Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

Die Heropstanding van Duitsland se Weermag

2025-06-04

Deur Gustav Snyman


Nog voordat Engeland en Frankryk hul eie interne krisisse sou beleef, het Siener ’n gewelddadige burgeroorlog in Rusland voorspel. Hierdie onrus sou uiteindelik daartoe lei dat Duitsland en Amerika sou begin saamstaan. En wanneer die spanning sy hoogtepunt bereik, sien Siener hoe Duitse troepe Duitswes binnevaar.

(Hierdie artikel word gevolg deur die volgende een: Namibië, Duitsland en die pad terug na Prieska.)

Mussmann het dit onomwonde gestel toe iemand hom vra of daar nog ’n groot oorlog op pad is. Hy het sonder huiwering aan mnr. Willie Lourens verduidelik dat so ’n konflik inderdaad kom. Siener het hierdie komende oorlog beskryf as een wat die hele Europa in vlamme sal laat opgaan, en gesê dat “die land wat… die laaste oorlog wil wen, Duitsland aan sy kant sal moet hê.” Duitsland sal nie net saam met Amerika optree nie, maar daardie volk wat in ons donkerste uur aan die Boervolk se kant gestaan het, sal weer opstaan as ’n gerespekteerde militêre mag wat die Boervolk bystaan. In een van sy visioene sien hy hoe ’n herbewapende Duitsland die Boerevolk help en ondersteun – iets wat vir dekades ondenkbaar was. Hierdie hulp, het hy gesê, sou uit Namibië kom via die spoorlyn na Prieska, daardie eens strategiese roete tussen die kuslyn van Lüderitz en die Noord-Kaap.

Daar was ’n tyd toe die Boervolk op Duitsland kon staatmaak, nie net as bondgenoot nie, maar as ’n volk met soortgelyke waardes en doelstellings. Die band wat generasies Duitsers vanaf die Anglo-Boereoorlog tot die einde van die Tweede Wêreldoorlog met ons volk gehad het (veral onder die landelike gemeenskappe), het oor die afgelope 80 jaar feitlik heeltemal verdwyn. Duisende kilometers ver, vasgevang in welvaart en ideologieë vreemd aan ons, het Duitsland nie meer na die suide gekyk nie.

Maar iets is tans besig om te verander. Die hout het begin brand in die Ooste en Duitsland kan nie langer stilsit nie. Die ou bande mag verweer wees, maar Berlyn se huidige krisis is besig om ons volke se paaie weer vinnig te laat kruis.

Duitsers onder leiding van Richard Albrecht wat saam met die Boere geveg het in die Ango-Boere Oorlog — Kimberley, 1899 (Klik om te vergroot)

Interne krisis

Op 31 Augustus 2015 kondig kanselier Angela Merkel aan: “Wir schaffen das” (“Ons kan dit regkry”) en open Duitsland se grense vir ongeveer een miljoen vlugtelinge. ’n Swart massa jong, weerbare mans het ingestroom, en die Duitse volk het sy eerste vuurdoop in ’n smeltkroes van diversiteit gehad. Dit was nie maande nie, toe word die Duitsers gekonfronteer met seksuele aanrandings, roof en geweld op Oujaarsaand 2015 in Keulen. Stadig maar seker is die skroef stywer en stywer gedraai. Oor die volgende dekades was daar verskeie mesaanvalle, rooftogte en, meer onlangs, verkragtings (Sien Artikel – Die vernedering van Duitsland) wat die selfrespek en gevoel van selfwaarde van die Duitse volk stadig maar seker begin terugbring het.

In Leipzig, Oos-Duitsland, het PEGIDA-aktiviste op 11 Januarie 2016 ‘n betoging gehou teen die Duitse regering se beleid oor vlugtelinge en migrante.

Onder druk van verkiesingsverliese aan die AfD en toenemende volksprotes teen ongekontroleerde migrasie, het kanselier Olaf Scholz se koalisie uiteindelik self begin terugtrap. Selfs Alexander Dobrindt het gewaarsku:

“Die kapasiteit vir integrasie binne ’n land het sy perke wanneer dit met onwettige migrasie gekonfronteer word.”

Hy het beklemtoon dat gewone Duitsers nou daadwerklike verandering verwag, en dat die verskuiwing reeds by die grense begin wys.

