Die Twee Koninkryke
Rondom 922 v.m. na die dood van Salomo is die Verenigde Koningkryk van Israel deur die hand van God in twee geskeur. Die Huis van Israel (altesaam tien stamme) aan die noordekant van Palestina en die Huis van Judah (die twee stamme van Juda en Benjamin) aan die suidekant.
Hierdie gebeurtenis word profeties beskryf in I Konings 11 waar die profeet Ahía die mantel van Jeróbeam, ‘n Efraimiet, in twaalf stukke en vir hom 10 stukke daarvan los.
Kon 11:30 Toe gryp Ahía die nuwe mantel wat hy aangehad het, en skeur dit in twaalf stukke, 31 en hy sê vir Jeróbeam: Neem vir jou tien stukke, want so spreek die HERE, die God van Israel: Kyk, Ek gaan die koninkryk uit die hand van Salomo afskeur en aan jou die tien stamme gee; 32 maar die een stam sal syne wees ter wille van my kneg Dawid en ter wille van Jerusalem, die stad wat Ek verkies het uit al die stamme van Israel—
Salomo se belastinglas lei tot ontevredenheid. Rehábeam, sy seun, maak dit erger, en die tien stamme rebelleer. Hierdie rebellie lei tot ‘n proses wat 200 jaar later met die inval van Assiriërs sou lei tot “die verlore skape van die huis van Israel” (Mat 15:24).
Die begin van die noordryk se ondergang het begin onder die Assiriese koning Pul (Tiglet-Pileser) in 732 v.c. Hierdie eerste Israeliete uit die stamme van onder andere Ruben, Gad en die helfte van Menasseh is weggedra na verskeie Assiriese stede suid van die Swart- en Kaspiese Ssee asook in die bergagtige gebiede van die Mediërs (2 Konings 17:3-6)
In die jaar 722. V.M., na ‘n beleëring van drie jaar, het Salmaneser, die koning van die Assiriërs die hoofstad van die Noordryk (Samaria) ingeneem en die meerderheid van die bevolking gedeporteer. Salmaneser se opvolger, Sargon II het hierdie deportasie beleid verder gevoer en sowat 27 000 Israeliete vervang met met setlaars uit onder meer Babel, Kuta, Awa, Hamat en Safarvuáim.
Die Huis van Israel het nou die “verlore skape van Israel” geword.
Eseg 22:15 En Ek sal jou verstrooi onder die nasies en jou versprei in die lande, en Ek sal jou onreinheid uit jou wegruim.
IMMIGRASIE
Die verstrooing van Israel oor die wêreld het egter nie begin by die deportasie nie. Lank voor die Babiloniërs en Assiriërs die eerste ballinge weggedra het was daar heelwat Israeliete wat uitgetrek het oor die middelandse see en Europa. Soos die geval was met baie ander volke was daar ook Israelite wat om verskeie redes ‘n ander heenkome gaan soek het. Verskei golwe van Israeliete het weggtrek vanaf Fenesiese en Israelitiese kusstede soos Tirus of Dan.
Van die gebiede waarheen hierdie Israeliete migreer het sluit in die Griekse eilande, Italië, Spanje, Noord Afrika tot sovêr as Brittanje. Dikwels het hulle dan ook name aan plekke gegee soos Spanje wat destyds bekend was as Iberië (Hebreeus: Eber wat beteken “anderkant” of “oorkant”. Die argeologiese terrein van Cadiz in Spanje, wat beskou word as een van die oudste voortdurend bewoonde stede in Wes-Europa, toon bewyse van Fenisiese nedersetting, en by uitbreiding, moontlike Israelitiese teenwoordigheid. In die Bybel word daar gepraat van die skepe van Tarsis (Tartessos – ‘n antieke vestiging op die Iberiaanse skiereinland) wat handel dryf met Salomo en moontlike aanduiding is van ‘n kolonie van Israeliete wat daar gevestig was.
Die moontlikheid bestaan ook dat die stam van Dan, bekend vir hul seevaarvermoëns, dit moontlik gewaag het na streke wat deur die Fenisiërs oorheers is, wie se uitgebreide handelsnetwerke tot ver in die Middellandse See bereik het. Sommige teorieë stel voor dat die Daniete saam met die Fenisiërs na plekke soos Griekeland en uiteindelik na Denemarke gereis het. Die antieke geskiedskrywer Josephus noem dat die Fenisiërs en Israeliete interaksies gehad het, en die Griekse geskiedskrywer Herodotus skryf van ‘n volk bekend as die Danaans in Griekeland, wat sommige bespiegel het dat dit met die stam van Dan gekoppel kan word. Hierdie hipotese word verder ondersteun deur die teenwoordigheid van soortgelyke simbole, soos slange, wat met die stam van Dan geassosieer is en ook in vroeë Deense en Griekse kuns gevind is.
Israel was in ballingskap weggevoer as gevolg van haar goddeloosheid en nou het sy in totale heidendom verkeer. Miljoene volksgenote, “die wat woon in die land van die doodskaduwee” (Jesaja 9:1-3), het gesit sonder herder en sonder genade. Sy het nou dringend verlossing nodig gehad. Jeremiah het dit beskryf as die “benoudheid van Jakob (Israel)”:
Jer 30:7 Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is ‘n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word. 8 En op dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek sy juk verbreek van jou nek af en jou stroppe stukkend ruk; en vreemdes sal hom nie meer diensbaar maak nie.
Die hartseer is dat nie nie lank na die val van die noordryk nie is die oorblyfsel van Israeliete wat nog woonagtig was in die suidelike ryk (die Huis van Judah) ook in ballingskap weggevoer. Die laaste koning van die suidelike ryk, naamlik Sedekia, was onder ‘n eed van getrouheid op die troon geplaas deur Nebukadnesar van Babilon. Maar die valse profete en waarsêers deur die land het die koning en volk aangemoedig tot rebellie teen hierdie vernedering.
