Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

Die dier uit die see

2013-07-20

Deur Adriaan Snyman


Op 18 Julie, was dit Nelson Mandela se verjaarsdag en miljoene mense dwarsoor die ganse planeet het andermaal 67 minute bestee om die aantal jare wat hy ‛spandeer het om die wêreld ’n beter plek te maak’, te vier.

En is dit dan nie ironies nie dat die wêreld juis nou (na al Madiba se sogenaamde ‛goeie werk’) in ’n  hagliker toestand en groter chaos is as ooit te vore? Volgens die VN woed daar op die oomblik 134 oorloë wêreldwyd, maai vigs en ander peste miljoene mense af, gaan slaap daar elke aand 1 miljard met leë mae en is die werkloosheidsyfer die hoogste in die geskiedenis. In SA het alle infrastrukture sedert Mandela se oorname in duie gestort, word ons as die misdaad mekka van die wêreld gereken, en is tienduisende blankes deur hierdie einste ‛vredemaker’ se volgelinge vermoor — maar die wêreld juig, want sedert Mandela in 1942 by die ANC-terroriste aangesluit en later die gewapende bende, Umkhonto we Sizwe, gestig het, bly ons in ’n beter plek en daarvoor moet ons hom 67 minute lank bedank! Kan iemand ons dalk sê hoeveel minute se dank die Skepper van die heelal op 18 Julie ontvang het vir sy goeie gawes aan die mensdom?

Nogtans aanbid ons hierdie ikoon asof hy en hy alleen, die redder van die wêreld is. Laat ons dan bietjie kyk hoe lyk so ‘n ‛uitnemende redder’ se rekord?

Hy is ‘n selferkende kommunis, moordenaar en ateïs. In 1963 is hy skuldig bevind aan 156 aanklagtes, onder meer aan verraad, terrorisme, die beplanning van ’n landswye opstand en anargie, sabotasie-aanvalle wat hy en Joe Slovo vanuit Ronnie Kasrils se woonstel in Johannesburg beplan en gekoördineer het, die plant van bomme, en vele ander misdade. In Mei 1985 was hy die breinkrag agter die Kerkstraatbom waarin 19 onskuldige mense gesterf het. Hy het nog nooit daarvoor om verskoning gevra nie, óf net genoem dat dit ‛dalk’ verkeerd was nie. In 1998 is hierdie selfde hoogheilige ‛menseredder’ deur regter William de Villiers in  die Sarvu-saakuitspraak (Louis Luyt teen die regering) as ’n ‛opperste leuenaar’ bestempel — iemand wat die hof ‛skaamteloos belieg en bedrieg het’!

En volgens die gewese VSA Staatsekretaris, Condoleezza Rice, was Mandela nog tot in 2008 deur die Amerikaanse regering as terroris gelys.

Nadat Manela in Junie 1964 lewenslange gevangenisstraf opgelê en per helikopter na Robben-eiland geneem is, was hy Suid-Afrika se bandietnommer 466 van 1964. Dit is dan as nr. 466 64 geskryf. Van daardie oomblik af het hy ook bekend gestaan as ‛Gevangene 46664’ ― m.a.w. dit sou ook sy noemnaam word. Selfs in geskrewe dokumente sou slegs  na hom verwys word as ‛Gevangene 46664’.

Die getal 4 staan vir skepping en is numurologies die ‛wêreldgetal’. M.a.w. alles wat geskep word, kom uit die wêreld en is vir die wêreld. Dit het geen geestelike waarde nie. Verder beteken dit ook mag; en vir die Japannese is die getal 4 verteenwoordigend van vernietiging, onheil en dood. (Mandela was vir die wêreld, hy het mag gehad en sy heerskappy is gekenmerk deur vernietiging, onheil en dood).

Ons glo nie sy bandietnommer was toeval nie, want in hierdie syferkombinasie lê ’n eeue-oue geheimenis opgesluit, nl., die drievoudige ses (666) wat weerskante deur die getal 4 ingesluit word.

In Openbaring 13:18 sê Johannes vir ons wat 666 beteken ― dit ‛is die getal van ’n mens’ ― dieselfde mens wat hy vroeër uit die see sien opkom het terwyl hy op die strand gestaan het.

Daar is al baie bespiegel oor die betekenis van die getal 666. Die letterwaardes daarvan kom in persone se name voor wat dan as die Antichris beskou is; persone wat dikwels genoem word, is die pous, Josef Stalin, Matreya, ens. Sedert Johannes hierdie woorde tweeduisend jaar gelede geskryf het, is Nelson Mandela die heel eerste persoon in wie se ‛noemnaam’ die getal 666 direk voorkom. Maar mev. Hilda Voges wys ons op ’n nog meer verstommend feit ― met sy vrylating het Mandela ook ’n ander deel van Johannes se profesie in vervulling laat gaan: En ek het op die sand van die see gaan staan. (13:1) En ek het ’n dier uit die see (Robbeneiland) sien opkom’.

Johannes sê verder hy het sewe koppe en tien horings gehad. Dis al die lande wat hom gesteun en gekroon het as die god van hierdie wêreld. Die drie simbole wat Johannes aan hom toesê (die luiperd, beer en leeu), kan soos volg verklaar word: die luiperd wys vir ons sy heerskappy is gesetel in Afrika. Die beer, verteenwoordig sy kommunistiese verbintenis en die leeu is Engeland wat aan hom sy mag gegee het. (Met sy begrafnis gaan koningin Elizabet II ’n spesiale gedenkdiens in Westminister Abby laat hou).

Net soos in die geval van Johannes die Doper, wat die voorloper van die Gesalfde (Christus) was, so is Mandela ook die voorloper van die ware Antichris wat aan hom sy mag gee en uit die aarde kom.

Seker die mees ontstellende gedeelte van Johannes se profesie is juis nou besig om vervul te word: En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.

Geen ander sterflike wese het nog ooit soveel wêreldse eer ontvang en lofprysinge, bewondering en aanbidding uitgelok as juis Mandela nie.

2 000 jaar gelede was daar ook ’n ‛Verlosser van mense’ op die aarde, en Hy is ook op ’n dag voor die hof gedaag en verhoor; hy is slegs op één aanklag skuldig bevind, nl. dat Hy die mensdom liefgehad het, só lief dat Hy bereid was om vir hulle te sterwe.

En tot vandag toe nog verag en haat die wêreld Hom daarvoor!

Die profeet (Siener van Rensburg) wat Hy gestuur het om sy volk in ’n donker tyd in te lig en te waarsku oor die dinge wat oor hulle gaan kom omdat hulle ter wille van Mammon, ter wille van sport en ter wille van Mandela die rug op Hom gekeer het, word met dieselfde minagting afgekraak en verwerp.

