Seker een van Siener van Rensburg se mees ontstellende gesigte vir ons dag is die een waarin hy by verskeie geleenthede die uitbreek en verloop van ’n onvermydelike Derde Wêreldoorlog in sy visioene sien afspeel het. Maar dis reeds ‘n uitgemaakte saak dat sy waarskuwing andermaal, net soos in die verlede, weer op dowe ore gaan val.
Ek gee hier net kortliks ’n opsomming van sy gesigte oor die twee vorige wêreldoorloë.
Eerste Wêreldoorlog: Siener het reeds so vroeg as 1911 die uitbreek van hierdie oorlog aan sy kinders en daarna ook aan kmdt. Lukas Steenkamp van Lichtenburg voorspel. Aan sy kinders het hy gesê: “Ek sien die wêreld is aan die brand en rooi en grys bulle (Engeland en Duitsland) baklei. Die rooi bul sal seker wen.”
Uit wat hy aan kmdt. Steenkamp vertel het, wil dit voorkom asof hy die gesig oor die naderende oorlog verskeie male moes gesien het: “Ou neef, ek het al baie keer ’n donkerte oor die wêreld sien toesak. Dis ’n donkerte waarin baie nasies sal ten ondergaan. Oorlog sal miljoene lewens verwoes…”
Toe genl. De la Rey die Siener op ’n dag in 1914 besoek het, vertel Siener daardie aand aan hom byna woordeliks wat hy aan kmndt. Steenkamp meegedeel het, maar met ‘n belangrike toevoeging:
“Ek het die afgelope ruk dikwels ’n donkerte oor die wêreld sien toesak. Dis ’n donkerte waarin baie nasies sal ondergaan. Oorlog gaan miljoene lewens vernietig. Maar in die nasleep van die oorlog sien ek ’n floers (lanferdoek) oor die wêreld neerdaal; ’n duisternis waarin alle volke sal jammer en bid; ek sien die sekel van die dood maai miljoene af. Dis ’n verskriklike siekte wat meer mense gaan dood as al die veldslae van die oorlog.”
(Met hierdie twee visioene het hy die Eerste Wêreldoorlog en 1918 se Groot Griep aan genl. De la Rey vooruit voorspel).
Tweede Wêreldoorlog: Aangaande Siener se gesig oor hierdie Groot Oorlog en wat daarná sou gebeur, berig ’n joernalis van Die Burger van 8 Julie 1940 soos volg: “Ten slotte is daar oom Niklaas se voorspelling oor ’n 2de oorlog wat tussen Engeland en Duitsland sal plaasvind. Dit het ook betrekking op dinge wat ná die oorlog in Suid-Afrika sou gebeur. Maar dit word liewer hier weggelaat omdat dit aanstoot kan gee.” (Die ‘dinge’ waarna die skrywer verwys ‘wat ná die oorlog in Suid-Afrika sal gebeur’, en wat destyds (1940), ‘aanstoot’ sou gee, en daarom weggelaat moes word, het betrekking op die Boereprofeet se visioen wat handel oor die algehele hervorming in die land; die opheffing van apartheid; ’n swart regering wat beheer oorneem en die ‘donkerte’ wat hy oor die land sien neerdaal het; maar spesifiek ook sy waarskuwing dat “die aarde hier by ons omgeploeg is, en wat dan bo was, onder sal wees en wie baas was, sal dan klaas wees”. (Dit het presies net so in 1994 gebeur!).
Die verslaggewer skryf verder:
“Die begin van die voorspelling is nietemin merkwaardig. “Dit is al in 1926 deur oom Niklaas gedoen, en was in elk geval op 2 Februarie 1940, lank vóór Duitsland se offensief in die Weste, uitgetik in my besit, en lui as volg: ”Frankryk en Pole sal aan Engeland se kant veg; maar Pole sal nie ver in die oorlog saamgaan nie. Daar sal twee groot veldslae in Frankryk wees wat die oorlog sal beslis, maar nie sal beëindig nie. Frankryk sal kop uittrek”
Siener het die verloop daarvan haarfyn beskryf, asook Japan wat ’n jaar later toegetree het as bondgenoot van Duitsland na sy aanval op Pearl Harbour op 7 Desember 1941.
Oom Niklaas het ook eendag aan ’n vriend en sy seun, Kallie, die uitslag van hierdie oorlog geprofeteer. Hy het aan hulle gesê: “Kyk, die Tweede Wêreldoorlog sal Duitsland nie wen nie. Want dan sal die wêreld weer praat van die magtige Duitseryk soos wat daar nog van Engeland gepraat word as: ‘Brittania rules the waves’. Ons sal daarna ook glo dat Duitsland nooit weer sal kan opstaan nie, want hy het mos gedoen waarteen God hom baie duidelik in Jesaja 14:14 gewaarsku het: “Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste”. Maar dan sien ek die verslane Duitse volk sal vorentoe tog weer opstaan en sy vyande verslaan…”
En nou het die Derde Wêreldoorlog oornag skielik ‘n voldonge feit geword nadat dit meer as twee jaar lank net ‘n moontlike bedreiging was.
