Aardbewings sal Japan verwoes

Mnr. Boy Mussmann vertel hoe hy dikwels voor oom Nicolaas se brakdakhuisie op Rietkuil op ’n veldstoeltjie gesit en luister het na die Siener se beskrywing van die lotgevalle van die nasies. “En om te dink hy was ’n ongeletterde man wat geen tydskrif of koerant gelees het nie; hy het ook geen geskiedenis van die nasies geken nie, maar hy het alles van hulle geweet.

“Hy het dikwels vertel van die dinge wat nog hier en in Europa moet gebeur, en eendag toe hy weer daarvan praat, vra ek hom: “Nou wat dan van Japan, oom Klasie?” Sy antwoord was: “Vir Japan hoef ons nie bang te wees nie, want God gaan Japan nog met aardbewings beveg.”

En net in die afgelope 6 jaar het God sy Weermag al twee keer ingestuur om Japan te beveg:

Op Dinsdag 17 Januarie 1995 tref ’n verwoestende aardbewing die Japanse dorp, Kobe en altesaam 2 872 mense sterf in die skudding.

Volgens seismoloë was daardie aardbewing maar “net die begin van veel erger skuddings wat binne die volgende vyf jaar nie net duisende lewens gaan eis nie, maar ook die hele Japanse ekonomie in duie sal laat stort; dit sal ’n kettingreaksie afgee wat die reeds wankelende ekomomieë van die ganse Westerse wêreld ook kan vernietig…” (’n Woordelikse aanhalings uit ’n artikel wat ek in 1995 in Boodskapper van God geplaas het). Die seismoloë se voorspelling was net één jaar uit, want op Vrydag 11 Maart 2011 word Japan nie net deur die ergste aardskok in sy geskiedenis getref nie (8.9 op die Richterskaal), maar ook deur ’n reuse-tsunami wat alles voor hom weggevee het; en na verskeie ontploffings by van sy kernreaktors, is daar nou ook die gevaar van radio-aktiewe bestraling.

Die totale omvang van hierdie onbeskryflike ramp sal eers oor maande of dalk jare bepaal kan word.

Japan is nie net die derde grootste ekonomiese reus ter wêreld nie, maar op tegnologiese gebied Amerika en Duitsland se gelyke. Omdat Japan op die berugte Kring van Vuur lê, is hy vandag op die voorpunt van rampbestuur en die hantering van juis sulke aardbewings.

(Die Kring van Vuur strek van Nieu-Seeland af langs die ooskus van Asië, dwarsoor die Auletiese eilande van Alaska en suidwaarts langs die kus van Noord- en Suid-Amerika. Meer as 75% van die wêreld se aktiewe en dormante vulkane lê in hierdie gebied).

Maar ondanks al sy kundigheid, deeglike beplanning en voorsorgmaatreëls oor jare, was hy nie voorbereid vir hierdie ramp nie. Op Maandag 14 Maart, skaars drie dae na die aardskudding, was daar nie meer melk, brood, rys of water in Tokyo nie. Volgens een inwoner “was ons gelukkig om enkele botteltjies water by ‘n paar muntoutomate te koop. En slegs hier en daar was nog groente en ’n bietjie vleis op die supermarkrakke te sien.”

Die Japanese het ten minste nie dit wat oorgebly het soos barbare bestorm en geplunder nie.

Die vraag kom onwillekeurig by ’n mens op: Hoe sal dinge hier in ons rampsalige Agtergeblewe Suid-Afrika lyk as die een of ander groot ramp ons sou tref? (Dink maar aan die wapenopslagplek by Jan Kempdorp of Koeberg — Siener voorspel dat albei gaan ontplof). Of wat van Siener en Johanna Brandt se swart rebellie — Nag van die lang messe?

As ’n Eerste Wêreldland soos Japan se hoofstad na ’n ramp reeds binne drie dae sonder kos of water sit, want gaan in soortgelyke omstandighede hier in Johannesburg en ander stede gebeur? Ons is reeds gewaarsku dat die krag afgesny sal word. Dan sal daar onmiddelik ook geen water of riolering wees nie. Swart bendes sal supermarkte en winkels al op die eerste dag bestorm, plunder en verwoes; daarna op elke blanke huis toesak om dit ook kaal te stroop; en kry hulle jou daar, is jy bestem om net nog ’n profesie van Siener in vervulling te laat gaan:

“Paniek sal hulle beetpak; hulle sal uit hul huise vlug sonder om die deure agter hulle toe te maak; selfs die vensters staan oop, want ek sien die gordyne waai na buite. Dan hardloop hulle reguit na hulle dood…”

