Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

Die Verlore Skape van Israel – Deel III

Deur Gustav Snyman

Die Skittiers

Die Skittiers was ‘n Indo-Europese volk wat, soos die Kimmiërs, skielik na die ballingskap van Israel in die gebiede suid van die swartsee verskyn het. In Tamara Talbot Rice se werk getiteld, The Scythians (1957) het die Skittiërs tussen 722 en 705 v.m. deur Armenia opgetrek het tot by die swartsee. ‘n Datum wat merkwaardig ooreenstem met die val van Samaria 721 v.m. Teen die 6de eeu het hierdie nomadiese volk hulle tentpenne wyd en suid ingeslaan en selfs ‘n aanval van die magtige Persiese leër getrotseer. Uiteindelik sou hulle rondom die 5de eeu verenig en ‘n tydelike magsetel vestig in Nykopil. Die antieke historikus Thucydides meld dat…

“Met betrekking tot hulle militere mag en getal soldate kon geen enkele nasie in Europa of Asië die Scuths (Skittiers) vergelyk nie.”

Argeologiese opgrawings toon ‘n sterk kulturele ooreenkoms tussen die Skittiërs en die vroeër Kimmiërs soos byvoorbeeld die gebruik van heuwelgrafte (Kurgans), ‘n uitsonderlike vaardigheid in metaalwerk, taalkundige ooreenkomste asook ‘n gesamentlike herkoms soos meer onlangse DNA toetse bevestig.

Die Skittiers het stelselmatig die Kimmiërs uit hul woongebiede rondom die swartsee verdryf en dit wil voorkom asof die Kimmiër kultuur moontlik die voorouers geword het (of deel uitgemaak het) van die Keltiese volke soos die Kimbri.

Die Kelte asook die Skittiërs was albei meesters in gevorderde metaalwerk en indrukwekkende wapens en ornamente gemaak het. Beide kulture het ook soortgelyke motiewe gebruik, soos die “boom van die lewe” en ingewikkelde geometriese ontwerpe, wat jy in hul versierde wapens en ander artefakte kan sien. Selfs hul kleredrag was soortgelyk, met versierde broeke en stertjasse.

Verder het hulle ook albei van heuwelgrafte, of tumuli, gebruik gemaak. Hierdie grafte het gedien as mausoleums vir beide Kelte en blanke Skittiese konings en was gevul met strydwaens, potwerke, armbande, goud en juwele. Sommige was ook uitgevoer met wit marmer.

‘n Hele aantal van hierdie Skittiese tumuli grafte is aan die suide van Resland gevind. Professor Hebert Hannay, het in sy boek European and other Race Origins (1915) ‘n aanhaling gegee van ‘n manuskrip wat in een van hierdie grafhope gevind is:

Voorstelling van ‘n waen wat deur die Skittiërs getrek is.

“Ek is Jehudi, die seun van Moses, die seun van die magtige Jehudi, ’n man uit die stam van Naftali, wat in gevangenskap saam met die ander stamme van Israel weggevoer is deur prins Salmaneser uit Samaria gedurende die bewind van Hoséa, die koning van Israel. Hulle is geneem na Halag na Habor wat Kabul is — na Gosan en na Khersonesus — wat die Krim is”

Soos die Kelte van ouds toon talle beskrywings van die Skittiërs dat hulle ‘n blanke volk was. Herodutus beskryf hulle voorkoms as soortgelyk aan die Germane met ‘n ligte “bloos vel” en blou oë wat ook ondersteun word deur Strabo en Pliny. Die Chinese gesant Zhang Qian het Skittiers beskryf met ligte groen en blou oë en talle ander bronne beskryf hulle ook as ‘n lang blanke volk met blonde, bruin en rooi hare.

Die Romeinse historikus en soldaat Ammianus Marcellinus wat in die 4de eeu n.C. geleef het gee ‘n beskrywing in sy bekende werk “Res Gestae” (ook bekend as “The Histories”) van twee Skittërs verwante volke: die Hunne en die Alani:

“Die Alani, vroeër bekend as die Massagetae, leef byna al die tyd in waens en hulle bestaan op die vleis van wilde diere en die oorvloed van melk wat hulle drink. Van baie jong kindertyd af is hulle bedrewe in die jag en kweek groot uithouvermoë vir moeite en uitputting… Hulle het ‘n lang gestalte en ‘n aantreklike figuur; hulle hare is effens goud en hulle oë is verskriklik om te aanskou.”

Herodotus meld verder dat hulle rondgetrek het op waens: “Hulle het in een opsig…. hulself wyser gehandhaaf as enige ander nasie op aarde… Hulle het nie huise gehad nie maar waens wat hulle orals saam met hulle geneem het en hulle was gewoond daaraan om almal agter op ‘n perd met pyl en boog te veg. Hulle was ook nie aangewese op landbou vir voedsel nie maar hoofsaaklik beeste: hoe is dit dan moontlik dat hierdie volk so onoorwinbaar en onaantasbaar is?”

Hierdie seëlsteen is gevind in ‘n graf van die Sarmatiane, ‘n volk wat in botsing was met die Skittiërs rondom die Ural berge noord van die Kaspiese See. Die naam “Eliashib” kan gesien word en is geskryf in ‘n ou vorm van Hebrees.

Hy noem ook dat hulle nooit varkvleis geëet het nie en dat hulle hulself ook afgesonder het van ander volke. Om sy werk getiteld Germania het Tacitus onder andere gemeld dat die Germaanse volk, soos Herodotus, “…nooit met ander volke ondertrou het nie maar ‘n suiwer ras gebly het,… gestempel met ‘n unieke karakter en in hulle magdom getalle ‘n eendersheid in voorkoms behou.”

Tussen die 4de en 1ste eeu v.m. het nog ‘n volk, die Sarmatiane, tussen die Don rivier en die Ural berge tevoorskryn gekom het, en begin om weswaarts te beweeg waar hulle in aanraking gekom het met die Skittiers. Die botsing tussen die twee groepe het die Skittiers noordwaarts gedryf na die Baltiese gebeide waar hulle vir ‘n tyd in die gebied bekend as Gotland gewoon het. Die Sarmatiane was later opgeneem onder die Slawiese volke van oos Europa.

Van die die Sarmatiane was van oosterse afkoms maar daar is ook rekords wat hulle beskryf as ‘n uitsonderlik mooi volk, hoog in gestalte, met blonde en rooi hare. In die Rostov-on-Don gebied in suide van Rusland is in 2015 ‘n graf ondek van ‘n Sarmatiaanse vrou gevul met goud, silwer juwele, pylpunte, ‘n swaard asook ‘n seëlsteen met die hebreeuse naam Eliashib gegraveer. Die skrifvorm is in dieselfde ou Paleo-Hebreuse skrifvorm van die Krimerise grafstene en datteer dus tussen die 8ste -7de eeu v.m. — d.w.s. in die ballingskap jare van Israel. Dit is moontlik dat die seël ‘n familie erfstuk was.

Daar is ook moontlike ‘n indirekte Bybelse verwysing na Skittiërs wat in die beloofde land vir ‘n tyd gebly het. Dit word aangedui in ‘n klaarblyklike teenstrydigheid tussen 2 Konings 18:18 en 2 Kronieke 34:6-9. In Konings word vermeld dat die hele Israel in ballingskap weggevoer is behalwe die stam van Juda. Maar in Kronieke word gesê dat gedurende die heerskappy van Koning Josia, die stamme van Efraim, Manasse, Simeon, Naftali en Benjamin almal nog in Israel was. Ook in Kronieke 35:17-18 word genoem dat beide die huise van Israel en Juda teenwoordig was tydens die Pasga. Hoe is dit moontlik?

Herodotus meld dat die Sacae (Skittiers) Mesopotamië ingeval het vanaf hulle woonplek rondom die Swart See ongeveer 620 v.C. Hulle het ook die beloofde land ingeneem en daar vir 10-25 jaar gewoon. Dit was gedurende die heerskappy van Koning Josia!

Daar is egter ook nog ‘n merkwaardige verband tussen die Skittiers en Israel in die Bybel.

In Gen 33:17 bou Jakob ‘n skuiling vir sy vee en noem dit Sukkoth. So ook was een van die dorpe waarin Israel voor die Exodus gewoon het genoem Sukkoth. In Hebreeus beteken die woord Sukkoth (skth, סכות‎‎) ‘n skuiling, tent of tabernakel maar kan ook verwys na ‘n swerwer. Hierdie betekenis is afkomstig uit grootste van Israel se feeste, die Fees van die Tabernakels (Sukkoth, סכות) ook genoem die Fees van insameling. Dit was was ‘n huldeblyk aan die beskerming wat Israel van God ontvang het tydens haar swerftog in die woestyn (Lev 23:41-43).

‘n Voorbeeld van ‘n Sukkoth Skuiling wat Israel moontlik tydens die fees van die Tabernakels. Die Grieke het na hierdie swerwende Skittiers verwys as “Skuthēs” and “Skuthoi” wat merkwaardig ooreenstem met die Hebreeuse woord Sukkoth.