In 587 v.M., in die jaar van Tammuz, en na ‘n mislukte sameswering tussen Sedekia en Egipte, begin Nebukadnesar sy tweede beleëring teen Jerusalem. Oor ‘n tydperk van twintig maande het die beleërde stad stelselmatig verval in ‘n desperate stryd om oorlewing en uiteindelik kannibalisme.
Klaag 4:5 Hulle wat lekkernye geëet het, het versmag op die strate; die wat op purper gedra is, het die ashope omarm… 10 Die hande van teerhartige vroue het hulle eie kinders gekook; dit het hulle voedsel geword in die verbreking van die dogter van my volk.
‘n Groep soldate van Nebukadnesar se leërmag het in die stad ingebreek en die volk is oorrompel. Die tempel en Paleis is verbrand “ook al die huise van Jerusalem, ja, elke groot huis (is) met vuur verbrand.” (2 Kon 25:9). Sedekia is op die vlaktes naby Jerigo gevang en teruggebring na Nebukadnesar. Daar is sy kinders voor hom geslag, sy oë uitgesteek en is hy in kettings na Babel gedra saam met die res van die bevolking. So sou die Almagtige die goddeloosheid van Jerusalem voor sy aangesig verwyder en Juda, soos haar suster Israel, weggeneem en dwarsoor die wêreld verstrooi.
Jer 50:17 Israel is ‘n rondgejaagde skaap wat die leeus weggedrywe het; eers het die koning van Assur hom opgeëet, en nou ten laaste het Nebukadrésar, die koning van Babel, sy gebeente afgeknaag.
Deur die volk se goddeloosheid is hulle verstrooi oor die bekende wêreld, maar deur die intieme verbond tussen God en sy volk is daar ‘n saadjie geplant wat uiteindelik sou uitloop in die geboorte van ‘n Kind, die Seun van God (Mig 4:10, Jes 9:5).
Jes 54:8 In ‘n uitstorting van toorn het Ek vir ‘n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê YHWH, jou Verlosser.
Vir hierdie verwaarloosde, geknakte, en gebreekte volk, die “verlore skape” van die Huis van Israel, sou die Messias uiteindelik sy lewe gee om hulle weer in ‘n Nuwe Verbond met Hom te herstel. Israel was ‘n vrou wat jare terug verstoot was van haar man (Jer 3:8). En hier wag haar nageslag, die dogter van Sion in groot afwagting vir die geboorte van haar Koning, haar Verlosser (Sagaria 9:9).
Jesaja beskryf hoe hy hierdie volk eendag gaan herstel en ‘n magtige volk sal word wat die rykdom van die wêreld aan God toewy (Jes 54:11-12, Mig 4:13). Netsoos die westerse christen wêreld uiteindelik gedoen het. Dit is ‘n tyd wanneer die volk haar tent penne wyd sou inslaan om die belofte van Abraham in vervulling te bring. Daar sal ‘n dag kom wanneer hulle almal God ken, want “hy sal die God van die hele aarde genoem word” (Jes 54:5).
Die seuns van Isak
Die inval en beleering van Samaria en Jerusalem was van die bloedigste tye in Israel se geskiedenis maar oor die ballingskap self was daar ‘n hand van genade:
Jer 30:11 Want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou te verlos. Want Ek sal ‘n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verstrooi het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.
Plekke waar Israel gedeporteer in sluit in:
- Halah (Noord-Irak of Suidoos-Turkye)
- Habor (naby die Habur-rivier wat deur Turkye, Sirië en Irak vloei)
- Gozan (die stad Gozan in hedendaagse Sirië)
- Die stede van die Mediërs (in die omgewing van hedendaagse Iran).
Hier in ‘n vreemde land tussen vreemde volke moes hulle bou, plant en aangaan met hulle lewe. Soos God deur sy profeet Jeremia aan hierdie ballinge van Jerusalem gesê het:
Jer 29:5 …Bou huise en woon, en plant tuine aan en eet die vrugte daarvan;
Israel sou nie meer onder die genade en beskerming van God wees nie maar sy was ook nie verdoem nie. In Genesis 17 het God ‘n belofte aan Abraham gemaak, dat hy die vader van ‘n groot volk sou word.
En daarom moedig hy hulle aan…
Jer 29:6 neem vroue en verwek seuns en dogters, en neem vroue vir julle seuns en gee julle dogters aan mans, dat hulle seuns en dogters baar; en vermenigvuldig daar, en moenie verminder nie;
Hierdie volk sou eendag vermenigvuldig soos die sand van die see en die sterre aan die hemel. Dit was die belofte.
Hosea 1:10 Nogtans sal die getal van die kinders van Israel wees soos die sand van die see, wat nie gemeet en nie getel kan word nie; en in plaas dat aan hulle gesê word: Julle is nie my volk nie—sal aan hulle gesê word: Julle is kinders van die lewende God.
In Genesis 22 het God onvoorwaardelik ‘n belofte aan Abraham gemaak dat omdat hy bereid was om sy enigste seun te offer sou God hom “ryklik seën” en sy nageslag vermeerder “soos die sterre van die hemel en soos die sand van die seetrand is” (Gen 22:17). Ook later sou Jakob God weer herinner word aan die belofte:
Gen 32:12 U het tog self gesê: Ek sal sekerlik aan jou goed doen en jou nageslag maak soos die sand van die see wat vanweë die menigte nie getel kan word nie.
En tog, dit is asof die historiese Israel na die balingskap skielik verdwyn het. Wat het gebeur?
Josefus meld in sy Ou Geskidenis (Antiquities) dat die verlore stamme van Israel teen die 1ste eeu n.m. reeds ‘n magtige volk noord van die Eufraat was:
“… daar is slegs twee stamme in Asië en Europa wat die Romeine onderdanig is, terwyl die tien stamme tot vandag toe nog anderkant die Eufraat in ‘n ontelbare menigte is wat nie in getalle bepaal kan word nie. “
Hierdie was ‘n groot volk.
