Aanbid saans voorvadergeeste (Deel II)

In Deel I (Bedags preek hulle Jesus)  is hoofsaaklik gekyk na die fisiese verskille tussen die wit en swart ras. Op geestelike vlak is daar egter veel groter verskille. Ons het reeds gesien dat die fisies ongelyksoortigheid so groot is dat slegs één ras na die beeld van Jahweh geskape kon wees.In Maleagi 2:15 staan daar dat Elohim ’n geslag van sy eie wou hê, en dwarsdeur die Bybel lees ons van sy groot liefde vir hierdie Israel-geslag van Hom. In Hand. 17:29 bevestig Paulus dat Israel Elohim se geslag is (m.a.w. uit Hom gebore is).

Paulus kon onmoontlik hierdie woorde tot die Jode gerig het, want hulle het nie net die Messias vervolg en uiteindelik vermoor nie, maar wou Paulus en die dissipels ook doodmaak. Die Jode maak in Hand. 13:45 geen geheim daarvan dat hulle met die Evangelie niks te doen wil hê nie: “Maar toe die Jode die skare sien, is hulle met nydigheid vervul en het met lasterlike woorde weerspreek wat deur Paulus gesê is”.

Maar op sy beurt het die Messias ook geen geheim gemaak van wat Hy van die Sadduseërs, Fariseërs en Jode dink nie. Net soos Johannes die Doper het Hy hulle by verskeie geleenthede uitgeskel as “slange en addergeslag”. Hierteenoor sê Elohim in Jes. 43:21 nie net dat Hy vir Hom ‘n aparte volk “geformeer” het nie, maar ook dat hulle sy “lof (Evangelie) sal verkondig” (In die 2 000 jaar sedert die Messias se geboorte en kruisiging het die Jode nog nooit sy lof (Evangelie) verkondig óf ’n Bybel gedruk en versprei nie!)

Met Israel se aankoms in Kanaän het Hy genadeloos ál die ander nasies voor hulle uitgedrywe. Toe gee Hy aan Israel bevel om hierdie ander volke uit te roei, geen ooreenkomste met hulle te sluit nie, hulle afgodstempels en bidplekke te verwoes, en nooit, maar nooit, met hulle mag verbaster nie: “Want jy (Israel) is ‘n volk heilig aan Jahweh jou Elohim; jou het Jahweh jou Elohim uitvberkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees.

As die Jode dan sy uitverkore geslag of eiendomsvolk is, hoe regverdig die Messias die verdoemende oordeel wat Hy in Joh. 8:21-42 oor hulle uitspreek? “Waar Ek gaan, kan julle nie kom nie … Julle is van benede, Ek is van bo; julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie uit hierdie wêreld nie … As Elohim julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het uit Elohim uitgegaan en gekom. (Hy gee dus te kenne dat hulle nie deur Elohim geskape is nie) (want)  … Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie”.

Met hierdie woorde vertel Hy die Jode presies wié en wát hulle en hulle vader is.

Die vraag is nou: Sal ’n “liefdevolle Jesus” só teen sy “uitverkore volk” uitvaar? En dan ook nog sê hulle sal Jahweh se Koninkryk nooit sien nie? Hy spreek nie net ’n oordeel oor hulle uit nie, maar dis duidelik dat Hy hulle ook haat en verag.

Joh. 2:22 openbaar die Jode as die Antichris: “Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën”.

Van al die volke op die aarde, is dit juis die Jode wat “ontken dat  Jesus die Christus is”. Selfs die Moslems beskou Hom as ‘n profeet.

Tog volhard die kerk daarmee dat die Jode God se uitverkore volk is. Die kerk se Jesus staan dus lynreg teenoor die Messias van die Skrif.

Verder sien ons dat Elohim se “beelddraers” oor talle Goddelike eienskappe en talente beskik, en dat Hy ook net aan hulle sy wette en verordeninge gegee het.

Wat baie mense egter uit die oog verloor wanneer hulle die wette van ou-Israel en die Nuwe Testament bestudeer, is dat die Almagtige self sy eie verordeninge en wette nakom wat Hy ingestel het. As Hy dit nie doen nie, kan Hy mos nie oordele uitspreek oor sy volk vir hulle ooretredinge nie.

