Die einde van liberalisme?

Dis nou 21 jaar gelede sedert FW de Klerk sy toespraak in die Parlement gelewer het. In die media is hy toegejuig as die man van die eeu, die man wat SA van ‘n gewisse burgeroorlog gered het. Ons stem saam, maar met sy optrede het hy die oorlog net ’n bietjie vertraag.

Julius Malema het dit gister (16 Junie 2011) bevestig: “Grondhervorming moet dadelik gebeur. Ons weier om langer so te lewe. Grond moet sonder vergoeding afgeneem word… en indien nodig op die harde manier.” (M.a.w. gewelddadig).

Siener van Rensburg het byna ’n 100 jaar gelede al voorspel dat FW De Klerk sy volk gaan verraai.

Op 1 Augustus 1914 sien hy dat in die tyd wat die Sowjetunie verbrokkel, verskyn die SEWENDE LEIER van die NP by Vereeniging op die toneel. Hy is nog redelik jonk met ’n gladgeskeerde gesig. De Klerk wás die sewende leier, parlementslid van Vereniging, redelik jonk (52) en gladgeskeer. Siener het altoos gesê as hy ’n gladgeskeerde manspersoon sien, is hy ’n verraaier.

Toe ek in Rapport van 24 Januarie 2010 op bladsy 18  die groot opskrif lees: “EK SAL DIT WEER DOEN, sê De Klerk”, het ek onthou wat mnr. PW Botha in Maart 1998 een aand tydens ‘n ete in ‘n hotel in die Wilderness aan my en my vrou vertel het. Hy het De Klerk openlik gekonfronteer oor sy leuens en die sowat R38 miljoen omkoopgeld wat hy van Oppenheimer, Rupert, Ignesco, Mitterrand van Frankryk en ’n Duitse firma ontvang het om Suid-Afrika aan die ANC weg te gee.

Dit gaan egter nie hier oor sy leuens en verraad nie. As dit oor leuens en verraad gegaan het, was hy vandag in die tronk. Net soos ’n dokter of prokureur wat van sy pasiënt of kliënt steel en dit aan sy vriende uitdeel, só het hy van sy volk gesteel en dit aan die barbare uitgedeel. En pleks van tronkstraf is hy op die hande gedra en ryklik beloon.

Hy het 23 generaals afgedank omdat hulle glo besig was met ’n komplot en verraad. Tog is geeneen van hulle ooit skuldig bevind aan enige misdaad nie, nog minder dat hulle die wapen neergelê het, óf dat hulle in die openbaar gelieg het oor eie skole, eie woonbuurte of Christelike onderwys. En die verwarde en verslae volk het ander pad gekyk, want hulle wou hom so graag glo!

Vele ander het in sy spoor gevolg. Of onthou u nie meer hoedat Tim du Plessis in 2008 op die voorblad van sy Rapport die blou-wille-boepensstuipe gekry het nadat vier WIT studente van die Reitz-koshuis ’n paar slukkies Oros-koeldrank aan ‘n klompie uitbundige swart werkers uitgedeel het nie? Geeneen van die plesierige ousies het soveel as ’n letsel opgedoen nie. Maar toe SWART sekuriteitswagte by ’n kettingwinkel die week daarna ’n bejaarde blanke Alzheimer-lyer DOODSLAAN net omdat hy vergeet het om vir ’n R8 balkie sjokolade te betaal, het Du Plessis hom nie eens verwerdig om dit in sy koerant te noem nie.

As hy dit nog nie weet nie, wil ons vandag vir hom sê: Daar is niks so genadeloos as ’n visioen wie se tyd aangebreek het nie.

En die einste Rapport dit verkondig dit luidkeels:

“REGSE VLOED GOLF SPOEL OOR HELE EUROPA” (Rapport – 25 Oktober 2009). Lande wat genoem word, is Engeland, Duitsland, Frankryk, Italië en selfs Swede, wat in die sewentiger jare geweier het om Volvo-motors na Suid-Afrika uit te voer.

En op 17 Januarie 2010 maak Rapport toe die bekentenis van die eeu:

“DIE EINDE VAN LINKS”. In die berig word gesê dat immigrasie uit Afrika en Moslemlande die pot aan die kook gesit het en etniese en godsdienstige konflik dit laat oorkook het. En dat dit die linkses is wat vandag gehaat word.

In dieselfde uitgawe sê De Klerk op die voorblad “HY VEG VIR AFRIKAANS”. Hoe sal hy veg vir Afrikaans as hy dié wat dit geskep het, openlik verag? Of het u hom óf Tim du Plessis, al ooit gehoor waar hulle medelye betuig teenoor die naasbestaandes van ’n vermoorde blanke man, vrou of kind? Solank die volk bestaan, sal Afrikaans vir homself veg.

In Holland was die verskyning van ’n boek, “VAARWEL AAN DIE LINKSE WERKERSKLAS” deur drie bekende sosioloë, as’t ware die spyker in die linkses se doodkis. Dis ‘n blitsverkoper en die Hollanders eis nou saam met die skrywers dat immigrante uit Afrika teruggestuur moet word.

De Klerk word (steeds in Rapport) genadeloos deur prof. Koos Malan van Tukkies afgeslag. Hy sê o.m. die volgende: “De klerk is op ’n dwaalspoor … Hy is skromelik sonder insig. Hy beskerm steeds die leuen van die Grondwet. Baie Afrikaners voel die leuen instinktief aan en daarom reageer hulle so gebelg op De Klerk”.

Die kersie op die koek is egter Andries Bezuidenhout se openlike erkenning (ook in Rapport) dat die einde van “politieke korrektheid” aangebreek het. Hy is een van Rapport se gereelde medewerkers wat nie met sy witvel kan saamleef nie.
Hy stel dit so: “Ons moet ruiterlik erken dat ons verloor het. Die einde van links het aangebreek… Aan SA se  wit rassiste, homofobe en seksiste dus die volgende: JULLE HET GEWEN!

Hy erken dus — APARTHEID HET GEWEN

Staan daar nie ook in Mat 25 geskryf dat wanneer die Messias terugkom, gaan hy die nasies van mekaar afskei nie? En dis ’n skeiding wat net in die HART kan begin.

Nou vra ek maar, is dit dalk wat Siener bedoel het toe hy gesê het: As jy in jou hart reg is, is jy in GOD se Laer?

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470