Esegiël 37 beskryf hoedat die Almagtige sy profeet Esegiël na ’n laagte geneem het wat vol dor bene lê en Hy Esegiël bevel gegee het om oor die bene te profeteer sodat hulle weer lewendig kan word. Esegiël het dit gedoen, en sielik was daar ’n geruis en ’n beroering en elke been het na sy been gekom met senings op hulle en vlees en ’n vel is oor hulle getrek; maar daar was geen gees (lewe) in hulle nie. Esegiël word toe aangesê om tot die gees te profeteer:
“Kom aan uit die vier windstreke, o gees, en blaas in hierdie dooies, dat hulle lewendig kan word.”
(Let wel: Esegiël se opdrag aan die gees uit die vier windstreke was om “in hierdie dooies te blaas, dat hulle lewendig kan word”. Die Almagtige het dit Self ook gedoen toe hy Adam en Eva geskape het: “En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.”)
“En hulle het lewendig geword en op hulle voete gaan staan — ’n ontsaglike groot leër! Toe sê God vir Esegiël: “Mensekind, hierdie bene is die hele huis van Israel. Kyk, hulle sê: Ons bene is verdor, en ons verwagting is verlore; dit is klaar met ons!”
Maar juis in hierdie ‘verlore’ toestand kry hulle die belofte dat Hy hulle na Hom sal terugbring, want “Ek sal my heiligdom (tabernakel) in hulle midde vestig vir ewig … So sal hulle dan vir my ’n volk wees, en Ek vir hulle ’n God wees…”
Net soos Esegiël het Siener van Rensburg ook geprofeteer dat God nog eendag die Boervolk se “verdorde bene” bymekaar sal bring, sy gees oor hulle sal blaas om hulle uit hul diepe slaaptoestand op te wek en as ’n groot menigte voor Hom te laat verskyn:
“Ek kan my perd opsaal en ek kan vir dae ry en ek sal nooit kan sê hoeveel “Getroue Afrikaners” kom daar bymekaar nie, want ek sien ek is op ’n hoge plek (die Britse fort bo-op die koppie by die Oranjerivier) sodat ek ver en mooi kan sien en net so ver as wat my oog kan reik, loop net vaal donkies.” (‘Getroue Afrikaners’).
En net soos in die dae van die uittog uit Egipte sal Hy weer ’n Moses en Aäron roep om die volk na vryheid te lei. Die een in bruin en die ander in grys. Eersgenoemde sal die volk wakker maak en versamel, terwyl laasgenoemde hulle geestelik sal opwek om in verootmoediging die knie voor Hom te buig. Ons het dit ook by Bloedrivier sien gebeur nadat die God van ons vaders Andries Pretorius en Sarel Cilliers hiervoor verordineer het. Die volksontwaking en -identiteit wat die afgelope paar jaar stil-stil besig is om in die Westerse wêreld plaas te vind, gee vir ons ‘n aanduiding dat Israel se “dor bene” andermaal versamel gaan word; want daar is min twyfel dat die Blanke Weste (Israel) al jare lank geestelik soos verdorde doodsbeendere oor die laagtes van die aarde verstrooi lê.
Die Westerse leiers wat nou vir hul medevolkgenote begin opstaan, is waarskynlik almal tipes van Siener se ‘manne in bruin’. Dan dus die eerste fase wees van Esegiël se profesie waarin verskillende volke hulle agter hierdie ‘manne in bruin’ begin skaar. Maar hierdie leiers is nog duidelik nie daarvoor toegerus om ‘gees’ (lewe) aan hulle verdorde volgelinge te bied nie. En daarom sal Esegiël se ‘manne in grys’ weer vanuit die vier windrigtings opgeroep moet word om ‘lewe’ in die doodsbeendere te kom ‘blaas’.
Volgens Siener gaan ’n ‘tweede Bloedrivier’ in Suid-Afrika die Boervolk dwing om net soos in 1838, hulle weereens tot hul Skepper te wend vir uitredding. En Hy sal andermaal ‘n Andries Pretorius en Sarel Cilliers opwek om die leiding te neem. Die man in die bruin pak klere (militêre leier) tree eerste na vore: Op 15 Junie 1920 sien oom Niklaas dat ’n “getroue Afrikaner” van middelmatige bou in ’n bruin pak klere ’n belangrike rol in ons finale oorwinning gaan speel. Dis dieselfde persoon in bruin wat Siener in die noorde van Europa sien staan het om daarvandaan hierheen te kyk. Hy is m.a.w. ‘n medevolksgenoot wat hom in die buiteland bevind wanneer ons nie net in groot benoudheid verkeer nie, maar ook leierloos sal wees. Hy kom dan hierheen om vir sy volk in die bres te staan.Die geestelike leier sal vanuit die Oostelike Provinsie kom. Hy sal die volk nie net saamsnoer nie, maar ook geestelik en fisies bewapen.
