Wêreldwye waansin…

Kyk ‘n mens na die gebeure wat daagsliks rondom ons en op die verskillende TV-nuuskanale afspeel, dan kry mens die aaklige gevoel dat ‘n wêreldwye waansin die mensdom beetgepak het.

Die Internet-kommentator George King, skryf hieroor: “Die wêreld bevind hom in ‘n krisis; rampe tref ons om elke hoek en draai. Stortreëns verwoes landerye en huise; aardverskuiwings laat duisende sterf; groot gebiede word deur versengende droogtes geteister; weerlig en brandstigters steek droë gras en bosse aan die brand en alle weiding word verteer; daar is oral waterskaarste, terwyl die beskikbare water elke dag deur die storting van afvalstowwe besoedel en vergiftig word.”

Intussen sit die nasies nie stil nie; as dit nie die een is wat die swaard teen die ander trek nie, is dit broer wat broer slag; ‘n man en vrou wat mekaar aan die keel gryp; ‘n kind wat teen sy ouers opstaan; verwoestende tornado’s wat oor die land hardloop; tsoenami’s en vloede wat alles voor hulle platvee; staan die hemel in gloed van duisende veldbranbde; vergaan kontinente van ellende en hongersnood, kleef die pes ons aan, en maak die brandkoring, heuningdou, sprinkane en kaalvreters ons in die poorte benoud…

En voor ons oë word die Messias se profesie hieroor bewaarheid: Dit sal erger wees as toe Noag dag na dag aan sy ark gesaag en getimmer het!

In hierdie laaste van dae klink Satan se rasende woede-uitbarstings ook al hoe meer na die gebrul van ‘n pootseer leeu wat weet die Jagter het sy spoor gesny en dat Hy hom binnekort gaan plattrek.

Onder die miljarde aardbewoners, is dit nog net ‘n klein handjievol wat aan die Jagter se uitgesoekte Jaggeselskap behoort ― want hulle het al lank, lank gelede gehoor hoe Hy van die einde van die aarde af vir hulle gefluit het (Jes. 5:26).

Maar in die wêreld is daar nog ses, ja, sewe benoudhede wat vir ons voorlê:

bricks - blog

Spyker in dollar doodkis

Barak Obama probeer hard om die Europese Unie so ver te kry om ekonomiese sanksies teen Rusland in te stel oor die Oekraïne-krisis, maar dit lyk nie asof hulle wil byt nie. Angela Merkel het onlangs die Amerikaanse CIA in Duitsland aangesê om hulle goed te pak en dieselfde dag te trap. Sy is duidelik nie van plan om haar samewerking te gee nie, want daar is sowat 3 000 Duitse besighede in Rusland wat nagenoeg 300 000 werksgeleenthede aan Duitsers verskaf

Sy en Poetin het glo juis geheime samesprekings gehad om blykbaar hulle steun aan die dollar te onttrek. Verder het Merkel ook bevestig dat sy by Poetin staan wat betref die insluiting van die Krim by Rusland en dat sy haar invloed sal gebruik om die Oekraïne-regering so ver te kry om sy geweld teen die Krim te staak. Duitsland is grootliks afhanklik van Rusland vir sy gasbehoeftes.

Die Bricks-lande het onlangs in Brasilië byeengekom oor die skepping van ‘n nuwe ontwikkelingsbank met ‘n kapitaal van $100 miljard dollar en ‘n reserwe kapitaal van nog ‘n $100 miljard. Daar was ook sprake van ‘n eie Bricks-geldeenheid ― voorlopig genoem die Brico. Op Russia Today is gemeld dat dit moontlik ook die rede is waarom Kiëf, op aandrang van die VSA, die Maleisiese vliegtuig afgeskiet het, om Rusland en China by ‘n Midde-Oosterse konflik te betrek voordat die nuwe Bricks-geldeenheid die lig sien, want sou dit gebeur, sal dit die finale spyker in Amerika se dollar-doodkis wees!

