Boekfokus – Die Oera Linda

2026-08-13

Deur Gustav Snyman


In 1867 het ‘n merkwaardige manuskrip aan die lig gekom: ‘n bundel Oudfriese geskrifte wat vir eeue lank in die Oera Linda-familie bewaar is. Hierdie manuskrip, bekend as Thet Oera Linda Bok (Die Oera Linda-boek), handel oor ‘n deel van die geskiedenis van die Westerse volke wat tot onlangs grootliks onbekend was.

Toe die boek in 1871 vir die eerste keer in ‘n Nederlandse vertaling verskyn het, het die inhoud daarvan so ‘n hewige reaksie by kerklike en akademiese leiers ontlok dat dit binne ‘n paar jaar feitlik uit die openbare gesprek verdwyn het. Die Engelse vertaling van 1876 deur William R. Sandbach het dieselfde lot getref, en eers in 1977 het Robert Scrutton weer uittreksels daarvan by Neville Spearman gepubliseer.
Dit is dieselfde boek wat dr. Eelco Verwijs, verbonde aan die Provinsiale Biblioteek in Leeuwarden, as “die grootste vonds van die eeu” bestempel het, en waaroor die Nederlandse vertaler, dr. J.G. Ottema, in 1871 geskryf het: “Als antiquiteit van taal en skrift, geloof ik te kunnen seggen, dat dit boek geheel enig in zijne soort is…”.

Dr. Jan Ottema (1804-1879)

Die Oera Linda-boek vertel die verhaal van die antieke Friese, ‘n seevarende volk van wêreldreisigers en uiters vindingryke mense wat oor groot afstande gereis het, stede gebou het, en ‘n eie skryfstelsel ontwikkel het. Die teks beskryf hulle as lank en fors gebou, lig van vel, met blonde hare en blou oë, en op sommige plekke is hulle selfs as gode en godinne vereer. Hierdie Frisiese Ryk het ‘n enorme invloed gehad op die beskawings waarmee hulle in aanraking gekom het, en die taal van hul geskiedenis soos dit in die boek opgeteken is, dra ‘n merkbare, sterk Germaanse karakter.

Alhoewel die Oera Linda nie ’n Bybelse geskrif is of tot die apokriewe gereken kan word nie, bevat dit tog heelwat raakpunte met Bybelse uitsprake en Christelike etiek. Dit sluit in: die konsep van vrye wil en moraliteit, die beginsel om ander te behandel soos jy self behandel wil word, eerbied vir ouers, die geloof in één almagtige Skepper, die sorg vir behoeftiges en swakkes, asook die streng veroordeling van onkuisheid.

Volgens die Boek van Adele is drie hoofrasse geskape, nl. wit, geel en swart; maar Wralda (God) se wette is slegs aan die “wit ras” gegee. Wralda beteken Alvader, Aloue of Oudste Een.“WRALDA is die oudste van alles; want hy het die skepping geskape. Wralda is ook die alvader van alles, en daarom is hy die begin en die einde.”

Vergelyk Daniël 7:9 waar daar ook na die God van Israel verwys word as die ‘Oue van Dae’:

Dan 7:9  Ek het bly kyk totdat trone reggesit is en ‘n Oue van dae gaan sit het; sy kleed was wit soos sneeu en die hare van sy hoof soos skoon wol; sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan ‘n brandende vuur; 
Open 22:13  Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste. 

Volgens Jan Ott, moderne navorser en vertaler van die Oera Linda, is die fisiese manuskrip wat vandag in die Tresoar-argief in Leeuwarden bewaar word, in werklikheid ‘n dertiende-eeuse kopie van veel ouer oorspronklikes, gemaak deur Hidde oera Linda in 1256 n.C.. Die hoofgedeeltes van die historiese teks kan so ver terug dateer as die sesde eeu v.C., wat dit, ná Homerus en Hesiodus, een van die oudste prosatekste in die Europese letterkunde maak. Die inhoud reik egter nog veel verder terug: die ondergang van die tuisland Aldland (die “Ou Land”) word volgens die Oera Linda-kronologie geplaas in 2193–2194 v.C., wat beteken dat die taalkundige en kulturele tradisies in die teks oor meer as vier millennia strek.

