Duitsland se ekonomie en morele standaarde is besig om in duie te stort. ‘n Onlangse hofuitspraak het die Duitse volk woedend gemaak en dien as ‘n teken van ‘n dieperliggende siek samelewing.
‘n Jong vrou is tronk toe gestuur omdat sy ‘n man beledig het wat vrygeloop het nadat hy en agt ander ‘n jong meisie in ‘n stadspark in Hamburg bendeverkrag het.
In 19 September 2020 het ‘n 15-jarige meisie ‘n partytjie op die stadspark in Hampburg bygewoon. ‘n Man het die besope meisie in ‘n bos gelei waar drie ander mans gewag het. Hulle het haar haar foon en beursie afgevat en toe vir ure lank verkrag voor hulle haar gelos het.
Oorweldig en getraumatiseerd het die meisie op die terrein rondgewaal toe nog twee jong mans haar raakloop en ook verkrag. Hulle het toe hul vriende geteks en genooi om hulle beurt te neem met hierdie “maklike teiken”. Uiteindelik het sy kon losgebreek en weghardloop. Sy was nog agtervolg deur een van die mans toe sy uiteindelik mense gekry het wat besef het iets is fout en die polisie gekontak het.
Altesaam 11 verdagtes is aangekla, maar twee is vrygespreek weens ‘n gebrek aan DNA. Na ‘n lang verhoor van meer as twee maande waarby 96 getuies betrokke was, is die ander 9 uiteindelik skuldig bevind. Een van hulle het self in die hof aan die slaap geraak.
Die regter het egter skokkend sagte vonnisse opgelê – net een man ’n 19-jarige het tronkstraf van 2 jaar en 9 maande gekry. Die ander 8 beskuldigdes is jeugvonnisse van 1-2 jaar opgelê met proeftydperk of pre-parool, wat beteken dat hulle tronkstraf vermy het. Die verdedigingsadvokate het aangevoer die mans het gedink die slagoffer “wil seks met hulle hê.”
Van die beskuldigdes was nie een van hulle Duitsers nie maar afkomstig van onder andere Pole Egite, Libië, Koewit, Armenië, Afganistan, Sirië en Montenegryns.
‘n Twintig jarige vrou het een van die beskuldiges se nommers in die hande gekry en hom geteks op wattsapp met beskrywings soos “skandelike verkragter vark” (unehrenhaftes Vergewaltigerschwein), “walglike freak” (ekelhafter Freak) en hom gewaarsku dat hy nêrens meer veilig sal wees nie. Die uitlander het haar toe aangekla by die polisie en nou lyk dit of sy ‘n langer vonnis gaan ontvang as enige van die aanranders!
Die Duitse polisie ondersoek ook 140 ander mense wat soortgelyke opmerkings gemaak het.
Hierdie skokkende uitspraak teen die vrou het die Duitsers woedend. Sedert Angela Merkel die deure in 2015 oopgemaak het vir immigrante het Duitsers al hoe minder reg en aanspraak op hulle eie land.
Net onlangs in Mei 2024 is Marie Theres Kaiser van die ADF skuldig bevind vir die aanhitsing van haat teen Afghaanse migrante deur regeringstatistieke te plaas wat toon dat Afghane oorverteenwoordig is in bendeverkragtings. Sy vra toe of Duitsland nou ‘n “verwelkomende kultuur” geword het vir hierdie soort bendeverkragtings. Regter Richter Halbfas en die twee jurielede het Kaiser se verklaring as ‘n “aanval op die menswaardigheid” van ‘n nasionale groep beskou en die verklaring as ‘n “aanhitsing van haat” klassifiseer.
Kaiser se uitlatings was eintlik gerig op die burgemeester van Hamburg nadat hy ‘n nuwe program aangekondig het wat 200 Afghaanse werkers na die stad sou bring. En dit nadat nog ‘n 15 jarige mesie in die stad verkrag is deur uitlanders.
Hierdie insident is egter net een van vele oor die laaste dekade.
