Breytenbach het in sy laaste jare steeds sy vuiste gebal vir die Universiteit van Stellenbosch en die doodstryd van ons taal betreur. Koos Kombuis kla vandag oor vlak Afrikaanse musiek. Solidariteit hou konferensies oor Afrikaans en bou skole – maar ter wille van ‘n reënboog nasie. Is dit nie ironies nie? Want dit is juis húlle, Kombuis, Breytenbach en hul geslag, wat gehelp het om die fondasies af te breek waarop Afrikaans gegroei het: geloof, gesag, gesin en volk. Nou, met die huis aan die brand, begin selfs die rebelle roep vir water.
’n Taal sterf nie oornag nie. Soos ’n huis, val dit baksteen vir baksteen. En soos ’n huis, kan dit herbou word as die fondament nog daar is. Maar daardie fondament is nie ’n monument van klip nie. Dis ’n lewende volk wat dink, droom en leef in hul eie woorde. Dit is daar waar ’n taal sy siel kry en dit is dáár waar dit weer kan begin leef.
Afrikaans het sy krag nie net gekry uit boeke en dosente nie, maar om kombuistafels, uit gebede, in boereliedjies, by kampvure en in volksdanse. In hierdie alledaagse gekuier van ’n volk wat saam gesweet, getreur en gelag het, het Afrikaans ’n volksiel begin dra wat geen boek alleen kon vasvang nie. In hierdie eenvoudige vorme het Afrikaans sy unieke karakter stadig maar seker begin ontwikkel. Die vorm van Afrikaans wat uiteindelik deur blankes gepraat is, het skaars beïnvloed geraak deur ander tale. Teen die tyd dat Standaardafrikaans ontstaan het, was die invloed van plaaslike inheeemse tale eintlik bitter min.
Daar is moontlik meriete in Achmat Davids se standpunt dat die oorsprong van Afrikaans gedeeltelik gevind kan word in die Arabiese geskrifte van die Kaapse Moslemgemeenskap. Maar die feit bly staan dat die Afrikaans wat ons vandag ken en gebruik deur blankes opgebou, verfyn en uiteindelik gevestig is as ’n volwaardige kultuurtaal. Interressant dat die oorspronklike Aboriginee-boemerang slegs ‘n eenvoudige, reguit jagwapen was wat nie teruggekeer het nie. Dit was die blanke Westerling wat dit omskep het in die terugkerende boemerang wat ons vandag ken.

Die Boek van Henog
Die Boek van Henog, 'n antieke Joodse geskrif geskryf deur die patriarg Henog, bevat visioene, hemelse reise, en kosmologiese beskrywings, hoewel dit nie deel is van die amptelike kanon van die Bybel nie en sy invloed veral merkbaar is in sekere Joodse en vroeë Christelike gemeenskappe. Dit is ontdek onder... Lees Meer...
R165,00
Dit was deur die toedoen van blankes in die vorige eeu dat Afrikaans binne slegs vyftig jaar ontwikkel het van ’n eenvoudige “huis-, tuin- en kombuistaal” tot ’n taal wat nie net in huise en kerke gebruik is nie, maar ook in skole, universiteite en die ekonomie. Die geskrewe woord het ’n belangrike rol daarin gespeel, omdat dit mense meer tyd gegee het om te dink oor wat hulle wil sê. Dit het gehelp om emosies te beheer, meer objektief te wees, woorde sorgvuldig te kies en punte sterker oor te dra. Terwyl ‘n taal wat gepraat word dikwels deur emosie en persoonlikheid gevorm word, werk die geskrewe taal eerder op die leser se verbeelding en gee meer kans om regtig te dink oor wat gesê word.
Groot Afrikaanse digters en skrywers het daarin geslaag om met hierdie taal sommige van hulle diepste menslike ervarings uitdrukking te gee. Skrywers soos N.P. van Wyk Louw en D.J. Opperman het Afrikaans gebruik om sowel geestelike hoogtes as innerlike worstelinge vas te lê. Hulle werk bewys vandag nog dat Afrikaans nie net ’n streekstaal is nie, maar ’n taal met eie status en ’n literêre standaard wat internasionaal erken kan word.