Tydens die fees het die volk vir sewe dae in hutte gewoon bekend as sukkahs (סכה). Hierdie hutte verteenwoordig ook die tydelike toestand waarin Israel verkeer het voor haar vestiging in die beloofde land. Die naam Sukkoth word in Hebreeus geskryf “skth”. Antieke skrywers het die Skittiers by verskeie name genoem soos onder andere Sakai, Saka, Skutai, Skith, Skithi em selfs Scoti. Onder die Grieke was die Skittiers bekend as ‘n nomadiese volk en genoem die “Skuthēs” and “Skuthoi” wat merkwaardig ooreenstem met die Hebreeuse Sukkot

Die kerkvader Jerome het in sy kommentaar in Jesaja (Commentariorum in Esaiam) na die Skittiërs verwys as Scoti. Die Skittiers het hulself genoem die Scoloti en tot in die 13de eeu (uit die Chronica Gentis Scotorum) het die Skotte hul herkoms teruggetrek na hierdie swerwers uit Europa.

In die historiese skrywer John of Fordun sewerk Chronica Gentis Scotorum meld hy dat die Skotte se oorsprong afkomstig is van Gathelus, ‘n figuur wat in die tyd van Moses in Egipte was en met Scota, ‘n dogter van die farao, getrou het. Nadat hulle na Spanje gelei is, het verskeie groepe na Ierland gemigreer, waarvan die laaste die Steen van Scone, ‘n belangrike simbool vir die Skotse koningskap, saamgebring het. Onder leiding van Simon Breac, seun van die koning van Spanje, is die Skotte uiteindelik na Albion getrek en het die land hernoem na Scotia.

In die tyd van die Romeine is Ierland en skotland ook genoem die land van Scotia – die woonplek van die Gothi of Gote.

Eze 20:23 Tog het Ék my hand vir hulle opgehef in die woestyn, dat Ek hulle sal versprei onder die nasies en hulle sal verstrooi in die lande;

Vanaf die 7de eeu het die Skittiers se getalle stelselmatig toegneem tot hulle uiteindelik begin wegtrek het. Volgens Diodorus Siculus het die Skittiers oor die Araxes rivier na sentraal Europa inbeweeg. In die apokriewe boek van Esdras word genoem dat die Tien Stamme weswaarts oor die Eufraat rivier getrek het tot in ‘n gebied genaamd Ar-Sareth of die “stad van Sareth”. Vandag nog is daar ‘n rivier in die noord weste van die swartsee bekend as die Sareth.

II Esdras :13:41 Maar hulle het besluit dat hulle die menigte heidene sou verlaat en weggaan na ’n ver land waar geen mens nog ooit gewoon het nie…. 43 En hulle het ingegaan deur die nou deurgange van die Eufraatrivier… 45 Want deur daardie land was daar ’n lang pad van een en ’n halwe jaar om te gaan, en daarom word die landstreek Assareth (Ar-Sareth) genoem.

Daar is ‘n interressante insident tussen die Skittiërs en Perse wat deur Herodotus opgeteken is. Volgens Herodotus het die Massagetae, onder leiding van koningin Tomyris, omstreeks 530 v.C. ‘n groot stryd gevoer teen die Perse onder leiding van Cyrus die Grote. Cyrus het probeer om die Massagetae deur slinksheid te oorwin deur ‘n valstrik op te stel met ‘n feestelike banket vol wyn en kos. Nadat ‘n deel van Tomyris se leër in die valstrik getrap en verslaan is, het Tomyris ‘n woedende teenaanval geloods. In die beslissende slag het die Massagetae die Perse oorweldig en Cyrus is gedood. Tomyris, wat wraak gesweer het vir die dood van haar seun wat in die valstrik gevange geneem is, het na bewering Cyrus se kop in ‘n sak bloed gedompel om haar wraak te voltooi.

Die naam Tomyris is die latynse vorm van die die Griekse Tomuris wat oorspronklik in die die Sacae taal as “Taumuriya” geskryf is. Volgens Skotse legendes was hulle voorouers Skittiëers wie klaarblyklik Israeliete was. Die naam “Taumuriya” kan dus baie moontlik verwant wees aan die naam Tamara in die Bybel.

Teen die 3de eeu het die Skittiërs as ‘n kulturele groep heeltemal verdwyn maar as ‘n volk sou hulle weereens onder nuwe name bekend staan – die Kelte.

Gen 28:14 … en jou (Jakob) nageslag sal wees soos die stof van die aarde, en jy sal uitbrei na die weste en ooste, en na die noorde en suide; en in jou en jou nageslag sal al die geslagte van die aarde geseën word.

Die Franse skrywer en predikant Jacques Abaddie skryf in sy Le Triomphe de la Providence et de la Religion:

“Sekerlik, behalwe as die Tien Stamme die lug in gevlieg het of in die middel van die aarde neergewerp is, moet hulle in die noorde gesoek word waar hulle in die tyd van Konstantyn tot die Christendom bekeer is – naamlik onder die Iberians (Spanjaarde), Armeniërs en Skittiërs; want dit was die plekke waarheen hulle in die wildernis verstrooi was en ook waar God hulle in tente laat woon het, soos in die dae van Egipte toe hy hulle laat uittrek het… Miskien, as die onderwerp versigtig ondersoek word, sal gevind word dat die nasies wat in die 5de eeu verantwoordelik was vir die invalle in die Romeinse Ryk, ‘n getal wat Procopius verminder het tot 10, waarskynlik die Tien Stamme was wat tot op daardie stadium nog afsonderlik gewoon het, en die Euxine en die Kaspiese gebiede, die plek van hulle ballingskap, ontruim het want die land kon hulle nie meer dra nie. Alles ondersteun hierdie veronderstelling; die ongelooflike vermeerdering van hulle getalle wat so presies deur die profete gemeld is, die getal stamme, die gebruik van hierdie volke om, volgens die voorspellings, in tente te woon asook talle ander gebruike van die Skittiers wat so baie ooreenstem met die kinders van Israel”.

Eseg 22:15 En Ek sal jou verstrooi onder die nasies en jou versprei in die lande, en Ek sal jou onreinheid uit jou wegruim.

Boece, ‘n Skotse historieskrywer van die 16de eeu het, soos Fordun , in sy werk “Historia Gentis Scotorum” die oorsprong van die Skotte teruggetrek na ‘n ou Egiptiese stam. Beide die engelse monnik Bede asook Geoffrey de Monmoth het die vroeë Pict inwoners van Brittanje beskryf as Skittiers en die 6de eeuse historikus Jordanes in sy werk getiteld Getica het self ook sy Gotiese voorouers teruggetrek na die Skittiers. Selfs in die Romeinse tyd was Skandenavië nog genoem Scythea.

Onder die Kelte was daar ‘n stam van Walliese oorsprong bekend as die Simonii, ‘n naam wat merkwaardig ooreenstem met Simon, een van die stamme van Israel. In die vroeë 9de eeu v.m. is ‘n man genaamd Omri die noordryk se troon gegee. Soos reeds gemeld met die Kimmiërs het die Assiriers in hierdie tyd in hulle offisiele korrespondensie na Israel verwys as Die Huis van Omri of Beth Khumri 4. Die Israeliete het die naam Omri uitgespreek as Ghomri wat onder die Assiriërs Khumri geword het. En tot in die 19de eeu het die Walliese volk steeds na hulself verwys as die Cymri of Kymry. d.w.s. die Khumri of Beth-Khumri volk wat Assirië gedoporteer het.

Dit was aan hierdie verstrooide Kimmiërs en Skittiërs uit die noorde wat Jeremia sy woorde gerig het:

Jer 3:11-12 Toe het die HERE vir my gesê: Die afkerige, Israel, het haar siel geregverdig meer as die ontroue, Juda. Gaan en roep hierdie woorde na die noorde toe uit en sê: Keer terug, o afkerige, Israel, spreek die HERE. Ek sal julle nie donker aankyk nie, want Ek is goedertieren, spreek die HERE; Ek sal die toorn nie vir ewig behou nie.

Saksers

Gen 21:12 Maar God het aan Abraham gesê: Laat dit nie verkeerd wees in jou oë ter wille van die seun en van jou slavin nie. Luister na Sara in alles wat sy van jou verlang, want deur Isak sal daar vir jou ‘n nageslag genoem word.

Die oorsprong van antieke volke se name kan soms ‘n raaisel wees, en die oorsprong van die naam “Saksers” is geen uitsondering nie. Daar is ‘n hipotese wat die moontlikheid na vore dat daar ‘n verband mag wees tussen die naam “Saksers” en ‘n Bybelse verwysing na Isak, die seun van Abraham, in Genesis 21:12. In hierdie vers belowe God Abraham dat deur Isak ‘n nageslag vir hom genoem sou word.

Hierdie idee is belangrik, want dit dui op die moontlike band tussen die Saksers (Saxons) en die mense bekend as die Sacae of Scytheans. Wanneer daar na die oorsprong van die Saksers gekyk word is daar interessante verbintenisse wat oor eeue heen gevorm het. Onder die Grieke was die naam Sacae gebruik terwyl die ou Perse die naam Sakai gebruik het.