Die taal van die manuskrip het ‘n sterk Germaanse karakter en bevat opvallende ooreenkomste met Afrikaans. Dit kan teruggevoer word na die Ingvaeoniese (Noordsee-Germaanse) taalfamilie, wat die grondslag gevorm het van die sewentiende-eeuse Hollandse spreekdialekte waaruit Afrikaans ontstaan het. Omdat albei tale buite die stywe, amptelike skryftaal van hul tyd ontwikkel het, deel hulle ‘n besondere samehang: ‘n reguit, eenvoudige styl en ‘n werkwoordstelsel wat persoonuitgange laat vaar het. Dit gee die teks ‘n natuurlike sinritme wat vir ‘n Afrikaanse leser amper soos ‘n bekende familiegesprek klink.

Daar word gepraat van ‘n Eremoeder en van die burgemeester (burchmeester) van ‘n stad of burg, terwyl die kroniek vermeld dat die Friese reeds vier millennia gelede een van hul nedersettings Middelburg genoem het. Die teks skets ‘n prentjie van georganiseerde dorpsgemeenskappe met ‘n gekose burgemeester aan die hoof, woonhuise wat direk op die straatfront gebou is met privaat werk- en agtertuine daaragter, en ‘n sentrale markplein as die kommersiële en sosiale hart van die gemeenskap. Hierdie spesifieke dorpsuitleg is ‘n historiese argitektoniese patroon wat mens vandag nog duidelik kan sien in die ouer stedelike gebiede van Europa (soos in Nederland en Vlaandere), sowel as in die historiese Kaaps-Hollandse dorpe van Suid-Afrika.

Cornelis Over de Linden (1811-1874)

Die Oera Linda-boek is ook nie slegs ‘n versameling legendes oor bonatuurlike wesens nie, maar vertel die verhaal van werklike historiese figure. Hellênja, wat later deur die Grieke as Minerva en Athena vereer sou word, reis in die kroniek na die Middellandse See en verdedig haar wysheid in ‘n debat met priesters en vorste. Sy is geen godin wat na die aarde afdaal nie maar ‘n historiese figuur wat eers later in ‘n godin omskep is. Net so verskyn die figuur van Minos (wat in die klassieke tradisie dikwels as ‘n dinastiese titel verstaan word, soortgelyk aan “Farao” vir Egiptiese konings) in die kroniek as Minno: ‘n seekoning, by Lindaoord gebore, wat hom op Kreta gevestig het en sy wette daar gegee het.

Oorsprong van die teks

Die oorspronklike handskrif het vir byna 600 jaar in die besit van ‘n familie in Nederland gebly sonder dat dit ooit gelees of gepubliseer is. Andries Over de Linden was die laaste bekende erfgenaam.

Met sy dood in 1820 op die ouderdom van 61, het sy kleinseun Cornelius, wat destyds slegs 10 jaar oud was, die Oera Linda-manuskrip geërf. Sy tante, Aafjie Meylhof, het die dokument vir hom bewaar tot hy mondig was, en dit is uiteindelik in 1848 aan hom oorhandig toe hy 38 jaar oud was. Cornelius, wat ‘n skeepstimmerman in Den Helder was, kon die vreemde, onontsyferbare skrif nie lees of verstaan nie.

Die naam Oera Linda is reeds self ‘n boeiende raaisel. “Oera” (of “ovira” in Oudfries) beteken “oor” of “aan die anderkant van”, terwyl “Linda” vermoedelik na die lindeboom verwys, ‘n algemene simbool in Germaanse familiename. Die boek is dus letterlik die kroniek van die geslag “Oor-die-Linde” (in Nederlands, Over de Linden).