Maar hy het ook gesien dat die behoudendes (veral ons vrouens) self na die voorbereide plekke van veiligheid sal gaan. Dit sal gebeur nadat die laaste Engelse uit Rhodesië na Suid-Afrika gevlug het, en geweld hier dreig:

“Toe is in die Unie ’n draad kamp en die vroumense kruip deur die draad in die kamp in”. (Anders as in die Tweede Vryheidsoorlog toe ons vrouens en kinders met geweld na konsentrasiekampe weggevoer is, gaan hulle hierdie keer uit vrye wil daarheen. En juis dan sien hy “…in die pad lê ’n boerevelskoen…” Mnr. Joos Haasbroek sê dit beteken “die pad waarop ons ons dan sal bevind, loop reguit na die Vrye Repoubliek en Boereregering wat oom Klasie vir ons voorspel het”.

KERK VERRAAD

E-BOEK: Kerkverraad is 'n onstellende verslag oor die Afrikaanse kerk se bedrieglike rol in die Boervolk se uitlewering.

DIE DORINGBOSREGERING

Solidariteit, Afriforum en die Broederbond - 'n doringbos in die Boervolk se pad.

DIE VAANDELDRAER

Lees gerus ons maandelikse nuusbrief - gratis! Donasies welkom.

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470

32 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
Jimmy

100% in die kol Oom Adriaan – hierdie blog red ons in hierdie dae van onsekerheid en ons lees meer hier as op enige ander webtuiste.groetnis

Barry

Japan se skuld tot BBP (GDP) is 200% dus sit hulle met n ongelooflike skuldlas. Hul groot inkomste verdieners nl Toyota, Nissan, Honda & Sony se deure is huidig toe en kan geen inkomste genereer. Verder is pas op CNN berig dat een reaktor se drukking/hitte baie vinnig verlaag het, en vrees hulle nou dat radiation ontsnap het. Voor dit gebeur is die vlakke gemeet in Tokyo en was dit 10 keer hoer as normaal. In die volgende 24 uur sal dit duidelik word of daar n ‘meltdown’ was. Alhoewel die aandele beurs in Tokyo vandag op is met oor… Read more »

Jurwey

Esegiel 38 en 39 is hulle voorland indien daar radio bestraling is, dit is n onsekere tyd veral vir lande wat uitvoer na Japan en ook invoer vanaf Japan, en Suid Afrika val hierin, met n klomp krulhaar gedrogte in beheer, hierdie een kom hulle nie deur nie, en die tyd raak al hoe swarter vir ons, daar is gevaar voor die deur, wees voorbereid!! waar gaan die volgende ramp toeslaan, die skrif se daar gaan agtereen volgende rampe wees? En hierdie kerke wat almal Gods Liefde preek, en dat die Meester SLEGS liefde is, wat nou? Mense is te… Read more »

Barry

JAPAN’S nuclear safety agency has raised the rating of the country’s nuclear accident from 4 to 5 on a 7-level international scale.

An official of the agency said today the agency raised the rating of the Fukushima nuclear crisis on the International Nuclear Event Scale. The scale defines a level 4 incident as having local consequences and a level 5 incident as having wider consequences.

http://www.news.com.au/breaking-news/japan-raises-severity-of-nuclear-accident/story-e6frfku0-1226024289559

Andre

Ja, dit maak ‘n mens bang maar aan die anderkant is ek gevul met opgewondenheid, want dit is duidelik dat dinge nou vinnige aan die gebeur is en na ‘n einde toe staan. Hallelujah!!!!

Pieter-Jan Van Zyl

Ek wil net sê Baie Baie Dankie Oom Adriaan vir al jou en U Vrou se moeite wat U doen sonder om enige fondse te in……vir die die Vaandeldraer boekie se inligting wat baie antwoorde gee soms.

Andre

Ek wil graag ‘n vraag aan Adriaan stel m.b.t. dit wat Siener sê i.v.m. die mense vlug maar dit is na hul dood? Adriaan, is dit dan reg dat die Suidlanders sê ons moet veld toe? Is dit nie na ons dood toe nie? Ek hoop ek is reg as ek sê dat die uittrek moet vroegtydig wees sodat die vrouens en kinders beskerm kan word en ook dat ons moet groepeer om sodoende eendragtig te word in dit wat ons glo, want Siener sê mos ons gaan ‘n nuwe godsdiens kry!! Ons sal dan verlos word van die verleiding… Read more »