“Of all the Scythian tribes mentioned in historical records, it is the Sakai or Sacae from whom the later Saxons could most likely have originated.” – Sharon Turner, The History of the Anglo-Saxons

Die Sacae was ‘n nomadiese volk bekend vir hul beweeglikheid en militêre bekwaamheid, en het dikwels in konflik geraak met naburige beskawings soos die Persiese Ryk en die Assiriërs. Die Perse het die Skittiërs Sakka genoem en het die volke as een en dieselfde gesien. Die Sakae as deel van die groter Skittiese bevolking, se woonplek was hoofsaaklik oos en later suid van die Kaspiese See.

Die Skitiese/Saka kulture het op die Eurasië-steppe ontstaan aan die begin van die Ystertydperk in die vroeë 1ste millennium v.C. Hul oorsprong is al lank ‘n bron van debat onder argeoloë. Die vroegste historiese bronne van die Saka is aangeteken in historiese en argeologiese rekords wat dateer uit ongeveer die 8ste eeu v.C. Weereens rondom die begin van Israel se ballingskap.

Alhoewel die antieke Perse, Grieke en Babiloniërs onderskeidelik die name ‘Saka,’ ‘Skitiër,’ en ‘Kimmeriër’ vir al die steppe-nomade gebruik het, word die naam ‘Saka’ spesifiek gebruik vir die antieke nomade van die oostelike steppe, terwyl ‘Skitiër’ gebruik word vir die verwante groep nomade wat in die westelike steppe woon.

Baie historici het net aangeeem dat die Sakae Skitiërs suid van die Kaspiese See, afkomstig was van die Asiatiese volke. Maar die Skitiërs van Assirië-Medië was nie van die Mongoolse rasse van die Verre Ooste nie; eerder was hul gesigskenmerke en kultuur duidelik Indo-Europees. Trouens, argeologiese ontdekkings beeld die Saka Skitiërs duidelik en konsekwent uit as fisies soortgelyk aan die hedendaagse mense van Europa.

Mettertyd het die Sacae begin wegbeweeg uit die Swartsee gebied. Hulle tog het hulle geneem deur die Derbend-gang (ook bekend as die Kaspiese Poort of die Kaukasiese Poort) waar hulle uiteindelik die Suid-Kaukasus bereik het. Teen die 7de eeu v.C. het hulle hul teenwoordigheid van die Suid-Kaukasus na Klein-Asië uitgebrei en gevestig in ‘n vrugbare streek bekend as Sakasena. Een van hulle stede in die gebied was genoem Shaki.

Vir jare het historikuste die konnotasie tussen die volk bekend as die Sacae en ”n Germaanse volk bekends as die Saksers (Saxons) aanvaar. Na die Tweede Wêreld oorlog, om Europese volkstrots te onderdruk, was daar ‘n doelbewuste poging om die geskiedenis van die blanke volke te “korregeer”. Hierdie tendens is vandag nog heuwig aan die gang.

Sharon Turner (1768–1847) was ‘n Engelse historikus en prokureur wat aanvanklik ‘n loopbaan in die regte gevolg maar uiteindelik ‘n diep belangstelling in geskiedenis en oudhede ontwikkel het veral met betrekking tot die vroeë geskiedenis van Brittanje. Sy seminale werk getiteld “History of the Anglo-Saxons,” was gepubliseer in verskeie volumes tussen 1799 en 1805 en word beskou as een van die eerste omvattende weergawes van die Anglo-Saksiese geskiedenis. Die werk dek die tydperk vanaf die vroegste tye tot die Normandiese verowering en sluit gedetailleerde studies van die kultuur, literatuur, wette en sosiale strukture van die Anglo-Saksers in.

Turner meld in sy History of the Anglo-Saxons dat die Sacae ‘n Skittiëse volk was wat oos van die Kaspiese See, naby Armenië, gewoon het. Strabo het die Sacae geplaas in die gebiede rondom die oostelike steppe van Sentraal-Asië en noem hul woongebied Sacasena.

Plinius die Oue verwys in sy Naturalis Historia ook na die Sacae as een van vele stamme wat in hierdie tyd deur Eurasië migreer het. Die naam wat Strabo aan hulle gebied gegee het naamlik Sacasena of “Saca-sunu,” beteken in die Avestiese taal van die Perse “die seuns van die Sacae”.

Turner meld verder ook in sy boek:

“It appeared to me to be the most rational derivation which had been mentioned; and the fact that Ptolemy, writing in the second century after Strabo and Pliny, actually notices a Scythian people, who had sprung from the Sakai, by the very name of Saxones, seemed to verify the conjecture, that the appellative Saxones did originate from Saca-sunu, or the sons of the Sakai.”

Die offer van Isak deur Rembrandt (1635). In Gen 21:12 word geprofeteer dat Israel eendag deur Isak genoem gaan word. Die naam Saca-sunu (die land van die Sacae) in ou Persies kan vertaal word as “Seuns van Isak” .

Daar is onsekerheid oor die presiese betekenis en oorsprong van die naam Sacae. Dit word aanvaar dat die naam Sacae (of “Saka” in Persies) afgelei is van die Ou Persiese woord “Saka”, wat gebruik is om na ‘n groep nomadiese Iranse stamme te verwys. Die naam Sacae het moontlik ‘n verandering ondergaan soos dit deur volke uitgespreek of vertaal is. Ander voorbeelde hiervan wat genoem kan word is:

  • Die Hebreeuse naam “Yeshua” word “Jesus” in Grieks. Die aanvanklike ‘Y’-klank in Hebreeus word dikwels in Griekse transliterasie laat val of getransformeer na ‘I’.
  • Die Egiptiese naam “Raamses” (afgelei van “Ra-messes”) verskyn in die Hebreeuse Bybel as “Ramses.” Die transkripsie laat die middelste ‘a’-klank val.
  • Die Griekse naam “Herakles” word “Hercules” in Latyn. Die ‘a’ in “Herakles” word getransformeer na ‘u’ in “Hercules,” en die ‘k’-klank verander na ‘n ‘c’-klank.

Die prominente Duitse Assirioloog en Semitiese geleerde Eberhard Schrader wys daarop dat “die Assiriërs die ‘i’ laat val het toe hulle van ‘n lsraeliet gepraat het.” Die naam Sacae in Assiries is Sakai en dit is geensins verregaande om die moontlikheid te ondersoek dat Sakai oorspronklik as Isakai geskryf of uitgespreek is nie. Dus, Saca-sunu word Isaca-sunu en dus “Seuns van Isak”.

Jer 3:12 ...want deur Isak sal daar vir jou ‘n nageslag genoem word.

Stephanus of Byzantium in sy werk getiteld Ethnica noem ook ‘n volk genaamd die Saxoi wat rondom die Swartsee gewoon het. Milton, in sy boek “History of England” (1835), sê:

“They [the Saxons] were a people thought by good writers to be descendants of the Sacae, a kind of Scythians in the north of Asia, thence called Sacasons, or sons of Sacae, who with a flood of other northern nations came into Europe, Toward the declining of the Roman Empire.”

Herodotus, ‘n ou Griekse geskiedskrywer, het die Sacae beskryf as ‘n tak van die Skittiërs wat bekend was vir hul perdryvernuf en nomadiese lewenswyse. Daar is ‘n ooreenkoms tussen die name Sacae en die engelse naam Saxons wat daarop dui dat daar ‘n verband kan wees. Daar is ook bewyse van kulturele uitruiling en migrasieroetes wat hierdie idee ondersteun.

Nog ‘n interessante bron is Edward Gibbon, wat in sy boek “The History of the Decline and Fall of the Roman Empire” praat oor hoe die Saxons en ander Germaanse stamme dalk hul oorsprong in die nomadiese volke van Sentraal-Asië, insluitend die Scytheans, het.

Ptolemy het ook gesê dat die Saxons (of Saxones) afgestam het van die Skittiese Sakai stam wat in die Persiese gebied van Medië gewoon het. Turner het ook genoem dat “of all the Scythian tribes mentioned in historical records, it is the Sakai or Sacae from whom the later Saxons could most likely have originated.”

Die Engelse monnik Bede het genoem dat die Saxons geen koning gehad het nie maar lotte getrek het om te bepaal wie in tye van oorlog die volk moes lei. Wanneer sy taak voltooi was, het hy teruggekeer na sy grond om weer onder die volk te woon. Hierdie gebruik is soortgelyk aan die Rigterstyd van Israel, waar God iemand opgeroep het om hulle te help en na sy roeping moes die persoon weer terugkeer na die gewone lewe. Daar isook verskeie ander Bybelse ooreenkomste, veral met betrekking tot Noorse mites.

‘n Nageslag van Odin

Seker die vernaamste van al die noorse gode was Odin, ‘n roekelose god wat altyd opsoek was na meer wyheid en kennis. Met die skepping van die wêreld het Odin die eerste mense, Askr en Embla, gevorm uit twee boomstamme wat op die oewers van ‘n groot landmassa uitgespoel het. Hy het hulle ook gevul met gees, inspirasie en lewe en aan hulle ‘n woonplek gegee, Midgard.

Gen 2:7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. … 8 Ook het die HERE God ‘n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, ‘n plek gegee.

In die middel van Midgard was die boom Ygdrasill en aan die voet daarvan ‘n rivier van kennis met drie uitlope genaamd die “fontein van Ymir”. Ook was daar ‘n groot slang wat deur Odin uitgewerp is na die see waar dit uiteindelik sou groei tot dit die hele wêreld omring. Odin se eersgeborene, Thor, was bestem om hierdie slang eendag te vernietig.