In 1867 het Cornelius die manuskrip na dr. Eelco Verwijs van die Leeuwarden Provinsiale Biblioteek geneem om te bepaal of dit historiese waarde het. Dr. Verwijs het die Friese Vereeniging genader vir hulp met die kostes vir redigering, vertaling en publikasie, maar hulle het nie belang gestel nie. Uiteindelik het dr. J.G. Ottema, ‘n bekende taalkenner, die manuskrip vertaal en op eie koste gepubliseer in 1871 onder die titel Thet Oera Linda Bok. Alhoewel Ottema die egtheid verdedig het, het sy kollegas dit grootliks as ‘n vervalsing afgemaak, en die akademiese aanvalle was onmiddellik en fel. Die debat het sedertdien nooit werklik bedaar nie.

Meer as 100 jaar sou verloop voor die onafhanklike navorser en skrywer Frank Pierce in 1983 ‘n nuwe poging met die Engelse vertaalwerk aangewend het. Hy het ‘n hele aantal van Sandbach se foute reggemaak, soos om die gebruik van “priesteress” of “maagd” te vervang met Burgmaagd, en die teks se outentieke aard beter weer te gee. Vir baie moderne Engelssprekende lesers in die 1990’s en vroeë 2000’s was Pierce se vertaling die eerste primêre bron waartoe hulle toegang gehad het toe die internet alternatiewe historiese tekste begin versprei het.

‘n Rapsie meer as ‘n dekade later sou daar ook ‘n volledige vertaling in Afrikaans verskyn.

In 2021 het Jan Ott ‘n nuwe Engelse vertaling en kritiese uitgawe gepubliseer getiteld FLYKSTER: The Oera Linda Book (ook bekend as The Oera Linda Code). Hy benader die manuskrip met ‘n baie hoë mate van tegniese en taalkundige presisie. Hy argumenteer dat baie van die 19de-eeuse en 20ste-eeuse vertalings te veel vryhede geneem het of die subtiele woordspelinge en unieke Oudfriese etimologie gemis het. Hy het die oorspronklike handskrif in die Tresoar-argief van nuuts af letter-vir-letter getranskribeer om te verseker dat moderne navorsers met ‘n akkurate teks werk. Die nuwe Afrikaanse vertaling gebruik onder andere sy grondteks en heelwat van sy insigte maar vul dit ook verder aan met ander inligting.

Die Oera Linda in Afrikaans

Prof. Johan Schabort van Pretoria het Adriaan Snyman vroeg in 1995 deur ‘n telefoniese gesprek op die spoor van die oeroue Frisiese Ryk en die Oera Linda-kronieke geplaas. Volgens prof. Schabort het hy enkele jare gelede van ‘n buitelandse vriend verneem dat daar in die vroeë sewentigerjare ‘n volkekundige kongres in Frankryk gehou is oor “Die volke van Europa”. Tydens die verrigtinge het een van die hoofsprekers, ‘n professor van ‘n universiteit in Istanboel, Turkye, die kongreslede laat regop sit toe hy in ‘n lesing oor Afrikaans verklaar het dat dit glad nie sy ontstaan in Suider-Afrika gehad het nie, maar reeds 4 000 jaar oud is, en saam met enkele ander tale as van die oudste Europese tale gereken moet word.

Die koepie van J.C. Ottema van Thet Oera Linda Bok (1876) wat Prof. Johan Shabort aan Adriaan Snyman geskenk het.

Die geleerde uit Istanboel het die verbaasde kongresgangers toe ook bekend gestel aan ‘n oeroue handskrif — ‘n unieke en aangrypende hoofstuk uit die geskiedenis van die Afrikanervolk se voorouers. Hy het o.m. ook gesê dat die enkele Europese groep wat in die sewentiende eeu na Suid-Afrika gekom het en die volksplanting gevestig het, ‘n homogene groep was. Hulle was almal afkomstig vanuit die noordelike dele van Europa — daardie dele van die Frisiese Ryk wat oorgebly het nadat ‘n verlore land in 2193 v.C. onder die see weggesink het.

Die oorspronklike Afrikaanse vertaling het uitsluitlik van Ottema se weergawe gebruikgemaak. Alhoewel dit ’n redelike toeganklike vertaling was, het dit heelwat veronderstellings en foutiewe aannames bevat. Elke afdeling het ’n kommentaar gehad wat konteks aan die teks verskaf het. Die probleem is dat die teks soms so ryk en vol is van verskeie friesiese uitdrukkings, historiese aannames en die oorvleueling van mitologie met historiese gebeure, dat ’n mens soms die gevoel kry die boek moet bladsy vir bladsy behandel word. Dit is presies wat die kommentaar in die nuwe uitgawe poog om te doen.