In selfde jaar wat Angela Merkel in 2015 die deure oopgemaak het in Duitsland is ‘n reeks seksuele aanrandings en rooftogte oor nuwejaar in Duitsland aangemeld, veral in Keulen. Meer as ‘n 1000 mans van Arabiese of Noord-Afrikaanse afkoms was betrokke by die aanrandings, seksuele molestering en rooftogte. Daar is berig dat ongeveer 1 200 vroue seksueel aangerand is, met die vroue wat deur die groepe mans omring, betas en in sommige gevalle verkrag is. Soortgelyke voorvalle is in ander Duitse stede aangemeld, hoewel nie op dieselfde skaal as in Keulen nie.
Die Keulense polisiehoof het dit “‘n heeltemal nuwe dimensie van misdaad” genoem, en ‘n polisieman op die toneel het verklaar dat die verdagtes almal asielsoekers was. Dit lyk asof die aanvalle georganiseer is, met die mans wat in groot groepe aangekom het, oënskynlik met die spesifieke bedoeling om hierdie misdade teen vroue uit te voer.
In Februarie 2016 het vier jeugdiges ‘n dronk 14-jarige meisie in Hamburg seksueel aangerand en haar vir dood buite in ysige temperature agtergelaat terwyl ‘n vyfde tiener die misdaad verfilm het. Tydens die aanranding het hy soos ‘n filmregisseur instruksies uitgeskree oor wat hulle aan haar moet doen.
Dieselfde jaar is die 19-jarige dogter van die direkteur van die Europese komissie, Maria Ladenburger deur ‘n Afgaanse tiener verkrag en vermoor. Die tiener was later ook gesoek vir die verkragting en moord op ‘n ander 27-jarige vrou in dieselfde area net drie weke later.
‘n Paar maande later is ’n vrou vermoor en twee ander is beseer nadat hulle deur ’n Siriese vlugteling met ’n kapmes naby Stuttgart in Duitsland aangeval is.
In 2018 is ‘n 24-jarige immigrant in Flensburg doodgeskiet nadat hy ‘n polisievrou met ‘n kombuismes gesteek het
In Januarie 2019 het ’n streekhof in Wuppertal agt tieners skuldig bevind aan die verkragting van ’n 13-jarige meisie naby ’n swembad in die dorpie Velbert, in Noordryn-Wesfale.
In Julie 2019 het was daar nog ‘n insident van seksuele aanranding in Wuppertal deur minderjariges ‘n 15-Jarige meisie was aangerand deur vyf seuns tussen die ouderdomme van 11 en 17.
En die lys gaan net aan.
Statistieke toon dat buitelanders meer as 50% van die gevangenisbevolking in Duitsland uitmaak, ten spyte daarvan dat hulle slegs 14% van die algehele bevolking is. Bendeverkragtings het ook sedert 2017 in Duitsland met 50% toegeneem, met ‘n aansienlike deel wat deur migrante gepleeg is.
Die Duitse volk van vandag is definitef nie dieselfde volk wat in die Anglo-Boereoorlog afgekom het om die Twee Republieke te help nie. In ‘n Duitse artikel genaamd “Verfall der Moral” in die Berliner Zeitung noem Muamer Bećirović die rede vir moderne Duitsland se gebrek aan ruggraat en morele waardes.
Daar is nie meer ‘n groter morele doel wat die land saam bind nie. Duitsland se trots vir hul land is lankal weg en volksgenote (veral politieke leiers) jaag eerder hul eie persoonlike belange na as om opofferinge te maak vir iets meer as net hulself. Muamer fokus egter nie op seker van die groot bydraes vir hierdie verval nie.
Tans het Duitsland een van die grootste nie-godsdienstige bevolkings in Europa. Bykans 50% van die Duitse volk, veral jong mense, het geen belangstelling in enige vorm van godsdiens nie en hierdie exodus is net besig om jaar na jaar toe te neem.