Eugène Marais se Die Siel van die Mier was destyds ’n baanbrekerswerk in Afrikaans. Die boek was die resultaat van meer as ’n dekade se intensiewe studie van termiete se gedrag en het wetenskaplike navorsing met ‘n literêre styl gekombineer. Hy beskryf hoe termiete as ’n groep saamwerk, amper asof die hele kolonie ’n enkele ‘siel’ het wat alles saam laat funksioneer. Hierdie werk het nie net in Suid-Afrika nie, maar ook internasionaal aandag en erkenning geniet.
Hierdie ontwikkeling van Afrikaans as kultuurtaal het egter nie sonder stryd plaasgevind nie. Dit was ’n lang en moeilike pad, vol politieke teenstand en kulturele minagting. Die Britse owerhede het Afrikaans as ’n minderwaardige taal beskou, en dit is vir jare doelbewus onderdruk ten gunste van Engels. Selfs later, toe die taal reeds ‘n stewige voet geanker was onder ons volk, het liberale denkers en kommunistiese ideoloë daarna gestreef om Afrikaans te marginaliseer
In 1929 is die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) gestig onder voorsitterskap van Dr. N.J. van der Merwe om die Afrikaanse taal en kultuur te beskerm en te bevorder uitgedruk in die leuse, “Handhaaf en bou”. Deur hierdie beweging en latere onder beskerming van die apartheidsregering het hierdie taal feitlik elke vakgebied binnegedring van landbou,ingenieurswese, mediese tot regswetenskap, onderwys en die akademie.
Die Sestigers
Vanaf die 1960’s het ’n nuwe geslag skrywers na vore getree wat doelbewus met die verlede wou breek. Hierdie groep, wat bekend gestaan het as die Sestigers, het hul inspirasie geput uit Europese eksistensialisme en individualisme eerder as uit hul eie volk se geskiedenis en geloof. Hierdie eksistensialisme het die groep skrywers geïnspireer om die heeltemal anderste beander, weg van tradisionele waardes en gesag. Die idees van Sartre, Camus en Beckett het vir hulle ’n wêreldbeeld gegee waar niks meer seker is nie, waar alles relatief word.
Jean-Paul Sartre het geglo die mens word sonder vaste betekenis gebore en moet self kies wie hy wil wees. Albert Camus het gesê die lewe het geen doel nie, en dat mens sin moet skep deur hoe jy leef, al beteken dit dalk niks. Samuel Beckett het hierdie sinloosheid uitgebeeld in tonele van mense wat wag op iets wat nooit kom nie. Hierdie idees het die Sestigers diep beïnvloed. Wanneer die lewe geen ingeboude betekenis het nie, en elkeen sy eie pad moet maak, dan verdwyn gesag, waarheid en gemeenskaplike waardes. Alles word relatief – ook goed en kwaad. Dit het die deur oopgemaak vir seksuele losbandigheid, opstand teen orde, en ’n literatuur sonder morele rigting.

‘n Paradys sonder God
John Milton se Satan in Paradise Lost is nie bloot ’n demoniese teenstander nie – hy verteenwoordig die rebelse ego wat verklaar: “Ek sal nie dien nie.” In hom sien ons ’n vroeë beeld van die mens wat eerder kies om self te heers. Aleister Crowley het dié idee verder gevoer met sy leuse: “Do what thou wilt shall be the whole of the Law.” Hier word die mens aangemoedig om sy “ware wil” te ontdek, daardie innerlike dryfveer wat bo alle morele en sosiale norme gestel word. Een van die twee takke van Moderne Satanisme is ateisties van aard en gebruik Satan as simbool van menslike trots, selfbeskikking en vryheid. Die ander tak beskou hom as ‘n werklike wese wat die mens verlos het uit sy barbaarse toestand en die deur oopgemaak het tot rasionaliteit en goddelikheid.
In die moderne samelewing sien ons dié filosofie oral – nie in tempels of rituele nie, maar in die kultus van prestasie, selfbevordering en status. Die mens het god geword. Sy liggaam is sy tempel, sy wil is wet, en sy sukses die maatstaf van waarde. Die “Groot Argitek” van vrymesselary word deur sommige geïnterpreteer as niks anders nie as die mens self – sy rede, sy skeppingsvermoë, sy potensiaal. So bou hy aan ’n paradys op aarde – maar sonder God, sonder anker, en uiteindelik sonder genade.
