Stilte, stakings en ‘n emmer bloed…

Ek wil begin met FW de Klerk se woorde op 12 Maart 1994 toe hy na die verkiesing van Mandela as president aan ’n oorsese koerant gesê het “Die situasie in Suid-Afrika is nou onomkeerbaar en sal nooit weer kan verander tot wat dit was nie…”

De Klerk het duidelik nie geweet van ’n visioen wat Nicolaas van Rensburg gehad het en waarin hy “gesien” het dat alles, ja, alles in die land eendag weer op sy kop omgekeer gaan word nie.

Die aanloop daartoe het al in 1914 begin toe die Boere-verraaier, genl. Louis Botha, ’n spoorlyn tussen Prieska en Luderitz laat bou het om wapens en soldate na Duitswes te vervoer om die Rebelle uit te wis wat op pad was om ’n vredesooreenkoms (traktaat) met die Duitsers aan te gaan. Met die Siener se hulp het die Rebelle deurgedruk tot by Nakab waar genl. Manie Maritz en die Duitse Goeverneur op 2 Desember die traktate onderteken het.

Net hierna het Siener aan genl. Kemp gesê: “Pak die gewere weg. Ons taak is afgedaan tot later wanneer ons by Prieska (deur Duitsland) bewapen sal word.”

Meer as 80 jaar lank het daardie spoorlyn in onbruik gelê — plek-plek meters diep onder die sand begrawe, voordat Duitsland dit in 1996 begin herbou het. Daarna is die Lüderitzhawe ook vergroot.  En vroeër of later sal Duitse wapens en soldate hier land waarmee die teenswoordige “rebelle” die nasate van daardie einste Boere-verraaiers sal uitwis.

Maar vóór daardie dag egter aanbreek, het Siener ’n Tweede Bloedrivier gesien. Dit is nou so dat ’n Tweede Bloedrivier, ook beteken dat daar ’n Tweede Bloukrans, Moorspruit en Weenen sal wees.

Vóór 1838 se Bloedrivier is baie van die Trekkers op wreedaardige wyse deur swartes vermoor.
Dieselfde gebeur vandag. Sedert 1994 is al meer as 32 000 blankes doodgemaak.

Die Trekkers het laer getrek.

En dis ook wat ons sal moet doen wanneer die tyd aanbreek — ons sal uit die dorpe en stede moet padgee om in groepe laer te trek

Dis was daar in die laer dat die Trekkers ’n gelofte afgelê het.

Ons sal dit ook moet doen.

Nie ’n enkele persoon wat in die Bloedrivier-laer was, het omgekom nie.

Siener bevestig dat elkeen wat in óns dag in die laer is, ook behoue sal deurkom. Ek het eers onlangs die volle betekenis van sy woorde gesnap waar hy gesê het ons sal nie weer in een groot laer kan saamtrek soos destyds nie, want ons is dwarsoor die land versprei. Daar sal egter mense wees wie se harte reg is, maar om een of ander rede nie uit die dorp of stad kan padgee nie — hulle sal ook beskut wees.

Maar hulle wat buite is en nie ag gee op die waarskuwings nie, gaan deur dieselfde gees van verskrikking wat die vyand beetpak, oorval word. Hoe naby is ons aan daardie nag van verskrikking?

Die antwoord kry ons sommer uit die perd se bek:

’n Tyd gelede is ’n blanke vrou wederegtelik deur swart polisie van die pad af gedwing en verskree omdat sy nie haar rybewys dadelik kon toon nie. Hierdie insident het die liberale teoloog, dr. Nico Smith — hy het intussen verhuis na ’n beter (of dalk slegter?) oord — na die pen laat gryp om in Beeld vir hierdie barbaarse swart broers van hom in die bresse te tree. Onthou u hom nog? Enkele jare lede was hy in die nuus toe hy en sy gesin ’n jaar lank tussen die swartes in Mamelodi gaan woon het.

Volgens Smith het ’n skatryk swart sakeman en goeie vriend glo aan hom vertel waarom die polisie so onbeskof teenoor die blanke vrou was.

“Ons is ‘moeg’”, sê die swarte, “vir die vernederende wyse waarop wit mense ons behandel. Telkens wanneer ek vir sake na die naaste dorp gaan ondervind ek dit. Dis ook net blanke Afrikaners wat voortdurend my ‘menswaardigheid’ aantas; en ek wil weet of wit mense in hierdie land, in besonder Afrikaners, besef in watter ‘kwesbare posisie’ hulle hulself bevind?

