Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

Totius, Eben Swart – wie dwaal?

2012-02-11

Deur Adriaan Snyman


Wat ten tye van die Skepping plaasgevind het, het alles met die Voortrekkers en die Gelofte te doen. Ek wil dit graag aan u verduidelik aan die hand van ‘n lesing wat die bekende  Afrikaanse skrywer en digter, TOTIUS, (hy was ook mede-vertaler van die 1933 Bybel) tydens ‘n Kongres oor die Rassebeleid in 1944 gegee het. Hy het sy toespraak begin met hierdie woorde: ‘n Liberale vriend en teenstander van Apartheid sê: “Gee my ‘n Bybelteks wat bewys dat apartheid in ooreenstemming is met die uitsprake in die Heilige Skrif.

My antwoord was: Vriend, ek het geen verse nie.

Hy sê toe: Dan het ek die argument gewen.

Ek antwoord toe: Ek het geen vers nie, vriend. Ek het net die Bybel – die HELE Bybel, want van Genesis een tot Openbaring spreek dit van Apartheid. God self is die groot Skeidings-Maker EN ook die Skepper van wet en orde. Reeds met die Skepping het die Almagtige Skeiding of Apartheid as wet neergelê.

En dan verduidelik Totius dit so: In die tweede vers van Genis een lees ons die aarde was woes, leeg en in totale duisternis. M.a.w. in chaos gedompel.

Toe maak die Almagtige lig, en omdat lig en duisternis nie saam kan bestaan nie – het Hy hulle van mekaar geskei.

Hierna maak Hy toe die uitspansel en bring ook SKEIDING tussen waters en waters. En onder die uitspansel maak Hy SKEIDING tussen see en droë grond.

Die son kry die bevel om te heers oor die dag en die maan moes heers oor die nag.

En daardie heerskappy staan tot vandag toe nog.

Die Almagtige het egter nie net dinge van mekaar geskei nie, maar ook dit wat bymekaar hoort (soort volgens soort) bymekaargevoeg.

Die aarde was dus woes en leeg en chaos het daaroor geheers, totdat God dit herskep het en alles wat nie bymekaar hoort nie, van mekaar geskei het. En daarmee kry ons die wet wat bepaal dat SOORT net SOORT kan voortbring. En eers TOE hierdie wet in werking kom, het die chaos plek gemaak vir volmaakte orde in die ganse skepping.

Totius verduidelik verder: Dieselfde skeppingswette wat vir die lig, duisternis, aarde, see, diere en plante geld, het ook vir Adam gegeld: In Gen. 2:18 lees ons dat God nie net vir Adam ‘n hulp gemaak het nie, maar ook een wat by hom pas – Eva was dus soort van sy soort. Totius verwys toe na Van der Kemp wat aan die Kaap vir hom ‘n swart vrou gevat het wat NIE (volgens God se orde) by hom gepas het nie.

Net soos die son en maan opdrag gekry het om oor die dag en nag te heers, so kry Adam opdrag om nie net te vermeerder en die aarde te vul nie, maar ook om daaroor te heers. En die aarde kon net gevul word indien sy nakomelinge elders heen weggetrek het en hulle gaan vestig het op plekke waarvan God reeds vooraf die grense getrek het.

Hierdie wegtrek- of skeidingsbevel is weer letterlik na die Sondvloed aan Noag en sy seuns herhaal: “Wees vrugbaar, vermeerder en vul die aarde…” Maar hulle kry nie weer die opdrag om oor die aarde te heers nie, want die heerskappy daarvan is reeds in die Tuin van Eden aan Satan oorgegee.

Nimrod, die geweldenaar, was die nuwe heerser wat namens Satan die Babelse Ryk in die laagte van Sinear moes vestig. Hy het die Almagtige se opdrag om die aarde te vul – m.a.w. weg te trek, geïgnoreer. Hy sou vir sy heer en meester ‘n stad bou en die mense daarin verenig sodat dit NIE vir hulle nodig sou wees om oor die aarde te verstrooi nie.

