Die arm van Andries Pretorius

2025-12-15

Deur Gustav Snyman


Na die moord op meer as 300 trekkers, insluitend vroue en kinders, by Bloukrans en Weenen in Februarie 1838, het die Voortrekkers hulle skielik in ‘n baie moeilike situasie bevind. Die aanval het snags gekom, onverwags en brutaal, terwyl gesinne in hul tente en waens geslaap het.

Toe die son die volgende oggend oor die bloedbevlekte kampe opkom, is ‘n ontstellende toneel aan die trekkers ontbloot: suigelinge lê daar in die arms van hul moeders, aan die bors met tientalle assegaaisteke deurboor, sodat die liggame aanmekaar vassit. Van die kindertjies se koppe is teen die wawiele te pletter geslaan. Vroue se borste afgesny terwyl die lykies van die vermoorde kindertjies nog teen die bloederige borste vasgedruk was. Uit sommige waens het die bloed nog afgetap van swanger vroue, hul ongebore kinders op barbaarse wyse uit hul liggame gesny. Hierdie nag word tot vandag toe beskou as die grootste enkele kindermoord op ons volk. Bykans tweehonderd kinders is die oggend van 17 Februarie 1838 dood. Hele gesinne is uitgewis, onder meer die Breslers, en waarskynlik ook die Greylings.

KI weergawe van Andries Pretorius skildery. (Klik om te vergroot)

Die skokgolwe van hierdie tragedie het deur die hele trekgemeenskap gegaan. In die maande daarna is ‘n strafekspedisie onder leiding van Piet Uys en Hendrik Potgieter teen Dingaan op die been gebring. Maar die kommando is in ‘n hinderlaag gelei en die manskappe moes skielik vlug vir hulle lewe. Dit het die trekkers nie net militêr nie, maar ook geestelik aan die rand van wanhoop gebring.

Wat volg, is een van die mees aangrypende oomblikke in ons geskiedenis: ‘n klein groepie manne wat teen ‘n leër van tussen 15 000 en 30 000 Zulus die oorwinning behaal het. Dit word met reg as ‘n wonderwerk beskou. Maar in die hervertelling word die lof soms eensydig geplaas op die skouers van een figuur – ‘n indrukwekkende trekkerleier wat daardie dag leiding geneem het.

Daar is ‘n bekende ou skildery van ‘n skoongeskeerde Andries Pretorius met sy linkerarm in ‘n lap armstut. In sy regterarm is ‘n voorlaaier. Hier is ‘n uitbeelding van die reus van Bloedrivier, die godsman en held van Dingaansdag. En hy is gewond.

As ‘n mens historiese verslae van gebeure lees, wil dit soms voorkom of Bloedrivier niks meer was as die verlossing van Pretorius nie. Daar is selfs ‘n stad, Pretoria, na hom vernoem. En tog, hy was een van slegs drie trekkers wat gewond was in die geveg. In ‘n fisiese stryd met ‘n Zulu-kryger is hy in die arm gesteek en dit was Piet Rudolph wat Pretorius se lewe gered het.

Tydens die Slag van Bloedrivier het Pretorius op ‘n jong ongeleerde perd agter ‘n enkel Zoeloekryger aangery met die doel om hom as gesant na Dingaan te stuur. Hy het die man tot oorgawe geroep, maar die kryger draai onverwags om en storm soos ‘n vasgekeerde dier op hom af. Pretorius se eerste skoot mis, die perd ruk van skrik, en hy word gedwing om af te klim. Sy dubbelloopgeweer wil nie haak vir ‘n tweede skoot nie, en skielik is hy in ‘n handgemeen. Die eerste twee houe kan hy nog keer, maar die derde steek tref sy linkerhand en die assegaai gaan regdeur die palm. Die twee val grond toe in ‘n kort, felle worsteling, die kryger wat probeer verwurg en Pretorius wat tevergeefs na sy mes soek.

