“En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem.” — Genesis 5:24
Henog, die sewende patriarg na Adam, is een van die mees geheimsinnige figure in antieke Israel. Hoewel die Hebreeuse Skrifte min oor hom uitbrei, bevat die Boeke van Henog van die oudste en mees fassinerende verhale wat die mensdom ken. Dit is ‘n epos van rebelse engele, die raaiselagtige Nefilim en apokaliptiese visioene van die eindtyd.
Met hierdie nuwe uitgawe van Die Boeke van Henog – met kommentaar kry Afrikaanse lesers vir die eerste keer toegang tot ‘n omvattende werk wat hierdie belangrike antieke buite-Bybelse geskrifte deeglik behandel. Vir enigiemand wat ‘n beter begrip wil kry van hoe die antieke Israeliete hulle wêreld en kosmos verstaan het, is hierdie boek van onskatbare belang. Die bron bied die sleutel tot Genesis 6 se “seuns van God,” die oorsprong van demone, en die teologiese agtergrond wat ‘n direkte stempel op die Nuwe Testament afgedruk het — van Judas se woordelike aanhalings tot die titel “Seun van die Mens” in die Evangelies.
Die werk bied omvattende historiese en literêre agtergrond wat die ingewikkelde samestelling, teksgeskiedenis en ontstaan van hierdie antieke geskrifte verduidelik. Dit werp nie net lig op die historiese en kosmologiese konteks van die boeke nie, maar benut ook insigte uit moderne akademie en navorsing deur vooraanstaande geleerdes soos Dr. Michael Heiser en George Nickelsburg. Deur diepgaande kommentaar word belangrike teologiese konsepte — soos die goddelike raad en die mens se rol binne God se skeppingsorde — verder belig sodat die leser die wêreld van die intertestamentiese tydperk met groter insig kan betree.
Die Boek van Henog (I Henog)
I Henog (bekend as die Ethiopiese Henog) is ‘n versameling van vyf afsonderlike boeke wat tussen 300 v.C. en 100 n.C. gevorm is. Die kommentaar lei die leser stap-vir-stap deur elk van hierdie afdelings:
- Die Boek van die Wagters: Handel oor die Wagters (gevalle engele) wat hul hemelse posisie verlaat het, die ontstaan van die reuse (Nefilim), en hoe verbode kennis die oorsprong van menslike boosheid gevorm het.
- Die Gelykenisse van Henog: Behandel die geheimsinnige “Seun van die Mens” of “Uitverkorene” as ‘n hemelse regter wat reeds voor die skepping bestaan het.
- Die Astronomiese Boek: ‘n Gedetailleerde uiteensetting van die hemelliggame wat die “perfekte” 364-dae sonkalender verdedig.
- Die Boek van Droomgesigte: Bevat die bekende “Diere-apokalips” wat die geskiedenis van Israel van Adam af tot by die Messiaanse koninkryk allegories uitbeeld.
- Die Sendbrief van Henog: Bied praktiese vermanings vir die regverdiges en verdeel die wêreldgeskiedenis in tien simboliese tydperke via die “Apokalips van Weke.”
Die Openbaring van Henog (II Henog)
II Henog (bekend as die Slawiese Henog of “Die Geheime van Henog”) fokus op Henog se opwaartse reis deur die tien hemele. Vergesel van engele besoek hy die plekke van straf en beloning, aanskou hy die engele wat die natuurkragte beheer, en staan hy voor God se troon om skeppingsgeheime te ontvang. Die teks brei ook uit oor die geheime van die skeppingsverhaal en sluit af met ‘n fassinerende (alhoewel ‘n latere redaksionele toevoeging) kykie na die geboorte en verheerliking van Melgisedek.
Of jy nou ‘n teologiese student, ‘n Bybelstudieleier, of bloot ‘n nuuskierige leser is wat die intertestamentiese tydperk beter wil verstaan, hierdie werk met sy diepgaande kommentaar bied ‘n helder, nugter en verrykende skatkis op ‘n wêreld waar die fisiese en geestelike dimensies intiem met mekaar verweef is.