Ja, alles was in sy guns om ‘n NUWE ORDE (reënboognasie) tot stand te bring – ‘n orde waarin vryheid, gelykheid en broederskap sou heers – want hulle het reeds EEN taal gepraat; hulle was almal GELYK, daar was geen APARTHEID nie, en hulle het ook almal dieselfde DOEL nagestreef, nl. om as geïnntegreeerde nasie en sónder God, op eie krag die hemel te bereik en sodoende die heelal in besit te neem.

Maar deur taalverwarring, is hulle planne verydel en is hulle gedwing om oor die aarde te verstrooi. Babel staan dan ook vir chaos, wanorde en verwarring.

En tot vandag toe is dit die taal wat ‘n volk praat wat hom saambind. Kultuur, Godsdiens en geskiedenis kom eers tot uiting wanneer mense mekaar kan verstaan en saamwoon.

Die aardbewoners kan dus in TWEE groepe verdeel word– daar is dié wat onderdanig is aan Nimrod se Babelgees, en dié wat hulle neerlê by die godsbevel om die aarde te vul – m.a.w. die wat die Trekgees gehoorsaam.

Volgelinge van die Babelgees hoor vandag nog die stem van Nimrod wat hulle opkommandeer om ‘n Wêreldstad te bou, ‘n stad met ‘n Nuwe Orde wat apartheid verdoem, waar almal gelyk is, almal dieselfde taal praat, één staatsbestel het en aan één god onderdanig is.

Lyn reg hierteenoor staan die draers van die Trekgees: Hulle hoor ook nog die stem van die Almagtige wat sê: Skei af en trek weg sodat Ek van jou ‘n nasie kan maak. In Genesis 46:3 kry Jakob die versekering: “Moenie bevrees wees om na Egipte af te trek nie, want Ek sal jou daar ‘n groot nasie maak.”

Dit was dieselfde Trekgees wat ons voorouers uit Europa laat padgee het toe die gees van Babel uitgeroep het: Vryheid, gelykheid en broederskap.

Iemand het eendag hieroor gesê: Die gees van Babel oorval jou soos mistige weer en varkmasels, en eer die Franse Hugenote hulle kon kry, was die Babelgees ook hier in die Kaap weer in hulle midde.

In haar gedenkskrif oor die Voortrekkers skryf Anna Steenkamp hoekom hulle andermaal weer noodgedwonge huis en haard, goed en bloed moes verlaat om hulle opnuut in die vreemde te gaan vestig: “Ons het angs en benoudheid, pyn en smart, honger en kommer van vyand en vriend verduur…” En dan noem sy o.a. die volgende:

Die voortdurende plundertogte deur swartes.

Die gelykstelling van slawe met die Christengelowiges, en

Dat die Goewerment verklaar het dat na 1 Januarie 1827 Engels die enigste amptelike taal van die geregshowe sou wees. Die taal van 90% van die bevolking is daarmee uit die regswese verban. Kort na die vrystelling van die slawe kom ook die verpligting om Engels as omgangstaal (veral in die skole) te gebruik.

Ons verkeer vandag in ‘n veel erger situasie: Ons word nie net deur die swartes geplunder, gekaap, verkrag en beroof nie, maar ook uitgemoor.

Skaars ses weke gelede het ons volk met groot gejuig Nimrod se geboortedag op 25 Desember gevier. En ons kerke help steeds fluks om al die verskillende godsdienste en gelowe in die integrasiepot tot een brousel om te roer.

In die openbare sektor hoor jy niks anders as Engels nie.

Tereg sou mens die vraag kan vra: Is Engels nie dalk die Babelgees se Nuwe Wêreldorde-taal nie? – Want almal sal vir jou sê – sonder Engels kan jy nêrens kom nie. Ja, selfs op die mees afgeleë plekke van Donker Afrika hoef jy net ‘n mikrofoon onder die neus van Koning Stertriem te druk en hy sal jou onmiddellik in sy beste, onverstaanbare Ingels te woord te staan.

Nou wonder ek waarom het Siener gesê die dag as ons ons vyande landuit verdryf het, sal ons tot in der ewigheid nooit weer Engels hoor nie!