Wie presies was hierdie “ontelbare menigte” want hulle was defintief nie meer Israeliete genoem nie en Josefus kon onmoontlik verwys na die enkele diaspora Judeërs wat in die omliggende gebiede van Israel gewoon het. Daar is redelik konsenus onder geleerdes dat slegs drie van die stamme teruggekeer het na die ballingskap. Soos Sara Japhet, Professor van Bybel Studies aan die Hebreeuse Universiteit van Jerusalem in haar boek meld (From The Rivers Of Babylon):
“the restoration and the subsequent renewal of Jewish community life involved only three tribes: the lay tribes of Judah and Benjamin, and the tribe of Levi.”
Dit sluit natuurlik aan by wat Hosea oor Israel se terugkeer geprofeteer het.
Jes 10:22 Want al was jou volk, o Israel, soos die sand van die see, net ‘n oorblyfsel van hulle sal terugkom; die verdelging is vas besluit en vloei oor van geregtigheid.
Die res van die volk was weggedra en vertrooi soos verskeie profete gewaarsku het gaan gebeur (Deut 28:64, Ezegiël 12:15, Sag 10:9). Hierdie geslaande volk sou God weer terugbring na hom. Nie al die volke in die wêreld nie maar elkeen wat Hy vir homself gevorm het, die werk van sy hande…
Jes 43:6 Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af 7 elkeen ... wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het.... 15 Ek is die HERE, julle Heilige; die Skepper van Israel, julle Koning...
Hierdie volk wat Hy vir homself geskep het sou eendag weer sy lof verkondig.
Jes 43:21 Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal my lof verkondig.
Ware Israeliete
Daar is ‘n geweldige verwarring oor wat die Bybel presies bedoel by ‘n Jood en ‘n Israeliet.
Die handjievol Israeliete wat nog in die beloofde land, in Judea, agtergebly sou hulself gereken het as Judeërs – nakomelinge uit die stam van Juda. Die Messias was gebore uit die stam van Juda. Hy was dus ‘n ware Israeliet uit een van die twaalf stamme naamlik Judah. Maar Hy was ook ‘n Judeër, d.w.s ‘n inwoner van Judea. As gevolg van die proselitiese aard van die Joodse geloof gedurende die tyd van die Messias was Judea deurdreng met Edomiete en ander nie-Israel volke wat die geloof aangeneem het. Hulle sou ook bekend staan as Judeërs.
Die woord “Jood” wat in meeste mense se Bybels gebruik word is ‘n vertaling van die woord Judeër. Dit verwys dus groot en deels na volgeling van ‘n geloof en nie die nakomelinge van ware Israeliete of selfs stamgenote van Juda nie. Vir Romeinse goewerneurs soos Pontius Pilatus was daar nie onderskeid tussen ware Israeliete en proseliete Jode nie en daarom het hy bordtjie bokant die Messias se kop gehang met die woorde “Jesus die Nasarener, die koning van die Jode (Judeërs)”.
Die Messias het as nakomeling van die koningshuis van Juda koningskap ontvang oor God se volk Israel en deur Pilatus het die Romeinse Ryk die Messias gekroon as koning van almal wat beweer om deel van God se uitverkore volk Israel te wees. Maar in die laaste dae gaan God die kaf van die koring skei en sy volk weer bymekkaarmaak. En soos Johannes profeteer gaan God eendag hard oordeel oor hierdie volk…
Open 2:9 ...wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n sinagoge van die Satan.
Daar was baie bekeerlinge tot die Joodse geloof maar daar is en was nog altyd net een volk Israel. So ook vandag is daar baie Christene maar daar is net een volk wat God gekies het om sy eiendomsvolk te wees:
Deut 7:6 Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees.
Jer 46:28 Jy, o my kneg Jakob, wees nie bevrees nie, spreek die HERE, want Ek is met jou. Want Ek sal ‘n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verdryf het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.
Die vraag is nou: Wie was hierdie ware Israelite en die nageslag van Jakob se seuns? Hoe het hulle gelyk en hoe sou hulle verskil van die Edomiete, Kanaaniete en ander volke wat in Judea was tydens die Messias se bediening?
Een van die oudste bronne van Israel se voorkoms kom uit ‘n Tempel in Egipte.
Sover terug as 925v.m. is die suidelike koningkryk van Judah ingeval deur die Egiptenare onder Faro Shishak I (soos beskryf in 1 Konings en 2 Kronieke). Hierdie veldtog is in die Bubasite-portaal van die Karnak-tempel in Egipte uitgebeeld. Binne ‘n ovaal op die muur is elk van die 156 dorpe en stede wat Shoshenq oorwin het gedokumenteer en vergesel van uitbeeldings van geboeide gevangenes. Die Assiroloog, Archibald Henry Sayce, het die volgende gemeld in sy boek Races of the Old Testament:
“The names of the Jewish towns captured by the Egyptian King Soshenk … recorded on the walls of the temple of Karnak are each surmounted with the head and shoulders of a prisoner. Casts have been made of the heads by Sir Flinders Petrie, and the racial type represented by them turns out to be Amorite and not Jewish… It is plain that the Amorite belonged to the blond race. His blue eyes and light hair prove this incontestably. So also does the colour of his skin, when compared with that of other races depicted by the Egyptian artists.”.
Die Israeliete wat in die Tempel uitgebeeld is het Amoritiese trekke gehad. Met ander woorde hulle het ‘n blanke voorkoms gehad ( ligte velle met blond of rooierige hare en sommige blou oë). Die Hyksos, ‘n Semitiese volk wat dele van Egipte regeer het gedurende die Tweede Tussentydperk (ongeveer 1650–1550 vC), word ook soms met ligter hare in Egiptiese kuns uitgebeeld.
Josefus meld dat die Grieke en Judeërs in Judea feitlik dieselfde in voorkoms was behalwe vir die besnyding:
“Wherefore they desired his permission to build them a Gymnasium at Jerusalem. And when he had given them leave, they also hid the circumcision of their genitals, that even when they were naked they might appear to be Greeks. Accordingly, they left off all the customs that belonged to their own country, and imitated the practices of the other nations.” — The Antiquities of the Jews
Die Dertiende Stam
Arthur Koestler se boek, “Die 13de Stam” het in 1976 verskyn en ‘n geweldige groot opskudding onder Joodse historikuste veroorsaak. In hierdie kontroversiële boek het hy die algemeen aanvaarde idee dat moderne Ashkenasi Jode afstam van die ou Israeliete verwerp en geargumenteer dat meeste Oos-Jode, en deur uitbreiding, wêreld-Jode, sy wortels het in Khazaarse Turke – nie in die Semitiese volke van die Middellandse See nie.
