Met die uitbreek van die 3de WO het Siener gesê hy sien hoe die nag oor Engeland toesak.
Hy beskryf dit so: “Daar sien ek ’n swart slang lê. Dis nou Engeland met sy swart probleem. En dit wys vir my daar kom groot hongersnood en ’n burgeroorlog. Die slang rol hom op — die swartes en gekleurdes gaan vestig hulle in Engeland. En dan begin al Engeland se probleme — en sy ondergang”
Die donkerheid wat Siener vir Engeland voorspel het, met sy visioen van ‘n ‘swart slang’ wat probleme en verwoesting oor die land bring, lyk of dit begin waar word.
Die vonk wat die onlangse onluste in Engeland aangesteek het, was die tragiese moord op drie jong meisies van Southport. Op Julie 29 het ‘n 17 jarige, Axel Rudakubana, by ‘n Taylor Swift dans partytjie ingestap en jong meisies begin doodsteek. Altesaam 13 mense is gewond waarvan drie jong meises dood is. Die nege-jarige Alice Dasilva Aguiar, 7-jarige Elsie Dot Stancombe en die 6-jarige Bebe King. Nietemin die media se doelbewuste poging om die 17 jarige moordenaar as ‘n walliese bruger te identifiseer weier baie Engelse om hierdie klassifikasie te aanvaar. Hy is die seun van ouers wat in 2013 uit Rwanda gemigreer het. Hy is ‘n uitlander en klaar.
Hierdie tragedie het nie net die mense van Southport en die Liverpool omgewing geruk nie, maar het ook jare se probleme met immigrante vir die eerste keer werklik na vore gebring. Op 30 Julie terwyl Starmer en ander mense blomme by die moordtoneel neergesit het, het ‘n woedende skare in Southport uitgebars, motors aan die brand gesteek en ‘n moskee aangeval as ‘n teenwraak teen Moslems en immigrante. In Rotherham het ‘n ander skare ‘n hotel beleër wat asielsoekers gehuisves het. Dwarsoor Engeland en Noord-Ierland het gemaskerde blanke skares die polisie gekonfronteer, voerrtuie en ‘n biblioteek aan die brand gesteek, en petrolbomme gegooi, wat sommige polisiebeamptes gedwing het om vir hul lewens te vlug.
In reaksie op die onluste het die huidige eersteminister, Keir Starmer, ‘n dringende sekuriteitsvergadering belê en duisende polisiebeamptes ontplooi om orde te handhaaf. Die media en selfs Stamer het die derduisende Britte wat in opstand gekom het weens die grumoorde beskou as “verregse skurke”.
Om vandag “regs” (m.a.w. “behoudend”) te wees, is ’n misdaad.
Tot dusver is byna 400 mense gearresteer, waarvan sommige beskuldig word van aanhitsing tot rassehaat aanlyn.
Polisiekommissaris Rowley het aangedui dat hierdie oortreders met terrorismeverwante klagte aangekla kan word. In die VK word terrorismeklagte hoofsaaklik gereguleer deur die Terrorismewet van 2000, wat beteken dat ‘n persoon tot 15 jaar gevangenisstraf in die gesig kan staar. Die magte om individue wat van terrorisme verdink word, aan te hou, is omvattend en stel die polisie in staat om verdagtes vir tot 14 dae sonder aanklag aan te hou, wat onder sekere omstandighede verleng kan word. In baie gevalle kry individue nie eens ‘n behoorlike verhoor nie.
Enkele van die swaarste vonnisse as gevolg van sosiale media poste sluit in Jordan Parlour (20 maande), Tyler Kay (3 jaar) en Charlie Bullock (18 maande).
Die nuwe Wet op Aanlyn Veiligheid, wat tans in ontwikkeling is, sal die regering wye magte gee om aanlyn-inhoud te sensureer wat as “skadelik” of teen die “nasionale belang” beskou word, selfs al is dit feitelike en wettige toesprake.
Keir Starmer was destyds nou betrokke by die hantering van die gevolge van die 2011-onluste in die VK na die polisie-skietvoorval van Mark Duggan. Wat baie mense nie weet nie, is dat hy aktief betrokke was by verskeie sosialistiese groepe, en sy ideologiese agtergrond sluit bande in met die meer radikale aspekte van Trotskisme. Daar word som spottend na Starmer verwys na as die “Posh Trot” van die Arbeidsparty.
Komraad Keir Starmer
Tydens Rishi Sunak se tyd as eersteminister was daar toenemende ontevredenheid onder die Britse publiek. Sy streng fiskale beleide en onsimpatieke benadering tot sosiale kwessies het hom baie ongewild gemaak. Hierdie ontevredenheid het die deur oopgemaak vir ‘n nuwe eersteminister. Starmer was die belowende leier van die Arbeidersparty. Sy grootste opposisie was die populêre Nigel Farage van die Reform UK party. Farage voer al vir jare ‘n desperate veldtog teen immigrasie maar sonder veel sukses. Individue soos Nigel Farage en Tommy Robertson het dalk stemme geword vir die blanke werkersklas in Engeland, maar word totaal en al deur die politici en hoofstroom media geingoreer of aangeval.