Volgens ‘n onlangse opname sou elke derde of vierde Duitser so vinnig as moontlik Duitsland verlaat in die geval van oorlog, en slegs een uit elke 10 Duitsers was bereid om te veg vir hul land. Die woorde van die WWII Kapelaan William T. Cummings lui baie waar “There are no atheists in foxholes.”
Die filosoof John Stuart Mill (1806-1873), bekend vir sy werk oor Utilitarisme, het in ‘n opstel getiteld “The contest in America” geskryf:
“War is an ugly thing, but not the ugliest of things: the decayed and degraded state of moral and patriotic feeling which thinks that nothing is worth a war, is much worse. The person who has nothing for which he is willing to fight, nothing which is more important than his own personal safety, is a miserable creature and has no chance of being free unless made and kept so by the exertions of better men than himself.”
‘n Nasie waarvoor niemand wil veg nie, is gedoem tot verowering.
Dis interessant om te sien dat direk na die ineenstorting van die Sowjetunie in 1989, Duitsland sy dryf verloor het om sy strategiese behoeftes na te jaag. Tot op daardie punt het Duitsland soos ‘n goed geoliede masjien gefunksioneer met die kanselier as die enjin wat Duitsland se oorlewing en opkoms as ‘n leidende mag in Europa aangedryf het. Na die val van die berlynse muur het ‘n nuwe generasie verskyn wat nie meer groei en verdediging nagejaag het nie maar welvaart en vrede.
Maar ‘n reeks deurlopende gebeure het hierdie strewe na voorspoed en vrede verbrysel. Die ekonomiese en finansiële krisis, die Russiese aanval op Georgië in 2008, die Fukushima-ramp en Duitsland se besluit om kernkrag uit te skakel in 2011, die Russiese anneksasie van die Krim in 2014, die instroming van migrante sedert 2015 met die gepaardgaande toename in misdaad, en laastens, die 2022 inval van Oekraïne deur Rusland. Dit het gelei tot inflasie, hoë energie kostes, deïndustrialisering en uiteindelik selfs sy militêre toestand nog verder versleg.
Dalende geboortes
Duitsland se ontwikkeling na die die Tweede Wêreldoorlog het veroorsaak dat hy een van die grootste energie verbuikers in Europa geword het. Die konstruksie van die Nord Stream-pyplyn het direkte toegang verskaf tot ‘n aardgasvoorraad vanuit Rusland. Tot en met die oorlog in Ukraiene het Russiese aardgas voorsien aan Duitse aanvraag maar die politieke onsekerheid was altyd daar. Met genoegsame aardgasvoorsiening kon Duitsland sy industriële kapasiteit uitbrei en saam met sy hoë gehalte vakleerlingskap en universiteitsopleiding in tegniese velde asook ‘n sterk akademiese kultuur het dit gelei tot die hoë agting en reputasie van Duitse vervaardiging. Dit is een van die groot redes hoekom die land die industrieële reuse van Europa geword het.
Ongelukkig het die Duitse bevolking meer akademiese grade bymekkaargemaak as kinders met die gevolg dat daar vandag ‘n geweldige tekort aan geskoolde werkers is om hierdie industriële reus se kop bo water te hou.
Die reputasie, kwaliteit en grootte van Duitsland se arbeidsmag is besig om drasties te verminder as gevolg van lae geboorte syfers. Dit dra daartoe by dat die land ook een van die vinnigste verouderende bevolkings in die wêreld het. Hierdie probleem is egter nie net in Duitsland nie.
Sedert die 1950’s is daar ‘n drastiese afname in veral blanke geboortesyfers wêreldwyd. Terwyl die na-oorlogse jare ‘n geweldige toename in finansiële en tegnologiese vooruitgang gebring het was daar ‘n prys vir hierdie nuwe lewensstandaard. Behalwe vir energie het die behoefte aan hoër vaardighede en kennis beteken dat meer mense nou universiteitsgrade nodig gehad het om in die arbeidsmark mee te ding. Hoër onderwys het die moderne kaartjie uit armoede geword. Dit het ook beteken dat middelinkomste ouers al minder kinders kon bekostig. In Suid-Afrika self is die laagste geboortesyfer, soos in Europa, tevind onder blankes.
