Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

Siener – Vrae & Antwoorde

deur Adriaan Snyman en Gustav Snyman

Klik op enige van die skakels om na die betrokke vraag te gaan:

Wie was Siener van Rensburg?

Siener van Rensburg het as doodgewone en eenvoudige plaaskind in die Ottosdal-distrik grootgeword en sy dae daar geslyt. Tog was hy voortbestem om ‘n verreikende invloed op ons volksgeskiedeskiedenis uit te oefen – in sekere opsigte miskien selfs nog groter as die beroemde staatsmanne van sy tyd. Want juis nou dat die meeste van hulle al half vergete is, is dit of die persoon van Siener van Rensburg skielik helder en duidelik op die horison van ons volksgeskiedenis begin uitstaan. ‘n Vreemde figuur was hy voorwaar – mistiek en geheimsinnig, maar ook ‘n skugter en nederige mens wat dag na dag met sy God en volk gewandel het.

So bv. het hy elf dae na die uitbreek van die 2de Vryheidsoorlog op die dorpie Taungs in die destydse Botswana ‘n ontstellende gesig gehad van plaashuise wat afgebrand word, terwyl ons vrouens en kinders in die nag met oop ossewaens na konsentrasiekampe geneem word. Hy het toe ook reeds geweet ons gaan die oorlog verloor

Ttydens die 1914-Rebellie het hy in ‘n visioen ‘gesien’ dat ons in die veree toekoms ’n swart regering gaan kry; en presies 80 jaar later is daardie gesig bewaarheid.

Hoe weet ons hy was ‘n profeet van God?

Hy het dwarsdeur sy lewe slegs sy Bybel gelees en nooit na ’n ander boek, tydskrif of koerant gekyk nie. Tog was hy daartoe in staat om visionêr belangrike gebeurtenisse van sy tyd en die verre toekons hier in Suid-Afrika, asook in die res van die wêreld voor hom ‘sien’ afspeel. (meer hieroor later). Dit bewys bo alle twyfel dat hy oor ‘n besonderse profetiese gawe beskik het. ’n Gawe wat hy nooit tot sy eie voordeeld gebruik het nie, maar altyd tot eer van God en in diens van sy medevolksgenote.

Wat het die mense van sy tyd oor hom gesê?

In 1921 was P. Imker Hoogenhout, seun van die bekende volksdigter, CP Hoogenhout, ‘n skole-inspekteur op Wolmarasstad. Daar het hy en Siener van Rensburg goed bevriend geraak en het hulle dikwels in mekaar se geselskap deurgebring. In ’n artikel in Die Brandwag (datum onbekend), skryf Imker Hoogenhout:

“Ek het baie beroemde mense in my lewe ontmoet. Dit was egter onder die nederiges dat ek iemand ontmoet het wat ’n blywende indruk op my gemaak het — oom Niklaas van Rensburg, die Siener.” Reeds met ons eerste ontmoeting wou ek van oom Niklaas weet of dit waar is dat hy gesigte sien. “Ja, neef,” het hy geantwoord, “maar soms kan ek die gesigte self nie verklaar nie. Op ander kere weer is hulle so duidelik en ondubbelsinnig dat ek dadelik weet wat hulle voorstel.” Die gesprek kry toe later koers na die gespanne toestand in Europa en Imker Hoogenhout was verstom oor die ou Siener se kennis en insig oor wat op die wêreldfront aan die gang is. Nadat oom Niklaas vort is, daag dominee Van der Horst, ’n predikant van Wolmarasstad daar op en mnr. Hoogenhout wou van hom weet of oom Niklaas dan koerante van oorsee kry, dat hy van al die gebeure oorsee weet, want dit staan beslis nie in die plaaslike koerante nie. Die dominee antwoord toe laggend: “Nee, oom Niklaas het nog nooit in sy lewe ’n koerant gelees nie!” Eers tóé het die inspekteur besef oor watse wonderbaarlike gawe daardie nederige, eenvoudige ou man beskik.

Die skrywer en skilder Johannes Meintjes, wat ’n jare lange studie van Siener se gesigte gemaak het, stel sy bevindinge daaroor baie treffend: “Dit het geskyn asof oom Niklaas van Rensburg nooit jeugjare geken het nie, asof hy oud gebore is, en jy kon nie anders as om ontsag en respek vir hom te hê nie.

“Soos dit met alle profetiese gawes die geval is, moes oom Niklaas leer wat die simbole in sy visoene beteken,” Meintjes skryf hieroor: “Hy moes leer dat bepaalde dinge bepaalde betekenis het. Sou hy bv. in ’n gesig ’n huisvriend sonder sy hoed sien (Boere het destyds almal hoede gedra), en die vriend sterf kort daarna onverwags, dan het oom Niklaas geweet dat ’n visioen van ’n man sonder sy hoed daardie man se skielike dood beteken.”

“Sy ma, Annie van Rensburg was, net soos hy, ook ’n eenkant-mens, en tog het sy nooit nagelaat om haar liefde vir en kennis van die Bybelse waarhede met hom te deel nie…” En dit het so ’n sterk indruk op hom gemaak, dat hy as kind altyd die Bybel met hom saamgeneem het wanneer hy moet gaan skape oppas.

Genl. Christiaan de Wet het sowat ses maande voor sy dood op ’n Sondagmiddag die volgende bekentenis oor die verloop van die 2de Vryheidsoorlog aan mnr. Cornelis Kruger, ’n Hollander van Dewetsdorp, gemaak “Dit was Gods Hand wat met ons was…” En oor Siener se gesigte het hy bygevoeg:

“Daar is baie mense wat nie glo wat die Siener vertel nie, maar dieselfde God wat in Israel se tyd geleef het, leef nog. En dis nie ek en genl. De la Rey wat in die oorlog sulke groot krygsmanne was nie: nee, dit was Gods werk deur die Siener wat ons daartoe in staat gestel het…”

Aan watter Kerk het Siener behoort?

Hoe bitter swaar die las as profeet op Siener se skouers gedruk het, sal niemand seker ooit weet nie. Johannes Meintjes was reg toe hy gesê het, hy het die indruk gekry die Boereprofeet is oud gebore, want hy was nog skaars dertig toe het manne van die omgewing wat veel ouer was, hom reeds ‘oom Niklaas’ genoem. Tog, volgens J. Lategan, ‘n huisvriend van die van Rensburg gesin, was Siener glad nie so somber van geaardheid as wat mense dink nie.

