Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

Boekfokus – Rigters onder die suiderkruis

2024-07-22

Deur Gustav Snyman


Dr. N.A. Burger se boek Rigters onder die Suidkerkruis is ‘n samevatting van diep geestelike oortuiginge wat deur ‘n historiese lens bespreek word. Die kern van sy boodskap lê in die identiteit van Israel en haar roeping en eindig in die hoofstuk getiteld “Die roeping van die Boervolk”.

Die boek is defintief nie ligte leesstof nie en hoofsaaklik gemik op die diep gelowige individu met ‘n liefde vir geskiedenis. Dit was nie die doel van sy studie om die Bybel te verdedig nie maar om die identiteit van God se volk Israel in die geskiedenis na te speur en God se hand daarin te soek. Uit Bybelse en ander antieke bronne bewys hy dat die Blanke Westerse beskawing vandag Jakob se nageslag is. Dis die volk oor wie Hy gesê het: “Ek het jou by jou naam geroep, jy is Myne!” (Jes 43:1).

Aan die begin van die boek haal hy hierdie aanhaling uit die Bybel, ‘n vooruitsig van sy uiteindelike samevatting:

...en Ek sal vir my volk Israel ‘n plek bestel en hom plant, dat hy op sy eie plek kan woon en nie langer verontrus word nie. En kwaaddoeners sal hom nie meer verdruk soos vroeër nie, naamlik van die dag af dat Ek rigters oor my volk Israel aangestel het. Maar Ek sal jou rus gee van al jou vyande; en die HERE gee jou te kenne dat die HERE vir jou ‘n huis sal stig. — II Samuel 7:10-11
Die eerste uitgawe van Rigters onder die Suiderkruis. Hierdie 383 bladsye boek was destyds nog vir R30 verkoop.

Dr. Burger was destyds Professor van filosofie aan UNISA en in sy laaste jare as dosent was hy reeds besig met sy navorsing vir hierdie boek.

Hy was op Newcastle woonagtig toe hy die Talita Koemi Middernaggroep gestig het waar hy toe sy boek “Rigters onder die Suiderkruis” geskryf en self gepubliseer. Hierdie 383 bladsye studie was destyds nog vir R30 verkoop. Later het hy na Carnavonin die Karoo verhuis waar hy voortgegaan het om die Middernaggroep te bearbei.

Sy vertolking van die geskiedenis vanuit ‘n godsdienstige oogpunt was al deur verskeie ander vooraanstaande denkers aangepak, wat dieselfde poging aangewend het om God se hand in die geskiedenis te ondersoek en te verduidelik. Hierdie tipe studies word dikwels “teo-historiese studies” of “heilige geskiedenis” genoem. Augustinus van Hippo is een van die bekendste figure wat hierdie benadering gebruik het in sy werk “Die Stad van God,” waar hy die geskiedenis van die wêreld interpreteer as ‘n stryd tussen die goddelike en die menslike ryk.

Die Bybel self is deels ‘n historiese werk wat ook die hand van God onderskryf. Dit is nie net ‘n huldeblyk soos baie antieke werke of ‘n moderne feiteboek nie maar die Skrif bly gedurig die wil en wese van God in Israel se geskiedenis beklemtoon. Dit was die Pentateug en latere boeke wat die eerste uitgebreide en historiese akkurate verhaling van ‘n volk se geskiedenis en God se hand daarin opgestel het. Soos in die hemel so ook op aarde.

John Briggs in God, Time & History beskryf dit so:

“Christianity is essentially a historical religion. God reveals himself to his people, not in doctrinal statements no in theoretical studies, but in action, in the outworking of a story of revelation.”

Briggs verduidelik dan hoe die Messias se lewe op aarde die skille van ons oë verwyder het om ‘n kykie te gee op die uiteindelike waarheid. Geloof word nou in die geskiedenis gegrond en dit het so ‘n geweldige invloed dat alle ander ervarings in verhouding hiermee beoordeel word. Die verhaal van Israel en haar verlossing deur God se seun is nie slegs legendes nie, maar historiese gebeure. Daarom word Pontius Pilatus eerder as enige van die apostels of heiliges in die vroeë geloofsbelydenisse van die kerk genoem, want hier ontmoet die wêreld van geloof en die wêreld van geskiedenis.

