Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

As die karre op die bulte staan!

2011-07-21

Deur Adriaan Snyman


Op 1 Augustus 1914 het Siener ‘n klomp mense (blankes) gesien wat opstandig raak, met “geweers aanlê” en dreig om te skiet. Dit is die begin van blanke weerstand. Dan verskyn daar twee syfers 1 en 7 (17) – dis interessant dat daar nou al 17 (1994-2011) jaar verloop het nadat die gladgeskeerde (verraaier) en sewende leier van die NP onderhandel en oorgegee het (die sewe word ‘n mens). Mnr. Boy Mussmann voeg hierby dat die volk nou (terwyl die rooi kielhouer oor ons gaan) sal begin om bymekaar te staan. In ‘n ander gesig het Siener gesien hoe hy en sy dogter Anna met haelgewere op Johaanesburg mik: Ek (Anna) en Nicolaas staan met dubbel loop haal geweers en mik op Johannesburg. (Hulle maak gereed vir oorlog).

Ek het in die afgelope paar maande min of meer statistiek probeer hou van Die Burger-, Beeld- en Rapport-lesers se kommentare op smeerberigte waarin behoudende blankes afgekraak en bespoeg word deur liberaliste soos Tim du Plessis, Harold Pakendorf, Max du Preez, en nou ook die rampsalige prof. Anton van Niekerk – hy het ‘n baie groter pak slae verdien as net ‘n bloedbek en gebreekte bril. Sowat 87% van die lesers het in hulle kommentare hierdie “witvel veragters” letterlik in hul eie drek toegerol en vir die miskruiers gevoer.

Ja, my volk is waarlik besig om wakker te skrik!

Daarmee saam het ons pas die koudste winter in menseheugenis beleef, en ‘n staking wat nog nie sedert 1922 gesien is nie. Enkele motoriste het al “op die bulte gaan staan” en moes deur die padpolisie weggehelp word. Kan hierdie dalk die “groot staking” wees wat Siener voorspel het? Kom ons hoop so!

Cosatu se sekretarisgeneraal, Zwelinzima Vavi, het reeds in Februarie verlede jaar die land voor  bereir vir die “Moeder van alle stakings” wat, volgens hom, “in 2011 die winter sal rek tot Oktober, of totdat die regering arbeidsmakelaars verbied het”. Dat hulle aan 4 miljoen werkers werk verskaf,  kan hom min skeel, want “hulle is die oorsaak dat die arbeidsmark 1.7 miljoen werksgeleenthede verloor het. Vavi het sy op 12 Julie 2011 sy dreigement herhaal, en belowe dat al die vakbonde teen September weer in die strate soos veldsduiwels gaan bokspring as die arbeidsmakelaars nie verbied word nie. Sy waarskuwing klink soos ‘n aanhaling uit Siener se profesie oor die grootste staking in ons geskiedenis:
“South Africans should brace themselves for the biggest strike yet. You’ve seen nothing yet. More is still coming. Actually, it will be the biggest strike ever in the country. We will bring South Africa to a halt. Those who are complaining [now] have seen nothing yet .The economy will grind to a standstill…” (13 Julie 2011, Township Times).

Vir die eerste keer in 17 jaar het Solidariteit se 60 000 blanke personeellede ook Maandag (19 Julie) hulle by die stakers gevoeg. Die papierbedryf en munisipaliteite is ook gereed om hulle kladboeke en asblikke neer te lê, en op e-News is aangekondig dat ‘n staking deur goud- en steenkoolmynwerkers onafwendbaar is omdat die mynbase nie bereid is om aan die werkers se eis van 12-14% verhoging toe te gee nie – die aanbod staan op 7%. Intussen dreig die Staatsdiens ook, en dan is daar nog die duisende Eskom-werkers wat al twee maande gelede gesê het dat ons hierdie winter sal moet vuurmaakhoutjies optel. Ons kan dus in die volgende paar weke die een staking na die ander sien totdat die hele land uiteindelik lamgelê word. Die steenkoolmynstaking kan daartoe lei dat geen steenkool by kragstasie gelewer sal word nie, en hulle kan genoodsaak wees om die “switches” te gooi. Donkerte, chaos en geweld is dan ons voorland.