Die Jode as ‘n ras word heeltemal verwerp en Koestler maak dit duidelik dat die Jode van vandag eerder as ‘n baster nasie beskou moet word opgemaak uit verskillende ander volke soos die Khazare. Sy idees was egter nie nuut nie en was al voorheen deur figure soos Abraham Poliak en Douglos Morton Dunlop voorgestel.
Die Khazar-ryk, wat van die 7de tot die 11de eeu gefloreer het was geleë in die uitgestrekte gebied vanaf die Wolga-Don-steppe tot by die oostelike Krim en die noordelike Kaukasus. Hierdie magtige koninkryk het ‘n groot gebied noord van die Kaukasus en tussen die noordelike kus van die Swart en Kaspiese See beset. Hulle was ‘n oorlogsugtige volk, bekend vir hul militêre bekwaamheid maar ook hulle brutaliteit en wreedaardigheid. Hulle was gevrees deur hul vyande vir hierdie geweldadigheid asook huulle kreatiewe vermoë om pyn te veroosaak. Die Khazariërs is dikwels deur ander nasies as huursoldate gebruik maar dit was ‘n risiko. Hierdie wrede volk se brutaliteit het soms meer skade gemaak as enige iets anders.
Rondom 740 n.m. het die Khazaarse koning Bulan sy hele volk tot Judaïsme bekeer. Baie ander volke wat destyds onder Khazar-heerskappy was soos die Bulgars, Magyars en Slawiese stamme was ook gedwing om hulle tot hierdie geloof te bekeer. Geleerdes skat dat die Joodse bevolking teen die 16de eeu ongeveer een miljoen bereik het, met die meerderheid van hulle Khazars. Genetiese studies ondersteun verder Koestler se teorie deur te suggereer dat Ashkenazi genetiese samestelling nie Semities is nie.
Die fisiese kenmerke van antieke Grieke uit historiese en literêre bronne wys sterk op ‘n volk wat insluit blonde hare en waarskynlik blou oë. Opmerklike figure soos Alexander die Grote en Dionisius I van Sirakuse is met “ligte” hare beskryf, en ook in ander antieke Griekse tekste, soos dié deur Euripides en Pindar, word dieselfde beskrywing gevind. Terwyl direkte verwysings na blou oë in historiese tekste dalk minder eksplisiet is, dui die kombinasie van helder hare en in die breër konteks van fisiese beskrywings in antieke Griekse literatuur, ook op ‘n neiging tot ligkleurige oë. Ptolemeus II Philadelphus was beskryf met ‘n mooi gelaatskleur wat waarskynlik blou oë insluit het.
Blonde hare en blou oë was natuurlik nie die norm onder die Grieke nie en is ook nie die enigste fisiese trekke van ware blanke europeërs nie. Maar dit is duidelik dat die huidige uitbeelding van antieke Israeliete (veral deur die media) histories geensins korrek is nie. Terwyl die Grieke uit antieke tye ‘n tipiese blanke Europese voorkoms gehad het is die meerherheid Grieke vandag die gevolg van jare lange verbastering met onder andere Turke en verskeie ander nie-blanke volke.
Danaus en Kadmos
Diodorus Sicilus in sy Bibliotheca Historic boek 40 meld:
“In antieke tye is Egipte deur ‘n plaag getref wat wydverspreide lyding veroorsaak het. Die Egiptenare het hul teenspoed geblameer op die teenwoordigheid van vreemdelinge in hul land. Gevolglik het hulle hierdie vreemdelinge uit Egipte verdryf. Hierdie ballinge het noemenswaardige leiers soos Danaus en Kadmos ingesluit, wat daarna nedersettings in Griekeland gestig het. ‘n Ander groep, gelei deur Moses, het hulle in Judea gevestig, waar hulle die stad Jerusalem gestig het… Hulle sê ook dat diegene wat saam met Danaus vanuit Egipte vertrek het, die praktyk het om die oudste stad van Griekeland, Argos, te vestig; en dat diegene wat saam met Kadmos vertrek het, Thebe in Boeotia gevestig het.”
Uit verskeie Griekse litteratuur soos die van Apollodorus, Virgil of Homer word twee figure genoem genaamd Dardanus en Kalchus. Dardanus is eenvoudig ‘n variant van die naam Danaus en Kalchus van Kadmos. Dardanus word beskryf as die stigter van die stad van Troy terwyl Kalchus ,soos Diodorus meld, Thebes in Griekeland gevind het.
In Kronieke is daar ‘n interressante parralel tussen die name Danaus en Kadmos en die seuns van Serag, die seun van Juda en Tamara.
1 Kron 2:6 En die seuns van Serag was: Simri en Etan en Heman en Kalkol (Kalchus) en Dara (Dardanus); almal saam vyf.
Josefus meld in sy Ou Geskiedenis van die Jode dat Salomo wyser was as selfs Kalkol en Dara waar hy laasgenoemde se naam gee as Dardanus.
Dus, dieselfde volk wat hulle uiteindelik gevestig het in Griekeland was deel van dieselfde volk wat Moses gevolg het na Kanaan. Terwyl die meerderheid Israeliete in die beloofde land gevestig sou word het ‘n groepie van hulle onder leiding van Danaus en Kadmos besluit om ‘n nuwe begin êrens anders te maak.
Volgens verskeie antieke skrywers het Kadmos en sy mense weggetrek na Griekeland vanaf die Fenesiese stad Tirus. Tirus was teen die kusstreek noord van Jerusalem geleë en ‘n gewilde hawestad tydens Israel se bestaan.Hulle was uitmuntende seevaarders en baie immigrante het dan ook van hulle gebruik gemaak om weg te trek na gebiede insluitend Griekeland, Siprus, Spanje en noord Afrika.