Siener is vroeg in sy twintigs as ouderling in die Hervormde Gemeente op Boesmansrus, Witpoort, gekies. Later het hy by die Hervormde Kerk op Wolmarasstad aangesluit – tot en met sy dood was hy ouderling in dié kerk. Later, as gevolg van Siener se deelname aan die rebelliewas hy nie meer toelaat om as ouderling op te tree nie. Vir die kerk was die rebellie ‘n opstand teen die owerheid (Romeine 13).

Siener het al sover terug as 1916 aan Boy Mussman vertel hoe deurmekkaar dinge gaan raak. Hy sien ‘n dik muur waaragter vure brand wat vir hom beteken het die waarheid word weggeesteek deur politikuste, media en natuurlik die kerk.

Die kerk in Suid-Afrika het lankal reeds sy pad verloor. Hulle houding teenoor ons volk is al sover terug as 2002 ontbloot tydens ‘n algemene Sinode waar die volgende standpunt oor grondhervorming ingeneem is: “Grondhervorming moet positief aangepak word as noodsaaklike en integrale deel van die nasionale versoeningsproses.”. Die NG kerk het ook in ‘n Algemen Sinode “’n besluit aanvaar waarvolgens daar ruimte is vir verskillende standpunte oor verhoudings tussen mense van dieselfde geslag.”

Volksidentieit, veral onder blanke konserwatiewe christene is vir meeste kerke en dus hul gemeentelede ‘n groot probleem. Die gelofte wat die Trekkers gemaak het met God word vergelyk met die wil van die kerk. Soos Schalk van Heerden van die versoenings groepie Betereinders dit stel: “Die ding wat ons verseker weet is dat die God van die gelofte groter is as die gelofte…. Die vyand is nou binne, die vyand is nou vriend.”

Dit is dus nie ‘n verrassing dat die kerk iemand soos Siener en sy gawe van profesie totaal en al verwerp nie. As God deur hierdie profeet ‘n meer inklusiewe boodskap vir swart en wit gebring het sou die kerk oor hulle voet val vir sy boodskap. Maar Siener is en was nog altyd ‘n profeet vir die die boervolk en sy toekoms. ‘n Volk wat nog sy geskiedenis, identieit en toekoms bind aan die God van die Bybel en die God van die Gelofte en nie die god van versoening wat vandag se liberale teoloeë aan hulle probeer afsmeer nie.

Hoe weet ons die visioene word reg vertolk?

In die taferele wat tydens oom Nieklaas se oomblikke van heldersiendheid voor hom afspeel, storm bulle en ramme van verskil lende kleure op mekaar af; daar is dikwels gebreekte horings of bene. Waens met blou, rooi of vaal osse rammel verby. Voëls vlieg uit standbeelde se bekke; springbokke trek oor ’n stuk verskroeide aarde in Oos-Europa; ’n swart gordyn val oor Rusland en na die weste is die aarde omgeploeg. Uit die suide kom varke aangehardloop en verander skielik in mensgedaantes; ‘n jong, Ierse meisie word in ’n oogwink volwasse. Uit ‘n groot tenk rol fyn skaap mis en meteens word die hele aarde ’n groot miswerf. ‘n Plaat garingbome beweeg na die noorde en in die noordweste val ’n emmer bloed om.

Een van die meer opvallende eienskappe van Siener se lewe en profesieë, was sy nederigheid en sy diep, vaste geloof in God. Alhoewel hy feitlik geen formele onderwys of boekkennis gehad het nie, het hy ‘n wysheid en kennis aan die dag gelê wat nie net sy familie en vriende verbaas het nie, maar selfs meer geleerdes onder die volk.

Hy was ‘n baie teruggetrokke persoon wat dikwels mense vermy het. Hy het ook nooit self sy visioene neergeskryf nie, behalwe vir sommige wat hy deur sy dogter Anna laat neerskryf het. Dit kon beteken dat ons vandag feitlik niks van sy visioene sou kon verstaan nie. Gelukkig was daar egter verskeie persone wat nie net baie van sy visioene bewaar het nie, maar ook die sleutel geword het om baie daarvan te verstaan. Hulle sluit in Magdalena Bouwer (dogter van Koos de la Rey) en haar suster Polly, Ria James, Boy Musman (Siener se vertroueling en vriend), Joos Haasbroek en vele ander.

Een van die eerste groot sleutels tot die interpretasie van Siener se gesigte het van oom Paul Prinsloo van Eloffsdal gekom. Sy pa het Siener goed geken, terwyl sy skoonpa ‘n groot versameling dokumente oor die profeet bymekaargemaak het. Oom Paul en sy vrou was dus bekend met verskeie van Siener se profesieë, asook die betekenis van die simboliek daarin. Die laaste gesig van Siener wat Oom Paul voor sy dood vertel het was visioen van ‘n geweer loop. Die ou profeet het klaarblyklik gesien hoe ons volk in die bek van ‘n loop kyk en ‘n swart vinger is op die sneller. Dan kom ‘n hand van bo af en slaan die geweer weg en skielik sien hy twee swartes op mekkaar skiet.

‘n Algemene misverstand onder baie mense is dat oom Nicolaas nooit sy visioene self probeer verklaar het nie. Dit is egter nie waar nie. Hierdie siening het ontstaan omdat die ou Profeet in sy latere jare, toe hy al hoe meer geïsoleerd geraak het, nie meer met buitestanders of vreemdelinge oor sy visioene wou praat nie. Vanaf 1916 het hy die verklarings van sommige van sy visioene slegs aan sy dogter, Anna, en ‘n paar van sy naaste vriende toevertrou.

Oom Niklaas het nie net vir ons die betekenis van die simbole gegee nie, maar self ook ’n groot aantal van sy visioene self verklaar. En met behulp van die simbole waarin die hy sy gesigte gesien het, kon ons oor die jare heen meer as ’n honderd van sy visioene hermeneuties ontsyfer (m.a.w. die visioen is selfverklarend) wat tot op datum reeds in vervulling gegaan het.