Die verbond tussen Israel en Elohim is sentraal tot die hele verlossingsboodskap. Dit is veral deur die ou profete beskou as ‘n tipe huweliksverbond en dus ondergeskik aan die toepaslike wette soos in Deuteronomium uiteengesit. In  Deut 25:1-4 lees ons dat as ‘n man ‘n vrou neem en met haar trou, en as hy iets skandeliks aan haar ontdek, en haar ‘n skeibrief gee en haar uit sy huis wegstuur, en sy trou met ‘n ander man, en daardie man van haar skei óf te sterwe kom, dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie weer neem nie, – sy is onrein en dis ‘n gruwel voor die aangesig van die Jahweh”.

Na die dood van koning Salomo rondom 928 v.M. het sy koninkryk verdeel in die Noordryk (Huis van Israel) met Samaria as hoofstad en die suidelike ryk (die Huis van Judah) met hulle hoofstad Jerusalem. Die Noordelike Huis is eerste in ballingskap weggevoer deur die Assiriërs rondom 721 en dit is aan hierdie deel van die volk wat die profeet Jesaja 50:1 die volgende skryf:

“So sê Jahweh: Waar is tog die skeibrief van julle moeder waarmee Ek haar verstoot het? Kyk, weens jul ongeregtighede is julle verkoop, en weens jul oortredinge is julle moeder verstoot”.

Ongeveer ‘n 150 jaar later in 587 v.M. het die Babiloniërs onder Nebukadnesar die suidelike ryk van Judah ingeval, die Tempel verwoes en die volk ook in ballingskap weggevoer. In Jesaja 3:8 lees ons dat Jahweh aan Israel ‘n skeibrief gegee het weens haar owerspel, en dat haar suster, Juda, net so ontrou was en self gaan hoereer het…

‘n Interessante vraagstuk steek hier kop uit:  As Israel die enigste volk was wat onder die wette en verordeninge van Jahweh gestaan het, was hulle ook die enigste wat dit kon oortree. ‘n Mens kan tog nie iemand veroordeel oor ’n wet of reël waarvan hy geen kennis dra nie? Dis hoekom Hy nie die heidense volke gestraf het nie, hulle het nooit die wet ontvang nie.

Rom 4:15: “Want die wet werk toorn; maar waar geen wet is nie, daar is ook geen oortreding nie.”

Die skeibrief wat Jahweh aan die Huis van Israel gegee het, het gemaak dat sy nooit weer sou kon trou, solank as wat Hy leef nie. Daarom moes Hy aarde toe kom en sterf. Met sy dood en opstanding is sy volk vrygemaak van die huwelikswet, en kon sy weer haar verbond met Hom hernu (met Hom in die huwelik tree). Romeine 7:1-3 lees:

1) “…ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe… 2) Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man. 3) Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ’n egbreekster is as sy ’n ander man s’n word nie”.

Haar sondes, voor die Messias se dood en opstanding, het haar aan die wet vasgebind. Slegs ‘n naasbestaande, ‘n bloedverwant kon die verlossing bring. Weereens kom die Almagtige noukeurig die wette na wat Hy self ingestel het:

Mat 1:21 – “…en sy sal ’n seun baar, en jy moet Hom Jashua noem, want dit is Hy wat sy volk (nie die ganse wêreld nie) van hulle sondes sal verlos.”

Luk 1:68  – “Geloofd sy Jahweh, die Elohim van Israel, omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeggebring het…”

Sonder die oorwinning oor die dood was sy volk verlore. Maar hierdie groot openbaring maak ook iets anders bekend: Dat verlossing SLEGS vir Israel was. Geen ander volk was onder die wet geplaas nie, en geen ander volk het dus nodig gehad om verantwoording te doen vir sy afgodediens (“hoerery”) nie. Inteendeel, as ons na die Ou-Testament kyk, was dit hierdie volke geoorloof om hulle afgode te dien. Maar Israel is keer op keer gestraf wanneer hy voor die heidense gode gebuig het, met ander volke vermeng of verbonde met hulle gesluit het.

By drie geleenthede gee die Messias self te kenne dat sy Vader Hom net gestuur het om Israel te verlos: Mat. 15:24: “Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel”.  En in Mat 10:5: “Jashua het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in ’n stad van die Samaritane nie…”  En nadat Hy uit die dood opgestaan het, verskyn Hy aan sy dissipels waar hulle uit vrees vir die Jode weggekruip het, en Hy gee aan hulle een van sy laaste opdragte: “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook”. Hoe die Vader Hom gestuur het, sien ons in Mat. 15:24 hierbo.  (Nou ontstaan die vraag: As die Jode dan (volgens die kerk) sy uitverkore volk is, waarom sou sy “uitverkore” dissipels uit “vrees” vir hulle (medebroeders) weggekruip het?