Briggs waarsku egter terselfdetyd dat ‘n mens versigtig moet wees om nie naïewe argumente oor mag te gebruik nie — asof die suksesvolle Christen veldtogte in die kerkgeskiedenis op een of ander manier die waarheid van die Christendom bewys.

God’s work is a secret work. Honesty demands that when we look at a history textbook we admit that it is often difficult to discern there the finger of God. Sometimes we may think we see him at work, but for the most part the story reads in soiled and earthy terms leading too easily to the exclusion of God from the story.”

Dit beteken egter nie dat ons nie ‘n skadu van God se plan kan waarneem of ondervind nie. Dr. N.A. Burger het die enorme taak aangepak om God se “secret work” vir ons te openbaar in die verloop van Israel en uiteindelik ons volk se geskiedenis.

Hy sien Israel as ‘n volk wat veronderstel is om vry en onafhanklik onder God se bestuur te wees. ‘n Mens lei vinnig af dat hy enige vorm van koningskap, staat of wêreldse autoriteit sonder die opperste bestuur van God problematies vind. Burger waarsku dan ook: “Die herstel van ‘n eie staat moet nie as doelwit nommer een gesien word nie. Die hoofsaak bly ons geestelike verlossing wat met die spoedige verwagte koms van Yahweh voltrek sal word. Dit sal saamval met die herstel van Israel as totaliteit”

Vir hom was die Rigterstyd ‘n ongelooflike tydperk vir Israel waar sy onder die beskerming van God alleen gestaan het. Daar was geen koning en geen regering nie behalwe die raad wat God in tye van nood aan die volk gebring het. Hy sien dieselfde gees in ons volk se geskiedenis waar die Voortrekkers en hulle onafhanklikheid en isolasie God se beskermende hand weer teruggebring het tot die Unie en Britse imperialisme weer die band gebreek het.

Daar word dikwels aanklagte gemaak dat die idee dat Europeers moontlik die Blanke Israel volke van ouds is ‘n verdraaiing en vernietiging van die oorspronklike betekenis van die Bybelse teks is. En tog, selfs wanneer ‘n professor van geskiedenis aan UNISA hierdie idee histories asook skriftuurlik voorlê word dit vanuit die staanspoor verwerp. Skrywers en historikuste soos N.A. Burger, Bertrand Comparet, E Raymond Capt, Steven M. Collins en vele ander deur die jare het hierdie historiese probleem al op vele geleenthede aangespreek. Die probleem met ‘n volksgerigte Israel studie is nie ‘n tekort aanhistoriese bronne, argeologiese vondse of selfs skriftuurlike getuienis nie. Die grootste probleem met die blanke Israel konsep is autoriteit.

Wie is hierdie klein groepies verstrooide blanke individue en gemeentes om enige autoratiewe standpunt oor die Bybel in te neem? Die hoofstroom Christendom word gelei deur geleerdes, teoloeë en professors wat volgens meeste mense sekerlik die waarheid onder hande het. Sekerlik meer as wat die naieve geloof en wêreldsiening van ‘n handjievol rassistiese blankes in Suid-Afrika ooit kan kry. Dit was die houding van die Kaapse godsdiens elite teenoor die hardkoppige grensboere. Dieselfde “naiewe” grensboere wat uiteindelik bestem was om deur ‘n gelofte met God die grootste wonderwerk in Suid-Afrika te ervaar.

Hoe ironies is dit ook nie dat die intellektuele elite van die kerk wat so hard veg vir die Messias se goedkeuring ook self deur hom verwerp word:

Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. — Mattheus 11:25
Sinode 2023. Die Farriseërs en Skrifgeleerdes van die NG kerk staan vas agter hulle besluit om toelatings te maak vir verhoudings tussen mense van dieselfde geslag. In 2019 het hulle “uitdruklik om verskoning gevra” vir die pyn wat Gay lidmate en hul families wat wetend en onwetend misken in die kerk beleef het.

As ‘n mens wil sien hoe ver van die pad af geleerdheid en die Bybel ‘n mens kan neem kyk net na die Katolieke Kerk en al hulle teoloë, professors en geleerdes wat deur die jare absolute waansinnighede begin kwytraak het soos die hemelvaart van Maria, transubstansiasie en die vagevuur.

