Met die onlangse verkiesing waarin die ANC regering vir die eerste keer in 40 jaar nie ‘n volstrekte meerderheid kon behaal nie, was hy verplig om met die DA en van die ander partye ‘n ooreenkoms aan te gaan om sodoende ‘n Regering van Nasionale Eenheid (RNE) daar te stel. Dit was die enigste manier hoe die ANC nog die regeermag kom behou.
Sy sterkste bondgenoot is dan ook die DA Party wat bestaan uit ‘n mengsel van Blankes en ander rasgroepe. En die blote teenwoordigheid van Blankes in die DA het Zuma se African National Congres en Malema se EFF onmiddellik teen die bors gestuit, en daar is openlik wraak gesweer teen die veradderlike RNE met sy “witgesig”.
Kan dit dalk een van die redes wees waarom Youtube ‘n onlangse artikel van die aanlynnuusblad News24, onmiddellk verwyder het nadat hulle probeer aandui het hoeveel Blanke lede daar in die DA Party is?
Onder baie van ons volksgenote het die tot standkoming van die RNE skielik – na jare van vervolging, verdrukking en ellende – ‘n hoopvolle optimisme en verwagting geskep dat die Blanke teenwoordigheid in die DA gaan beteken dat daar in die toekoms ook na hulle belange omgesien sal word?
Ongelukkig het ek slegte nuus vir ons medelandsburgers, want as ek Siener reg verstaan, is die vestiging van die RNE waarskynlik net die aanloop tot die mofskaap- of Doringbosregering wat hy op ons pad gesien het.
1920 besoek Dr. Servaas Rossouw, ‘n predikant van die Nuwe Kerk, in geselskap van oudl. CAGagiano en diaken CG van der Merwe, Siener op sy plaas Rietkuil. En tydens die middagete vertel Siener breedvoerig aan hulle wat daar in die verre toekoms nog vir sy volk voorlê.
Ek wil my hier slegs by enkele aspekte daarvan bepaal, nl. die Donker Tyd en bloedige stryd wat op hulle wag, asook die doringbos-regering wat gaan oorneem wanneer die swart regering besig is om uit te rafel om uiteindelik tot ‘n val te kom.
Met die onlangse verkiesing het dit dan ook gebeur. Maar alle aanduidings is reeds daar dat die DA/ANC koalisie uiteindelik tot groot geweld en bloedvergieting gaan lei. En wanneer dit gebeur, voorspel Siener, sal ’n sterk VN taakmag in samewerking met die Amerikaanse lugmag en troepe wat in Botswana saamgetrek is, hier arriveer om die ‘orde te herstel’, waarna beheer van die land in die hande van die Mofskaap- of volksvreemde Doringbosregering oorgegee sal word. Die instel van hierdie regering sal geskoei word op die beskerming van F.W. de Klerk en Nelson Mandela se Nalatenskap.
Hierdie verloop van sake is ’n duidelike ‘teken’ dat een van Siener se belangrikste gesigte vir ons dag dan besig is om bewaarheid te word.
Want hierdie sogenaamde ‘Mofskape’ in die Parlement dinge vir ons veel moeiliker gaan maak as wat dit onder die swart regering was.
Dit kan ’n rukkie duur voordat die volk tot verhaal kom en nie sal weet of hy moet huil of lag nie; want was dit dan nie waarvoor hy immers gestry en gebid het nie? Blankes in die regering wat weer die volk se belange op die hart sal dra, die nodige standaarde sal handhaaf en met ’n vaderland waarin daar rus en vrede sal heers? Maar dan kom die skok en ontnugtering: hierdie nuwe heersers is slegs ’n plaasvervanger vir die NWO se ANC-regime.
Siener het dit met hierdie woorde bevestig: “Kyk na die Parlement, want dis waar die moeilikheid gaan begin.”