Suid-Afrika: oorkant die riviere van Kus

Suid-Afrika: oorkant die riviere van Kus

Die boek is 'n verkorte weergawe van Robert Hayes se omstrede publikasie "Suid-Afrika – oorkant die riviere van Kus," wat die uitverkiesing van 'n bepaalde volk deur God bespreek. Daar word voorspel dat hierdie volk in die laaste dae aan die suidpunt van Suid-Afrika sal wees en groot benoudheid sal...

Lees Meer...

R300,00

Net voor die Zoeloe sy assegaai in die hande kon kry om Pretorius te steek, sien Piet Rudolph die stryd en storm nader. Hy ruk die assegaai uit Pretorius se hand en deurboor die kryger daarmee. Die gevaar sak, die stof hang nog in die lug, en Pretorius word op sy voete gehelp, nog bewend van skok.

Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius (1798–1853) is in die distrik Graaff-Reinet gebore en het sy eerste veertig jaar as ‘n gerespekteerde boer en natuurlike leier deurgebring. In Oktober 1838 het hy by die Voortrekkers in Natal aangesluit, is kort daarna as hoofkommandant verkies, en het die beslissende oorwinning by die Slag van Bloedrivier op 16 Desember daardie jaar behaal. Hierna het hy voortgegaan om ‘n leidende rol as Kommandant-Generaal te speel, maar sy pogings om Britse beheer te weerstaan, insluitend ‘n nederlaag by die Slag van Boomplaats in 1848, was uiteindelik onsuksesvol. Sy grootste diplomatieke sukses was die Sandrivierkonvensie van 1852, waardeur hy amptelike erkenning van onafhanklikheid vir die Voortrekkers noord van die Vaalrivier van die Britse regering verkry het. Hy is op 23 Julie 1853 oorlede.

Die vleeslike arm

Die nood waarin die trekkers hulself by Bloedrivier bevind het, was uiteindelik die gevolg daarvan dat hulle aanvanklik dinge in eie hand wou neem. Die gemoedere het hoog geloop en daar is (met reg) na geregtigheid gesoek. Maar die ou boere het nog nie besef wat werklik aan die gebeur was nie. ‘n Dag was besig om aan te breek waarin God alleen die eer sou ontvang, en waarin Hy ‘n volk sou vorm wat vir geslagte lank dieselfde vertroue sou koester. ‘n Volk waar oud en jonk hul hoop nie op hul eie krag sou plaas nie, maar op die Vader alleen. En vir hierdie Goddelike ingryping moes die vleeslike arm van die boere eers te kort skiet.

Teen die tyd wat Sarel Cilliers, saam met Frans Hattingh en Willem Jurgen Pretorius, Kaap toe vertrek het vir hulp, was daar feitlik geen van die groot leiers oor nie. Die gesaghebbende en gerespekteerde Piet Retief was saam met 67 ander manskappe (insluitend sy seun) deur Dingaan vermoor. Gerrit Maritz, wat vroeër as een van die belangrikste organiseerders en leiers opgetree het, is in September van dieselfde jaar aan siekte oorlede. Hendrik Potgieter, die enigste oorblywende leier van formaat, het intussen met sy mense noordwaarts getrek na die Vrystaatse hooglande toe, nadat sy verhouding met die Retief-groep versuur het.

Moenie hulle vrede soek nie

In die Ou Testament sien ons keer op keer dat Israel eers tot nederlaag, ellende en boetedoening gebring word wanneer hulle hul beskerming by ander volke probeer soek of verbintenisse sluit met die mense wat hulle omring (Jes 30-31, II Kron 16, II Kon 17). God het herhaaldelik gewaarsku dat hulle geen verbond met die nasies van Kanaän moes maak nie, en dat hulle nie moes vertrou op ander se vrede of militêre steun nie. Hy het dit uitdruklik verbied:

Rigters 2:2 Jy mag geen verbond met die inwoners van die land sluit nie.

Net soos Israel verbied is om verbonde met die Kanaäniete te sluit, so moes die Voortrekkers besef dat vrede met Dingaan onmoontlik was. Tog het Piet Retief, in sy welwillendheid, maande lank met Dingaan onderhandel – terwyl Dingaan doelbewus vertraag het om tyd te wen vir die beplanning van die Groot Moord.