Soos wat ons voorouers uit Europa gevlug het om van Babel vry te kom, so het die Voortrekkers ook uit die Kaap wegtrek, gehoorsaam aan die stem wat sê: Kom uit haar uit my volk en gaan na waar Ek vir jou voorafbepaalde grense getrek het…

En was dit nie dalk juis hierdie gehoorsaamheid wat hulle waardig gemaak het om ‘n gelofte voor God af te lê nie?

Want het hulle in die Kaap agtergebly, was hulle ook deur die Babelgees opgeslurp, sou daar geen Gelofte gewees het nie en ook geen Boervolk nie.

Daarom verbaas dit mens dat ‘n man soos Eben Swart, ‘n oud-dominee en kenner van sekulêre geskrifte oor die Roomse kerk, vrymesselary, die Hemelkoningin, die Songod, en vele ander euwels, hom openlik skaar by die voorstanders van Nimrod se bose ryk wat deur  God self vernietig is, en dit juis om die mens-soorte van mekaar af te skei. Op sy webblad stem Eben Swart saam met die ganse heidense wêreld, elke afgodsdienaar en voorvadergeesaanbidder dat apartheid “sonde” is. Hy vind nie fout daarmee dat ‘n egbreker, dief en bedrieër soos Alan Boesak die hoofargitek van die Belhar-belydenis was nie; dat hy dit opgestel het met die uitsluitlike doel om apartheid die nek in te slaan.

Gewis dra Boesak en Eben Swart  glad nie kennis van wat in die Woord oor apartheid geskryf is nie: Jy mag jou nie met ander volke verswaer nie (Deut. 7:3); jy mag nie ooreenkomste met hulle aangaan nie (Eks. 23:32) ; jy mag nie saam met hulle in dieselfde juk trek nie (2 Kol 6:14)., en die belangrikste van alles, weet nóg hy nóg Boesak dat die Messias met sy Wederskoms wéér apartheid kom instel: Mat. 25:32 – “…en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei…”

Met sy belydenis van apartheid as “sonde”, gee Eben Swart duidelik te kenne dat God se afskeidingsbevel en “soort volgens soort”-wette “sonde” is. Net soos die kerk sê hy ook alles het met die Nuwe Testament verander. Die “onveranderlike God” het nou skielik besluit die kerk is reg, en “almal” is jou “naaste”.  In Lev. 19:17 sê Hy baie duidelik dat ‘n volksgenoot, broer en naaste een en dieselfde persoon is. Hoe kan ‘n mens iemand vertrou wat nie eens weet wie sy naaste is nie?

Dis egter nie al nie, Eben Swart verwerp dit ook dat Siener van Rensburg ‘n profeet van God is; hy staan by die kerk wat sê die profete se tyd het met die Ou-Testament geëindig. Maar Joël sê in hoofstuk 2 vers 28 vir ons in die laaste dae sal die seuns en dogters profeteer, die ou mense drome droom en die jongelinge gesigte. Leef ons nie nou in die Laaste Dae nie?

Die heel eerste gelofte wat in die Bybel vermeld word, is ook op die trekpad afgelê. Dit het gebeur terwyl Jakob vir Esau moes vlug. (Ons weet almal die naam Jakob beteken bedrieër). Daar by Bet-el het hy die droom gehad van Engele wat teen ‘n leer na die hemel toe op en af klim. In die droom het God met hom ‘n verbond gesluit. En toe Jakob wakker skrik het hy ‘n klipstapel gepak en ‘n gelofte gemaak om van alles wat hy uit die hand van God ontvang, ‘n tiende aan Hom terug te gee. En dit was ook die trekpad wat hom uiteindelik in Egipte sou bring en waar sy nakomelinge die Israelnasie sou word.

Die Boervolk is ook op die trekpad en eers na aflê van die gelofte en die oorwinning by Bloedrivier gebore.

Israel het na sy uittrek uit Egipte meermale wanneer hy voor sy vyande te staan gekom het, ‘n gelofte gedoen om die Almagtige se uitredding af te pleit.

Die Voortrekkers het nie net ‘n gelofte afgelê nie – hulle was ook voortdurend in gebed. Daar is van die manne wat later vertel het hoë hulle feitlik sonder ophou gebid het.