Die heidense volke was ook nie Israel se “naaste” nie. Lev. 19:16-17 stel dit duidelik: “Jy mag nie as ’n kwaadspreker onder jou volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie. Ek is Jahweh. Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie”.  (Hier sien ons dat volksgenoot, broer en naaste sinonieme is). Die King James stel dit nog duideliker: “…thou shalt love thy neighbour as thyself”.  Israel het hierdie gebod in die woestyn gekry, waar hulle afgesonderd van ander volke gebly het. ’n Israeliet se naaste/neighbor  kon dus net ’n ánder Israeliet wees!

As “dieselfde” beeld en gees van Jahweh in ons en die swarte was (soos wat die kerk beweer), verklaar dan die volgende:

Op RADIO PRETORIA is daar op 2 Desember 2002 ‘n gesprek uitgesaai op die program, Landboukorrels, wat die totale Christendom tot in sy diepste fondamente geskud het.

Die gesprek het plaasgevind tussen Martin Jansen, omroeper, en dr Philip du Toit, regsgeleerde en voorsitter van die Landbouwerkgewersorganisasie.

Ongelukkig kan ek hier net enkele van die vernaamste punte uitlig.
1) ‘n Blanke Jesus Christus kan NOOIT die Verlosser en Saligmaker van ‘n swartman wees nie!
2) In die swartman se taal word ‘n blanke geklassifiseer as ‘n “ding”.
3) Jesus Christus word deur die swarte beskou as slegs ‘n enkele voorvadergees — een van die baie waarin hy glo. Die witmens is vir hom ‘n mlungu, dit beteken “opdrifsel” in sy taal.
4) Die swartes beskou ons hoegenaamd nie as mense nie. Hulle beskou ons as “dinge”. En vra: Hoe kan jy ‘n “ding” liefhê. Die woord “liefde” bestaan ook glad nie in sy taal nie. As hy vir ‘n vrou wil sê “ek het jou lief”, sê hy “ek lus jou”. Seks is al “liefde” wat hy ken!

Kom ons kyk nou wat ons eie swart Christene hieroor te sê het:

Op 10 Augustus 1994 verskyn ‘n berig in Beeld i.v.m. die eerste internasionale konferensie oor die Christendom wat by die Telkom-kollege op Olifantshoek gehou is. Een van die sprekers was Nokuzalo Mndende, dosent aan die Universiteit van Kaapstad se departement van Godsdienstige studies. In haar lesing (op die tweede dag van die konferensie) het sy o.m. die volgende gesê: “Swartmense is miskien in naam Christene, maar nie in die praktyk nie. Suid-Afrika is nie ‘n Christelike land nie. Mense gaan Sondae kerk toe, maar neem Saterdae aan voorvadergeesaanbidding deel.

“Die Christendom is iets wat die swartmense aangeleer het. Tradisionele gelowe (voorvadergeesaanbidding) is iets waarmee hulle gebore is en waarvolgens hulle leef”.

Haar opmerkings het ‘n beroering onder die afgevaardigdes van die grootste hoofstroom kerke veroorsaak. Sy het verder gesê dat selfs swart predikers van baie hoofstroomkerke preek in die dag oor die Christendom en neem in die aand aan tradisionele rituele soos voorvadergeesaanbidding deel.

“Swart Suid-Afrikaners neem aan die een of ander tradisionele geloofsgebruik deel. Waarom vereer ons die voorvadergeeste?” vra sy en beantwoord dan self die vraag: “Daar moet iets goed daaraan wees!” (En dit pla niemand nie, veral nie die kerk nie, want nou kan ons mos saam vir God en afgod bid!)

Mndende het haar toespraak afgesluit met hierdie verdoemende uitspraak: “Hoewel sendelinge geprobeer het om swartmense te verander om Christene te wees, het hulle gefaal!”