Siener se visioene toon ook verskeie ooreenkomste met Bybelse profesieë.

Volgens Johannes Meintjes se siening was oom Nieklaas ’n ‘tweede Johannes van Openbaring’. En dis opvallend dat van die simbole wat deur Johannes in Openbaring gebruik word, ooreenstem met dié wat die Boereprofeet in sy visioene oor die Boervolk gesien het. (Baie van die simbole uit hul allerdaagse lewe kom: die plante- en diereryk, die hemelruim, plaasinstrumente, gewone gebruiksartikels, asook hul eie ervaringswêreld).

Watter van sy visioene het al waar geword?

‘n Paar van sy bekendste gesigte wat bewaarheid is gedurende sy leeftyd sluit in:

  • die begin en einde van die Tweede Vryheidsoorlog; (opgeteken in ‘n brief van Boy Mussman)
  • Uniewording; (opgeteken deur Siener se kleindogter Ria James)
  • die Eerste Wêreldoorlog en gepaardgaande Rebellie; (oorgedra aan Kmdt Lukas Steenkamp in 1911)
  • de la Rey se dood (gesig opgeteken deur de la Rey se dogter Polly in haar dagboek)
  • die Groot Griep van 1918. (Brief van Boy Mussmann)

Na sy dood is die volgende gesigte bewaarheid:

  • Die Groot Depressie (brief van Boy Mussmann in die Volksblad)
  • Tweede Wêreldoorlog (Opgeteken deur sy seun Kallie – 15 Augustus 1923. Ook gemeld in berig in Die Burger, 8 Julie 1940)
  • Stigting van die VVO.
  • Die NP se verrassende oorwinning in 1948 asook sy verdwyning (Gesig gedatteer 21 November 1920 uit Anna se oefeningboek)

Meer as die helfte van sy visioene het op ons eietydse politieke situasie en die onmiddellike toekoms betrekking. So byvoorbeeld het hy die moord op dr. Verwoerd reeds in 1922 voorspel (Gesig gedatteer 8 Julie 1919 uit Anna se oefeningboek) . Daarná, het hy gesê, sal die regering van die dag sy landsbeleid stelselmatig aanpas sodat hy ook ander bevolkingsgroepe in sy geledere kan opneem. Samesprekings met vyandige swartes sal gevoer word. Voorts het hy ‘gesien’ hoe daar in hierdie tyd ’n uitgerekte oorlog op ons noordelike grens in Angola woed. In die visioen het hy onder andere ‘n kerk naby sy huis gesien maar geen predikant nie. Die kerk was geestelik dood.

Nie lank hierna nie sal ’n swart regering in Suid-Afrika oorneem. Siener het die visioen in 1916 aan Boy Mussmann vertel wie dit self later voor sy dood in 1973 aan sy susterskind, Joos Haasbroek, vertel het. Die swart regering sal gevolg word deur bloedige burgeroorloë in Oos-Europa en Rusland. En juis in dié tyd sien hy dat Afrikaner en Boer al hoe meer verdeeld raak. Ook het hy “gesien” die land word deur kragonderbrekings (Hy sien ons eet “koue pap”), lamgelê ; ons trein- en vervoerstelsels sal verkrummel. Wit rassisme en werkloosheid sal uiteindelik ons ekonomie vernietig.

Wat van die visioene wat verkeerd vertolk is?

Slegs in enkele van Siener se gesigte word daar na spesifieke persone verwys (soos bv. genls. De la Rey, De Wet en Kemp). En behalwe vir sy visioen oor genl. De la Rey se dood op 15 September, het hy nêrens anders datums genoem nie.

Sy gesig van 5 April 1915 handel oor die dood van ‘n bekende swartman, en net na afloop van sy begrafnis, sien hy vure (rewolusie en geweld) dwarsoor die land uitslaan. Omdat Nelson Mandela destyds ’n wêreldberoemde swartman was, het ek toe verkeerdelik die afleiding gemaak dat bloedige geweld na sy dood sou uitbreek. Dit het egter nie gebeur nie. Dus is daardie visioen nog nie vervul nie.

Dis om dieselfde rede dat Bybelse professieë al eeue lank ook verkeerd vertolk word, want in geen profesie word daar na persone (behalwe die Messias) verwys nie, óf ’n datum vermeld, óf ’n spesifieke tydsbepaling gegee van wanneer sekere dinge gaan plaasvind nie.

Om maar net een voorbeeld te noem:

Op 22 Oktober 1844 het meer as 100 000 Adventiste op heuwels, in kerke en selfs op weivelde bymekaargekom in afwagting op Chrustus se Wederkoms daardie dag. Die meerderheid het vooraf reeds van hul huise, eiendomme en alles wat hulle besit het, ontslae geraak. Die rede vir hierdie saamtrekke was as gevolg van ’n profetiese uitspraak wat die bekende prediker, William Miller (1782-1849) gemaak het. Hy het wyd en syd verkondig dat Daniël 8:14 bo alle twyfel bepaal dat die Wederkoms op 22 Oktober van daardie jaar sou plaasvind. Maar dit het natuurlik nie gebeur nie!

Wat is Professor Andries Raath se siening van Siener?

Daar is geen twyfel dat Prof. Raath se Siener-boeke getuig van deeglike navorsing oor die Boereprofeet as persoon en sy plek as historiese figuur in ons volksgeskiedenis. Ongelukkig interpreteer prof. Raath in sy jongste boek, Niklaas van Rensburg – Die Siener (2011), Siener se visioene hoofsaaklik na aanleiding van gebeure in die Anglo-Boereoorlog en kort daarna. Dit lyk dus of hy die visioene oor toekomstige gebeure in Suid-Afrika doelbewus ignoreer.

Hoewel Raath aan die einde van sy boek noem dat Siener voorspel het dat die Vierkleur weer sal wapper, en sy vroeëre boek uit die vroeë 1990’s ook verskeie toekomstige visioene van Siener bevat, mis hy ‘n belangrike punt. In Niklaas van Rensburg – Die Siener het prof. Raath die geleentheid gehad om sy volk in te lig en te waarsku oor die onheile wat Siener voorspel het, maar hy het dit nagelaat. Siener se visioene, soos die groot donkerte wat oor ons sal toesak, vure wat oor die land sal hardloop na ‘n begrafnis, en gewapende swart magte wat vanuit Zimbabwe sou kom, word deur Raath nie ernstig opgeneem nie.

