Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

Siener: Wat wag nou op ons?

2011-02-01

Deur Adriaan Snyman


Die afgelope tyd gaan daar byna nie ‘n dag verby dat ons nie ‘n gesig van Siener van Rensburg in vervulling sien gaan nie. Maar hy het dit presies net so voorspel: “Daar kom ’n tyd dat ek weer baie in die nuus sal wees. In daardie tyd sien ek baklei ons nog onder mekaar, toe is als meteens verby, en sit ons met ’n swart regering. Dan eers begin die Afrikaner se laaste, maar ook sy felste stryd…”

Ook bo in Afrika sal daar in dié tyd groot ellende en verskrikking wees. Hy beskryf dit só: “Ek sien vier perde moet nog ry bo in Afrika. Die nasies wil oorlog maak. Daar is groot droogtes (eerste perd); hulle saai nie en oes nie; dan  kom daar hongersnood (tweede perd); ook maak hulle net oorlog (derde perd), en hulle plant nie; hulle begin om dood te gaan van die honger; kan nie meer hulle dooies begrawe nie; dan breek die pes uit (vierde perd), vreeslik baie gaan dood wat nie begrawe word nie.”

En vandag word die ganse Afrika geteister deur droogtes, hongersnood, oorlog en pessiektes.

Ons wat bekend is met die boek van Openbaring in die Bybel, sal dadelik die ooreenkoms sien tussen Siener se vier Afrika-perde en Johannes se vier perderuiters wat hy in Openbaring 6:1-8 na die vier uithoeke van die wêreld sien galop het.

En juis in hierdie tyd sien hy ons grense na die noorde word oopgegooi en duisende onwettige immigrante en plakkers, stroom die land binne (10/1/1915). Dit het tot gevolg dat xenofobiese geweld uitbreek:  “Die swart volke in Suid-Afrika raak in ’n hewige stryd gewikkel, maar dit word deur die leiers en media geheim gehou (12/1/1915).

Net uit Zimbabwe het reeds meer as 4 miljoen onwettiges die land ingekom, en die regering is nou besig om aan een miljoen van hulle verblyfpermitte uit te reik (Beeld 28 September 2010). Konserwatief bereken is daar nog tussen 20-30 miljoen onwettige immigrante uit ander dele van Afrika, veral uit Nigerië, en hulle is vandag in beheer van groot dwelmsindikate en meer as 60 000 prostitute (swart en wit).

Siener het ons ook gewaarsku dat ons nie alles moet glo wat deur die media verkondig word nie. Reeds in die eerste Siener-boek (Stem van ‘n profeet – 1993) is daar ‘n profesie waarin hy dit voorspel, en ook sê dat die media in die tyd van die swart regering ons doelbewus gaan mislei en belieg: “Belangrike nuusgebeure word nou doelbewus en openlik van die publiek weerhou, en daar is totale onkunde oor wat in die land aan die gang is . Want die nuusdekking op radio en die TV is in die hande van die Boer se vyand wat sterk kommunistiese bande het…”

Ons het dit in die afgelope dae met Mandela se siekte en sogenaamde ontslag uit Milpark-hospitaal weer gesien.

Maar dit gaan nog veel erger word, want die ANC is vasbeslote om nog hierdie jaar sy mediatribunaal in te stel. Daarmee wil hy nie net die media aan bande lê nie, maar ook besluit wat hulle mag publiseer en wat nie. En veral regsgesinde publikasies en webblaaie kan sonder meer verbied of gesluit word. ‘n ANC-lid, ene Sharon Makhubele-Mashele, het op 15 September verlede jaar gedreig: “Volgende jaar … (2011) … wag maar vir die mediatribunaal. Julle soek daarvoor! Dan sal óns besluit wat julle mag publiseer en wat nie!” (Beeld 18 September 2010).

In ‘n ander gesig het hy ‘n baie groot staking rondom die tyd van die geelperske reën gesien, en gewaarsku dit sal die begin van ons smeltkroes wees.

Is dit dan toeval dat die vier grootste vakbonde verlede week aangekondig het dat hulle beplan om op Sondag 13 Februarie te begin staak. Toevallig juis in die tyd van die geelperskereën (15 Februarie tot 28 Februarie).

Hy het ook gesê die gras sal in daardie tyd landswyd groen wees. ‘n Handelsreisiger het my ‘n paar dae gelede gebel en gesê dat hy “in byna 45 jaar nog nie soveel reën gesien het as in die afgelope weke nie. “Selfs in die dorre Groot Karoo loop die water, en sien jy oral blink panne staan. As die reën op hou en die son breek deur, sal Suid-Afrika binnekort ‘n groen paradys wees!”

