Operasie Koemran

Sowat ses jaar gelede het ‘n vriend van Bloemfontein in Mosselbaai by my opgedaag met ‘n aantal bandopnames deur Ryno Opperman wat wyle Frikkie Botha aan my nagelaat het. Ek het dit weggesit met die gedagte om later daarna te luister. Maar intussen het ons na Ladismith verhuis en die bande het in een van die talle houers in ‘n stoor beland.

Oor die afgelope naweek het ek dit weer ontdek en na een van die bande geluister — Babilon jou plae het begin… — en ek kon nie glo wat ek hoor nie. Want die dinge wat vandag rondom ons gebeur, het Ryno Opperman vooruit gesien en ons gewaarsku om voor te berei. Dis insiggewend dat hy ons vlugtog na die berge ook beskryf as as “Operasie Koemran”. Sy teksvers was Lukas 21:20.

Sy boodskap is in breë trekke  ‘n profesie wat hy in 1987 ontvang het oor  toekomstige geweld wat na daardie jaar in Suid-Afrika sal uitbreek. En in die gesig is  “die uitverkorenes” uitdruklik gewaarsku  om “uit die stede pad te gee en na die berge te vlug”.  Volgens hom het talle mense om een of ander rede toe reeds begin om plekke van veiligheid voor te berei – o.a. die bekende historikus, dr. NA Burger. So ook, Robert Hayes, skrywer van Suid-Afrika … die Land oorkant die Riviere van Kus wat later deur die PW Botha regering verbied is.

Opperman haal Hayes aan waar hy in sy boek sê die dag wanneer grootskaalse tereur in Suid-Afrika se stede losbars, “sal ek doof wees vir my vriende soos wat hulle doof was vir my toe ek hulle gewaarsku het!”

Ryno Opperman het hierdie dinge voorspel 5 jaar vóór die verskyning van die eerste 6 monografieë oor Siener se gesigte en byna 15 jaar vóórdat die Suidlanders met feitlik dieselfde waarskuwing aan volksgenote vorendag gekom het.

Die boodskap van Operasie Koemran is eintlik net ‘n bevestiging van dit wat ons nou daagliks om ons sien gebeur en die onhoubare toestand wat in die stede sal heers wanneer Malema se revolusie uitbreek.

Opperman het die jaar 1987 gesien as die begin van Babilon se plae én vergelding. In ons eie geskiedenis het dit ‘n onstuimige tyd van bloedvergieting, verwarring, verraad en ook politieke omwenteling ingelui. Enkele ander uitstaande gebeurtenisse is:

Die Suid-Afrikaanse Weermag wat in September 1987 die veldslag by die Lombarivier gewen en só die Sowjetunie, die Kubane en die Angolese daar oortuig het dat daar geen vooruitsig is op ’n militêre oorwinning in Angola nie. Desnieteenstaande word die slag in liberale kringe beskou as die begin van die einde van Apartheid, met die Namibiese onafhanklikheid as die direkte gevolg daarvan. Daar word soms ook na die veldslag as apartheid se Stalingrad verwys.

Nelson Mandela het toe besef die blankes kan nie op die slagveld oorwin word nie en hy het opdrag gegee dat die “oorlog” na die strate in ons stede gebring word. Sy vrou, Winnie Mandela, het toe alreeds op 23 Maart 1985 haar eerste halssnoer-slagoffer Benjamin Kinikini, in Uitenhage lewendig laat verkool. En tot en met April 1994 het gewweldsvlakke in SA tot die hoogste in ons geskiedenig gestyg.

Dit het wêreldwyd opslae gemaak en selfs Margaret Thatcher het tydens die Statebondskonferensie in Vancouver in Kanada gedurende Oktober 1987 die ANC “a typical terrorist organization” genoem wat ‘n redelose haatveldtog teen blankes in SA voer.

Die NP-leierskap kon nie staande bly nie, en provinsiale rade wat sedert 1910 altyd nog onder blanke beheer was, is ontbind en uitvoerende komitees is aangestel. Die lede het uit wit, swart, kleurling en Indiër-bevolkingsgroepe bestaan.

Elke aspek van NP-beleid waarteen die ANC en die Kommunistiese Party geveg het, is nou ter wille van vrede met die ANC onder  FW de Klerk se leiding, prysgegee.