Om maar net een voorbeeld te noem: In Saterdag 13 Julie se Beeld skryf ene Hennie Laing onder die opskrif, Siener was nie ‘n profeet van God nie, dat daar nog nie ‛een van sy kamptige professieë bewaarheid geword het nie’. Dan sê hy verder dis net ‛verregses wat nie van swart mense hou nie, wat in Siener glo’.

Maar wat Laing nie besef nie, is dat sy eie skrywe aan die koerant juis die vervulling van een van Siener se gesigte is. Reeds in 1916 al het hy die volgende gesig gehad: “Daar kom ’n tyd dat ek weer baie in die nuus sal wees. In daardie tyd sien ek baklei ons nog onder mekaar, toe is als meteens verby en sit ons met ’n swart regering. Dan eers begin die Afrikaner se laaste, maar ook sy felste stryd..”. (uittreksel uit Stem van ‘’n profeet, 1993). Toe hy die gesig in 1916 aan mnr. Boy Mussmann en ander vriende vertel het, wou hulle hom nie glo nie, want ‛so lank die aarde bestaan, sal ’n swart regering nooit oor ons heers nie!’ het hulle gesê.

(Maar die afgelope 20 jaar het daar selde ’n dag verbygegaan dat Nicolaas van Rensburg  nie in die nuus was nie. Op die Internet is daar al meer as 200 000 artikels oor hom beskikbaar. ’n Engelse vertaling van Boodskapper van GodWords of a Prophet, is beskikbaar, en in 2006 het ’n Duitse vertaling daarvan, Worte eines Propheten, by die  Duitse uitgewer, Argo-Verlag, verskyn. Ons weet ongelukkig nie hoe goed dit verkoop nie, aangesien ons geen tantième van hulle ontvang nie. Dus, mnr. Laing, Siener was weer in die kol met sy voorspelling dat hy nog baie in die nuus gaan wees!)

Skaars twee dae na Beeld se plasing van Laing se brief, was Siener al weer ‛in die nuus’ toe pastoor Nevill Norden in ’n preek gesê dat Siener ‛nooit die nag van die langmesse voorspel het nie’’.  Prof. Andries Raath steun hom hierin.

Ons stem saam, Siener het nie die spesifieke woorde ‛nag van die langmesse’ gebruik toe hy sy visioen beskryf het nie. Hy het net gesê hy sien ’n doodkis in die grond afsak en dat daar dan vure uitslaan wat oor die land versprei, met een groot vuur wat vooruit hardloop na Johannesburg. Siener se eie verklaring vir die vuur-simbool, haal ons uit prof. Raath se boek, Die Vierkleur sal weer wapper (1994) — waar die betekenis van vuur deurgaans aangedui word as onluste, rebellie, geweld en bloedvergieting.

In ’n ander gesig het Siener misvure (ook weer geweld) in die nag in Johannesburg gesien. Afrika se belangrikste moordtuig was nog altyd die panga (lang mes). Die uitdrukking  ‛nag van die langmesse’ het in die volksmond ontstaan na aanleiding van die gebeure in Junie/Julie 1934 toe verskeie senior politici deur die SS vermoor is. Dat daar, volgens Siener se visioene, nog so ’n nag van rebellie, geweld en bloedvergieting vir ons voorlê, lyk na ’n voldonge feit.

In dieselfde Beeld waarin Laing se brief verskyn, is daar op bladsy 18 ’n skokartikel oor die toestand van ons goudmyne onder die opskrif: Son sak oor SA goudmyne ná 120 jaar. Daarin word openlik bespiegel en ook redes gegee waarom die Suid-Afrikaanse goudmynbedryf sy einde nader. Van die redes wat genoem word, is onder meer: 1) Die goudprys daal en die koste skiet die hoogte in. 2) Werkers wat steeds aandring op groter salarisse terwyl produksie daal. 3) Goudproduksie het vanjaar sy grootste afname beleef sedert 1920. 4) Goud dra vandag slegs 1.5% by tot die land se bruto binnelandse produk. 5) Slegs die helfte van die myne is nog winsgewend, en dit lyk of die dag naby is dat hierdie bedryf tot stilstand gaan kom en der duisende werkers huis toe gestuur sal word.

Siener het hierdie gebeurtenis al in 1917 en 1919 vooruit gesien: Van die Ooste kom ’n vuur en brand Noordwes (geweld). Aarde is zwart (opstande, bloedvergieting) …Die mieliestronke is bij Johannesburg aanbrand (weer geweld) …Toe kom mense die zelfde richting uit met grawwe achter hulle ruggen (mynwerkers word huis toe gestuur).

In Beeld van 12 Julie word weer berig oor ’n ander visioen van Siener wat binnekort bewaarheid kan word: Ysberg groter as Pta. Breek van gletser. Daarin word beskryf dat ’n reuse-ysgletser van nagenoeg 720 vk. kilometer van die Pine-eilandgletser in die Suidpool afgebreek het. Volgens kenners van die Alfred Wegener-instituut in Duitsland was dit as gevolg van warmer water wat na die oppervlakte van die oseaan opstoot en die gletsers van onder af dunner maak.

Siener het ’n gesig wat hy in 1920 hieroor gehad het aan dr. Servaas Rossouw (’n predikant van Swellendam) beskryf. Hy het gesê dat wanneer hierdie ding gebeur, sal die Derde Wêreldoorlog uitbreek. Die ‘ding’ wat hy sien gebeur het, was ‛die ys wat begin smelt’. Hy het nie na sneeu verwys nie, want dié smelt elke jaar met die aanbreek van die somer.

Ter wille van Laing en sy ander ongelowige Thomasse, gee ons nog ’n paar van Siener se visioene wat in ons tyd reeds bewaarheid is:

