Dit was op nuwejaar terwyl die wêreld vol hoop en moed kyk na 2012, wat Obama een van die mees kontroversiële wetsontwerpe in die geskiedenis van Amerika geteken het. ‘n Paar weke vantevore op 15 Desember is daar gestem vir die implimentering van die wetsontwerp, en die uitslag was 86-13 ten gunste daarvan.
Die wetsontwerp is uitgevaardig oor Nuwejaarsdag toe almal feesgefier het en niemand hulle aan die politiek gesteur het nie. Dit het onder meer die volgende ingesluit:
- ‘n $662 biljoen militêre vonds bekend as die National Defense Authorization Act
- Verdere bemagtiging van die regering in sy soegenaamde War on Terror
- Enige persoon wat om die een of ander rede as ‘n verdagte terroris beskou word, kan vir ‘n onbepaalde tyd sonder verhoor aangehou word, en
- Verdere sanksies is op Iran geplaas wat o.a. insluit geen toegang tot die VSA se finansiële sisteem vir enige buitelandse bank wat met die sentrale bank van Iran besigheid doen nie. Die gevolg hiervan is dat internasionale transaksies deur Iran se sentrale bank geweldig bemoeilik sal word en die koste van ru-olie noodgedwonge sal styg.
Wat skokkend is, is dat die bewoording van die wet die president toelaat om enige iemand vir enige rede wat beskou word as ‘n “bedreiging vir die staat” summier te arresteer en vir ‘n onbepaalde tyd sonder verhoor aan te hou. Hierdie wetsontwerp radikaal om die minste te sê. Maar die doelgerigtheid en absolute roekeloosheid van Washington sou nie daar begin of eindig nie.
Reeds op 26 Oktober 2011 het ‘n verteenwoordiger van die VSA ‘n wetsontwerp voorgelê aan die Amerikaanse senaat, naamlik die Stop Online Piracy Act (SOPA) en op 17 Desember 2011 het Senator Patrick Leahy die s.g. PROTECT IP Act (PIPA) voorgelê. Beide wetsontwerpe bemagtig die VSA se department van justisie (asook koepiereg houers self) om regstappe te neem teen webblaaie buite die VSA wat enige vorm van koepiereg oortreding, soos bepaal deur die VSA self, maak. Op die oog af blyk die wetsontwerpe in der waarheid ‘n goeie ding te wees wat die regte en intellektuele eiendom van musikante, filmvervaardigers en ander kreatiewe groepe beskerm. Maar die publiek en veral kunstenaars, het gou besef dat dit in der waarheid enige vorm van kreatiwiteit geweldig inkort en ook dat die VSA besig is om buitelandse wetgewing indirek te bepaal. As ‘n persoon op Youtube byvoorbeeld enige kopieregmateriaal plaas wat nie goedgekeur is nie kan die hele organisasie summier gesluit word, selfs al was die oortreding deur ‘n enkele individu. En as die Internet diensverskaffer in die buiteland gevestig is, kan ander organisasies direk betrek word om geweldige inkortinge teenoor die oortredende party te bring. Google kan byvoorbeeld die organisasie totaal verwyder uit hulle soekenjin-lys of Paypal kan verbied word om enige transakies van die organiasie te verwerk.
Op 19 Januarie is MegaUpload (een van die grootste “file-sharing”-dienste op die Internet) deur die VSA se departement van Justisie gesluit op gronde van koepiereg oortreding. Die nagevolg was ‘n “Blackout”-optrede teen SOPA en PIPA deur Wikipedia en 50,000 ander webblaaie tussen Januarie 18-19 2012 asook die hacker-groep Anonymous se aanslag op verskeie groot film- en musiekmaatskappye. Die radikale optredes het geweldige repurkussies gehad, maar die probleem is glad nie verwyder nie en die Amerikaanse Kongres kyk alreeds weer na ‘n nuwe wetsontwerp. Volgens die EFF (Electronic Frontier Foundation) is daar alreeds drie wetegewings wat reeds in ontwikkeling is:
Die Anti-Counterfeiting Trade Agreement (ACTA)
Seker een van die skrikwekkendste wetgewings nog. Dit is in Oktober 2011 geteken deur die VSA en ander lande wat reeds deelname het of gaan hê aan die globale wetgewing sluit in Australië, Kanada, Japan, Morokko, Neu Zeeland, Singapore en Suid Korea. Pole wil nou einde Januarie die wetgewing goedkeur maar opposisie deur die publiek is sover geweldig en dit lyk of die Poolse Wikipedia ‘n soortgelyke “Blackout” statement wil maak. Of dit enigsins ‘n verskil gaan maak is betwyfelend.
