Die Arizona Staats Universiteit in Amerika berig op 26 Augustus dat hulle Roelf Meyer van Suid-Afrika genooi het om vanaf 16 September tot 8 Oktober 2024 ’n lesing vir nagraadse studente aan te bied oor sy suksesvolle bydrae as hoofonderhandelaar in 1993 toe apartheid afgeskaf is en hy in die plek daarvan vir ons ’n “vreedsame demokrasie” gegee het. Verder word daar spesifiek ook genoem dat Meyer sedert 1994 reeds 19 ander lande besoek het om lesings in die verband daar daar aan te bied.

Om beter perspektief hieroor te kry, en ook omdat baie van ons jonger geslag dalk glad nie eens weet wie Roelf Meyer is nie, het ek besluit dis dalk nodig om weer ‘n slag na sy sogenaamde “suksesvolle” bydrae te kyk in 1993 toe hy as hoofonderhandelaar die Nasionale Party op Kempton Park verteenwoordig het.
Meyer was ‘n Nasionale Party Parlementslid tussen 1979 en 1997, en hy was as hoofonderhandelaar direk daarvoor verantwoordelik dat apartheid afgeskaf is om plek te maak vir ‘n gemengde demokrasie regering.
Hy het kort hierna uit die Nasionale Party bedank en saam met Banthu Holomisa die United Democratic Movement gestig wat hoofsaaklik na die swart gemeenskappe se belange moes omsien.
Roelf Meyer se lojale ondersteuning van die ANC bly ’n skokkende bewys van sy onversetlike verbintenis tot ’n regering wat nie net deur onbevoegdheid en korrupsie lamgelê is nie, maar ook verantwoordelik is vir die voortgesette vernietiging van ons land. In sy eie woorde, “I trust the leadership of President Ramaphosa.” Hierdie uitspraak klink soos ’n grap, maar dit kom van ’n man wat al vir dekades ‘n noue persoonlike en professionele verhouding met Ramaphosa het. Meyer en Ramaphosa het immers saam die grondslag gelê vir die “demokrasie” wat Suid-Afrika vandag is—’n land gevul met korrupsie, werkloosheid, en ondenkbare misdaadvlakke.

Die ironie is dat Meyer wêreldwyd as ’n held beskou word vir sy rol in die onderhandelingsproses in die vroeë 1990’s. Hy en Ramaphosa word geloof vir hul “vastberadenheid” en “politieke selfbeheersing.” Tog, wanneer ’n mens die werklike impak van daardie onderhandelinge beoordeel, is dit duidelik dat hierdie “vreedsame demokrasie” bloot die oordrag van mag was na ’n groep wat onkundig en oneerlik was in hul hantering van regeringsake. Meyer het eenvoudig die wil van sy volk verontagsaam en ons land in die hande van kommuniste geplaas.
Dit is ook nie verbasend dat Meyer sy ondersteuning vir Ramaphosa handhaaf nie. Die twee was van die begin af “maatjies” en het saamgespan om die land oor te gee aan die ANC. Die idee dat Meyer en Ramaphosa “oor moeilike krisisse geseëvier het” tydens die onderhandelings, soos internasionale verslae suggereer, maskeer die werklikheid: dat hulle bloot hul eie belange nagejaag het ten koste van ’n volk wat nou krepeer onder die gevolge van hul keuses.
Om Meyer se blindelingse lojaliteit te sien terwyl ons volk in armoede verval en ons infrastruktuur in duie stort, is niks minder as skandelik nie. Hy het nie net ons land aan die ANC verkoop nie; hy het ook sy volk verraai. Sy woorde en dade dra steeds by tot die voortsetting van hierdie tragedie, en hy doen dit alles met ’n glimlag—’n “Christen” wat aan die wêreld verkondig dat ons moet dankbaar wees vir die “vrede” wat sy sogenaamde prestasies gebring het.
As ons na die toestand van ons land kyk, is daar weinig rede om hierdie “leiers” te eer. Inteendeel, hulle dade behoort as ‘n waarskuwing te dien oor wat gebeur wanneer mense hul Skepper en hul verantwoordelikheid teenoor hul eie volk versaak. Roelf Meyer se storie is nie een van sukses nie; dit is ’n tragedie van verlore morele kompas en verlore identiteit.
Op Saterdag 18 Januarie 2000 skryf Meyer in Die Burger dat ons “dankbaar moet wees vir wat Suid-Afrika (natuurlik met sy bydrae) in 1993 tydens die onderhandelings in Kempton Park met die Kommunistiese ANC bereik het”, want dit het ons glo van ‘n bloedige interne stryd gered en ons nie net op die pad na demokrasie (demoonkrasie) geplaas nie, maar ook op die pad van vrede.
Dan voeg hy by dat ons met ons onderhandelingspoging méér reggekry as wat ons verdien het”.
Hierdie “onverdiende sukses” wat behaal is, skryf hy toe aan die bystand en invloed van twee persone wat nie net ’n “blywende indruk op my gemaak het nie, maar terselfderyd ook ’n groot rol in my verdere loopbaan gespeel het”. Hulle is Cyril Ramaphosa en Bantu Holomisa – albei voorvadergeesaanbidders.
Dit was reeds in 1989 (met FW de Klerk se oorname) al duidelik dat Roelf Meyer se belange wegbeweeg het van sy eie mense, en dat hy ’n groot voorstander was van Transformasie. Net soos De Klerk en verskeie ander meelopers, het hy hom nou ook vereenselwig met die oorheersende Nasionale Projek van ’n owerheid wat veral gekenmerk word aan sy sterk swart nasionalistiese en Afrikanistiese sentimente.
Daarvolgens moet die hele samelewing omvorm word om allereers die belange van die swart meerderheid te dien.
Skaars drie jaar na die aftakeling van apartheid, verlaat Roelf Meyer die Nasionale Party op 17 Mei 1997. En later daardie selfde maand hou hy saam met verskeie swart leiers ‘n driedaagse strategiese beplanningskonferensie waartydens daar besluit word dat hulle ‘n politieke beweging moetstig wat daartoe in staat moet wees om mense rondom gedeelde waardes oor rasse-, historiese, ideologiese en sosiale skeiding te verenig.
Bantu Holomisa en Roelf Meyer wat in die geheim vergader het, terwyl Meyer nog lid was van die Nasionale Party, om die proses vir ‘n nuwe beweging te bespreek, het weer in die middel van 1997 op Loftus Versveld vergader, en in beginsel ooreengekom dat hulle voortaan openlik en formeel sal saamwerk om ‘n nuwe bedeling vir swart mense te vestig.
Dit het tot gevolg gehad dat die United Democratic Movement op 27 September 1997 by die World Trade Centre, in Kempton Park van stapel gestuur is. Bantu Holomisa is tydens sy eerste nasionale kongres in Junie 1998 tot die party se eerste president verkies.