Die idee het ontstaan uit die hersiening van Boeke van Henog met kommentaar, en daar is toe besluit om dalk die Oera Linda ’n bietjie op te knap. Dit is duidelik dat daar weer groot herlewing en belangstelling in die boek is, en ’n teks met uitgebreide kommentaar sal waarskynlik baie lesers ’n dieper waardering vir die antieke werk gee. Maar dit is nie alles nie. Sowat 60 bladsye aan die einde van die boek verskaf, deur verskeie bylae, ’n uitgebreide verduideliking en voorstelle oor sekere dele van die teks — van taal, historiese en mitologiese figure, tot kontroverses soos die vermenging van Jesus en Atlantis (of “Aldland”, soos die teks dit noem)..

Die Filosofiese en Historiese Agtergrond van die Kontroversie

Waarom het die Oera Linda-boek vanaf sy eerste publikasie so ‘n storm van verwerping veroorsaak? Om die dieper redes vir hierdie aanslag te verstaan, moet mens kyk na die nuwe gees wat die afgelope twee eeue gevorm het.

In 1859 het Charles Darwin sy beroemde boek On the Origin of Species gepubliseer. Die invloed van Darwinisme het ongetwyfeld ‘n geweldige impak gehad op hoe mense na hul nasionale en kulturele identiteite begin kyk het. Deur klem te lê op ‘n klaarblyklike gemeenskaplike oorsprong (onderworpe aan dieselfde natuurlike wette) het Darwinisme eendersheid onder volke aangemoedig. Die idee van ‘n universele gemeenskaplike oorsprong het verder die weg gebaan vir die opkoms van moderne humanisme, gebaseer op die idee dat mense die vermoë het om probleme op te los en vordering te maak deur middel van rasionele denke en wetenskaplike navorsing, eerder as deur bonatuurlike oortuigings of godsdienstige leerstellings.

‘n Time Magazine artikel van 8 April 1966 getiteld Is God Dead het die groeiende neiging van sekularisasie ondersoek en die impak wat dit op godsdienstige oortuigings gehad het. Dit het aangevoer dat hoewel God nie letterlik dood was nie, mense geloof verloor het in tradisionele godsdienstige instellings en interpretasies van God.

Die godin van rasionaliteit en objektiwiteit (gebore uit die Franse Rewolusie) is nou beskou as ‘n universele denkwyse wat nie gekoppel word aan kultuur of enige godsdiens nie. Hierdie rasionele Positivisme het geëis dat alles gemeet, geweeg en volgens nuwe wetenskaplike maatstawwe bewys moes word. Daar is nie ‘n God nie, daar is slegs feite. Nietzsche se stelling “God is dead. God remains dead. And we have killed him” word die definisie van ‘n moderne samelewing wat nie meer afhanklik is van godsdienstige verklarings nie en eerder op rasionele denke en wetenskap staatmaak.

In hierdie 19de-eeuse klimaat van strenge tekstuele kritiek en nuwe taalkundige reëls het geleerdes geen ruimte gelaat vir ‘n teks wat gespreek het van ‘n eeue-oue, eiesoortige Noordsee-beskawing met sy eie unieke spiritualiteit nie. Die OLB se verhale oor ‘n vergane Atland en ‘n diep Germaanse spreektaal-erfenis het vir hierdie nuwe, materiële wetenskaplikes bloot na romantiese fiksie gelyk.