Wat ATA so ernstig maak is dat dit ‘n meer breedvoerige standaard vir intellektuele eiendom probeer bewerkstellig asook internasionale samewerking om hierdie standaard te implimenteer. Internet Diens verskaffers word deur ACTA verantwoordelik gehou vir wat hul gebruikers doen. As ‘n individu deur hulle fassiliteite byvoorbeeld ‘n foto neem van ‘n tatoeëermerk wat ‘n bekende handelsmerk bevat (‘n koepiereg oortreding) kan die spesifieke individu summier gediskonnekteer, beboet en selfs tronk toe gestuur word.
Maar ACTA gaan selfs verder om generiese medikasie onwettig te verklaar en voedsel patente af te dwing. ‘n Globale standaard vir saad patentering sal wêreldwyd ingestel word wat onafhanklike kleinboere uiteindelik totaal van selfvoorsiening sal weerhou. Die noodgedwonge gevolg hiervan is dat die hele wêreld afhanklik raak van die groter patenthouers se maatreëls en regulasies t.o.v. voedselverbouing.
Die Trans-Pacific Strategic Economic Partnership wat soortgelyk is aan PIPA
Special 301 Report. ‘n Drakoniese wetgewing vanuit die VSA wat jaarlikse globale koepiereg en IP verslaggewing van lande versoek om die intellektuele eiendom van die VSA ook verder teen buitelandse uitbuiting te beskerm.
Dan is daar ook nog ‘n verdere hofbeslissing wat nog afgehandel moet word in verband met “Public Domain”. Klaarblyklik wil die Amerikaanse Kongres die mag hê om enige werke wat as “Public Domain” beskou word, weer onder koepiereg plaas. Dit is ‘n drastiese optrede wat geweldige repurkussies vir enige iemand gaan hê wat in die media bedryf werk en afhanklik is van openbare materiaal waarvan die koepiereg reeds verval het. Koepiereg-besit is reeds verleng met 25 jaar. Elke nuwe wetgewing poog deesdae om die regte- en privaatbesit van eiendom van die individu weg te neem.
Maar hierdie tipe koepiereg mag van SOPA en PIPA kan ook verder ingespan word. Organisasies of besighede wat nie polities korrek is nie, kan summier ingekort word op die vae beginsel van koepiereg-oortreding. Dit is duidelik dat die Amerikaanse Kongres poog om die Internet tot so ‘n mate te monopoliseer dat dit uiteindelik slegs verteenwoordig word deur webblaai en organisasies wat hulle ideologieë en idees goedgesind is. Die idee van koepiereg en die aanslag op wêreldwye rowery (“piracy”) is slegs ‘n verskoning vir hierdie absolute mag. Vorentoe sal soortgelyke wetgewing uitgevaardig word, moontlik as deel van die “oorlog op terreur” om enige organisasie of besigheid te sluit wat beskou word as ‘n bedreiging vir wêreldvrede. En nog meer, die wetgewing sal uiteindelik die individu se persoonlike regte van hom afneem ter wille van die vrede. Maar om dit te verwesenlik is ‘n wêreldwye spioenasiestelsel nodig wat elke mense se doen en late kan volg en daarop reageer…
Destyds na die 911 aanvalle is daar ‘n DARPA-projek begin, genaamd die Total Information Awareness Projek. Die TIA het egter vinnig doodgeloop as gevolg van die Amerikaners se besef dat TIA baie gedtaileerde inligting van elke persoon gestoor het. Die program is toe in die geheim verder ontwikkel.