“In my eie gemeenskap, sê die swarte, “is die gevoelens teen wit mense besig om breekpunt te bereik, en ek vrees vir die dag wanneer swart mense in ’n massa-stormloop die wit dorpe kan bestorm en alle ondernemings van wit mense aan die brand steek.

“Sulke massa-opstote is immers nie onbekend in Afrika nie,” waarsku hy, en voeg dan by: “En sou die wit mense dan hoop dat die polisie of weermag tot hul redding sal kom, kan dit, voordat hulle opdaag, al te laat wees. Daarby moet wit mense in elk geval nie in die waan leef dat hulle buitengewone simpatieke optrede van die polisie en weermag kan verwag nie.

“Sulke noodlottige optrede deur swart mense kan, sodra dit in een dorp gebeur het, na talle ander dorpe uitbrei.

“En wat wit mense nie besef nie, is dat vuurwapens in die swart gemeenskap só volop is dat daar nie meer net van een kant geskiet sal word nie.”

Oor sy swart kamerade se woede, sê Smith, “Die wit mense se enigste hoop op ’n toekoms in hierdie land is om swart mense met ‘respek’ te begin behandel. Daarsonder sien my vriend ’n katastrofe wat op die wit mense wag.” . (M.a.w. ons moet maar aanhou om voor die swartnerf op ons knieë te kruip en aanhou vergiffenis vra vir apartheid).

Nico Smith kerm oor ons ‘swak maniere’, maar skaam hom voor God nie dat hy in sy tirade géén enkele woord rep van al die moorde en ander gruwelike misdade deur swartes op mede-blankes nie.

En sy swart vriend waarsku ons sommer openlik dat die Nag van die lang messe ons voorland is. Hy weet dus baie goed dat versoening nooit sal plaasvind nie, en dat wit en swart in hierdie lank mekaar haat met ’n volkome haat.

Mens vra jouself die vraag: As een van die kerkwa se voorosse so benoud begin bulk en rem omdat hy die afgrond sien nader kom, waarom beur en stoot die ander osse dan steeds verbete om die wa oor die afgrond te sleep?

Het hulle dalk pêrels op die oë, soos Siener gesê het?

Intussen sit die volk op die kerkwa en wieg, salig onder die waan dat die vloek van apartheid deur die ysterwiele vermorsel is, salig onder die indruk dat hulle verlore swart broers nie meer peule (askies, ek bedoel pap met die hand ) hoef te vreet nie; dat hulle, as getroue kerkmense, Dingaan gehoorsaam het en al die gewere (soos Piet Retief) buitekant die kraal teen die muur staan gemaak het; en terwyl die kerkwa lustig voortstamp op pad Paradys toe, kan wit en swart nou ook sommer saam onder één laken inkruip.

Maar juis noudat dat daar nog kans is om die volk te waarsku, kom iemand soos prof. Adries Raath van die Universiteit Vrystaat en negeer nie net alles wat Siener gesê het, maar ook die openlike waarskuwing van dr. Nico Smith se swart vriend, en hy stem gedienstig saam met die kerkwadrywers — daar is geen afgrond nie, geen onheil nie! En boonop gebruik hy jou waarlikwaar ook nog Siener se visioene om sy polities-korrekte uitsprake te regverdig.

Almal wat egter die waarskuwings ter harte neem, brandmerk hy as “godsdienstige ekstremiste” wat hulle ore uitleen vir “absurde interpretasies”.

Die eerste visioen waarna hy verwys, is die volgende: “4 April. 1915. “Ek sien ’n doodkis wat in ’n graf afsak; vure wat uitkom, maar ’n groot vuur wat voor uitkom. Nakende mense verskyn. Oom Niklaas sit by ’n tafel en hy breek die tert deur. Dit is donker maar silwer letters verskyn op ’n blikplaat.”

Prof. Raath beweer in Beeld Siener het glo gesê die visoen het betrekking op sy seun Willie se dood in Kimberley. Die verwysing na die “tert” wat middeldeur gebreek word, hou glo verband met die effek van die dood, en die “blikplaat” is (bid jou dit aan) ’n verwysing na die tronk waaruit hulle vrygelaat sou word. Die Siener se seun Willie is in Kimberley aangehou terwyl die Siener in Johannesburg was. Hy “sien” dus sy seun sterf aan maagkoors in Kimberley, en is nie daar om hom by te staan nie. (Maar Willie se begrafnis het byna ongesien verbygegaan — sonder enige geweld (vure wat uitslaan) en ons volk was  beslis nie “nakend” en van alles gestroop nie).