Gen 3:15 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.

Die Assiriese en Babioniese god van oorlog was ook bekend as Adon wat die Grieke later na Adonis verander het. Adon was ook die god van drank en volgens legende het Odin geen voedsel ingeneem nie maar slegs wyn — ook ‘n verwysing na die Messias en die nuwe testament …

Luk 5:37 En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke skeur, en dit sal uitloop, en die sakke sal vergaan.

Die naam Odin kan in Hebreeuse ook as Aud’n of Odn geskryf word wat beteken “heer”, “here” of “goddelik”. Die woord Aud’n of Adon (Adonai wat in die Bybel) is weer die Kananitiese naam vir die afgod “Baal” (Bel).

In sy soeke na die “ruin” simbool skrif van die germane (die woord) het hy homself gehang aan die boom Yggdrasil en die spies Gungnir in homself gesteek. Vir nege dae het hy gehang en in die donkerte weggestaar tot hy uiteindelik waardig genoeg was om kennis en insig van hierdie letters en simbole te ontvang. Tydens die ritueel het hy nie een van die ander gode toegelaat om hom te help nie.

Odin het ook ‘n magdom seuns gehad waarvan Thor die “god van donder” en Baldur die “skitterende wit god” die bekendste was. Baldur was onder die Chaldeers (Babiloniërs) bekend as Beelzer of Beelder wat beteken die “saad van Baal”. Die naam Thor is weer afkomstig van Thouros, die seun van die Assiriese god Adon en beteken “saad” of “nageslag”.

Maar Odin was nie slegs ‘n legende nie.

In die yslandse prosa Edda van Snorri word geskryf:

“Near the center of the world where what we call Turkey lies, was built the most famous of all palaces and halls—Troy by name . . . In the citadel were twelve chieftains and these excelled other men then living in every human fashion. One of the kings was called Munon or Mennon. He married a daughter of the chief king Priam who was called Troain, and they had a son named Tror—we call him Thor “.

Hierdie Tror het met ‘n profeet getroud genaamd Sibyl waaruit daar geslagte later ‘n kind gebore is genaamd Odin. Odin se vrou was genoem Frigg wat die ma was van die bekende Freya.

Die Noorwese bioloog, argeoloog en historikus Thor Heyerdahl, bekend vir sy “Kon Tiki” ekspidisie in 1947, het oor etlike jare se opgrawings lanks die see van Azov besef dat Odin en die land van Asgard ‘n historiese werklikheid moet wees. In sy boek “The Hunt for Odin” (Jakten på Odin) verduidelik hy hoekom die noorse god geen legende is nie maar ‘n koning van ‘n blanke volk wat in die 1ste eeu weggettrek het uit ‘n land genaamd “Aser” of Asgard (“stad van god”) oos van die Kaukasies berge — een van die oorspronklike woongebiede van Israel. Sharon Turner het die datum van Odin as ‘n historiese figuur bepaal êrens tussen die 2de en 3de eeu. In Daniel Haigh se werk oor die verowering van Brittanje het hy deur die Sakse-genealogieë die datum van Odin se bestaan ook rondom die 3de eeu bepaal.

Die gedagte dat die herkoms van die skandenawiese of Sakser volke onder Skittiërs suid van die swart en kaspiese see mag wees is egter glad nie iets nuut nie en verskeie navorsers het al ‘n soortgelyke idee voorgelê. Maar Thor Heyerdahl was as gevolg van sy reputasie en aansien onder die intellektuele elite lelik aangeval. Sy werk was beskou as pseudoargeologie sonder enige wetenskaplike gronding of begrip van die materiaal wat hy geraadpleeg het. Maar hierdie legendariese avonturis het sonder dat hy besef weer ‘n miernes oopgekrap.

Daar is ‘n paar ou historici wat verwys het na ‘n stad genaamd Asgard, geleë oos van die Tanais (nou bekend as die Don-rivier), in ‘n land genaamd Asaland. Een van die bekendste bronne wat hierdie plekke noem, is die Yslandse geskiedskrywer Snorri Sturluson. In sy werke “Heimskringla” en die “Prosa Edda” beskryf hy die mitologie en geskiedenis van die Noorse gode en helde.

In die 13de eeuse Prosas van Snorri Sturluson word ‘n stad genoem Asgard in ‘n land genaamd Asaland waarvandaan die Noorse volke klaarblyklik kom. Die historiese ligging van Asaland was moontlik rondom die Swart See en dieselfde area waar Israel destyds gevestig was.

Volgens Sturluson was Asgard die woonplek van die Aesir, ‘n stam van gode in die Noorse mitologie, en Asaland (of Asaheim) was die land waar hierdie gode gelewe het. Hy het beweer dat Asgard ‘n werklike plek was en dat die Aesir oorspronklik noorse volke was wat later as gode beskou is. Hy het ook gesuggereer dat Asaland in die ooste geleë was, oos van die Tanais, wat baie mense laat bespiegel het oor die moontlike geografiese ligging van hierdie mitologiese plekke.

Daar is ook spekulasie dat Asaland en Asgard gebaseer kan wees op werklike historiese stede en lande in Sentraal-Asië of rondom die Kaspiese See. Sommige teorieë stel voor dat hierdie plekke verwant kan wees aan die Scytheans of ander antieke volke wat in daardie gebiede gewoon het.

Odin en sy volk was dus Israeliete en soos meeste van die ballinge uit hierdie gebied was hulle verstrengel in die heidendom van die Assiriers en Babiloniers. Toe hulle uiteindelik wegtrek het hulle hierdie ou invloede en gebruike saam met hulle in Europa geneem….

Deu 28:64 En die HERE sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien, wat jy en jou vaders nie geken het nie.

Hulle roete het Odin en sy volk al langs die Don rivier geneem deur Rusland, Duitsland, Denemark, Noorwee en Swede. Verskeie artifakte wat rondom die Don rivier en Azerbaijan opgegrawe is lyk ook verstommend baie soos die van die latere Vikings. In ‘n Graf uit Bornhol, Swede, is perde gevind wat saam met die eienaar begrawe is; ‘n tipiese gebruik onder die Skittiers.

Een van die ondekkings wat Heyerdahl laat regop sit het was ‘n reeks baie ou petrogliewe in ‘n grot uit Gobustan waar uitbeeldings van lang bote feitlik identies is as wat die Vikings sowat ‘n millenia later sou gebruik. In die Ynglinga Saga word beskryf hoe die boot van Odin, die Skithblathnir, kon opvou soos ‘n doek. Dit word ook bevestig deur Herodutus wat opvoubare bote noem in die gebiede van Armenië.

Daar is ook ‘n merkwaardige ooreenkoms tussen hierdie Viking skepe en die van ‘n antieke volk bekend as die Fenisiërs. Dit het die vermoede al laat ontstaan dat die skeepsbou vernuf van die noore afkomstig kon wees van hierdie ou seehandel volk aan die weskus van Israel. Dan is daar die naam Tyr, wat nie net ‘n Viking god was nie maar ook een van die groot kusstede van Fenesië — die bekende Tirus van die Bybel6.

As seevaarders en handelaars het die Fenesiers egter ‘n groter en meer direkte bydrae gehad in die verstrooing van God se volk.

Die Fenesiers

Met die val van die noordryk van Israel was daar ‘n geweldige toevloei van volke na Tarsis en die Britse eilande. Ptolemaues skryf oor Brittanje:
“Hulle was bevolk deur afstammelinge van die Hebreeuse ras, wat geskool was in smeltings-werksaamhede en uitgeblink het in die bewerking van metale.”

Honderde muntstukke is in Brittanje gevind wat ‘n baie interressante kulturele verband trek tussen die vroeë kelte en die Fenisiërs. Hierdie seevaarders het wyd en suid kolonies opgerig vir hulle handelsroetes en verskeie Israel stamme het aan hierdie volksverhuisings deelgeneem.

(Klik om te vergroot) Feniese kolonies rondom die Middelandse See en verder. Aangesien die hawens van Tirus en Sidon so naby was het sommige Israeliete dikwels van hulle gebruik gemaak om ‘n nuwe heenkome te vind.

Die Fenisiërs was ‘n seevolk wat tussen 1550 en 300 v.C. aan die kusgebied van Kanaan gewoon het. Hulle was die eerste seevaarders om verby die Straat van Gibraltar te seil, en reeds 600 jaar voor die geboorte van die Messias het hulle rondom die suidkus van Afrika gevaar. Hierdie volk het geen sentrale mag gehad nie, maar het bestaan uit verskeie stadstate soos die bekende Tirus en Sidon in die Bybel, asook Biblos (waarvan die woord Bybel afkomstig is), Akko en Berytus. In hul eie taal het hulle na hulself verwys as die Kenaʿani (Kananiete), terwyl die Grieke hul land Phoiniki genoem het. Hierdie naam verwys na die “Tiraanse” pers kleurstof wat hulle uit seeslakke onttrek het.