In 2011 het ‘n IT administrateur, Trevor Eckhart ‘n eienaardige ondekking gemaak in die data-aktiwiteite van sommige selfone op ‘n wi-fi netwerk. Baie van die selfone was besig om informasie in pakkette aan te stuur na die een of ander ontvanger. Hy vind toe uit dit is ‘n versteekte “Spyware”– program wat deur ‘n maatskappy genaamd Carrier-IQ geinstalleer is. Hy kontak hulle toe hieroor maar hulle saaklike en dreigende reaksie het hom toe ‘n ander roete laat volg. Hy gaan toe na die EFF, en met hulle ondersteuning maak hy toe in November 2011 die inligting dwarsoor die whêreld bekend. Kort daarna het CarrierIQ apologie aangeteken en die saak is laat staan.
Carrier-IQ het gemeld dat hierdie tipe informasie slegs tydelik gestoor word en vir marknavorsing aangewend word. Maar heelwat deskundiges is nie oortuig hiervan nie en dit word blatant beskou as ‘n tipe “Spyware program”. Carrier IQ het meer onlangs die implimentering van die program heroorweeg en ‘n nuwe reeks maatreëls ingestel om te versker dat persoonlike data nie onttrek sal word nie. Maar dis geensins ‘n nuwe verskynsel nie, of die eerste keer dat ‘n maatskappy so iets waag nie.
Heelwat maatskappye, met sagteware soortgelyk aan Carrier IQ, implementeer hierdie tipe sagteware in onder meer selfone en skootrekenaars om inligting te bekom vir groot maatskappy wat die geld het om van hierdie spioenasietegnologie gebruik te maak. Soos byvoorbeeld Flexispy.
Privacy International deur die ondersoekjoernalis, Eric King het 287 lêers op Wikileaks geplaas waarin gedetaileerde verslag lewer word van die vervaardiging en verkope deur sowat 160 maatskappye van dienste en sagteware aan Naionale Intelligensie agentskappe en waardeur hulle toegalaat word om mense se privaatheid te skend, te manipuleer, beinvloed en na te speur. Hierdie sekuriteitsagteware van toesigsmaatskappye word tans gebruik in sowat 25 lande. Dienste wat deur maatskappye soos The Hacking Team en Gamma-groep gelewer word, sluit in:
- Die inskakling na hoë kapisiteit veselnetwerke in duikbootkabellanding-stasies.
- Die beheer en oorname van selfone wat op bystand mode gevind word – afluster van gesprekke, die opname van teksboodskappe en nommers, asook foto’s wat geneem kan word van die omgewing. Hierdie inligting kan gebruik word om te bepaal met wie die persoon van dag tot dag in verbinding is.
Assange van WikiLeaks het aan ‘n gehoor in London gesê: “If you’ve got an iPhone, a Blackberry, if you use Gmail, then you’re screwed…”
Sommige van die toesigdienste word voorgehou as ‘n metode van beskerming en beveiliging van jou kind, om jou vrou of man dop te hou en seker te maak of hulle op jou verneuk of nie. Maar maatskappye soos VastTech van Suid Afrika verkoop die tegnologie in die geheim vir enorme bedrae aan enige een wat dit soek. Sover bekend maak die Britse agentskap Mi6 en vele ander hiervan gebruik.
Na die opstande in Egipte en Libië is kamers vol toesigtoerusting gevind van verskeie organisasies soos Gamma, Amesys, ZTE van China en VASTech wat gebruik is om pro- en anti- lede van die huidige regimes te identifiseer en dop te hou. Dit sluit in video opnames wat deur die betrokke persoon se selfoon gemaak is, asook teksboodskappe wat uitgestuur en ontvang is.
Eric King beklemtoon die feit dat hierdie tipe toesigwerk besig is om met weêreldpolitiek te integreer en dus vorentoe ‘n groter rol gaan speel in lande se interne belange. Dit is dus maar ‘n klein stappie om hierdie tipe sagterware eendag verpligtend te maak sodat ‘n regering op sy mense wettiglik kan spioeneer om sogenaamde “terroristiese bedreigings” te ellimineer.