Uit die binnekring van die VSA se Federale Reserwebank doen gerugte die ronde dat die Amerikaanse Sentrale Bank nou enige dag in duie kan stort en dat net ‘n Derde Wêreldoorlog dit kan verhoed. Daarom is Obama so oorgretig om dié oorlog aan die gang te kry. Die voorsitter van die VSA se Gesamentlike Stafhoof, genl Martin Dempsey, het reeds voorbrand hiervoor gemaak deur Poetin daarvan te beskuldig dat hy “die vuur in Oos-Europa (die Oekraïne) aangesteek het en dat dit nog wêreldwyd gaan uitkring”. Ook ‘n gewese direkteur van die CIA, Michael Hayden, beweer dat “Poetin ‘n vuur aangesteek wat hy nie weer sal kan blus nie”.

Andrej Illarionow, ‘n gewese hoofgesant van Poetin het hom gewaarsku Obma wag net vir die “regte datum” om die oorlog aan die gang te sit. Wat bedoel word met die “regte datum” lê dalk in die geskiedenis van 100 jaar gelede opgesluit.

Want op dag en datum na het die wêreld presies ‘n eeu gelede voor ‘n soortgelyke krisis gestaan na die moord op Franz Ferdinand. Op 29 Julie daardie jaar begin Rusland sy magte mobiliseer, en die volgende dag doen Duitsland dieselfde, maar hy gee Rusland terselfdertyd 48 uur om te demobiliseer. Rusland weier en op 1 Aug. 1914 breek die Eerste Wêreldoorlog uit.

Die geskiedenis word herhaal

Hierdie keer is dit egter nie Duitsland nie, dog Amerika wat Rusland gewaarsku het oor sy mobilisasie op die grens van die Oekraïne. Maar nadat die VSA twee Minuteman-interkontinentale ballistiese projektiele afgevuur het, antwoord, Poetin op 30 Julie deur die gevreesde “Dooie Hand”-bevel (Dead Hand order) uit te reik.

Die “Dooie Hand”-bevel is ‘n Koue Oorlog-era kontrolesisteem wat deur die Sowjetunie ontwikkel is en beheer word vanuit ‘n massiewe hoogsgeheime ondergrondse militêre stad by Mount Jamantau in die Republiek van Baskortostan.

Hierdie kontrolesisteem is daartoe in staat om die Russiese interkontinentale ballistiese missiele outomaties af te vuur indien ‘n kernaanval deur seismiese radioaktiewe oorbeligte sensors opgespoor word. Onder normale omstandighede is die sisteem afgeskakel, maar nou is dit vir die eerste keer sedert 26 September 1983 weer geaktiveer om die ICBM-missiele af te vuur!

Obama se Plan vir ‘n wêreldkonflik het in 2011 alle erns begin toe die VSA in ‘n oorlog met kol. Muammar Gaddafi van Libië betrokke geraak het, met die verskoning dat Amerika dit aan die mense van Libië verskuldig is om hulle uit die kloue van ‘n wrede tiran te bevry deur die mag aan ‘n “beskaafde demokratiese regering” te oorhandig.

Bevryding van Libië

Die dag toe Gaddafi in die openbaar tereggestel is, het Obama op ‘n perskonferensie gesê: “Ons kan nou die mag van Amerikaanse leierskap dwarsoor die wêreld sien. Ons het die Al-Kaïda-leiers (Gaddafi en sy sekondate) uitgehaal. Ons is besig om ons oorlog in Irak af te sluit en ‘n oorgangsregering in Afganistan daar te stel. En nou werk ons saam met “vriende en bondgenote” in Libië…”

Maar skaars drie jaar na Libië se “bevryding”, word die Amerikaanse Ambassadeur in Libië nie net deur sy sogenaamde “vriende en bondgenote” vermoor nie, maar was Amerika ook verplig om sy Ambassade in Tripoli sluit en halsoorkop op die vlug te slaan.