Seker die mees blywende invloed wat hulle gehad het was deur hulle skrif. Feitlik elke moderne alfabet vandag kan hulle wortels terugtrek na die Fenisiërs. Die invloed was so geweldig dat ‘n mens amper kan sê dat sonder die verspreiding en invloed van hierdie skrifvorm sou die Grieke nooit hulle kulturele hoogtepunt kon bereik nie.

Die handels betrekkinge tussen Israel en die Fenisiërs het gelei tot verskeie kolonies in Noord Afrika, Spanje (Tarsis in die Bybel) en die Middelandse See, die Britse eielande en sover as Noord Amerika. Israeliete het in hulle duisende oor die jare na hierdie gebiede verhuis en verskeie gebiede het vir eeue lank ‘n kulturele verwantskap met Israel gehad.

Waar Israel ook haar voete neergesit het in antieke tye het sy ook haar identieit saamgeneem.

Feneciese skip (links) en Viking skip (regs)

Byvoorbeeld, die antieke naam vir Spanje was Iberië of Heberia. Heber was die agterkleinkind van Noag se seun Sem. Die naam van die Spaanse rivier, Ebro, is moontlik ook ‘n vorm van die naam Heber. Die Israeliete was dan ook bekend as Hebreërs:

Jon 1:9 En hy antwoord hulle: Ek is ‘n Hebreër, en ek vrees die HERE, die God van die hemel, wat die see en die droë land gemaak het.

Die Ferrar Fenton Bybel (beter bekend as The Holy Bible in Modern English) meld by 1 Samuel 4:6 dat die naam Eberim ook vertaal kan word as “kolonis”. So ook in die antieke Hebreeus-Fenisiese taal beteken die naam ‘Eber’ (“Hebreër”) ‘n koloniseerder. ‘n Interressant konklusie aangesien Israel verskeie plekke oor honderde jare rondom die middelandse see gekoloniseer het en as sulks bekend gestaan het.

Vanuit Spanje het baie van die Israeliete later na Brittanje en Ierland verhuis waar hulle bekend sou staan as die Iberni en tot in die Romeinse tyd was Ierland nog bekend as die land van Hibernia of Ivernia. Professor Barry Fell van die Harvard Museum of Comparative Zoology skryf byvoorbeeld oor die verband tussen die naam Iberië en die Ierse voorgangers:

“One of the ancient names of Ireland is Ibheriu, pronounced as Iveriu, a fact that suggests the word is derived from a still-earlier pronunciation, Iberiu. Now this is very interesting, for the Gaelic histories assert that the ancestors of the Gaels came to Ireland from Iberia, the old name of Spain. Could Iberiu be the same as Iberia , the name of the older homeland having been transferred to the younger? Many people, including some linguists, think this may well be the case” – America B.C.: Ancient Settlers in the New World , 1976, p. 43

Die mitologiese Tuatha de Danaan word beskryf as ‘n uitsonderlike mooi volk wat in Ierland aangekom het. Die naam beteken “Stam van die Godin Dane” maar kan ook eenvoudig geskryf word “Stam van Dane” of Dan.

Die alliansie tussen Israel en Fenisië het veral vir die stam van Dan heelwat voorspoed beteken asook nuwe geleenthede en vir etlike jare het merkbare getalle van hulle na verskeie van hulle kolonies verhuis. Volgens die Bybel het Dan ook ‘n reputasie as seevaarders gehad:

Jdg 5:17 Gílead het rustig oorkant die Jordaan gebly; en Dan, waarom vertoef hy by die skepe? ….

Die noordelike gebied van Dan se grondgebeied was bekend as Bashan en soos Moses geprofetteer het: “ sou hierdie stam uit sy grondgebied “uitspring” (Deut 33:22). Vanaf verskeie kolonies aan die middelandse see asook later immigrasies het hierdie stam mettertyd dwarsoor Europa hulle voetspore gelos. Die noordsee word byvoorbeeld genoem Danicarum Mare of “Die see van die stam van Dan” terwyl die eiland van Siprus wat net noord-wes van Israel geleë was is in antieke tye genoem la-Dnan of die “eiland van Dan”.

Vandag kan ‘n mens hulle roete volg deur verskeie plekname soos Danzig, Dnieper, Dniester en Donau en in Denemarke of Noorwee waar hulle bekend gestaan het as Donske. Daar is selfs ‘n rivier wat in beide die noorde van die Swartsee asook in Engeland en Skotland genoem word die Don.

Ander plekname in Europa wat verband hou met Dan sluit in: Danlaugh, Dansower, Dundalk, Dundrum, Dunn, Daninn, Danaster

Ierland self is vol verwysings na die naam soos byvoorbeeld Danslough, Dansower, Dundalke, Dundrum, Dunglow, Dungarven, Londonderry, Dunsmore en die Donegal baai.

Die 17de eeuse historikus Geoffrey Keating meld dat die Daniete oorspronklik na Ierland en Denemark gevlug het om nie in die hande van die Assiriers te val nie. In hulle legendes word ‘n volk bekryf, dieTuatha Dé Danann. Die naam beteken “Stam van die godin Dane” maar kan ook eenvoudig vertaal word as die “Stam van Dane” soos in die geval van R.A.S. Macalister se “Lebor Gabála Érenn” en in James MacKillop se “Dictionary of Celtic Mythology”. Die meer algemene skryfvorm van Tuath Dé beteken weer “volk van die gode” of “volk van God”.

Volgens legende het hierdie lang glinsterende bonatuurlike wesens in donker wolke aan die kus van Ierland aangekom en in ‘n oorlog betrokke gehad met ‘n plaaslike volk bekend as die Firbolgs. Die donker wolke is ‘n beskrywing van hulle bote wat hulle met hul aankoms aan die brand gesteek het. Nadat die Firbolgs tot in Connaught gedryf is vestig die Tuatha de Danaan ‘n koninkryk in Ierland wat vir ampe 200 jaar sou bestaan voor hulle self deur die Melesians uitgedryf is. Die legendes meld dat die Tuathaa de Danaan in die rotse en spelonke van die land gaan weggekruip het en mettertyd deur legende in die elwe van Ierland verander het. Sommige verhalings beweer dat die Melesians hulle ‘n woonplek onder die aard gegee het. Met die aankoms van die Christendom het hierdie legendariese wesens stelselmatig verander in die Sidhe of Feetjies van kinderverhale.

Maar die Tuatha de Danaan was nie net bekend vir hulle skoonheid nie maar ook hulle bonatuurlike mag. Hulle word ook beskou as die eerste Druids of towenaars in Ierland. En dit is deur hierdie ou heiden priesters van die Kelte waarin daar ‘n merkwardige profesie van hoop en verlossing bewaar sou word.

Druids

“Dwarssdeur Gaul is daar slegs twee groepe mense wat enige rang of waardigheid dra terwyl die res as niks meer as slawe beskou word nie…. die een is die Druids, die ander die ridders.” — Julius Caeser, Gallic Wars.

In die tyd van Caesar was die Druids nie net bekend onder die Kelte in Brittanje nie maar ook dwarsoor Europa. Hierdie priesterklas was beskou as die aristokrasie van die samelewing en het ‘n sentrale plek ingeneem in elke Kelt se lewe. Hulle was ‘n heilige orde van filosowe en towenaars wat ook opgetree het as wetsgeleerdes, digters, sterrekundiges, profete en geneeshere. Die Druids het geen skriftelike rekords gehou nie maar al hulle liedere, wette, geskiedenis, en wysheid gememoriseer en slegs spesifieke bloedlyne was toegelaat om die 20 jaar vakleerlingskap op te neem. Interressant dat hulle ook geglo het dat werklike begrip en waarheid omtrent ‘n saak slegs deur die spreek van woorde besef kan word, nie letters nie.

Daar is nog onsekerheid oor wat die oorspronklike naam Druid presies was of beteken het. Vir baie jare is aanvaar dat dit ‘n afleiding kan wees van die Grieks drous wat “eik” beteken. Die Grieke het ook hulle woudgode dryads genoem. Onder die Kelte het die woord “druidh” verwys na “’n wyse man” of “towenaar”. Daar is ook die Ierse “drui” wat vertaal word as “die volk van die eik bome” en wat in oud Persies beteken “n heilige man”. ‘n Ander bektenis vir die Walliese woord Drud is die kwytskelding en vergifnis van oortredinge.

Die Druid priesterdom het bestaan uit drie ordes: Die bardoi wat sangers en digters was, die sieners en geneeshere bekend as die o’vateis en laastens die Druidai of Druids wat die grootste invloed op die samelewing gehad het.

Daar is ook ‘n aantal fassinerende parrallelele tussen die Druids en die Leviete in die ou testament wat die vermoede laat ontstaan dat die Kelte niks anders was as Israeliete wat hulle ou gebruike in heiden vorm oorgedra en bewaar het nie.

Met die die wegbreek van die noordryk in Israel is sekere maatreëls ingestel om seker te maak dat die volk nooit weer sy religieuse paaie terugvind na Jerusalem en Judah nie. Hiervoor het Jerobeam die Levitiese orde vervang met ‘n nuwe godsdiens. Hy het die hoofsetel van Jerusalem na Samaria geskuif en ‘n nuwe tempel daar gebou. In I Konings 12:28-33 word ook genoem dat Jerobeam sentrums van aanbidding op al die hoogtes tussen die gebiede van Efraim en Dan opgerig het.