Inhoudsopgawe
Die Boeke van Henog
Kanon
Pseudepigrafiese werke
Ander apokriewe tekste
Agtergrond van Henog
Vertalings, manuskripte en variante
I Henog – Vyf boeke in een
II Henog – Die reis deur die hemele
Hoe om die Boeke te verstaan
Die Kalender van Henog
Die Boek van Henog
Die gelykenisse van Henog oor die goddeloses en die regverdiges
Die seisoene
Die val van die engele; die demoralisering van die mens; die voorspraak van die engele ter wille van die mens. Die oordele oor die engele word deur God aangekondig; die Messiaanse Koninkryk (‘n Noag-fragment)
Die demoralisering van die mens
Oorlog en toorkuns
Die voorspraak van die engele ter wille van die mens
Die oordele oor die engele word deur God aangekondig
Die Messiaanse Koninkryk
Droomgesig van Henog; sy voorbidding vir Azazel en die gevalle engele; en sy bekendmaking aan hulle van hulle eerste en finale vonnis
Henog se voorbidding vir Azazel en die gevalle engele
Henog maak aan die engele hulle eerste en finale vonnis bekend
Henog in God se teenwoordigheid
God se finale uitspraak oor die gevalle engele
Henog se reis deur die aarde en doderyk (Die eerste reis)
Die einde van die heelal
Name en funksies van die sewe aartsengele
Die voorbereidende en finale plek van straf van die gevalle engele (sterre). (Die tweede reis van Henog)
Die doderyk, of die onderwêreld
Die sewe berge in die noordweste en die boom van die lewe
Die Boom van Lewe
Jerusalem en die berge, afgronde en strome
Die doel van die Vervloekte Vallei
Verdere reis na die ooste
Die boom van wysheid
Die poorte van die sterre
Henog se reis na die noorde
Die reis na die suide
Die gelykenisse
Die eerste gelykenis — die komende oordeel oor die bose
Die vier aartsengele
Sterrekundige geheime
Die wonings van wysheid en van ongeregtigheid
Geheime van die sterre
Die tweede gelykenis: Die lot van die afvalliges: Die nuwe hemel en die nuwe aarde
Die hoof (oue) van dae en die Seun van Adam
Die gebed van die opregtes vir wraak en hul vreugde by die vervulling daarvan
Die bron van geregtigheid: die Seun van Adam — die anker van die regverdiges. Die oordeel oor die konings en die magtiges
Die krag en die wysheid van die Uitverkore Een
Die verheerliking en oorwinning van die regverdiges: die berou van die gelowiges
Die opstanding van die dooies; die skeiding deur die regter van die regverdiges en die bose
Die sewe metaalberge en die Uitverkore Een
Die vallei van oordeel; die engele van die strafgerig; die gemeenskappe van die Uitverkore Een
Die brandende vallei
‘n Noag-fragment oor die eerste wêreldoordeel
Die finale oordeel oor Azazel, die Wagters en hulle kinders
Die engele word bewapen vir die stryd
Die laaste stryd van heidense magte teen die regverdiges
Die Terugkeer van die Verstrooides
Die derde gelykenis: die welgeluksaligheid van die heiliges
Die weerligte en die donder
Die boek van Noag — ‘n fragment; die hemele word geskud. Behemot (die kolos) en Leviatan; die elemente
Die engele vertrek om die paradys te meet; die oordeel oor die regverdiges deur die Uitverkore Een; die lof van die Uitverkore Een en van God
Die oordeel van die konings en die magtiges; die geluksaligheid van die regverdiges
Die nuttelose berou van die konings en die magtiges
Die gesig van die gevalle engele in die plek van strafgerig
Henog profeteer aan Noag oor die vloed en oor sy eie bewaring
Die engele van die waters kry opdrag om dit in toom te hou
God se belofte aan Noag: die plekke van strafgerig van die engele en van die konings
Migael en Rafael verbaas oor die strengheid van die oordeel
Die name en funksies van die gevalle engele en die satans; die geheime eed
Die afsluiting van die derde gelykenis
Henog word finaal weggeneem
Twee vroeëre gesigte van Henog
Die son
Die maan en sy fases
Die maanjaar
Die tekens en die tye
Die twaalf winde en hulle poorte
Die vier kwartiere van die wêreld; die sewe berge, die sewe riviere, ens.