Jurwey

Ek GLO NIE, ek is gereeld by die vergaderings, vra n mens vir “pitkos” kan die leiers jou nie n aanduiding gee nie, al wat dan gebeur is, hulle spring op voorbereiding se perd. Hulle het nie die vermoe om daarvan weg te beweeg nie, en kan ook nie vir n mens n toekoms blik stel nie, op DIE VAANDEL DRAER kry n mens veel meer as by enige van hulle vergaderings! Verder sal hulle nie 800 000 mense kan bedryf nie, nie logisties nie en ook nie dissipline gewys nie! did gaan n nagmerrie wees. Ek persoonlik is bekommerd,… Read more »

Adriaan

Beste Andrë, Doreen, Pieter-Jan, ag, en sommer AL my ander vriende wat die BLOG so lekker lewendig hou. Ons het die afgelope tyd heelwat rekenaarprobleme gehad, dié dat ek nie eerder of gereeld kon reageer nie! Later vanoggend plaas ek besonderhede (met foto’s) van die turbine wat onlangs by Duvha-kragstasie ontplof het. Die situasie by ons krastasies én Koeberg is so haglik dat ‘n werker van Eskom gesê het as die blankes in SA moet weet wat die werklike toestand daar is, hulle nie weer ‘n oog sal toemaak nie! André ek hoop om nog hierdie week ‘n artikel oor… Read more »

Doreen Stassen

Beste Adriaan, Dit is verblydend om te weet dat jy so baie moeite vir ons doen. Dit is egter so bitter jammer dat al die kennis net ‘n klein gedeelte van ons volk bereik. Ek kan nie help om vanoggend waar ek sit en die kommentare lees, te wonder, het ons nie maar die einde van die pad bereik nie, en dat daar nie eers tyd is vir jou om jou boek en dvd te voltooi nie? Ek sien uit met ‘n verwagting daarna, maar kan nie help as ek lees van Eskom en die wete van die naderende derdewereld… Read more »

Pieter-Jan Van Zyl

Goeie Môre Mnr Andre` … ek stem 100% saam met u, (Die volgende is alles my opinie): Oom Siener het gesê ons sal moet veg al veg ons met ons rug teen die muur (In die Veld is daar nie mure nie). Dat om op vlug te slaan is nie altyd in oorlog ñ goeie idee nie, want my vraag is waar gaan die oumensies heen en die jong kinders wat tans in weeshuise bly die woord sê ons moet hulle ook beskerm en waarsku met straf as ons daarin mislik, want jy ken jou onmiddelike omgewing beter as die… Read more »

Doreen Stassen

Pieter Jan, jy is altyd ‘n inspirasie en dit wat jy skryf maak absoluut sin. Ek wil jou net daarop wys dat ons Suidlanders reeds in besit is van ‘n volledige plan van pligte uitdeel, badkamers en veldtoilette grawe, meeste van ons het reeds radios ens. Ons is al vyf jaar lank besig met ons planne, en ek is so jammer as mense onder die indruk is dat ons nie op hoogte van sake is nie. Ons word per sms op hoogte gehou van gebeure om seker te maak ons is gereed as die fluitjie blaas. Ons gaan nie veld… Read more »

Pieter-Jan Van Zyl

Goeie Middag Mev Doreen Stassen ek wil net sê Baie Dankie vir die Inligting ek sal bietjie met Mnr Gustav -hulle in aanraking kom en bietjie meer uitvind. My probleem is net ek sit met baie Ouer mense wat ek na moet omsien op die stadium (vir wanneer die dinge moet kom)….My pa se broers en suster, my ouers en moeder se ma, skoon familie dis waarom ek sê dit gaan geweldig baie logistieke beplanning in plek moet hê vir wanneer hierdie dinge wel plaasvind….. Maar ek GLO EN VERTROU YAHWEH SAL MY HELP, om die regte keuses en besluite… Read more »

Doreen Stassen

So bid ek ook elke minuut van elke dag. Sonder Sy hulp kan ons nie oor die weg kom nie. Ek glo dat elke persoon wat daardie spesiale verhouding met hom het, tog voor die tyd gewaarsku sal word en dat ons die wete gegun sal word dat elke besluit deur Hom bestuur sal word. Die meeste mense in my groepie van so 10 gesinne is almal bejaard. Net Vader sal ons krag gee. Liefdegroete.