Maar kom ons kyk nou na die verklaring soos opgeteken in prof. Raath se eerste Siener-boek, Die Vierkleur wapper weer (bladsy 50) — vóórdat hy polities-korrek geswaai het: “Iemand belangrik word begrawe, Rewolusie/oorlog wat uitkom, maar een groot oorlog wat vorentoe uitkom. Nakende mense — (hulle is) van alles gestroop — verskyn. Die Afrikanervolk voer samesprekings en hy verdeel die beskikbare (die tert). Dit is donker, maar silwer letters verskyn op ’n permanente basis (Sien Ps. 12:7). Die blikplaat-simbool word hier ook verklaar as iets wat “permanent” (blywend) van aard is. (Waar pas die tronk in?)

Die tweede visioen wat betrek word, is in Oktober 1917 gedokumenteer: “Die mieliestronke is by Johannesburg aan die brand. Aan hierdie kant van Johannesburg is ’n klomp vaal-witpens-bokke bymekaar. Op ’n bult. Van oos kom wilde makoue en trek dieselfde rigting wat die vuur gebrand het. Aan die ooste kom ’n ry kafferassegaaie uit. Van oos na noordwes gaan groot en klein rooi beeste.”

Dié visioen, sê hy, het duidelik te make met “opstand en woelinge” en het — saam met ander visioene – betrekking gehad op die 1922-stakings in Johannesburg.

Hoe hy by die 1922-staking uitkom, weet nugter. Ja, dit het te make met “opstand en woelinge”; maar waar pas die “ry kafferassegaaie” in? Want alleenlik blanke mynwerkers was betrokke by die 1922-staking toe die Kamer van Mynwese besluit het om 2 000 wit werkers af te dank en met baie goedkoper swart werkers te vervang. Vir die blanke vakbonde was dit die laaste strooi. Op 10 Maart is krygswet afgekondig. Jan Smuts het persoonlik die beheer oorgeneem en ’n veldtog geloods teen sy eie mense, wat onverbiddelik en genadeloos gevoer is, en van 10-14 Maart het meer as 20 000 blanke troepe, ondersteun deur tenks en selfs vliegtuie, na Johannesburg opgeruk, waar bloedige gevegte uitgebreek het. Die gevolge van die regeringsoptrede was katastrofies. 214 mense is dood, die meeste van hulle stakers. 42 van die wat gedood is, was onskuldige bystanders…

Maar die dag gaan kom dat  prof. Raath en sy medepolities-korrekte vriende gaan wakker skrik, sê Siener.

In een van sy visioene vertel hy hoe dinge dan gaan verloop. Die visioen is in 1920 in ’n muur van ’n huis in Alberton-Noord versteek, en in 1961 deur mnr. Gabriël Heroldt ontdek is toe hy ’n deurkosyn in sy huis uitgebreek het om die deuropening te vergroot — (die artikel het op 22 Januarie 1993 in Die Transvaler verskyn…)

“Oom Klasie sê hy sien in die verre toekoms die parlementslede in Kaapstad as ’n ‘bontspan’ (m.a.w. hulle is van verskillende rasse). En alles wat nou bo is, sal dan onder wees en die wat nou baas is, sal dan klaas wees.

“In daardie tyd sien hy sal die volk leierloos wees. Dan sal hulle (die volk) dinge in sy eie hande neem. Daar sal ’n groot stilte heers net vóór die storm wat geweldig, maar kort van duur sal wees. In die storm sal daar een emmer bloed omval en daarin sal ons vlag gedoop word en dié bloedvlag sal dan wapper oor ’n vrye volk…”

Hierdie “groot stilte” kan dui op algehele verslaendheid — m.a.w. ‘n geskokte stilte, omdat niemand verwag het dat die volk “dinge in eie hande sal neem” nie.

Talle van ons mense wat onseker is, gaan na die Raath-grashalm gryp en glo daar kom geen geweld of bloedvergieting tussen wit en swart nie; daarom sal hulle ook nie voorbereid wees nie. Wanneer dit egter wel gebeur en van hierdie mense sterf omdat hulle die polities-korrekte “raadgewers” geglo het, wil ek nie in hierdie spreekbuise se skoene staan nie!

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470