Gebed is die asem van die siel en as jy nie bid nie, sal jou siel uiteindelik versmoor.

Eben Swart jy wat ook glo versoening is die oplossing van al ons probleme, sê tog vir ons: waarom het Sarel Cilliers en Andries Pretorius-hulle nie liewer vir Dingaan gebid nie? Dan het hy hom miskien bekeer en was die bloedige slag nie nodig nie?
Ons kan dieselfde vir Dawid vra: Hoekom het hy nie vir SY Dingaan (Goliat) se redding gebid nie, dan kon hulle versoen het en was dit nie vir hom nodig om Goliat dood te maak nie?

Maar miskien het Dawid en Sarel Cilliers-hulle geweet Goliat en Dingaan was albei onderdane van die gees van Babel wat van Satan afkomstig is en daarom gebore vir die verderf.

Weer Totius:
Wie van ons weet dat hy reeds in 1909 ‘n profesie gemaak het wat byna woordeliks met een van Siener van Rensburg se gesigte ooreenstem.

Siener het ‘n gesig gehad van ‘n “klein kaffertjie wat uit die aarde opkom en ‘n magtige Impi word. Hy steek ‘n skild en spies bokant sy kop uit en sy skaduwee val oor die land…”

Voordat Totius sy profetiese gedig aanhaal, gee hy vir ons die volgende beskrywing van  Donker Afrika wat hy met Babel gelykstel. (En as ons die Trekkers se nood, angs en ontberinge wil verstaan en besef teen watter bose magte hulle te staan gekom het, moet ons van Totius se woorde kennis neem):

Hy sê: “En nou kom ons na ons swart wêrelddeel, waar die mees algemene barbaarsheid sy hoogste triomfe gevier het. In die volgende digreëls stel ek die bose gees (die Babelgees) van ons verdonkerde wêrelddeel self aan die woord:
Met Gam se vloek versterk, het ek gegaan na Afrika,
Die onbekende land en dit verskrik met ewige moord en brand,
Met ramp en plaag tot waar die Stormkaap staan.
Ek stuur teen jou (witman) die swart reus van die land –
Hy kom, die assegaai omhoog gewend,
Sy arm se skadu oor ‘n kontinent
.
Hy sal deurboor wie hom in oormoed tart…
(En dan sluit die gedig met hierdie ontstellende profesie):
Ek sal my op jou nageslag nog wreek

Dis nou al ‘n jaar gelede dat Jakob Zuma (sy naam beteken ook bedrieër) ‘n groep Zoeloes in Diepsloot toegespreek het waar hy aan Buthelezi gesê het: “Die moord op ons onskuldige mense op 16 Desember 1838, is nog nooit gewreek nie – ek wil dit nog doen…”
Hoe het Totius dit gestel: Ek sal my op jou nageslag nog wreek.

Miskien besef ons dit nog net nie, maar ons staan al by die Tweede Bloedrivier-laer – sommige dalk al daarbinne. En in die profetiese woorde van ‘n ander digter, Jan F. Cilliers, beleef ons die genadelose aanslag:

“Dis donker, donker middernag, nader kruip die Zoeloemag, kruip swart adders om die laer…”

Nagenoeg 35 000 van ons eie bloed- en volksgenote is reeds sedert 1994 by die 2de Weenen, 2de Moordspruit en 2de Bloukrans deur die 2de Dingaan se magte afgemaai.

En steeds weier ons om te glo dat daar ‘n TWEEDE BLOEDRIVIER op ons wag.

Die Voortrekkers het op 9 Desember begin bid – hulle nie geweet hoe lank dit gaan duur voordat Dingaan gaan aanval nie. Maar die Vader het dit beskik dat dit 7 dae duur, want as jy ‘n gelofte vir sewe dae afgelê het, staan dit vir tyd en ewigheid.

Laat ons van nou af ook elke dag bid, elke dag ons gelofte aflê en wie weet of die Vader ons nie sal hoor en uitred nie?

Ten slotte: Israel het die belofte gehad dat waar hy ook al sy voet neersit, die grond aan hom sal behoort.