Voor sy tweede sending na Dingaan is Retief herhaaldelik gewaarsku. Sarel Cilliers en Gert Maritz het hom aangemoedig om versigtig te wees. Die ouer man, Herklaas Malan, het hom gesê daar is “verraad in die lug” en dat die Engelse ‘n rol in die bedrieglikheid sou speel. Malan het gemeen dat die Engelse Dingaan teen die Boere aan die opstook was.

Maar Retief het dit van die hand gewys met die woorde: “Geen Christenvolk sal so handel nie.” Hy het geweier om te glo dat die Engelse (as ‘n “Christenvolk”) tot sulke laaghede in staat sou wees. En as die Engelse nie by magte was om so iets te doen nie, dan sou Dingaan self sekerlik ook nie ‘n vredesending verraai nie. Retief het op universele morele standaarde vertrou, op diplomasie, op die eer van ‘n vredesverdrag tussen twee volke. Toe hy verby Maritz se tente ry, het hy hom selfs uitgeskel: “Totsiens ou bangbroek!”

Geen genade

Die argument kan gemaak word dat God die Trekkers gehelp het om Dingaan en die Zoeloes te vernietig omdat hulle heidene en nie-Christene was nie. Dus, volgens hierdie argument, was hulle sonder God se genade en verdien hulle straf. En tog het die Messias sy apostels aangekeer toe hulle die Samaritane wou vernietig:

Lukas 9:55-56 Maar Hy draai Hom om en bestraf hulle en sê: Julle weet nie van hoedanige gees julle is nie; want die Seun van die mens het nie gekom om die mense se lewe te verderf nie, maar te red.

Pretorius het nog tot op die laaste oomblik, met sy Christenhart, gepoog om hierdie beginsel toe te pas. Hy wou vrede met Dingaan maak, genade bewys aan die “Samaritane” van sy tyd. Maar God het dit nie toegelaat nie.

Net vier dae voor Bloedrivier, op 12 Desember 1838, het Pretorius se kommando naby die Buffelsrivier ‘n Zoeloe-spioen sowel as verskeie vroue en kinders gevang. In plaas daarvan om hulle as gyselaars te hou, het Pretorius die vroue en kinders vrygelaat en hulle met ‘n wit vlag na Dingaan gestuur. Sy ultimatum was eenvoudig: oplewer van al die geroofde vee, perde en gewere, óf ‘n lang, uitgerekte oorlog wat selfs tien jaar kon duur. Dit was ‘n laaste kans vir vrede. Maar Dingaan het nie geantwoord nie. Selfs op die slagveld van Bloedrivier, toe hy ‘n Zoeloe-kryger probeer gevange neem om as vredesboodskapper na Dingaan te stuur, is hy in die arm deurboor. Dit was asof God self gesê het: “Nie hierdie pad nie.”

Watter merkwaardige teken sou dit nie gewees het as God daardie dag vrede tussen Trekker en Zoeloe bewerkstellig het nie. As Dingaan en sy manskappe hulle voor die God van Israel verbuig het. Tienduisende Zoeloes se lewens sou gespaar wees, ‘n hele volk tot bekering gebring, en die eerste saadkorrels van versoening tussen twee nasies gesaai word. ‘n Nuwe dag van broederskap en Christen-eenheid in Suid-Afrika. ‘n Saulus-oomblik vir ‘n hele koninkryk.

Maar dit het nie gebeur nie.

God het nie genade bewys aan Dingaan se ryk nie. Hy het nie hul harte verander of hul koers gekeer nie. In plaas daarvan het Hy die Voortrekkers bygestaan om die Zoeloe-krygers af te maai. Hy het die Voortrekkers se gebede verhoor, hul Gelofte aanvaar, en ‘n oorwinning geskenk wat niks anders as ‘n wonderwerk was nie. Geen enkele Boer het gesterf nie, terwyl duisende Zoeloes geval het. Hierdie feit spreek boekdele.

