Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

As goed en sleg plekke ruil

2013-09-16

Deur Adriaan Snyman


Deesdae is dit ‘n alledaagse verskynsel om in gesprekke te hoor hoedat “sleg” opgehemel word as “goed”, en andersom. En as jy dit durf waag om te sê dis uit die bose, word jy dadelik uit die geselskap geboender as ‘n verregse ekstremis. Want sien, diegene wat tot insig gekom het dat alles wat onder die ou bedeling “verkeerd” was nou “reg” is, is tog almal gesiene, voorbeeldige, ja, en meestal ook getroue “kerkmense” – m.a.w. “goeie mense”. Wie en wat is ‘n “goeie mens”? Selfs ons Messias het gesê net die Vader is “Goed”.

Hierdie verwisseling van plekke wat kort na Jan van Riebeeck se landing vanuit Brittanje hierheen oorgewaai het en eers in 1948 uit ons volkshart geban is, het pas na die moord op dr. Verwoerd skielik weer sy verskyning gemaak. Ons voormanne het half skelmpies, half agter ons rug, onder mekaar begin fluister dat dit wat sleg (verkeerd) is eintlik vir ons tot voordeel en goed is. Die meerderheid van ons wat dit te hore gekom het, was meer as inskiklik daarmee, want dit het ons linksgesinde natuur eintlik “goed” gepas.

In 1990 het die Nasionale Party, onder leiding van FW de Klerk, hierdie omdop van “sleg” tot “goed” finaal gewettig deur outa klaas tot baas te verklaar. Daarna sou niks in hierdie land ooit weer dieselfde wees nie, want die nuwe liefling van die volk, mnr. Menseregte, het dadelik opgespring, De Klerk gesekondeer, goed en kwaad beveel om plekke te ruil en die wyse hart wat na “regs” neig, tot misdadiger te verklaar!

Reg (of regs) word in die tesourus van die Pharos-woordeboek aangedui as bekwaam, eerlik, gelyk, om gesag te hê, goed, mooi, noukeurig, orde, regverdig, voorbereid en waarheid.

Links daarenteen word weer aangedui as liberaal, onbekwaam, onbevoeg, onervare, onverstandig, onnadenkend, van koers gaan, dwaalweg, dwaalspoor en verkeerde koers.

In die Bybel kry ons bevestiging van Pharos se onderskeid. Prediker 10:2 – Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van ‘n dwaas is na links.

(Hier sien ons dus dat Satan nie net die vader van die leuen is nie, maar ook die vader van Dwaasheid. Want het hy net één dryfveer, één begeerte – om te vernietig dit wat deur die Alwyse geskep is; en hierdie vernietigingswerk is in sy oë altyd “goed”).

Dié van ons wat nog probeer vashou aan herkoms, ras, identiteit, taal, kultuur, godsdiens en land, word summier deur linksgesindes gebrandmerk as “verregs” of “godsdienstige ekstremiste”. Volgens die Prediker is dit ‘n kompliment, want om verregs te wees, beteken eintlik om nog “meer wys” te wees as die gewone regse.

Die profeet Jesaja het op sy dag al presies geweet wat op hierdie linksgesinde “dwase” wag, want hy bejammer hulle met hierdie woorde: Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter. (Jes, 5:20). Volgens Strongs is die woord “sleg” (dus links) ook ‘n sinoniem met “verkeerd”, “sondig” of “boos”.

In ons Westerse beskawing kan hierdie “sleg” (linksheid) teruggevoer word na Eva se onderhandeling/ooreenkoms met Satan in die Paradys, en net daarna Kain se moord op sy broer Abel. God het nóg Eva, nóg Kain hulle “slegte” (linkse) dade verskoon.

Die vestiging van ‘n blanke volk in Suid-Afrika was juis omrede ons voorouers “onderskeid” tussen links (sleg) en regs (goed) gemaak het en onwrikbaar vasgehou het aan wat reg/goed is.
Om nie aan die Sataniese Roomse Kerk se gedwonge, goddelose ooreenkomste met Satan gehoor te gee nie, het hulle letterlik alles in Europa prysgegee en oor die waters weggevlug na waar hulle weer vrylik kon doen wat reg en “goed” is.