Die onlangse verkiesing tussen Starmer en Farage het baie mense ontnugter gelaat. Vrae het ontstaan oor die integriteit van ‘n klaarblyklike “demokratiese” verkiesing. Farage se party het byna geen setels verower nie, wat tot bespiegeling gelei het oor moontlike manipulasie en die werklike gewildheid van Starmer.
Keir Starmer se vroeë jare was gekenmerk deur sterk kommunistiese en sosiaal-georiënteerde oortuigings. In ‘n onderhoud met Peter Hitchins deur Konstantin Kisin and Francis Foste van Triggernometry het Hitchins kortliks Starmer se kommunistiese agtergrond blootgelê.
Starmer was blykbaar in sy twintiger jare betrokke met ‘n beweging genaamd Pabloism. Pabloisme is ‘n politieke ideologie wat in die 1940’s en 1950’s uit Trotskyisme ontstaan het. In plaas daarvan om slegs op die werkersklas te fokus, soos tradisionele Trotskiste gedoen het, het Pablisme geglo dat revolusies ook gelei kon word deur elitistiese groepe. Dit het dus wegbeweeg van die eng proletariaat (die werkersklas) en het nou ook politieke leiers ingesluit.
Pablo het sy eie organisasie gestig genaamd die International Revolutionary-Marxist Tendency (IRMT). In Brittanje het hulle die tydskrif Socialist Alternatives uitgegee, waarvan Keir Starmer op die Redaksionele Raad was. Vanaf 1972 het die IRMT hul Trotskistiese alliansie laat vaar en ‘n Rooi/Groen politieke ideologie gevolg, d.w.s. ‘n politieke alliansie tussen linkse, sosiaal-demokratiese of demokraties-sosialistiese partye (die “rooi” partye) en groen, omgewingsbewuste partye (die “groen” partye).
In baie kommunistiese of sosialistiese bewegings word daar klem gelê op die stryd teen diskriminasie (op grond van ras, geslag, ens.) as deel van ‘n groter poging om kapitalistiese uitbuiting te beveg. In ‘n kommunistiese konteks gaan inklusiwiteit daaroor om te verseker dat alle lede van die samelewing toegang het tot basiese behoeftes en nie uitgesluit word op grond van klas, ras, geslag, of ander identiteite nie. Dit strook met die kommunistiese beginsel om die kollektief bo die individu te stel.
Hierdie kommunistiese agtergrond het Starmer (en die meerderheid politici) gelei om ‘n meer progressiewe en inklusiewe beleid te volg, wat nou ‘n geweldige bedreiging inhou vir die tradisionele Britse kultuur en waardes. In ‘n onlangse onderhoud het Starmer die werkersklas gedefinieer as diegene wat geen spaargeld het nie en slegs van hand tot mond leef. Op hierdie manier het hy die staat die reg gegee om miljoene engelse wat soms net kop bo water probeer hou en iets in die lewe te bebreik, tot in die grond in te belas. Nie tot voordeel van die inheemse Brit nie maar ‘n spul immigrante wat letterlik op die staat se nek lê.
Engeland se ondergang
Sover terug as 1968 het die Britse parlementslid, mnr. Enoch Powell, in Burningham gesê dat Brittanje gek moet wees om die instroming van sowat 50 000 immigrante jaarliks toe te laat. Dit is soos om ’n volk dop te hou wat “besig is om sy eie brandstapel te bou,” het hy by die jaarlikse vergadering van die Wes-Middellandse Konserwatiewe Politieke Semtrum gesê.
Mmr. Powell het voorts gewaarsku “…dat daar (volgens amptelike syfers) binne 15 tot 20 jaar meer as 3 500 000 immigrante en hul afhanklikes in Engeland woonagtig sou wees, en teen die jaar 2 000 nagenoeg 7 miljoen. Hulle sal oor groot dele van Engeland versprei wees en blankes uit hul eie woongebiede verdryf.”
Ongeveer 35 jaar later in 2003 het die Britse koerant, The Guardian, mnr.Powell se waarskuwing bevestig “Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat ’n inheemse meerderheidsvolk vrywillig, en nie weens oorlog, hongersnood of siekte, ’n minderheid geword het”.
In 2015 het Angela Merkel besluit om die grense van Duitsland oop te stel vir vlugtelinge en immigrante. Soos reeds in ‘n vorige artikel bespreek is, pluk Duitsland nou ook die vrugte van hierdie kranksinnigheid.