  • In 1914 het hy voorspel dat die Nasionale Party nog eendag in skade en skande sal ondergaan. Op die voorblad van Rapport van 8 Aug. 2004 word die ondergang van die NP na byna vyf dekades in groot letters uitbasuin as ’n ‟Roemlose, oneervolle einde”!
  • Siener het ook voorspel dat die blanke Afrikaner wat altyd baas was, nog klaas sou word en dat hulle dan bywoners in hul eie land sal wees. In die Bybel word hierdie profesie deur Moses vir ons bevestig: Deut. 28:44 — Hy sal aan jou leen, maar jy sal aan hom nie leen nie; hy sal die kop en jy die stert wees.
  • In dié tyd (van die swart regering) sal daar groot kragprobleme landswyd voorkom, het hy ‛gesien’; en dit sou nog so erg raak dat mense in Johannesburg koue pap sal eet en vuurmaakhoutjies moet soek om hulle kos mee te kook of warm te maak.
  • Ons munisipaliteite gaan nog almal bankrot raak. Daar is tans net drie wat nog die mas probeer opkom.
  • Die gru-moord op dr. Verwoerd het hy nie net haarfyn voorspel nie, maar, maar ook ‛gesien’ dat ’n vertroueling (van Verwoerd) ’n hand daarin sou hê.
  • Verder het hy voorspel dat daar eendag nog ’n reuse-ontploffing by Jan Kempdorp sal plaasvind. Ons het al herhaaldelik berig oor die haglike toestand van die wapenopslagplek wat in die veertigerjare daar opgerig is.
  • Die ‛onomkeerbare Reënboognasie’ waarmee De Klerk so graag spog, het Siener gesê sal nog eendag op sy kop omgedop word.
  • En laastens, het hy gesê daar sal ’n Tweede Bloedrivier wees, maar net soos in die geval van die Eerste Bloedrivier, loop die pad daarheen weer deur ’n Bloukrans, Moordspruit en Weenen — m.a.w. dit sal voorafgegaan word deur geweld en bloedvergieting.

En dis verbasend dat ons mense vandag, net soos die Trekkers van destyds by Bloukrans, Moordspruit en Weenen ook in die waan verkeer dat hulle niks te vrees het van die swart barbaarse magte nie.

Nadat Piet Retief en sy 70 man na Dingaan se stad vertrek het om met hom te gaan Kodesa en traktate te maak, het Gert Maritz die verskillende Trekker-groepe gaan vra om by sy laer in te skakel sodat hulle ’n sterk mag kon vorm, sou daar ’n aanval plaasvind, maar hulle het sy versoek in die wind geslaan en verspreid oor ’n afstand van 56 kilometer langs die Boesman- en Bloukransrivier uitgekamp om van daar die Retief-kommissie se terugkeer af te wag met die goeie nuus dat Dingaan aan hulle die beloofde land geskenk het. Al hulle hoop was op die onderhandelaar Retief gevestig. Dus het hulle hul dae kommerloos deurgebring deur te jag, skyf te skiet en vis te vang. (Vandag kyk ons rugby, krieket, braai vleis en besoek die casino’s).

Maar Maritz het die vrede nie vertrou nie en weer op 15 Februarie 1838 die verskillende kampe besoek en by hulle gepleit om na sy staanplek te verskuif. Slegs drie families het gehoor gegee. En hulle het dan ook die Zoeloe-moordtog twee dae later oorleef. Barry Booyens voeg hier by: Johanna Van Der Merwe het gevlug om ander laers te waarsku, sy is 21 keer met n assegaai gesteek en het oorleef. Om haar te vereer is een van ons Daphne-klas duikbote na haar vernoem, skokkend is die duikboot se naam verander deur die regime na Assegaai net om die Volk verder te tart.

Net soos destyds maak ons weer staat op die Retiefs om vir ons by Dingaan-Zuma ’n lappie grond te gaan bedel. Maar dié keer is daar egter ’n hele horde Retiefs wat namens ons wil onderhandel en traktate maak: Pieter Mulder en sy KP; Flip Buys van Solidariteit; AfriForum se Kallie Kriel; ja, selfs ’n Carel Boshoff van Orania doen fluks mee, en hulle is almal saam op pad na Oemkoengoenhlowo met ’n geskrewe ooreenkoms in die bladsak waarop Dingaan-Zuma net sy kruisie moet maak sodat ons die stukkie beloofde land kan betree.

Die Almagtige is hier natuurlik heeltemal uit die prentjie gelaat; want as enigeen van die menere Hom óf sy Woord geken het, sou hulle ook geweet het van sy streng opdrag aan ons: Jy mag met die heiden géén verbond of ooreenkomste sluit nie en jy mag jou ook nie aan hom verswaer nie. Maar dié opdrag geld nie vir ons onderhandelaars nie, want hulle is nie rassiste nie, ook sê hulle dis ’n sonde om mense van alle kleure en geure te verbied om te ondertrou.

Maar soos daar vir Piet Retief en sy mede-onderhandelaars ’n gruweldood op Moordkoppie gewag het, so wag dieselfde lot op hierdie Kodesa-gangers. Want sou hulle ‛verskoon’ word, dan is Retief en sy manne ten onregte geslag!

In teenstelling met die onderhandelaars se optrede, het Andries Pretorius en Sarel Cilliers botweg geweier om met Dingaan om ’n bierpot te gaan sit, indaba te hou en ooreenkomste aan te gaan. Hulle en die res van die kommando het besluit om eerder die knie voor hul Skepper te buig en Hom in hulle benoudheid aan te roep — en Hy, wat altoos getrou is, het hulle aangesien en die hele kommando van 464 lede is uitgespaar…

Hoe meer dae…

Ons kry eergisternag die volgende SMS van ’n Metro-polisieman: Hi, vanaand by die weegbrug in Akasia kom my swart senior superintendent baas na my en sê hy was vandag by vergaderings gewees oor Mandela se dood. Gedenkdienste gaan by Soccer City gehou word en gedenkdienste vir sy amptelike begrafnis ook in Qunu en Pretoria. Die Ekurhuleni Metropolitan Munisipaliteit se motorfietse gaan sy begrafnis doen in Qunu saam met die weermag en SAP — hulle moet vandag (17 Julie) die plekke besoek, môre moet hulle planne in wees. Ek is ook gesê dat ek vir ’n ruk lank van die huis af weg sal wees. Ons moet die gaste wat die begrafnis bywoon, gaan beskerm. Julle sal versigtig moet wees, want in dié tyd sal daar geen polisiëring (m.a.w. polisiebeskerming) in Johannesburg óf Pretoria wees nie!

Later het hy weer ‘n SMS gestuur: Mandela se gesin het gister op sy verjaarsdag om 12:00 uur vir hom ‘n avondsmaal in die hospitaal gehou met die hoop dat hy sou opstaan — net soos na die die Laaste Avondsmaal met die Messias gebeur het! Sy dogter het later op SABC2 nuus gesê sy het gebid: ‟Our Father, which art in Houghton. Hallowed be thy name. Thy kingdom come. Thy will be done, as in heaven, so on earth…” en wat daarop volg.

’n Mens sidder oor al hierdie lasterlikhede, en wonder hoe lank die Almagtige dit nog gaan duld?

In swart skole dwarsoor die land is kinders op 17 Julie met die aanbreek van die laaste periode saal toe geroep. Daar is hulle toe aangesê om by die huis te gaan vertel dat “Mandela se masjiene” op sy verjaarsdag afgeskakel gaan word, en dat hulle ouers dit aan die wit mense moet oordra. Hulle is egter gerusgestel dat die masjiene nie regtig afgeskakel sal word nie. ’n Swart vrou wat al 20 jaar lank by ’n blanke gesin in die Oos-Rand werk, het vanoggend hierdie boodskap aan hulle gebring. Sy self kon nie sê wat die rede daarvoor is nie.