In 2023 het die binnelandse minister, Nancy Faeser, met die sogenaamde “Deutschland-Pakt” vorendag gekom om beter beheer oor die grens te kry. Teen Mei 2024 het die parlement nuwe reels ingestel wat maak dat asielaansoeke nou sommer daar by die grens self hanteer word, en dit binne 28 dae. Dit het vinnig ’n verskil gemaak: die getal onwettige immigrante het van omtrent 92 000 in 2023 geval na net 38 000 in 2024. Dis die skerpste afname sedert 2015.

Wat ons as ’n blanke volkie hier aan die suidpunt van Afrika vanaf die grensboertyd tot vandag toe ervaar, is wat Duitsland en die res van Europa nou self begin besef: Jy kan nie jou waardes en lewenstandaard handhaaf as jy ’n massa volke moet saamdra wat onbevoeg en selfs vyandig is teenoor jou ideale en drome nie.

Verskeie navorsers, soos Jonathan Haidt en Ronald Inglehart, het al gewys dat mense se waardes en politieke oortuigings sterk beïnvloed word deur hul lewensomstandighede. Haidt verduidelik in sy boek The Righteous Mind dat gemeenskappe onder druk, soos in tye van gevaar of ekonomiese onsekerheid, geneig is om meer waarde te heg aan lojaliteit, gesag en reinheid. Hierdie morele neigings hou dikwels verband met konserwatiewe denke. Inglehart, wat bekend is vir sy navorsing oor wêreldwaardes, wys in sy teorie van postmaterialisme dat mense wat in veilige en voorspoedige samelewings leef, meer gefokus is op selfontplooiing en persoonlike vryheid. Duitsland, wat lank in vrede en voorspoed geleef het, word nou gekonfronteer met ‘n reeks krisisse: ekonomiese spanning, massa-immigrasie en die uitbreidende oorlog in Oos-Europa. Intussen begin die Verenigde State hul betrokkenheid by NAVO verminder en sukkel hul weermag met verouderde toerusting en beperkte fondse. Die gevolg is dat Duitsland en die res van Europa meer op hul eie sekuriteit moet fokus.

Reeds in 1919 het Siener gewaarsku dat die vure van Oos-Europa sou ontvlam. ’n Gesig wat, in die lig van die huidige konflik in Oekraïne, al hoe meer akkuraat te wees. Iets wat in ’n vorige artikel uitgelig is.

Nou begin daardie vlamme weste toe rol; met geweldige gevolge vir Europa, en veral vir Duitsland.

Duitse weermag word weer opgebou

Na die Tweede Wêreldoorlog is die Potsdam- en Jalta-konferensies gehou waar die geallieerdes besluit het dat Duitsland ontwapen en gedemilitariseer moes word, sodat dit nooit weer ’n militêre bedreiging vir Europa sou wees nie. Die nuwe Duitse grondwet (Grundgesetz) van 1949 het hierdie beginsel verder bevestig: die weermag mag slegs vir verdediging gebruik word, en dit onder streng parlementêre toesig. Vir dekades was daar ook sterk teenstand onder die Duitse bevolking teen groot militêre uitgawes (en met rede), en vasgevang in skuldgevoel.

Maar die wêreld het vinnig verander.

Trump probeer Amerika uit die Oekraïne-konflik hou, deels omdat hy glo die VSA kan nie nóg ’n duur oorlogsfront bekostig terwyl die land reeds met enorme skuld worstel nie.

Tydens die Koue Oorlog (en vir lank daarna) het die VSA en Wes-Europa, veral Duitsland, baie nou saamgestaan. Dinge soos die NAVO-verdrag, Marshall-hulp en Amerikaanse militêre basisse in Duitsland het gehelp dat Europa kon opstaan ná die oorlog en weer sterk word onder Amerika se beskerming. Maar ná die val van die Sowjetunie het dié verhouding begin verander. Amerika moes al hoe meer internasionale verantwoordelikhede dra, en dit het dikwels beteken hulle moes hul eie belange opsy skuif. Teen die tyd dat Donald Trump president geword het, was daar al klaar spanning – veral oor hoe baie geld die VSA aan NAVO moes spandeer, en oor Europa se groot afhanklikheid van Amerikaanse militêre steun.

Onder die huidige Trump-administrasie het die VSA nou ’n meer isolationistiese benadering gevolg (“America First”) wat beteken het dat Washington nie meer so gewillig is om Europa se veiligheidslas te dra nie.