Pieter-Jan Van Zyl

Weereens Middag Mev Doreen…Jou woorde is baie bemoedigend….Dankie daarvoor. Jy is gelukkig as al U beplanning vlot/geluk….maar baie mense vandag is nog nie nugter oor die dinge wat in ons land aangaan nie.. dis net sport,sport en nogmals sport. Baie van my familie is nog te kerk vas… nou sal mense my weer wil kruisig, maar hulle is welkom. My probleem is dat gereeld dan wil die oumensies die Dominee nou raadpleeg oor die omstandighede dan raak ek soo bef@k as die ringkop almal probeer wys maak dat geen geweld sal kom nie, want demokrasie (Ander woord vir Liberalisme en… Read more »

Barry

THE deadly earthquake and tsunami that hit northern Japan on March 11 could cost its economy up to $US235 billion, equivalent to 4.0 per cent of output, the World Bank says. And it says Japan may need five years to rebuild. The Bank said today that the disaster – which killed more than 8600 people and left more than 12,800 missing, and ravaged north-eastern Japan – will likely shave up to 0.5 percentage point from the country’s economic growth this year. It said that “damage to housing and infrastructure has been unprecedented. Growth should pick up, though, in subsequent quarters… Read more »

Doreen Stassen

Liewe Andre. Weet net dat ek ‘n Suidlander in murg en bloed is en onwrikbaar glo aan hul reddingsplan. Jy moet onthou NIEMAND weet wat jy ooit doen, of dit reg of verkeerd is nie. Jy vind dit altyd agterna uit. Gustav het ‘n inligtingsspan en ek glo ons sal ingelig word wanneer presies ons moet vertrek. En dan nog steeds weet ons nie of dit die regte tyd sal wees nie, maar ons bly permanent op ons kniee. Die van ons wat die nodige fondse het, sou nou al vertrek het as ons kon. As ek kon, sou ek… Read more »

Andre

Haai julle ek val niemand aan nie en ek stem saam met Jurwey ons almal is onseker maar ek dink dit het tyd geword om dit nie so aan di media uit t e basuin nie. Ek sal graag wil hê Adriaan moet probeer om met die inligting wat huidiglik tot sy beskikking is oor Siener van Rensburg, vir ons ‘n meer kronologiese volgorde van gebeure probeer skets.

Groete.

Doreen Stassen

Liewe Andre, daar is niks onder hierdie son verborge vir die media nie. Hulle ken als en het hul tentakels in alles en almal. Daar is ook niks wat hulle nie weet van enigiemand nie, veral nie die Suidlanders nie. Selfs hulle is geweldig onseker omdat hulle die goed wat gebeur kliphard probeer toesmeer, maar hulle slaag daarin net tot op ‘n punt. Dan bly hul liewer stil as om verder te lieg vir die publiek. Of bedoel jy ons moet nie ons onsekerheid aan hul uitbasuin nie? Ek wil jou graag gerusstel. Hulle is meer onseker as ons wat… Read more »

Barry

Smoke, steam rising from No.2 Fukushima reactor Radiation 20kms away 1600 times higher than normal Tsunami wave that hit Fukushima plant reached 14m White steam-like vapour was seen rising from the number two reactor and what looked like white hazy smoke from the number three reactor, Kyodo News said, adding that efforts to spray water and restore electricity had temporarily stalled. Radiation levels as far as 20kms away from the quake- and tsunami-stricken nuclear plant have also been recorded at levels 1600 times higher than normal, the International Atomic Energy Agency said today. Meanwhile the plant’s operator said the monster… Read more »

Doreen Stassen

Barry, gemeet aan hierdie standaarde dink bietjie wat sal gebeur as daar so ‘n disaster Kaapstad moet tref, en ‘n tsunami van 14 mtr hoog tref Koeberg? So moontlikheid is gladnie uitgesluit nie. Ons lees elke dag hoe broos ons kernkragsentrales is. Ons sukkel mos al jare met hulle. Wat gaan van ons word. Siener het gese Koeberg gaan ontplof en alles in ‘n radius van 70 km gaan verbrand en dood. Dit le dalk voor die deur vir ons. Die getalle wat dood en weg is in Japan is waaragtig skrikwekkend. En hul ekonomie het getuimel en gaan ‘n… Read more »

Doreen Stassen

Liewe Adriaan, Dit sal so lekker wees om weer “Die laaste loopgraaf” te lees. Myne, soos so baie van my ander boeke, is gesteel. Onthou jy “Waarskuwing 2000” Kan dit nie ook dalk bygewerk word nie? Sal ook dit graag bestel as dit voltooi is. Jy moet net laat weet, ons tyd is min. Sal graag in die kamp genoeg leesstof wil he!!!

Jurwey

Net n waarskuwing aan almal moet om alle veiligheids redes GEEN kos of enige ingelegde voedsel wat van Japan afkomstig is koop nie laat staan nog eet, n mens kan geen sekerheid he met deklerk en sy familie Nimrod se kinders wanneer die voedsel aangekoop is nie, dit kan besoedel wees, as dit al is wat op die rak is los dit gaan eerder honger, begin jou eie groente en goed produseer

Mooi Bly en MOOI KYK

Pieter-Jan Van Zyl

Ja dis waar my vrou het nou die dag ñ artikel gelees dat ons blikkies kos in die Nuwe-RSA nie meer veilig is vir mens nie want blykbaar is daar iets in die binnekant wat nie goed is vir die kos nie…dis net die VSA en Europa wat nog volgens standaarde werk.