Met die val van Troy rondom 1180 v.m. het ‘n groep van die inwoners onder leiding van Brutus getrek tot by Malta. Van daaraf het hulle op skepe na Brittanje gereis en ‘n nedersetting gevind met die naam Troia Nova (“Nuwe Troy”). Jare later het die Romeine die naam verander na Londinium wat vandag as Londen bekend staan.
In die Iliad van Homer word Dardanus beskryf as die seun van Zeus. Volgens legende was Zeus die seun van Kronos. Die kerkvader Eusebius, met verwysing na ‘n antieke Fenesiese historikus genaamd Sanchuniathon, meld dat die Fenisiese god Kronos ‘n seun gehad met die naam Ieoud (soms getranslitereer as Yehud of Ieoudos):
“Kronos, whom the Egyptians call Thouth, excelled in wisdom among the Phoenicians …Kronos then, whom the Phoenicians call ISRAEL, who was king of the country and subsequently after his decease was deified as the star Saturn had an only begotten son..called Jehud…he arrayed his son …in royal apparel and sacrificed him”.
Die naam van Kronos se seun (“Ieoud”) het ‘n merkwaardige ooreenkoms met die Hebreeuse woord “Yehuda” of Juda en soos die Messias was hy ook geoffer en uiteindelik verheerlik.
Die Romeine het Kronos Saturnus genoem en hom beskou as die god van die Israeliete in Judea. ‘n Moontlike rede vir hierdie assosiasie was die feit dat die aanhangers van die Joodse geloof in Judea hul sabbat op Saterdag gehou het. Dit is die dag van Saturnus.
Daar is ook baie interressante ooreenkomste tussen die Griekse mites en Bybel verhale. Soos byvoorbeeld die verhale van Herkules en Simson, Pandora en Eva wat beide tot die mens se val gelei het, die verhale van Deucalion en Noag, Prometheus en die slang in Genesis, die Griekse Goue Eeu en die Bybelse tuin van Eden asook vele ander.
Spartane
Daar is ook ‘n merkwaardige historiese verband tussen die Spartane en oud Israel. In die 2de eeu vC het koning Areus van Sparta ‘n brief geskryf aan Onias, wat toe die Hoëpriester in Judea was. In hierdie brief het hy die Spartane se verbintenis as mede-afstammelinge van Abraham uitgelig.
Die Spartane, wat ook as Lacedemoniërs bekend was, het aan die Doriese Grieke behoort wat afkomstig was van die stad Dor in die stamgebied van Manasse (Israel) – vandaar die term Dorian. Hierdie historiese band het hul gedeelde afkoms met Abraham aangedui, wat ‘n gevoel van verwantskap aangemoedig het.
Die boodskap van Areus aan Onias, soos genoem in 1 Makkabeërs 12:20-23, gaan iets soos volg:
“Areus, koning van die Lacedemoniërs, aan Onias, die hoëpriester, met groete: Daar is skriftelik gevind dat die Lacedemoniërs en Jode broers is en dat hulle uit die geslag van Abraham is; doen goed om aan ons van u voorspoed te skryf. 2 Ons skryf weer aan julle terug dat julle vee en goed ons s’n is, en ons s’n is julle s’n. Daarom beveel ons ons gesante om hieroor aan julle verslag te doen.”
Tydens die Exodus uit Egipte het Israel ‘n groot deel van hulle stamgenote verloor, hoofsaaklik deur groepe wat weggebreek het. Verskeie van die groepe Israeliete het oor die see (vanaf stede soos Dor) getrek na nuwe kolonies waarvan sommige ‘n militere stadstaat gestig het. Onder hulle was die stam van Simeon wat saam met Levi deur Jakob beskryf het as “werktuie van geweld”:
Gen 49:5 Símeon en Levi is broers. Hulle wapens is werktuie van geweld. 6 Laat my siel nie kom in hulle raad nie, laat my eer nie eens wees met hulle vergadering nie. Want in hul toorn het hulle manne doodgeslaan, en in hulle moedswilligheid het hulle beeste vermink.
Die Spartane, bekend vir hul uitsonderlike militêre bekwaamheid, het ‘n uitsonderlike reputasie in antieke Griekeland gehad. Hierdie vegter-burgers van Sparta, wat berug is vir hul streng lewenswyse, het van jongs af streng opleiding ondergaan, wat nie net fisiese krag nie maar ook sterk geestelike eienskappe ontwikkel het. Die agoge, ‘n staatsgedrewe onderwysstelsel, het dissipline, gevegsvaardighede en onwrikbare lojaliteit aan die stadstaat by elke burger gevorm. Die Spartane se militêre mag was veral openbaar in hul sogenaamde falanksformasie, ‘n formidabele skildmuur wat bygedra het tot hul sukses op die slagveld. Hierdie toewyding aan militêre uitnemendheid en die veeleisende opvoeding van sy burgers het ‘n reputasie vir die Spartane gesmee as een van die mees formidabele magte van hul tyd.
Die Spartane word erken vir hul onderhouding van nuwemane, wat lyk soos die Israelitiese tradisie, en ook vir hul eerbied vir die sewende dag van die maand. Steven Collins, ‘n skrywer wat in die Simeon-as-Sparta-teorie delf, beweer dat hierdie praktyk ‘n afwyking kan wees van die aanbidding wat op die sewende dag van die week waargeneem word. Historiese bewyse dui verder daarop dat die Spartane ook eerbied gehad het vir ‘n “groot wetgewer” uit hul antieke geskiedenis wat moontlik na Moses verwys.