Skrywers soos André P. Brink, Breyten Breytenbach, Etienne Leroux en Ingrid Jonker het begin eksperimenteer met nuwe temas wat gefokus het op persoonlike bevryding, seksuele vryheid, vervreemding en opstand teen feitlik elke vorm van gesag – insluitend God, kerk en volk. In hulle strewe om “progressief” en modern te wees, het hierdie skrywers afstand gedoen van hul volk se gedeelde geskiedenis en eerder gefokus op die subjektiewe ervaring. Hulle wou Afrikaans gebruik op ’n manier wat niks meer met ou waardes en reëls te doen het nie. Die gevolglike literatuur wemel van eksperimentele vorms. Waar taal voorheen ’n brug gevorm het tussen volk en waarheid, het dit nou begin dien as ’n speelgrond vir selfontdekking en individualistiese uitdrukking.
Min mense besef dit, maar skrywers soos André Brink, Breyten Breytenbach, Jan Rabie, Elsa Joubert en ander Sestigers het tydens apartheid finansieel baie goed gevaar, aangesien hul boeke deur die Departement van Onderwys voorgeskryf is en honderde duisende eksemplare verkoop is. Sommige van hulle het selfs miljoene rand aan tantième gemaak uit die verwaarlosing van ons volk.

Breytenbach het die “Afrikaans-Nederlandse” oorsprong van die taal as niks meer as ‘n “konsepsuele oorblyfsel van apartheid” beskou nie. In sy bekende Somerskool-lesing (1973) noem hy Afrikaans ’n “bastaard-, meng- en bastertaal” en verklaar dat die taal daardeur bevry is van die “vloek” van rassuiwerheid en historiese skuldgevoelens. Afrikaans moet sy eie “koloniale stamboom” stump en terugkeer na die strate, die moskee, die lokasie, na “die smaak van jêm op ’n ou mens se tong”.
Hierdie verskuiwing het teen die 1980’s al hoe meer momentum gekry. Die Voëlvry-beweging, met kunstenaars soos Johannes Kerkorrel en Koos Kombuis, het deur middel van musiek Afrikaanse jongmense verder aangespoor om te rebelleer teen die onmenslikheid van apartheid. Hulle egter het nie net apartheid bevraagteken nie, maar ook die kerk, gesin en ander tradisionele waardes. Dit was ’n kulturele rewolusie wat die deur oopgemaak het vir ’n nuwe soort postmoderne kultuur: een wat die individu se belange hoër geplaas het as die gemeenskaplike waardes van ‘n volk. Die samehorigheid van geloof, volk en geskiedenis het nou plek begin maak vir eksperimentering, relativisme en ’n algehele sin vir ironie.
Kabaret het as die ideale voertuig gedien vir dié nuwe postmoderne gees: met ’n laggie het kunstenaars tradisies afgeskiet, wat goed is bespot, en hoop in sinisme verander. Akademiese woorde soos Intertekstualiteit en dekonstruksie, het beteken dat niks meer as heilig beskou hoef te word nie. ’n Lied kon ’n bespotting wees, ’n storie kon die teenoorgestelde sê van wat dit lyk. Hierdie speletjie met betekenis het nie net literatuur verander nie, dit het waardes laat wankel. As alles ironie is, dan is niks meer ernstig nie. En as niks ernstig is nie, waarom sal ’n jong mens nog hul taal, kultuur of volk ernstig opneem?

In sy outobiografie Seks & Drugs & Boeremusiek – die memoires van ’n volksverraaier beskryf Koos Kombuis openlik hoe hy die Afrikaner establishment, insluitend die kerk, wou uitdaag. Hy het homself as ’n trotse “volksverraaier” beskou en het nie geskroom om die waardes van sy ouers en voorouers aan te val nie.
In die jare ná Voëlvry het Afrikaanse kultuur ’n heel ander pad begin loop. Waar die kunstenaars van die 1980’s groot en deels slegs teen gesag gerebelleer het, het die 1990’s en 2000’s boeke en musiek opgelewer wat nou geen respek vir ou morele waardes gehad het nie. Die literatuur het al hoe meer reguit en eksplisiet geword, met goed soos seksuele bevryding, identiteitsvrae en jeugrebellie wat skielik algemeen aanvaar is.