Wat verder verstommend is, is die feit dat die tegnologie dalk nie net beperk gaan wees tot slegs spioenasie nie. IISI se “GPS locater” was onder meer deur Netezza aangewend vir die CIA om ‘n teiken-sein te probeer verkry vir ‘n missielaanval op terroriste groepe. Die IISI-sagtewareontwikkelaar, Rich Zimmerman, het egter gemeld dat hy verstom was hieroor, aangesien die program glad nie ontwikkel was vir enige iets in hierdie veband nie. Die Intelligence Integration Systems, Inc. van die VSA verkoop ‘n lokale basis-analitiese program genaamd die Geospatial Toolkit vir juis hierdie doel. Die sagteware help om deur die sein van ‘n foon of deur stem-identifikasieprogramme ‘n persoon onmiddelik te identifiseer en te posisioneer.
As ‘n mens al die bogenoemde gebeure inag neem, dan is dit duidelik dat ons regte en vryheid binnekort op grootskaal weggeneem gaan word. Die infrastruktuur vir so ‘n wêreldwye sisteem word daagliks in plek gestel, van wetgewings tot tegnologiese ontwikkelings. En dit blyk dat die Amerikaanse Kongres vanaf middel laasjaar so vinnig as moontlik te werk gaan om ‘n sisteem op die been te bring waarby die wêreld tydens absolute chaos dopgehou en tot ‘n mate gekontroleer gaan kan word. Dat daar ‘n komende noodtoestand gaan plaasvind waarby ‘n globale polisiestelsel geimplementeer gaan word is dus nie meer betwyfelbaar nie. ‘n Wêrelwye ekonomiese skudding kan moontlik verder ontwikkel word om mense se eiendomsreg geweldig in te kort en uiteindelik totaal te elimineer. Sodoende hoop die geldmag om eendag ‘n vrederyk te bewerkstellig waar elke individu se bestaansreg afhanklik sal wees van die reëls en regulasies van ‘n Nuwe Wêreld Orde.
Baie dankie Oom Adriaan!
Baie insigewend,”Big brother is watching” Ek wonder soms waarna is verwys in die Bybel nl: die dier met die een oog”?Dinge gebuer baie vinnig nou!Ons sake word net bemoeilik ,soos oom se hulle beheer een van die dae alle media ens.Dink net watse nonsens hulle die mense nog kan voer.
Hoe gemaak nou?
Ons vertrou net op Die Almagtige Vader Jahweh.Sy mag oortref die wereld.
Hier val Oom Siener se visoen weer in plek. Die “wonderbaarlike” wyse waarop inligting oor die ganse aarde versprei kon word, binne sekondes, (internet) was vir hom iets onbekends. Tog is ons daaroor gewaarsku. Ons was tot nou in staat om inligting te deel met mekaar. Hierdie voorreg gaan weggeneem word. Ek dank Vader dat deur middel van internet baie verborge dinge vir my geopenbaar is. Nou is die skille van my oe af.
Adriaan weereens dankie: Ek was ongelukig ” BBC ” gebore = Borne before computers so baie daarvan is nog vir my ‘n geslote boek. ‘n gedagte wat by my spook is, as ons die hele opset van ons Blanke/Boerevolk in oenskou neem en ons besef dat ons Hemelse Vader se wee nie altyd aan ons bekend is nie , is daar nog steeds die tekens van die tye. Ek het dit iewers gelees en ek stem heelhartig met dit saam.
1) Ons het een van die sterkste weermagte in die wereld gehad
2) Ons het oor kernwapens beskik
3) Ons jong mense was opgelei in oorlogvoering
4) Ons was ‘n trotse Volk wat vir niemand terug gestaan het nie.
5) Ons was onstuitbaar in ons wee.
Maar dink so daar oor. Ons Skepper het dit alles van ons weg geneem, Hoekom?. Dat die wereld op die drumpel staan van die derde wereld oorlog is gewis, en sou ons as Boerevolk nog oor al die eienskappe beskik het sou ons beslis opgeroep geword het om in ander wereld dele te gaan veg en sodoende sou baie van ons gesneewel het. Ja ons word wel uitgemoor, maar sonder die liberaalis is daar nog steeds
‘n kern groep wat die stryd voorentoe sal voer. Ons Skepper is ons genadig.