Vriende van George het ons ook gebel en meegedeel hulle werkers het kom vertel die masjiene sou afgeskakel word.

Presies wat probeer die ANC met hierdie kat-en-muis-speletjie rondom Mandela se dood bereik? Wil hulle ons waarsku? Ons bang maak? Of is dit bloot ’n  gekskeerdery? As u dalk meer inligting het, hoor ons graag van u.

Is dit dalk Siener se wonderwerk?

Ons het in die laaste blog-artikel na enkele verse in 2 Kron. 20 verwys om aan te dui dat ons ons vandag in feitlik dieselfde situasie bevind as Israel toe die heidense magte van Moab en Ammon hulle bedreig het. ’n Mens kry byna die gevoel dat die skrywer van 2 Kronieke nie net met die volk van sy dag gepraat het nie, maar ook met ons hier aan die suidpunt van Afrika; want wat met Israel gebeur het, lees soos ’n berig in vanoggend se koerant oor ons eie situasie. Koning Josafat se gebed om hulp kon hy net sowel vir Suid-Afrika gebid het:

(NAV) Dit is U, ons God, wat die vroeëre inwoners van hierdie land voor die Boervolk uit verdryf het en die land aan die nageslag van u vriend Sarel Cilliers as ’n blywende besitting gegee het. Hulle het hulle hier gevestig en vir u Naam ’n heiligdom gebou en gesê: ‛As U ’n ramp oor ons bring, of pes, of hongersnood, sal ons voor hierdie tempel kom staan voor U, want u Naam is in hierdie tempel en ons sal na U om hulp roep uit ons nood. Hoor dan en help ons!’

Die Boervolk het daardie mense vermy en nie uitgeroei nie. Maar nou vergoed hulle ons deur ons uit ons besittings te verdryf wat U aan ons gegee het… Josafat gaan dan voort deur te sê ons volk het nie die krag om hulle te weerstaan nie en ons weet nie wat om te doen nie. Ons oë is op U gerig.

Toe spreek die Almagtige deur die profeet Jagasiël en hy sê vir hulle: Moenie vrees nie, moenie bang wees vir hierdie groot menigte nie, want hierdie oorlog is nie ’n saak vir julle nie, maar vir Jahweh. Trek hulle môre tegemoet … Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle. Moenie vrees nie…

Daarna het Josafat die volk toegespreek: Stel julle vertrou in die Here julle God en julle sal vasstaan. Stel julle vertroue in sy profete en dit sal goed gaan met julle.

Toe bewerk God dit dat die Amoriete en Moabiete mekaar aanval; niemand is gespaar nie en toe hulle klaar was, het die oorblywendes mekaar begin uitdelg. Daar was nie een oorlewende nie.

Siener van Rensburg het in een van sy gesigte byna die identiese gebeure hier by ons sien afspeel. Hy het die visioen aan mnr. Japie Dreyer van Lichtenburg vertel: ‟Ek kyk in ’n geweerloop se bek, daar is ’n swarte se vinger op die sneller en ek weet dat as hy die sneller trek, is dit verby met my volk (in sy visioene het hy homself altyd gesien as simbool van die volk). Maar toe kom die hand van ’n man uit die hemel en klap die geweerloop weg. Die volgende oomblik sien ek hoe swartes op mekaar skiet en ek het gestaan en kyk hoe hulle mekaar uitroei totdat daar nie een oorbly nie…”

Hierdie gesig verteenwoordig na alle waarskynlik die groot wonderwerk wat hy gesien het — dié wonderwerk waaroor die hele wêreld sal praat en ook sal laat erken dat God ons uitgered het. Dis heeltemal anders as wat die wêreld se reaksie was oor die gebeure by Bloedrivier, want tot vandag toe is dit net die Boervolk wat daardie insident as ’n wonderwerk beskou.

Ons voorouers het nagelaat om die Almagtige se bevel te gehoorsaam deur die vyand voor ons uit te dryf; nou gaan Hy dit self doen.

Kan u u indink wat die reaksie gaan wees as ons vyande oornag verdwyn? En as dit bekend moet word dat nie ’n enkele een van die wat in die Laer was (m.a.w. wie se harte reg is) omgekom het nie?

Dan sal nog ’n visioen van Siener bewaarheid word: ‟Dit sal wees soos ’n Tweede Bloedrivier…”
Sela!

40 thoughts on “Die dier uit die see”

  1. Dankie Adriaan, Ek gaan die stuk deel op Fb. Dit is baie goed uiteen gesit en laat ‘n mens dink. As almal dit maar net wil lees en besef wat die situasie is waarin ons volk is.

  2. Weereens n baie goeie artikel Adriaan en moet as waarskuwing dien. Ons Volk is so verwyderd van mekaar geraak net soos by Bloukrans, die groepe was sleg 56 km uit mekaar maar wou nie saam staan nie en 17 Februarie 1838 word een van die drowigste dae in ons geskiedenis. Die week weer moes die Suidlanders hulle verdedig teen Ditsem, waarom moet ons Boere Afrikaners altyd die ander een aanval of in onguns bring (kan u weer die 56 km sien). Kom ons eerbiedig weer Yahshua se gebod, liefde vir YHWH en liefde vir jou Volk. Ja ons almal sondig maar kom ons vermaan in liefde en laat die straf aan YHWH oor.

    Net n laaste aanmerking oor bogenoemde is dat Johanna Van Der Merwe gevlug het om ander laers te waarsku, sy is 21 keer met n assegaai gesteek en het oorleef. Om haar te vereer is een van ons Daphne klas duikbote na haar vernoem, skokkend is die duikboot se naam verander deur die regime na Assegaai net om die Volk verder te terg….

  3. Vir die wat weet dat die blankes Israel is en die sg. jode in werklikheid Edomiete.

    Kyk net hoe mooi bevestig die artikel die Skrif as waar.

    Wie sit agter Moab en Ammon?

    2 Kronieke 20:2 sê dis Edom wat hulle stuur en vir die res van 2Kron 20 word na die Edomitiese `jode` verwys as gebergte van Seïr.

    Ons onlangse geskiedenis, die `jode` Joe Slovo en Ronnie Kasrils (Seïr) wat Moab (mandela) aanhits teen die Heilige (Aparte) Israel.

    Vandag sit ons hier met die groot menigte van Moab en Ammon, maar vir 2Kronieke 20:23 om in vervulling te gaan moet ons eers gaan kyk of Seïr vandag ook hier `n militante mag teen woordig het.