Totius het dieselfde vir ons volk geprofeteer: Hy sê, en ek haal hom woordeliks aan: “God gaan iets wonderbaarliks in die geskiedenis teweegbring”.  Siener het gesê “die wêreld sal verstom staan oor die wonderwerk wat God hier gaan doen”.

Totius: Ek is die Trekker met my wa,
Die wit kind van Groot Afrika.
Ek kom my ryke erfenis vra,
Ek kom dit soek en speur dit na,
As erfseun van MY AFRIKA!

13 thoughts on “Totius, Eben Swart – wie dwaal?”

  1. Deut. 32:7-9 Dink aan die dae van die ou tyd, let op die jare, van geslag tot geslag; vra jou vader, dat hy jou dit bekend maak; die ou mense, dat hulle jou dit sê. (8) Toe die Allerhoogste aan die nasies ‘n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders (kinders van Adam – Adamiete) van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel. (9) Want die JaHWeH se deel is Sy volk, Jakob is sy afgemete erfdeel.

    Ons Vader verwag van Sy kinders om nie te vermeng met die antichris nie. Waar staan dit in die Bybel dat ras nie meer ‘n rol speel in ons geloof nie? Adam(die mens) is in die ewebeeld van God geskape. Daarna volg die geskiedenis waarin Kain vervloek word. Daar is niks na Adam geskape nie. Dus gaan die ganse Bybel verhaal oor die kinders van God genaamd Israel en die kinders van Satan. Satan wil graag die suiwer bloedlyn vernietig. Sodra ‘n witman apart wil woon is hy ‘n rassis! Ek steur my nie daaraan nie, dan is ek maar ‘n rassis. Apartheid is afsondering. Ons het nie nodig om met die ander nasies te meng nie, hy het sy kultuur en ek het myne. Moet ek vir hom bid? Nie as hy addergeslag is nie, slegs as hy Adamiet is. Die aanval op apartheid en die Belhar belydenis is vanaf die bose. Die Messias se geslagsregister word hiermee aangetas. Die kerke het die gat gegrawe, nou gaan hul self daarin val. Almal bely dit Sondae in hul kerke, hul glo in die Almagtige Skepper van hemel en aarde en hul bely dat Hy die God is van ons voorvaders, Abraham, Isak en Jakob. Dit is deirekte geslagsregister verwysing. Daar is meer van Abraham se nageslag wat nog die Wette en Profete op hul binneste geskryf het as wat die ds en die wereld verwag het. Ons gaan deur die wereld gehaat word, maar die vooruitsig na die Koningryk van ons Vader en die vrede in die Nuwe Jerusalem sal ons genadiglik die krag gee om staande te bly teen hierdie wereldse onregverdighede.

    1. Mense, ek is nuut op hierdie blog, maar nie op die aarde nie. Hare grys, 70 winters agter die rug. Eers Gereformeerd, ontnugter. Daarna meer as 40 jr NG. (Aangeneem, diaken, leier diaken, ouderling, ens. ens.) Ook ontnugter. Al my praat met die professionele christene (Ds’e) oor Nuwe Testament waarhede was ‘n mors van tyd. Dit was asof daar ‘n sameswering was om my stil te swyg. Die goed nagevorsde werk van Prof. Hennie Stander (Baptism in the early church) wat onomwonde bewys dat die doop van babas ‘n Roomse dwaalleer was sowat 300NC, en die leer oor besnydenis wat doop vervang, sowat 500NC, is net met skouerophaling afgemaak. Ek kom tot oortuiging van die absolute waarheid van die Skrif. Konkrete onargumenteerbare, fisiese, in your face, bewys daarvan, (nie oortuiging deur ander mense nie) en besef dat ek aan Jesus se opdrag gehoorsaam moet wees. Ek laat my doop en, ek stap weg van ‘n hoop gemors in my lewe. Uiteindelik! bevry! Maaaaar, — verwerp deur die ‘kerk’. (Hoekom??? hulle is dan Christene!!!??)