Die Konserwatiewe Party (KP) het ook in 1987 gesê die NP is op pad na ‘n swart regering en dat die nuwe aksieplan deur die Afrikaner Broederbond opgestel is. De Klerk het daarmee in Europa gaan smous, en dit hier in NP-ondersteuners se kele afgedruk.

Andrew Gerber, ‘n voormalige NG-predikant en KP-LP vir Brits, het in 1987 voorspel dat Nkosi Sikeleli Afrika, Die Stem as volkslied gaan vervang, dat die landsvlag gaan verdwyn en dat feesdae soos Geloftedag en Republiekdag nie sal voortbestaan nie. En vandag weet ons sy voorspellings was in die kol!

Neem ons nou ‘n sprong in die toekoms, dan het Ryno Opperman se boodskap van 27 jaar gelede op haas elke terrein van ons samelewing ‘n skrikwekkende werklikheid geword:

1) Feitlik elke “ongeluk”, skade of terugslag by kragstasies sedert 1994 in Suid-Afrika was die gevolg van sabotasie deur swart mynwerkers wat gekant is teen buitelandse en plaaslike blanke kontrakwerkers. Die media verwys eufemisties na sulke gebeure as “kontrakfoute”. Hierdie saboteurs aarsel ook nie om moord te pleeg nie, en op 3 Aug. 2010 is ‘n Afrikaanssprekende kontrakteur, Koos Dafue net buite Ellisras in ‘n hinderlaag gelei en tereggestel. Niemand is nog vir die moord in hegtenis geneem nie.

2) Die AMCU-staking in die platinum-gordel by Rustenburg, is nou reeds in sy elfde week en word gereken as die grootste en langste staking in ons geskiedenis. Die lokasies daar het in spookdorpe verander, want nie-stakers word met geweld gedreig en hul huise aangeval en geplunder. Die Jode en Engelse mynbase het reeds meer as R11 miljard se skade gely.

Medupi krag stasie
Medupi krag stasie

3) Internasionale beleggers is lankal keelvol vir die chaos en vertragings met die R180 miljard Medupi-projek wat nie vordering maak nie. Dit was veronderstel om al in 2012 operasioneel te wees. Die 883 vk hektaar terrein waarop die kragstasie gebou word , was ‘n boer beesplaas, Naauw Ontkomen, wat deur die staat onteien (of liewer gesteel) is. En miskien is dit nog die rede waarom die werk nie klaarkom nie Net verlede maand moes die Bloomberg-agentskap juis weer hoor dat spesialissoldeerwerk aan die Hitatch-drukketels (wat stoom moet opwek vir die turbines) nie op standaard was nie en dat daar ‘n reeks ontploffings was. Die Suid-Koreaanse soldeerspan wat nou gekontrakteur is om dit te doen, is deur woedende swart mynwerkers aangeval.

4) Goud- en steenkoolmyne gaan ook binnekort begin staak, wat vir Eskom rampspoerdig kan wees, aangesien daar feitlik geen reserwe steemkool is nie. Dis egter nog nie al nie —

5) Ons verneem dat ‘n gedeelte van Medupi se fondasie glo gesak het en dat belangrike toetse nou nie meer uitgevoer kan word nie omdat sekere bouwerke nie meer waterpas staan nie. Saboteurs en stakers het onlangs verwoesting by die kragstasie gesaai toe sewe van die groot hyskrane in brande verwoes is; talle groot vragmotors is ook beskadig en letterlik uitgebrand. Van die nuut opgerigte geboue is ernstig beskadig. Eskom was genoodsaak om maatreëls in te stel om sy werkers te probeer beskerm. Miljoene rand se skade is aangerig en daar is geen vooruitsig dat die toestande gaan verbeter nie. In teen deel, die moontlikheid dat die staking vêrder kan uitkring lyk onafwendbaar.

6) Intussen is een van die drukketels by Duvha-kagstasie te Witbank ook gesaboteur en het dit ontplof  – herstelwerk kan tot ses maande duur. Die verlies aan kraglewering beloop 600 MW. Ons verneem ook dat nie één van Eskom se groot verouderde kragstasies die volgende dekade sal oorleef nie. Hulle moes reeds in 1994 vervang gewees het. En daar word nou byna halsoorkop deur die ANC-vooskoppe planne gemaak om ‘n nuwe kernkragsentrale op die been te bring. Maar met swart bemagtiging en ewe swart stakende arbeiders kan die werk dekades in beslag neem!

7) Die (goedkoop) swak gehalte steenkool wat Eskom gebruik, verstop van die toevoerpype en dit belemmer die werking van al die kragstasies. Om kraglewering te verbeter, is van die voerbande (conveyer belts) se omwentelingspoed verhoog, met die gevolg dat dit oorverhit en aan die brand geslaan het. Kontrakte vir die herstel hiervan, asook die Medupi-fondasie en drukketels, sal miljarde rand beloop. (Maar die probleme by Eskom is nog net die oortjies van die seekoei).

8) ‘n Onbekende aantal stede/dorpe se “all pay-dae” moes sedert Januarie 2014 elke keer uitgestel word omdat daar nie fondse was nie. Die ontvangers van maandelikse toelae het in die afgelope twee jaar van 14 miljoen opgeskuif na 18 miljoen, en daar kom nog daagliks leeglêers en bak hand-aantelers by.

9) Die verhoging van die brandstofprys moet glo help om te vergoed vir Sanral se verliese aan e-tollgeld, en ons het verneem dis reeds bepaal dat brandstofpryse tot en met Oktobermaand gereeld verhoog gaan word.

10) Athol Trollip, die DA se gewese skaduminister van landelike ontwikkeling beskou die Naturellegrond-wet van 1913 as ‘n “walglike wet” en eis dat dit verander word om te verseker dat swart, kommersiële boere en selfonderhoudende kleinboere dadelik gevestig word.

11) Die ANC ondersteun Trollip se eis in ‘n konsepdokument “Final Policy Proposals on Strengthening the Relative Rights of People Working the Land”, en verklaar dat historiese plaaseienaars voortaan slegs 50% eienaarskap van hul grond sal kan behou. Daar gaan nie ’n onteieningswet wees nie, maar wel ’n Investering wet wat in werking tree. Die regering neem net kuratorskap oor en dit is nie nodig om enige vergoeding aan die eienaar te bied nie. Selfs die liberalis, Frans Cronje van die S.A.I.R., sê hierdie wet kan veroorsaak dat landbougrond tot niet gaan en die platteland ekonomies in duie stort. Die gevolg sal wees armoede wat gaan veroorsaak dat stedelike gebiede oorstroom gaan word deur werkloses. Wat hy nagelaat het om by te voeg, is dat werkloosheid, hongersnood en revolusie, altyd hand aan hand loop.

12) So gepraat van revolusie: Floyd Shivambu die gewese ANC-lid wat vroeër vanjaar by die EVV aangesluit het as kommissar en stafhoof het dit onomwonde gestel dat die EVV gereed maak vir ‘n bloedige sosialistiese revolusie, soortgelyk aan die van 1917, wat deur die werkersklas gelei sal word, en wat die Tunisiese, Egiptiese en Noord-Afrika-revolusies na kinderspeletjies sal laat lyk!

13) Ten slotte: oor die afgelope naweek het die Departement van  Sport besluit dat sportliggame wat in gebreke bly om  kwotas van 60% swart spelers in hulle spanne op te neem, nie net hulle borgskappe sal verbeur nie, maar ook verbied sal word om Suid-Afrika in die buiteland te verteenwoordig. Ja, selfs die sportgod is besig om oor  die horde swart pote te struikel.

Noag het sewe dae vóór die tyd geweet wanneer die Vloed kom. Lukas 17:26 sê vir ons dit sal weer wees soos in die dae van Noag. Daarom glo ek, sal die “uitverkorenes” wat voorberei het ook betyds weet wanneer om na hulle Koemran te vertrek. Daar sal Hy in die nood by ons wees en ons uitred.

Siener van Rensburg, Ryno Opperman en die Suidlanders het hierdie onheil en “gees van verskrikking” oor die land sien kom, maar tevergeefs die basuin geblaas, want die meerderheid blankes se reaksie is presies wat dit destyds (1961) in die Belgiese Kongo was voordat die massamoord begin het — “julle jaag net spoke op, daar sal niks gebeur nie!”

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470