In Suid-Afrika het die susterskerke vir dekades deur hulle kweekskole en geleerdheid twee teenstrydige opinies oor die Bybel gehandhaaf. Vanaf 1948 vir apartheid en dan skielik na 1990 teen apartheid. Vandag kan die NG kerk spog met Bybels geregverdige homseksuele predikante. Is dit die Gees of is dit hulle eie verstand waardeur hierdie geleerde herders daagliks gelei word?

Die pad na die verderf is breed en meeste mense loop daardie pad want daar is honderde teologiese wolwe, professors en goeie bedoelinge wat sit en wag soos brullende leeus. En ons volk is soos skape wat as gevolg van ‘n gebrek aan kennis op hierdie wye pad beland.

Geleerdheid bring ‘n mens nie noodwendig na die waarheid nie. Dit kan egter die lig wat jy dra helderder laat skyn. Die wysheid en insig tot die waarheid is in God se hand alleen en Hy alleen kan jou bring na Sy waters en wanneer Sy stem eendag in jou bors begin uitroep word dit ‘n lamp op jou pad en ‘n lig teen die onkunde.

Dit was nie geleerdheid wat ons volk se voorouers met hul tog oor die drakensberge, deur bloedrivier, paardekraal tot selfs na die Anglo Boereoorlog bewaar het nie. Inteendeel, soos Burger dit veral later in sy boek beklemtoon, die kerk en predikante aan die Kaap wou niks met ons voorouers tedoen he nie. Hulle reaksie teen die Britse owerheid was beskou as rebellie. Die Kaapse predikante het ons volk as hardkoppig en naief beskou wat die wil van God verwerp het. Volgens die kerk was hulle nodig om ons as volk te beskerm teen verval en barbarisme.

Maar soos Burger dit meld in sy boek:

“Die vrese van die Kompanjie en Kerk wat haastig landdroste en leraars agter hulle aangestuur het, ten einde hulle nie aan barbarisme uit te lewer nie, is bewys as totaal ongegrond. Die sekulêre en kerklike owerhede het toe, soos ook nou, duidelik die Boervolk se geestelike kwaliteit onderskat. In so ’n streng-geordende gemeenskap, was geen ruimte gelaat vir losbandigheid en permissiwiteit nie. Hierdie stoere mense het tereg die inheemse nie-blanke volk as Kanaäniete beskou met wie geen rassevermenging toelaatbaar was nie. Hulleself was Israel, die uitverkore volk van God, deur wie dit so beskik is dat hulle as Ligdraers van die Evangelie na Afrika moes kom. Hulle het daarom ook geen vrees gekoester nie, omdat die Alomteenwoordigheid van die Almagtige hulle ook daar sou beskut. Was dit nie presies wat hulle, Bybelkenners wat hulle was, in Deut 32 gelees het nie?

Uit hierdie geestelike en rassuiwer volk het die Boervolk ontwikkel — ’n volk wat sonder geordende geestelike leiers Christen-staatsmanskap oor die lengte en breedte van die sub-kontinent gevestig het. Dit is duidelik dat die individuele patriarge, soos die rigters van ouds, hulle in hul optrede volkome op God se voorskrifte vir hulle lewe gelaat het. Geesvervulde mense wat hul was, het hulle inderdaad gekwalifiseer as rigters onder die Suiderkruis.

Die Afrikaner-Boere het ‘n gemeenskap gevorm wat streng volgens die voorskrifte van die Bybel geleef het. Hierdie gemeenskap was diep godsdienstig, met elke plaasboer wat as ‘n Bybelse patriarg opgetree het, nie net as die heer en meester van sy gesin en werknemers nie, maar ook as hul voog en priester. Die geloof het ‘n sterk invloed gehad op die ontwikkeling van ‘n kultuur wat tradisie, orde en geregtigheid hoog aangeskryf het. Die Bybel was die kern van hul lewens en het gedien as ‘n rigsnoer vir die lewe hier en hiernamaals​. Daar was geen kerk nodig om hierdie volk na die waarheid te bring nie.