Die son en maan; die groei en afneem van die maan
‘n Samevatting van verskeie van die wette
Die hemelse tafels en die opdrag aan Henog
Opdrag aan Henog gegee; die vier toegevoegde dae; die sterre wat die seisoene voorgaan, en die maande
Die eerste droomgesig oor die vloed
Henog bid tot God ter wille van sy nageslag
Die tweede droomgesig van Henog: die geskiedenis van die wêreld tot by die totstandkoming van die Messiaanse Koninkryk
Die val van die engele en die sedebederf van die mensdom
Die verskyning van die sewe aartsengele
Die straf van die gevalle engele deur die aartsengele
Die vloed en die redding van Noag
Israel in die woestyn, die Wet word gegee, die ingang in die Beloofde Land
Die eerste tydperk van die engel heersers vanaf die vernietiging van Jerusalem tot by die terugkeer uit ballingskap
Die tweede tydperk vanaf die tyd van Kores tot by Alexander die Grote
Die derde tydperk vanaf Alexander die Grote tot die Grieks-Siriese oorheersing
Henog se boek van waarskuwings aan sy kinders
Alle mense prys Henog se boek
Die openbaring van die weke
Vermanings aan die regverdiges
Henog se hartseer; nuwe weë teen die sondaars
Die regverdiges kan hoopvol wees; weë vir die bose
Die boosheid wat op die sondaars en die besitters van onregverdige rykdom wag
Die selfbeheptheid van sondaars; sonde het by die mens begin; alle sonde word in die hemel aangeteken; weë vir die sondaars
Weë uitgespreek oor die goddelokes, die wetsverbrekers; die bose stryd van sondaars in die laaste dae; verdere weë
Die sondaars vernietig mekaar; oordeel oor die gevalle engele; die veiligheid van die regverdiges; verdere weë vir die sondaars
Vermaning in die vrees van God; die hele natuur vrees hom, maar nie die sondaars nie
Verskrikking op die dag van oordeel; die teenstrydige geluk van die regverdiges op aarde
Verskillende eindbestemmings van die regverdiges en die sondaars; nuwe klagtes van die sondaars
Versekerings aan die regverdiges gegee; waarskuwings aan sondaars en die vervalsers van die Woorde van Opregtheid
God en die Messias sal by die mens woon
‘n Fragment uit Die Boek van Noag
‘n Toevoeging tot Die Boek van Henog
Die Openbaring van Henog
Henog ontmoet die engele
Henog se opdragte aan sy seuns voor sy vertrek
Henog word in die hemel inopgeneem. Die eerste hemel
Die tweede hemel. Die engele wat op die groot oordeel wag
Die derde hemel. Henog besoek die Tuin van Eden
Die vierde hemel. Die baan van die son en die sterre
Die vyfde hemel. Henog praat met die engele wie se broers saam met Sataniël uit die hemel verban is
Die sesde hemel. Die aartsengele
Die sewende hemel. Die hemelse leërskare. Henog word voor God gebring
Henog word onderrig en skryf sy boeke
Henog sit aan die linkerhand van God
God skape ook die agtste dag — die ewige dag
Henog word na die aarde teruggestuur
Henog se afskeidsrede
Metúsalag roep die oudstes bymekaar
Henog praat met die oudstes van die volk
Die volk groet Henog
Henog praat met die volk
Henog word in die hemel opgeneem
Die bepaalde tyd waarop Henog op aarde was
Metúsalag bou ‘n altaar
Metúsalag word Hoë Priester
God verskyn in ‘n droom aan Metúsalag
Nir se vrou sterf en ‘n seun word gebore
Bronne
Akademiese Kommentaar en Geleerdes