In ‘n video opname getiteld Emeritus Prof Andries Raath En Siener Van Rensburg Deel 1 het Raath sy rede vir hierdie standpunt verduidelik:

“En daarin sit daar ook vir ons vandag as hulle nasate en volksgenote onder omstandighede waarin ons gebombardeer word met allerlei visuele dinge. As dit nie hierdie moord is nie is dit daardie ongeluk, of dit is daardie rykdom of daardie transito rooftog. En ons reageer op die televisie, op die media ektrospektief. Ons is so geimponeer met wêreld se dinge. Ons word so gebombardeer deur vreesaanjagend mededelings en met kataklismiese gebeurtenisse. M.a.w. waar allerlei voorspellings oor die lotgevalle van ons volk gemaak word en waar die mees gruwelike moorde en aanvalle, en nagte van lang messe ensomeer op ons afgeforseer word.”

Professor Raath beskou Siener as ‘n “geestelike lydsman” en day hy weet dat God sy beskermende hand oor sy kudde sal hou maak nie saak wat gebeur nie. Hy meld dan in die video ‘n bietjie verder:

“Moet julle nie begaan maak oor hierdie dinge nie (vreesaanjagend mededelings en met kataklismiese gebeurtenisse). Julle moet die geloof behou. “

In ‘n praatjie op 26 Desember 2013 oor Radio Orania, het prof. Raath gesê:

“Al wat hy (Siener) vir sy medegelowige Afrikaners (nie Boere nie) wou sê, is — hou vas aan die geloof; daar kom moeilike tye, maar al wat julle deur hierdie tye gaan dra, is die geloof, en dit is al — enige iets wat daar bykom, enige iets wat daar bygevoeg word, is louter fiksie. En dit is nou hier waar sekere skrywers (dis nou ek) se werk so vrugbaar geword het dat hulle nie net oom Niklaas se werk probeer oorneem het nie, maar dat hulle selfs die werk van die Here probeer doen…”

Raath wil hê ons moet ons minder steur aan die omstandighede waarin ons verkeer en net die geloof behou dat alles sal regkom. Siener is vir hom ‘n persoonlikheid wat hierdie interne geloof saamvat. Die wêreld daarbuite is irrelevant. Dit is “verbygaande”. Slegs geloof is belangrik.

Professor Raath probeer dus sover moontlik enige verband tussen Siener se gesigte en die huidige situasie waarin ons volk verkeer vermy. In die proses gooi hy die getuinis weg warmee God ons volk wil roep. In Deuteronomium het God die volk gesê hoe hulle sal weet wanneer Hy ‘n profeet na hulle stuur:

"As die profeet in die Naam van die HERE spreek, en wat hy gesê het gebeur nie, dan is dit die woord wat die HERE nie gespreek het nie; jy mag vir hom nie bang wees nie." (Deut. 18:21).

Selfs die Messias het nie verwag mense moet net glo wat hy sê nie:

As Ek nie die werke van my Vader doen nie, moet julle My nie glo nie; maar as Ek dit doen, al glo julle My nie, glo die werke, dat julle kan erken en glo dat die Vader in My is, en Ek in Hom. Joh 10:37-38

Niklaas se lewe en visioene is aan die eenkant vir ons ‘n testament van hoe wonderbaarlik God met een persoon kan werk. Aan die anderkant is die vervulling van sy gesigte vandag ‘n absolute noodsaaklikheid vir ‘n volk wat die wil van God soek. Moet hy die Gelofte vervang met versoening? Moet hy soos Piet Retief in die laer van die vyand gaan vrede soek of moet hy eerder hom regmaak vir dit wat God aan hom openbaar het deur sy profeet.

Die kerk het lankal reeds die pad byster geraak so as God ‘n profeet gestuur het en hy het ‘n boodskap vir ons dan moet ons luister. Siener se visioene roep ons nie net terug na God nie, maar herinner ons ook aan wie en wat ons is. Ten spyte van pogings deur die kerk, staat en geldmag, het hierdie boodskap bly voortleef. Dit is deur God self, deur Sy profeet, dat ons oë geopen is.

Geloof is belangrik maar hoe ons daarvolgens optree is netso belangrik.

Die vervulling van ‘n profesie lê slegs in die hand van God, en geen mens kan die werk van God oorneem nie. Daamee kan elke volksgenoot saamstem. Maar ‘n Profeet waarsku ook sy volk oor wat met hulle sal gebeur as hulle nie luister en hulle bekeer nie. Hy roep hulle ook om hul verhouding met God te herstel en die regte pad te vind. Sonder hierdie werke is geloof dood (Jak. 2:26).

Piet Retief het die traktate na Dingaan geneem met die goeie geloof dat hulle veilig sou terugkom. Die Boere van die Tweede Vryeheidsoorlog het die wapen opgeneem met die geloof hulle sal die Engelse die see injaag. Die christen Ja stemmers het hul papiertjies in die stembus gegooi met die geloof dat dit beter gaan wees vir ons land en Sondag na Sondag sit duisende blanke Afrikaners op kerkbanke en bid vir vrede tussen swart en wit. Maar is dit God se wil?

As ‘n mens na die visioene van Siener kyk gee dit ‘n baie duidelike prentjie van wat God van hierdie volk soek. Hy verwag van ons om eendag op te tree en te veg, nie net vir ons geloof nie maar ook vir ons reg op voortbestaan. Uit die gesigte en selfs die lewe en aard van Siener is dit duidelik dat God nie almal in die land geroep het om die vierkleur in bloed te doop nie. Dit was is ‘n roeping bestem vir die blanke Afrikaner en meer spesifiek, die boervolk. Deur Siener se gesigte te marginaliseer tot ‘n geestelike boodskap ontneem Raath ons volk van beide sy roeping asook die waarheid van wie en wat hy is.