In verskeie gesigte vertel Siener ons wat moontlik nog hierdie jaar gaan gebeur:

  • Kosskaarste – “Daar staat ’n tafel gedek en daar is koue gestampte mielies in ’n skotel, en ’n skotel koue pap kom ook op die tafel… Die papskottel is leeg …Die laaste word uitgeskep…Ons sit nog en eet toe raak die kos weg
  • Geweld in Natal sal uitbrei – “Van die Ooste kom ’n vuur en brand Noord-Wes.(In die afgelope tyd is drie senior Zulu-leiers in Natal vermoor). Die aarde is zwart… (Groot moeilikheid).
  • Die mynstaking – “Toe kom mense uit die zelfde richting (Johannesburg) met grawwe achter hulle ruggen”.
  • Staatsbeerde dienste stort in duie, daar is geldskaarste, goudmyne sluit omdat hulle nie meer winsgewend bedryf kan word ne, en daar is niemand wat nog daar werk nie – “Bij Johannesburg is ’n groot hoop grond (gouderts) maar nie een mens te zien”.

25 Maart 1917 – Vloede landswyd – “Sien ek ‘n groot rivier, en in die rivier is beeste wat wil versuip, net die horings en koppe steek uit”. Onlangs het van die grootste reëns in jare dwarsoor die land geval en daar was oral veeverliese en vloedskade.

Die uitbreek van die Derde Wêreldoorlog: In Maart 1955 skryf mnr. Boy Mussmann in ’n brief aan die Volksblad oor wat die Siener aan hom gesê het aangaande sekere uitstaande gebeurtenisse wat nog moet plaasvind voordat die laaste Groot Oorlog gaan begin, en die Getroue Afrikaner sy land, vryheid en Vierkleur weer gaan terugkry. Hy skryf: “Oom Nicolaas het ook vir ons die tekens gegee ‘sodat julle kan weet wanneer die oorlog gaan begin’: Kyk, die treine sal staan. Die myne staan. Die motorvoertuie staan op die rooi bulte — gebrek aan petrol. Die Nie-Blanke mynwerkers is weg huis toe gestuur. Die treine staan oor gebrek aan smeerolie…”

Dis verbasend dat Siener die treine sien staan weens gebrek aan “smeerolie”, want toe hy hierdie gesig gehad hert, was dieseltreine nog heeltemal onbekend. Hy sien ook ‘n vuurgloed by oliebronne (buiteland) wat aan die brand gesteek word.

Aan die einde van die 2de Wêreldoorlog skryf mnr. H.J. Dreyer in die Volksblad: “Na aanleiding van Siener se gesigte wil ek net daarop wys dat die ganse wêreld, vanaf die weste van Amerika tot aan die ooste van Japan, deur hom (Siener) alles as “Europa” beskryf is. Gebeurtenisse wat hulle in die Noorde van Europa afspeel, vind plaas in Noord-Afrika.”

As hy dus sê daar is vyf potte op die vuur (burgeroorloë) in Noord-Europa, dan sien hy dit in die noorde van Afrika. Die konflikte wat daarom nou in Egipte, Sirië, Yemen, Barain en Libië afspeel, kan die vyf potte op die vuur wees.

Die begin van die Derde Wêreldoorlog het hy só voorspel: As die kwaai winter verby is – “net soos dit dan weer reën en die gras groen en mooi groen is, dan breek die oorlog uit…”

‘n Gewese CIA agent, Robert Baer, voorspel dat hierdie oorlog in die tweede helfte van 2011 gaan uitbreek. In ‘n artikel in Time van 18 Julie het hy gesê dat bronne uit die Israeli Geheimdediens bevestig het dat een van Israel se kernduikbote in die Arabiese Golf  binne 45 dae ‘n kernmissiel op ‘n Iranse kerninstallasie gaan lanseer. Libië en Sirië sal byna dadelik by die oorlog betrek word, sê hy, en gaan dan voort: “Vrede was nog nooit ‘n opsie vir Israel se eersteminister, Benjamin Netanyahu en sy minister van verdediging, Ehud Barak, nie. Hulle sal enigiets doen om die tot standkoming van ‘n Palestynse staat te keer”.

