Op Vrydag 16 Desember 2011 sal die Boervolk nie net sy 173ste Gelofte aflê nie, maar ook hierdie dag as ‘n Sabbatdag deurbring, terwyl die res van die volk Versoeningsdag saam met die vyand sal vier. Die bekende Afrikaanse skrywer, FA Venter, het dit in November 1966 in sy boek oor die Groot Trek, Gelofteland, net so geprofeteer.
Ek haal die gedeelte aan. Andries Pretorius is in gesprek met Sarel Cilliers, Karel Landman en Jan Joubert (Gelofteland bl. 190-191):
Andries Pretorius: “Ons het nou alles wat moontlik is, gedoen om die kommando te versterk en te beveilig vir die taak wat ons onderneem het. Maar ek glo dat ons met menslike krag nie alleen kan oorwin nie. As God nie met ons is nie, kan ons nie oorwin nie. As God nie met ons is nie, kan ons nie seëvier nie. Daarvan is ek oortuig. As Hy ons laat oorwin, moet ons vir Hom ‘n altaar bou, net soos Gideon…”
“‘n Altaar?” vra Sarel Cilliers.
“Ek wil hê dat ons aan Hom ‘n gelofte moet doen dat, as ons oorwin, ons daardie dag as ‘n Sabbat sal herdenk tot Sy eer,” sê die generaal. Daardie dag moet deur die nageslag gedenk en geheilig word as ‘n dag van die Allerhoogste wat ons gebede verhoor het. Ek wil ook hê ons moet vir Hom ‘n huis bou in dié land, waar dit Hom behaag, waar ons Hom kan loof, dank en aanbid. Hoe voel julle daaroor?”
Hulle sit lank stil en elkeen probeer die volle betekenis van wat hy gesê het, deurgrond. Al drie huiwer voor die gedagte wat hy uitgespreek het.
“Dit is so gewigtig dat ‘n mens bang is om daaroor te dink,” sê Karel Landman later. “Sonder Hom kan ons nie oorwin nie – dit glo ek vas. As ons nie iets doen tot eer van Sy Naam nie, verdien ons nie om te oorwin nie. Laat ons dit doen – laat ons die dag aan Hom wy; laat ons vir Hom ‘n tempel bou.”
Neef Sarel?” vra Pretorius.
Sarel Cilliers sit sy hand op die Statebybel.
“‘n Kosbare ingewing, generaal,” sê Cilliers. “Ek wonder net…Sal ons dit nakom? Kan ons die nageslag bind? Ons weet nie waarheen die volk sal groei nie. Ons is so verganklik en sondig, maar Hy is ewig. As die nageslag die gelofte nie in ere hou nie, sal Hy dit nie teen hulle in rekening bring en hulle oorlewer aan die swart geweld wat ons nou aandurf nie?” (My krursief).
“Wat die nageslag doen, dit staan op die boek van die nageslag,” antwoord Pretorius. (Sluit aanhaling).
44 jaar en elf maande gelede het FA Venter dié feite gebruik om ‘n roman te skryf, vandag het die roman feite én profesie geword. Andries Pretorius-hulle het die Gelofte afgelê en ook die oorwinning behaal. Maar hy het ook sy volk goed genoeg geken om te weet wat die uiteinde sou wees: dat ons, die nageslag, nie die gelofte sou nakom nie, en dat Hy dit teen ons in rekering sou bring en dat ons oorgelewer sou word aan die swart geweld wat hulle oorwin het. Dit is letterlik bewaarheid!
In die Gelofte wat vir sewe dae lank afgelê is, is sewe beloftes in ruil vir ‘n oorwinning gemaak:
- Ons sou ‘n huis vir Hom stig. Die Nederlandse woord “stig” beteken dat ons vir Hom ‘n volk sou oprig. Handelinge 7:48 sê tereg ook: die Allerhoogste woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie … maar midde-in sy volk.
- Waar dit Ho sou behaag. Hy het die hele land aan ons gegee, en nou soek ons ‘n volkstaat! Deut. 11:24 – Elke plek waar julle voetsool op trap, sal aan julle behoort…
- Dat hulle Hom sou smeek om hulp en bystand. Maar reeds tóé het ons Beskikker al geweet dat ons die gelofte sou verbreek, en het Hy by monde van Sarel CIlliers laat profeteer dat die vyand wat Hy by Bloedrivier verslaan het, as straf oor ons sou heers.
- Dat ons die dag van oorwinning in ‘n boek sou aanteken. Jan Bantjies, die kampsekretaris, het dit in sy dagboek vir die nageslag opgeteken.