In ‘n brief aan mnr. S.W. Naudé van Lindley skryf Siener op 30 Maart 1922 hoedat hierdie ‘man in grys’ (net soos Sarel Cilliers), die leiding gaan neem wanneer ons in die dag van benoudheid tot God gaan roep. Eers sien hy: “In Europa kom ’n vrou uit wat swart aangetrek is – dis ’n teken van rou. (Sy is in rou, want derduisende Europeërs het reeds hul lewens in die 3de Wêredoorlog verloor). Net daarna sien hy: “Hier by ons staan ’n man en hy trap vorentoe, maar sy veldskoene bly agter lê. Dis ’n teken dat die volk tot verootmoediging kom. Dan kom hier ook ’n vrou uit wat na Europa toe kyk wat swaar in die rou is. So sal in Europa dan ’n groot ding gebeur,” was Siener se woorde.
Volgens hom sal óns ‘manne in bruin en grys’ soos ’n Moses en Aäron van ouds, ware ‘geroepenes’ wees wat die volk met woord en daad sal bystaan, versamel en ook geestelik sal lei totdat hulle weer (soos by Bloedrivier) die knie voor hul Skepper buig om daarna enduit elke tree van die smeltkroes-pad met Hom te loop. Omdat die geskiedenis hom herhaal, sal daardie pad net soos byna 180 jaar gelede, weer van Dingaan se kraal af tot op die walle van die Tweede Bloedrivier strek.
En in ons dag word hierdie magtige profesie voor ons oë vervul en kan ons nou eerstehands daarvan getuig: Nie net hier nie, maar van dwarsoor die wêreld het sy volk – en nét sý volk – uit al vier windrigtings, sy gees van “lewe” en genade oor hulle voel opkom. Die Griek en Italianer het dit beleef; die Fransman, die Duitser, die Hollander, die Engelsman, die Noorweër, die Sweed, die Switser, die Hongaar, die Amerikaner, die Boer, ja, selfs ook die Rus.
Oraloor het verdorde beendere vlees, vel en lewe in die laagtes gekry en orent gekom. En by die aanskoue van al die plundering, chaos, wanorde en verwoesting rondom hulle, het hulle soos uit één mond na die ou paaie begin vra, na die Huis waaruit hulle weggeloop het om verstote en verhonger in ’n Godlose land verlangend te moes toekyk hoe die vraatsige varkgespuis mekaar rondom die krip vertrap om gulsig elke peul te verorber!
En dis dan wanneer die profeet Maliagi se woorde bewaarheid word: Mal. 4:3 “Julle sal die goddeloses vertrap dat hulle soos stof onder julle voete word die dag as Ek ingryp, sê die Here die Almagtige.”
Ons eie profeet beskryf dit weer so: “…daarna sal die volk dinge in eie hande neem en doodtrap wat voorkom.”
Openb. 3:9: “Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is (die Israeli’s) en dit nie is nie, maar lieg Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou (die ware Israel) liefgehad het.”
Die Tabernakel daal neer in die Suide
Op 16 Augustus 1915, sowat vier maande voordat Siener uit die tronk vrygelaat is, het hy nie net sy vrylating op 20 Desember gesien nie, maar terselfdertyd ook sy eerste aangrypende blik op die Messiaanse Ryk (die Ewige Republiek) gekry: Ek sien ek is by die huis. (Hy is letterlik uit die slawehuis (tronk) vrygelaat en bevind hom tuis — in Kanaän, die land van melk en heuning, m.a.w. die Vrye Republiek). Ek sien ’n galery en op die galery is al die toebehoorsels van die tabernakel.
Toe kom daar ’n kinderskare uit van tienjarige leeftyd en almal is wit gekleed en almal het blou oë. Van die voorste drie was twee my eie kinders en die derde was my oudste suster se kind. Haar oë is nou ook blou, terwyl sy bruin oë gehad het toe sy nog geleef het. (Hulle vorm deel van die Wederkoms).