Dit lyk egter nie of Amerika ooit uit sy foute gaan leer nie, want hy doen vandag presies dieselfde in die Oekraïne, en dat hy hierdie keer ‘n nog groter bloedneus gaan kry, is verseker.

ebola - blog

Die pes sal jou verteer

In November verlede jaar het die dodelikste kiem wat aan die mensdom bekend is, die Ebola-virus, weer vanuit sy onbekende tuiste in die woude van Sentraal-Afrika in Uganda te voorskyn gekom en nege uit elke tien mense wat daardeur besmet is, doodgemaak.

Simptome van Ebola sluit in koors, gewrigspyn, diarree, vomering, uitslag en rooi oë. Die helfte van die pasiënte het ook interne en eksterne bloeding.

Een van die wêreld se grootste Ebola-kenners, dr. Kent Brantly (33), ʼn dokter van Amerika wat in Liberië met Ebola-pasiënte gewerk het, het self die siekte opgedoen en volgens ‘n kollega is hy op die oomblik “swak en baie siek”. Dr. Brantly het nooit sonder beskermde klere pasiënte behandel nie. Daar is dus min twyfel dat die Ebola-virus sedert 1976 gemuteer het en nou nie meer net met liggaamsvloeistowwe oorgedra word nie, maar ook lug langs kan beweeg. Brantly is met Ebola besmet toe hy pasiënte in Monrovië, die hoofstad van Liberië, behandel het.

Vier lande is reeds besmet en van die 1 330 pasiënte wat Ebola gekry het, het al 729 gesterf. Die jongste geval was ‘n passasier op ‘n vliegtuie wat in Nigerië geland het. Hy is drie dae later dood. Geeneen van die ander passasiers is ondersoek nie en hulle het onder die 21 miljoen Nigeriese inwoners verdwyn.

Dit lyk nie asof die verspreiding van Ebola meer gestuit kan word nie, want die swartes van Wes-Afrika is oortuig daarvan dat die siekte deur blanke Westerlinge onder hulle versprei is om hulle uit te wis. Hulle sê die dorpe wat onder kwarantyn geplaas is, word oorgegee aan “bose magte” wat net “verbreek” kan word deur ongesiens (en veral in die nag) na ander gebiede uit te beweeg. Hierdie wantroue hou ook verband met die Afrika-kultuur en tradisionele gebruike rondom siekes en gestorwenes.

Dr. Bart Janssens, die direkteur van operasies vir Dokters Sonder Grense sê sy mediese span word in meer as 20 dorpe in Guinee glad nie meer toegelaat nie, omdat die inwoners nie die blankes vertrou nie. Talle Ebola-gevalle word ook nie aangemeld nie. Sangomas word eerder ingeroep om die siekes met tradisionele ritusse en gebruike te behandel. Dit sluit o.a. in bloedlating, handoplegging en die aanroep van die voorvadergeeste terwyl die Sangoma die sieke se liggaam ritmies streel en kus. Maar sou die slagoffer tog te sterwe kom, is dit die familie se plig om die liggaam te was, te klee en voor te berei vir sy vertrek na die voorvadergeeste.

Om dus te verhoed dat die blanke mediese personeel iemand wat aan Ebola sterf, sommer dadelik in ‘n lyksak verseël en so gou moontlik te begrawe, word Ebola-gevalle geheim gehou en begrawe gesinslede die dooies self in hul agterplase.

Die Zuma-regering laat nou alle passasiers op vlugte uit Wes-Afrika monitor vir koors, ens., maar hulle vergeet van die duisende wat elke dag vrylik oor ons noordelike grense die land binnestroom op pad na Soweto!