Daar was heelwat ooreenkomste in die benadering tot wetgewing tussen Lycurgus en Moses. Beide het blywende regstelsels gevestig wat die bevolking in stamme verdeel het asook ouderlings rade wat gehelp het met besluitneming. Volksidenteit en behoud was vir beide Moses en Lycurgus van absolute belang. Vir Israel was hierdie identieit gesentreer rondom hul ras terwyl dit vir die Spartane hoofsaaklik kultureel was. Plutarch meld dat Lycurgus nie die Spartane toegelaat het om in die buiteland te woon of buitelanders toe te laat in die stad nie “want saam met vreemde mense moet vreemde leerstellings inkom; en nuwe leerstellings bring nuwe besluite, waaruit daar baie gevoelens en besluite moet ontstaan wat die harmonie van die bestaande politieke bestel vernietig.”
Exo 34:12 Neem jou in ag dat jy geen verbond sluit met die inwoner van die land waarin jy kom nie; sodat hy nie miskien ‘n strik by jou word nie. ... Sluit tog nie ‘n verbond met die inwoner van die land nie! As hulle agter hulle gode aan hoereer en aan hulle gode offer, sal hy jou uitnooi, en jy sal van sy offer eet; 16 en jy sal van sy dogters neem vir jou seuns, en sy dogters sal agter hulle gode aan hoereer en jou seuns agter hulle gode aan laat hoereer.
Kimmiërs
In die 19de eeu het Sir Henry Layard se opgrawings in die stad Kalah in Irak die eerste vewysing opgelewer na ‘n volk bekend as die Khumri (Kimmiërs). Volgens inskripsies was hierdie volk oorspronklik deur die Assiriers oorwin en gedeporteer na ‘n spesifieke gebeid om as ‘n buffer te dien teen ander koninkryke – soortgelyk aan wat met Israel egebeur het.
Die Kimmiërs was ‘n nomadiese volk wat bekend was vir hulle strydlustige gees en vir ‘n tyd lank ‘n geweldige bedreiging was vir verskeie antieke koninkryke. Die huidige konsenus is dat die Kimmiërs skielik tussen die 8ste en 9de eeu op die plato gebied noord van die Kaukasiese berge tussen die swart- en kaspeise see verskyn het. Hul noordelike grens was moontlik die Volga rivier. Uiteindelik is hulle in Europa uitegedryf en geassimileer met die Skittiërs. Daar is geweldig baie ooreenkomste tussen die Skittiërs en Kimmiërs wat verskeie navorsers tot die gevolgtrekking laat kom dat die twee volksgroepe moontlik dieselfde oorsprong gehad het.
Hulle word vandag nog beskou as een van die grootste en magtigste nomadies stamme in die antieke tyd. Geen geskrewe rekord het van hulle agtergebly nie so meeste historiese bronne is afkomstig van ou Assiriese opnames asook latere Grieks-Romeinse skrywers soos Herodotus.
Die eerste melding van die Kimmiërs word gevind in Assiriese kleitabelette uit die tyd van Ashurbanipal. Die Assiriers noem hulle die Gimirrai, Gimirraaa en Gameraa terwyl hulle in die Akkadiese tekste genoem is die Gimiraia. Huidige navorsers is nog onseker oor die oorsprong of betekenis van die naam. Daar word beweer dat die naam kan beteken “mense wat heen en weer reis” maar dis spekulatief.
‘n Ander moontlikheid is dat die naam dalk afkomstig is uit vroeë korrespondensies tussen die Assiriers en Israel. Op die Swart Obelisk van Salmaneser (in die Britse Museum) word die Israeliete genoem die “Beth-Khumri” wat beteken Huis van Omri. Dit verwys na die goddelose koning Omri uit oud-Israel. In die Bible Research Handbook word dan ook gemeld dat:
“The name ‘Gimiri’ …is phonetically close to ‘Khumri’, the name by which the Ten Tribes were known to the Assyrians”
Teen die 7de eeu voor Christus het ‘n groot deel van die Assiriese ryk Aramees begin gebruik as ‘n belangrike administratiewe en handelstaal. In hierdie tydperk het die naam “Bit-Humri” of “Khomri” geleidelik begin verander na vorme soos “Gimirrai” of “Gimiraaa” in Assiriese en Babiloniese geskrifte. Israel het teen daardie tydperk reeds sy onafhanklikheid verloor, en die verspreiding en ballingskap van die Israelitiese bevolking het waarskynlik bygedra tot ‘n proses van kulturele en identiteitsveranderinge onder die ballinge.
Daar was nie vreeslik verskil tussen tussen Assiries en Babilonies nie. Dit kan vergelyk word met die verskil tussen Nederlands en Afrikaans of Spaans en Portugees. Die Assiriërs het byvoorbeeld hulle hoofstad genoem Assur terwyl dit in die Babiloniese tekste Ashur genoem is. Die bekende stad Babylon was weer in Assiriese tekste genoem Babilu.
Interressant dat die Assiriërs ook verwys het na die Gimiraaa as “weggewerptes” of die “verwerptes”. Ons lees in Amos 4:3
Amo 4:3 En julle sal deur bresse in die muur uittrek, elkeen sonder om weg te kyk, en julle sal weggewerp word na Harmon, spreek die Here HERE.
In Hosea lees ons hoe die profeet opdrag van God gekry het om ‘n “hoervrou” te neem genaamd Gomer:
Hosea 1:2 ...Gaan heen, neem vir jou ‘n hoervrou en hoerkinders; want die land het grootliks owerspel bedrywe deur van die HERE afvallig te word. 3 Toe het hy gegaan en Gomer, die dogter van Diblaim, geneem; en sy het swanger geword en vir hom ‘n seun gebaar.
In die Cambridge Ancient History Vol. II word genoem dat die naam Gomer verwys na die Kimmiër volk wat onder die Assiriërs die Gimmerai genoem is.
In teenstelling met kontemporêre historikuste beskryf Assiriese inskripsies die woonplek van die Kimmiërs (Gimirrai) as noord-wes van die Urmia meer op die uithoeke van die Mannae gebergte slegs 14 jaar na die ballingskap van Israel! Mannae was een van die plekke waarheen groot getalle Israeliete gedeporteer is. ‘n Assiriese inskripsie lees:
“Die Gimirrai het uit die midde van Mannae gekom…”
Die Urmia meer is geleë suid en wes van die Kaspiese see. Hierdie Kimmiër Israeliete is deur verskeie oorloë en anneksasies geforseer om noorde toe te trek en uiteindelik ‘n magtige volk te raak noord van die swartsee.