Vergelyk dit nou met Openb. 6:9-11 “Toe die Lam die vyfde seël oopmaak, het ek onder die altaar die siele gesien van die mense wat doodgemaak is omdat hulle aan die woord van God en aan die getuienis van Jesus vasgehou het. Hulle het hard geroep: “Hoe lank nog, heilige en getroue Heerser? Wanneer voltrek U die oordeel en wreek U ons dood op die bewoners van die aarde? Aan elkeen van hulle is daar lang wit klere gegee (vergelyk dit met Siener se “kinderskare wat almal ook in wit gekleed is), en daar is vir hulle gesê om nog ‘n klein rukkie te wag, totdat hulle mededienaars, hulle medegelowiges, wat net soos hulle ook doodgemaak gaan word, almal daar is.” (NAV).
Die Wederkoms is nie net die hereniging van God se volk met hul geliefdes wat reeds gesterf het nie (1 Tess 3:13), maar Hyself kom dan ook om in die tabernakel vir “ewig onder die kinders van Israel te woon” — Eseg. 43:7.
Siener se gesig van 10 November 1921 gee vir ons ’n meer volledige prentjie van hierdie gebeure: “Die mis trek oop (ons swaarkry is verby) en toe staan die wa klaar gelaai met die gerwe (daar is seën en voorspoed). Toe lê die gerwe langs die vloer en die vloer word skoon (oestyd is verby). In die Verre Noorde is klein wolkies en hulle gee pad van mekaar en die son skyn helder. (Ons bewoon reeds ons eie Republiek wanneer die Wederkoms aanbreek):
“In die Noordekant in die lug is ’n galery en op die galery is soos die beskrywing van die tabernakel met die goue kandelare en agter die galery kom ’n menigte van kinders uit en kom af na die Suide”. (Hiervolgens gaan die Wederkoms in die ‘Suide’ plaasvind (m.a.w. hier by ons, want Siener aanskou dit vanaf sy huis op sy plaas Rietfontein in Wes-Transvaal).
Bevestiging vanuit Noorweë

Terwyl ’n bejaarde vrou van Oslo, Noorweë in 1938 in gebed was, het ’n stem aan haar gesê: “Neem jou kamera en gaan na die tuin en neem ’n kiekie.” Groot was haar verbasing toe sy die negatief laat ontwikkel en die gestalte van ’n mens op die foto gewaar. Die hoof, skouers, bors en onderlyf van die figuur was duidelik sigbaar, terwyl die buitelyne van die onderste deel waar die gestalte se voete staan, dié van Suid-Afrika was.
Alles dui dus daarop dat sy ook die Wederkoms van die Messias op film vasgelê het en dat dit in Suid-Afrika sal plaasvind. Beide Henog en Johanna Brandt het dit ook voorspel.
Ons beleef nou die profetiese tyd wat Jesaja voorspel het: “En soos ’n gemsbok wat gejaag word, en soos kleinvee wat niemand bymekaar maak nie, sal hulle elkeen draai na sy volk toe en elkeen vlug na sy land toe.” – Jes. 13:14). Die apostel Lukas beskryf dan vir ons hoedat die Almagtige Vader hulle reeds van ver af tegemoet sal gaan. En nadat Hy hulle met ’n omhelsing en ’n hartlike kus gegroet het, hoor hulle Hom met groot deernis sê “Jou smekinge, geweeklaag en hulpgeroep vanweë die slawerny het tot My opgeklim. Nou sal My diensknegte vir jou die beste kleed aantrek, ’n ring vir jou hand gee en skoene vir jou voete. Dan sal My diensknegte die vetgemaakte kalf slag, sodat ons weer saam kan eet en vrolik wees…” (Luk. 15:23).
En Hy sal saam met sy kinders by die tabernakel ingaan; die deur agter hulle sluit en daarna saam met hulle aansit om die Feesmaal van die Bruidegom te vier…
Wow wow wow, dankie oom Adriaan, hier bevestig oom nou wat ek al voor heen gehoor het
Wat se Siener oor die merk van die dier mRNA vaccine wat n mens se genetika verander na n ondier sin?
Dis vir my vreemd niemand praat daaroor nie.
Die wat die merk gevat het gee MAC kodes af. Dis jou digitale ID.
Laai n “Bluetooth analyzer app” af op jou foon en sien vir jouself.
Die mense stap oop oe die hel in.