Hoe lank nog voordat Siener se profesie van ‘n maagpes in Johannesburg (Soweto?) met sy byna 15 miljoen swartes gaan tref? En is Ebola nie dalk ook sy “groot besem” wat die ashoop van sedelike verval van die aarde af kom wegvee nie? Die Bybel praat ook daarvan: “En Ek sal dit ‘n besitting maak van krimpvarkies en tot waterplasse; en Ek sal dit wegvee met die besem van verdelging…”

jew hate - blog

Die haat vir Edom

Die profeet Maleagi het die volgende onheilsboodskap oor Edom (die Jood) se toekoms uitgespreek: “As Edom sê: Ons is wel verwoes, maar ons sal die puinhope weer opbou — dan sê die HERE van die leërskare dit: Laat hulle bou, Ek breek dit tog af; en die mense sal hulle noem: Grondgebied van goddeloosheid, en: Die volk waarop die HERE vertoornd is tot in ewigheid!”

Hierdie profesie word in ons dag, wetend of onwetend, deur die ganse wêreld ter harte geneem, en die rede daarvoor is die Jode se arrogansie, eiegeregtigheid, valse aansprake oor hul herkoms, maar veral weens hul onmenslike, wrede uitwissing van burgerlikes in die Gaza-strook. Die wêreld is só “vertoornd” op Edom dat daar oraloor teen hulle opstande woed. Die Israelistaat word ook uitgekryt as ‘n plek van “goddeloosheid”.

Op Maandag 27 Julie het die Israeli Knesset (die Joodse nasionale vergadering) juis ‘n noodvergadering gehou om die “stygende golf van gewelddadige anti-Semitiese en anti-Israeliese betoging dwarsoor Europa” te bespreek.”

Daar is o.a, gesê dat Jode in Europa in so ‘n benoudheid lewe dat hulle hulself vermom as hulle hul huise moet verlaat. Die meerderheid vrees dat hulle ‘n “tweede Holocaust” in die gesig staar. Tien duisende Jode in Europa en self hier in SA het reeds alles agtergelaat en na Palestina gevlug. In Frankryk alleen het 3 000 padgegee. ‘n Opname deur die EU het verlede jaar getoon dat Europeërs die Jode nie kan verdra nie en dat dit die rede is waarom meer as ‘n derde Europese Jode dit oorweeg om te emmigreer.

Om dit en Maleagi se profesie van ‘n “Grondgebied van goddeloosheid” te verstaan, hoef ons net te luister na wat Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu oor Hamas te sê het:

“Aan Ismail Haniya en die ander leiers en werkers van Hamas―

“Ons, die volk van Israel, is groot dankbaarheid aan julle verskuldig. Julle het geslaag waar ons gefaal het. Want nooit tevore in die geskiedenis van die moderne staat van Israel was die Joodse volk só verenig nie, soos een persoon met een hart. Julle het drie van ons kosbaarste kinders gesteel en hulle koelbloedig geslag. Maar voordat ons die ontsettende waarheid kon ontdek, het ons 18 dae gehad van pyn en bekommernis, terwyl ons na hulle gesoek het, waartydens ons volk verenig is soos nog nooit tevore nie, in gebed, in hoop in wedersydse steun.

“En nou, terwyl julle voortgaan om dodelike missiele blindelings op ons af te vuur, met die doel om soveel moontlik burgerlikes te vermink en te vermoor, terwyl julle lafhartig agter julle burgerlikes skuil ― gaan julle voort om ons te inspireer om sterk te staan in ons nuutgevonde eenheid. Watter verskille ons Jode ook al met mekaar mag hê, ons weet nou dat ons een gemeenskaplike doel het: ons sal julle verslaan. (Net soos Kain is hy ook ‘n mensemoordenaar van die begin af).

“Maar ons bied julle een laaste kans. Binne 24 uur moet alle afvuur van vuurpyle – en ek bedoel alle vuurpyle – ophou. Heeltemal. Vir altyd.