- Om dit aan ons nageslag bekend te maak. En vandag versoen die nageslag liewer met die vyand.
- En dat dit as ‘n Sabbat gevier sou word. Ook dit het die volk versaak!
- Ter ere van die Almagtige Vader – wat aan Pretorius-hulle die oorwinning gegee het.
Hierdie volk het egter nie net hulle gelofte vergeet nie, maar ook vir Hom voor wie hulle dit afgelê het!
Dankie vir die skrywe dis baie inspireerind. Net een tegniese punt asb ek is ‘n nageslag van “Jan Bantjies” let op die spelling asb dis sonder die “i” so dis Bantjes “bant-jes”
Boer Groete
Victor George Bantjes
http://groottrek.co.za/bantjes_03.htm
Dankie vir die regstelling, word waardeer
Boeregroete
Vra gerus die vraag ” Hoekom het ons ou Volkie so afgedwaal ,van ‘n gelofte wat aan die Allerhoogste gemaak is .
Is dit die ter wille wil wees teenoor die barbaar
is dit a.g.v. die kerke wat verdwaal het en hul gemeentes saam in die afgrond in sleep.
Is dit a,g,v, mammon
Is dit die liberalis wat die meeste seggenskap het.
Of is dit net dood eenvoudig die traak my nie agtige houding van die Boer volk.
Is dit a.g.v. die ondertrouery met die barbaar
Ek huil in my gemoed want ek is baie lief vir my Volk
Hoe kan ons genade verwag as ons so verdwaal het.
Onthou jy as enkeling maak altyd deel uit van die Volk en daarom sal jou straf nie minder wees nie.
Pleit vir genade, dit is slegs ons Skepper wat ons dit kan gun.
Groetnis
Chris
Lyk my vandat die webwerf op die nuwe program loop het kominukasie tussen broeders verdwyn? Wat gaan aan?
Chris S, Satan is hard aan die werk. Die smeltkroes gaan oor ons kom die jaar. Daar is baie jong mense wat glad nie geleer is oor die Gelofte nie. Tog is hulle ook deel van die volk en van Sy uitverkore kinders. Ons wat weet moet aanhou bid, net soos ons Messias dag en nag by die Vader pleit, Vader vergewe hulle, Vader vergewe hulle, net so moet ons pleit, Vader vergewe ons, Vader vergewe ons! Dit gaan SONDER WAARSKUWING gebeur, verlede jaar het ons paar waarskuwings gehad. Ons lewe hier op aarde is korreltjie sand in vergeleke met ewigheid. Die vreugde van die geboorte van ons Redder is verander in verdriet deur satan en sy trawante. Die vreedsames se onskuld is gesteel. Die hammer en sekel hang in die lug, sny met die mes, skiet die onskuldiges, maak dood die witman. Hier en daar ‘n klein stemmetjie van protes. Die einstes wat ons voor die galg gebring het oor apartheid en menseregskendings, sit tjoepstil in die gehoor en wag, hulle wag met opgehoue asems want die hel gaan losbars, almal weet dit! ‘n Aardse leier? Glo nie daar is een oor wat ons van raad kan kom voorsien nie!
Kommunikasie tussen ons het verdwyn PJ, van my kant af omdat ek bedruk is oor ons situasie, omdat ek weet ons hulp kom van Bo, op Sy tyd, nie my tyd, dit is my kursief, ek soek die antwoorde gou! Intussen Geloof en Gebed!
Liewe vriende
Nee, ek het julle nie vergeet nie. Dinge het net die afgelope tyd so vinnig gebeur, dat ek nie kon byhou nie! Ek wil saamsterm met ‘n TV-kommentator dat “daar sedert Maart 2011 meer dinge wêreldwyd gebeur as die laaste 100 jaar”. En toe vra hy die vraag: “Hoekom? Hoekom kry ‘n mens ook die indruk dat al die gebeurtenisse met ‘n onsigbare skakel aanmekaar verbind is? Vanaf die opstand in Tunisië tot en met die sinking van die passasiersboot langs die Italiaanse kus hierdie week”.
Op die oomblik wag ek vir bevestiging van UITERS BELANGRIKE inligting wat ek ontvang het. Ek kry dit waarskynlik oormôre en sal dit dadelik op die blok plaas. Dit behoort die spieël van raaisels op te klaar, en ook uit te wys hoe en waar óns (en Siener se gesigte) daarby inpas.