Die VSA het oor die afgelope dekades ’n groot deel van sy militêre en nywerheidsvermoë uitkontrakteer na lande soos China. Intussen het interne verdeeldheid en die invloed van ’n liberale, progressiewe elite die land se samehorigheid en krag verswak. Hoewel Amerika tegnies oor elf vliegdekskepe beskik, is dit tans net moontlik om drie of vier daarvan gelyktydig in volle operasionele toestand te ontplooi. Baie van die vloot-, lug- en grondvoertuie is verouderd en kort dringend opgraderings of vervanging. Daar is ook ’n ernstige tekort aan voldoende opgeleide militêre personeel.

Volgens die International Institute for Strategic Studies (IISS):

“While the United States retains the largest and most technologically advanced military, operational readiness issues, personnel shortages, and aging equipment have eroded its ability to sustain prolonged high-intensity conflict.”

IISS, The Military Balance, 2024

Die RAND Corporation waarsku ook:

“The United States faces significant challenges in maintaining its military superiority as peer competitors like China and Russia modernize their forces and develop asymmetric capabilities.”

RAND, Challenges to U.S. Military Superiority, 2022

Vir Duitsland, wat jare lank staatgemaak het op Amerikaanse beskerming teen dreigemente uit die Ooste, is die Amerika se nuwe beleid ‘n ernstige bedreiging vir sy eie veiligheid en stabiliteit. Die inval van Rusland in Oekraïne in 2022 het die werklikheid met skok laat insink:

Europa is nie meer ’n veilige, stabiele kontinent nie.

Vure brand in Oos Europa

In ‘n gesig gedateer 10 April 1919 het Siener ‘n gesig gehad van twee beeste in die ooste:

“… een schilder en een rooi een, en net toe hulle wou beklei, raak die rooie weg. Toe brand een hout vuur in die Ooste van Europa.”
Die rooi bees wat skielik verdwyn, verwys waarskynlik na die val van kommunisme en die ineenstorting van die Sowjetunie in 1991. Daarna, soos Siener sê, begin die hout vuur in die Ooste van Europa brand. Daardie vuur flikker vir die eerste keer in Februarie 2014, toe die Maidan-omwenteling in Kiev uitbreek. Die Oekraïne, onder invloed van westerse magte, begin homself losmaak van Rusland se invloed. In reaksie daarop annekseer Rusland die Krim en die eerste vlamme begin brand in die hout.

Dit is belangrik om te noem dat Siener moontlik na hierdie oorlog verwys het as ’n burgeroorlog, omdat Oekraïne tydens sy leeftyd nog deel was van Tsaristiese en later Bolsjewistiese Rusland. Ook vandag is daar miljoene Russies-sprekendes in die ooste van Oekraïne, en die spanning tussen pro-Russiese en pro-Westerse groeperings het oor dekades opgebou. Die grens tussen Oekraïense en Russiese identiteit is histories kompleks, iets wat selfs Westerse ontleders erken. (Encyclopaedia Britannica, s.v. “Ukraine – History”)

Skielik, in Februarie 2022, vlam die houtvuur in die Ooste op in volle woede met Rusland se grootskaalse inval in Oekraïne, presies soos Siener dit gesien het: ‘n vuur wat uit die Ooste versprei en die hele Europa aansteek.. In ’n ander visioen beskryf hy dit as ’n “groot seep-pot” in die Ooste van Europa, met ’n woedende vuur onder die pot. Dus moontlik ‘n konflik wat begin “kook” en uiteindelik oorloop en dwarsoor Europa gaan versprei.

Een van Siener se gesigte wat in ‘n brief aan Meneer HJ Dreyer van Senekal opgeteken is, beskryf eers die wegraak van die skiller bees in Europa (die val van die Soviet Unie en kommunisme) wat dan uiteindelik gevolg gaan word deur die “swart word van die aarde”.

Wanneer die oorlog behoorlik momentum kry, sien Siener hoe ons volk se stryd begin. Maar dit sou nie moontlik wees met ’n verswakte Duitsland wat onbetrokke bly en net op ekonomiese vooruitgang gefokus is nie. Nou, gedryf deur die oorlog in Oekraïne, word Duitsland as’t ware gedwing om te reageer.

Heropbou van die Bundeswehr

Ná Rusland se volle inval in Oekraïne het Duitsland binne ’n paar maande meer as die helfte van sy aardgasvoorsiening verloor. Dit is omtrent 55%. Daarby het hulle ook toegang verloor tot belangrike minerale soos nikkel, uraan en mangaan. Om dié tekorte aan te vul, het Duitsland se nuwe Rohstoffstrategie in 2024 Afrika as hul hoofbron aangewys. Intussen sê die EU se Critical Raw Materials Act nou duidelik: geen lidland mag ná 2030 meer as 65% van enige belangrike mineraal uit net een land invoer nie.