In die 20ste eeu, veral sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog, het hierdie intellektuele weerstand ‘n selfs sterker ideologiese wending geneem. Daar is ‘n doelbewuste intellektuele veldtog onderneem om die geskiedenis van die blanke Weste te verander en enige vorm van nasionalisme en volkstrots te ondermyn. Dit is gedoen om toekomstige politieke verskynsels soos Nazi-Duitsland te voorkom. Europese lande het begin om hul geskiedenis op ‘n nuwe manier te vertel en hul kurrikulums aan te pas om nie net ‘n meer verenigde Europese geskiedenis te bevorder nie, maar ook solidariteit met die res van die wêreld. Films, TV-programme, en boeke het historiese gebeure hervertel vanuit ‘n meer diverse en Darwinistiese perspektief. In Duitsland is daar baie klem geplaas op die Holocaust om Duitse nasionalisme te onderdruk en ‘n skuldgevoel oor die verlede te vestig.

In 1955 het die Museum van Moderne Kuns onder die direksie van Edward Steichen ‘n uitstalling gehou bekend as The Family of Man om ‘n gevoel van universele menslikheid en gedeelde menslike ervarings te beklemtoon. Ter wille van wêreldwye samewerking het internasionale instellings soos die Verenigde Nasies, die Wêreldbank, en die Internasionale Monetêre Fonds tot stand gekom om ekonomiese stabiliteit en vrede te bevorder deur globale samewerking en integrasie.

Onder die druk van globalisasie het politieke korrektheid stelselmatig toegeneem en gelei tot die sensuur van sekere geskiedkundige materiaal. Hierdie herskrywing van die blanke se geskiedenis is ‘n deel van ‘n groter globalistiese agenda, wat deur Darwinistiese en politieke ideologieë aangevuur word. Hierdie agenda streef daarna om uiteindelik die wêreld polities en godsdienstig te verenig. Globalisme benodig inklusiwiteit en ‘n algemene narratief om mense van verskillende rasse en agtergronde bymekaar te bring. Die kerk se inklusiewe boodskap van broederskap en vrede ondersteun dikwels onwetend hierdie globalistiese doelwitte.

Dit bring ons by die huidige debat rondom die egtheid van die Oera Linda-boek. Was dit ‘n opgemaakte storie soos geleerdes wil beweer, of is hulle konklusie vandag net een van vele pogings om Europeërs te ontneem van hul ware wortels?

Baie mense glo dat wetenskaplike navorsers ‘n balans handhaaf tussen gesonde skeptisisme en ‘n natuurlike nuuskierigheid wat hulle oopmaak vir nuwe idees. Dit is egter dikwels nie die geval nie. Daar is baie faktore wat hierdie siening kan beïnvloed en ondermyn. Groot instansies soos akademiese en mediese gemeenskappe het enorme beleggings wat nie net in finansiële terme gemeet word nie, maar ook in die tien-duisende ure wat individue daaraan bestee het. ‘n Wetenskaplike navorser wat deur jare se harde werk ‘n gevestigde posisie bereik het, sal nie maklik sy posisie prysgee vir nuwe idees nie. Titels, aansien, en finansiële sukses speel almal ‘n rol in die individu se lojaliteit aan ‘n maatskappy of instansie. Hulle word feitlik hekwagters wat bepaal wat as waarheid of valsheid beskou word.

‘n Onlangse studie getiteld The Oera Linda Boek, a ‘cold case’ and ‘hot item’ deur Ellen van der Grijn, Adriaan Kardinaal en Henk Porck is ‘n goeie voorbeeld van wat in die akademiese wêreld aangaan. In die studie is geen objektiwiteit of deursigtigheid getoon nie en dit blyk of daar selfs ‘n manipulasie van feite was. Hulle bevooroordeeldheid is baie opvallend. Van die begin af meld die sogenaamde “geleerdes” dat die Oera Linda ‘n vervalsing is, al het hul navorsing nog nie eers die egtheid van die teks self behandel nie. Hulle het eienaardig genoeg ook nie die Nederlandse geleerde dr. J.O. Ottema se gevolgtrekkings aangespreek nie. Ottema het in sy twee kort werkstukke Historical Notes and Explanations asook The Royal Academy and Het Oera Linda Bok aandag gevestig op spesifieke teenstrydighede in die boek wat aandui dat die manuskrip ‘n samestelling van veel ouer werke was wat deur baie jare gekopieer en saamgestel is.