      My liewe, liewe, gelowige, ons was van kleinsaf mislei. Glo asb vir Jesus en moenie sonder olie in jou lampie staan as Hy kom nie. Deur Eben Swart se werk weet ek nou hoekom ek nie antwoorde uit die ‘sisteem’ kon kry nie. Waarom my vrae doodgeswyg is. Nou weet ek waarom die verkoop van ‘n kerkgebou aan die Moslems vir die NG kerk net nog ‘n besigheidstransaksie is. Daar is steeds oorgenoeg mense rondom daardie kerk, maar hulle het nie ‘n evangelie om daardie mense mee te bereik nie. As hulle nie op aanteel kan staatmaak nie kan hulle nie ‘n gemeente in stand hou nie.

      Ek is ook Afrikaner, ek hou ook van Bok se Delarey, ek hou ook nie van Belhar nie, maar my eerste liefde is Jesus, en net Hy alleen. Soek Hom, soek Hom, nou, terwyl hy nog te vinde is. Of apartheid reg of verkeerd is sal tot niet gaan. Net Hy sal kom om Sy Koningkryk te vestig, en dis al, dis al, dis al, wat van belang is. Totius en Siener ten spyt.

      Johan Venter.
      God is (baie) ernstig oor wat Hy sê. Hy maak nie grappies nie. Sy Woord IS die waarheid. Ek weet. Ek het dit met my eie oë gesien. Ek sal jou ook wys, as jy net wil sien.

  2. Naand Boere
    Ek het n vraag; wat is die gebruik, om n kop op munte en note te plaas voor of na iemand se dood?
    BoereGroete

  3. Dagse Boere,
    Is besig om die artikel met meer aandag te herlees, en nou het n ou vraag weer by my opgekom.
    Dit is my persoonlike mening; dat alle predikant in n verbond met satan staan, daarom dat hulle ons mislei.
    Die Dr’s le die eed van hipokrates af (gaan lees dit gerus, u sal geskok wees wat u daarin vind), nou wil ek weet of Ds’e ook so n eed afle, en wat is die inhoud daarvan as dit bestaan?
    BoereGroete

    NS: Patriot, plaas asb weer jou droom van die tsunami.

  4. Ek wil net byvoeg dat as God vir ons is wie kan dan teen ons wees?
    Maar … verseker gaan ons in ‘n tydvak in RSA in wat die skaap van die bok gaan skei, en dat ons in hierdie tyd werklik agter die Kruis van Jesus en onder Sy Bloed moet skuil is verseker. Suid Afrika dis tyd dat ons ons self voor ons God en Vader moet verootmoedig en belydenis doen van ons laksheid en begin saamstaan in die gees en handevat en die Naam van Jesus Christus van Nasaret begin uitroep oor ons land en sy mense – dat elke knie sal buig en elke tong sal bely dat Jesus die Here is, en elke ander “god” moet weet ons God leef en Hy is in beheer! Groete Ria uit KZN

    1. MOSES SE SWART VROU IS n Nat Geo klug.
      Lees die Bybel en sien waar sy vandaan kom.
      Genesis 25 vers 1.
      Abraham again took a wife and her name was Keturah.

      Mens lees snert wat een of ander jood uit sy duim gesuig het en dan glo mense Moses se vrou was swart maar hulle het dit nie in die Bybel ge lees nie. Of is daar n vers wat se Moses se vrou was swart? Nee daar is nie. Met daai vorm van redenasie kan jy se Moses was swart want toe hy sy hand onder sy kleed uitgetrek het was dit wit.
      Keturah is die moeder van Midian deur Abraham wat nie swart is nie, en Midian is die voor ouer van die priesterlikke orde of The Priests of Midian Moses se skoon pa Jethro was uit daai orde en priesterskap kon jy net in gebore word. Moses se toekomende vrou het gedink hy is n egiptenaar maar eintelik was hy n Israeliet. Jy is n suidafrikaner maar dan hoekom is jy wit? Mens se ras word nie bepaal deur die grond waarop jy wandel nie.

      Hierdie comment klink kwaai maar ek ek bedoel dit mooi. Hoop dit antwoord jou vraag, Natasha.

