierdie mense was wêreldreisigers en uiters vindingryk, en hulle taal het ‘n sterk Germaanse karakter.
In Vaandel Uitgewers se uitgawe van die Oera Linda Boek word elke hoofstuk voorafgegaan met ‘n agtergrond en kommentaar. Daar word onder andere voorbeelde gegee van verskeie taal en kultuur aspekte onder die antieke Frisie wat vandag nog in die Afrikanervolk se lewenswyse en taal teruggevind kan word.
Die Afrikanervolk se moed en durf word byvoorbeeld vergelyk met die van die Friese. Net soos die Friese moes veg vir hul onafhanklikheid en kultuur, het die Afrikaners ook hul plek in die geskiedenis verdien deur hul eie land en kultuur te handhaaf te midde van groot uitdagings. Die boek beklemtoon die ooreenkomste tussen die Afrikaners en die ou Frisiese Ryk, en hoe die Afrikaanse taal en kultuur diep gewortel is in hierdie ou beskawing.
Alhoewel die Oera Linda nie ’n Bybelse geskrif is of tot die apokriewe gereken kan word nie, bevat dit tog heelwat raakpunte met Bybelse uitsprake. Byvoorbeeld: daar word ‘n beskrywign gegee van Wralda wat die see losgemaak het wat tot ‘n geweldige vloed gelei het soortgelyk aan die verhaal van Noag in die Bybel. Volgens die Boek van Adele is drie hoofrasse geskape, nl. wit, geel en swart; maar Wralda (God) se wette is slegs aan die “wit ras” gegee. Wralda beteken Alvader, Aloue of Oudste Een.
“WRALDA is die oudste van alles; want hy het die skepping geskape. Wralda is ook die alvader van alles, en daarom is hy die begin en die einde.”
Vergelyk Daniël 7:9 waar daar ook na die God van Israel verwys word as die ‘Oue van Dae’.
Dan 7:9 Ek het bly kyk totdat trone reggesit is en ‘n Oue van dae gaan sit het; sy kleed was wit soos sneeu en die hare van sy hoof soos skoon wol; sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan ‘n brandende vuur;
Open 22:13 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste.
Die Boek se oorsprong
Die oorspronklike handskrif van Die Oera Linda Boek het vir byna 600 jaar in die besit van ‘n familie in Nederland gebly sonder dat dit ooit gelees of gepubliseer is. Andries over de Linden was die laaste erfgenaam. Met sy afsterwe in 1820 op die ouderdom van 61, het sy kleinseun Cornelius, wat destyds slegs 10 jaar oud was, die Oera Linda-manuskrip geërf. Sy tante, Aafjie Meylhof, het die dokument vir hom bewaar tot hy mondig was, en dit is uiteindelik aan hom oorhandig in 1848 toe hy 38 jaar oud was. Cornelius kon die vreemde, onontsyferbare skrif nie lees of verstaan nie. In 1867 het hy dit na dr. Eelco Verwijs geneem, ‘n bekende taalkundige verbonde aan die Leeuwarden Provinsiale Biblioteek, om te bepaal of dit historiese waarde het.
Dr. Verwijs het die Friese Vereeniging genader vir hulp met die kostes vir redigering, vertaling, en publikasie van die manuskrip, maar hulle het nie belang gestel nie. Uiteindelik het dr. J.G. Ottema, ‘n bekende taalkenner, die manuskrip vertaal en op eie koste gepubliseer in 1871 onder die titel Thet Oera Linda Bok. Alhoewel die publikasie groot opspraak veroorsaak het, is dit deur die meeste historici en literatore afgekraak en verwerp.
Geskiedkundige Konteks en Kontroversie
Die Oera Linda Boek bevat ‘n rykdom aan detail oor ‘n ou beskawing genaamd Adland, wat meer as vierduisend jaar gelede bestaan het in Noord-Europa. Dit word beskryf as ‘n subtropiese paradys met ‘n rykdom van hulpbronne vir ‘n gelukkige lewe. Die boek bied ‘n unieke kroniek van menslike geskiedenis, parallel aan ander geskrifte oor verdronke beskawings soos Atlantis.
Met die lees van Die Oera Linda Boek ontstaan die vraag of die bekende mitologiese helde en heldinne—soos o.a. Neptunus (die god van die see); Wodan (die hoofgod van die Skandinawiërs uit die Germaanse mitologie); Freya (in die Noorse mitologie die godin van liefde en vrugbaarheid) en Minerva (die Romeinse godin van wysheid)—nie dalk tog bestaan het nie, want as dit blote verdigsels was, waarom sou verskillende volke dit met groot moeite vir soveel eeue bewaar het?