Danksy Amerika se “America First”-beleid en die onsekerheid wat dit geskep het, het Duitsland in 2022 ’n spesiale fonds van 100 miljard euro aangekondig om hul weermag (die Bundeswehr) vinnig op te knap en uit te brei. Dis die grootste sprong in militêre besteding in dekades.

Sedert 2024 spandeer Duitsland uiteindelik weer die volle 2% van sy BBP aan verdediging, soos NAVO van sy lede verwag. Die plan is om dit teen 2026 op te stoot na sowat 3,5%. Intussen het Duitsland se minister van verdediging, Boris Pistorius, aangekondig dat hulle ’n nuwe idee oorweeg: ’n Dienstjahr. Dit is ‘n diensplig jaar waarin jongmense vrywillig tussen verskillende veiligheids- of militêre opleidingmodules kan kies. Kanselier Scholz het in Februarie 2025 gesê ’n volle dienspligstelsel soos voor 2011 is nog nie op die tafel nie, maar ’n soortgelyke diensjaar is waarskynlik teen 2027 in plek.

As gevolg van die VSA se beleid van “America First” het Duitsland in 2022 ’n spesiale fonds van 100 miljard euro aangekondig om die Bundeswehr drasties te moderniseer en uit te brei. Dit is die grootste verhoging in militêre besteding in dekades.

Intussen het Duitsland onlangs sy eerste permanente buitelandse troepedeployering sedert die Tweede Wêreldoorlog aangekondig, met die vestiging van die 45ste pantserbrigade in Litaue. Hierdie brigade, bestaande uit sowat 4 800 soldate, is deel van NAVO se pogings om sy oostelike flank te versterk in reaksie op Rusland se 2022-inval in Oekraïne.

Teen 2024 het die Bundeswehr sowat 180 000 aktiewe soldate gehad, met ’n beplande uitbreiding na 200 000 teen 2031. Die uitbreiding word egter vertraag deur aanhoudende rekruteringsprobleme en ’n verouderende bevolking.

Duitsland het natuurlik oor die afgelope dekade honderduisende immigrante binnelands opgeneem, en in teorie sou baie van hulle na die grens gestuur kon word. Maar of daardie mense werklik lojaal is aan die land, bly ’n ope vraag. Die rede hoekom hulle oorspronklik Duitsland toe gekom het, was (ten minste volgens die algemene narratief) om ’n beter toekoms te soek. Nou word hulle moontlik opgeroep om aan ’n oorlog deel te neem vir ’n land wat hulle nie self help bou het nie en wie se waardes en norme hulle ook nie respekteer nie. Dit kan vir die Duitse weermag ernstige dissipline probleme skep. En sou Duitsland besluit om slegs plaaslike Duitsers op te roep, kan dit op sy beurt lei tot nuwe spanning en verdeeldheid in ’n samelewing wat reeds broos is.

Nuwe Wapentuig

Duitsland het onlangs besluit om sy weermag vinniger op dreef te kry. Hulle werk nou aan ’n plan om meer wapens te vervaardig, vinniger en in groter hoeveelhede, veral met die oorlog in Oekraïne wat steeds voortduur. Die plan sluit dinge in soos om nuwe tegnologie te bevorder, minder papierwerk en vertraging in die proses te hê, en selfs om ’n aandeel in sekere wapenmaatskappye te neem as dit nodig is.

Duitsland het reeds begin met die aankoop van verskeie moderne wapentuig, insluitend:

Leopard 2A8-tenks

In 2024 het Duitsland die aankoop van 105 Leopard 2A8 tenks goedgekeur, met ‘n kontrakwaarde van €2,93 miljard. Hierdie tenks is toegerus met die aktiewe beskermingstelsel en gevorderde geïntegreerde waarnemingstegnologie. Die aflewerings is beplan tussen 2027 en 2030, en sommige sal ontplooi word in die 45ste Panzer Brigade, wat in Litaue gestasioneer is

F126-fregatte

Die Duitse vloot het die bestelling van vier F126 fregatte bevestig, met twee ekstra skepe wat in 2024 bygevoeg is. Hierdie fregatte, ook bekend as die Niedersachsen-klas, is die grootste oppervlakoorlogskepe wat sedert die Tweede Wêreldoorlog by die Duitse vloot aangesluit het. Die eerste skip word beplan om in 2028 in diens te tree.