Retief, en later Pretorius, het probeer om vrede te maak met ‘n volk wat God reeds veroordeel het. Hulle het nie besef dat God een volk hier verkies het en die ander verwerp het nie. Die trekkers moes hul identiteit en trou net aan God hou en nie die vrede of guns van die volke rondom hulle najaag nie. Net soos die Kanaäniete in Jerigo uitgeroei moes word voordat Israel die beloofde land kon inneem, so moes Dingaan se mag en stad vernietig word voordat die Voortrekkers die beloofde land kon intrek.

Deuteronomium 7:3-4 Jy mag jou nie met hulle laat verlei nie, en jou kinders mag jy nie aan hulle gee nie.

Wanneer Israel hierdie gebod verbreek het, het die Vader sy beskermende hand teruggetrek en hulle aan hul vyande oorgegee.

Rigters 2:14 Daarom het die toorn van YHWH oor Israel ontbrand, en Hy het hulle oorgegee in die hand van die plunderaars wat hulle geplunder het.

Die volk is eers weer gered toe hulle tot besinning gekom, hulself verneder en na God teruggeroep het. Eers dan het die Vader ‘n rigter of leier opgerig wat hulle verenig het en in oorwinning gelei het. Hierdie patroon van ongehoorsaamheid, straf, berou en uiteindelike verlossing vorm die ruggraat van die Rigtertyd in Israel se geskiedenis.

Uitbeelding van die moord by Bloukrans op die 14de friespaneel in die Heldesaal voortrekkermonument
(Klik om te vergroot)

Net so het die Trekkers in Natal hulself in ‘n toestand bevind waar feitlik alles verlore was. Hulle het probeer onderhandel vir vrede, soos Retief se verdrag met Dingaan, en dit het in bedrog en moord geëindig. Hulle het op hul eie planne gesteun, en die strafekspedisies wat gevolg het, het net nog meer ellende gebring. Soos Israel was hulle uitgeput, sonder leiers, omring deur ‘n vyand wat hulle nie verskoon het nie, en letterlik in sak en as. Dit was eers toe die Trekkers totaal gebroke en geestelik gefokus het, toe hulle nie meer hul eie krag vertrou het nie maar hulp by God gesoek het, dat ‘n “rigter” op die toneel verskyn het. Die Gelofte wat afgelê is voor Bloedrivier, klink soos die roep van Israel in nood. En die oorwinning wat daarop gevolg het, dra dieselfde teken van ‘n Goddelike ingryping wat ons in die Skrif sien.

Matteus 6:33 Soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

Die paradoks van Pretorius

Interessant genoeg, in die daaropvolgende jare het Sarel Cilliers, Erasmus Smit asook enkele ander trekkers voortgegaan om onder mekaar die Gelofte af te lê, maar nie Pretorius nie. Cilliers moes hom selfs aantree oor hierdie minagting. Wat het gebeur? Waarom kon die reus van Bloedrivier en sommige van die ander trekkers nie hulle plek in die gebeure raaksien nie? Boekdele is oor hierdie sogenaamde godsman en leier van die volk geskryf en waar selfs God se hand gesoek word, soek die volk dit dikwels deur Pretorius.

Moses, seker die nederigste man op die aarde (Numeri 12:3), was geroep nie omdat hy bekwaam was nie maar omdat hy kon luister. Hierdie man was ‘n instrument in God se hande want hy kon niks uit homself doen nie en daardeur het hy God se naam groot gemaak. Hy was reeds tagtig jaar oud toe God hom hierdie groot taak opgelê het – te oud om uit eie krag te werk, te swak om op sy eie te steun. En dit was God alleen wat hom tot op 120 jaar oud die krag en verstand gegee het om hierdie taak te volbring:

Deuteronomium 34:7 En Moses was honderd-en-twintig jaar oud toe hy gesterf het; sy oog was nie verswak nie, en sy krag het nie vergaan nie.
Illustrasie van ‘n Zoeloë-aanvalformasie by Isandlwana. By die Slag van Bloedrivier het ongeveer 200 Zoeloes wat met gewere gewapen was, in die begin van die aanval op die Boere-laer gevuur, en selfs nadat die hoof Zoeloe-aanval uit die onmiddellike omgewing van die laer teruggetrek het, het skote steeds uit dié gewere-gewapende groep teen die laer geklink. Bron: Bloed, Sweet en Trane – EJG Norval