Doreen Stassen

DANKIE Jurwey vir daardie stukkie inligting. Ek sal dit beslis met my groepie mense opneem. Dit is ‘n baie tydige waarskuwing. Daar word oral nou uitverkopings op blikkieskos gehou, ek weet net nie of dit van Japan af kom nie, maar ek gaan my mense sommer nou waarsku.

Dogter van Juda

Hi daar my maatjies, ek het lank laas gesels. Onse Vader JaHWeH is getrou aan Sy Woord – ‘Hy is nie ‘n mens dat Hy sal lieg nie’ Vader gaan ons uitred en verlos van al hierdie tiranie wat ons deurmaak. Japan is een voorbeeld en die feit dat Duitsland uit EU onttrek het sê boekdele. Rusland wat ook met Libië skaar kan enige tyd ‘n 3rde wêreld oorlog ontketen. Amerika en Engeland sal alleen staan teen die ooste en dan gaan die poppe dans. Vader sê mos ons sal laaste in die oorlog ingaan en eerste uitkom, ons moet… Read more »

Melanie Venter

Middag Oom Adriaan. Ek wil nou nie dom klink nie maar waarvoor staan die NWO aan die kant van die webwerf? Die enigste verduideliking wat ek het is “new world order” en ek weet dit kan nie reg wees nie. Dankie vir die inligting wat u vir ons gee, ek het die week na die aardbewing in Japan elke oggend eers geloer of Oom al iets daaroor gese het, ek het die Saterdag die presiese stuk vir my man gelees wat u aangehaal het, maar was nie seker of u ook saamstem dat dit die aardbewing was waarna Oom Siener… Read more »

Adriaan

Melanie, dankie vir jou navraag. Ek sal kortliks die simboliek van die ontwerp probeer verduidelik: Die twee kante van die webwerf beeld die Boervolk in opposisie (konflik) teenoor die Nuwe Wêreldorde uit. As jy oplet, sal jy die VN vlag aan die linkerkat agter die uitbeelding sien. So ook die onderstebo sterre, wat ’n klompie jare gelede gebruik is in ’n plakaat van die Europese Unie. Duidelik ’n sinspeling op die vyfhoekige pentagram. Aan die regterkant het ons die profeet Siener, ’n boekrol (simbolies van die Bybel) en die naam van Yahweh in Hebreeus. Die twee polariteite word dus beklemtoon,… Read more »

Caroline du Plessis/Eichweber

Ek is ‘n onderwyseres van Kaapstad/Durbanville. Sal u asseblief aan my verduidelik hoe om aan een van die groepe te behoort en wat my te doen staan. Baie dankie vir die inligting. Dis is angswekkend. Dit gaan geensins help om angsbevange te raak nie, ons moet almal nugter en op ons hoede wees. Caroline

Melanie Venter

More Oom, dankie vir die verduideliking. Ek staan saam met my mense aan die regterkant van die webwerf. Snaaks hoe ons iets lees en tog so baie mis lees soos dat daar meer as een aardbewing gaan wees. Dankie vir die wonderlike werk wat Oom vir ons volk doen. My Pa het baie jare terug al vir ons van Oom Siener vertel, en na ons die swart regering gekry het, het hy gese ons moeilikheid gaan nou begin, maar ek het eers regtig begin aandag gee daaraan nadat ek van Oom se boeke gelees en Gustav se dvd’s gesien het.

Caroline du Plessis/Eichweber

Ek wil graag weet waar om aan te sluit. Ek is ‘n onderwyseres van Kaapstad/Durbanville omgewing. U ingligting sal baie waardeer word. Danakie

Dawid

My dierbare Boere vriende, Wat sal ons van die dinge sê, as Vader (JaHWEH) nie met ons is nie, sal dit klaarpraat met ons wees. Ek wil net graag reageer op ‘n paar vriende se “vertyweling” oor die rol van die Suidlanders. Ons leef in baie onseker tye en selfs ek raak soms moedeloos omdat ons uitredding nie vinniger kom nie, maar wat ek wel vir u kan sê is dat ons ons moet voorberei; nie net as individue nie, maar as volk (Verbondvolk van JahWeH)! Wanneer ‘n mens logies dink aan die gevaar wat vir ons voor die deur… Read more »