Daar is dus moontlik ‘n ekonomiese rede hoekom lande soos Duitsland sy deure oopgemaak het in 2015 vir immigrante. Dit is ‘n desperate poging om sy ekonomiese drakrag te handhaaf deur ‘n arbeidsmag van buite in te bring. Instede daarvan om sy eie volk te help om dit ekonomiese moontlik te maak vir meer kinders het hulle besluit om eerder die deur oop te maak vir uitlanders en terselfdetyd vir Islam wat sy kans weer vat vir ‘n Europese veldtog. Dalk nie met die swaard nie maar defintief met behulp van die bloeiende harte van liberale europeërs en politikuste.
Siener se Duitsland
Oom Nicolaas het een dag aan ’n vriend en sy seun, Kallie, voorspel dat Duitsland nie die Tweede Wêreldoorlog sou wen nie. Siener het in ‘n visioen die Nazi-regering gesien as ‘n nuwe, lang sinkhuis met toe vensters en deure, wat ‘n harde en geheimsinnige regering simboliseer.
Hitler het die Duitse volk dalk uit verskriklike ellende gelig maar terselfdetyd het die geestelike leemte by die volk gevul met ‘n absolute toewyding aan die staat en nie aan God nie. Die gevolg was dat tussen 6.6 tot 6.8 miljoen Duitse soldate opgeoffer en tussen 1.5 en 3 miljoen burgers vir ‘n ideologie van hoogmoed.
Siener het gesien hoe Duitsland met die Tweede Wêreld Oorlog eers verneder moet word en haal Jesaja 14:14 aan: “Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste.”
Ondanks hierdie vernedering, sou die Duitse volk weer genade vind by God. Kallie het in 1966 in ‘n koerantonderhoud vertel hoe sy pa Duitsland se na-oorlogse ekonomiese groei voorspel het. Siener het ‘n blou steen gesien wat draai en dan in ‘n kanonwiel verander wat stukkend op die grond val, wat dan omgespit en vrugbare aarde word. Dit het gesimboliseer hoe Duitsland na vernedering weer sou opstaan en vrugbaar word.
Maar nou lyk dit of Duitsland eers weer van sy troon afgegooi moet word voor hy tot sy sinne kom. In een van sy vele visioene oor Duitsland het Siener gesien hoe ‘n swart wolk uit die Ooste kom wat oor Europa kruip en dit in duisternis hul. Volgens sy seun Kallie het dit na die opkoms van kommunisme verwys, in ons dag lyk dit eerder of ons hier te doen het met die massa immigrante wat besig is om Europa in te stroom.
Meer as 70 persent van Duitsers is ontevrede oor die invloei en hantering van immigrante en die rede hoekom meer regse politieke partye soos die ADF Alternative for Germany skielik verteenwoordiging kry in die Duitse parlement (Bundestag) sowel as staatswetgewers. Tans is die ADF voor kanselier Olaf Scholz se kolasie maar dit gaan meer kos vir Duitsland om sy rol in ons volk se vryheid te speel as net stembriefies.
Daar is ‘n diep onderliggende probleem met die Duitse volk. ‘n Kollektiewe gevoel van skuld het hulle in hiper-sensitiewe pasifiste verander met ‘n weersin teen volkstrots en enige vorm van nasionalisme. Na die oorlog het hulle opgetree as voorstanders van die Europese Unie en hul eie belange in gedrang gelaat. Dit is geen wonder dat hulle vandag bereid is om hulle land en kultuur so maklik prys te gee nie. Vandag se Duitser is die produk van jare lange breinspoeling, politiese korrektheid en oorweldigende vrees vir hul eie geskiedenis en die moontlikheid om weer aanstoot te gee. Hierdie nasionale trauma het gelei tot ‘n selfsabotasie waar die Duitse volk die behoud van sy kultuur en identiteit as minder belangrik beskou het as die nastreef van elitists se globale ideale.