En Siener het voorspel dat “ons dinge sal begin wanneer die gras weer groen word”. Die vraag is wat gaan die sneller wees wat hierdie “dinge” laat begin, en hoe erg sal dit wees? Rapport van 30 Januarie verstrek op bladsy 5 die antwoord. Siener word woordeliks aangehaal (en nogal in groot, vet letters): “Ek sien ‘n doodskis wat in ‘n graf afsak, vure wat uitkom, maar eek groot vuur wat voor uitkom … Met die begrafnis van hierdie baie belangrike persoon sal daar nie net ongekende geweld in die land losbars nie, maar ook ‘n volskaalse burgeroorlog uitbreek. Die Boervolk sal dan nakend, gestroop van alles wees…”

Dis egter nie net die ou “flentergat-profeet” (Max du Preez) en “dronklap-Siener” (Radio RSG (Loslip 31/1/2011) wat hierdie spotters waarsku nie, ook die Bybel betoon géén geen genade met hulle nie. Hulle wat sê: “…geen onheil sal oor ons kom nie; ons sal geen swaard of hongersnood sien nie … Daarom, so spreek die Here: Ek maak my woorde in jou mond ‘n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer. Kyk, Ek bring oor julle ’n nasie van ver af; ’n eeue-oue nasie is dit, ’n nasie van ouds af, ’n nasie waarvan jy die taal nie ken en jy nie verstaan wat hulle praat nie … En hulle sal jou oes en jou brood opeet, hulle sal jou seuns en jou dogters opeet, hulle sal jou kleinvee en jou beeste opeet, hulle sal jou wingerdstok en jou vyeboom opeet, en hulle sal jou versterkte stede (soos Johannesburg) waar jy op vertrou, met die swaard verwoes….” (Jer. 5:12-17)

17 thoughts on “Siener: Wat wag nou op ons?”

  1. As daardie mense wat glo dat niks na Mandela se begrafnis gaan gebeur nie, reg is, dan sal ons wat voorberei en iewers heen onttrek het, niks verloor nie, behalwe miskien ‘n tydjie se ongerief in die veld, en wanneer ons weer terugkeer huis toe, sal ons boonop vir ’n tyd lank nie kos hoef te koop nie. Maar as óns reg is en die blankes word wel aangeval, dan gaan hierdie spotters alles verloor – dalk ook hulle lewes!

  2. wat vir my so vreeslik vreemd is van ons volk, is dat ek bitter min mense in my daaglikse handel en wandel raakloop wat Sienerboeke ken of lees of gelees het. Dit help nie eers om met hulle te praat nie, want hul wil niks weet nie. Hul woord is altyd “ja, ek het gehoor van die vent”. Dan vererg ek my gewoonlik en gaan nie met die gesprek voort nie. “Hulle wat weet, vir hulle sal dit nie so erg wees nie”.
    Een man het vir my gister gese die hele wereld het verwag dat oorlog sou uitbreek na Eugene se moord, en hulle wag nou nog vir die oorlog, so niks sal gebeur na Mandela se dood nie. Ag Vader help hul gebrek aan kennis!

  3. Ek vind wel dat al hoe meer mense begin besef dat iets dalk mag gebeur na Mandela se dood. Selfs mense wat ver links was, het al aan my gese dat hulle dit kan begin insien. Ek wil ook net vir Oom Adriaan se dat ek baie beindruk is met die nuwe webtuiste, dit lyk baie goed. Vandat Oom getrek het, bel ek nie meer so baie hier uit Bloemfontein uit nie. Ek hou baie van ‘n artikel soos hierdie, wat vir ons bietjie rigting en inligting gee oor wat huidiglik in die land aan die gang is. Ek dink as Oom dit weekliks opdateer, sal ons kosbare inligting kan kry oor die huidige situasie.

    1. Philip, ja, dis my plan om gereeld (hopelik weekliks) op te dateer. Ek het vanogeend op die radio gehoor dat Robert Mugabe se toestand baie ernstig is, en dat daar vir sy lewe gevrees word. Siener het ook ‘n emmer bloed daar sien omval!

      1. Oom Adriaan, hierdie webtuiste is PUIK! Baie geluk, ons het lank uitgesien na dit. My van kant af hoop en bid ek dat al die klasvaalkies betyds gaan wakker word en besef dat hierdie bedekte stilte een of ander tyd gaan oopbars dan gaan die poppe behoorlik dans.

      2. Hi Vriende

        Soos vroeer genoem deur oom Adriaan oor die stakings, ek het so pas gehoor die
        Trok drywers staak in JHB die polisie moes ingryp a.g.v geweld en van more af staak
        Die geld wa’s ook (fidility).
        Laat mens wonder…. Tyd is naby vriende

        Groete
        Boer

  4. Dit maak my hartseer – in een van my baie drome wys Hy my dat meeste gaan omkom omdat hulle onverhoeds betrap word. Sien droom oor vloede elders.

    Ons volk gaan ten gronde agv gebrek aan kennis omdat ons die gesonde leer verwerp het.