Daarom is daar ook ‘n stryd tussen volk en kerk in hierdie land. Die ironie is dat selfs al staan ‘n profeet van God vandag op in die NG kerk en al sy gesigte word bewaarheid sal hulle hom steeds verwerp as hy nie by hulle mensgemaakte idees hou nie. Raath sal die woorde van hierdie profeet verwerp vir geloof, wat hy beskryf as die interne geestes oog.

Professor Raath glo in die verlossing van ons volk, gesimboliseer deur die Vierkleur wat weer gaan wapper. Maar hoe weet hy, of enigiemand, dat hierdie visioen betroubaar is? Hoe kan ‘n volk weet ‘n profeet is van God gestuur en hoe weet professor Raath dat God hierdie volk vandag nog gaan bystaan? Volgens hom is feitlik elke visioen reeds vervul en gesigte van Siener het vir hom niks meer geword as ‘n historiese en geestelike ondersoek nie.

Siener se visioene het nie net sy tydgenote oortuig van sy gawe nie, maar moet ook ons vandag oortuig dat God nie net ‘n profeet na ons gestuur het nie, maar dat Hy ook in die stryd wat voorlê met ons sal wees. Ons moet nie net blindelings geloof hê sonder dat hierdie visioene hul betroubaarheid bewys nie. Daarom is Siener se visioene vir ons tyd vandag so belangrik – dit bevestig en getuig van God se wil.

Wat is die grootste kritiek onder mense vandag oor Siener?

Dis nogal opvallend dat die grootste kritiek teen Siener van Rensburg se profetiese visioene in ons dag juis afkomstig is van kerkmense, mense van wie jy dit die allerminste verwag, en wat van beter behoort te weet. Die rede hiervoor kan voor die deur van al drie die groot Afrikaanse kerkgrope gelê word: die Ng Kerk, die Gereformeerde Kerk en die Hervormde Kerk; want teenstrydig met wat daar vir ons in die Bybel gesê word, verkondig hulle een en almal dat die gawe van profesie met Christus se hemelvaart beëindig is.

Maar in die boek Handelinge 2:17-18, wat dekades na Chrus se hemelvaart deur Lukas geskryf, lees ons:

“En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom … En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer…” (Hand 2:8)

Net soos die profete van die Ou Testament (Jesaja, Jeremia, Esegiël, Sefanja, Obadja, ens., was Siener ook ‘n “dienskneg” of “boodskapper” van God wat Hy na sy volk toe gestuur het om hulle te vermaan en te waarsku dat hulle oortredinge teen God nie ongestraf sal bly nie. En net soos die Bybelse profete was Siener tot aan die einde van sy lewe ’n getroue “boodskapper”.

Die kerk se standpunt oor profesie is dat dit slegs ‘n tydelike gawe was wat uitgedeel is om die kerk tot stand te bring. Die woord “kerk” in hierdie verband verwys hoofsaaklik na die liggaam van Christus, wat volgens hulle uit alle sogenaamde “ware” gelowiges bestaan ​​wat deur geloof in Jesus Christus saamegebind is.

Verder glo hulle ook dat alles wat ons geestelik nodig het vandag in die Bybel saamgevat is. Dus, enige persoon wat vandag wil beweer hy of sy is profeet se woorde moet presies ooreenstem met die Bybel. Of eerder, hulle begrip van die Bybel…

So sal die Katoliek sy visioene opweeg teenoor die magisterium, of leerowerheid, wat hy glo deur die Heilige Gees gelei word om die Skrif en tradisie te interpreteer. Die Hevormers is van mening dat profesieë opgehou het met die sluiting van die Bybelse Kanon en sal hom moontlik summier verwerp. Anabaptiste sal nie hierdie profeet aanvaar as hy enigsins suggureer dat die wapen opgetel moet word nie. Verskeie kerke sal natuurlike sy profetiese aard ook in twyfel trek as hy enige uitspraak maak teen kerklike autoriteit of ‘n geloofsbelydenis.

Daarom verwerp meeste kerke in Suid-Afrika Siener as ‘n profeet van God. Deur sy visioene het die Vader die boervolk geroep en uitgesonder en dit kan hulle nie aanvaar nie. Hulle identiteit en bestaan (‘n voortvloeing van die ou inklusiewe en Babiloniese aard van die Katolieke), is totaal en al afhanklik van ‘n geestlike interpretasie van wie en wat God se volk is. Soos die ou Farriseers en Sadduseers sal hulle ‘n direkte openbaring van God verwerp omdat dit nie saamstem het met hulle begrip of intepretasie van die Bybel nie.

Joh 5:39 Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig.

Maar dit is nie hoe God gesê het ons moet ‘n profeet toets nie:

En as jy in jou hart sê: Hoe sal ons die woord weet wat die HERE nie gespreek het nie? —  as die profeet in die Naam van die HERE spreek, en wat hy gesê het, gebeur nie en kom nie uit nie, dan is dit die woord wat die HERE nie gespreek het nie; deur vermetelheid het die profeet dit gespreek; jy mag vir hom nie bang wees nie. (Deu 18:21)

Die kerk, verteenwoordig deur die Tempel van Herodus en die Judese geloof in die tyd van die Messias, kon nog nooit die waarheid sien of aanvaar nie. Met die Groot Trek het meer as 15 000 mans, vroue en kinders weggetrek opsoek na die vryeheid om God te dien. Die kerk opgemaak uit Skotse predikante (eintlik niks meer as staatsamptenare nie) het hierdie volk onders sensuur geplaas vir sy “verset teen die owerheid” en afwyking van die kerk se geloofsbelydenisse. Geen predikant het dus saamgetrek nie en tog is hierdie volk se geregtigheid voor God by Bloedrivier op die wonderbaarlikste wyse openbaar.

God gaan nie Siener as ‘n profeet aan hierdie volk openbaar deur menings en opinies nie maar slegs deur die vervulling van sy profesieë.

Wat van mense se mening dat die boeke van Siener slegs ‘n geldmaak storie is.

Die dag toe ons Siener van Rensburg se visioene in die herf van 1990 ontdek het, het die lewe vir my en my oorlede vrou Annelize, skielik ‘n heel nuwe betekenis gekry. Van daardie dag af was alles wat ons gedoen het, nie net gebind deur ons geloof in die Almagtige en ons liefde vir ons volk nie, maar ook om te veg vir ons volk se voortbestaan.