Gedurende hierdie tyd het die Russiese president Vladimir Poetin die Weste by herhaling vermaan om nie in te meng in die Russies-Oekraïnse stryd nie. Want as dit gebeur, sal Rusland nie aarsel om Engeland, Duitsland, Frankryk en Brussels, asook Amerika met kernwapens aan te val nie.
En die insident wat nou die rooi lyn vir Rusland oorgesteek het, is deur ‘n aanlynwebblad, ONL.com-Web Site soos volg aangekondig: “Oekraïne het in die nag van 5 Junie 2024 ’n missielstelsel binne Rusland suksesvol getref met Amerikaans-vervaardigde wapens. Russiese missiellanseerders is in die proses vernietig met ‘n aanval in die Belgorod-streek.”
Net hierna het pres. Poetin se perssekretaris Dmitri Peskow op ‘n nuuskonverensie aangekondig dat die VSA nou ‘n vyand van Rusland geword het.
Dmitri Peskow se dreigement het tot gevolg gehad dat die bekende Duitse dagblad Der Spiegel, die Duitse volk dringend versoek om onmiddellik hulle skuilpleke,en bunkers in gereedheid te bring, want ‘n volskaalse oorlog met Rusland is nou onvermydelik. Intussen het Europa en die VSA inderhaas begin mobiliseer vir hierdie oorlog. Sowat 300 000 Amerikaanse troepe is opdrag gegee om in Noorweë, Nederland, Italiê, Griekeland en Turkye vir diensplig aan te meld.
Ongelukkig lyk dit of die Siener ook hierdie keer tevergeefs gewaarsku het dat daar ‘n allesvernietigende Derde Wêreldoorlog gaan uitbreek. (Kan dit dalk ‘n voorspel wees van Openbaring 16:16 se gebeure by Armageddon?)
Alle aanduidings is daar dat die ganse mensdom nou ’n totale uitwissingsoorlog in die gesig staar.
Die Weste beskuldig Rusland reeds dekades lank van gru-misdade teen die Oekraïense burgers; hulle gebruik selfs oorlogstonele uit videospeletjies om te wys hoe Russiese magte Oekraïense burgerlikes genadeloos martel en doodmaak.
In 2013 het Victoria Nuland en senator John McCain van Amerika die Oekraïners opgesweep om die wettig verkose regering van Viktor Yanukovych omver te werp. Die goedgelowige Oekraïners het die strik afgetrap, en die totale chaos en geweld wat vanaf 21 Februarie 2014 tussen die Kiëf-regering en die Russiese seperatiste in die Donbass-gebied losgebars het, het nou uiteindelik in ’n Derde Wêreldoorlog eskaleer.
Op ’n vraag van mnr. Boy Musssmann destyds aan Siener: “Wanneer kom die Derde Wêreldoorlog?” het hy geantwoord “Handelinge 1:7 sê vir ons — ‘Dit kom jul nie toe om die tye en geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie…’ Daarom noem ek nie vir jul ’n datum nie, maar ek noem vir julle sekere tekens en daaraan sal julle weet wanneer hierdie Derde Wêreldoorlog gaan uitbreek.”
En een van die heel belangrikste tekens wat hy ons gegee het, is die volgende:
“’n Ontsaglike burgeroolog in die weste van Rusland sal uiteiindelik op die Derde Wêreldoorlog uitloop. ’n Seeppot op die vuur in Oos-Europa in Rusland sal daardie “ontsaglike burgeroorlog” veroorsaak.”
Met die “seeppot op die vuur” het Siener beslis nie verwys na die 1918-burgeroorlog wat net na die Oktober-Rewolusie uitgebreek het nie. Want hierdie “ontsaglike burgeroorlog” in Rusland het hy gesê, sal voorafgegaan word deur rassekonflikte in Engeland sowel as dele van Europa en hy sien ook ’n pot met vuur in die suidweste van Afrika, wat beteken dat die etniese stryd daar weer in al sy felheid gaan opvlam.
Dis alles gebeure wat eers in óns dag plaasgevind het. Sy visioen kon dus net betrekking hê op die Oekraïnese Sosialistiese Sowjetrepu-bliek wat tot en met 1991 ’n onderdeel van Rusland was.