Maar kort voor lank het Satan sy agent (die Engelse kerk/sendeling) na hierdie nuut ontdekte paradys gestuur, en is almal weer gedwing om wat “goed” is, af te sweer en sy antipool aan te hang.
En vir die tweede keer is die behoudendes gedwing om alles in die Kaap agter te laat, die wildernis/woestyn in te vaar om hulle daar (sonder kerk óf sy onderhandelingsgebod) af te skei (apart te hou) van dit wat “sleg” is.

Meer as honderd jaar lank is hulle daarna deur liberaliste heen en weer tussen “goed” en “sleg” rondgeslinger voordat ‘n DF Malan in 1948 hierdie tien “gebooie” op die volk se buitemuur laat beitel het sodat die ganse wêreld dit kon sien. Jy doen “goed” as

  1. Jou Bybel die Stem van God is.
  2. Jou geskiedenis die stem van jou volk is.
  3. Jy jou afskei van hulle wat “sleg” najaag en dit goedpraat.
  4. Jy die Sabbat hou, want Hy het dit gedoen omdat dit “goed” was.
  5. Jy jou dag rondom die huisaltaar begin.
  6. Jou kind sy skooldag met die Stem van God open.
  7. Jy aansit aan jou tafel en Hom dank vir sy goedheid en guns.
  8. Jy jou os, esel, huis, volk en land aan Hom toevertrou.
  9. Jy in jou testament jou lewe aan Hom bemaak, sodat
  10.  Jy in die Donker Doodsvallei die Paradysfakkel in die verte kan sien brand.

Agtien jaar lank het hierdie gebooie op die muur van ons volkshuis gepryk; agtien jaar lank het die volk die heilsame rus, vrede, barmhartigheid, seën, voorspoed en goedheid daarvan geniet, eer ‘n John Vorster opgestaan en die eerste muur afgebreek het, daarna het ‘n PW Botha met ‘n dreigende voorvinger nog een omkeer, en ten einde laaste was dit ‘n gladgeskeerde FW de Klerk wat in 1990, onder groot gejuig, die oorblywende twee mure platgestoot het. In die plek daarvan het hy en sy handlangers met modder en klei ‘n halfklaar murasie met net drie mure opgerig – sleg, duisternis en bitter. Die vierde muur is weggelaat sodat geen wit barbaar, swartnerf, Moor of Indiaan verhinder sou word om in te kom en saam met hom “sleg” as “goed” te loof nie.

De Klerk het ‘n menigte van hierdie “helde” om hom vergader – polities-korrekte meelopers, verraaiers, joiners, rowers, moordenaars, bedrieërs, diewe, leuenaars – almal haters van die nasate uit die bloedlyn van hulle wat eertyds uit Europa en die Kaap weggevlug het om by “goed” te kon vertoef.

Maar “reg” en “verkeerd” het nie net hier by ons plekke geruil nie; dis ‘n wêreldwye verskynsel, soos gesien kan word uit onderstaande uittreksel uit ‘n berig wat op 13 September in ‘n koerant in Albuquerque verskyn het:

A father who found a naked man standing outside of his daughter’s window spying on her applied a judicious beating to the pervert. Now police say the protective father faces prison and will be charged for beating the peeping tom.

Die meegaande video is skaars een en ‘n half minuut lank, maar dit lewer onomstootbare bewys dat blanke leiers, plus hulle volgelinge, plus die kerk, nie net lakeie van die barbaar is nie, maar ook leuenaars, bedrieërs en valsaards. Hulle koester ook  ‘n diepgewortelde haat en veragting vir alles en almal wat “reg”-gesind is.

