Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

Kuberterroriste se aanslag op Koeberg?

2011-11-20

Deur Adriaan Snyman


Twee jaar gelede het Eskom, as deel van sy voortdurende opgraderingsplan, by Koeberg Kragstasie die staafvertoonsisteem vervang met die nuutste Siemens MP277 kontakskerm, asook ander Siemens-komponente. En toe Eenheid 2 van Koeberg skielik vanjaar op 5 September 2011 outomaties afskakel, was die personeel oortuig die nuwe Siemens het betyds ‘n ramp afgeweer. Maar die volgende dag het ingenieurs van Eskom ure bestee om te bepaal wat die oorsaak daarvan was, en al wat hulle  kon vasstel, is dat een van die sentrifuges (toldroërs) se wentelspoed om die een of ander rede skielik versnel het en dat dit toe deur die outomatiese spoedreguleerder afgeskakel is.

Uiteindelik was dit die sekuriteitspersoneel en lede van ‘n  virusnavorsersgroep  wat ‘n skokkende ontdekking gemaak het – die kerninstallasie se hoofbedryfsrekenaar is waarskynlik met die dodeliker Stuxnet-virus besmet wat te eniger tyd geaktiveer kan word in prosesse wat onstabiel raak – selfs net ‘n ligte aardskudding sal maak dat die virus vanuit sy geheime skuilplek in die rekenaar se geheue te voorskyn kom en beheer van die sentrifuges of verkoelingspompe oorneem.

Die ergste is dat die virus nie opgespoor en vernietig kan word as hy hom eers in die rekenaar verdoesel het nie. Hy skuil agter ses skadulae op verskeie plekke in die rekenaargeheue

Ingenieurs van ‘n kernreaktor by die Vogtle-aanleg in Oos-Georgië het ‘n identiese voorval beleef, en die reaktor is tot vandag toe nog nie weer aangeskakel nie. Dit het ook in Australië gebeur na hewige vloede die land getref het.

Ingebou in die virus se kode is ook ‘n “aanmelddatum” – m.a.w. ‘n spesifieke tyd en datum wanneer die virus homself kan of sal aktiveer. Dit het glo op 5 September by Koeberg gebeur.

Sentrifuges word algemeen in industrieë gebruik om prosesse te outomatiseer – in fabrieke, chemiese aanlegte, olieraffinaderye, maar veral in kernkragsentrales; en Siemens-rekenaars het spesiale eienskappe wat hulle uiters geskik maak om hierdie sisteme te beheer. Die skeppers van die  Stuxnet-virus het dit juis gemaak vir die Siemens SIMATIC WinCC/Stap 7-kontrole sagteware wat vandag in kernkragsentrales soos Iran, Japan, Frankryk, Duitsland en Suid-Afrika voorrang geniet.

Die Stuxnet-virus wat reeds in Junie 2009 vrygestel is, is eers in Julie 2010 ontdek, en is oor ‘n tydperk van twee jaar deur die Israeli’s en ‘n Amerikaanse sekuriteitsgroep by Dimona, ‘n Israeliese stad in die Negev-woestyn, 35 kilometers wes van die Dooie See, ontwikkel, met die uitsluitlike doel om Iran se kernnavorsing by Natanz in die wiele te ry. Die Stuxnet het dan ook 50 van Iran se kernsentrifuges gesaboteer en gesorg het dat die navorsing met byna ‘n jaar vertraag word.

Sedertdien het dit ook na Amerika, Asië, dele van Europa, Suid-Afrika en Japan versprei.

By Fukushima is ingenieurs oortuig daarvan dat die aardskok op 11 Maart vanjaar in Japan, die Stuxnet geaktiveer het om al die verkoelingspompe te gelyktydig te verwoes en dit steeds te doen.

Wat ‘n mens opval en waarvan niemand juis notisie geneem het nie, is dat Angela Merkel die dag na Japan se sentrifuges buitewerking geraak het – die helfte van Duitsland se kernkragstasie laat afskakel het. Siemensrekenaars word in Duitsland gemaak.