    Hierop vra ek die vraag, is dit nie inwerklikheid maar tog Seïr wat die kitaar slaan van die Amerikaanse weermag wat tans so heerlik hier kom `oefen` nie?

  4. Anette Walters

    Dit is ‘n PUIK artikel!!! Seker een van die bestes wat ek nog gelees het! Dankie!!! Iets wat my nou lekker aan die wonder het is: In 1994 is Nelson Mandela as president verkies, 3 jaar later in 1997 in Diana oorlede! In 2011 was die “Royal wedding” van die prins groot in die nuus, 3 dae later is Bin Laden vermoor! Nou le Mandela op sterwe terwyl die wereld wag vir die geboorte van die prins en Kate se baba! Is dit toeval, of le daar ‘n grooter geestelike betekenis agter hierdie gebeure???? Ek sal graag julle opinie hieroor wil hoor!!!!

    1. Ernst van Graan

      Ek glo daar is ‘n patroon wat gevolg word en dat hier geen “toeval” ter sprake is nie.

  5. Ek glo werklik in siener van Rensburg se voorspellings aangesien die enigste boek wat hy ooit gelees het die Bybel was en ons as gelowiges weet dat die Bybel die onveilbare woord van God almagtig is

  6. Johann Leipoldt

    Dagsê Adriaan

    Dankie vir die stuk oor die dier uit die see. Ek wil iets byvoeg. Rev 13:3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan. Wie is die kop wat gewond was.

    Hier is my verklaring.
    Hy het sy mag ontvang nog voordat hy gevang en na Robbeneiland is. Sy organisasie is toe verban en het daarna van sy kopwond herstel met sy vrylating en van hul ontbanning om vandag een van die sterk koppe te kan wees en nou loop die liberalewêreld met verwondering agterna.

  7. Baie interressante berig maar ek stem nie saam met die dier uit die see wat na Mandela verwys word nie, Die dier waarvan hier gepraat word met 10 horings is die 10 lande wat teen Israel gaan op staan, dieslefde 10 lande wat saam gesmelt was gedurende die Romeinse Ryk toe Jesus op aarde was. Dieselfde 10 lane gaan weer saam smelt en teen Israel oorlog verklaar waar die slag van Armacheddon gaan plaas vind. Indien jy Daniel ook lees verwys hy na dieselfde dier wat uir die see gaan op kom en tussen die 10 horings het ‘n klein horingkie op gekom wat na hom gekyk het, hierdie is die antichris wat uit een van die 10 lande gaan uit kom. Die dier uit die see het absoluut niks met Mandela uit te waai nie, als verwys hier na Israel, die Here se volk en waar hy gaan terug kom aarde toe met Sy wederkoms waar hy op die olyfberg gaan neer daal buite Jerusalem en dan die antichris gaan vernietig en die einde gaan maak aan die 7 jaar van verdrukking.

  8. Sommige vergelyk die geskiedenis van die Rooms Katolieke Kerk met Openbaring 17: die “wond” is toegedien toe Genl Berthier die pous in 1798 onttroon het en na die herstel in 1928, toe dit ‘n Staatskerk geword het, was sewe pouse aan bewind. Die huidige is die agtste. As Vrymesselaar behoor Mandela en ander stellig tot die liberaal-humanistiese familie.

    Die boodskap van afsweer van geweld was vir my interessant in die artikel. Geweld kweek geweld en laat geweldenaars dan hulle eie ondergang bewerkstellig.

  9. Ja, daar is baaaaaaie anti-christe soos geskrywe staan.

    Wees egter baaaaaaaaie versigtig vir die sewende dag se Adventiste siening rakende die pousdom as DIE Anti-Chris. U sal in mislei word op `n pad soort gelyk aan die van Mnr. JJ. Kemp waar u sal glo daar is `n 7 jarige verdrukking oppad(eendag) en dat Armagedon `n oorlog teen daai Edomiete wat so lekker maskereer as ware Israel sal wees.

    Mense ons IS Israel! Nie die hele nie maar Juda!. Weer nie die hele Juda nie maar Sion.

    Dit is egter wel baie belangrik dat ons alle dinge ondersoek en die goeie bewaar. Ek veroordeel ook nie mense wat die pousdom as enigste DIE Anti-Chris beskou as verlore nie, Daai siening plaas nie jou siele lot in gevaar nie, maar die siening dat daai sandboks langs die middelandse see Israel is, kan en sal en het reeds katastrofiese gevolge.

    Daar is nog `n siening wat net so baie gewig dra rakende die Dier as die Mandela siening wat ek graag wil hier wil plaas. Hierdie siening is ook nie van geen kerklike afkoms nie en vanuit `n Blanke-Israel oogpunt.

    Hier is so lank `n voorsmakie vir die ernstige Skrif bepeinsers onder u.

    Dit verbrokkel ook sekere `kerke` se siening dat die hoer op dier die pousdom is en as u dit lees en Openbaring verstaan in ooreen stemming met AL die ander profete sal u besef dat die hoer op die dier die wederstrewige Israel is!

    http://christogenea.org/content/stripped-bare-and-naked-latest-saxon-messenger-editorial-william-finck

    Geniet dit.

  10. Hier volg `n baie kernagtige opsomming om te oordink. Ook dit hang ek nie enigste waarheid aan nie, maar dit dra Skriftelik baie gewig

    DIE DUISENDJAAR VREDESRYK

    Die siening van `n duisend jarige vredes ryk NA die oordeels dag en dan WEER `n TWEEDE oordeel, het sy ontstaan in `n mis-verklaring van die Openbaring boek. Dit strook ook nie met AL die ander profete wat EEN enkele Oordeelsdag voorsien het nie.

    Indien Opb. 19 en 20 aan een gelees en as kronologies korrek aanvaar word is hierdie verkeerde AANNAME egter verstaanbaar.

    Die verdrukking en Groot Slag, met die dier en false profeet in die poel van vuur gegooi (Opb. 19:19-21.)
    Die bind en gooi van die draak in die bodemlose put.( Opb. 20:1-2.)
    Die 1,000 jaar vrede. (Vers 3.)
    Die oordeel van die trone (Vers 4.)
    Die dode in Christus opgewek (Vers 5.)
    Die vrylating vd draak (Vers 7), met die duisend jarige vredes ryk van Christus op `n einde. (Verse 5 & 6.)
    Die draak gaan uit en verlei die nasies weer `n keer en saal Gog en Magog op wat dan in `n tweede finale Stryd verslaan word. (Verse 8 and 9.)
    Die Duiwel ook nou in die poel van vuur gegooi (Vers 10.)
    Die oordeel van die lewende dooies (Verse 11-15.)