Ons het egter spoedig besef dat hierdie pad met dorings en distels besaai was: Die regering het ons op elke denkbare manier vervolg; baie van ons eie volksgenote wou niks van Siener se gesigte weet nie en in die media is ons afgekraak en sleggesê.

In een stadium het ons bankrotskap in die gesig gestaar, en was toe verplig om terug te keer na waar ons in 1990 begin het, nl. by die kombuistafel, omdat ons die stryd ter wille van ons volk wou voortsit. Ons dryfveer was steeds Siener van Rensburg se gesigte wat aan die volk bekend gemaak moes word. Want hy het gesê: “vir dié wat wéét, sal die ellende en verskrikking wat kom, nie so erg wees nie!
En ons wou hê dat ons hele volk dit moet wéét!

Wanner het Siener gesê begin ons groot stryd?

Hoewel Siener in dié verband nooit datums in sy visioene genoem het nie, het hy tog vir ons ’n tydsaanduidinge gee van wanneer “ons dinge gaan begin”.

Volgens sy tydtafel wil dit voorkom of die groot moeilikheid in alle erns op ons gaan toesak wanneer die geelperskereën begin. In Siener se tyd het die oumense altyd na die laat-somerreëns verwys as die ‘geelperskereën’ — dit het gewoonlik middel-Februarie begin en twee weke lank geduur. En juis in daardie tyd, “sien” hy ook ’n dam wat besig is om leeg te loop, en hy verklaar dit self as die volk wat in groot benoudheid verkeer en finansieel baie swaar kry.

Dit is al meer as 35 jaar. Waarom vat dit so lank?

Ons kan dit vergelyk wat Israel in Egeipteland ondervind het waar hulle genadeloos deur Farao verdruk en vervolg was. Hulle het in so ’n groot benoudheid verkeer dat hulle in wanhoop tot God gewend het: Eks. 2:23-24 – “En die kinders van Israel het gesug en geweeklaag vanweë die slawerny. En hulle geroep om hulp het opgeklim tot God. En God het hulle gekerm gehoor, en Hy het gedink aan sy verbond met Abraham, met Isak en met Jakob” – (en Hy het hulle uitgered en na die beloofde land geneem).

Toe die Israeliete by die beloofde land aankom het hulle getwyfel en gemurmureer. Tien van die twaalf spioene, wat Moses uitgestuur het om Kanaän te verken, het gevrees het vir die reuse en versterkte stede van die land. Slegs Josua en Kaleb het geglo dat God hulle sou help om die land in te neem. Die volk se gebrek aan geloof en vertroue in God se beloftes het daartoe gelei dat God bepaal het dat hulle vir elke dag van die spioene se 40-dae verkenning een jaar in die woestyn sou swerf totdat die hele ongelowige geslag uitgesterf het, behalwe Josua en Kaleb, wat uiteindelik die Beloofde Land binnegegaan het.

So ook, kan ‘n mens sê, het hierdie volk getwyfel en murmureer 30 jaar gelede en uit vrees die land oorgegee aan die vyand. Wie van ons kan regtig daarop aanspraak maak dat God se wil vir hierdie volk op ons van toepassing het? Dit kannie gebeur solank ons dink ons is geregtig daarop nie.

Op 15 Januarie 1921 het die Boereprofeet Niklaas van Rensburg in ’n gesig “gesien” hoedat sy medevolksgenote in die verre toekoms as ‘t ware net soos Israel in gevangenis sal verkeer om daar brood van verdrukking te eet en water van verdrukking te drink. Maar dit was nie al nie. Hy het hulle ook helder en duidelik, net soos Israel, sien roep tot God om hulp.

In ’n bewoë stem het hy dit só beskryf: “Toe hoor ek: die geroep van die volk gaan op tot God, en die aarde beef.” Die aarde wat beef, het hyself gesê, is die wonderwerk wat God sal beskik dat ’n gees van verskrikking onder sy volk se vyande losgelaat word sodat hulle op die vlug slaan om nooit weer gesien te word nie.

“Maar vóórdat dit gebeur,” het hy bygevoeg, “wag daar ook nog vir ons nog ’n “Tweede Bloukrans” en “Tweede Moordspruit”; maar ook ’n “Tweede Bloedrivier” waar ons, net soos by die Eerste Bloedrivier ons weer voor God sal neerbuig om in verootmoediging ’n nuwe gelofte voor Hom af te lê.

Wie is die man in die bruin en die man in die grys pak klere?

Dit weet niemand nie; selfs nie eens hy wat daartoe geroep sal word om aan sy medevolksgenote leiding te gee nie. Siener het een aand aan tafel oor die “man in bruin” aan sy kinders die volgende gesê: “Ek sien hom, ’n man met ’n vol gesig. Amper die soort gesig soos dié van minister Piet Grobler, die Minister van Lande, s’n. Ek kan niks meer beken nie, maar dis wat duidelik is … Hy sal die eerste president van ons toekomstige Boererepubliek wees.”

Met sy innemende en opregte geaardheid was minister Piet Grobler ongetwyfeld een van die mees geliefde persoonlikhede in ons politieke geskiedenis. Die man wat soos hy lyk, sou nog die volk daar by Lichtenburg toespreek om hulle tot bedaring te bring. Siener het beklemtoon dat ons ’n “Tweede Bloedrivier” gaan hê. Dus sal hierdie “man in bruin” die verteenwoordiger van ’n Tweede Andries Pretorius wees. Uit die voorafgaande is dit egter duidelik dat daar nog heelwat moet gebeur vóórdat ons die man in bruin gaan sien.

Dit is egter belangrik om te beklemtoon dat alhoewel die profeet Siener van Rensburg visioene gehad het van ‘n toekomstige geestelike en wêreldse leier, die enigste manier waarop hierdie twee figure sal verskyn, is as die Boerevolk na God terugkeer. Die Rigterstydperk van Israel dien as ‘n duidelike voorbeeld hiervan; ‘n leier is eers geopenbaar wanneer die volk hulle met hul hele hart en verstand tot God gewend het en Hom om hulp aangeroep het.