Onafhanklike navorsers maak die akademiese wêreld dikwels ongemaklik, omdat hulle gesag uitdaag en alternatiewe geskiedenisse en perspektiewe aanbied. Veral wanneer dit kom by die werklike historiese verlede van die blanke westerling. Hy word beskuldig van slawehandel alhoewel van die grootste lawehandelaars swart of jode was. Hy word beskuldig van fanatiese oorloë in die naam van God sonder om die honderde jare se moordtogte en stelselmatige anneksasie van Eruopa deur Islam te meld. Hy word beskryf as ‘n koloniale onderdrukker maar geen erkenning word gegee aan die enorme bydrae wat hy gemaak het tot primitiewe volke in mediese sorg, behuising en selfs morele standaarde nie.

Die moontlikehid van ‘n hoogs bekaafde blanke kontinent meer as 4000 jaar gelede in die vorm van Aladlan word net nog een van die vele ontwrigtende waarhede wat die denke van moderne progressiewe historici irreteer. Figure soos Immanuel Velikovsky, Robert Schoch, Michael Cremo, en Charles Hapgood word gereeld deur die hoofstroom akademiese gemeenskap aangeval of geïgnoreer.

Graham Hancock is bekend vir sy teorieë oor Atlantis en ’n verlore antieke beskawing. Sy idees oor die sogenaamde blanke Atlantiërs het groot kontroversie ontlok, en hy word al jare lank hewig deur kritici aangeval.

Deur die jare het verskeie onafhanklike navorsers gevind dat die mite van Atlantis ‘n baie groter werklikheid in die verlede is as wat mense besef. In die 19de eeu het Ignatius Donnelly in sy boek Atlantis: The Antediluvian World (1882) die basis gelê vir baie van die moderne spekulasies oor Atlantis. Meer onlangs het navorsers soos D.S. Allan en J.B. deLair in When the Earth Nearly Died asook die bekende Graham Hancock die moontlike bestaan van Atlantis onder die publiek se aandag gebring. Hancock is getroud met ‘n Maleisiër genaamd Santha Faiia en kon in werklikheid die boegbeeld vir moderne inklusiwiteit wees.

Maar sy standpunt oor Atlantis, veral in werke soos Fingerprints of the Gods waar hy die idee aanvoer dat ’n hoogs gevorderde, wit ras van seevaarders die beskawing aan inheemse bevolkings regoor die wêreld gebring het, het hom baie onaangenaam gemaak onder die akademiese wêreld. Huidige historici en argeoloë meen dat Hancock se voorstelling van Atlantis, en selfs die Oera Linda-epos, inheemse volke van hul eie voorouers se prestasies ontneem deur plaaslike mylpale aan ’n uitheemse, vermeende superieure ras toe te skryf.

Navorsers soos Hancock en antiek werke soos die Oera Linda stel ‘n bedreiging in omdat hulle mense aanmoedig om die heersende narratief te bevraagteken. Die klaarblyklike objektiwiteit en rasionaliteit van sekulêre denke word dus niks meer as ‘n volskaalse aanval en uitwissing van historiese realiteit ter wille van ‘n spesifieke narratief nie.

Aldland of die “Ou-Land”

Die Oera Linda-boek beskryf hoe ‘n tuisland genaamd Aldland in 2193 v.C. onder die golwe verdwyn het. Die teks self verduidelik dat Aldland, “ou land” in Oudfries, deur seevaarders as Atland uitgespreek is. Die ooreenkoms met Atlantis is opvallend, en die Sweedse geleerde Olof Rudbeck het reeds in 1679 die naam Atland as ‘n Skandinawiese weergawe van Atlantis gebruik. Wat hierdie verband besonders maak, is die moontlikheid dat Plato se weergawe ‘n Griekse vertaling van ‘n Egiptiese oorlewering was wat op sy beurt uit ‘n veel ouer bron kon stam. Die naam “Atlantis” is dus waarskynlik nie oorspronklik Grieks nie — Robert Beekes, ‘n vooraanstaande Griekse etimoloog, argumenteer dat die woord “Atlas” uit ‘n pre-Griekse taal oorgeërf is, wat die deur ooplaat vir ‘n Friese oorsprong soos Aldland.