    Eseg. 38:8 sê duidelik dat die aanval van Gog en Magog aan die einde vd jare sal wees, dus in aanloop tot die Oordeels dag. – geen oordeel voor dan nie.

    Maar daar was `n tyd wat die Duiwel gebind was vir `n duisend jaar.

    Dit was die tyd toe die Edomitiese jode in Europa in hul `GHETTO`s gebind was en nie die Babeloniese sisteem van skuld en rente kon toepas nie.

    Toe Johannes op die strand staan hoor hy van agt diere of werld heersende koninkryke.

    Vyf was: Egipte, Assirie, Babilon, Mede-Perse en die Griekse.

    Die sesde een IS: (op die tyd van Johannes) Roomse.

    Die Sewende Een, sal vir `n kort tydjie kom: Napolion werp omver die Roomse Pousdom (watse kopwond van Imperialistiese Rome genees het na Roomse pousdom) en kroon homself, LW die pous het hom nie gekroon nie maar hy doen dit self.
    Ook ontbind en bevry Napolion die jode van hul Ghetto`s wat die weg baan vir die joodse huis van Rothschild om skuld lenings teen rente (die Babiloniese sisteem) te begin.

    Die Agtste een WAS een van die VYF (Kan dus nie Rome wees nie, want Rome IS.

    Hier staan die Babiloniese ryk van handellaars, die skuld rente sisteem, die Joodse sisteem met die Rothchilds aan hoof op as die agtste met die verslaning van Napolion te Waterloo.

    Dis egter `n misteriese ryk met die kop versteek en ander ryke wat wisselend voorgehou word as skein heersers maar agter die skerms bly dit die Edomiete voor sien die wêrld Brittanje, of Amerika of die VN, maar agter almal staan Rothchild se huis tot vandag.

    Die valse profeet is ` Judeo-Christianity` waarin die pousdom egter `n groot rol vervul.

    Volgens hierdie siening is die duisend jaar reeds verby, die duiwel is reeds ontbind en het reeds sy tyd gewend om die nasies, die Gog en die Magog, teen ons, die Blanke Israel van die aarde, te vergader.

    Die tafel is gedek. Die Satan is ontbind, nasies is teen Israel versamel. – Ons wag op die aanslag en die Belofte van Verlossing.

  11. Piet Jan,
    Dit mag miskien met die eerste oogopslag aantreklik lyk om jou uitleg van die dier uit die see te ondersteun, maar kortom, dit val geheel en al plat weens die totale ontkenning van die duisendjarige vrederyk na die binding van satan, want die geskiedenis vertel ons dat daar nooit sodanige vrede op hierdie aarde geheers het, soos na verwys in die Boek van Opendaring nie! Klaar en uit.
    JaHWeH se Woord eindig nie met die Ou Testament nie, maar word heel duidelik met die Nuwe Testament aangevul! Derhalwe vul die Boek van Openbaring ongetwyfeld die Boek van Jesaja aan.

  12. Willem, ek stem een honderd persent saam met jou, Piet Jan haal net sinne uit wat hom pas, sodra jy openbaring begin ontken of nie saam stem met sekere verse nie, sit jy al klaar die pot heeltemal mis. Piet Jan, ek is ook nie ‘n sewende dagse Adventist soos jy beweer nie, ek verkry my inligting uit Die Woord volgens Jesaja, Daniel en geskryf deur Johannes in Openbaring. Al hierdie dinge gaan plaas vind in Israel dis waar die Antichris in die Nuwe tempel homself gaan vestig en homself aan die wereld gaan bekend maak. Die planne vir die nuwe tempel vir die Jode is reeds op getrek en is dus nie ver van die begin van konstruksie af nie, so die einde is naby. Ons almal moet net seker maak ons huis is in orde en dat ons waak en bid om nie met die wederkoms agter te bly nie….mag Die Here ons almal genadig wees!

  13. Willem, skryf: `dit val geheel en al plat weens die totale ontkenning van die duisendjarige vrederyk na die binding van satan`

    Willem, gemeet aan die Skrif kan dit nie platval nie.

    Die Skrif sê nie daar gaan nie sonde wees nie, Openb. 20:2 En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank,
    Rev 20:3 en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie.

    LW. Die Satan is gebind om vir 1000 jaar NIE NASIES TEEN ONS OP TE SIKE NIE!

    Die idee van 1000 jaar vrede het jou Baal priesters jou mee mislei en hul idee van 1000 vrede en twee oordeels dae is besig om plat te val.

  14. Willem en Piet Jan,
    Daar gaan twee wederkomste wees, die eerste die wegraping, dis die wat in Christus gesterf het gaan uit hul grafte op gewek word en die Heiliges wat nog op aarde is wat nog leef, m.a.w. Jesus kom soos ‘n dief in die nag, onsigbaar vir die wereld wat Hom nie wou dien nie. Sondaars sal nie die basuin hoor nie want hulle is geestelik aan die slaap. Die dooies wat nie gerd is nie asook die ontslape Christene wat nie die vereiste standaard van heiligheid bereik het nie, sal niks hoor nie en sal eers na die duisendjarige vrederyk met die oordeelsdag opstaan. Matt. 24:27. Matt. 24:38-41, Openbaring 3:3 Joh 5:25. 28, 29. 1Kor: 14:22, 23, 51-53.
    Sodra die heiliges weg geraap is sal die Antichris homself openbaar deur die sluiting van ‘n sewe jarige verbond met Israel. 2 Thess. 2:3-8. Dan. 9:27. Die jode sal die meeste ly van al die nasies omrede hulle Jesus gekruisig het, twee derdes van die Joodse volk sal in die eindfase uit gewis word en die laaste derde sal deur die verdrukking moet gaan van lyding en smart, Jer. 30:6, 7, Sag. 13:8, 9.
    Die tweede stadium van Jesus se koms sal wees wanneer hy op die olyfberg neer daal en alle oe sal Hom sien na die groot verdrukking. Kol. 3:4, Matt. 24:29, 30. Open.1:7. Orals waar daar nog gelowige siele op aarde oor gebly het sal die engele versamel Matt. 24:31
    Die slag van Armacheddon gaan dan daar plaas vind buite Jerusalem en die satan en sy volgelinge finaal verslaan word waar die duiwel dan vir 1000 jaar opgesluit gaan word. Daar sal dan 1000 jaar van vrderyk op die aarde wees waar die Here en sy heilges in beheer sal wees. Na die 1000 jaar van vrederyk sal die laaste oordeel plaas vind, die groot wit troon, Open.20:7 Open. 20:8,9. Al die wat nie die Here gevolge het en nie geglo het nie sal dan die oordeel ontvang en in die poel van vuur gewerp word om vir ewig te brand saam met die duiwel. Daarna sal Die Here ‘n nuwe hemel en aarde skape Open. 21:1. Die nuwe Jerusalem sal dan uit die hemel neer daal, Open. 21:2. Die Here sal dan saam met Sy heilges en die wat die verdrukking kon weer staan en in Sy naam gesterf het op aarde heers tot in alle ewigheid. Open. 21:24.