In hierdie opname word daar deur ons sogenaamde “leiers” gewedywer om te kyk wie met die skynheiligste, vroomste gesig God, mens en dier kan mislei en belieg. En hulle het goed daarin geslaag, want hulle volgelinge – die wit lakeie wat hier in ‘n kring om klaas saamgetrek sit – toon onbeskaamd met kopknikke en luide toejuiging hulle eensgesindheid met die barbaar se dreigement dat hulle as die groot meerderheid met die verfoeilike blankes sal afreken wat dit sou waag om “sleg” en “goed” na hulle oorspronklike plekke terug te skuif.

Die kerk (verteenwoordig deur prof. Johan Heyns) was die eerste om die barbaar storm te loop, met ‘n kus te omhels en aan sy linkerhand plek in te neem. En tot vandag toe is daar vir sy verstote volksgenote geen greintjie genade of barmhartigheid nie, geen vergiffenis nie, geen spoor van liewe Jesus se liefde nie. Met openlike haat en woede op sy gesig, wys die kerk vir ons sy absolute veragting vir die Jesajas, Predikers en regsgesindes se pleidooie om tog net die “goeie dinge” in plek te hou waaroor daar geskryf staan:

“Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en – dit was “baie goed”. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag” (Gen. 1:31).

(“Toe sien Satan alles wat hy vernietig het, en – dit was “baie goed”. En dit was aand en dit was môre, die laaste dag”).

14 thoughts on “As goed en sleg plekke ruil”

  1. Oom siener het mos gesê ons gaan trane van blydskap stort omdat ons nie dit gaan oorkom wat hierdie verraaiers gaan tref nie.Ons moet net geduldig wag…..

  2. Alles is in die proses van ommekeer, ja, selfs die Universe om ons lyk of dit

    teen die Goeie gekant is, maar weet, dit is net vir ‘n seisoen wat wrange

    vrugte gepluk moet word totdat die Goeie weer die opperhand kry.

    Die 3de wereldoorlog sal onverwags uitbreek, net wanneer beide Ooste en Weste

    “Vrede en veiligheid” verklaar. Dit is so beplan. Skielik, in die nag, sal

    hulle soos ‘n stroom vanuit die Ooste oor die Weste stroom en die Weste

    onverhoeds en onkant vang. Dan breek alle hel los en alles in die Noorde gaan

    hel toe. Goed en sleg sterf saam, maar die wat in hul kamers skuil en bid, mag

    begenadig word.

    Hier by ons sal Die Allerhoogste Sy vyand met storms beveg, woeste,

    verwoestende, verskriklik vreesaanjaende storms. Bly in u woonplek, sluit die

    deure en bid aanhoudend totdat hierdie Allemagtige Storm verby is, dit mag net

    oornag wees:

    Jes 17:14 “In die aand—daar is verskrikking! Voordat dit môre word, is hulle

    nie meer nie. Dit is die deel van hulle wat ons plunder, en die lot van hulle

    wat ons beroof.”

    DIE GOEIE IN ONS LAND BLYK MAAR NET VERWOES, VERTRAP EN VERSTROOI TE WEES:

    Jes 5:1 Laat my tog sing van my Beminde; ‘n lied van my Beminde oor sy

    wingerd! My Beminde het ‘n wingerd op ‘n vrugbare heuwel.

    Jes 5:2 En Hy het dit omgespit en die klippe daar uitgehaal en dit beplant

    met edel wingerdstokke; en Hy het ‘n toring daar binne-in gebou en ook ‘n

    parskuip daarin uitgekap; en Hy het verwag dat dit druiwe sou dra, maar dit

    het wilde druiwe voortgebring.

    Jes 5:3 Nou dan, inwoners van Jerusalem en manne van Juda, oordeel tog tussen

    My en my wingerd.

    Jes 5:4 Wat is daar meer te doen aan my wingerd wat Ek daar nie aan gedoen

    het nie? Waarom het Ek verwag dat dit druiwe sou dra, en dit het wilde druiwe

    voortgebring?