    1. Dit was Aaron en Moses se suster (as ek reg onthou) wat nie gehou het van die Kananitiese vrou wat hy gevat het nie. God roep hulle albei na hom en omdat Moses so ‘n saggeaarde mens was moes God vir hom opgestaan!!

      Hy trap hulle uit en vra hulle hoe hulle sulke snert kan kwytraak. Sy dienskneg Moses is ELKE dag in Sy teenwoordigheid en Hy praat met hom direk en nie deur die stem van ‘n profeet nie. So hoe will hulle nou kom en sê hy doen iets verkeerd. Sou God dit nie weet nie? Wat hulle eintlik kwytgeraak het was dat die Almagtige ‘n sonde toelaat!

      Daarom was Hy bitter kwaad en het nie eers hulle geantwoord nie. Volgens apokriewe boeke was Moses met ‘n meid getroud maar ek dink eerder sy was van Kanaan en wit en daarom dat God dit toegelaat het en so kwaad was vir Miriam.

      Groete

  5. Hier volg my gedagtes t.o.v. “Moses se Kusitiese Vrou”, wat so deur die kerke gebruik word om verbastering goed te praat. Ek weet dit is ‘n lywige skrywe, maar ek gaan van die veronderstelling in dat almal nie hierdie geskiedenis ken of self kan gaan oplees nie. Wees maar geduldig met my.

    Ek gaan dit in 2 aflewings deur stuur.

    Die Skrif gee nie vir ons baie inligting t.o.v. Moses se lewe voor die uittog uit Egipte nie. Ons weet hy het in die huis van Farao grootgeword. Ons weet dat hy ‘n Egiptenaar doodgeslaan het wat een van sy broers (‘n mede Hebreër) aangerand het. Ons weet dat hy weggevlug het die woestyn in en ons weet dat hy vir Sippora as vrou geneem het. Verder gee die Skrif vir ons geen inligting nie.
    Hoe oud hy was toe al hierdie dinge met hom gebeur het weet ons ook nie. Hoe lank hy in die woestyn was weet ons ook nie, maar Majesteit Yahweh het geweet wat van hom geword het en waar hy hom bevind het, daarom kon Vader hom terug roep van waar hy ookal was om sy volk uit Egipte te lei. Omdat Vader al hierdie dinge geweet het, daarom kon Hy vir Mirjam en Aäron streng aanspreek omdat hulle ‘n valse getuie teenoor Moses gebring het. (Num.12_1-16).

    Maar ons kry bietjie inligting in ‘n buite Skriftuurlike bron en ek dink dit is die moeite werd om daarna te gaan kyk. Elkeen kan hierdie inligting maar beoordeel of veroordeel nes dit u pas.

    Vir my persoonlik het dit gehelp om te verstaan hoekom Majesteit Yahweh vir Mirjam en Aäron so kon aanvat.

    Ek haal aan uit die “Boek van Herinnering” Bls. 348. Vooraf word vertel hoe Moses die Kusiete gehelp het om ‘n oorlog te wen. Ek haal aan vanaf Opregte Hoofstuk 73:31-38
    Die opskrif van die gedeelte is: MOSES VERAG DIE KUSITIESE KONINGIN WAT VIR HOM GEGEE IS.

    (31 Hulle het die koinklike kroon op sy hoof geplaas, en hulle het aan hom as vrou gegee, Adonia, die Kusitiese koningin, die vrou van Kikianus.
    32)Moses het Yahweh die Elohim van sy vader gevrees, sodat hy nie by haar sou ingaan nie, ook het hy sy oë nooit op haar gerig nie.
    33)Moses het onthou hoedat Abraham sy dienskneg, Eliëser, laat sweer het deur te sê: Jy sal nie ‘n vrou van die dogters van Kanaän vir my seun Isak neem nie (Gen.24:2-4).
    34) Ook wat Isak gedoen het toe Jakob gevlug het vir sy broer toe hy hom beveel en gesê het: Jy sal nie ‘n vrou neem van die dogters van Kanaän nie, ook nie ‘n verbond met enige van die kinders van Gam sluit nie.
    35)Want Yahweh ons Elohim het Gam, die seun van Noag, en sy kinders en al sy saad, as slawe aan die kinders van Sem en die kinders van Jafet, en aan hulle saad na hulle as slawe gegee, vir ewig.
    36)Daarom het Moses nie sy hand of sy oë gedraai na die vrou van Kikianus nie, al die dae wat hy oor Kus geheers het.
    37)Moses het Yahweh, sy Elohim sy lewe lank gevrees. En Moses het voor die Aangesig van Yahweh gewandel in Waarheid, met sy hele hart en siel. Hy het nie afgewyk van die regte Weg al die dae van sy lewe nie. Hy het ook nie van die Weg òf na regs òf na links afgewyk waarin Abraham, Isak en Jakob gewandel het nie.
    38)Moses het homself versterk in die koninkryk van die kinders van Kus en hy het die kinders van Kus gelei met sy gewone wysheid. En Moses was voorspoedig in sy koninkryk.