’n Goeie voorbeeld van dié nuwe koers is Joan Hambidge. Haar poësie is dikwels eksplisiet oor haar lesbiese identiteit en seksuele begeertes. In boeke soos Bordello, Lykdigte en Die somber muse is sy reguit, uitdagend en speel bewustelik met grense. Hierdie tiepe dekadensie was die hupstoot wat die Afrikaanse literatuur en teater blykbaar nodig gehad het. Die deure was nou wawyd oop en daar was by skrywers en kunstenaars nie meer die morele wag van ouds nie.

Postmodernisme
Postmodernisme is die idee dat daar nie so iets is soos vaste waarhede of een regte manier van dink nie. Alles, van geskiedenis tot moraliteit, word gesien as relatief, veranderlik en afhanklik van jou eie perspektief. Elkeen kan nou sy eie waarheid en realiteit skep. Niks hoef meer as heilig, seker of permanent beskou hoef te word nie. Selfs dinge wat nog altyd as natuurlik gegeld het, soos die onderskeid tussen man en vrou, word nou beskou as bloot sosiale konstruksies, rolle wat die samelewing jou leer, en nie iets wat uit jou skepping of biologie kom nie.
Een van die bekendste voorbeelde is Fanie Viljoen se jeugroman Breinbliksem (2005), wenner van die Sanlamprys vir Jeuglektuur. Die boek en sy verhoogverwerking by die Aardklop-fees in 2006 vertel die verhaal van drie vriende wat ’n rockfees bywoon – maar die vertelling ontwikkel stadig tot ’n donker blik op verkragting, moord en verwarring in ’n post-apartheid samelewing. Sommige het die stuk geprys vir sy eerlike hantering van moeilike temas, terwyl ander dit gekritiseer het vir die uitbeelding van jeugrebellie en die morele grensverskuiwings wat dit bevorder.

Daar is geen twyfel dat Breinbliksem ’n briljante benadering het nie, maar so ook Lolita deur Vladimir Nabokov: ’n meesterstuk van styl en struktuur, maar vertel deur die oë van ’n pedofiel wat sy misdade romantiseer. In Afrikaans is daar verskeie werke wat tegnies uitblink, maar moreel ontwrigtend is. Alexander Strachan se Om te awol bied ’n poëtiese, byna nihilistiese blik op oorlog, geweld en vervreemding. Etienne Leroux se Benedicta is ’n skokkende roman wat op ’n reguit en eksplisiete manier erotiek met Bybelse simboliek meng om ‘die gevestigde morele orde te’n mens doelbewus te tart en uit te daag. Marlene van Niekerk se Die sneeuslaper is dalk ‘n stylkundige meesterstuk in die uitbeelding van groteske en seksuele beelde, maar daar is geen duidelike morele rigting nie. Net omdat ’n skrywer tegnies briljant is, beteken nie sy werk is moreel gesond nie. Die gevaar bly altyd dat styl die gewete kan stilmaak.
Breinbliksem is maar een voorbeeld van hoe Afrikaanse literatuur sedert Voëlvry in nuwe en soms ontstellende rigtings begin beweeg het. Skrywers het begin om nie net met taal te speel nie, maar met morele grense self.
Aanvanklik was die Afrikaanse kerke, veral die NG Kerk, sterk gekant teen skrywers soos Brink en Breytenbach. Hul werke is gesien as ’n bedreiging vir die volk se tradisionele waardes en geloof. Die kerk het tot laat in die 1980’s nog as ’n morele vesting gefunksioneer, met meer as 80% van blanke Afrikaners wat gereeld eredienste bygewoon het. Maar onder politieke druk en die invloed van jong predikante wat blootgestel is aan tekskritiek en liberale idees, het dié vesting begin wankel. Teen 2019 het die NG Kerk selfs begin pleit vir die aanvaarding van ’n “morele homoseksuele leefwyse” en gay predikante. Intussen het baie kweekskole begin leer dat die Bybel bloot ’n ou geskiedenisboek is, wat min of niks te sê het oor vandag se samelewing nie.