    Jes 5:5 Laat My julle dan nou te kenne gee wat Ek met my wingerd gaan doen:

    Ek sal sy doringheining wegneem, sodat dit verwoes word; Ek sal sy muur

    stukkend breek, sodat dit vertrap word.

    Jes 5:6 En Ek sal dit ‘n wildernis maak: dit sal nie gesnoei of omgespit word

    nie, maar opskiet met dorings en distels; en Ek sal die wolke gebied om nie
    daarop te reën nie.

    Jes 5:7 Want die wingerd van die HERE van die leërskare is die huis van

    Israel, en die manne van Juda is die tuin van sy verlustiging; en Hy het gewag

    op reg, maar kyk, dit was bloedvergieting; op geregtigheid, maar kyk, dit was

    geskreeu!

    Jes 5:8 Wee hulle wat huis aan huis trek, akker aan akker voeg, totdat daar

    geen plek meer is nie, en julle alleen grondeienaars in die land is.

    DIE GOEIE SAL WEER OPSTAAN EN JUBEL MET DIE DAGBREEK:

    Jes 12:1 “En in dié dag sal jy sê: Ek dank U, HERE, dat U toornig op my

    gewees het; u toorn is afgewend, en U het my vertroos.

    Jes 12:2 Ja, God is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie; want die HERE

    HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword.

    Jes 12:3 En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil.

    Jes 12:4 En julle sal in dié dag sê: Dank die HERE, roep sy Naam aan, maak sy

    dade onder die volke bekend, verkondig dat sy Naam hoog is!

    Jes 12:5 Psalmsing tot eer van die HERE, want Hy het heerlike dinge gedoen;

    laat dit bekend wees op die hele aarde.

    Jes 12:6 Juig en jubel, o inwoners van Sion! Want die Heilige van Israel is

    groot in julle midde.”

  3. Willem, jy haal ons voorsienne oordeel en ons toekoms verwagtinge kort, kragtig en pragtig saam.

    Met betrekking op jou eerste sin en die geheel van Oom Adriaan se artikel, …

    Net so drieweke gelede vra ek vir iemand hoe verstaan hulle die wysheid van hierdie wêrld as die sg universiteite en geleerdes van die wêrld Mandela ophemel as `n vredes ikoon en Zuma vereer met `n leierskap toekenning?

    Ek meen,

    VREDE = onrus en geweld

    LEIERSKAP = onvermoë – tengronde rig en verval

    Waarlik die kop het die stert geword en anders om.

  4. Die witman se stede was ‘n plek wat baie swartes gesien het as daar waar hulle weerhou word van ekonomiese welvaart. Nou het hulle ondermeer deur bevolkingsaanwas in jou buitekamers die rolle net so omgekeer, oftewel dit is stellig die ideaal by baie. Afrikaners was naief en kan net hulself blameer. Nelson Mandela het die ou NP regering as onwettig beskou en of ‘n nuwe demokratiese bestel meer regverdig gaan wees is bevraagtekenbaar. Maar dis die scenario waarmee jongmense noodgedwonge moet werk.

  5. KENIA sentrum skietery:

    Nuutste Geldmag opvoering!

    Toe ek die fotos so bekyk was die eerste ding wat my byval dat daar meer blankes in Kenia se winkels ronloop as in enige winkel sentrum binne die RSA.
    Toe ek die fotos van nader bekyk sien ek dat na sulke donderende skote wat geklap het, nie een kind in trane is nie (buiten `n baba maar dis maar wat hulle doen al om die uur).
    Verder lyk die gesigs uitdrukkings en liggaams houding van alle volwassenes vir my al te veel soos iets uit `n Bruce Willis film.
    Die dat ek toe begin dink aan daai vliegtuigies wat `n dekade gelede so op hul eie in die torings in is en die torings wat skouspelagtig inmekaar val soos die wolf in die varkies se kook pot.