Het Merkel dalk iets geweet?

Die Stuxnet word allerweë beskou as die dodelikste rekenaarvirus wat nog ontwikkel is. Dit kan enige plek ter wêreld gebruik word om kernkraginstallasies aan te val en op te blaas. Die Duitse kubersekuriteitsekspert, Ralph Langner, het op ‘n TV-uitsending in Amerika o.a. die volgende daaroor gesê:
“Terwyl alles in die installasie oënskynlik “normaal funksioneer”, is die Stuxnet besig om die sentrifuges se spoed geleidelik te versnel – op die meterlesings in die beheerkamer sal daar geen aanduiding wees dat iets skort nie, en die  operateurs sal dus niks agterkom nie – nie voordat ‘n verwoestende ontploffing plaasvind nie”.

(Koeberg se outobeheer het op 5 September betyds ingeskop en die sentrifuges afgeskakel. Maar by verskeie geleenthede in die verlede het dit gebeur dat een van die operateurs die “afskakeling” per hand moes doen wanneer sekere prosesse abnormaal funksioneer).

Langner sê verder dat “die Stuxnet generies van aard is en dus nie net geaktiveer word as daar probleme met die spoed van sentrifuges opduik nie. Enige ander vorm van onstabiliteit kan dit in ‘n kuberwapen  van massavernietiging verander, en dit is juis ontwikkel vir kernkragsentrales wat Siemensrekenaanrs gebruik – soos dié in Iran. En vandag weet ons dat die Stuxnet-wurm versprei is deur Siemens-rekenaars by Natanz waar een van Iran se kerninstallasies besmet is om die verkoelingspompe te saboteer”.

Koeberg se toekoms lyk donker.

Sedert 2000 was daar al meer as tien ernstige insidente by Koeberg. Albei eenhede het kort-kort probleme opgelewer; daar was dikwels kragonderbrekings, ens.

In Augustus 2002 het 12 aktiviste van Green Peace toegang tot Koeberg verkry en bevind dat dit “onveilig” is. Hulle is inhegtenis geneem en beboet.

Op 12 September verlede jaar is altesaam 91 personeellede van Koeberg in ‘n geheimsinnige voorvan by die installasie besmet met Kobalt-58 restante.

En ek het pas verneem dat iemand van TrafficSA op Internet gesê het dat die Koeberg-verbypad op 15 Novemberber gesluit moes word weens ‘n ‘nuclear emergency’ (kernlekkasie?) en later die dag weer oopgestel is.

In 2001 is die Eskom-bestuur gewaarsku om die invloei van mense binne ‘’n radius van 16 kilometer van Koeberg te keer, aangesien dit hulle reeds 4-5 uur sal neem om hulle te ontruim sou daar ‘’n kernkrisis ontstaan. Maar Eskom het hom nie daaraan gesteur nie en vandag kan die ontruiming 24 uur neem. Die meerdferheid sal dan reeds met radio-aktiewe stof besmet wees.

Hoe lank kan dit nog so aangaan voordat Siener van Rensburg se profesie bewaarheid word?

“Die donker sak toe. Twee liggies. (Net twee dorpe sal lig hê). ’n Groot enjin waarby rook uit kom, toe trek dit op die berge en toe kom mense oor die kaal wêreld. Hy sien ’n dorp waarvan die huise niks word nie. Ons mense kom op. Hy sien ’n groot rooi bul met half lang horings en by hom is rooi beeste wat baie kwaai is. Die karre gaan op en dit is so DONKER DAT HY SY PERD SE MAANHARE NIE KAN SIEN NIE. Die wêreld is swart afgebrand. Hoe verder hy gaan hoe warmer word die gloed in sy gesig”.

15 thoughts on “Kuberterroriste se aanslag op Koeberg?”