So ook by Bloedrivier. Dit was nie Pretorius se strategie, sy durf of sy arm wat die oorwinning gebring het nie. Hulle vertroue was op God, vasgelê in ‘n Gelofte dat Hý die eer sou kry as Hy hulle red. En toe die arm van die groot leier deurboor word, kon die waarskuwing nie meer duidelik wees nie. Dit is asof sy waansinnige en hopelose stryd met ‘n Zulu die oë van ons volk weer terugbring na God.

Die feit dat Pretorius daarna geweier het om self die Gelofte af te lê, is presies die punt. Hy het moontlik die les daarin gemis. Hy en baie ander volksgenote.

In Psalm 44 staan daar:

Psalm 44:4 Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie, maar U regterhand en U arm en die lig van U aangesig, omdat U 'n welbehae in hulle gehad het.

‘n Klein groepie trekkers het in 1838 by Bloedrivier oor sewe dae alles gedoen wat hulle kon om voor te berei vir die Zoeloes se aanval. Maar as hulle sonder beskerming en sonder wapen vasgevang was op die oop vlaktes, sou God minder van ‘n wonderwerk kon verrig? Het God biskruit en voorlaaiers nodig?

Die laer in die hart

Siener se “tweede Bloedrivier” handel nie net oor ons volk se stryd na verlossing nie, maar vra ook: waar kry ons werklik beskerming en uitkoms? Sy beeld van ‘n geestelike laer wys dat dit nie gaan oor fisiese vestings of menslike redders nie, maar oor die volk se innerlike toestand. Wanneer ons voor ons grootste stryd staan, sal ons dalk eers moet ophou om groot leiers te verafgod en op “helde” te wag. Eers dan kan die God wat ons by Bloedrivier seëvier laat het, weer vir ons intree.

Siener het voorspel dat die volk weer vir sy vryheid sal moet veg. Hy het gepraat van ‘n emmer bloed wat omval, en dán eers ‘n vrye volk. Dit beteken ‘n tyd van groot bloedvergieting rondom die volk. Maar die beskerming wat hy beskryf, is net vir die wat in die geestelike laer skuiling soek. Hy het beklemtoon dat die volk éérs die knie voor God moet buig en gewillig elke tree moet stap. Dit sal ‘n steil en moeilike weg wees.

In een van Siener se bekendste gesigte het hy verduidelik dat die volk in die Boerelaer beskerming sal vind wat hy met ‘n tweede Bloedrivier vergelyk het. Volgens hom sal geen druppel bloed van ons volk wat in hierdie geestelike laer skuiling soek, gestort word nie. Toe hy gevra is waar hierdie laer gevorm sou word, het hy gesê dat ons nie meer fisies kan laer trek soos in 1838 nie. Hy het op sy hart getik en gesê dat elkeen wat innerlik reg is, reeds in die laer staan.

Maar wat beteken dit om innerlik reg te wees? Of eerder, wat is die wil van God?

Piet Retief het die traktate na Dingaan geneem met die oortuiging dat hy in die wil van God handel en dat hulle veilig sou terugkom. Die Boere van die Tweede Vryheidsoorlog het die wapen opgeneem in die geloof dat hulle die Engelse die see in sou jaag. Die Christen Ja-stemmers het hul papiertjies in die stembus gegooi, oortuig dat hulle God se wil doen en dat dit beter sou wees vir ons land. Baie sendelinge het onder swart volke gedien met die vaste geloof dat hulle besig is om te arbei onder hulle “naaste”.

Kerkverraad

Kerkverraad

Kerkverraad bied 'n ontstellende blik op die bedrieglike rol van die Afrikaanse kerk in die uitlewering van die Boervolk aan 'n ateïstiese regering, met onthullings vanaf 1968 tot die hede oor kerkleiers se twyfelagtige houding teenoor die Bybel en hul betrokkenheid in die onderhandelinge met die ANC, wat uiteindelik lei...