    Toe met `n bietjie soeke kom ek op `n kort filmpie af wat die hele Kenia spulletjie as `n valse aksie belaaide opvoering openbaar. Maar waarook al ek dit wou kyk word ek deur JEW-Tube begroet met die woorde: `Removed as a violation on shocking or disgusting `

    Maar na baie krap kon ek dit opspoor en geniet, hier is dit sodat alle bepeinsers dit sien – maar maak gou, soos ek sê, die werkers van ongeregtigheid by jewtube werk hard om vure dood te slaan en die film te verwyder.

    http://www.youtube.com/watch?v=_dBrjnrMDTU&feature=player_embedded

    Nou met die nuwe sprokies op voering van die geldmag kort na die een van die sg. Gifgas in Sirië laat my aan Oom Siener dink.

    Ek mag dalk verkeerd wees maar jy sien, dit lyk so alte asof die geldmag se opvoerings die Weste en Ooste met Afrika in die middel daarmee saam, in die rigting druk van iets soos `n wêrld oorlog.

    Dan sit ons hier met onse eie Mandela sprokie, ja, hulle roep uit: Hys in die hospitaal, moet dit nie glo nie, en as hulle uitroep` hys by die huis!` moet nie gaan kyk nie, want daars baie stories agter hierdie valse messias.

    Dan kry ek so alteveel die gevoel die heersers van ons tyd wag eers vir hul jakkals streke daar in Kenia en Sirië om vrug af te werp voordat hulle Mandela se veel besproke en lank verwagte afsterwe uiteindelik gaan afkondig.

    Nou dit is hoe dinge vir my lyk en dan dink ek so aan my beperkte kennis van Oom Siener…
    Het sy voorspellings nie gelui dat as die wêrld deurmekaar is met probleme (oorlogte)en omgeploeg is nie dat dit sal saam val met `n begrafnis by ons waar die vure ronom die graf uitslaan nie?

    Laat mens wonder.

  6. Adriaan,

    Dit is SO WAAR. Vir 28 jaar was ek indiens van “die kerk” as ‘n sendeling – het agt sendingstasies gebou wat elk bestaan uit ‘n kliniek, skool, tuinbou projek en ‘n kerk.

    Na al hierdie jare ‘moet’ ek aftree want die kerk het besluit om hulle betrokenheid by hierdie sending projekte te onttrek weens finansieele druk en politieke onstabiliteit. Ek het gevoel dat alles waarvoor ek die grootste deel van my lewe op geoffer het weggegee word aan swart mense wat ek weet dit nie vir twaalf maande in stand sal kan hou nie.

    Toe ek en my gesin terug is in RSA tref die rialiteit van “reg” versus “verkeerd” my direk in die gesig. Die kerk vir wie ek gewerk het plaas my op pensioen maar ek gaan niks kry nie want die pensioenskema waaraan en 28 jaar behoort en maandeliks bygedra het is as gevolg van bedrog bankrot.

    De Klerk het reeds in 1990 geweet waarheen hy hierdie land gaan vat – en nou sit ons blankes sonder leierskap met oemf om die volk voort te vat. In hierdie dae is daar nie manne wat vir God en vaderland wil opstaan en standpunt inneem nie – en dit is skandelik. Baie van die blankes in politiek vandag is stil stil net besig om vir hulle self te sorg, en daarby sluit en die leierskap van die kerk in die algemeen ook in

    Ons het ‘n wonderwerk van God nodig om hierdie fantastiese land weer terug te kry waar dit was – maar voor dit moet die volk eers weer in geloof God begin vrees en respek kry vir Sy skepping waarvoor ons verantwoordelik is.

    Groete.

  7. Pretoria – South Africa has been put on terror alert after Samantha Lewthwaite, the alleged mastermind behind the Kenya terrorist attack, was seen doing surveillance of embassies in Pretoria recently.

    Dubbed the “White Widow” by the British media, Lewthwaite has been on intelligence watch lists for the past two years. Recent sightings of her were brought to the attention of the South African police intelligence by a security organisation linked to the local Jewish community.