“Ek gee julle formeel kennis dat ons tenks saamgetrek is op die Gaza-grens, gereed met artillerie en lugsteun. Ons het alreeds pamflette uitgestrooi oor die noordelike dele van die Gaza-strook, waarin ons burgerlikes waarsku oor ons naderende bedreiging, en dat hulle onverwyld suidwaarts behoort te ontruim. As julle nie daarin slaag om ons ultimatum na te kom nie, sal ons in kom en, met Gods hulp, sal ons nie hierdie keer weer weggaan nie. Elkle sentimeter grond wat ons verower, sal vir Israel geannekseer word sodat daar nooit weer ‘n aanval geloods kan word op ons burgerlikes van hier nie.

Nogtans sal ons die deur oophou sodat julle toegelaat kan word om met grasie oor te gee. Die oomblik wat julle aankondig dat julle die wapen neerlê, sal ons ons opmars staak en daar sal ons ons nuwe grense trek. As julle voortgaan om ons burgerlikes aan te val, sal ons voortgaan om suidwaarts op te ruk en julle uit te dryf uit ‘n gebied wat julle nooit weer sal kan besmet met julle bose teenwoordigheid nie!”

(Die Edomiet het net nagelaat om te noem dat Israelise soldate self die drie “kosbare kinders” geslag het, en dat hulle eintlike doel met hierdie volksmoord is om die reuse-olie fonds aan die kus van Gaza in te palm).

kaffertjies in joburg - blog

Johannesburg, o Johannesburg!

Ons wag al baie jare vir hierdie oomblik waarteen Siener ons presies 100 jaar gelede gewaarsku het: vure wat na ‘n begrafnis uitslaan, en “een groot vuur wat voor uitkom” om dan in Johannesburg te verskyn.

Het ons dalk die eerste vlammetjie van hierdie “groot vuur” op 30 Julie omstreeks 2 uur nm. in Johannesburg sien uitslaan toe meer as 3 000 duisend swart skoolgaande barbare met panga’s op die sakesentrum van die middestad toegesak en sakepersele begin plunder het.

Hulle optrede was nie sommer ‘n spontane besluit op die ingewing op die oomblik nie. Na verneem word, is die plundertog al ‘n geruime gelede beplan en georganiseer, en die panga’s het glo uit die EFF se arsenaal gekom. Dit is net na skool op strategiese punte aan van die ouer jeugbendelede oorhandig.

Smouse se stalletjies is omgekeer en ander skade in die omgewing aangerig.

Hillbrow en Fordsburg het ook onder die bandelose vandaliste deurgeloop.

Hierdie insident is maar net nog een van die vele “oefenlope” deur swart revolusionêre wat ons so gereeld in die afgelope paar jaar mee te doen gekry het.

Teen 6.30 nm. was die “vertoning” afgehandel en het hulle weer rustig begin huiswaarts keer asof daar absoluut niks gebeur het nie. Oor ‘n dag of twee sal die hele Reënboognasie ‘n sug van verligting gee omdat die stof nou weer gaan lê het; hulle mag dalk selfs glimlag oor die spul “skadelose knopkoppe” se straatmoleste.

Op TV was daar tot 9 nm. van 30 Julie nog geen elke woord hieroor gerep nie. Selfs die polisie het dit afgemaak as ‘n niksseggende “insidentjie”. Volgens News24 het ‘n polisiewoordvoerder, Lungelo Dlamini, gesê daar was geen berigte van pludering nie, terwyl talle oogetuies die plundering self aanskou het. Vier van die jeugboewe wat winkels beskadig en geplunder het, is deur winkeleienaars so erg bygedam en geslaan dat hulle bebloed in die hospitaal beland het.