  1. Goeie Naand Oom Adriaan!
    Dit laat n mens kommer,ek wonder hoeveel ander inligting word van ons weerhou ook. Ek wonder of hiedie insident wat Oom Siener gesien het voor of na of tydens ons bevryding sal plaasvind?Is daar nie oook n moontlikheid dat plekke soos Sasol of se maar n plek soos Secunda kan wees nie(Pertol rafinerye).Net die toekoms sal kan bevestig.
    Ons moet maar net ten alle tye voorbereid wees vir enige katastrofe wat moontlik mag gebuer.
    Mag onse Vader in die hemel ons volk beskerm!
    Boere Groete

  2. Om nuwe kommentaar te lewer moet u eers ingeskryf wees by die blog.

    Skryf die kommentaar wat u hier wil pos soos gewoonlik en druk dan “Post as…”.

    ‘n Reeks keuses sal aan die linkerkant verskyn soos Disqus, Google, Twitter, Facebook ens.

    As u geregistreer is by enige van hierdie groepe of organisasies kan u met u betrokke registrasie besonderhede hier inskryf. So byvoorbeeld sal u naam en e-pos adres van google voldoende wees.

    ‘n Alternatief is om by Disqus self in te skryf. Kies net “Register a new Disqus profile”. Maak net seker om na registrasie te kyk vir ‘n aktiverings e-pos in die “Inbox”. Sodra u die registrasie besonderhede bevestig het kan u begin kommentaar lewe.

    Enige van die keuses hierbo is ‘n eenmalige proses en u sal dan voortaan met dieselfde besonderhede kan kommentaar lewer.

    Jammer vir die ongerief.

  3. Laat my toe om so `n bietjie van die draad af te beweeg en my broeders raad te vra.

    So gaan ek annerdag na die komupolisie om my kettie se `lisensie` te hernu.
    In hul poging om ons te ontwapen moet ek nou rede gee waarom ek die wapen wil hou.

    Nou ja, ek mag blykbaar nie sê selfverdediging nie en die waarheid dan sluit hulle my seker op as ek sou skryf:

    `As blanke burger van `n komunistiese land waar geweldsmisdaad aan die orde van die dag is, en met die internasionale organisasie genaamd genocide wach, wat blankes in hierdie land op die hoë vlak 6 van volksmoord geplaas het, beskou ek dit my reg om `n vuurwapen te besit as tweede laaste opsie teen die aanslag op my en my volk. – Die laaste isdie wraak van my God.`

    Nou broeders, wat anders as die waarheid kan ek as motifering gee om `n wapen te besit???

    P.J.

  4. As ons na Dan 11:40-, kyk kan ons sien wat tussen Iran en Israel gaan gebeur. Wonder of Iran dalk n manier gekry het om die virus te stop?
    Ook intresant is (kan nie mooi onthou nie – help) dat O-Siener gewys het dat daar n tyd kom wat ons in die duister sal wees oor wat aangaan, maw, die inligtings wetgewing gaan goedgekeur word, dwarsdeur.
    Vrede

  5. Goeie naand
    Ek se julle die donker wolke is besig om,om ons te pak.Die ekonomie wereld wyd wankel.Plase onder druk,die optoe om ons nasionaal,moord en roof…en nou die media !Wanneer ons vriende en familie van oorsee kom kuier dan se hulle altyd hulle kan nie glo hoe erg dinge hier geword het nie. Ons wat hier “OORLEEF” kom dit nie eers meer agter hoe erg dinge geword het nie! Dit is soos jou kinders jy sien hulle elke dag en besef nie hoe hulle groei nie. Maar familie wat jou elke twee jaar sien of so kom dit agter.Nou ja selfde beginsel.Ek bid elke dag vir ons bevryding,hoe lank nog?Ons moet moed hou en mekaar ondersteun.
    Hou julle lampies vol olie,ek dink die tyd is naby. En dinge sal skielik en overwags begin soos Oom Siener gesien het!
    Hou moed my mense en ons staan vir mekaar op as een mens. Hou wit geld in wit hande!
    Mag die Vader in die Hemel ons seen,beskerm en geduld gee.
    Amen

