’n Tyd om dood te maak

Pastoor Mark Downey

Een van die Tien Gebooie is: Jy mag nie doodslaan nie en tog sê Spreuke
3:3 “daar is ’n tyd om dood te maak”.

Praat die Bybel dan teen homself? Polities-korrekte linkse liberaliste hou daarvan om tekere te gaan oor Christelike skynheiligheid wat betref ons standpunt oor aborsie en die doodstraf.

Die werklike teenstrydigheid egter, is by hulle wat die Woord van God nie lees, glo of verstaan nie.

Die tyd of wanneer om dood te maak, is regverdig in die oë van God. Toe God vir Moses aangesê het om vir die volk te sê “Jy mag nie doodslaan nie”,het Hy bedoel dat jy nie onskuldige mense van jou volk mag vermoor nie. Dwarsdeur die geskiedenis was die uitskakeling van misdadige optrede of doodsondes ’n oorlewingsmeganisme wat deur God geheilig was vir ons gemeenskappe om in vrede te kan leef. Die wet is in ons hart. Ons weet wat is reg en wat is verkeerd, en dit is in ons gedagtes geskryf sodat ons verstaan wanneer die wet toegepas moet word. Die konflik ontstaan wanneer twee standaarde van die wet toegepas word: Dié van die mens en dié van God. Die vraag wat ek vra en wat baie mense probeer beantwoord, is: Kan ons en mag ons die wet in ons eie hande neem? Kan ons sê dat ons jurisdiksie het om dood te maak wanneer dit ’n geval is van selfverdediging? Sommige idiote sê sowaar “nee, ons het nie daardie reg nie”.

Dit is die hoek waarin ons vandag gedruk word.

Ellie Nesler, ’n ma van Kalifornië, het onlangs die pedofiel wat haar seun verkrag het, doodgeskiet. Het Ellie die Bybelse wet in eie hande geneem, of was sy ’n moordenares? Baie Kaliforniërs beskou haar as ’n held. Maar die Joodse media het haar verguis en as ’n moordenaar uitgekryt, want die pedofiel het reg op lewe. “En my kind?” wou sy weet. “Het hy dan geen regte nie?”

Die liberale bleek harte kan enige soort tegniese argumente aanvoer, maar die beginsel om geregverdige aksie te neem, kan gevind word in Deut. 19:1-13. Dit handel daaroor dat iemand doodgemaak is en dat die moordenaar gevlug het. Wat moet ’n mens doen? Vers 12 sê (dis ’n opdrag van God): “dan moet die oudstes van sy stad stuur en hom daarvandaan laat haal en hulle moet hom in die hand van die bloedwreker oorgee, dat hy kan sterwe.” Die Jode het hulleself in ons juridiese sisteem ingewurm en ons standaarde omgekeer, hulle noem goed sleg en sleg goed. Hulle stry vir die regte van verkragters, moordenaars en diewe, en plaasd die slagoffers in die beskuldigde bank.

Die lamlendige, louwarm, papperige predikertjies klou almal vas aan “My kom die wraak toe” en hulle vergeet van Numeri 35:19 wat sê: Die bloedwreker, hy moet die moordenaar doodmaak; as hy hom kry, moet hy hom doodmaak”.

God sê van sy eie mense, (die Israeliete) in Jeremia 51:20: “Jy is vir My ’n hamer en oorlogswapens; en met jou verbrysel Ek nasies, en met jou verwoes ek koninkryke”. Dis dieselfde God wat sy Seun gestuur het om sy volk van hulle vyande te kom verlos!

En in Lukas 11:21 bevestig die Seun dit wat sy Vader van ons verwag, met hierdie woorde: “Wanneer ’n sterk man wat goed gewapend is, sy huis bewaak, is sy besittings in veiligheid.” Met ander woorde, jy moet jouself bewapen, en daardie wapen moet jy gebruik om jou gesin én eiendom te beskerm.

Dus, as ons skiet om ’n bose indringer dood te skiet, dan is daar geen twyfel dat ons God ons die reg gegee het om lewes te beskerm nie. As ons die konteks lees van Lukas 11:14-23, dan sien ons dat die beginsel is dat ons en ons Messias die kwaad en gevaar moet keer wat poog om onsfisies en geestelik te vernietig.

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470