Hoofsuperintendent, Wayne Minnaar het verklaar dat die polisie nie weet waarom daar geprotesteer is nie. Maar al het hulle ook geweet, sou ons dit nooit gehoor het nie. Sulke insidente word gewoonlik gereduseer tot ‘n niksseggende “betogings oor swak dienslewering”. Beeld het op 31 Julie met sy eie variasie vorendag gekom: “Die ongelukkige bloedjies het oor lyfstraf in die skole betoog”! En daarmee is die saak nou uit en gedaan!

Maar as ons kyk na die groter prentjie (ongeag hoeveel skade aangerig en alles geplunder is), dan is daar ‘n uiters kommerwekkende aspek rondom hierdie hele insident ― iets wat elke blanke in Suid-Afrika onrustig behoort te stem en in die toekoms wakker te laat loop.

In die EFF-boek wat onlangs vrygestel is (The Coming Revolution), word daar o.a. verwys na die swart jeug wat gedurende die apartheidsjare “gely” het (al was baie van hulle nog nie eens gebore nie), en dat dit in Mandela, Mbeki en Zuma se geil jare nog slegter met hulle gegaan het. Nou het hulle net mooi genoeg gehad en eis die flentertjie koek wat nog oorgebly het nadat die smulpape hulle boepens daaraan gevreet het.

Malema het dit só uitgedruk: “Hy wat die revolusie wil keer, moet óns eers keer!”

Daar het al talle soortgelyke insidente in die verlede plaasgevind, en dan het ons dit maar gelate aanvaar as deel van die Nuwe Suid-Afrika se barbaarse swart kultuur. Maar wees gewaarsku, hierdie keer was dit veel, veel meer sinister. onheilspellend en ook anders, want:

  1. Al die reëlings vir die plundertog het in die geheim geskied.
  2. Daar word gesê KOSAS (die Kongres van SA Studente) het dit gereël, maar ons het reeds verneem dat die EFF hieragter sit en die hele ding haarfyn beplan het.
  3. Geen onderwyser het glo iets van die optog geweet nie, en dié wat miskien daarvan kennis gedra het, het geswyg.
  4. Ook die polisie was skynbaar in die duister, of so word daar beweer, en dié wat wel ingelig was, was ongetwyfeld kop in een mus met die plunderaars.
  5. Panga’s is glo op strategiese plekke aan skoliere uitgedeel voordat hulle na die gebou van die die departement van onderwys in Eloffstraat beweeg het. Daarvandaan het hulle Albertina Sisulu-straat ingevaar om met die strooptog te begin.
  6. Hulle het hulle hoofsaaklik op blanke sakepersele toegespits; personeel is met die dood gedreig, en van hulle het bevrees weggekruip of op die vlug geslaan.

Oor die jare het ons al gewoond geraak daaraan dat die ergste skielik en onverwags kan gebeur. So ook wat betref die voortdurende kragonderbrekings wat landswyd voorkom. Ons trek net die skouers op, skakel die kragopwekkers aan en haal die kerse en lampe uit, want môre of oormôre sal alles weer na normaal terugkeer.

Maar Malema se jong barbare is nou skielik oral aan die woel ― op die kampus van die NWU versprei swart studente pamflette met die volgende opdrag:  “Attention comrades. Time to take back the NWU. Kill the boer, Kill the racist, Kill Afrikaans. Uhuru anakuja (Freedom is coming)”.

Ja, ons is al so gebreinspoel dat ons dit ook maar as “normaal” aanvaar.

Selfs wanneer Johanna Brandt se onheilspellende visioen van ‘n bloedbad in Johannesburg se tyd aanbreek, sal die meerderheid nie ‘n oog knip nie: “…die swartes kom in die geheim in die nag in Johannesburg bymekaar. Dan gebeur dinge vinnig en onverwags — hulle sny die kragverbindings binne en rondom die stad af, voordat hulle die strate invaar en blankes voor die voet vermoor…”

Die “skielike kragonderderbreking” gaan niemand pla of onrustig stem nie. Ons sal oudergewoonte maar net weer die kragopwekkers nader gesleep en kerse en lampe aangesteek, want môre of oormôre…