Die volk sal mettertyd besef dis nog nie ons langverwagte Boererepubliek. “Want,” sê Siener, “daarvoor is die onderlinge twis en tweedrag nog te groot…”
Suid-Afrika se gewese eerste minister, Dr. HF Verwoerd, was ook bewus van hierdie verdeeldheid. Kort voordat Suid-Afrika in 1961 finaal uit die Statebond geskop is, het hy op 17 Maart in ’n kort, bewoë rede voor die SA-Klub in die Savoy-hotel, Londen, ’n verstommende profetiese uitspraak oor sy volksgenote se toekoms gemaak; ’n uitspraak wat ons vandag eers ten volle kan begryp. Hy het gewaarsku dat daar nog ’n dag sou kom dat die Blanke sal erken dat sy poging om eensgesind te wees en “die mag te behou, gefaal het, en dat hy homself in die laaste loopgraaf sal bevind waar hy vir sy selfbeskikking sal moet veg?”
En alles dui daarop dat ons volk hom op die vooraand van daardie loopgraaf bevind.
Siener het dit al ’n 100 jaar gelede op 12 Julie 1923 vooruit gesien – “(Daar) kom aan die Weste ’n groot hoop mieliestronke uit en dis een vuur”. (Hy verwys hier na die ‘Tweede Rebellie’ – ’n burgeroorlog). Die Eerste Rebellie het in 1914 plaasgevind met die tog na Duitswes om die traktate te gaan teken. Die ‘Tweede Rebellie’ gaan weer ’n tog na Duitswes wees, maar hierdie keer om wapens in Lüdritzbaai te gaan haal. Die Boervolk sal dan letterlik met sy rug teen die muur staan.
Maar Siener het ook voorspel dat daar vir sy voortbestaan geveg sal word, en dat hulp onverwags vanuit Duitsland sal kom in die vorm van drie ultimatums aan die Mofskaap- /Doringbos-regering in die Parlement.
In die eerste blou brief word daar druk op die regering uitgeoefen om sekere beidsveranderinge aan te bring. Dit ontstig die Doringbos-volksraadslede, maar hulle weier om gehoor te gee. Die tweede blou brief bevat ’n waarskuwing en dreigement, en hoewel dit die parlementslede laat rondskarrel, word dit steeds geïgnoreer. Maar na die derde ultimatum, slaan hulle op die vlug, want dan word daar aan hulle gesê dat Duitse bomwerpers op pad is om Kaapstad te bombardeer. Daar is dan geen wettige regering meer nie.
Wanneer hierdie dinge gebeur, is die Derde Wêreldoorlog reeds goed aan die gang en die buitelandse magte wat hierheen gekom het om die Doringbosregering in plek te kry, het reeds weer padgegee en is nou betrokke by die wêreldkonflik. Maar in hierdie land ver verdrukking, ellende en smart, breek die lig deur, want die Almagtige het sy geloftevolk nie vergeet nie:
Siener: Ons (die Boervolk) sál nog aan die bewind kom, “…want ek sien ek kap die doringbos wat in ons volk se pad staan af (die doringbosregering spat aan skerwe) … Ek sien ’n Boere-velskoen (’n suiwer Boereregering). Ek sien ’n grasdakhuis. — ’n Boerekabinet. (Dis baie duidelik dat hy hier nié meer praat van die beplande interimregering nie, maar inderdaad verwys na die Derde Boererepubliek.
Die profeet Amos se profetiese woorde wat hy al in die agtste eeu v.C. gesien het, gee mens die gevoel dat hy maar net besig was om die gebeure van ons tyd te beskryf. En hy is reg – want die Almagtige Skepper laat niks gebeur as Hy dit nie eers aan sy dienaars en profete bekend gemaak het nie. Die dinge wat hy hier sê, hoor ons op TV en staan in ons koerante geskryf:
Daar sal slawehandel wees:
hulle verkoop onskuldige mense vir geld — Amos 2:6
In 94 lande wêreldwys is slawehandel vandag steeds wettig. Mense word koelbloedig uitgebuit (hulle veronreg dié wat hulleself nie kan verweer nie — Amos 2:7). Die WEF se boodskap aan die mensdom is: “Jy sal niks besit nie en nogtans gelukkig wees.”
