Septembermaand is in die geskiedenis al bewys as ‘n tyd van groot rampe, wêreldwye finansiële ineenstortings, politieke veranderinge en onheilspellende konflikte.
Mnr. Jaap Marais het al in 1970 gesê dat wanneer Septembermaand aanbreek, moet jy jou oog op die Parlement hou, (want) drie keer reeds het Suid-Afrika ’n nuwe Eerste Minister in September gekry en elke keer was die parlement in sitting…
Siener van Rensburg het met sy bekende lentereën-profesie ook voorspel dat ons moeilikheid dalk in Septembermaand in vervulling kan gaan: “Die parlement sal weer sit; dit het gereën en die gras word groen. Dan word die gras weer wit en droog, en net soos dit weer mooi groen word― vir die tweede keer ― kom die drie blou briewe in die parlement aan (blou is goeie nuus vir ons ― die Boervolk. (Hierdie ‘briewe’ kan ook ’n ultimatum wees). Kyk na die Parlement ― dis waar ons dinge gaan begin.”
- Dit was op 26 September 1899 dat pres. Kruger se ultimatum aan Brittanje om sy troepe van die Transvaalse grens af te verwyder, deur Brittanje geweier is en die Driejarige Oorlog begin op 11 Oktober 1899.
- Die Eerste Wêreldoorlog het op 3 Augustus 1914 uitgebreek en ’n parlementsitting het op 9 September 1914 begin. Op 15 September bedank genl. Christiaan Beyers as hoof van die Verdedigingsmag, en dieselfde dag word genl. De la Rey langs genl. Beyers in ’n motor by Langlaagte doodgeskiet.
- Siener van Rensburg word op 15 September 1916 skuldig bevind en gevonnis weens hoogverraad.
- Op 3 September 1919 word genl. Smuts leier van die Suid-Afrikaanse Party na die selfmoord van genl. Louis Botha op 28 Augustus.
- Op 3 September 1939 is die Parlement in sitting toe die tweede Wêreldoorlog uitbreek; genl. Hertzog se neutraliteitsmosie word verslaan en genl. Smuts word op 5 September weer gekies as Eerste Minister.
- 2 September 1958: Die Parlement is in sitting en dr. H F Verwoerd word na twee stemmings gekies as nuwe Eerste Minister om wyle adv. Strijdom op te volg.
- Op 6 Sept. 1966 is die Parlement weer in sitting toe een van die mees skokkende gebeurtenisse in die Suid-Afrikaanse geskiedenis plaasvind ― dr. Verwoerd word vermoor deur die Kommunis Tsafendas. Adv. John Vorster word op 9 September die 5de Eerste Minister van SA.
- 9 September 1969: Die Transvaalse kongres van die Nasionale Party vind plaas waartydens mnr. John Vorster en mnr. Ben Schoeman met hulle “uitwaartse” beleid ‘n skeuring in Nasionale geledere onafwendbaar maak.
- Op 29 September 1969 om 22:30 vind die grootste aardbewing in SA by Ceres plaas. Dit het 6,3 op die Richterskaal gemeet.
- Mnr. P.W. Botha neem op 28 September 1978 as Eerste Minister by John Vorster oor, toe was daar al sigbare barste in die NP-struktuur wat hy tevergeefs probeer toepleister het.
- Op die aand van 5 September 1994 word prof. Johan Heyns by sy huis in Pretoria doodgeskiet.
- Die Zuma-faksie se paleis-revolusie binne die ANC word op 21 September 2008 deurgevoer en bevind SA hom op ‘n glybaan na revolusie.
September op die wêreldtoneel:
- Brittanje verlaat op 21 September 1931 die goudstandaard waardeur Suid-Afrika se goudprodusente erg geknou word.
- Op 17 September 1939 val Rusland Pole aan en neem 217 000 krygsgevangene.
- 17 September 1958: Amerika laat ‘n atoombom in die Nevada-woestyn ontplof.
- 6 September 1997 – Prinses Diana se begrafnis.
- Op 11 September 2001 word die twee toringgeboue van die New Yorkse Handelssentrum, platgeskiet, en begin die aanloop tot die Derde Wêreldoorlog.