Maar waarom daar juis nou, terwyl die wêreld sy grootste finansiële krisis beleef, ‘n nuwe oorlog moet begin, is vir Baer die enigste uitweg, want “behalwe vir Griekeland is Ierland, Italië, Portugasl en Spanje ook feitlik bankrot. Duitland kan nie meer help nie. Die oplossing? Oorlog. In reaksie op die aanval, sal Inral dadelik die Straat van Hormuz sluit, en 40% van die wêreld se olieverskeping stop. Die olieprys sal opskiet tot $200 per vat, wat massa-inflasie tot gevolg sal hê. ‘n Brood sal $29.99 kos en Amerika se Bruto Binnelandse Produk sal styg tot $140 triljoen. En, net soos in die vorige twee Wêreldoorloê, sal Amerika vir honderde duisend werkloses werk skep deur die oprigting van reuse-wapenfabrieke en industrieë om die oorlog te “steun”. Ten slotte, sê hy, sal ‘n oorlog met Iran Obama se kanse om president te bly, verseker!

Wat Baer egter nie vermeld nie, is dat al Iran se kernplofkoppe geprogrameer is om Haifa in Israel te tref, wat die ganse Israel in ‘n Armaggedon-landskap kan omskep.

Ons het al dikwels in die verlede voorspellings soos hierdie ontvang, en ek noem dit slegs omdat dit nogal aansluit by Siener se gesig oor die uitbraak van die laaste Groot Oorlog.

Maar dit moenie vergeet word nie – hy ook gesê het as óns dinge begin, sal die “oorlog al ver gevorderd wees”. Intusen skeur ons maar ons klere en bid sonder ophou dat die Grootste afgod wat die heelal nog ooit opgelewer het, moet verkas sodat die ganse heelal vir hom ‘n laaste snotpsalm kan aanhef!

‘n Majestuese en mistieke figuur is hy voorwaar, hierdie engel van lig, want selfs die eersteminister van die magtige Britse Empire, ene David Cameron, voel so klein en minderwaardig dat hy met sy besoek aan Suid-Afrika nie eens die moed gehad het om op 18 Julie met die engel se verjaarsdag voor hom in die Gunu-stof te gaan neerval nie. Nee, hy het verkies om maar liewer die huppelende poligamis geselskap te hou.

Net ‘n laaste vragie: Het Siener nie dalk ook die Suidlander-projek op 24 Junie 1915 en in ‘n ander visioen “gesien” nie: “Mense maak gereed om pad te gee – die waens is opgepak…In verband met die kaffermoeilikheid, het ek gesien die vroue vlug”.

4 thoughts on “As die karre op die bulte staan!”

  1. Dank die Goeie liewe Here vir mense soos Oom Adriaan en Gustav Muller. Ons is gewaarsku en is gereed, mag die genade van die Here onse God julle en al die ware Afrikaaners veilig hou! Sodat dit nie eens nodig is dat ons een skoot vuur nie, maar as dit moet sal dit wees vir God, Volk en Vaderland.

    Die Tafel is gedek, en die tyd vir waarsku verby, ons verlossing van die godelooses, veraaiers en liberaliste is voor die deur.

    Dit sal my vooreg en eer wees om eendag sy aan sy langs ware God vreesende, getroue Afrikaaners soos julle te le, en met die genade en eliding van die Here onse God vir ons vrouens en kinders se toekoms te veg. En met die hand van God aan ons kant… Wie kan ons keer!

    Vriendelike Boere groete
    Johann Coetser

  2. Ek wonder nogsteeds; het Siener dalk iets te sê gehad oor die opstanding van die dooies met ons Koning se koms… Waar die verganklike in onverganklikheid vir ons gaan verander.

    Wonder maar net?

    PJ.

  3. Baie interessante artikiel. Bly om te sien Siener se gesigte is die enigste regte padkaart vir al hierdie dinge wat nou gebeur en nog sal gebeur.

  4. Vir diegene van julle wat nie kan kommentaar lewer nie, probeer ‘n ander “web browser” soos Firefox of Opera. Ek gebruik Opera op die oomblik…

    Hier is die skakels:

    Opera
    http://www.opera.com/download/

    Firefox
    http://www.mozilla.com/en-US/firefox/all-older.html

    Aangaande die artikel: Ek wonder of Siener se visioen van die karre wat op die bulte staan dalk nie eerder verwys na die geweldige sneeuvalle landswyd nie? Ek kyk nou gister op die nuus hoe vragmotors van die pad af gedryf is en sommige vir dae aan een vasgevang was in die sneeu. Mens wonder maar want die reeks gebeure het hy tog vir Boy Mussmann as ‘n geheel beskryf en dalk is die gebeure bietjie deurmekkaar gegooi.

    Nietemin was die ou man weer feitlik in die kol!!

Comments are closed.