  15. Piet Jan,
    Ek antwoord jou nog een keer om jou die Skrif aan te haal waarteen jy so halsstarrig stry soos iemand met oogklappe. Vir jou informasie is ek nie in die kerker nie, maar dien ek Majesteit JaHWeH deur bemiddeling van Sy Seun Jahshua Masjiag.
    Ek haal aan:
    Open 20:1 En ek het ʼn engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ʼn groot ketting in sy hand.
    Open 20:2 En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank,
    Open 20:3 en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ʼn kort tydjie ontbind word.
    Open 20:4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.
    Open 20:5 En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.
    Open 20:6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
    Open 20:7 En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word;
    Open 20:8 en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see.
    Open 20:9 En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.
    Open 20:10 En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.
    Open 20:11 En ek het ʼn groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.
    Open 20:12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ʼn ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.
    Open 20:13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.
    Open 20:14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.
    Open 20:15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
    Asook:
    Open 21:1 En ek het ʼn nuwe hemel en ʼn nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.
    Open 21:2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ʼn bruid wat vir haar man versier is.
    Open 21:3 En ek het ʼn groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.
    Open 21:4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.
    Open 21:5 En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.
    Hierdie tekste spreek so vanself en is so letterlik dat ʼn sesjarige nie ʼn fout daarmee kan begaan nie, net arme misleide mense wat heel gewillig met oogklappe rondgaan en nie die duidelike Woord sal kan lees nie want hulle is blind/verblind netsoos die manne in Jesaja:
    Jes. 29:10 Want die HERE het oor julle uitgegiet ʼn gees van diepe slaap, en Hy het julle oë—die profete—toegesluit en julle hoofde—die sieners—toegebind.
    Jes. 29:11 So het dan die gesig van al hierdie dinge vir julle geword soos die woorde van ʼn verseëlde boek wat hulle gee aan iemand wat kan lees, met die woorde: Lees dit tog! Maar hy sê: Ek kan nie, want dit is verseël.
    Jes. 29:12 Of hulle gee die boek aan iemand wat nie kan lees nie, met die woorde: Lees dit tog! Maar hy sê: Ek kan nie lees nie.
    Piet Jan, wees asseblief versigtig hoe jy met die Woord omgaan en onthou dat:
    Open 22:18 Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is.
    Open 22:19 En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.
    Open 22:20 Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus!
    Dit is my bedoeling om jou te help om weer jou Godgegewe gesig te herwin en die invloed van misleidende uitlegte af te werp sodat jy ook weer die Woord helder en duidelik mag verstaan soos dit Majesteit JaHWeH Elohim se bedoeling met jou is.
    Sterkte op jou weg en vertrou eerder op die Elohim van jou vadere as op Amerikaanse webtuistes wat verblind kan wees.

  16. Oom Siener meld die syfers ” 14376″.
    Vriend Adriaan, het jy enige idee wat hierdie misterieuse aantal syfers op neerkom?
    Indien dit ‘n kriptiese toekomstige datum voorstel, sou ek dink dat dit aan die die Dier van Openbaring gekoppel is.
    Dit mag dalk na die openbaarmaking van die Dier se identiteit verwys of na die dodelike verwonding van een van sy koppe of na hierdie kop se genesing.
    Indien wel, dan mag hierdie datum as volg lees: 14 3 76 (13), OF (20)14 3 13, soos die internet datums aangee, dws die 13de Maart 2014.
    Kom ons kyk of hierdie raaiskoot enige water hou.

  17. Willem, die boek van Openbaring het al menigte goeie gelowiges in alle rigtings laat rondskarrel en krap. – Daarom veroordeel ek niemand wat nie met my gedagtes daaroor saamstem nie.

    Ek het egter volle gemoedsrus daarin gevind om nie die hele Srif te buig om by een boek aan tepas nie, maar eerder Openbaring te `buig` om by AL DIE ANDER PROFETE in te pas.

    BUIG? Mag jy vra. Wel met alle respek, Openbaring is een boek wat van begin tot einde beeldspraak is van vroue op die maan tot see monsters soos nog nooit gewaar nie. – Dus moet die boek veel meer bepeins word as ander profesie as om net so op gesigwaarde aanvaar te word.

    Ja, glo die Skrif soos geskrywe, dis goed so, maar bid God vir insig waar dinge in verborge gelykenisse voorkom.

  18. JJ. Kemp, Dis goed dat jy hier rondhang en insig opdoen, maar uit jou skrywe blyk dit daar is iets wat jy duidelik nog nie ingeneem het nie.

    NIE JY OF ENIGIEMAND SAL DAAI VLUG 101 `RAPTURE` NA LALA LAND HAAL VOOR DIE SWAARD VAN DIE NASIES OOR DIE BLANKE VOLK KOM EN VOLTREK NIE!- SORRY!

  19. Piet Jan, duidelik ken jy nie jou Bybel nie, ek stel voor jy begin weer van Genesis af en hopelik sal jy dan insig ontvang! Jy het duidelik ‘n heeltemale verkeerde siens wyse van wat al reeds gebeur het en nog gaan gebeur. Moenie net na Openbaring kyk nie, die ander boeke gee net so goeie beskrywing en die uitleg is soveel beter. Deur sieners se raad te volg en die Bybel te verdraai en net te glo wat jou pas is nie baie wys nie. Ek sal vir jou bid dat Die Here jou insig gee om dit wat daar geskryf staan te kan begryp en te verstaan…mooi bly!

  20. Dit word alreeds ‘n antal jare getoets deur verskeie staatsagentskappe in die VSA.

    Die webwerf self is egter ‘n mengelmoes van drogargumente in die naam van ons meester. So mislei die vals profete ons deur die waarheid en feite tussen bedrieglike onwaarhede te publiseer. So, byv, word die Gog/Magog van esegiel 38 byna deurlopend verdraai en verkeerd vertolk.

  21. Kan iemand vir my se of die ou sening nog regtig lewe.Soos wat hy nou herstel sal hy seker een van die dae op die wysie van”mama thembo’s wedding song” by die hospitaal uit gewals kom. Hoe lank vat dit om ‘n lyk te balsem of wag die lot eers vir die midde ooste om aan mekaar te spring om die wereld se aandag daar vas te hou terwyl die kak hier aan die gang is.