Die Slag van Bloedrivier illustreer hierdie punt verder. Na die mislukking van die sogenaamde “vlugkommando” in April 1838 was die Voortrekkers in ‘n baie kritieke situasie. Al die leiers waarin hulle hul vertroue gestel het, was dood of weg. Retief en Uys was dood, Maritz was op sy sterfbed en Potgieter het na die Transvaal vertrek. Alle hoop was verlore totdat Cilliers ‘n laaste poging aangewend het om hulp van Andries Pretorius in die Kaapkolonie te kry. Slegs in daardie desperate toestand kon hulle hul geloof in God stel. Dit is die tragedie van God se mense dat hulle die sterre slegs in die nag kan sien, wanneer dit die donkerste is.

Wat egter kommerwekkend is oor hierdie man in bruin, is dat daar by baie van ons mense ’n byna biddende afwagting is dat hy sy verskyning moet maak — so asof hy die een is wat tot ons redding gaan kom. En Siener het uitdruklik gewaarsku dat ons daarteen moet waak om nié op die vleeslike arm van ’n mens te vertrou nie, maar op God!

Aan Adaan de la Rey het Siener gesê: “Die president wat ons kies, lê onder ’n kombers toegemaak, die oortreksel is stukkend, maar die kombers is skoon — dus is daar ’n geheim verbonde aan wié ons gaan kies.”

Siener het ook by verskeie geleenthede gesigte gehad van ’n man in grys klere (’n geestelike leier) wat uit die Oostelike Provinsie sal kom. Hy tree op as God se boodskapper om die erg verdeelde volk, wat in daardie stadium bitter swaar sal ly, weer saam te snoer, te bewapen en tot die stryd op te roep. (Die kloof wat hulle verdeel het, val dan toe.) Hy sal hulle geestelik én fisies voorberei.

In een van sy laaste visioene het hy gesien hy stap in die nag na sy broer Piet wat net oorkant die Makwassie-spruit gewoon het. Daar begin toe groot reëndruppels val en die Goddelike persoon (in die grys klere) verskyn weer aan hom en vra of hy die onweerswolke sien, twee aan die oostekant, twee aan die noordekant, twee aan die westekant en een aan die suidekant — dit is die sewe plae wat God gelyktydig beskik het wat oor Engeland sal kom en wat Engeland totaal sal vernietig.

In ’n ander gesig sien hy ons burgers verdryf die vyand tot op die skepe in Durban. Wanneer hulle dan terugkom, sien hy sy blou perd wat hy op 12 Oktober 1899 met die eerste geveg verloor het, is by hulle.

Sy veldskoene val dan uit sy voete en hy trek nuwes aan… (Dis die begin van die nuwe Boererepubliek). Ons kry dan ’n volmaakte republiek van ’n volmaakte God sonder ’n pennie landskuld. By Prieska kry sy veldskoen ’n nuwe oorleer (dit beteken ’n voorlopige regering): dan sien hy ’n blou pak klere (Duitsland), dan ’n bruin pak klere (Boere), en dan ’n grys pak (’n Godsman). Hy kry dan ’n nuwe paar veldskoene, ’n nuwe saal en ’n nuwe toom — dit beteken ’n permanente regering en heel nuwe begin, ’n dag wanneer die Boervolk weer sy vryheid sal terugkry en die vierkleur weer sal wapper.

Die Man in Grys en die Man in Bruin sal beslis ‘n groot rol in die toekoms speel, maar die enigste manier waarop hulle geopenbaar sal word, is as die Boerevolk in Suid-Afrika na God terugkeer. Alhoewel die volk binnekort voor sy grootste krisis te staan gaan kom, is hy tans nog ver van wanhopig. Deur sy geld, ambisie en eiesinnigheid poog hy nog om die noodlot na buite te dryf. Hy probeer nog god speel oor sy omstandighede en daarom besluit hy nog self wie en wat sy leiers moet wees.

Waarom gaan Duitsland ons help?

In ’n gesig het Siener die 1914-Rebellie voor hom sien afspeel. Dit sou begin met ’n aantal burgers van Transvaal wat haastig tussen die putte (gevare) deur na Duitswes toe op pad was om traktate met die Duitsers te maak. Die doel van die traktate was om ’n nie-aanvalsverdrag met Duitsland in die Eerste Wêreldoorlog aan te gaan. Die 600 Rebelle is die hele ent pad daarheen hulle deur genl. Botha se regeringstroepe agtervolg. Maar tog het Siener hulle veilig deur die woestyn gelei tot waar genl. Manie Maritz en genl. B. von Zastrow, die verteenwoordiger van die Keiserlike Goewerneur, op 17 Oktober 1914 te Keimoes die traktate onderteken het. Die Duitsers het dit nie vergeet nie, want 26 jaar later, op 14 September 1940, is die traktate en die proklamasie van 1914 oor radio Berlyn-omroep voorgelees en aan die Boervolk verklaar dat Duitsland die traktate (wanneer nodig) sal erken en verwesenlik met die uiterste krag van die Duitse volk.

In ’n gesig op 24 Januarie 1915 het Siener aan genl. Kemp gesê: “Daar sal eendag weer ’n oorlog moet kom om hierdie een af te handel…Die groen grashoop word intussen witdroog — jare van verdeeldheid en verwarring onder die Boervolk sal hom op moedverloor se vlakte laat. Dan word die gras weer groen — die oorlog word hervat en die hoop herleef. Die traktaat wat verkry is, sou op ’n tyd en geleentheid deur God bepaal is, verwesenlik word…”

Gedurende die 1990’s was Duitsland nog vêr van die hoopvolle kandidaat vir die Boervolk wat Siener gesien het maar in 2015 het Angela Merkel die deur oopgemaak vir honderde duisende buitelandse immigrante en vlugtelinge om die land in te stroom.

Daardie selfde jaar op Oujaarsaand 2015/16 het die Duitse hoofspoorwegstasie Keulen se ’n ontstellende reeks gebeure aanskou. ’n Groot groep van ongeveer 500 tot 1 000 jong mans, hoofsaaklik van Arabiese of Noord-Afrikaanse afkoms, het saamgedrom, wat gelei het tot aggressiewe gedrag, vuurwerke wat op mense geskiet is, teistering van verbygangers en diefstalle. Die situasie het eskaleer tot groepe mans wat vroue jag en seksueel aanrand, wat gelei het tot 1 210 kriminele klagtes, insluitend 511 seksuele aanrandings. Die nag se chaos het die nasie geskok en ‘n paradigmaskuif en bevraagtekening van kanselier Merkel se vlugteling-verwelkomingskultuur laat ontstaan.