Die meerderheid navorsers en historici beskou die boek as ‘vals ‘n vervalsing hoofsaaklik as gevolg van sy sterk Euro- sentriese standpunt veral met betrekking tot die blanke beskawing. Die Nazi’s het jare later ook belangstelling getoon toe Herman Wirth in 1933 ‘n Duitse vertaling gepubliseer het van die Oera Linda wat hy die “Nordic Bible” genoem het.
Vandag word slegs drie moontlikhede vir die boek se oorsprong word voorgelê: dit is of ‘n pseudepigrafiese klug, ‘n parodie of bloot ‘n oefening in poëtiese fantasie. In 1876 het J.B Vincvkers het in sy De onechtheid van het Oera Linda-Bôk die boek beskryf as “hierdie monsteragtige absurditeit” van “taalwaansin”. Hy skryf:
“Die taal waarin hierdie produk geskryf is, is ‘n afgryslike mengelmoes, gebrabbel, geskep deur iemand wat nie onkundig is in ander onderwerpe nie, maar absoluut onbewus van die fundamentele gronde van die taalkunde van verwante Duitse tale in die algemeen, en van die Oudfriese taal in die besonder; ‘n gebrabbel, niks beter as Negro-Engels nie; ‘n gebrabbel wat die OLB tot ‘n skande maak in die lyn van die swaarste oorblyfsels van die Oudfriese taal.”
Hierdie kleurvolle aanvalle op die boek geloots sonder enige werklike feite om dit te ondersteun. Hulle reaksie destyds en vandag is bloot op die ras gesentreerdheid van die boek, veral t.o.v. die blanke.
Deur die jare is verskeie van die meldings in die boek deur argologiese getuienis ondersteun.
In die Oera Linda word beweer dat hul beskawing in Europa in 2193 v.C. deur ‘n massiewe natuurramp vernietig is. Dit val in dieselfde tyd wat die Ou Egiptiese Ryk, Hongsan Kultuur van Sjina asook die Harappan beskawing van die Indus vallei tot ‘n einde gekom het.
Daar is ook ‘n verhaling van die See Koning Minnos wat volgens die Oera Linda hom in 1630 v.C. op Kreta gevestig het. In die 19de eeu het niemand selfs geweet dat ‘n “Minoïese Beskawing” ooit bestaan het nie!
Die vernietiging van Troje word weer in die boek teruggetrek na 188 v.C. Met die versyning van die Oerla Linda in die die 19de eeu was Troje steeds beskou as ‘n mite. Eers in teen die einde van die 20ste eeu het argeoloë tot die gevolgtrekking gekom dat die Troje omstreeks 1188 v.C. vernietig is.
Die sogenaamde kenners se afkeur in die boek is egter nie die begin en einde van die boek se egtheid nie. Verskeie antieke werke wat as summier “vals” beskou was word vandag aanvaar of ten minste heroorweeg. ‘n Paar wat vlugtig hier genoem kan word:
- American Grolier Codex: ‘n Manuskrip wat lank as ‘n vervalsing beskou is, maar in 2018 as ‘n werklike tekst van ongeveer 1000 jaar oud erken is.
- Phoenician cosmology of Sanchuniathon: Oorspronklik as ‘n Griekse hervertelling van die Fenisiërs beskou, maar later deur Otto Eissfeldt (1952) aanvaar as ‘n werklike versameling van Fenisiëse elemente wat ooreenstem met Ugaritiese tekste.
- Nicolas Notovich se Obekende lewe van Jesus in Indië: Aanvanklik beskou as ‘n bedrogspul, maar later deur ander navorsers bevestig as gebaseer op werklike bronne.
- Rohonc Codex: ‘n manuskrip wat lank as ‘n literêre bedrogspul beskou is, maar wat later bewys is om ‘n werklike taal te bevat met dele van die teks wat ontsifer is as egte Christelike religieuse tekste.
- Bock family saga: ‘n Sage wat aanvanklik as ‘n moderne vervalsing beskou is, maar later historiese korrekte kontekste gehad het wat in ooreenstemming was met middeleeuse verslae.
Die Oera Linda Boek sal dalk nooit aanvaar word nie omdat sy sterk klem op Blanke Europese geskiedenis nie aanvaarbaar is vir die meeste akademici en historici van vandag nie. Miskien is dit moontlik dat iemand eendag ‘n werklik objektiewe studie van die boek kan maak, maar tot dan sal dit waarskynlik voortgaan om as ‘n randverskynsel beskou te word, grootliks geïgnoreer deur die hoofstroom akademiese gemeenskap wat dikwels nie bereid is om af te wyk van die heersende narratief nie.