In Homer se Odyssey word die land van die Kimmiërs beskryf as aan die einde van die wêreld voor die poorte van die onderwêreld:
“…maar toe die son gesak het en die donkerte oor die hele aarde was het ons in die diep waters van die Oseanus gekom, waar die land en stad van die Kimmiërs is waar hulle in donkerte omhul leef en waar die son se strale nooit deurbreek nie…
Verskeie ander Griekse skrywers het ook die land van die Kimmiërs beskryf as ‘n plek van duisternis.
Jes 9:2 Die volk wat in duisternis wandel, het ‘n groot lig gesien; die wat woon in die land van die doodskaduwee, oor hulle het ‘n lig geskyn. 3 U het die nasie vermenigvuldig, hulle vreugde groot gemaak; hulle is vrolik voor u aangesig soos iemand vrolik is in die oestyd, soos iemand juig as die buit verdeel word.
In Esegiël 37 word ‘n visioen beskryf van ‘n vallei vol doodsbeendere. Die bene simboliseer Israeliete, ‘n volk wat deur God verlaat is en in ballingskap woon. Esegiel sien dan hoe die bene met vlees oortrek word en hoe Israel soos een magtige volk weer opstaan. Dit verwys na die Israel se toekomstige herstel en genesing en is uiteindelik vervul in die miljoene Europese Israeliete wat deur die eeue soos ‘n groot leër vir die Christendom opgestaan het. Onder geen ander nasie vandag, nie onder die oosterlinge, die arabiere of selfs die “jode” is hierdie gesig met soveel oortuiging vervul nie.
In die apokriwe boek van Esdas hoofstuk 13 word ‘n visioen van Esdras vir hom uitgelê waarin hy sien hoe God se volk uit die land van hul gevangeskap wegtrek oor die Eufraat rivier tot in die hoogland gebiede suid van die Kaukasiese berge. Een van die balangrikste roetes oor die plato gebied tot by die Kaukasiese gebergtes loop deur ‘n stad genaamd Tibilisi. Daar is ‘n ou legende wat praat van Israeliete wat deur die gebied getrek het na die noorde. Sommige het hulself in die gebied gevesig.
Die Pas van Israel
Kolonel Reginald G. Pearce het gedien as die vertroulike sekretaris van die Noord-Kaukasiese Oliemaatskappy in Grozny, waar hy onder andere geleer het om Russies te praat. Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog is hy na Rusland ontplooi, waar hy aan die Don Kosakke toegewys is vir militêre intelligensie-operasies, en uiteindelik die rang van kolonel behaal het. Sy uitgebreide ervaring in samewerking met Russe het hom ongeëwenaarde toegang en begrip van hierdie deurslaggewende streek gebied. In sy 1937-artikel getiteld “The Pass of Israel,” gepubliseer in The National Message, het Pearce sy insigte en waarnemings gedeel.
Kolonel Pearse, wat voorheen geen kennis gehad het oor die verlore stamme of herkoms van Israel nie het ‘n artikel geskryf wat sy reise deur die Kaukasiese berge beskryf. Hy vertel van sy reise langs die Georgian Roete, waarna in inheemse legende verwys word as “The Pas van Israel”, ‘n moderne snelweg met spore van sy waspoor oorsprong. Pearse beskryf die moeilike roete wat die Israeliete van die Tien Stamme waarskynlik van Guta in Media na Arsareth geneem het n uiteindelik die formidabele Kaukasus-reeks oorgesteek het.
Die deurgang deur ruwe terrein en diep klowe het aansienlike uitdagings gestel. Toe hulle na Europa afgekom het, het hulle landmerke soos die berg “Sion” en die piek van Kazbek teëgekom. Daar is ook ‘n dorpie genaamd Sioni en is geleë net noord van die bekende antieke stad Tibilisie in Georgia. Die reis het ‘n hoogtepunt bereik by Vladikavkas, wat verhale in historiese tekste soos die Boek van Esdras weerspieël, wat ‘n deurslaggewende hoofstuk in Israel se migrasie van ‘n jaar en ‘n half na die land Arsareth aandui.
The Pass Of Israel, by Colonel R.G. Pearse, The National Message, October 23, 1937, p. 676
It has been my good fortune, upon several occasions, to travel through the Caucasian Mountains, taking the route of the Georgian Road. This is one of the two highways through the mountains from south to north – the other being but a mule-track – and, although now a wonderfully engineered road, is known in native legendary and song as “The Pass of Israel.” It was constructed as a modern highway in about 1856, but still shews traces of its former characteristics as a wagon track.
When Israel of the Ten Tribes were faced with their journey from Guta, in Media, to Arsareth, they had to travel through the mighty Caucasian range by this, the only, way for a large concourse of people. It must be realized that these mountains extend for hundreds of miles, and average, throughout their whole length, over 10,000 feet in height….
Having passed successfully over this, the real ridge of the Pass, Israel were faced with the descent into Europe. Although not so precipitous as the ascent from Mlete, it took them through some very stark and rocky ravines, from end to end of which ran another great river emptying itself in the northern portion of the Caspian Sea.
On the way down they would leave behind them the mountain named “Zion” – a mountain which as always been known as such, and which has given its name to a village now situated in the Pass.
Hierdie stelelmatige volksverhuising na die Noorde het Israel verder en verder laat wegbeweeg van die land van haar oorsprong en verstrengel in haar eie goddeloosheid en die volke rondom haar het Israel feitlik direk na die ballingskap haar identiteit begin verloor.
Hos 1:9 En Hy het gesê: Noem hom Lo-Ammi, want julle is nie my volk nie, en Ek sal nie julle s’n wees nie.
Maar sy was nie totaal vernietig nie, slegs gestraf.