Die doel van die Beweging was om allereers na die belange van die swart meerderheid om te sien.
En nie lank hierna nie, is transformasie op alle lewensterreine van toepassing gemaak met die staatsdiens wat om verstaanbare redes, reeds die verste gevorder het. Dit word egter ook met al groter drif buite die openbare sektor toegepas en feitlik geen lewensterrein sou dit uiteindelik kon vryspring nie. Domeine so uiteenlopend soos sportspanne en die regstelsel was toe alreeds in die proses om te transformeer.
In Meyer se elle lange 2010 relaas van lofbetuigings aan Ramapha en Holomisa oor hul grootse bydraes vir ’n nuwe bedeling, word daar nêrens ’n woord gerep dat die Almagtige Skepper moontlik ook ’n aandeel in hierdie sogenaamde “sukses” gehad het nie. Miskien omdat Meyer geweet het dat alles wat tydens daardie onderhandelings plaasgevind het, geheel en al strydig was met die wil van die Skepper?
In Eksodus 34 gee die Almagtige vir sy kinders ’n baie duidelike bevel aangaande ’n saak wat ook direk op ons as volk van toepassing is:
“Neem jou in ag dat jy geen verbond sluit met die inwoner van die land waarin jy kom nie.” — Eksodus 34:12
En wié van ons as Boervolk sal dit betwis dat ons voorsate vanuit Wes-Europa na hierdie land toe gekom het?
Maar desnieteenstaande het Roelf Meyer, FW de Klerk en hul meelopers willens en wetens die Alkmagtige Skepper se verbod geїgnoreer en in 1993 met die inwoners van hierdie land daar by Kempton Park ’n onheilige verbond gesluit!

Die profeet Esegiël het ons al voortydig hierteen gewaarsku:
“Dan sal Ek jou neerwerp op die land, jou wegslinger op die oop veld…” — 32:4
En hoeveel van ons bloedeie volksgenote sit nie vandag “weggeslinger op die oop veld” in Wit plakkerskampe nie?
Ons hoef maar net te kyk na die verdoemende resultate van die afgelope 30 jaar om dit te besef.
Desnieteenstaande word Meyer en Ramaphosa in 2004 met die SA Brrouers Leierskap en Diens-toekenning bekroon. En hy is in 2018 ook met die Orde van die Kremetart, Silwer-toekening vereer vir “Sy geweldige bydrae om spesiale ondersteuning te bied in die geboorte van die nuwe demokratiese Suid-Afrika deur onderhandelinge…”
Roelf Meyer openbaar egter ook onrusbarende motiewe en optredes wat ’n aanduiding kan wees dat sy sogenaamde Christenskap net ‘n skynheilige vertoon kan wees. Want:
Tydens ’n besoek aan Soweto in Januarie 1994 was sy interaksie met sangomas en tradisonele genesers (almal voorvadergeesaanbidders) uiters skokkend toe hy as sogenaamde “Christen”, deelgeneem het aan ’n heidense seremonie waartydens hy deur ’n sangoma met die gal van ’n geslagte bok besprinkel is.
Hierdie daad was simbolies en bedoel om respek vir plaaslike gebruike te toon en om die seëninge van tradisionele leiers te soek terwyl hy hom beywer vir die ondersteuning van hoofsaaklik swart gemeenskappe.
Barack Obama en FW de Klerk
Het u geweet dat Barack Obama Obama in sy twee termyne as president meer hoë militêre offisiere afgedank het as enige vorige Amerikaanse president.
In Desember 1992 het ‘n soortgelyke situasie hom hier in Suid-Afrika afgespeel toe Roelf Meyer pres. FW De Klerk uit Amerika gebel en meegedeel het die Clinton-regering eis die onmiddellike afdanking van ‘n aantal generaals in die SAW, want dit sou aan die ANC bewys dat hy ernstig is oor die Kodesa-onderhandelings wat gedreig het om plat te val. As rede moes daar aangevoer word dat die generaalsagteraf en in die geheim besig was met ‘n bose komplot om die regering oor te neem.