    Rudi….wat van ingeligte dog brandarm wittes wat beswaarlik oorleef en nie die vermoe het om alternatiewe te volg nie? Gaan die wat het diegene wat nie het nie, sommer net so laat staan? Is dit God se liefde in aksie………..??

    1. dit is net so vreemd dat mense net aan n GOD van liefde wil vasklou, eerstens is GOD n GOD van geregtigheid, indien n mense nie in sy geregtigheid wandel nie vergeet van sy “liefde” indien n mens in sy geregtigheid wandel, dan kan n mens op al sy liefde en beskerm staan maak en aandring, hoeveel van die brandarm blankes het nie geluister na die waarskuwings van Jaap Marais en die destydse HNP nie. As n mens onnosel is dan moet n mens maar die gevolge dra, GOD waarsku reg deur die skrif ons daaraan

  5. Aan die begin van die artikel word dir genoem dat feitlik daagliks van Siener se gesigte, of waarskuwings, vervul word, kan ons net noem watter vervul word sodat dit meer betekenis kan he vir ons sowel as die wat oningelig is en die webtuiste dalk vir die eerste keer besoek??

    1. Ek sou eerder aanraai dat mense Adriaan se boek koop – veral Blaas die basuin. As ‘n mens als van Siener hier op die webblad plaas gaan hierdie blog uiteindelik verdwyn. Ek glo darem nie dit kos niks om hierdie werk in te sit nie.

      Die verdwyn van die NP is een wat by my nou opkom. Die visioen oor die boiler wat ontplof blyk so raak-raak aan Koeberg. Ek het ni die boek by my nie maar daar is ook gemeld dat die bekende swartman vir 7 dae in die openbaar gaan vertoon word na sy dood. In die Mail & Guardian van 2005 (as ek reg onthou) is daar uitdruklik gemeld dat Mandela in ‘n glaskis vertoon sal word sodat die wêreld ‘n huldeblyk aan die terroris kan bring.

      Ek dink persoonlik die ou profeet het net een groot gebeurtenis, wat al jare terug beskryf is, nodig om hom op die kaart te plaas. As alle hel losbars in die land met Mandela se dood dan is daar na my mening geen profeet wat so duidelik en so akkuraat was nie. ‘n Teken van God dat hierdie ou man sy spreukbuis was.

  6. Hi Vriende

    Soos vroeer genoem deur oom Adriaan oor die stakings, ek het so pas gehoor die
    Trok drywers staak in JHB die polisie moes ingryp a.g.v geweld en van more af staak
    Die geld wa’s ook (fidility).
    Laat mens wonder…. Tyd is naby vriende

    Groete
    Boer

  7. Daar word gewag vir n gront kragonderbreking in die nabye toekoms.Sodoende vergemaklik dit aanvalle in die nag op weerlose mense.Onthou wat by die Slag van Bloukrans gebeur het toe 10000 Zoeloes die Voortrekkers in die nag aangeval het en uitgewis het.Ek beskou die Slag van Bloukrans as die vader van die Nag van die lang messe.Ongelukkig igoreer ons mense hul geskiedenis.Hulle glo die grondwet gaan hulle beskerm of dat die patetiese liberale Zille hul na die beloofde land gaan lei.Sommiges plaas hul geloof weer in die verraaier F.W.de Klerk om hulle te red,maar nie een van die bogenoemde gaan gebeur nie.Politici moes jare gelede veiligheidsplanne voorgestel het vir blanke woonbuurte,maar dit is geignoreer,want die vet salaris het meer belangriker geword as jou mense.Dit wys weereens daar is net een leier en koning op wie ons kan staatmaak en dit is die Here.Vir 17 jaar het die politici nog nooit vir ons Afrikaners in die bres getree of na ons volk in die Parlement verwys nie.Basta met hulle,want wanneer die moeilikheid kom gaan hulle ook sonder n joppie wees en dan moet hulle op hul eie staan.Gee die Here erkenning en julle sal die wa deur die drif trek.

  8. Hello Oom Adriaan. Ek wil asseblief vra oor die swart teen swart geweld wat ek gelees het in jou boek. Is dit die Xenephobia of is dit dalk iets anders wat ons hier sien gebeur ? malemma teen Zuma se mense ?

    http://www.businessweek.com/news/2012-01-08/mandela-s-party-falters-as-fighting-splits-anc-in-south-africa.html

    As ek reg onthou toe ek jou boek gelees het. was die sneller op die wit man en dan draai hy skielik op die swarte, swart teen swart geweld .
    kan jy my asseblief reg hulp en as jy kan na die die regte blad in jou Boek Stem van n profeet verwys.
    baie dankie Oom .
    Bianca Breedt

  9. Met die begrafnis van Mandela, is daar ‘n tydperk wat die swart die wit doodmaak. Hul praat van die nag van die slaplem maar dit laat my wonder hoe lank na dit dit swart teen swart gaan wees. Kan iemand my se of daar enige melding daarvan gemaak word.

Comments are closed.