Engele met ons
In 'n wêreld van droefheid en onregverdigheid bied die Christengeloof 'n hoopvolle boodskap: God stuur engele om ons te troos, te lei, en soms te vermaan, soos bewys deur tientalle stories in die Ou- sowel as Nuwe Testament. Engele kom dikwels mense bystaan in tye van nood, krisissituasies, of trauma,... Lees Meer...
R120,00
Na 1990 het die ou waardes soos geloof en gemeenskap dus stadig begin verdwyn, en iets heeltemal anders het hulle plek ingeneem. ’n Kultuur waar alles verkoopbaar geword het – van idees tot identiteit. Waar mense hulself buite enige vaste raamwerk probeer vind, en waar reg en verkeerd al hoe meer afgehang het van hoe jy oor iets voel, eerder as wat waar of goed is. Dis nie uniek aan ons nie; regoor die wêreld het die enkellopende mens met sy eie waarheid belangriker geword as die volk en sy roeping.
Terug in die Kombuis
Vandaf die 1990’s het Afrikaans stadig maar seker weer begin terugskuif na die kombuis. Nie as ’n simbool van volksgemeenskap nie, maar as ’n informele geselstaal. Die globalisering van die samelewing en die opkoms van Engels as “neutrale” lingua franca het beteken dat baie Afrikaanse ouers hul kinders doelbewus in Engelse skole geplaas het. Hulle het geglo dat Afrikaans hul kinders sou benadeel in die nuwe Suid-Afrika ná 1994. Die land se deure was mos nou oop na die buiteland en was veronderstel om ‘n era van vooruitgang en modernisering in te lui.
Reeds in die vroeë 1990’s het Jaap Marais van die Herstigte Nasionale Party (HNP) besef dat Afrikaans en die Afrikanervolk weer onder druk sou kom. Net soos ná 1902, was daar nou weer ’n regering aan bewind wat nie die taal of die belange van die blanke Afrikaner sou dien nie. Daarom is die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) op 29 Januarie 1994 in die Berea-saal in Pretoria gestig. Die organisasie was ’n herlewing van ’n vroeëre beweging met dieselfde naam en het ten doel gehad om Afrikaans nie bloot in skole en media te laat oorleef nie, maar om dit weer vanuit die volksiel te laat groei. Verskeie ander organisasies het dieselfde taak opgeneem.
Afrikaans het, soos Jaap Marais voorspel het, weer onder ’n regering gestaan wat nie simpatiek was teenoor die blanke Afrikaner se kultuur nie. Engels het al hoe vinniger veld gewen as voertaal in skole, universiteite en openbare instellings. Selfs plekke wat eens bakens van Afrikaanse hoër onderwys was, soos Pretoria, Potchefstroom en Stellenbosch, het begin skuif na tweetaligheid en in sommige gevalle uiteindelik heeltemal Engels geword.
Hierdie verandering was dood eenvoudig aangevuur deur deur ideologiese druk, waarin Afrikaans voorgehou is as die simbool van apartheid en onderdrukking. Die gevolg was wat ‘n mens kan noem domeinverlies. ’n Taalkundige term wat beteken dat Afrikaans geleidelik sy plek begin verloor het in velde soos akademie, tegnologie en die regswese.
Domeinverlies in Afrikaans
Huistaalgebruik: In die 1996-sensus het 14,4 % van Suid-Afrikaners Afrikaans as moedertaal aangedui; teen 2022 is dit net 10,6 %. Dis byna vier persentasiepunte se verlies binne ’n kwarteeu.
Skole: Afrikaans-enkelmediumskole het van sowat 2 500 in 1994 tot 1 814 in 2002 en 1 234 in 2016 afgeneem; ander ramings wys reeds in 2006 slegs omtrent 300 sulke skole oor.
Universiteite: By kampusse soos Stellenbosch en Noordwes het die aandeel klasse wat nog in Afrikaans aangebied word sedert 2016 van ongeveer 70 % tot onder 40 % gedaal (US Taalverslag.2024).
Hierdie verlies het verreikende gevolge gehad. Selfs vir moedertaalsprekers het dit moeiliker geword om ingewikkelde konsepte in Afrikaans natuurlik uit te druk. Want daar waar woorde ontbreek by ‘n persoon, word sy denke beperk. Hierdie proses het Afrikaans se vermoë om gevorderde en gesofistikeerde denke duidelik oor te dra ernstig begin ondermyn.