Ons sal eers uit ons rustige Reënboog-droom wakker skrik as geweerskote opklink, honde blaf en vroue begin gil. En dié wat nie weet nie, sal waansinnig van vrees op die vlug slaan sonder om ‘n venster of ‘n deur agter hulle toe te maak; terwyl dié wat wéét, in stille vertroue sal Opkyk, met dié wete, dis Siener se emmer bloed wat hier by ons omgeval het…

Die ewige vyandskap

Sesduisend jaar lank al poog ons om die vyandskap tussen volkere met wedersydse ooreenkomste in bedwang te hou; reik ons mekaar die hand en word vredesverdrae gesluit. Tog is ons geen tree nader daaraan nie as die dag toe Abel se bloed gestort is; Moses ‘n Egiptenaar doodgeslaan het; Judas Iskariot sy beste Vriend met ‘n soen vir ‘n handvol silwer verraai het; óf toe die Edik van Nantes in die jaar 1598 aan die Hugenote geloofsvryheid gewaarborg het —en hulle tog kort daarna vir hul lewes moes vlug.

Nee, dit gaan nou nog veel erger: Roep “Vrede!” en jy ontketen demoniese magte van geweld, brandstigting, plundertogte en moord.

Daardie dag toe Satan in die Tuin van Eden na Eva gekom en haar verlei het, het die Almagtige in ondubbelsinnige woorde aan Satan gesê:

“Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou, tussen jou nageslag en haar nageslag.” (Gen 3:15 — 1983-vertaling).

Eva het seker nie eens verstaan wat hierdie woorde beteken nie, nie vóór die skokkende oomblik toe sy die nuus ontvang dat haar oudste seun sy broer Abel in die veld doodgeslaan het nie. Abel se dood was dan ook die voorspel, die teken en sigbare bewys van hierdie ewige vyandskap. Maar dit eindig nie daar nie, weens die moord op Abel is ‘n drieledige vloek oor Kain uitgespreek: ten eerste sou hy nie meer as landbouer ‘n bestaan kon maak nie, want die grond sou aan hom geen opbrengs lewer nie; tweedens was hy gedoem om ‘n doellose swerwer sonder vaste tuiste te word; en derdens, en seker die ergste van alles, was dat Jahweh hom van sy aangesig af weggedryf het: “Toe gaan Kain weg van die aangesig van Yahweh, en hy het gewoon in die land Nod…” Daar het hy toe vir hom stede gebou en omdat hy geweet het hy nie meer tot Yahweh kon bid nie, het hy sy eie gode begin dien.

En tot vandag toe aanbid Satan se nasate hul voorvader (Kain) se afgode, terwyl Yahweh se nakomelinge (deur Set) Hom aanroep: ” En ook vir Set is ‘n seun gebore, wat hy Enos genoem het. Toe het hulle die Naam van Yahweh begin aanroep.”

Maar Set se nageslag hunker tot vandag toe nog na die vrede wat sy ouers vir ‘n kort tydjie in die paradys geken het. Hulle het al alles probeer om dit te herwin, met ‘n goue middeweg, met mensgemaakte formules en alle soorte ooreenkomste; maar daardie vrede het steeds net buite hulle bereik gebly.

ja, selfs met ‘n allesomvattende naasteliefde wat die ganse wêreld (ook die ryk van Satan) insluit, het niks verander nie.

As nakomelinge van Set het ook die Boervolk rondgeval op soek na daardie vrede.