    1. Laaste wat ek gehoor het is dat hy nog steeds kritiek maar stabiel is.Dit beteken eintlik maar net hy is kritiek en die masjiene is stabiel!
      (ook seker net totdat eskom dit nog kan volhou!)

  22. So bietjie van die punt af rakende ou TuTu.

    Pous steun TuTu.

    `The New Age` (Gupta dagblad) 30/07/2013 Bl. 3.

    Pope Francis reached out to gays saying he wouldn`t judge their sexual orientation…
    If someone is gay and he searches the Lord… who am I to judge? – he asked.

    Nou wonder ek… As die Pous die gene steun wat `n gedaante van godsaligheid het en tog teen Bybelse voorskrifte naleef en sê hy sal hulle nie oordeel nie, dan wonder ek of hy ook nie die regses sal oordeel wat wel volgens Bybelse voorskrifte wil leef nie???
    O- Nee! dan spring die wit-vlêrmuis op sy agterpote teen die gruwels van rassesegregasie – geveinsd!

    Twee gevreet wat van sleg goed maak en goed sleg!

  23. Die mense slaan nie ag nie…nie net Siener het die visoene ervaar nie….Nostradamus het ook van die visioene ervaar!!!! So belangrik is die waarskuwinge maar ons is geestelik doof en blind!!! Die Vader het hiri mense gestuur om ons te WAARSKU!!!!

  24. is daar n plekkie naby pta -wes waarna ons gesinne kan vlug (ek my man en (3 kinders 3mnde ,5jaar, 6jaar oud). En hoe kan ek meer betrokke raak by so plekie?

  25. Hi Deirdre,

    Die Here het nie die sieners gestuur om ons te waarsku nie, nog nie een siener het reg voorspel nie. Die enigste boek wat die waarheid praat en waar al die profesies en voorspellings waar geword het so ver is Die Bybel! Moenie jul laat verlei deur sieners nie, maar bestudeer eerder die ware Woord van God, daar sal jy al jou antwoorde verkry.
    Sterkte en ek hoop regtig waar jy sal insig kry omtrent die saak.

  26. JJ Kemp, in jou skrywe hierbo befestig jy dat jy met geen verband het met die hoofdoel van hierdie webtuiste of eenders denkendes nie.

    Jou optrede laat my dink aan `n `date-crasher` – Amper soos `n rapper wat ongenooid by `n langarm troue opdaag en almal probeer oortuig om na `COOL and the Gang` te luister.

    LEES JOU POS EN DOEN NAVORSING OOR DIE KERN AARD VAN HIERDIE TUISTE ASB.

  27. O en jou woorde: `Die enigste boek wat die waarheid praat en waar al die profesies en voorspellings waar geword het so ver is Die Bybel!`

    Herhinder my baie aan die ANC wat sê werkloosheid en misdaad is `n probleem.

    Soet woorde van iets wat hulle self glad nie verstaan nie. – Dis soos die soet lekker koekies waarmee niemand stry nie – maar die manier wat jy dit aanbied lei dit Hansie en Grieke na die tower heks se vangstrik.

  28. JJ en PJ, manne, manne. Netsoos oom Siener destyds gese het: ons stry nog so ondermejaar, dan sit ons met ‘n swart regering!!

  29. Martin Van Vuuren plaas onlangs sy gevoel op `n ou Artikel….
    martin van vuuren
    Posted August 8, 2013 at 10:08 pm | Permalink

    Hoop ek is nou by die regte deel.Ons ouens van ou MI verstaan dinge partykeer andersom. EFF gestig om ANC se afval stemme te akkomodeer? Dan verloor hulle eintlik bitter min. Ek glo die Skepper God gaan binnekort ingryp in RSA en die blanke volk bevry van verdrukking.Ons moet die oorlog aan Hom oorlaat Hy sal ons bevry op bonatuurlike wyse.

    Mag ek aansluit by Martin.

    Ek reken byna elke regdenkende of dan regse blanke in die land sal saamstem dat ons `n hewige aanslag te wagte is iewers tussen Mandela se begrafnis en of die ANC en EFF se gesamentlike `second democratic revolution`. – Iets gaan gebeur, punt. En dit gaan vir ons rampspoedigheid inhou.

    Sekere webtuistes vermaan die volk om nog `n rukkie te wag, want anargie is `n gegewe, verskeie ander weer wil al begin strukture in plek kry om teen ons haglike omstandighede `n Boere Rebellie op die been te kry. –
    Ons almal besef diep binne dat hierdie situasie nie maar net gelate aanvaar kan word nie.

    In geloof weet ons die stryd gaan vel wees maar die oorwinning weet ons is `n Gods gegewe – Vir die regverdiges, dit is.

    Uit die Siener Van Rensburg geledere gaan dine lei na die klimaks van konflik en dan `n `ewige` vrye Boere Republiek.

    Wyer as net Suid Afrika, sal ons ook kan saamstem dat die hele Westerse Blanke dom homself in `n benoudheid bevind onder hiedie selfde `multi kulturerle` aanslag.

    Oor die aarde heen beweeg dinge vir die ware Israel volkere, die Westerse Blanke, na `n klimaks van ongekende benoudheid.

    Moraliteit is deur die gaanse menslik bewoonde skepping op `n negatiewe hoogtepunt, van volke verbastering tot homoseksualiteit wat luidkeels as die nuwe norm vir die planeet uitgeroep word. Waarlik soos in die dae van Noag en Sodom gekombineerd.

    Dan is daar ook die enigste boek wat Siener van Rensburg gelees het, wat vir ons sê dat as ons die dinge sien moet ons weet dat die vasbeslote verdelging naby is.

    Kan ons dus aflei dat moontlik is die KLIMAKS van die skepping, die groot herstel na die sonde val, ophande? (Neem in ag dat die sondeval die eerste vermening met iets `volks / ras –vreemds` was, waaruit die godlose nasies ons vrede kom verstik het soos dorings en distels.)

    Die Skrifte vertel ons ook dat wanneer God na ons kom, kom hy om ons met Sy leërmagte, Hy kom om nasies en volke en konings te verdelg.

    Vandaar ook die die term,VERLOSSER van Israel (Blanke Weste)

    Ek wil nie dinge ryp druk nie, maar as ons eerlik is met ons self, dan was daar nog geen ander tydstip in wêrld gebeure waar Jakob (die hele Weste) in groter benoudheid tussen die dorings en distels verkeer het nie, as die hedendaagse globale gebeure van derde werld toestroming en vertrappng nie. Presies soos deur die profete Joël, Obadja, Esegiël, Jeremia en vele ander in die Bybel voorspel.

    Lê hier dalk veel meer vir ons voor die deur en wag as bloot net nog `n vrye Boere Republiek?

    Die herstel van die Skeppng soos in die hemel so ook op die aarde?

Comments are closed.