Djy wiet… dis ôk my taal!
Terselfdertyd het ’n nuwe debat ontstaan oor die insluiting van informele variasies van Afrikaans, soos Kaaps, in die klaskamer. Aan die een kant het opvoedkundiges gepleit dat hierdie vorme ook erkenning moet kry, omdat dit glo die denkwyse en leefwêreld van baie leerders weerspieël. Dít, het hulle gesê, is die ‘realiteit’ van die nuwe generasie. Daardie sogenaamde ‘realiteit’ is toe met groot trots aan blanke kinders bekendgestel in taalkundige hoogtepunte soos “vannie agony vanne jobless life”, “die admirers van ’n expensive ekstratjie”, en “miljenêr se kombuis” – ’n “oorwinning” vir taalonderrig, natuurlik.
Die populêre televisieprogram 7de Laan is een van die grootste oortreders in hierdie verval. Wat aan jong kykers voorgehou word as “normale Afrikaans” is in werklikheid ’n kunsmatige mengsel van Engels, “slang” en toneeltaal. Vir duisende kinders is dít nou die standaard. Hulle dink dis hoe hul ouers gepraat het, hoe Afrikaners altyd gepraat het. Die skade aan die taalbeeld is reeds gedoen: wanneer die wortel nie meer herken word nie, droog die boom uit.
Die gevolg was dat mense begin bekommerd raak het oor hoe Afrikaans uitrafel – en of kinders nog ooit gaan leer om ordentlike, formele Afrikaans te praat en skryf. Die botsing tussen mooi, gestandaardiseerde Afrikaans en straattaal het die taal net verder afgewater. Hele geslagte kinders is toe geleer dat Kaapse straattaal nou deel is van hul opvoeding, al het dit min te doen met regte taalstruktuur of die kultuur waarin Afrikaans ontstaan het.
Hierdie ontwikkeling het nie net die integriteit van die taal ondermyn nie, maar ook verdeeldheid veroorsaak. Want waar daar geen standaard is nie, is daar ook geen rigting nie.
Daar is beslis ’n argument om te maak vir onderrig in ’n spesifieke dialek. Maar nie in een klaskamer nie. Die idee om alle dialekte gelyktydig in dieselfde klaskamer te akkommodeer, klink dalk inklusief, maar in die praktyk skep dit chaos. Daar is eenvoudig geen standaard nie. Kinders met verskillende taalagtergronde word saamgegooi sonder ’n duidelike riglyn oor watter vorm van Afrikaans as norm geld. Die gevolg is dat leerders nie net mekaar se taalgebruik bevraagteken nie, maar ook hul eie taalvaardigheid en identiteit.
Hierdie situasie lei tot ’n nuwe vorm van segregasie, een wat nie op ras gebaseer is nie, maar op taal.
Terwyl daar gepraat word van insluiting en erkenning, word kinders eintlik verder verwar en vervreem. Want sonder ’n gemeenskaplike taalbasis verloor onderrig rigting en taal verloor sy krag as draer van identiteit. Ten spyte van navorsing wat die waarde van moedertaalonderrig beklemtoon, het ideologiese druk Afrikaans steeds ondermyn. Die gevolge was nie net ’n verlies aan taalkundige kompleksiteit nie, maar ook aan kulturele vastigheid, veral vir dié wat Afrikaans as moedertaal én as volksband beleef het. Die eens trotse kultuurtaal is stadigaan teruggedruk tot ’n randposisie. Dit word nog wel gepraat, maar sonder die intellektuele en geestelike gewig wat dit eens gedra het.

Die ironie is dat baie van die “rebelle” van die 1980’s wat destyds met oorgawe die kultuur, taal, godsdiens en volksbewussyn van die blanke Afrikaner bespot het, sit vandag en kla oor die toestand van Afrikaans. Koos Kombuis betreur die vlakheid van Afrikaanse musiek, die gebrek aan gehalte-lirieke en die algehele vervlakking van kultuur. Selfs Breyten Breytenbach, die profeet van kulturele nihilisme, het in Januarie 2016, tydens die Universiteit van Stellenbosch se konvokasievergadering die bestuur heftig gekritiseer. Dit was vir hom onaanvaarbaar dat hierdie universiteit nie meer die bevordering van ’n taal soos Afrikaans se kreatiewe potensiaal en funksionaliteit aanmoedig nie.