‘n Rekonstruksie van Doggerland soos dit gelyk het voor die see, aardbewings en tsoenami’s hierdie ryk landskap vir altyd onder die golwe begrawe het — ‘n katastrofe waarvan die skokgolwe tot in die Middellandse See gevoel is en wat moontlik die einde van die Akkadiese Ryk, die Egiptiese Ou Koninkryk en die Indusvalleibeskawing ingelui het.

Die geologiese werklikheid agter hierdie oorlewering lê waarskynlik in Doggerland, ‘n landmassa van ongeveer 180 000 vierkante kilometer wat Brittanje aan Europa verbind het. Die Universiteit van Bradford se Europe’s Lost Frontiers-projek het hierdie versonke wêreld gekarteer en meer as 2 000 voorwerpe van die seebodem herwin, insluitend ‘n gegraveerde oerosbeen wat op 13 000 jaar gedateer word. Die ondergang was nie geleidelik nie: die Storegga-aardskorting omstreeks 6200 v.C. het ‘n tsoenami veroorsaak met golwe van tot 21 meter wat tot 29 km landinwaarts gestoot het. Graham Phillips voer in The Mystery of Doggerland (2023) aan dat megalitiese strukture op die seebodem in die Baai van Firth, wat teen 3000 v.C. onder water verdwyn het, daarop dui dat die Orkney-kultuur nie ‘n begin was nie, maar ‘n voortsetting van ‘n ouer Doggerland-beskawing.

Die sleutel tot die verband lê in die tydlyn. In die konvensionele chronologie lê die Storegga-tsoenami (6200 v.C.), Doggerland se finale onderdompeling (5000 v.C.) en die Oera Linda se vloed (2193 v.C.) duisende jare uitmekaar. Maar as ‘n mens die Bybelse chronologie aanvaar, waar die groot Vloed omstreeks 2348 v.C. geplaas word, saam met die einde van die ystydperk, val al hierdie gebeure binne ‘n paar eeue, reg in die middel van die 4.2-kilojaargebeurtenis wat die Akkadiese Ryk, die Egiptiese Ou Koninkryk en die Indusvalleibeskawing laat ineenstort het. Die Oera Linda se vloed was waarskynlik ‘n plaaslike katastrofe, eeue ná die verstrooiing by Babel, en anders as Plato se Atlantis bevat dit geen morele straf of reuse nie. Slegs die verhaal van ‘n volk wat van hul vasteland moes vlug met die enkele beginsel dat “sonder vryheid sal al jou ander deugde jou slegs help om slawe te word.”

Die Geveg om die Waarheid

Die meerderheid navorsers en historici beskou die boek as vals of ‘n vervalsing, hoofsaaklik as gevolg van sy sterk Eurosentriese standpunt veral met betrekking tot die blanke beskawing. Die Nazi’s het jare later ook belangstelling getoon toe Herman Wirth in 1933 ‘n Duitse vertaling gepubliseer het van die Oera Linda wat hy die “Nordic Bible” genoem het.

Vandag word slegs drie moontlikhede vir die boek se oorsprong voorgelê: dit is óf ‘n pseudepigrafiese klug, ‘n parodie óf bloot ‘n oefening in poëtiese fantasie. In 1876 het J.B. Vinckers in sy De onechtheid van het Oera Linda-Bôk die boek beskryf as “hierdie monsteragtige absurditeit” van “taalwaansin”. Hy skryf:

“Die taal waarin hierdie produk geskryf is, is ‘n afgryslike mengelmoes, gebrabbel, geskep deur iemand wat nie onkundig is in ander onderwerpe nie, maar absoluut onbewus van die fundamentele gronde van die taalkunde van verwante Duitse tale in die algemeen, en van die Oudfriese taal in die besonder; ‘n gebrabbel, niks beter as Negro-Engels nie; ‘n gebrabbel wat die OLB tot ‘n skande maak in die lyn van die swaarste oorblyfsels van die Oudfriese taal.”