Maar dit het nie daar geieindig nie. Hierdie toestroming van immigrante oefen geweldige druk uit op die Duitse ekonomie. Die tempo waarteen mense verarm, die gedurige bedreigings van onwettige immigrante, die Duitse regering se beheptheid met polities korrekheid asook die onderdrukking en bedreiging van tradisionele Duitse volksgerigte kultuur het veroosaak dat ver-regse politieke partye soos die AFD geweldige stemme werf.

Die Duitse volk se band met Suid-Afrika is lankal reeds verwaarloos. As daar eendag ‘n herlewing onder die Duitse volk plaasvind waardeur hulle die pleidood van die boervolk kan verstaan sal die traktaat moontlik weer sy ou betekenis dra. Die Duitse regering gaan egter nie die Boervolk in Suid Afrika help net ter wille van die belofte in ‘n eeu oue traktaat nie. Gedurende die Tweede Vryeheidsoorlog was dit die Duitse volk wat afgekom het om ons te help terwyl die Duitse regering (soos al die ander lande) nie kans gesien het om ons openlik te help nie.

Daar is egter ook ‘n ander moontlikheid. Die Kaapse see roete bly een van die belangrikste strategiese posies in die wêreld. Met die blok van die Suez kanaal deur die vragskep Ever Given ‘n paar jaar terug in March 2021 het hierdie feit net weer bekelmtoon. As daar ‘n oorlog uitbreek in die midde-ooste gaan lande sover moontlik probeer om die suidelike punt van Afrika te annekseer. Watookal die situasie in in Suid-Afrika wil dit voorkom uit Siener se gesigte asof Suid-Wes dan ‘n geweldige groot rol gaan speel vir Duitsland en die Boervolk. Moontlik omdat die Kaap en Natal reeds oorgeneem is.

Siener het Generaal Botha se anneksasie van destydse Duitswes Afrika gesien as deel van God se groter plan. Dit gaan eendag die Duitsers ‘n rede gee om dit terug te vat en dan word die spoorlyn tussen Prieska en Namibië die pad na “Getroue Afrikaners” se vryheid. Dit is by Prieska waar hierdie volk bewapen word en word die begin van ons grootste en swaarste stryd asook die rede waarom hierdie volk weer, soos by Bloedrivier, op hul knieë vir God hulp moet vra.

Wat is die betekenis van die Vierkleur wat weer wapper?

Die Transvaalse Vierkleur, die amptelike vlag van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR), is ‘n diepgaande simbool van die Boervolk se vryheid en identiteit. Hierdie vlag, ontwerp deur ds Dirk van der Hoff, het vanaf 1858 tot 1902 as die landsvlag van die ZAR gedien. Hoewel die spesifieke betekenis van die kleure nie heeltemal bekend is nie, het die Vierkleur vir die eerste keer op 6 Januarie 1857 in Potchefstroom gewapper, en dit het onmiddellik ‘n diepgaande betekenis vir elke vrye Boer verkry.

Op 23 November 1874 skryf ds Van der Hoff: “Elke vrye Boer, wat die betekenis van die Vierkleur verstaan, het dit lief. Dit is die simbool van ons vryheid.” Hierdie woorde beklemtoon die Vierkleur se rol as ‘n simbool van die Boervolk se vryheid. Dit het egter ook ‘n uitdrukking van die Boervolk se godsdienstige identiteit geword. Die getal vier het ‘n diep simboliese betekenis in die Bybel wat ook in die Boervolk se geloof en hul verbond aan God weerspieël word.

In die Bybel word die getal vier herhaaldelik gebruik. Die Messias se klere is in vier verdeel, daar is die vier evangelies, en die vier slagordes van Israel verteenwoordig deur die Os (Efraim), die Arend (Manasse), ‘n mens (Ruben) en die Leeu (Juda). In Hebreeus is God se naam opgemaak uit vier letters (die Tetragrammaton), en daar is die vier windrigtings en die vier hoeke van die hemel wat in Jeremia genoem word. Verder is daar die vier lewende wesens in Esegiël wat God se troon dra.

Die Voortrekkers, diep godsdienstige mense, het hul geloof sentraal gestel in hul daaglikse lewe. Die ou Boere van die Republieke het met die Bybel in die een hand en die geweer in die ander die wêreld aangepak. Suid-Afrika was vir baie jare ‘n Christenland, met Christelike waardes wat deur skole, die regering en gesinne oorgedra is. Die Vierkleur simboliseer dus ‘n Godvresende volk, ‘n volk wat, soos Israel van ouds, sy vryheid nodig het om God te dien.

Tans bring baie blankes huldeblyk aan ‘n vlag wat vrede wil uitbasuin, terwyl daar geen vrede is nie. Hierdie vlag, met sy ses kleure, weerspieël die nommer ses, wat die mens verteenwoordig – sy swakheid en verslawing aan sy basiese natuur. Dit simboliseer die staat, die god van die vervalle mens, en soos Babilon van ouds verteenwoordig hierdie vlag ‘n land wat sy krag in diversiteit soek. Suid-Afrika se huidige leuse, “Unity in Diversity”, weerspieël hierdie Babiloniese tendens.

Die Vierkleur, daarenteen, hou verband met volkseenheid, soos die ou Transvaalse leuse “Eendragt maakt Mag”. Hierdie vlag staan nie vir alle volke nie, maar spesifiek vir die Boervolk. Dit is ‘n simbool van hul unieke identiteit en hul strewe na vryheid, ‘n vryheid wat hulle toelaat om hul geloof te beoefen en hul kultuur te bewaar. Die Vierkleur is dus nie net ‘n vlag nie, maar ‘n lewende herinnering aan die Boervolk se geskiedenis, geloof en hoop vir die toekoms – ‘n toekoms waar die Vierkleur weer trots sal wapper en die Boervolk hul vryheid sal herwin.