Breytenbach, een van die voorbokke wat Afrikaans van ons volk weg sou skeur, het in 1973 die skrif aan die muur gesien. Hy het besef dat die afsterwe van ’n volk onherroeplik sal lei tot die aftakeling van Afrikaans as ’n lewendige kultuur- en skryftaal. In sy eie woorde: hy was deel van ’n geslag wat “die afsterwe van ’n volk beleef het en nou, onvermydelik, ook die doodstryd van ’n taal” aanskou.
Sedert 2013 het skrywers soos Brink, Small en Krog hul kommer uitgespreek oor die toenemende marginalisering van Afrikaans, sowel as die oppervlakkigheid wat die plek van vroeëre inhoud en kwaliteit ingeneem het. Want ’n taal kan van buite bedreig word en ook van binne verhonger.
Die aanval op Afrikaans was egter nie net ‘n plaaslike verskynsel nie. Selfs van internasionale verhoogte af word dit beswadder as ’n “taal van onderdrukking”. Charlize Theron, een van die laaste 44 Afrikaans sprekendes, kon nie vinnig genoeg afstand doen van die Taal nie, en het selfs laat blyk dat die taal nie meer ’n plek het nie. In liberale wêreldkringe is dit deesdae mode om op Afrikaans neer te kyk, asof dit self apartheid uitgedink het. Waar daar eens kulturele bewondering vir hierdie unieke taal was, het dit ’n sondebok geword – ’n voorbeeld van wat met die “verkeerde kultuur” moet gebeur.
Ten minste sing hulle Afrikaans
In die 2000’s het groepe soos Fokofpolisiekar, die skepping van ’n pastoor se seun Francois Badenhorst, met opset die konserwatiewe Afrikaner gemeenskap probeer skok. Hulle punk-rock klank bevraagteken God en geloof met lirieke soos: “Kan iemand dalk ’n god bel / En vir hom sê ons het hom nie meer nodig nie?” of die lied “Ek glo in die son.” Die grootste opspraak was egter nie musikaal nie, maar toe Wynand Myburgh sy handtekening op Bobby van Jaarsveld se beursie gee met die woorde: “F— God”.

Sommige kultuuranaliseerders het egter die kontroversie vanuit ‘n ander oogpunt gesien: Fokofpolisiekar se lirieke is dalk vuil, immoreel en Godslasterlik maar ten minste luister jong mense weer Afrikaans.
Skaars ’n dekade later, sing Dodo Nyoka in Afrikaans van ’n blanke Afrikaanse meisie in “Country Girl van Bloem” en hy word toegejuig. Nie vir rebellie teen die ouer geslag se geloof nie, maar vir iets nóg dieper: die simboliese oorgawe van die volk se vroue. Hy is nie net ’n sanger nie. Hy verteenwoordig ’n nuwe era, een waarin swart mans nie net kultureel omhels word nie, maar selfs seksueel verwelkom word in die hart van die blanke gemeenskap.
Vir die liberale gees is dit ’n triomf. “Kyk hoe vorder ons! Kyk hoe val kleurgrense!” Maar wat nie gesê word nie, is dat daardie selfde grense juis bedoel was om ons vroue en dogters te beskerm. Dis nie genoeg dat ons slagoffers is van moord, verkragting en rooftogte is nie, nou moet ons dit ook nog vier dat ons dogters hulself vermeng met dié wat ons volksbestaan bedreig.
Dit gaan nie nou meer net oor kultuur of moraliteit nie. Dit gaan oor oorlewing.
Terwyl Dodo Afrikaans sing en glimlag, neem die getalle van ons volk af. Nie net deur emigrasie en lae geboortesyfers nie, maar deur ’n stille uitwissing deur vermenging. En tog, vir die liberale koor is alles reg – want ten minste laaik Dodo Nyoka ons meisiekinders en sing in Afrikaans.