Tans word die Verenigde Koninkryk oorstroom met honderde duisende immigrante uit lande soos Afrika, Pakistan, Nigerie, Indië en China. Hierdie golf van immigrasnte voer al hoe meer druk uit op die land se infrastruktuur en arbeidsmark. Terwyl inheemse Britte sukkel om werk te kry word immigrante basies op die hand gedra.
Om u net ‘n idee te gee van hoe erg die probleem is: Volgens statistiek het daar gedurende die laaste 25 jaar meer immigrante uit Afrika en Asië Brittanje binnegestroom as in die vorige 2 000 jaar. En net verlede jaar (2023) was die aantal vreemde inkommers meer as in die jare 1980’s–1990’s te same.
Van die redes wat deur die Britste regering aanvoer word vir die noodsaaklikheid van ‘n oop immigrasiebeleid is goedkoop arbeid en om ekonomiese groei aan te dryf. Daarmee saam sukkel Brittanje, soos Duitsland, met ‘n verouderende inheemse bevolking en soos Duitsland wil die regering nie sy eie mense aanmoedig of help om kinders te kry nie, maar liewers massas goedkoop arbeid van buite af inbring. Massas immigrante met geen wortel in die bestaande Britste kultuur nie en met syfers so drasties hoog dat assimilasie feitlik onoontlik is.
Londen, eens ‘n bastion van Britse kultuur en tradisie, het dramaties verander oor die afgelope paar dekades. Vandag is slegs 30% van die stad se bevolking wit, ‘n skerp afname wat die gevolg is van jare lange immigrasie en ‘n afname in geboortesyfers onder die inheemse bevolking. Groot gedeeltes word deur Moslems beheer en hierdie tendens is ook besig om na ander gebiede te versprei.
Saam met die immigrante is daar natuurlik ook ‘n toename in geweldsmisdade — dikwels ideologies van aard.
In Junie 2020 het Khairi Saadallah, ‘n Libiese asielsoeker, drie mans doodgesteek en drie ander in Reading se Forbury Gardens beseer.
In Desember 2020 het ‘n Soedanese asielsoeker in Frankryk op ‘n steektog in Romans-sur-Isère gegaan, twee mense vermoor en vyf ander beseer, gedryf deur persoonlike griewe en Islamitiese ideologieë.
In November 2021 het Emad Al Swealmeen, ‘n Irakse asielsoeker, ‘n bom in ‘n taxi buite Liverpool Women’s Hospital laat ontplof en net hyself is gedood toe die taxibestuurder net betyds ontsnap het.
In Oktober 2023 is Ahmed Alid, ‘n 45-jarige Marokkaanse asielsoeker, tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op die 70-jarige Terence Carney in Hartlepool, VK. Alid het beweer die aanval was wraak vir die Israel-Hamas-konflik. Hy het ook probeer om sy huismaat, wat tot die Christendom bekeer het, dood te maak.
Tot dusver het die Britste regering nog geen statistieke bekend gemaak aangaande die impak van onwettige immigrasie op geweldsmisdaad in die VK nie.
Die swart slang
Aan mnr. Willie Lourens het oom Niklaas in 1914 in die Fort in Johannesburg die volgende voorspel: “Ek sien Engeland is ’n pikswart vark met hier en daar ’n wit haar op hom. Dit is die swart nasies wat oorsee gaan opstaan teen die wittes, maar veral in Engeland, met hier en daar ’n witte onder hulle wat ook gaan moeilikheid maak.”
Toe sien oom Niklaas die vark hang in Engeland aan die haak — klaar afgeskraap met ’n vlek aan hom. Dit is die Engelse vlek op ons vlag. Toe sien hy weer die vark hang in Bloemfontein sonder die vlek. Dit beteken ons vlag sal eendag weer skoon hang oor die Unie van Suid-Afrika. Oom Niklaas het toe bygevoeg hy weet nie of hulle twee nog sal leef nie, want dis ver in die toekoms en intussen sien hy nog moeilikheid hier in ons land tussen die swartes en die wittes. (Die merkwaardige van hierdie mededeling deur Siener is dat die Unievlag eers sowat tien jaar later as amptelike vlag van die Unie van Suid-Afrika aanvaar is).
Siener sê wanneer Engeland se rasseprobleme hand uitruk as gevolg van die onbeheerste massa-instroming van gekleurdes vanuit die Derde Wêreldlande, sien hy ook ’n burgeroorlog in Frankryk, want die gekleurdes gaan ook soontoe vlug. Maar nog vóórdat al hierdie dinge gebeur, sien hy ’n ontsaglike burgeroorlog in Rusland.
Hierdie burgeroorlog in Rusland (die Oekraine?) is reeds sedert 2014 aan die gang, en die moontlikheid van burgeroorloë in Engeland en Frankryk lyk nou ook baie waarskynlik.