- In September 2007 kondig een van Engeland se grootste banke, Northern Rock, aan dat hy bankrotskap in die gesig gestaar, en die Bank van Engeland moet tot sy redding kom.
- Vroeg in 2007 “voorspel” Amerika se voorste ekonome dat Wall Street in September 2008 in duie gaan stort. Dit het net so gebeur.
- 6 September 2012 – Barak Obama aanvaar die Demokratiese Party se nominasie vir die presidentskap.
- Net soos hulle in 2007 die val van Wall Street voospel het, het ekonome velede jaar gewaarsku dat aandele hierdie September die ergste knou sedert 1933 kan kry en dat stormagtige markte verwag kan word. “September is gewoonlik die slegste maand vir aandele, maar in 2013 sal dit ‘n mynveld wees!” is daar gesê.
En nou lyk dit asof dit ‘n werklikheid kan word. Op die plaaslike toneel is dit die “seisoen van stakings”. Sedert 1994 was die land nog nooit so op die randjie van ‘n dreigende revolusie en algehele verval nie. Die honderde duisende stakers is gereed om die land finaal oor die afgrond te stoot. Groot dele van Johannesburg sit al dae lank weens sabotasie sonder krag of water. Op 8 Sept. begin die petroljoggies ook staak.
Het Siener dalk hierdie landswye stakings en kragonderbrekings gesien toe hy die volgende gesê het:
“In die rigting naar Johannesburg lê ’n groot klomp droge hout van omtrent honderd tree in die rondte Daar staat ’n tafel gedek en daar is koue gestampte mielies in ’n skotel, en ’n skotel koue pap kom ook op die tafel… Ek loop in Johannesburg tussen die mynhope deur en geen mens is te sien nie, (al die mynkaffers is huis toe gelos) al die motorkarre staan…”
En as die stakers dit nie regkry nie, sal ons geliefde Madiba dan daarvoor sorg?
Die regime verkondig nou al meer as 80 dae lank dat Mandela se toestand “kritieke maar stabiele” is. Maar in hierdie “kritieke” toestand word hy ewe skielik uit die hospitaal ontslaan en huis toe gestuur.
Sedert 11 Junie al doen gerugte die ronde dat hy lepel in die dak gesteek het.
Die Guardian Express het dit nog daardie selfde dag wêreldkundig gemaak; die kaaskoppe het ‘n minuut lank stilte gehou om oor Madiba se weldade na te dink; en so pas het die stomme H.W. (weapons of mass destruction) Bush in trane ‘n huldeblyk aan Mandela gebring:
“Barbara and I mourn the passing of one of the greatest believers in freedom we have had the privilege to know. As President, I watched in wonder as Nelson Mandela had the remarkable capacity to forgive his jailers following 26 years of wrongful imprisonment — setting a powerful example of redemption and grace for us all. He was a man of tremendous moral courage, who changed the course of history in his country. Barbara and I had great respect for President Mandela, and send our condolences to his family and countrymen.”
Ons het onlangs gedokumenteerde mediese inligting oor Mandela se gesondheidstoestand van ‘n anonieme bron ontvang:
“Ek kan geen name noem van wie hom behandel nie. Geen verslae word eers aan familie gegee nie en is vir die dr. se oë alleenlik.
“Ek wil eerstens vir jou ‘n paar verduidelikings gee. Dit moet ook verstaan word dat die toetse se diagnoses slegs met ‘n EEG (elektroënkefalogram) bepaal kan word en dat die toetse spesifiek met die brein te doen het.
“Eerstens: Vegetative state (vegitatiewe toestand): As jy so gediagnoseer is op die EEG is jou kanse vir oorlewing of “om terug to kom” en beter te word, nog redelik.
“Tweedens: Komateuse toestand: As jy so is, is jou kanse “skraal” dat jy ooit weer gaan “bykom” en is dit dus baie erger as die eerste “Vegetative state”.
“As mens die twee verskillende diagnoses opsom, dan verstaan ‘n mens dit sommer beter.
“Die tweede diagnose, Komateuse is die diagnose van NM. ‘n EEG toon dus breinaktiwiteit of golwe in die brein. As jou brein dus nog funksioneer, is daar “golwe” en dus is daar nog “lewe”.