Sy volke gee hulle oor aan skaamtelose onsedelikheid.
Pa en seun kuier by dieselfde meisie en doen my heilige Naam oneer aan — Amos 2:7
Iemand het dit onder my aandag gebring dat daar op die Internet verskeie artikels is van pa’s en seuns in Europa wat dieselfde bordeel besoek en geeneen skaam hom daaroor nie.
Reeds in Amos se tyd het priester al die gawe van profesie verwerp en dit probeer onderdruk.
Maar julle (die predikante)…het die profete belet om op te tree — Amos 2:12
En ook:
Jy sê ek moenie as profeet optree teen Israel nie, ek mag nie as siener teen die nageslag van Isak praat nie. Maar so sê die Here jou God: jou seuns en jou dogters sal met die swaard afgemaai word, jou grond sal tussen ander verdeel word, en jy sal in ’n onrein land sterf — Amos 7:16-17
Dis presies wat sedert 1994 met ons gebeur het! En vandag word grond, huise en eiendomme goedsmoeds aan nuttelose immigrante gegee.
Julle haat dié wat vir die reg opkom in die howe; julle verafsku dié wat die waarheid praat — Amos 5:10
Hoeveel duisende mense is nie al vervolg en opgesluit net omdat hulle die waarheid verkondig nie?
Gee pad voor my met die rumoer van jou gesing — Amos 5:23
Dit help nie om te skreeu of die kitare en dromme harder te slaan nie. God hoor nie ‘n volk wat onreg doen nie.
Julle verkoop selfs die koringkaf — Amos 8:6
Vandag se heersers verryk hulleself deur waardelose dinge aan niksvermoedende mense te verkoop.
Die mens sal ronddwaal…om die woord van die Here te soek, maar hulle sal dit nie kry nie — Amos 8:12
Die suiwer Bybelse Woord word nie meer in ons skole of selfs in die kerk gehoor nie, en tog smag baie mense daarna. En dan kondig Amos die Almagtige Skepper se oordeel aan:
Al die sondaars onder my volk sal met die swaard doodgemaak word, hulle wat sê: Ter wille van ons sal U die ramp nie laat kom nie, ons nie daardeur laat tref nie — Amos 9:10
Want al wat vir hulle saak maak, is hul aardse besittings, sport en geld.
Julle lê op julle beddens wat met ivoor uitgelê is…julle eet lammers uit die kleinveetrop…maar oor die vernietiging van Josef (My volk) bekommer julle jul nie — Amos 6:4
En omdat die volk hierdie dinge gedoen het, het Hy hulle in die hand van vreemdes oorgegee…
Daarom, so sê die Here my God: ’n Vyand sal die land inneem, hy sal jou vesting bo-op jou afbreek, jou mooi huise kaalstroop — Amos 3:11
Maar genadiglik kom al hierdie rampe wat Hy oor ons uitgespreek het ook tot ‘n einde. En dan gee Amos vir ons hierdie besonderse trooswoord — net so ook Siener van Rensburg:
Ek sal die lot van my volk Israel verander, hulle sal die verlate stede herbou en bewoon, hulle sal wingerde plant en die wyn daarvan drink, hulle sal tuine aanlê en die vrugte daarvan eet. Ek sal my volk weer in hulle grond plant, en hulle sal nie weer uitgeruk word uit die grond wat Ek hulle gegee het nie, sê die Here jou God — Amos 9:14-15
Op sy beurt gee Siener van Rensburg weer vir ons ’n beskrywing van hoe die Derde Boererepubliek daar sal uitsien: “Nadat ons volk hom voor die Heer verootmoedig het, sien ek ’n groot wonderwerk gebeure en daarna sien ek die Vierkleur wapper oor ’n vrye volk.
“Dit gaan met die tyd, maar almal is hier eensgesind en werk hier eendragtig saam. Ons word ’n groot en voorspoedige nasie en baie immigrante kom dan hierheen, en ons is nou Een Nasie, Een Taal, Een Wapen, Een Volk en Een GOD…”