    According to the Sunday Independent, South Africa is on a level 4 – orange-coded – rating following this new development. Only a red alert is more intensive – which could lead to the evacuation of foreign diplomatic staff.

    Thapelo Patrick – September 29, 2013 at 15:26Report commentComments Policy
    it think we are safe in south africa, otherwise somali, pakistani, bangladeshi shops will be empty in less than an hour in all black areas.

    http://www.news24.com/SouthAfrica/News/SA-on-terror-alert-20130929

  8. As ek my nou reg verbeel het Siener iets gepraat dat Duitsland en Amerika aan dieselfde kant gaan wees in die toekomstige konflik. ( Kenners help my reg asb.)

    Dit het baie van ons al oor en oor laat skryf van `n Duitse staatsgreep.

    Nou wat van die anderkant van die munt, Amerika?

    Ek wil my amper verstout om te sê Siener kon net van die protestante van die Suide gepraat het. Ons Israel broeders wie se geskiedenis van uit Europa so min of meer op dieselfde trant van vryheidstrewe en verdrukking, soos ons geskiedenis, verloop.

    Beslis sou Sienier nie die Federale regering onder Edomitiese (en Asdodiese) beheer van hierdie laaste eeu van kon praat nie.

    Kan ons hieruit aflei dat `n staatsgreep in Amerika ook `n noodsaaklikheid is?

    Gemeet aan die Skrif sal Israel oor die aarde heers, dus wil ek my verstout en sê `The South shall rise again!`

    Soos by ons bly die vraag- wanneer?

  9. Julie Jansen Van Rensburg

    Dit slaan die spyker op die kop:

    QUOTE OF THE CENTURY

    Some people have the vocabulary to sum up things in a way you can understand them. This quote came from the Czech Republic. Someone over there has it figured out.

    “The danger to South Africa is not Jacob Zuma but a citizenry capable of entrusting a man like him with the Presidency. It will be far easier to limit and undo the follies of a Zuma presidency than to restore the
    necessary common sense and good judgment to a depraved electorate willing to have such a man for their president. The problem is much deeper and far more serious than Zuma, who is a mere symptom of what ails South Africa. Blaming the prince of the fools should not blind anyone to the vast confederacy of fools that made him their prince. The Republic can survive a Jacob Zuma, who is, after all, merely a fool. It is less likely to survive a multitude of fools such as those who made him their President.”

  10. Gun my om van die punt af te beweeg, maar daars `n sotlike dwaasheid wat deur Israel haters onders die volk as waarheid versprei word om twis en verdeeltheid te saai.

    Dis die wie is Boere en wie Afrikaner sage.

    Gewoonlik word die Kaapse Boere as Afrikaners uit gemaak en al wat Boer en goed is, is in die Vrystaat en Tvl.

    Kom ek stel dit duidelik, as dit nie vir die Kaapse Rebelle was nie, dan was die Anglo Boere oorlog die Britte se kortste en goedkoopste oorlog.

    WANT, daar was 50000 tot 60000 BOERE stryders in TOTAAL.

    Neem in ag dat die syfer Kaapse Rebellie INSLUIT en dat daar 15000 Kaapse Rebelle aan die oorlog deelgeneem het.

    Dus bykans 1/3 van die Boere wat teen die Ingelse geveg het was Kapenaars.

    En tussen Transvaal, Vrystaat en die Kolonie, is die Kaap een van drie streke wat saam geveg het.

    Die Kaapse Boere Rebelle het hul regverdige deel bygedra teen die vyand.

    Hoe sou die oorlog daarna uitsien as daar 1/3 minder Boere was?
    Hoe sou dit daarna uitsien as daar geen Rebelle struikelblokke vir die Ingelse soldate was tussen Kaapstad en die twee Republieke nie?

    Plaas tog die leun opsy my volk. Ons is immers in dieselfde boot en stort al vir geslagte SAAM ONS GEMEENSKAPLIKE bloed vir dieselfde vryheidsidiaal. – `n Idiaal wat God aan die hele huis van Israel sal gee.

Comments are closed.