NGK vrees Londen scenario vir SA

Die NG Kerk het die afgelope tyd benoude spronge op sy amptelike webblad gemaak oor die “vlaag van geweld wat Londen en ander Engelse stede onlangs getref het, en Brittanje tot in sy fondamente geskok het”. Nou sit die kerk radeloos, vreesbevange met die hand in die hare en wag dat dieselfde hier moet gebeur. En wat dan? Allerlei voorstelle word gemaak om so ‘n situasie die hoof te bied, maar ironies genoeg,word die kerk se God nêrens genoem as Iemand by wie dalk hulp gevra kan word nie.

Daar word twee redes vir hierdie “opstand van die leë mae” aangevoer. Albei so holruggery soos die sekelmaan: 1) Arm swart klonge wat “uitgesluit word van behoorlike onderwys en opvoeding”. En 2) Die blanke “samelewing skuld die agtergeblewe swartes iets sonder dat hulle ’n teenprestasie hoef te lewer.”

Wat die kerk se eerste rede betref: Hy en sy ongeletterde, onopgevoede, wil-nie-werk-nie swarte, weet baie goed dis ‘n leuen, want in die apartheidsjare het swartes méér van die handjievol blankes ontvang as die res van Afrika van hul eie regerings. Hier is net ‘n paar voorbeelde:

Die NP regering het vir hulle 10 swart universiteite gebou – Medunsa ingesluit (‘n unieke mediese fasiliteit), wat 200 swart dokters per jaar laat kwalifiseer het op staatskoste, betaal deur blanke belastingbetalers. In Soweto se Barakwanath-hospitaal is sewe opehartoperasiues daagliks uitgevoer. Vandag staan dit bekend as die Chris Hani-hool (ekskuus, hospitaal).

Altesaam 65% swart kinders was in die skool, teenoor Egipte se 64%, Nigerië 57%, Ethiopië 29%. Die NP regering het elke 24 uur 15 nuwe klaskamers dwarsdeur die jaar gebou. Dit beteken dat ‘n ekstra 600 meer swart kinders daagliks skool kon bywoon. Omdat hulle egter nie vir lees, spel en skryf in die wieg gelê is nie, is die klaskamers en dikwels sommer die hele skool net so vinnig afgebrand.

In 1978 het Soweto 115 sokkervelde gehad, 3 voetbalvelde, 4 atletiekbane, 11 krieketvelde, 2 gholfbane, 47 tennisbane, 7 swembaddens, volgens Olimpiese standaard, 5 rolbalbane, 81 netbalbane, 39 speelparke en tallose stadsale, flieke en klubhuise. Daarby het Soweto ook gehad: 300 kerke, 365 skole, 2 Tegniese Kolleges, 8 klinieke, 63 dagsorg sentrums, 11 poskantore en sy eie groentemark.

Oor die kerk se tweede rede, moet hy die vinger na homself wys, want was hy dan nie die voorbok wat met sy sendingwerk hierdie bedelbak-filosaofie by sy lokasie-broers gekweek het nie? Met kos en klere is hulle na kerkdienste gelok, gedoop, gekersten en getrou. Maar sodra die pap en vleis wegval, het die kleed van “bekering” ook soos ‘n bokvel van die swart skouers afgegly.

Niemand kon Afrika se ewige hongerpyne, waterdors en armoede nog ooit stil nie. In 1985 toe ‘n miljoen in Etiopië van honger omgekom het, het die Ierse kitaarslaner, Bob Geldof, sy tokkelblik gegryp en met aapspronge op die verhoog en ‘n gejil wat aan waansin grens, honderde miljoene dollar vir die 35 miljoen verhongerde Etiopiesiërs ingesamel – wat hulle sommer fluks binne enkele dae verorber het.

Vandag, 26 jaar later, lyk Etiopië weer so. Maar hierdie keer is daar 70 miljoen honger mae, en hierdie keer is die rumoerige ghrieskop Geldof ook nêrens te sien nie. Dit lyk of hy in ’85 ‘n paar miljoen dollar goeie skoolgeld betaal het.

Die NGK se vrees vir nagtelike plundering en oproer in ons strate, kan dalk nog hierdie week ‘n werklikheid word. In Engeland was swart en gekleurde jeugbendes die aanstigters, en na Julius Malema se waarskuwings en dreigemente oor die naweek, balanseer Mandiba se wankelende vrede van 17 jaar vandag op ‘n mespunt.

In die Saturday Star van 27 Augustus 2011 word daar redelik volledig oor Malema en sy vleiskop-bende se planne berig. Ek som net kortliks op:

Die Metro-polisie en politici staal hulleself vir die instroming van duisende lede van die ANCYL na Johannesburg Maandagmiddag vyfuur (29/8/2011). Tienduisende lede uit al nege provinsie sal met busse na Luthuli-huis opruk vir ‘n nagwaag daar ter ondersteuning van Malema in afwagting op sy verhoor Woensdag. Van die groot kanonne in die ANC het reeds openlik hulle steun aan Malema toegesê.

Dis dalk ook hoekom hy Saterdag so uitdagend en vol bravade was, en gesê het die ANC is nie ‘n dier nie, en sal nie een van sy kinders eet nie. Hy is reeds oortuig daarvan dat hy skotvry uit Luthuli-huis gaan stap. As dit gebeur, is Jacob Zuma se dae getel. Gebeur dit nie, en Malema word dalk geskors, is die Londen-scenario gewis en seker ons voorland.

Die vraag wat niemand durf antwoord nie, is hoekom Malema en sy bende, net soos in Engeland, in die aand op Johannesburg se strate gaan toesak? Het Malema dalk mooi gekyk hoe die Britse straatboewe maak? Of is hierdie ook net ‘n oefenloop? En al die stakings van die afgelope tyd. Ek glo nie looneise het iets daarmee te doen nie; die massa moes ook hulle oefenlopies doen –  die pionne wat vir ‘n veel meer sinistere doel rondgeskuif word.

Jammer, maar die tyd vir nog ‘n bietjie sluimer, nog ‘n bietjie slaap, is verby!

(Môre of oormôre dalk ‘n stukkie baie belangrike en verstommende nuus vanuit die Oos-Kaap se wêreld!)

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470