In sy toespraak op die eerste dag van die konferensie het eerwaarde Desmond Tutu die Afrikaanse kerke afgeransel: “Die siening van sendelinge dat alles in Afrika heidens was, is jammer. Hulle het die swartmense se manier van aanbidding heeltemal verwerp. Swartemense moet hulle verlore erfenis herwin … Die manier waarop swartmense hul voorvadergeeste vereer het, moes deur sendelinge gebruik word as ’n skakel tot die Europese kerke se heiliges. Die sendelinge het swartmense egter skuldig laat voel oor dié gebruik…”

Tutu het al gedurende die derde sitting van Kodesa III in Junie 1992 aan ‘n NG Kerk in Kemptonpark sy standpunt hieroor gehuldig. Met die aanvang van ‘n oggenddiens het hy gesê: “Ek het gisteraand saam met my mense ons voorvadergeeste aanbid, vanoggend aanbid ek saam met julle julle Jesus; en wie sal vir my sê dis verkeerd?”

Die gemeente het hom tjoepstil aangehoor, maar na afloop van die diens eerbiedig opgestaan en hom toegesing: “Laat Heer u seën op hom daal…”

In sy boek, Die vuur brand nader (NBP, 1964), beskryf Guy van Eeden, sy ondervinding met swartes se benadering tot die witman. “Die naturel se gesindheid teenoor liberaalgesinde blankes (sendelinge ingesluit), is dié van agterdog, en ons hou glad nie van blankes wat ons wil omhels nie. Ons gebruik so ‘n persoon, veral teen ander blankes. Maar sodra hy aan sy doel beantwoord het, word hy gou vergeet — en opsygeskuif. Hy is nie ‘n man vir wie ons werklik ontsag (of respek) het nie.”

Sowat ‘n jaar nadat die revolusie in die Belgiese Kongo uitgebreek het (1961), het terroriste tydens een van hulle donkermaan-aanvalle (ook bekend as (Die Nag van die Swartuil), met die steun ‘n swart ouderling, Masamba Kalagho, en sy diakens die sendfingstasie bestorm. Hulle het die hospitaal en skool afgebrand; pater Levevre en die sendeling-dokter aan ’n boom vasgebind, al vyf blanke nonne verkrag en met skerp stokke doodgesteek (een het oorleef en later die gru-tonele wat daarna plaasgevind het, in die hospitaal oorvertel).

Toe Masamba Kalagho uiteindelik met ’n mes voor pater Levevre gaan staan, vra dié hom: “Hoekom wil jy ons doodmaak? Ek het jou dan self na Christus gelei, jou gedoop, en al die jare het jy Hom getrou gedien….”

Sy antwoord was: “Ek haat julle Jesus, en as die Jode Hom nie gekruisig het nie, het ék Hom self doodgemaak!”

Hierna het hy die pater en geneesheer se kele afgesny.

In Rhodesië (1976) is die einste Kalagho as leier van ‘n terroristebende deur Rhodesiese magte gevang. In die jeep op pad na die basis het Kalagho uitdagend sy woorde aan pater Levevre teenoor ‘n jong luitenant herhaal, en sonder om te aarsel, het die luitenant hom op die plek doodgeskiet.

Ten slotte: 17 jaar lank al word daar by sangoma, voorvadergees, Mohammad en Jesus van die kerk aangeklop om vrede, veiligheid en versoening vir hierdie bloedbevlekte land op te vorder, maar van hulle kant was daar nog nie eens ‘n “Amen” nie!  Moontlik is hulle nog net nie ingelig dat die ware Merssias met sy Vertrek net tweededrag, vyandskap, die swaard en die Folterpaal agtergelaat het nie. Al wat hulle weet, is dat die Waarheid en Leuen nou intussen versmelt het tot ‘n nuwe geloof (ons is almal één). En dié wat op die kerkbanke agtergebly het, het dadelik ‘n menigte leraars versamel om hulle in die oor te streel met hierdie “ander” Jesus se “ander” evangelie. Meegevoer deur die boodskap, weet hulle niks van die 35 000 volksgenote wat hul swart broers sedert Mandela se Victor-Versterdag geslag het nie. Al waarvan hulle seker is, is dat wit rassistiese honde in dieselfde tyd 8 van hulle geliefde swart broers se kosbare lewes geneem het.

DIE OERLA-LINDA

Nou weer beskikbaar! Die Oera Linda boek is die verhaal van die magtige Friese Ryk wat die destydse beskaafde wêreld oorheers het. Maak ook kennis met hul taal wat ‘n duidelike voorloper van Afrikaans is.

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470