  6. Hi almal, daar was eergisteraand ‘n baie interresante program op KYK -NET en die grootste gedeelte was aan Siener se profesië gewei. Daar het hulle ook toevallig dieselfde stuk wat Adriaan hier aanhaal gewys maar met toepassing op Tsernobil ( verskoon die spellig) al wat ek se is “wanneer julle die vye boom sien bot, gee ag daarop” Groete, André

  7. Ek het ook die program gesien waar Nostradamus en oom Siener se visioene mooi met beeld en klank uitgebeeld is. Vir een maal het hulle hom nie as belaglik afgemaak nie! Vanoggend nog iets gesien op sauk 1, Matriek geskiedenis hersieninging.
    Hahaha, die opname is seker voor swart Dinsdag gemaak. Daarin word leerders vertel van Koue oorlog en Rusland en VSA se sameswering met ANC en De Klerk oor die Codesa skandaal. En raai wat leer hulle die kinders? Pers vryheid is deel van demokrasie! Hahaha, nou toe nou! Ek het al voor Dinsdag geweet hier is weer vir ons ‘n merker gelaat deur oom Siener, want hy het gesien dat die kerse van inligting doodgeblaas word. Kyk mens na die tydtafel dan is die volgende ons leierlose land. Hondersnood is hier, hy klop aan die deur. Die opstande gaan nou meer en meer word, die dam loop leeg. Kapitalisme is in sy eie strik gevang.

    Jammer ek was so stil volksgenote. Ek het my pa skielik begrawe 3 weke terug! Probeer nog tot ruste kom na alles. Dankbaar dat al die dinge hom gespaar word. Die donker wolke pak beslis nou saam.

  8. Goeie dag aan almal, ek wil net graag n waarskuwing rig bmt Motlanthe se berig in die koerant wat se dat SA nie geraak sal word as Europe verder in die moeilikheid beland nie. Hy se dat slegs 5% van handel is met die geaffekteerde lande wat korrek is maar hy vergeet moedswillig die volgende. 1 – Die hele Europa gaan in n resessie verval en dan noodgedwonge gaan die swakke r lande verplig word om die Eurozone te verlaat. 2 – sodra dit gebeur word die ZAR/Euro verhandel koers negatief benadeel. Met ander woorde ipv om R11.35 te kry vir uitvoere kan dit val na bv R7.50. 3 – Mense raak dan opgewonde want direkte invoere is soveel goedkoper so ipv om by n plaaslike handelaar te koop koop jy op die internet (werksverlies) 4 – Buitelandse reise word bekostigbaar en mense gaan eerder in Europa vakansie hou as in die Kaap (verdere werksverlies). 5 – Vervaadiging is n goeie voorbeeld, daar is nie meer aflewerings probleme agv van stakking by die vervaardigings proses en druk op pryse om die stakkkende massa se buitensporige salarisse te betaal. n artikel in die Guardian se David Cameron “The UK is feeling the chilling effect of the Euro crisis”, dus as hulle dit voel hoeveel te meer SA. Maak seker dat u u gesonde verstand gebruik en nie die leun glo maar sien dat moeilike tye voorle. 14/20 top ekonome se nou dat n Euro resessie en verkleining van die EuroZone onafwendbaar is. Maak eerder gereed vir probleme en oorleef as om Motlanthe se bree weg te volg.

  9. Groot asseblief , kan dit waar wees dat die ou sening nog asem haal.Ek het regtig gedink dit sal al verby wees. Enige iemand wat iets weet laat my tog weet en maak my dag,

  10. Naant Boere,
    teen die tempo wat dinge hier en op die europese noord-suid front eskaleer, lyk dit my O-Siener se ys wat smelt, verwys dalk na hierdie europese winter. as die ys daar smelt, val die geelperske reen hier
    Vrede

Comments are closed.