“As ‘n EEG gedoen word en daar is geen “golwe” nie, is jy “breindood”. Dit word soos volg bepaal: Daar word 3 EEG’s gedoen, 3 dae na mekaar bv Maandag, Dinsdag & Woensdag. As daar dan geen aktiwiteit op die EEG is nie word jy “dood” en “breindood” verklaar.
“As jou brein dood is, stuur jou brein nie meer “impulse” na jou hart toe nie. Maak nie saak of jy al die masjiene in die wêreld op jou koppel nie, jou hart sal net doodeenvoudig stop. (So het ons Vader ons wonderlik gemaak). Ek het gevra hoe lank nadat die brein opgehou funksioneer het, sal die hart stop, en daar is vir my gesê “nie lank nie”; ek het toe gevra of dit ‘n week sou wees, en die antwoord was “onwaarskynlik”.
“NM se kondisie is onlangs bepaal as “Komateuse”. Hy is nog op ‘n ventilator, maar nie deur die mond nie. Dit moet ek ook verduidelik. As ‘n ventilator per mond ingesit is, beteken dit dat dit van korte duur gaan wees, maar as hulle ‘n gat in die keel maak, beteken dit dat dit vir ‘n geruime tyd gaan wees en verduur die pasiënt kwaai pyn en ongerief. NM s’n is deur die keel. Dit veroorsaak geweldige “gag reflexes” (braak reflekse) en dus wil die pasiënt die heeltyd net opgooi, maar kan nie, en is dit baie pynlik, veral na ‘n lang termyn. Dus sedeer hulle pasiënte wat op ventilators is. Dit is later vreeslik seer en sedisie werk nie, want hoe langer ‘n mens medikasie vir pyn gebruik, hoe minder werk dit, soos ons weet. NM word ook deur ‘n buis gevoer. ‘n Ventilator is dus baie pynlik, ongemaklik en seer en jy kan aan niemand sê hoe seer jy het nie, want jy is baie lomerig van die sedisie.
“Omdat hy nog “kos” gevoer word om die liggaam aan die gang te hou, beteken dit dat die maag nog moet werk en omdat hy doodstil lê en nie beweeg nie, kan die derms nie normaal werk nie, so die maag moet gedruk word om die kos deur te kry sodat die maag kan werk en dan moet dit selfs uitgekrap word om dit aan die gang te hou. Soos jy kan besef, lyk dit of sy kanse vir oorlewing besig is om te verdwyn, baie pynlik en baie stadig.
“Sy voorkoms lyk ook glad nie goed nie en hy reageer ook nie meer nie en daar word gemeen die einde is in sig…”
In hierdie uiters ellendige toestand is die grootste staatsman van alle tye op 1 September skielik uit die hospitaal ontslaan en huis toe gestuur. Maar warvan min mense bewus is, is dat daar in die weke wat verby is, ‘n tydelike balsemkliniek in sy huis ingerig is. Hy hoef dus nie na die balsemkliniek in 1 Militêre Hospitaal geneem te word nie. Dit sou net meer agterdog wek. Nou gaan hy “huis toe” en almal is doodtevrede dat sy toestand verbeter het. Met die staking van City Power op 4 September was Mandela se huis in Houghton vir sowat 45 minute in duisternis gehul voordat City Power ‘n kragopwekker geinstalleer het. Sy masjiene het in daardie tyd natuurlik ook “gestaak”.
Ons verwag nie dat sy dood binnekort aangekondig sal word nie, want met die onrus en chaos in die land sal die buitelandse BBP’s dit nie hier waag nie, en as Obama Sirië aanval, sal die groot geween eers moet wag totdat “hulle weer na ons kant toe kyk”, om Siener se woorde te gebruik
Sirië in Barak se visier
Obama het al ‘n jaar gelede die wêreld voorberei vir ‘n Amerikaanse lugaanval op Sirië. Tydens ‘n nuuskonferensie, op 20 Aug. 2012, het hy Bashar al-Assad gewaarsku dat die ontplooiing van gifgas teen sy eie mense vir Amerika die “rooi lyn” sal wees vir vergelding.