    Die res van die skrywe volg!

  6. Moses se Kusitiese vrou, vervolg:

    Nou spring ons oor na Hoofstuk 76 met die opskrif: MOSES VERTREK NA MIDIAN.

    1)En Moses die seun van Amram was steeds koning oor Kus in daardie dae, en hy was voorspoedig in sy koninkryk, en hy het met regverdigheid, geregtigheid en met eerbaarheid oor die kinders van Kus regeer.
    2)Al die seuns van Kus was lief vir Moses, al die dae wat hy oor hulle regeer het en al die inwonders van Kus het hom gevrees.
    3)In die veertigste jaar van die regering van Moses oor Kus, het Moses op die koninklike troon gesit en Adonia, die koningin was voor hom, en al die edelmanne het om hom gesit.
    4)En Adonia, die koningin, het aan die koning en die owerstes geseê: Wat het julle die seuns van Kus vir so ‘n lang tyd aangedoen?
    5)Julle weet seker dat die veertig jaar wat hierdie man oor Kus geheers het, het hy my nooit genader of die gode van die seuns van Kus gedien nie.
    6)Daarom dan, luister julle kinders van Kus, en laat hierdie man nie meer oor julle heers nie omdat hy NIE VAN ONS VLEES IS NIE.
    7)Kyk, Menakrus, my seun, is groot, laat hom oor julle heers, want dit is beter vir julle om die seun van julle meester te dien as om ‘n vreemdeling te dien, ‘n slaaf van die koning van Egipte.
    12)Toe het Moses vertrek uit die gebied van Kus en huiswaarts gekeer en het opgehou om Kus te regeer. En Moses was ses-en-sestig jaar oud toe hy Kus verlaat het, want die saak was van Yahweh, want die tyd wat Hy in die dae van die voortyd bepaal het om Israel uit te lei van onder die verdrukking van die seuns van Gam het aangebreek.
    13)Toe het Moses na Midian gegaan … En hy het gaan sit by ‘n put in Midian.

    En hier tel ons nou weer die verhaal op soos dit in Exodus aangeteken is. ek weet dit was ‘n baie lywige verduideliking om net Num.12:1-15 meer verstaanbaar te maak.
    Toe ek die eerste keer die verhaal gelees het, het so baie dinge vir my oopgegaan t.o.v. Moses en sy Kusitiese vrou.

    Nou kan ek ook verstaan hoekom Vader Yahweh vir Moses gekies het om Israel uit Egipte te lei, hy het die nodige kennis opgedoen om te kan “regeer” oor ‘n hele volk. Kus was maar net sy leerskool vir die taak wat op hom gewag het. Daarom wat Vader Yahweh baie kwaad vir Mirjam en Aäron oor die onwaarhede wat hulle van Moses gepraat het. Hoor die getuigskrif wat Majesteit Yahweh oor Moses geskryf het: “… Moses was ‘n baie sagmoedige mens” (7) “.. in My hele huis is hy getrou” (9)”.. en die toorn van Yahweh het teen hulle ontvlam!”.

    Gaan diegene wat die leuen oor Moser versprei nie ook op baie dun ys loop nie? Oordeel maar self.

    Groetnis
    ‘n Israel Sussie.

Comments are closed.