Lees Meer...

R100,00

Sondag na Sondag sit duisende wit Afrikaners op kerkbanke en bid vir vrede tussen swart en wit, geheel oortuig dat hulle in ooreenstemming met God se wil optree. Maar is hulle werklik seker dat dit wat hulle doen, is wat God wil?

En hier is waar Siener vir die kerk werklik bekommerwekkend word: Hier is ‘n man wat as profeet beskou word, en sy gesigte vertel van ‘n tyd van verlossing. Nie vir ‘n mengelmoes van volke nie, maar vir die vaaldonkies – die Boervolk of getroue Afrikaners. Vir baie mense binne die kerk is hierdie gedagte heeltemal te verregaande. Vir diegene wat na die profeet luister, word sy woorde ‘n rigtingwyser na die wil van God. Daarom sal hulle nooit soos Retief en sy manskappe probeer onderhandel vir vrede met ander volke nie. God het sy wil aan hulle openbaar.

Maar vir die wat vasgevang is in die vlees van hul eie teologiese leringe, bly Siener niks meer as ‘n drogspul nie, ‘n historiese figuur wat blankes volgens hulle bloot gebruik om hul onbybelse rassisme te probeer regverdig.

Dit is vandag ‘n wonderwerk dat die blankes in Suid-Afrika bewaar word. Die feit dat ons hier nog sonder openlike vervolging ‘n bestaan kan voer, is self al ‘n teken van God se genade. ‘n Paar miljoen blankes wat, “soos ‘n skermpie in ‘n wingerd, soos ‘n slaapplekkie in ‘n komkommertuin, soos ‘n beleërde stad” (Jesaja 1:8), tussen meer as vyftig miljoen vreemdelinge staande bly. Dit is asof die leeus se bekke vir nou gesluit is (Daniël 6:22).

Ons volk is nie meer die veldmanne en skerpskutters van weleer nie. Ons is nie meer pioniers wat dae lank met ’n geweer in bos en veld kan oorleef nie. Tog kan ons, soos Sadrag, Mesag en Abednego, ons rug draai op die goddelose Babilon en God se wil soek, met die geloof en vertroue dat Hy sal voorsien wat nodig is om te oorwin.

Maar die dag sal kom wanneer ons weer ’n laer moet trek, soos by Bloedrivier. Miskien nie met waens teen ’n rivierwal, doringtakke vir die vyand, of lood uit gegote biskruitvorms nie. Hierdie laer sal in die hart opgeslaan word, en op daardie dag sal God vir sy volk alles voorsien wat nodig is, sodat ons kan oorwin en sodat Hý alleen die eer ontvang.

Afsluiting

Die beeld van Pretorius met ’n gewonde hand kan maklik as ’n historiese detail afgedoen word, of as nog ’n bladsy uit ’n heldeverhaal. Maar in die groter verband van Bloedrivier word dit ’n nugtere herinnering: selfs die bekwamste leier bly net ’n mens. Hy was, soos ’n rigter in Israel se dae, ’n instrument waardeur God opgetree het, maar nie die krag self nie.

In die Gelofte het ons dit dan plegtig belowe:

Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.

Die oorwinning by Bloedrivier het gekom toe die volk ophou onderhandel, ophou vertrou op mense, en in vrees en ootmoed terugkeer na God. En as ons vandag weer praat van “’n laer in die hart”, dan is dit nie ’n mooi beeld vir moeilike tye nie. Dit is ’n oproep tot bekering en gehoorsaamheid, en tot ’n geloof wat nie eerste vra watter wapen ons het nie, maar watter God ons dien.

Want wanneer ons volk se donker uur aanbreek en dit voel of ons teen ’n muur vasgedruk word, bly die antwoord dieselfde: by die Rooisee, by Jerigo se mure, en by ’n rivierwal in Natal.

Eksodus 14:13 Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van YHWH wat Hy vandag vir julle sal bewerk.

Leave a Comment

Scroll to Top