Bank maak gereed vir noodsituasie

Ons het verlede week betroubaar verneem dat een van die grootste banke in Suid-Afrika op ‘n direksievergadering (en in opdrag van ‘n swart direkteur) planne bespreek het om die noodsituasie (emergency situation) wat met die amptelike aankondiging van Mandela se dood en begrafnis, landswyd sal ontstaan, die hoof te bied.

Die betrokke swart direkteur het geen doekies omgedraai nie en sy mededirekteure gewaarsku dat as daar nie betyds voorsorgmaatreëls getref word nie, die bank (en ook ander bankinstellings) moontlik hulle deure sal moet sluit omdat hy inligting uit regeringskringe ontvang het dat die hele swart werkersmag in Suid-Afgrika na die bekendmaking van Mandela se dood, gaan staak as blyk van respek en eerbetoon vir hulle geliefde Madiba, en vir die duur van die begrafnis, sal geen swarte ‘n steek werk verrig nie.

Dit kan tot chaos lei indien daar nie bankdienste beskikbaar is vir die der duisende buitelandse roubeklaers wat van oor die hele wêreld hierheen gaan stroom nie.

Daar is toe voorgestel dat Indiërs as kernpersoneel gewerf moet word om noodsaaklike bankdienste te verrig. Verder het dit ook aan die lig gekom dat direksielede nie gedurende hierdie tyd beskikbaar sal wees nie, aangesien hulle na plekke van veiligheid gaan verskuif (“go in hiding”).

Sommige personeellede wat hiervan te hore gekom het, het reeds besluit om vir die duur van Mandela se begrafnis verlof te neem.

Op hierdie selfde vergadering het die bank se hoofekonoom gesë dat Julius Malema se dreigement dat hy die myne en ander blanke bates gaan konfiskeer, die land ekonomies keelaf gesny het. Verskeie groot beleggers wat nagenoeg R300 miljard in plaaslike projekte wou belê, het ander weiveld gaane soek, en op Nigerië besluit. Die moontlikhede daar lyk veel meer rooskleuriger, is aan hom gesê, aangesien die Nigeriese werkers meer betroubaar en toegwyd is as die “vakunie-slawe” van Suid-Afrika wat besighede al duisende miljoene skade laat ly het.

Die ANC regering belieg, bedrieg en besteel nie net sy eie onderdane nie, maar hy doen dit ook skaamteloos met buitelandse beleggers. Dit was dan ook die geval met sy onlangse poging om Johannesburgse Kelvin-kragstasie aan ‘n Amerikaanse kragvoorsiener, Globeleq, te verkoop. Eskom het homself lelik in die tande geskop. Globeleq is hierheen gelok om Kelvin te koop, en daar is aan hom voorgehou dat die kragstasie een van die grootstes in Suid-Afrika is, op volle sterkte loop en jaarliks reusewinste oplewer.

Maar met hulle aankoms in Suid-Afrika moes hulle ontdek dat die Kelvin-kragstasie net 25% van sy kapasiteit lewer en ook op die punt is om in duie te stort (“on the verge of collapsing”). Dit sou Globeleq miljarde rand kos om die kragstasie te herstel, want Eskom beskik nie oor die finansies óf kundigheid om dit self te doen nie – die loon van regstellende aksie? En Vrydagoggend (10 Junie) het die visie president van Globeleq, Stephen Morriseau, en sy tegniese personeel hoogs ontstoke oor Eskom se blantante leuens, uit die land padgegee. Sy laaste woorde was: “Suid-Afrika is nie meer ‘n proposisie vir beleggers nie!”

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470