Na 1991 het Rusland nog net beheer gehad oor die Krim-gebied in die ooste. En Vladimir Poetin se inval in die Oekraïne op 4 Februarie 2022 was ongetwyfeld die begin van hierdie “ontsaglike burgerlog”; want in die twee jaar daarna is meer as ’n halfmiljoen Oekraïners gedood of gewond, en na skatting het reeds sowat 120 000 Russe ook in die slag gebly.
In ’n ongedatteerde visioen beskryf Siener die Derde Wêreldoorlog so:“…Dan slaan die aarde brand en sien ek ’n gesig van ’n aaklige oorlog; van perde met bloed wat van die perde se stange sal afloop… “
Vergelyk hierdie gesig met wat die profeet Johannes gesien het: Openbaring 14:20 – “…En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde…” Siener beskryf die verdere verloop van die oorlog so: “Baie geheime wapens en ook gas sal oral gebruik word. Terwyl bomme dood en verderf saai, sal nasies en volkere uitgedelg word, terwyl party ophou om te bestaan, sal andere nog daar wees, maar geen waarde meer hê nie.
“Maar ons Boerenasie sal nie tot niet gaan nie, omdat ons ’n Doel en Bestemming het,” was sy woorde.
In een van sy laaste gesigte skets hy ’n skokkende prentjie van die hagtige toestand waarin die ganse wêreld verkeer nadat die oorlog beëindig is:
“Hier in Suid-Afrika sal daar dan ongekende vrede, voorspoed en seën heers. Daar is ’n lang volketafel – aan die onderent sit Amerika – ’n swak en onbenullige landjie; ook die magtige Rusland is nog daar, maar hy is kapoet. Engeland se stoel is leeg…”
(M.a.w. Engeland sal dan nie meer bestaan nie. Dit sluit aan by die visoen waarin hy gesien hoe Engeland onder die see verdwyn na ’n verwoestende aanval deur Rusland. Poetin se hoof woordvoerder Dmitri Kiseljow, het hierdie profesie van Siener as ‘t ware bevestig toe hy gesê as Brittanje wapens aan die Oekraïne verskaf waarmee Rusland aangeval kan word, sal Rusland met ’n kernaanval ‘n radio-aktiewe getygolf veroorsaak wat Brittanje tot op die seebodem laat wegsink!)
Siener sê voorts: “…Heelbo aan die kop van die tafel sit Duitsland — die magtigste volk op aarde, en aan sy regterhand, Suid-Afrika — die mees geseënde volk op aarde…”
(Ek verduidelik aanstons die werklike betekenis van Siener se woorde dat ons “die mees geseënde volk op aarde is”.
Vantevore het Siener in ‘n ander gesig, net soos Johanna Brandt, gesien hoe duisende “Christen-gelowiges uit Europa hierheen vlug wanneer die wreedste Sataniese vervolging deur die Globaliste daar begin. Suid-Afrika sal dan nie net die veiligste land ter wêreld wees nie, maar ook die enigste Christenland, het Siener gesê.
‘n Baie belangrike gesig van hom sluit hierby aan: Hy sien dat wanneer Engeland se ondergang (verdwyning) plaasgevind het, “kom daar vanuit die Noordekant ’n galery van die hemel af tot op die aarde. Op die galery was daar al die toebehoorsels van die tabernakel, nl., die verbondsark, die lampstaander, goue kandelare, die tafel met toonbrode en die gordyn. Agter die galery kom toe ’n menigte van kinders uit, vier-vier in gelid, en hulle kom af na die Suide. Van sy eie kinders is ook onder hulle.
Die “Suide” kan net op SA dui, want Siener se kinders sou nêrens anders “afkom” as hierheen nie. En die betekenis van die tabernakel wat by hulle is, word vir ons in Openbaring 21:3 deur Johannes verklaar: “En ek het ’n groot stem uit die hemel hoor sê: ‘Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God” Dat God nou by ons volk in die tabernakel woon, is die rede waarom óns volk nie net “die mees geseënde volk op aarde is nie”, maar ook dat die Wederkoms klaar hier in Suid-Afrika plaasgevind het!
Dit is dan ook logies dat ons ons nou in die Nuwe Jerusalem bevind.
Ons kan dit vergelyk met Adam en Eva se verblyf in Eden (die Paradys). Dit was nie vir hulle nodig om vryheid, vrede, rus, finansiële voorspoed, rykdom of iets soos tegnologiese vooruitgang na te jaag nie, want God Self het in al hulle behoeftes voorsien. Dan het hulle ook nog die voorreg gehad om gereeld saam met Hom in die tuin te gaan wandel teen die tyd dat die aandwindjie opkom. Maar die dag toe hulle oortree, het hulle tussen die bome van die tuin vir Hom probeer wegkruip.
En sedertdien probeer ons nog altyd vir Hom wegkruip!