En oplaas het ‘n nuwe Andries Pretorius en Sarel Cilliers hul verskyning gemaak, by name FW de Klerk en Johan Heyns. En saam met hulle is ‘n nuwe “gelofte” in die Kodesa-laer afgelê:

“Ons staan hier voor jou magtige Satan, bewindhebber van aardse ryke
om ‘n gelofte aan jou te maak, dat as jy aan ons jou vrede sal gee,
asook voorspoed, sukses, vryheid, gelykheid en broederskap, en dat as daar
nooit weer vyandskap tussen jou en ons nageslagte sal wees nie, ons hierdie
dag en datum, 2 Februarie 1992, elke jaar as ‘n bevryde dag soos ‘n Sondag
sal deurbring op ons strande, in ons kroeë, casino’s, bordele en op elke rugbyveld;
en dat ons ‘n Moskee tot jou eer sal oprig waar dit jou ook al behaag, en dat ons
dit ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin kan deel, tot gedagtenis
ook vir die opkomende geslagte, want die eer van jou naam sal daardeur verheerlik
word, dat die roem en die eer van ons vrede aan jou gegee sal word…”

Maar hoekom soek ons dan nog steeds na “vrede”?

Toe het Yahweh baie toornig op die Boerevolk geword en hulle in die hand van hul vyand oorgegee: die ANC, SAKP, EFF en baie ander. Hy het seuns hulle vorste gemaak en moedswilliges oor hulle laat heers. En die veragtelike het die agbare stormgeloop.

En daar het ‘n groot gekerm van die Boervolk opgegaan.

Die profete en oudstes het hulle voor Yahweh neergebuig en gesê: “Nou lag ons vyand vir ons; vyande wat ons nie werd geag het om saam met die honde ons kleinvee op te pas nie. Hulle is tot niks in staat nie; hulle is uitgeteer deur gebrek en honger; die wortels van die besembos is vir hulle kos; hulle soek skuiling tussen die bossies; hulle is mense sonder verstand, sonder eer. Die gespuis val ons goedsmoeds aan; hulle bewerk ons ondergang; hulle kom tussen die puinhope aangestorm, en ons word deur angs oorval.”

Toe het Yahweh vir die Boervolk aangespreek uit ‘n stormwind uit: “Maak jou reg vir die stryd: Ek sal vra, antwoord jy my. Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het? Wie het die see opgedam toe hy begin uitborrel het? Hoe loop die pad na die plek waar die lig woon? Is dit op jou bevel dat ‘n aasvoël hoog opvlieg? Kan jy jou stem uit die onweer laat hoor soos Ek? Laat brand dan jou gloeiende toorn, trap die goddeloses plat. Begrawe hulle almal, lê hulle weg in die graf. Dan sal ek teenoor jou erken dat jy jou deur jou eie mag kan red. Wie wil aan My eise stel dat Ek iets aan hom verskuldig is? Alles onder die hemel behoort aan My.”

Daarop het die Boervolk vir Yahweh gesê: Ons het oor dinge gepraat wat ons nie begryp het nie. U wonderdade was te groot vir ons. U het gevra, nou moet ons U antwoord: “Nou weet ons dat U tot alles in staat is. Nou het ons U self gesien, en nou verag ons onsself, nou sit ons vol berou, in sak en as.”

En Yahweh het hul gebed verhoor en aan die Boervolk se vriende gesê: “Ek is kwaad vir julle, want julle het nie die waarheid oor my gepraat soos my dienaars onder die Boervolk nie. My dienaars sal vir julle bid, en Ek sal hulle gebed verhoor en julle nie straf vir julle dwaasheid nie.”

Job 42:8 “Neem dan nou vir julle sewe bulle en sewe ramme, en gaan na my kneg Job en bring ‘n brandoffer vir julle, en laat my kneg Job vir julle bid; want hom alleen sal Ek in guns aanneem, sodat Ek aan julle nie die dwaasheid laat vergelde nie; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie.”

Nadat die profete en oudstes van die Boervolk vir hul vriende gebid het, het Yahweh die omstandighede van die Boervolk verander en hulle twee keer soveel gegee as wat hulle gehad het.

En Yahweh het die laaste deel van die Boervolk se lewe voorspoediger gemaak as die eerste…

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470