Skyranger 30-lugverdediging

In Februarie 2024 het die Bundeswehr 19 Skyranger 30-lugverdedigingstelsels op GTK Boxer-voertuie bestel vir €595 miljoen. Hierdie stelsels is toegerus met Stinger-missiele en is ontwerp vir mobiele lugverdediging teen dreigemente soos drones en helikopters.

Brimstone 3-missiele

Duitsland het die aankoop van tot 3 266 Brimstone 3-rakette goedgekeur, met ‘n aanvanklike bestelling van 274 missiele en ‘n kontrakwaarde van ongeveer €376 miljoen. Hierdie presisiegeleide missiele is bedoel vir gebruik teen gepantserde teikens en sal na verwagting teen 2033 afgelewer word.

Loitering munitions

In April 2025 het die Duitse Ministerie van Verdediging aangekondig dat dit loitering munitions van twee plaaslike verskaffers sal verkry. Hierdie wapens, wat tussen onbemande lugvoertuie en geleide missiele val, kan oor ‘n gebied loer en dan op ‘n teiken neerstort en ontplof. Die Bundeswehr beplan om hierdie stelsels direk aan voorste eenhede te ontplooi vir onmiddellike toetsing en taktiese integrasie

IRIS-T-lugverdedigingstelsels

Duitsland het in Mei 2025 ‘n bestelling geplaas vir ‘n onbekende aantal IRIS-T SLS/SLM-vuur-eenhede, met ‘n raamwerkooreenkoms ter waarde van €2,2 miljard. Hierdie stelsels is ontwerp vir grondgebaseerde lugverdediging en sal help om die land se lugverdedigingsvermoëns te versterk.

Duitsland het ook begin om sy plaaslike militêre industrie uit te brei met onder andere:

Ammunisiefabriek in Unterlüß

In Februarie 2024 het Duitsland en Denemarke die konstruksie van ‘n nuwe ammunisiefabriek in Unterlüß, Noord-Duitsland, geloods. Die aanleg, gebou deur Rheinmetall met ‘n begroting van ongeveer €300 miljoen, sal na verwagting ongeveer 200 000 artillerie ammunisie per jaar produseer.

Langafstandwapenproduksie in Oekraïne

In Mei 2025 het Duitsland en Oekraïne ’n ooreenkoms gesluit oor toekomstige militêre samewerking. Deel van dié plan is dat Duitsland gaan help om langafstandwapens op Oekraïense grondgebied te begin vervaardig. Hulle gaan dit blykbaar finansieel ook ondersteun. Hierdie vennootskap kom op ’n tyd waar dinge weer begin kook, want Oekraïne het intussen berig dat Rusland sowat 50 000 troepe naby die Sumy-grensgebied saamtrek.

Samevatting

Duitsland, wat lank vasgevang was in skuldgevoelens en liberale waardes, word nou gedwing om koers te verander. Die immigrasiekrisis, toenemende binnelandse spanning en ’n onwillige en verswakte Amerikaanse militêre mag het die Duitse volk laat besef dat hul veiligheid en kultuur nie meer gewaarborg is nie. Soos gemeenskappe wêreldwyd geneig is om in tye van bedreiging terug te keer na konserwatiewe idees van orde, grense en selfbeskerming, begin Duitsland weer klem lê op dissipline, diensplig en militêre paraatheid. Siener se visioen van ’n herbewapende Duitsland wat die Boervolk sou bystaan lyk nou glad nie meer so verregaande nie.

Die oorlog in Oekraïne het die vure van Oos-Europa laat oplaai. Vure wat Siener reeds in 1919 gesien het. Duitsland herstruktureer nou sy weermag, verhoog sy verdedigingsbegroting en beplan diensplig vir jongmense. Nuwe wapens, vervaardigingsooreenkomste en strategiese alliansies begin posvat. In ’n wêreld waar Rusland en Sjina al hoe nader aan mekaar skuif, is die Duitsers besig om in ’n geopolitieke rol in te stap wat moontlik weer die paaie van Berlyn en die Boervolk sal laat kruis – net soos Siener dit gesien het.

Maar dit is nie net Duitsland se herbewapening wat aandag trek nie. Wat werklik opvallend is, is dat hulle sedert die inval in Oekraïne in 2022 stilweg begin het om hul strategiese belange in Suider-Afrika uit te brei, veral in Namibië. Hierdie gebied is juis dié waardeur Siener voorspel het hulp aan die Boervolk sou kom.

In die volgende artikel ondersoek ons waarom Namibië, ná die uitbreek van die oorlog in Oekraïne, skielik weer van strategiese belang vir Duitsland geword het.

Leave a Comment