En met hulle wat nie wil of kan sien dat ons smeltkroes ophande is nie, sal dit gaan soos in die dae van Noag: hulle eet, drink, trou, speel rugby en die Vloed (Gees van Verskrikking) het gekom en hulle almal vernietig.
Dankie vir julle geduld!
Adriaan ons het dringend inligting nodig, gister is die land opgedra aan die voorvadergeeste. Ons is reeds in die begin fase van Deut 28 vanaf vers 15 na gister kan niemand meer die straf gerug keer nie. Die saak is groot en ernstig en ons staan met ons hande in die sakke. As Nehemia gister in SA was sou hy dalk vleis gebraai het of sou Elia golf gaan speel het, NEE 1000 maal NEE, hulle het vir hulle GOD gestry. My wese roep na YHWH. Hoe lank nog goeie en waaragtige Vader voor U weer na ons geroep sal luister.
AntSan en almal.
Adriaan sonder om afbreek te doen aan al die harde werk wat jy doen en gedoen het, wil ek se dat ons rustig wag op nuwe inligting, tog wil ek vra of ons klomp hier nie maar op die blog met mekaar kan praat, oor wat ookal pla of ons tehore kom nie. Kom ons begin praat, Adriaan en nuwighede sal seker eersdaag ook weer op die lug wees.
Snaakse vraag: waarom mag proponente nie dood nie? en ook nie hande ophef met die seenspreek nie? Wie gaan my stop as ek mense doop in die ware Baam van my Vader Jahweh?
Vrede
Barry62:
Profesie vir RSA
Sondag 3/9/90
Daar was 6 man, saam vir die vroeg-oggend biduur, manne wat erns met Jahweh maak. Die Bybel is gelees, sake om oor te bid genoem, elkeen het sy eie plek gekies om te kniel, en ons het gebid.
“Jahweh sê toe vir my: proklameer die land in My Naam en ek het dit gedoen. (Dit was vroeg in die jaar ’90, SWA was nog deel van RSA) Hierna het Jahweh vir my die land gewys, wat ek vir Hom geproklameer het, Suid Afrika, bedek onder n vars vel (marino, wol na onder) wat oopgespan is en met kort stokkies op die buite rand vasgekap is. Ek het besef en gevra: Jahweh, wat van Suid-Wes? Weer het hy vir my SA onder die vel gewys, net RSA soos ons buite grens loop, sonder SWA, sonder Walvisbaai.”
HIERDIE LAND IS JaWeH SE LAND, geproklameer vir Hom in Sy Naam. Hierdie land sal wit/Messiahaans bly, maar ons sal met lewe daarvoor betaal. Jahweh help die een wat homself help.
Boerevolk, jy lê beskerm onder die wol van die vel wat Jahweh oor jou gespan het. Die wêreld kan soveel gemors op jou stapel as hy wil, jy is toe-gedek, (van alle kante, rondom – soos Job) beskerm. Maar Jahweh sal kom en die vel met een ruk optel sodat alles bo-op in eens slag afval.
27-08-2001
II Esdras 13: 41 Maar hulle het besluit dat hulle die menigte nasies sou verlaat en weggaan na ‘n ver deel van die Aarde waar geen adamiet nog ooit gewoon het nie. 42 Sodat hulle daar hulle Verordeninge kon hou wat hulle nooit in hulle eie deel van die Aarde gehou het nie. 43 En hulle het ingegaan deur die nou deurgange van die Eufraatrivier. 44 Want die Hoogste El het toe tekens aan hulle getoon en het die strome teruggehou totdat hulle deurgegaan het. 45 Want deur daardie Aarde was daar ‘n lang pad van een en ‘n halwe jaar om te gaan, en daarom word die landstreek Aszareth(die enigste! verwysing in die Skrif na hierdie naam) genoem. 46 Toe het hulle daar gewoon tot die laaste tye. En wanneer hulle weer begin terugkom, 47 sal die Hoogste El weer die strome terughou dat hulle mag deurgaan, daarom het jy die menigte mense vreedsaam gesien. 48 Maar hulle wat van jou volk sal agterbly, is hulle wat binne My grense gevind word.
Tuf! Vir die emigrante uit SA.
BoereGroete in Jahweh.
Ons het niks tevrees nie!
Hi daar!
Ek moet stem ,ons mense is stil? Ek hoop julle het almal n bietjie gerus?Ek hou maar al die ander webwerwe dop soos bv. Suidlanders,Judith de beer,nuwevoortrekker gelofte volk en censorbugbear.Ek stem stilte voor die storm,tyd is min. Bly positief en gereed!
Mag ons vryheid seevier en die Vierkluer wapper in 2012.
Groete