Die Bybel beskryf hoe die volk op die huwels en hoogtes en “onder elke groen boom” tussen “heilige boomstamme” (groves) bymekkaar gekom het. Hulle het ook klip pilare opgerig as ‘n simbool van vrugbaarheid en tot nagedagtenis van die afgod Baal.

2Ki 17:16 En hulle het al die gebooie van die HERE hulle God verlaat en vir hulle gegote beelde, twee kalwers, gemaak, ja, ‘n heilige boomstam gemaak en gebuig voor die hele leër van die hemel en Baäl gedien.

Meeste klipheuwels is voor die Assyriese gevangenskap van Israel gedateer. Historici het gewonder oor hul vroeëre relevansie vir Druidiese praktyke, aangesien hulle dateer van baie voor die vroegste geskrewe rekords van die Druides. Geskiedkundige rekords toon dat baie Kelte hul herkoms terugvoer na Egipte en die Israeliete se gevangenskap in Egipte (ongeveer 1600 v.C.). Na die Uittoig is daar sekere bewyse om te suggereer dat sommige Israeliete, hoofsaaklik van die stam van Dan, geskei het en na die Britse Eilande vertrek het. (Onlangse ontdekkings het ook die handel gedurende die regtersperiode tussen Israel en Cornwall bevestig.) Soos reeds gemeld was dit Dan wat in groot getalle later in Brittanje sou aankom en dit was ook onder hierdie Daniete in Ierland waar die hoofsetel van die Druids sou wees.

Tydens die fees van Alban Arthan in die Winter Sonstilstand het die Druids twee bulle geoffer en netsoos hierdie verheidense Israeliete het die Druids ook in klip sirkels en op heuwels en hoogtes onder bome aanbid. In 2 Konings 17:10 lees ons dat vogelinge van Jeroboam se godsdiens “hulle beelde en bosse op elke hoë berg en onder elke groen boom opgestel het” (kjv). Die Hebreeuse term vir beelde beteken “’n pilaar of gedenksteen.” Gesenius se Hebreeus-Chaldeëse Lexicon sê dit beteken “iets wat regop gestel is, spesifiek: a) ‘n pilaar … b) ‘n standbeeld, die beeld van ‘n afgod, byvoorbeeld die standbeeld van Baal.”

Die Israeliete het ook in “bosse op elke hoë berg en onder elke groen boom” aanbid. Die term bosse verwys na ‘n plek gemerk deur bome. Terselfdetyd het hulle ook sekere Goddelike opdragte nog uitgevoer soos om altare van onverwerkte klip te bou…

Deu 27:5 En jy moet daar vir die HERE jou God ‘n altaar bou, ‘n altaar van klippe; jy mag geen yster daaroor swaai nie. 6 Van ongekapte klippe moet jy die altaar van die HERE jou God bou; en jy moet daarop brandoffers bring aan die HERE jou God.

Verskeie instellinge van Jerobeam het ou heiden wortels gehad. In die plek van byvoorbeeld die tradisionele Tabernakel Fees wat in die middel van Oktober maand gevier is het hy hierdie feesdag aangeskuif na November. Onder die Druids was daar 4 groot feeste bekend as Samhain, Imbolc, Beltane en Lughnasadh. Samhain (31 Oktober – 1 November) was gevier as die eerste dag van winter en beskou as ‘n tyd wanneer die skans tussen hierdie wereld en die geesteswereld op sy swakste was. In Skotland het boere soms rondom hulle plase met fakkels gehardloop om sy huis en gesin van booshede te beskerm. Die dag was ook gewild onder die Druids vir waarsêery. Vandag is dit beter bekend as Halloween.

Jerobeam se goddeloosheid het veroorsaak dat die volk hulle heidense gebruike Europa ingedra het. Tog was daar ook nog sekere gebruike van ‘n Godvresende Israel waargeneem.

Hulle het byvoorbeeld geglo in die onsterflikheid van die gees al het hulle terselfdetyd ook ‘n vorm van reinkarnasie geleer waar ‘n mens oor en oor gebore moes word om uiteindelik volmaaktheid te bereik. Julius Caesar meld dat “Die druides maak die onsterfikheid van die siel die basis van al hulle onderrig en hou dit voor as die vernaamste dryfveer en rede vir ‘n deugsame lewe.”

Behalwe vir verskeie klip strukture en enkele graverings was bitter min afgodsbeelde gevind onder die ou Druids. Die Griekse historikus Diodorus Siculus meld dat toe die Keltiese bevelvoerder Brennus by die Griekse Tempel op Delphi aankom het hy uitgebars van die lag. Hy kon nie verstaan waarom die Grieke afbeeldings maak van hulle gode nie. Vir hom was sy gode orals: in die woude, fonteine en onder die aarde.

In Druids se godsdiens het die eik en mistel ‘n groot rol gespeel. Rondom 21 Desember tydens die winter sonstilstand (Alban Arthan) het wit gekleede Druid priesters die mistel afgesny van ‘n eik met ‘n goue of brons sekel. Om seker te maak die plant word nie op die grond ontheilig nie was die stukkies gevang in ‘n wit doek. Dit is dan uitgdeel onder die mense om oor hulle deurposte te hang as beskerming teen allerhande booshede.Twee wit bulle is dan geoffer en gebede opgedra vir die volk se voorspoed. Later het die betekenis van die ritueel verander. Die afsny van die mistel het die einde van een koning se heerskappy en die aanbreek van ‘n nuwe gesimboliseer.

Die Druids het die parasitiese plantjie as heilig beskou en kon soms waargeneem word op ‘n boom wanneer niks anders groei nie. Vir die Druids was dit ‘n simbool van vrugbaarheid en hernuwing. So ook in die Bybel word die Messias nie net beskryf as die een wat genesing vir sy volk bring nie (Jesaja 35:4-6) maar ook as die spruit of takkie van Isai…

Isa 11:1 Maar daar sal ‘n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en ‘n loot uit sy wortels sal vrugte dra;

Die Druids het geglo dat hierdie plant oor ongelooflike genesende eienskappe beskik het. Hulle het dit gebruik om siektes te genees, as teengif, vir vrugbaarheid en verskeie ander kwale. Die woord “mistel” (mistletoe) is blykbaar ‘n baie ou Keltiese woord wat “alles genesend” beteken.

Die misteltakkies wat deur die Kelte oor hulle deurposte gehang is, laat ‘n mens dink aan die bloed wat Israel as teken oor hulle deurposte moes smeer. Vir die Druids was die wit mistel bessies en sap ook ‘n simbool van goddelike saad wat moontlik ‘n interessante simboliese parralel het met die die Messias se oorsprong en die Goddelike bevrugting van Maria.

Argeologiese opgrawings in die Britse Eilande het die oorblyfsels van Druïdiese priesters skelette ondek asook priesterklere — klere met ingewikkelde ontwerpe van indrukwekkende patrone en kleure, versier met waardevolle edelstene. In Exodus 28:15-21 word die klere van die hoëpriester beskryf wat ‘n wit gewaad waaraan ‘n goue borsplaat was met 12 kosbare juwele.

Dit is geen wonder dat die Kelte die Christendom so maklik aanvaar het nie. Die skrywer en natuurkundige van die 1ste eeu, Gaius Secundus beter bekend as Pliny die Ouere meld:

“Geen land kan ‘n vinniger of meer natuurlike samesmelting van hulle plaalike geloof met die Christendom wys nie as wat waargeneem is in Brittanje in die 1ste eeu n.m. Die gereedheid waarmee die Druids die Christendom aanvaar het, die manier hoe hulle plekke van aanbidding en leerskole omskep het vir Christen gebruik asook die gewilligheid wat die mense die nuwe geloof aanvaar het is feite wat die huidige historikus of miskyk of wil ignoreer”.

So kan byvoorbeeld die area waarop Chartres Katedraal vandag staan genoem word. In die tyd van Caesar was dit een van die grootste en belangrikste Druid samekomsplekke in Gaul. In hierdie gebied wat Caesar noem Caunutes was ‘n ondergrondse fontein wat vir die Druids ‘n bron van mistieke en geestelike krag was. Besluite is hier geneem en wette uitgevaardig wat dan onder al die Druid ordes van Europa gehoorsaam moes word.

Nog ‘n skakel tussen die Druids en oud Israel kan ook gesien word in die verskeie klip monumente wat nie net in Brittanje nie maar ook dwarsoor Europa te sien is. Die huidige argeologiese en historiese konsensus beweer dat megalitiese strukture soos Newgrange in Ierland en Stonehenge in Brittanje hoofsaaklik uit die Neolitiese tydperk dateer, wat tussen ongeveer 4000 v.C. en 2500 v.C. val. Hierdie strukture is dus lank voor die opkoms van die Druïde-kultuur en ander bekende Keltiese gemeenskappe in Europa opgerig.

Die aanvaarde datering van dolmens en soortgelyke strukture in Europa is te vroeg. Die meeste Megalitiese monumente in Wes-Europa is opgerig gedurende die Laat Brons- of Vroeë Ystertydperk ná die Israeliete verbanning was. Ystertydperk artefakte word gereeld saam met of in die nabyheid van dolmens gevind, en yster is grootliks in Wes-Europa ingevoer na ongeveer 700 v.C.