En toe, op Saterdag 20 Desember 1992, maak De Klerk ook die skokaankondiging dat hy 23 van sy weermag-generaals summier afgedank het weens vermeende verraad.
In die notules van ’n vergadering wat kort daarna tussen die Prokureur-Generaal van die Witwatersrand se weermagoffisiere en regter Pierre Steyn plaasgevind het, het die Prokureur-Generaal rondborstig erken dat daar géén enkele bewys teen enige van die generaals bestaan nie.
En tot vandag toe kon nóg Roelf Meyer nóg wyle FW de Klerk bewys dat enigeen van die afgedankte generaals hulle ooit skuldig gemaak het aan enige vorm van misdaad nie, ook nie dat hulle betrokke was by ‘n komplot of verraad nie, nog minder dat hulle dit ooit oorweeg het om die wapen neer te lê nie!
Meyer en De Klerk het dit gedoen, weant die stem van die Allerhoogste het in hul ore stil geraak. Job 8:13 “So gaan dit met almal wat God vergeet…”
Maar dit was juis in dié tyd dat sommige van ons weer daardie ou-ou verhaal gehoor – ’n verhaal uit die pen van Moses: “As jy nie luister na die stem van die Almagtige nie … dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal.”
Ja, die meerderheid van ons volk het nie meer na die stem van ons Skepper geluister nie, maar verkies om die oor na Roelf Meyer, FW, Pik Botha, Johan Heyns en Tutu te draai.
En wat was die gevolge? Byna oornag is al hierdie vloeke oor ons losgelaat is: Ons was vervloek in die stad, en vervloek in die veld; die hemel bo ons hoof het koper geword, en die aarde onder ons soos yster; die reën van ons land was tot poeier en stof gemaak; voor ons vyande is ons verslaan; op een pad het ons teen hulle uitgetrek, maar op sewe paaie voor hulle uitgevlug.
Maroelamedia berig op 28 Julie 2024 dat ’n rekorddroogte wat oeste regoor Suid-Afrika verwoes het, en miljoene mense steeds laat honger ly, gaan nog groot skade veroorsaak. “En die ergste kom nog,” het Lola Castro, die wêreldvoedselprogram se waarnemende streeksdirekteur, in ’n onderhoud aan AFP gesê. Mense kon nog geen opbrengs van hul huidige oeste geniet nie, en die probleem is dat die volgende oes eers in April volgende jaar is.
Ons het ons met ‘n vrou verloof, maar ‘n ander man het haar geskend; ‘n huis het ons gebou, maar daarin nie gewoon nie; ‘n wingerd geplant, maar dit nie in gebruik neem nie. Ons beeste is voor ons oë geslag, maar ons het nie daarvan geëet nie; ons kleinvee is aan ons vyande gegee sonder dat daar vir ons ‘n helper was.
Ons seuns en ons dogters is aan ‘n ander volk gegee, terwyl ons oë dit sien en die hele dag na hulle smag sonder dat ons daar iets aan kon doen. Die vreemdelinge wat by ons is, het al hoër en hoër oor ons opgeklim; en ons het al laer en laer afgesak.
Hulle was nou die kop en ons die stert. Hulle het baas geword en ons klaas…
Dus is Meyer se uitspraak dat “Suid-Afrika dankbaar moet wees vir wat met die onderhandelings bereik is, is skandalig en godslasterlik, en moet summier verwerp word! Want:
- In De Klerk en Meyer se “Nuwe Suid-Afrika” word daar in hierdie stadium élke dag 70 moorde gepleeg;
- voorts het Suid-Afrika die hoogste werkloosheidsyfer ter wêreld; terwyl
- der duisende Blankes vandag in Wit plakkerskampe sit;
- nog duisende ander gedoem is tot straatbedelary, en laastens
- word ons moedertaal op elke denkbare wyse verdring en vertrap.
Tog verwag Roelf Meyer van ons om dankbaar te wees vir al die onreg en ellende wat deur sý toedoen oor ons gekom het!
Genadige Yahweh, wáár is daar nog ‘n volk met sulke “leiers”?