Hierdie kleurvolle aanvalle is geloods sonder enige werklike feite om dit te ondersteun. Hulle reaksie destyds en vandag is bloot op die rasgesentreerdheid van die boek gerig, veral t.o.v. die blanke.

‘n Mens moet egter versigtig wees om alles te sluk wat akademici kwytraak. Onlangs het die navorser Goffe Jensma in sy werk De Gemaskerde God beweer dat dr. Jan Ottema homself opgehang het toe hy aan die einde van sy lewe sou besef het dat die Oera Linda-manuskrip vervals is. Jensma het hierdie ernstige fabel bloot gebaseer op ongekontroleerde hoorsê van twee mans wat eers dekades ná Ottema se dood gebore is. Jan Ott het hierdie misleidende narratief egter aan die kaak gestel toe hy in die amptelike argiewe in Leeuwarden Ottema se doodsertifikaat opgespoor het. Die amptelike dokument bewys dat die 74-jarige Ottema in werklikheid aan ‘n heel gewone oorsaak, naamlik longontsteking, oorlede is.

Deur die jare is verskeie van die meldings in die boek egter deur argeologiese getuienis ondersteun:

  1. In die Oera Linda word beweer dat hul beskawing in Europa in 2193 v.C. deur ‘n massiewe natuurramp vernietig is. Dit val in dieselfde tyd wat die Ou Egiptiese Ryk, Hongshan-kultuur van Sjina asook die Harappan-beskawing van die Indusvallei tot ‘n einde gekom het.
  2. Daar is ook ‘n vertelling van die Seekoning Minnos wat hom volgens die Oera Linda in 1630 v.C. op Kreta gevestig het. In die 19de eeu het niemand selfs geweet dat ‘n “Minoïese Beskawing” ooit bestaan het nie!
  3. Die vernietiging van Troje word weer in die boek teruggedateer na 1188 v.C. Met die verskyning van die Oera Linda in die 19de eeu is Troje steeds as ‘n mite beskou. Eers teen die einde van die 20ste eeu het argeoloë tot die gevolgtrekking gekom dat Troje inderdaad omstreeks 1188 v.C. vernietig is.

Die sogenaamde kenners se afkeur is dus nie die begin en einde van die boek se egtheid nie. Verskeie antieke werke wat lank as summier “vals” beskou was, word vandag aanvaar of ten minste heroorweeg:

  • American Grolier Codex: ‘n Manuskrip wat lank as ‘n vervalsing beskou is, maar in 2018 as ‘n werklike teks van ongeveer 1 000 jaar oud erken is.
  • Phoenician Cosmology van Sanchuniathon: Oorspronklik as ‘n Griekse hervertelling van die Fenisiërs beskou, maar later deur Otto Eissfeldt (1952) aanvaar as ‘n werklike versameling van Fenisiëse elemente wat ooreenstem met Ugaritiese tekste.
  • Nicolas Notovich se Onbekende lewe van Jesus in Indië: Aanvanklik beskou as ‘n bedrogspul, maar later deur ander navorsers bevestig as gebaseer op werklike bronne.
  • Rohonc Codex: ‘n Manuskrip wat lank as ‘n literêre bedrogspul beskou is, maar wat later bewys is om ‘n werklike taal te bevat met dele van die teks wat ontsyfer is as egte Christelike religieuse tekste.
  • Bock Family Saga: ‘n Sage wat aanvanklik as ‘n moderne vervalsing beskou is, maar later histories korrekte kontekste gehad het wat in ooreenstemming was met middeleeuse verslae.

Die Oera Linda-boek sal dalk nooit geredelik aanvaar word nie omdat sy sterk klem op Blanke Europese geskiedenis nie aanvaarbaar is vir die meeste akademici en historici van vandag nie. Miskien is dit moontlik dat iemand eendag ‘n werklik objektiewe studie van die boek kan maak, maar tot dan sal dit waarskynlik voortgaan om as ‘n randverskynsel beskou te word, grootliks geïgnoreer deur die hoofstroom akademiese gemeenskap wat dikwels nie bereid is om af te wyk van die heersende narratief nie.

Scroll to Top