Volgens Burger was die rede vir die grensboere en voortrekkers se geweldige klem op die Bybel en ras suiwerheid gestel in hulle Calvinistiese wêreld sieneing. Hy wei etlike bladsye af aan die gedagte en meld:

“Deur noukeurig in te gaan op die oorsprong en ontwikkeling van die Calvinisme, sal die buitestander ten minste gedeeltelik in staat stel om die werking van die Afrikaner/Boer se gedagte-gang te bepaal”

Johannes Calvyn. Die grensboere en trekkers het ‘n sterk Calvinistise siening gehad dat God se soewereine wil sekere individue vir verlossing gekies het. In die proses het hulle hulself gesien het as ‘n afgesonderde en heilige volk wat deur God geroep is om ‘n spesifieke rol in Afrika te speel.

Dr. Burger is egter nie sonder kritiek aangaande Calvyn se Institutio Christianae Religions nie. Hy meld onder andere dat Calyn se klem op die dogma van Sakramente geen skriftuurlike grondslag het nie en slegs eiesinnige uitsprake was wat niks meer beteken het as om die mens weer aan die kerk as ‘n instituut vas te ketting nie.

Nietemin, Calvinisme het ‘n teologiese raamwerk gebied wat die idee van ‘n uitverkore volk ondersteun het en wat uiteindelik ‘n diep gewortelde idee onder ons voortrekker voorouers geword het. Dit het die aanname gevestig dat ‘n groep mense, wat gehoorsaam was aan ‘n streng interpretasie van die Bybel, deur God uitverkies was vir spesiale roeping en beskerming. Hierdie geloof het resonansie gevind onder die Boere, wat hulself gesien het as ‘n gemeenskap wat deur God gekies is om ‘n spesifieke rol in Afrika te speel.

Hierdie oortuiging is verder versterk deur die grensboere en latere voortrekkers se interpretasie van Bybelse gebeure en simboliek. Die grensboere het hul eie moeilike lewe en stryd vergelyk met dié van die Ou-Testamentiese Israeliete. Hulle het geglo dat hulle deur God uitverkies is om ‘n hoë roeping in Afrika te vervul, en dat hulle, soos die Israeliete, verplig was om die sondige heidene rondom hulle te bekeer of uit te dryf.

Dr. Burger haal ‘n baie interressante gedeelte aan van Profesoor C.W. de Kiewiet aan uit A History of South Africa. Social & Economic:

“The fierce Protestant zeal which had fought the Spaniards was little concerned about the welfare of pagan souls. Rather did they hold the belief expressed by Canning in a later and more humanitarian age that the church ”was no more calculated for the negro than for the brute animal that shares his toil”

Hierdie gedagtes het bygedra tot ‘n sterk gemeenskapsgevoel en ‘n verbintenis tot hul geloof en kultuur. Die voortrekkers het hulself gesien as lede van ‘n heilige verbondsvolk, wat verantwoordelik was om God se wil op aarde uit te voer. Hulle het geglo dat hulle ‘n goddelike reg gehad het om hul grondgebied en kultuur te beskerm, selfs met geweld indien nodig. Hierdie wêrelsiening het hulle as ‘n blanke volk vir meer as 200 jaar jare teen verbastering en verengelsing beskerm.

Vandag het ons hierdie reg verloor. Ons land is oorgegee aan vreemdelinge en ons volk het in werklikheid niks meer geword as bywoners van ‘n land wat ons voorouers bloed voor gestort het nie. Aan die einde van sy boek sien Dr Burger egter ‘n oplossing vir hierdie tragiese toestand:

“Dit is duidelik dat die toekomstige gebeure wat tot die herstel van die Boerestaat sal lei, sy oorsprong sal vind in die herstel van die volk se verhouding met sy Skepper, dit wil sê, dat hy sy Verbond, soos by Golgal, met die Almagte sal hernu.”

Is dit nie merkwaardig hoe sy geestelike vertolking van ons volk se geskiedenis hom amper ‘n profeteet van ons tyd gemaak het nie. Lank voor die gesigte van Siener beskryf het hoe hierdie volk eendag weer die knie moet buig voor God het Dr. Burger reeds besef dat die boervolk eendag weer sy vryheid met die hulp van God sal terugkry. Want dit is die belofte wat God aan hom gewys het uit profetiese boeke soos Sefanja, Jesaja en Miga.

Rigters onder die Suiderkruis

deur Dr. N.A. Burger
Prys: R100 | E-boek

Leave a Comment