Afrikaanse musiek het sedert die 1980’s twee baie uiteenlopende invloede op ons taal gelaat. Aan die een kant het dit bygedra tot ’n nuwe, vars en sogenaamd “cool” beeld van Afrikaans. Aan die ander kant het dit die deur oopgemaak vir vloektaal, vuil temas en ’n losser houding teenoor waardes wat eeue lank ’n volk gebou het. ’n Jonger geslag het grootgeword wat Afrikaans nie meer noodwendig as ’n draer van klas, erfenis en kultuur beskou nie.

Nie dat daar iets fout is met speelsheid of selfs satiriese selfrefleksie in kuns nie. Die probleem is dat dit feitlik die enigste soort Afrikaanse kultuuruitdrukking geword het. Erns, diepte en eerbied word skaars. Om nie eers te praat van geloof en volkstrots nie.
Vandag is daar groot ophef oor Afrikaans. Organisasies soos Solidariteit en AfriForum loof dit as ’n brugtaal tussen blanke Afrikaners en miljoene ander swart Suid-Afrikaners. Hierdie hoop op versoening dryf hulle optrede: die droom van ’n regverdige plek vir die Afrikaner binne die swart meerderheid. Musikante soos Bok van Blerk, wat jare gelede die volk laat juig het, staan vandag op en vereenselwig hom eerder as een van die “baie kleure” in die reënboog, as met die selfstandige en vryheidsideale van sy “rassistiese” voorouers. Ironies genoeg vra hy nie vir sy volk se vryheid nie, maar vir ’n plekkie onder die swart son van Suid-Afrika.
Maar hoe meer die werklikheid inskop, hoe meer begin ons mense mekaar weer soek. Soos in die ou dae van die grensboere, word die volk weer gedwing om self te worstel met moorde, kapings, verkragtings, korrupsie en blankehaat – terwyl die stedelike elite en regeringsgetroues hul harte laat bloei vir die barbaar. Die realiteit leer gou, en dit laat nie ruimte vir mooi praatjies nie.
Organisasies soos Solidariteit en AfriForum mag vandag nog probeer om hierdie soeke na identiteit in die raamwerk van ’n reënboognasie te kanaliseer, maar die volk is op pad om hulle in die stof te laat agterbly.
Wanneer die blanke Afrikaner uiteindelik glo dat hy sy plek gevind het onder die swart son, wanneer hy dink sy taal word gerespekteer, en dat BEE iets van die verlede is, sal hy nog steeds vind dat hy ’n draer is van ’n land wat meer as 60 miljoen meestal onbevoegde swartes huisves. En hierdie volke het nog nooit die werk en denkpatrone van die Westerse blanke kon ewenaar nie.
Die waarskuwing is eenvoudig: die Boer en blanke Afrikaner sal ’n slaaf bly in Suid-Afrika tot by hulle laaste asem, tensy daar weer ’n roep na vryheid opstaan. Nie gelykheid nie… vryheid. Vryheid om God te dien in ons taal en na die beste van ons vermoë. Maar dit is nie moontlik as ons volk al sy krag moet spandeer om ander volke te dra wat nie kan of wil saamwerk nie.

Ons voorouers het dit verstaan. Daarom het hulle gestaan en geveg – nie vir politieke mag nie, maar vir die reg om hul kinders te beskerm en hul God vrylik te dien.
Solidariteit, met al sy strukture, skole en aksies, veg nie vir die hart van die volk nie. Hulle plak pleisters op ’n diep wond. ’n Wond wat nie met oranje sal genees nie maar met bloed.
Die ontsaglike potensiaal in Afrikaans is nie bloot kultureel gebonde nie, maar ras-gebore. Solank die Boervolk (of blanke Afrikaner as jy verkies) hier aan die suidpunt van Afrika voortbestaan, sal daardie taal, met al sy krag en vermoë, steeds in die hart van die volk bewaar word.
Geen Kaapse lingo of swart Zulu-etnisiteit sal die kern en wese van hierdie taal en dié wat dit dra kan ewenaar nie. Selfs al sou Afrikaans in die dekades wat voorlê ’n nuwe fase van ontwikkeling betree, sal die gees wat dit voed en laat groei tot die hoogtes wat dit was altyd teenwoordig wees. Solank ons as ’n volk nog leef.
Dít is die kern van ons stryd – ’n waarheid wat baie blankes ongelukkig nog nie raaksien nie.