Die staande klippe of Menhirs can Callanish in Skotland. Hierdie tiepe staande klippe is ook oral in Israel te sien. In Exodus word gemeld dat Moses twaalf gedenkstene opgerig het “volgens die twaalf stamme van Israel”.
Staande klippe van Kananitiese oorsprong gevind in Gezer Israel. In Europa word hierdie regop staande klippe menhirs genoem terwyl dit in die Bybel weer genoem word massebas of masseboth (meervoud).

Die argeologiese vondste van steensirkels in Swede en noordelike Duitsland is aanvanklik toegeskryf aan die Steentydperk, maar word vandag nie later as 500 n.C. gedateer nie. Megalitiese terreine soos die “Domarringen” of “regtersirkel” in Skandinawië word nou beskou as die handewerk van die Anglo-Sakse.

Die ontdekking van ysterurne onder die klipring by Boitin in Duitsland het die ouderdom van hierdie megalitiese struktuur veel later tussen 400-550 n.C. geplaas.

Newgrange is ‘n groot sirkelvormige heuwel met ‘n klip deurgang en kamers binne. Dit deel baie ooreenkomste met ander Neolitiese konstruksies in Wes-Europa soos Cairn H, by Loughcrew. Dit word vandag erken dat Cairn H in die Ystertydperk opgerig is. Charles Ginenthal meld in Pillars of the past:

“Possibly some of the most damning evidence of all comes from one of the mounds at New Grange [i.e. Loughcrew], Cairn H. Here archaeologists found a whole series of artifacts of clearly Iron Age date. These included amber and glass beads, various iron objects and bone plaques. It was the latter which caused the most disquiet… The problem presented by these objects of La Tene art together with iron objects was to explain their presence in a Passage Grave, the walls of which were decorated with typical megalithic art and which was assumed by people to have been constructed around 2000 B.C…”

Duisende megalitiese monumente soos dolmens, menhirs en cairns word dwarsoor Europa gevind gevind maar dit is in Israel waar van die oudste klip monumente waargeneem kan word.

In Jeremiah word Israel aangemoedig om “padwysers” en “mylpale” op te rig…

Jer 31:21 Rig vir jou mylpale op, maak vir jou padwysers, let op die grootpad, die pad wat jy geloop het. Kom terug, o jonkvrou van Israel, kom terug na hierdie stede van jou!

Die hebreeuse woord vir “mylpale” is tziyun of tzionim kan beide verwys na ‘n graf maar ook dien as ‘n teken of mylpaal. Die woorde van Jeremiah was ‘n profesie van Israel en nie ‘n opdrag nie. Soos sy ‘n pad vir haarself deur volke en nasies sou kerf sou sy ook padwysers agterlaat, tekens wat haar eendag weer sou herinner aan haar herkoms en land van geboorte.

Gen 28:18 Toe staan Jakob die môre vroeg op en neem die klip wat hy onder sy hoof gesit het, en rig dit as ‘n gedenksteen op; en hy het olie daaroor uitgegiet.

Dwarsoor Brittanje is daar ‘n magdom van hierdie megalitiese klip bouwerke wat ook baie ooreenstem met verskeie Bybelse beskrywings. Die gedenksteen wat Jakob byvoorbeeld opgerig het word in Brittanje ‘n Menhir (“lang klip”) genoem en is volop in die gebied.

Gen 31:46 En Jakob het aan sy broers gesê: Bring klippe bymekaar! En hulle het klippe gaan haal en ‘n hoop gemaak en daar op die hoop geëet.
Jos 7:26 En hulle het ‘n groot hoop klippe op hom gestapel wat tot vandag toe daar is. Toe het die HERE Hom afgewend van die gloed van sy toorn. Daarom noem hulle daardie plek Dal Agor tot vandag toe.

In Exodus het Moses ‘n altaar opgerig met twaalf klippe wat moontlik soos die Cromlech’s in Ierland ook in ‘n sirkel gerangskik was.

Exo 24:4 En Moses het al die woorde van die HERE opgeskrywe en die môre vroeg hom klaargemaak en onder die berg ‘n altaar gebou, en twaalf gedenkstene volgens die twaalf stamme van Israel.

Genesis 35 beskryf ‘n tiepe “altaar” wat ‘n verwysing kan wees na ‘n Dolmen — ‘n eenvoudige klipbouwerk bestaande uit twee of meer regopstaande klippe wat ‘n klipoppervlak ondersteun. In die Golan hoogtes van Israel is ‘n klipsirkel met ‘n grafkamer gevind wat meer as 5000 jaar oud is. Honderde ander soortgelyke klipgrafkamers is ook in die gebied gevind.

Dit Britse reiseger en skrywer Laurence Oliphant het onderskeid getref tussen die drie-delige oop Dolmens soos by Brownshill in Ierland en die tumulus grafte wat byvoorbeeld gevind is in Shamir in Israel. Die oop Dolmens was gebruik as ‘n altaar terwyl die tumulus Dolmens spesifiek gebruik was om dooies te begrawe.

Dolmen van Fontanaccia in Corsica, Frankryk
‘n Dolmen gevind in Gamla, Israel
Gen 35:7 en hy het daar ‘n altaar gebou en die plek El Bet-el genoem, omdat God daar aan hom geopenbaar is toe hy vir sy broer gevlug het.

Meeste van die dolmen altare in Kanaan was met Israel se intog vernietig maar vandag kan hulle nog op ‘n paar plekke soos in Gezer of noord van die Jordaan gesien word. Die Arabierie het hulle genoem “Kubur Beni Israil” of die “grafte van die kinders van Israel” en dit is merkwaardig hoe baie hulle ooreenstem met die latere dolmens van Europa.

Maar ‘n mens moet ook nooit uit die oog verloor dat die Kelte nog heidene was nie. Nietemin was daar steeds onder die Kelte ‘n liggie in die donker bewaar, ‘n dof en amper uitgebrande profesie van verlossing.

Die eik dra die betekenis van ‘n volk wat wag op ‘n Messias – die verskyning van ‘n mistel takkie op sy stam. Dwarsoor Europa het die verlore skape van Israel vir honderde jare gesit en wag al het hulle nie eers meer geweet wie hulle is of van waar hulle gekom het nie. En hoe verstommend is dit nie dat hierdie Keltiese “barbare” tussen al hulle heidense gewoontes en duisende kilometer weg van Jerusalem die vrug van ‘n profesie op hulle harte nog kon dra.

Taliesan , ‘n Walliese “Bard” van die 6de eeu meld: “Christus, die woord van die begin af was ook die begin van ons onderwys. Die Christendom was iets nuut in Asie maar daar was nie ‘n tyd toe die Druids nie aan hierdie leringe vasgehou het nie”.

In Deuteronomium het God die volk gewaarsku dat as hulle van sy wette en verordeinge afdwaal sal hy hulle uit die land verdryf en tussen ander volke verstrooi. Hy beskryf dan:

Deut 28:65-67  En onder dié nasies sal jy geen rus hê nie, en vir jou voetsool sal daar geen rusplek wees nie; maar die HERE sal jou daar ‘n bewende hart gee en smagtende oë en ‘n kwynende siel. En jou lewe sal voor jou aan ‘n draad hang, en jy sal nag en dag skrik en van jou lewe nie seker wees nie. In die môre sal jy sê: Ag, was dit maar aand! En in die aand sal jy sê: Ag, was dit maar môre! —vanweë die skrik van jou hart wat jou sal aangryp, en vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien. 

Israel kon nie haarself losmaak van die verskriklike omstandighede waarin sy in haar heiden toestand vasgevang was nie. ‘n Mens sommige aspekte van die die kelte, gote en selfs die Vikings bewonder maar dit is ongetwyfeld dat hulle wrede en immorele optrede van dag tot dag ‘n swaar juk moes gewees het. Die Christendom het vir hierdie skape verlossing gebring. ‘n God van liefde en verdraagsaamheid is aan hulle openbaar wat hulle nou in mekkaar ook moes vind en in die proses genesing en herstel kon bewerkstellig.

Met verloop van tyd het die Europese volke, soos die Kelte, Gote, en Vikings kultureel verander in lande soos Frankryk, Duitsland, Swede, Denemark, Holland, Brittanje en vele ander. Die opkoms van die Christendom het soos reeds gemeld ‘n geweldige uitwerking op hierdie volke gehad en ‘n groot rol gespeel in hul transformasie vanaf heidense rituele na die aanvaarding van die evangelie. Met die aanbreek van die Katolieke Kerk het Christendom en staat saamgesmelt, wat tot spanning en kontroversie oor dogma gelei het. Martin Luther se hervormings het uiteindelik die monopolie van die Katolieke Kerk gebreek en die skape ‘n kans gegee om die huurling se juk af te gooi.

Die vervolging van Hugenote en ander groepe in die Middeleeue het egter hulle gedwing om nuwe heenkome te soek, onder andere in Suid-Afrika. Britse imperialisme het later probeer om die taal, geloof, en kultuur van die Afrikaner Boerevolk te vernietig. Soos hul voorvaders, het die Boerevolk ‘n nuwe heenkome gesoek en uiteindelik twee republieke gevestig, gelyk aan die oud-Israeliete se twee koninkryke. Hulle het ‘n gelofte gemaak en ‘n offer aan God gebring, nie in die vorm van ‘n brandoffer nie, maar in ‘n gebroke gees.

Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie. - Psalm 51:17

Hierdie offerhande het die profeet Sefanja al 2700 jaar gelede gesien.

Oorkant die Riviere van Kus

In Sefanja is daar ‘n beskrywing van ‘n groep aanbidders, ‘n verstrooide gemeente wat “oorkant die riviere van Kus” woon. In Jesaja word hierdie volk beskryf as ‘n “hoog uiteggroeide volk met die blink vel”, ‘n nasie gewoond om te gebied en vertrap. Die beskrywing van ‘n “blink” vel mag dalk ‘n verwysing na velkleur aandui, maar daar is ook verskeie ander moontlike betekenisse: mowrat kan ook beteken hardkoppig, onafhanklik, en afgeskil. Die woord mowrah verwys na gladgeskeerdes, terwyl mowreh onderwysers of skerpskutters beteken.

In Hebreeus het Afrika as Kus, en in Grieks as Ethiopië bekend gestaan. In Homeros se Illiad word ‘n gebied beskryf wat die hele loop van die Nyl, vanaf Meroë tot by die groot boog, insluit. Later is dit Nubië genoem, na die Egiptiese en Koptiese woord noub, wat goud beteken. Ethiopië het in oorspronklike Grieks “land van die sonverbrandes” beteken. Die Atlantiese kus van Noordwes-Afrika was bekend as die See van Ethiopië en later die See van Afrika.

Voor die Portugese ontdekkingsreise in die 15de eeu, was Europeërs onbewus van die suidpunt van Afrika. Dit was omdat die sentrale rivierstelsels van Afrika met varswatermere verbind was, wat die wanopvatting geskep het dat Afrika se kus ‘n sirkelvormige oppervlakte het. Die kuslyn van Suidelike Afrika het egter oor die jare verander wat deur verskeie skeepswrakke langs die Namib-kus waargeneem kan word. Sandvishawe, suid van Walvisbaai, is so onlangs as die vorige eeu toegeslik.

Die Fenesiërs het agter al lankal reeds ‘n roete om die suidkus van Afrika gevind. Herodotus vertel dat koning Neco Fenisiese matrose aangestel het om Afrika te omseil. Hulle het in ‘n reis van drie jaar om die hele kus gevaar en deur die Straat van Gibraltar, wat Herodotus die Pilare van Hercules noem, teruggekeer. Interressant dat Herodotus geen mense noem wat die Fenisiërs op hul reis rondom Afrika ontmoet het nie. Die matrose moes drie graanoeste insamel, wild jag en vis vang om te oorleef.

Alhoewel die gebied “oorkant die riviere van Kus” min bekend was, het die profeet Sefanja ‘n visioen gehad van ‘n volk wat eendag anderkant die riviere van Kus sou woon.

Hy beskryf hulle as ‘n “verstrooide gemeente” wat vir God ‘n offerhande bring. Dan hoef hy hom nie meer te skaam oor sy oortredinge nie want God gaan in die proses al die hoogmoediges en die wat “oormoedig jubel” onder sy volk verwyder. Hierdie is geen magtige volk nie maar klein en gering. Hulle wat by die naam van God skuiling soek.

Dan juig die profeet oor die lot van hierdie volk:

Jubel, o dogter van Sion, juig, o Israel! Verheug jou en jubel van ganser harte, o dogter van Jerusalem! Die HERE het jou oordele opgehef, jou vyand weggeveeg; die koning van Israel, die HERE is by jou, jy sal geen kwaad meer vrees nie. Zep 3:14-15

God versamel dan ook sy verstrooides wat ver woon en onder druk en droefheid verkeer. Hy maak hulle dan bymekkaar by Jerusalem, by hierdie dogter van Sion wat woon anderkant die riviere van Kus.

Sefanja beskryf niks minder as Suid-Afrika nie. Die offerhande was ‘n gebroke gees (Psalm 51:17) wat gelei het tot die trekkers se oorwinning by bloedrivier. Dit was geen klein gebeurtenis nie. Meer as ‘n honderd jaar later is die Voortrekker Monument soos die Tempel van Salomo in ‘n huldeblyk tot God en sy verlossing opgerig.

Nietemin die feit dat baie mense (fouetief) beweer die bouwerk niks meer as ‘n Vrymesselaars simbool is nie, bly dit ‘n blywende simbool en teken vir elke geslag om God se wonderwerk te onthou. Die geld, tyd en moeiete wat ons volk destyds in hierdie handewerk ingesit het ter wille van God se naam en ons dankbaarheid sal nie vandag weer kan gebeur nie. Na beraming sal dit vandag meer as R290 million kos om die monument op te rig.

Ons volk sal miljoene saamsit vir nog ‘n Rugby Stadium maar het nie meer die tyd of lus om sy lewe toe te wy aan iets groter as hyself nie. Dit is ongelukkig die hartseer van ons volk en die hartseer van Israel meer as 3000 jaar gelede. Dit is eers wanneer hy in sak en as is, wanneer hy alles verloor het. Sy geloof in sy leiers en homself dat hy weer besef dat hy nooit wanhopig moes raak oor kos, klere of die dag van more nie. Maar eerder hom moet bekommer wanneer hy nie meer weet wie hy is en waar sy krag vandaan kom nie.

Afsluiting

Hierdie kort samevatting van enkele feite aangaande die identeit van die ware Israel is is slegs bedoel om hierdie komplekse maar fassinerende onderwerp onder meer mense se aandag te bring. Dit is nie veronderstel om ‘n volledige bespreking te wees nie. Daar word gehoop dat dit dalk volksgenote sal aanmoedig wat die tyd en vermoë het om hierdie onderwerp in diepte en so volledig as moontlik te ondersoek.

Dr. N.A. Burger se wetenskaplik studie en oor die ware herkoms van ons blanke voorouers. Beskikbaar by Vaandel Uitgewers as ‘n e-boek.

Skrywers soos die laat Dr. N.A. Burger het in sy boek “Rigters onder die Suiderkruis” hierdie geweldige taak aangepak met ‘n groot mate van sukses. Ander skrywers soos Robert Hayes het in sy boek “Suid-Afrika – oorkant die riviere van Kus” het ‘n meer Bybelse benadering tot Israel en Suid-Afrika gehad. Maar hierdie taak is geensins afgehandel nie. Daar is ‘n geweldige aanslag op hierdie identeit van Israel onder sogenaamde “kenners” asook die kerk wat dit soms baie moeilik maak om agter die kap van die byl te kom. Dit gaan egter nie net daaroor om die inligting bymekkaar te maak nie maar ook om huidige gevolgtrekkings krities te ondersoek. Dit sluit in koolstofdatterings, keramiekdattering, die werk van antieke skrywers en om die waarheid te onderskei van spekulasie, mite en selfs blatante leuens. Die taak is groot maar intellektueel en geestelik geweldig bevredigend.

Die identieit van Israel is egter nie soseer van historiese belang nie maar eerder geestelik en dit is in hierdie geestelike belang waarin die kerk eerder ‘n struikelblok word as ‘n steunpilaar. In Johannes 10 beskryf die Messias homself as die goeie herder, die een wat sy lewe vir die skape afgee. Maar dan noem hy ook die huurling:

Joh 10:12-13  Maar die huurling en hy wat nie ‘n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar.  En die huurling vlug, omdat hy ‘n huurling is en niks vir die skape omgee nie. 
Robert Hayes het in sy opspraakwekkende publikasie “Suid-Afrika – oorkant die riviere van Kus” die blanke volk in Suid-Afrika se toekoms uit Jesaja en Sefanja openbaar. Beskikbaar by Vaandel Uitgewers

Van wie anders kan hier gepraat as die geïnstitusionaliseerde kerk, ‘n wêreldse mag wat ter wille van eie win die skape onder sy vlerk gebring het? In Esegiël het God die sogenaamde herders van Israel hard aangespreek en ook gewaarsku. Sy volk was onder die bestuur van Farriseërs en skrifgeleerdes, kerkleiers wat net na hul eie belange omsien terwyl die volk verwarloos en verhonger word.

Eze 34:6  My skape dwaal rond op al die berge en op al die hoë heuwels; ja, oor die hele oppervlakte van die aarde is my skape verstrooi, sonder dat iemand na hulle vra of hulle soek. 

Ons volk staan op die huwels en berge en soek ‘n betekenis en heenkome terwyl die kerk hulle net verder wegjaag van wie en wat hulle eintlik is. Hulle geskiedenis word weggesteek en verdraai en daarmee saam die hand van God in hulle bestaan. Nie net in hierdie land nie maar oor die ganse aarde is God se volk Israel verstrooi en verwaarloos. ‘n Volk wat vandag in duisternis verkeer want die gees van Babel werk meedoenloos om sy toring van inklusiwiteit, gedwonge vrede en dystopiese vooruitgang te bou.

Die saak kan dalk hopeloos voorkom maar dit moet nooit vergeet word nie:

Mat_19:26 ... By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.