En sowaar, feitlik op dag en datum na (21 Aug. 2013) gebeur dit toe ook dat ‘n groot hoeveelheid gebottelde gifgas met vuurpyle op Siriese burgers afgeskiet word. Minstens tien gebiede, waaronder Ghoeta en Ain Tarma Zamalka, het deurgeloop.
Die Siriese rebelle in die Damaskus-voorstad van Ghouta het nog dieselfde dag aan Associated Press se joernalis Dale Gavlak, erken het dat hulle verantwoordelik was vir die gifgas-aanvalle wat deur Saoedi-Arabië aan hulle verskaf is.
Hierdie erkentenis is egter deur Obama en die media geïgnoreer. Net soos wat Bush in 2002 dit geïgnoreer het dat Irak oor geen wapens van massavernietiging beskik nie.
Obama se beplande aanval op Sirië is die finale stap vir sy (en die Jode se) oorlog teen Iran, Rusland en China.
Op ‘n nuuskonferensie het hy gesê dit sal net ‘n beperkte lugaanval van enkele dae wees, sonder grondtroepe of ander ondersteuningsmagte. As dit die geval is waarom is van die grootste Amerikaanse oorlogskepe rondom Sirië saamgetrek met tienduisende soldate en honderde bomwerpers en vegvliegtuie? Hulle teenwoordigheid daar kos die staat reeds miljarde dollar; en elke dag ‘n bykomende 500 miljoen. Maar daar word alreeds gesê die “aanval” kan tot 90 dae uitrek, afhangende van Assad se optrede.
Intussen het die Russiese vloot ook in die oostelike Siriese gebiedswater inbeweeg, gereed om Assad by te staan.
Brittanje het ‘n week geede reeds laat blyk dat hy nie van plan is om Amerika (soos met Irak) in die Siriese konflik te steun nie.
Is hierdie skielike verandering in Engeland se houding nie dalk die begin van wat Siener van Rensburg voorspel het nie?
“Omdat die Engelse ’n Russiese atoombom-aanval vrees, knoei hulle in die geheim met die Russe. Hulle verraai die Weste se militêre geheime aan Rusland en sluit ook geheime militêre verdrae met Rusland teen die VSA. Die Russe vertrou die Engelse glad nie en die VSA vind tog alles haarfyn uit, en besef die gevaar van ’n Engelseverraad vir hom…”
Siener het aan Oupa Krause die volgende gesê:
Hier sal selfs ook VSA troepe wees, en alhoewel dit vir ons baie donker gaan word. sal ons vyand nie geheel en al daarin slaag om ons ten onder te rig nie…”
En, soos ons almal teen dié tyd weet, is Amerikaanse troepe reeds ‘n geruime tyd in die land. ‘n Senior offisier het onlangs nog bevestig dat hulle hier is om te bly!
Mandela smaak nou sy eie ‘sukses’ waarvoor hy 27 jaar in die tronk was, eers breek sy militere ambulans 3 maande terug op pad hospital toe, en die week het hy eerste hands gevoel toe sy eie volgelinge sabotasie pleeg en hy nie krag gehad het om sy masjiene aan die gang te hou nie. Dit is voorwaar ‘Poetic justice’.
Dankie, Adriaan vir hierdie inligting. Soos gewoonlik, lyk jou profetiese interpretasie van huidige gebeure weereens na die ware Jakob. As jy maar net tyd kon kry om bietjie meer info op ‘n keer te publiseer, want ek het hierdie jaar nog nie een “Vaandeldraer” ontvang nie en wil ook graag weet of “Vaandeldraer” nog uitgestuur word?
Willem, dankie vir jou kommentaar. E-pos asseblief vir my jou posadres sodat ek kan vasstel waar die probleem lê, dan stuur ek dadelik die agterstallige uitgawes.
Groete
Adriaan
Met al die 9/11 voorvalle wat al vantevore deur die elite gebruik is, wonder ek maar net oor wat kan dalk more 11 September gebeur?
Dankie Adriaan, kan julle asb die Vaandeldraer na my e-pos adres aanstuur?
Goed ek het die 9/11 bespreking gevind:
http://www.cuttingedge.org/News/n1756.cfm