Naand Almal.
In ’94, was hierdie “vangnet” reeds gespan oor alle radio uitsendings. Moet vir geen oomblik dink dat daar ‘veilige’ moderne kommunikasie is nie. Wat hierdo gese is, en die brief wat onder “Fair of nie” by Suidlanders verskyn het, moet vir ons almal as ernsitge waarskuwing dien. Maak erns met sielkundige voorbereiding, en gaan terug na “betroubare” raportryers (sonder selfone). Eers wanneer ons volk fisies EN sielkundig EN Geestelik fiks is, staan ons n kans, al weet ons dat Vader Jahweh, die geveg vir ons sal stry.
Almal is bereid om te veg, maar kan ek so vra, wie van julle is instaat om skaap te slag, daarby bedoel ek om self keelaf te sny? En as jou maatjie (jy sal hom ken) langs jou aan flarde geskiet le? Kan jy dit vat? Kalm bly? Nie kwaad word nie? Is jy regtig reg vir wat voorle?
Genoeg gese.
BoereGroete in Jahweh.
Ek het op CNN gesien dat die Internationale Lughawens mense gaan scan deur gebruik te maak van n chip (in n vorm van n armband of selfs onder die vel) Die betrokke persoon het genoem dat dit binne die volgende 5 jaar sal wees want hulle beoog om dit papierloos, vinnig en doelterffend te maak. Hoekom ek hierdie noem is want hierbo het jy genoem dat ons sal dopgehou word en ons vryheid sal weggeneem word.
Ek persoonlik dink a.g.v. al die rampe en tsunamies, terorisme ens en mense wat nie gekry word nie ens wil hulle die chip inbring sodat hulle presies kan weet wie is wie ens.
Hulle sal eninge manier uitdink om die chip onder jou vel te kry met mooi stories en veral “GREEN” in die prentjie. Dit is waar – ek dink die einde is baie vinnig aan die kom.
En die banke in Suid Afrika gaan nou van elke rekeninghouer verwag om sy vingerprint te neem.
Eers het hulle alfabeties begin om al jou persoonlike informasie te kry voordat jou rekening geaktiveer kan word en nou gaan hulle weer alfabeties briewe/ emails uitstuur sodat hulle jou vingerprint kan kry en as jy nie gaan nie, stop hulle jou rekening – so hoe betaal n mens nou dan vir internet, rekeninge en hoe log jy dan in jou bank in op die net as jou rekening gestop is en al die debietorder transaksies sal terug gaan. Dan die volgende stap is die chip onder die vel.
So julle almal hieronder is so reg. Ek word dus yskoud as ek dink aan hierdie dinge wat op pad is. Dit gaan nie nice wees nie!
Maar mandela moet nog eers gaan en dan is dit die gevegte – so dit behoort dan ook binne die vyf jaar te gebeur.
Groete
Ek kyk gisteraand ‘n video wat tans op Youtube te sien is (dit word blykbaar sonder kopiereg ook versprei), getiteld “Die Vals Priesterdom – Vrymesselary onder SA Kerkleierskap”. Die aanbieder van hierdie baie insiggewende video beveel ook sterk aan dat ons uit Babilon wegkom – onder Babilon verstaan ek dan die teenswoordige stelsel van banke en rente wat teen jou as individu gevorder kan word en so aan. Dit sal nie ‘n maklike keuse wees om te maak nie maar binnekort sal diegene van ons wat ons steur aan die waarskuwings ons moet onttrek van hierdie stelsel van bank- en kredietkaarte, lenings en die mikrovlokkie waarvan ons so baie hoor.
Patriot,
Plaas asb weer jou droom van die tsunami.
Almal: lees dit asb baie aandagtig, die 2de golf bou op
BoereGroete
Ek stel ook belang om van die droom te hoor
Dankie Adriaan, mooi Vaandeldraer
Chris wat jy se is so waar. Baie keer wonder en veroordeel ons die vorige leiers, en met reg ook, maar was hulle nie maar net pionne in die Almagtige Vader se hande nie.En het Vader nie dalk geweet van hulle swakhede en hulle juis op grond daarvan gebruik nie.