Die Assiriers het die Israelitiese en ander gedeoprteerde volke ‘n mate van selfstandigheid toegelaat om sodoende vir hulle eie woonplek en grond te veg sonder dat die Assiriers die koste en tyd self moes aangaan. Die meerderheid ballinge was dus nie as slawe behandel nie maar het ‘n groot mate van vryheid geniet en oor die jare kon hulle getalle stelselmatig toegeneem. Hulle was egter steeds, soos enige vasale staat, skatpligtig aan die Assiriërs.
Uit verskeie Assiriese verslae word die gedeporteerde Kimmiriër of Simmiriër Israeliete beskryf as ‘n vry en relatief onafhanklik volk wat stede bewoon, boerdery beoefen en selfs ‘n staande weermag gehad het.
SIMEREEN?
Volgens die Oxford English dictionary asook Webster’s New World Dictionary word die naam Kimmiër (Cemerean) uitgespreek as ‘səˈmerēən of Si-mer-e-en. Die woord Simereen kan moontlik ook ‘n afleiding wees van die woord Samaria — die hoofstad van Israel se Noordryk.
In die tyd van die Messias was die Samaritane, Israeliete vanuit die noordryk, beskou as ‘n goddelose en uitgebasterde volk. Maar in verskeie gelykenisse en interaksies van die Messias het hy hierdie algemene opvatting weerspreek. Daar is byvoorbeeld die vrou by die waterput van Jakob en die gelykenis van die barmhartige Samaritaan wat beide sleutels is tot die herkoms en aard van die verlore skape van Israel. Die Kimmiërs of Simereane was dus niks moontlik anders as “Samaritane” nie – Israeliete van die noodryk wat in verstrooing was.
In die onstuimige tyd tussen die val van Assirier en die opkoms van die Babiloniese ryk het die Kimmiriër se getalle toegeneem. Mettertyd het hulle nuwe grondgebied gesoek en noord en wes rondom die Swartsee uitgebrei asook weswaartse in Klein Asie. Hier het hulle gebiede geplunder soos die koninkryke van Phrygia en Lydia asook verskeie Griekse kolonies. Die Grieke het hulle die Kimmerioi (Kimmiriër) genoem. Sommige van die Israel Kimmiriërs het teen 600 v.m. deur die Darielpas oor die Kaukasiese gebergtes getrek en uiteindelik gevestig in ‘n gebied genaamd Arzareth aan die suide van Rusland.
Maar na slegs ‘n paar honderd jaar is hulle weereens opgeneem onder ‘n nuwe naam en kultuur. Op ‘n Antieke rots inskripsie sowat 100 km suid van Tehran word ‘n volk genoem wat deel uitgemaak het van ‘n massiewe migrasie van tien duisende en miljoene mense wat oor honderde jare uit die gebiede tussen die swart en kaspiese see na sentraal Europa verhuis het. Die Grieke het hulle genoem die Skuthae, en kan beskou word as die eerste kultuur en volksgroep wat die belofte aan Abraham werklik in vervulling sou bring.
Die sleutel tussen die vroeeë Israel ballinge en hierdie groot en magtige volk kan gevind word op ‘n rots inskripsie in die Kermanshah privinsie van Iran, die sogenaamde Behustun rots. Die rots, ook bekend as Bisotun, is ‘n enorme kalkrots wat op ‘n steil bergwand langs die antieke handelsroete tussen Mesopotamië en Persië geleë is. Dit is beroemd vir sy inskripsies wat in drie tale (Oud-Persees, Elamities, en Babylonies) geskryf is en ‘n belangrike rol gespeel het in die ontsyfering van hierdie ou tale en die geskiedenis van die antieke wêreld.
Die rots is in 1835 deur die Britse ontdekkingsreisiger en argeoloog Sir Henry Rawlinson opnuut ontdek en ontsyfer. Rawlinson het teen die steil rotswant opgeklim om kopieë van die inskripsies te maak met latex. Hy was een van die eerste wat die ou Perse taal ontsyfer het, wat bygedra het tot ‘n beter begrip van die Achaemenidiese Ryk.
Rawlinson en sy span het die inskripsies op die Behistun-rots ontsyfer en geïdentifiseer dat die volk bekend as die “Sak” in die Oud-Perse inskripsie dieselfde was as die “Gimiri” in die Babyloniese inskripsie. Hierdie volk was ook bekend as die “Sacae” in antieke Griekse geskrifte. Rawlinson het ‘n gevolgtrekking gemaak dat die Sakae, wat op die Behistun-rots genoem word, dieselfde kan wees as die Cimmerians, gebaseer op die fonetiese ooreenkomste en historiese kontekste van die tyd.In ‘n nota van sy vertaling van Herodotus (Boek VII) het Rawlinson die volgende gemeld op bl.378:
“We have reasonable grounds for regarding the Gimirri, or Cimmerians, who first appeared on the confines of Assyria and Media in the seventh century B.C., and the Sacae of the Behistun Rock, nearly two centuries later, as identical with the Beth-Khumree of Samaria, or the Ten Tribes of the House of Israel.”
Rawlinson het gevind dat die naam “Sakae” en “Gimiri” ooreenkomste getoon het in verskillende antieke tale. Daarmee saam was daar die oorvlueling van die Cimmerians en Sakae se migrasiepatrone en historiese verslae wat die gevolgtrekking ondersteun het dat hierdie twee volke moontlik een en dieselfde was of sterk verwant was.
Sergei Tokhtas’ev meld ook in in sy Cimmerians – Encyclopædia Iranica (1991) dat die Cimmerians nie argeologies van die Scythians onderskei kan word nie. Dit beteken dat daar geen duidelike materiële kultuurverskille tussen hierdie twee groepe gevind is nie. Die mense van Mesopotamië het die Cimmerians en Scythians as ‘n enkele kulturele en ekonomiese groep gesien. In Neo-Babiloniese tekste, en moontlik ook in sommige Assiriese tekste geskryf in die Babiloniese dialek, word die terme “Gimirri” en soortgelyke vorme gebruik om beide die Scythians en die Sentraal-Asiatiese Saka aan te dui.
Pingback: Die Verlore Skape van Israel - Deel I - Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg