Hoekom ‘n tweede Bloedrivier?

Ek dink ons almal ken in breë trekke die gebeure wat op 16 Desember 176 jaar gelede afgespeel het. Daarom wil ek hier eerder kyk na die agtergrond van daardie gebeure. Hoekom het dit plaasgevind? Hoekom was ‘n Bloedrivier nodig? Hoekom het niks sedertdien verander nie? Hoekom het die Trekkers geglo hulle is Israel in Egipte, en ten slotte, wat is die betekenis van die Gelofte vir ons as Boervolk?

As die Trekkers nie gekant was teen sekere dinge wat deur die Engelse regering aan die Kaapkolonie verorden is nie, sou hulle nooit getrek het nie. Dan was daar ook geen Bloukrans en geen Moordspruit nie. En as die emigrante-Boere die Engelse onderdanig was (soos wat die Kerk vandag aan ons voorskryf), dan was daar ook geen Gelofte nie.

Nou kan ons seker vra: Hoekom het die Trekkers die Engelse se opdrag geïgnoreer, as hulle YHWH in alle ander opsigte gehoorsaam was?

Volgens die Trekkers was die Engelse regering nie dienaars van YHWH nie — net so min as wat die ANC dit  vandag is.

Die Gelofte wat Sarel Cilliers en die manskappe afgelê het, was ook nie ‘n eenmalige gebeurtenis wat op die aand van 16 Desember 1838 afgehandel was nie. Nee, die volk wat daar gebore is, is vir tyd en ewigheid onherroeplik daaraan gekoppel.

Want solank as wat ons die belofte wat daar voor YHWH gemaak is, nakom, vir solank sal Hy ons (net soos Hy op 16 Desember 1838 gedoen het), uit die hand van ons vyande verlos.

En die feit dat ons vyande vandag oor ons heers, is ‘n bewys dat ons ons kant van die ooreenkoms verbreek het.

Velerlei traumatiese gebeure het tot gevolg gehad dat tussen 5 en 6 duisend behoudende Kolonialers reeds vanaf 1834 uit die Kaap begin padgee het. Hulle wou onder die Engelse juk uitkom; hulle was nie te vinde vir gemengde skole en kerke nie en die vrystelling van die slawe sou hulle finansieel ruïneer.

Vandag staan ons weer onder die Engelse juk, sit ons weer met gemengde skole en kerke. En is die eertydse Klaas nie net vrygestel, maar hy het nou ook ons Baas geword.

Hoe hewig die teenkanting teen Engelse oorheersing was, skryf ene Chapman van n gebeurtenis op Marico waar die sendeling, Murphy, aan die Trekker, Jan Breytenbach se vrou ‘n Bybel verkoop het. Maar toe sy later ontdek dat dit in Engeland gedruk is, wou sy dit nie meer hê nie en ook nie met haar hande aanraak nie. Sy grawe toe n gat met ‘n graaf, neem twee stokke waarmee sy die Bybel optel, in die gat laat val en daarna het sy dit toegegooi.

Destyds was dit die kerk aan die Kaap (vandag is dit die NG Kerk en talle sogenaamde “Afrikaanse” organisasie soos Solidariteit, Afriforum, die FAK, die Voortrekkers, ens.) wat die voortou geneem het met die gelykstelling van die slawe. En toe lidmate begin padgee, was dit juis die herders wat hulle in die steek gelaat het en moes hulle kerk- en herderloos die wildernis invaar…

Ds. DPM Huet wat die emigrante-Boere besoek het, het met hulle vyandskap teenoor swartes te doen gekry. Hy skryf: “Op my vraag, wie is ons naaste? het sommige geantwoord: Alle mense. Maar toe ek daarop wou weet: Sluit dit swartes in? Het ALMAL uitgeroep: NEE!”

Ds. DPM Huet
Ds. DPM Huet

In 1987 het mnr. PW botha die drie moderators van die susterkerke na Tijnhuis laat kom en aan hulle gevra of apartheid sonde is of nie. En dit was die NG Kerk wat by monde van prof. Johan Heyns plegtig aan hom gesê het: “Ja, meneer Botha, apartheid is ‘n sonde!”

Die duisende verwarde en ontgogelde lidmate wat hierdie “veranderde evangelie” nie kon verstaan óf aanvaar nie, is deur die kerk onder ‘n vloek geplaas — ‘n vloek wat tot vandag toe nog geldig is!

Verbaas dit mens dan dat Rapport reeds in 2008 berig het dat nagenoeg 80 000 NG Kerk lidmate die kerk verlaat het en dat meer as 12 000 sinodelede se sitplekke Sondae leeg is?

Ons kan dus met alle reg sê: Die volk is vandag weer KERK- en HERDERLOOS. Hierdie duisende lidmate wat hulle nou buite die kerk bevind, het nie net, soos die Trekkers, die Bybel hulle rigsnoer gemaak nie, maar glo ook, soos die Trekkers, dat hulle God se volk is. Selfs Siener van Rensburg was daarvan oortuig.

Uittog uit Egipte

In ‘n uitgawe van 11 November 1836 skryf De Zuid-Afrikaan ‘n spottende en snedige berig oor die Trekkers se waangeloof dat hulle weer Israel in Egipte is en dat God hulle uit die hand van die Egiptenare sal verlos. Ek Haal enkele gedeeltes aan: “So trek hulle weg van Farao, die Egiptiese verdrukker, reis deur die woestyn en vestig hulle uiteindelik in Kanaän tussen die heidene….Hulle wegtrek na die land van Belofte is vir hulle soos die uittog van die Israeliete….”

Gert Maritz
Gert Maritz

In ‘n brief van Maart 1837 aan ‘n vriend in die Kaap, sê een van die trekleiers, Gert Maritz: “Dit gaan goed met ons. Aangaande ons bedoelde land waarheen ons wegtrek is dit met een woord volmaak — ‘n land oorvloei van melk en heuning…”

Andries Pretorius beklemtoon weer die noodsaaklikheid van eensgesindheid onder die Trekkers “waarsonder ons nimmer die aardse, nóg hemelse Kanaän of Jerusalem sou kon bereik, want die trek is vir ons nie net ‘n volksbeweging nie, maar ‘n godsdienstige bedevaart om die beloofde land te gaan soek…”

‘n Mens wonder of hulleself geweet het waarom hulle die land van melk en heuning juis op hierdie donker, onherbergsame en ongenaakbare kontinent moes kom soek?

‘n Amerikaanse joernalis en Afrika-kenner, ene Amos, kon dit self nie verklaar nie en het hom in 2007 soos volg oor Afrika uitgelaat: “Van al die lande is Afrika vir my die beste voorbeeld om die verskil in die handewerk van God en Satan te illustreer: “In die begin het God uit niks ALLES geskape. In Afrika het Satan uit ALLES niks voortgebring nie!” En dan voeg hy hierdie betekenisvolle woorde by: “Om die een of ander rede, dink ek, rus daar ‘n vloek op Afrika…”

Het ons voorouers dit dalk besef toe die onderwysers al in 1906 aan die kinders op skool ‘n gediggie geleer het wat so begin: “A staan vir Afrika, donker en swart, land van verdrukking, ellende en smart…?”

Selfs ‘n Desmond Tutu het by geleentheid gesê dat God Afrika in die steek gelaat het, “want as ek eendag voor Hom staan, wil ek Hom net één vraag vra: “Waarom het u op Afrika gespoeg?'”

As Afrika dan ‘n verdoemde kontinent is, kom die vraag onwillekeurig by mens op: Waarom het YHWH ‘n land van verdrukking, ellende en smart, as vlugoord gekies toe Hy sy ware aanbidders, wou uitred uit die kloue van die Roomse Kerk en sy wrede vervolging? Hoekom bring Hy hulle toe na ‘n plek waar hulle nog veel groter verdrukking, ellende en smart sou moes verduur?

Was dit nie miskien omdat Hy hulle as sy klein oorblyfsel juis in hierdie vuuroond wou toets nie, wou louter, reinig en ook ‘n verbond met hulle sluit sodat hulle voorberei sou wees vir die dag wanneer Hyself hier aan die suidpunt van Afrika by hulle sou aansluit vir die Groot Bruilofsmaal nie?

(Terloops, Henog, Siener en Johanna Brandt het al drie geprofeteer dat die Wederkoms in Suid-Afrika sal plaasvind).

Reeds sedert die vroegste dae in die Kaapkolonie, was die Trekboere bewus van hulle diepe afhanklikheid en innige verbondskap met die Allerhoogste. Soveel so dat ‘n Engelse skrywer van die 19de eeu, J.C. Chase, hulle as die mees godsdienstige volk van sy tyd beskryf het. En op 23 Julie 1838 bevestig Andries Pretorius Chase se siening in ‘n brief aan Ds. CWA van der Lingen van die Paarl waarin hy o.a. sê:

“Indien die Trek van die Almagtige is en volgens sy wyse wil en welbehae geskied, so sal ons daar tot ‘n volk word en tot sy eer lewe.”

In die Gelofte wat die Trekkers by Bloedrivier afgelê het, belowe hulle dan ook dat hulle ‘n huis tot SY eer sal stig. Die woordjie “stig” hier het niks te doen met die oprigting van ‘n gebou nie; want in 1 Kronieke 17:10 belowe YHWH by monde van die profeet Natan aan Dawid dat Hy al sy vyande sal verneder, en dat Hy vir hom ‘n huis sal stig.

Volgens die Strongs verklarende woordeboek beteken die uitdrukking “huis sal stig” dat daar vir Dawid ‘n nageslag sal wees; Eers in vers twaalf praat YHWH van die tempel (of gebou) wat Salomo vir Hom sal oprig. Dus moet ons ook aanvaar dat die woorde in die Gelofte “dat ons ‘n huis tot sy eer sal stig” nie verwys na die geboutjie op Pietermaritzburg of die Monument op Voortrekkerhoogte nie, maar na die vestiging van ‘n nageslag of volk wat hulle daartoe sal verbind om tot Sy eer te lewe; want jy “stig” nie ‘n huis nie, jy “bou” of rig dit op met sement, stene en klei. (Vergelyk ook die uitdrukkings: die huis van Juda en die huis van Israel, wat absoluut niks met stene of klei te doen het nie).

In Handelinge 7 vers 48 verklaar die Allerhoogste Hy lewe nie in strukture of tempels wat met hande gemaak is nie. Numeri 35:34 sê vir ons Hy woon in die midde van sy volk.

As Andries Pretorius-hulle dan belowe het om vir Hom volk te word en daardie volk is op 16 Desember 1838 gebore, kan ons tereg die vraag vra of Jesaja nie dalk na hierrlie gebeurtenis verwys nie?

Jesaja 66:8 “Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Word ‘n land op een enkele dag (16 Desember) gebore? Of word `n nasie met een slag gebaar? Want Sion het weë gekry (dink maar aan Weenen, Bloukrans en Moordspruit), en meteens haar kinders (volk) gebaar…”

Die voorsate van hierdie kinders was WARE AANBIDDERS, aanbidders wat deur dik en dun aan sy gebooie vasgehou het, want hulle het geweet dat as jy sy gebooie minag, verdwyn sy seën en staan jy onder die een of ander vloek. Om maar net enkele voorbeelde te noem: Hy verbied ons om met sy vyande ooreenkomste aan te gaan, met hulle te onderhandel of hulle vrede en geluk te soek. Doen jy dit, trek jyself die swaard agter jou uit…. Soos wat Piet Retief en sy manne met tragiese gevolge moes ondervind. En omdat De Klerk en sy manne namens die hele volk by KODESA gaan onderhandel en ooreenkomste aangegaan het, het daar sedertdien al duisende van ons voor die skerpte van die swaard geval!

In Sefanja 3 vers 10 is daar ‘n profesie wat bevestig dat ‘n klein groepie aanbidders hulle in die Laaste Dae ten suide van die riviere van Kus sal bevind. En in Johannes 4:23 word voorspel dat hulle hul Maker in hierdie Laaste Dae sal aanroep: “Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid…”

Omdat die handjievol Trekkers by Bloedrivier nie bereid was om met Dingaan te onderhandel nie, was daar vir hulle uitredding.

Maar vandag ken ons niks anders as onderhandeling, versoening en vergifnis nie.

16 Desember 1838 is vooraf gegaan deur Bloukrans, Moordspruit en Weenen. Daar is blanke babas se koppies teen wawiele vergruis of saam met  hulle moeders deur barbare met assegaaie vermoor. Luk 19:44 “En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het (16 Desember 1838), nie opgemerk het nie.”

Die Kerk se troosboodskap: vergewe

Monay Mouton
Monay Mouton

As ek reg onthou, was dit in 2010 dat Christo Mouton in sy huis deur swart barbare koelbloedig vermoor is. Sy sesjarige dogtertjie, Monay, het tien ure lank vingeralleen by haar pa se lyk gesit, hartverskeurend gehuil en tevergeefs na horn geroep. En wat was die kerk se troosboodskap vir klein Monay, haar familie en die res van die volk? “Nou is dit tyd om hulle (die moordenaars) te vergewe, tyd om na hulle uit te reik, tyd om hulle lief te hê,…”

En vandag, na tien duisende moorde op FW de Klerk se eertydse ondersteuners en volgelinge, soek jy tevergeefs in ‘n koerant na ‘n trooswoordjie van hom vir Monay en haar bedroefde familie en vriende, soek jy tevergeefs op ‘n begrafnisfoto na sy gesig met ‘n traan in die oog.

Nee, skaamteloos en met ‘n breë glimlag gee hy haar die versekering: “Ek sal dit alles wéér doen!”

Twintig jaar lank al predik die kerk vergifnis, liefde en hande vat. Sondag na Sondag word dit by gemeentes landswyd ingehamer. Selfs ‘n Angus Buchan versamel honderde duisende om hom, en kondig met trots in die media aan dat “Ek, Angus Buchan (nie YHWH nie), Suid-Afrika vir Christus omgekeer het!” Maar as dit dan so is, WAAR is die resultate? Hoekom sien ons niks daarvan nie? En hoe is dit moontlik dat al Buchan se duisende bekeerlinge, al die dominees, pastore en priesters se preke, al die lofsange, al die hallelujas nog nie vir één enkele dag die vloek van die swaard van ons teruggehou het nie?

Hoekom nie?

Hoekom is daar geen antwoord op Angus en die kerk se gebede vir vrede en veiligheid nie? Hoekom gaan dit dag na dag net slegter en ellendiger met ons? Het Buchan en die kerk dan nie gedoen wat reg is in hul eie oë deur die bose apartheid tot sonde te verklaar nie? Maar waarom hoor hulle god nie? Waarom swyg hy steeds?

Die verbond in Eden

Ses duisend jaar gelede het Hy in die tuin van Eden saam met Adam en Eva gewandel en met hulle ‘n ooreenkoms (verbond) aangegaan: Doen wat Ek julle beveel en Ek sal altoos met julle wees. En hul samesyn het voortgeduur tot op daardie aand toe Adam vir Hom in die Tuin weggekruip het, en van tóé af soek YHWH nog steeds na sy Adam.

Tweeduisend jaar later was Noag, ‘n nasaat van Adam, weer so bevoorreg om saam met YHWH te wandel. En ook met Noag het Hy ‘n verbond gesluit. Maar ook Noag se nasate het dit byna onmiddellik weer verbreek.

En weer moes 2000 jaar verloop voordat 12 ander nasate die voorreg sou hê om vir ‘n kort tydjie van drie en ‘n half jaar met sy Seun te wandel. En daar in ‘n eenvoudige bovertrek, het Hy nie net ‘n verbond met die 12 gesluit dat as hulle Hom sou volg Hy aan hulle die ewige lewe sou skenk nie, maar hulle ook belowe dat Hy weer sal terugkom om by hulle te woon.

En kan ‘n mens dit glo — hulle nasate het nie ook net daarvan vergeet nie, maar vandag is Hy en sy Boodskap vir hulle ‘n verleentheid.

Maar die Almagtige se geduld en liefde vir sy Adam ken geen perke nie, en wéér sou 2 000 jaar verloop voordat 464 nasate van dieselfde Adam die voorreg sou hê om sewe dae lank op die walle van die Ngome-rivier met Hom te wandel, en het hulle ook, as die jongste dogter of laatlam van sy volk, ‘n verbond met Hom gesluit.

En van al sy kinders was hierdie jonge dogter die enigste wat ‘n tyd lank aan sy voorskrifte en wette vasgehou het; die enigste om te sê: ons sal die Sabbat eer, ons sal nie verbaster nie, ons sal ons apart hou en nie ooreenkomste en verbonde met sy vyande sluit nie. Is dit dalk die rede hoekom Hy haar tot laaste uitgespaar het voordat sy, deur haar eie toedoen, die slaaf van haar vyande geword het?

Maar nou wag daar ook vir haar ‘n Tweede Bloedrivier, ‘n Tweede, groter Loutering, want net soos Adam weder gebore moes word, sal hierdie dogter van Sion ook herbore word. En geboorte gaan altyd gepaard met pyn en smart – daarom die smeltkroes wat nou voorlê…

(Terloops, die pyn en smart van die vrou wanneer sy geboorte gee, is oor haar uitgespreek omdat sy die heilige saad van haar Maker besoedel het).

Maar sonder ‘n Tuin van Eden, sonder ‘n Noag se ark, sonder ‘n verblyf in Egipte, sonder ‘n Tuin van Getsmané, en sonder ‘n Tweede Bloedrivier, kan daar geen uitredding wees nie.

Dit staan so in sy handpalms gegraveer sê die profeet Jesaja: “Jy is myne en niemand sal jou uit my hand ruk nie!”

Siener en Johanna Brandt het voorspel dat hierdie jonge dogter nie net EERSTE die laaste smeltkroes ingaan nie, maar ook EERSTE daar sal uitkom. Want in die wet van WHWH staam dit so opgeteken: “Hy wat laaste is, sal eerste wees.” (Mat. 20:16).

Ons weet dat na die pyn en smart van geboorte, is daar altoos groot vreugde en blydskap — dis die begin van ‘n nuwe lewe, ‘n nuwe tydperk. En oor die murasie, gebreekte stene, klei en rommel van ‘n Nuwe Wêreldorde, sal ‘n Nuwe Jerusalem neerdaal.

Die benoudheid van Jakob

Jan Bantjes skryf in sy dagboek hoedat Kmdt Pretorius die aand toe hy die gedagte aan ‘n Gelofte gekry het, Rigters 6 gelees het – daardie aangrypende en inspirerende verhaal van ‘n Gideon wat met ‘n klein handjievol getroues die oormag van die Midianiete verslaan het deur onvoorwaardelik op Elohim te vertrou.

En nadat Pretorius met sy manne gepraat het, was Karel Landman se vraag: “En as die nageslag hulle nie aan die Gelofte hou nie, wat dan?” Waarop Sarel Cilliers se profetiese antwoord was: “Dan sal God hulle oorgee in die hand van dieselfde vyand waarteen Hy ons nou sal beskerm.”

In Gen. 32 lees ons van Jakob se vrees en benoudheid toe hy verneem sy broer Esau (sy vyand) is met ‘n leërmag van 400 man op pad om hom te ontmoet. Hy was oortuig daarvan dat Esau kom om hom, sy vroue en kinders dood te maak. Hy stuur toe almal vooruit en bly alleen by die Jabbokrivier agter. In sy angs en vertwyfeling smeek hy toe die Heilige van vader Abraham en Isak om hom tog uit die hand van Esau te red.

Later die nag verskyn ‘n Man aan hom en Hy en Jakob worstel met mekaar tot dagbreek.  Toe sê die Man: Laat My gaan, want die dag het gebreek. Maar hy (Jakob) antwoord: Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat U my seën.

En die Man vra hom toe: Hoe is jou naam? En hy antwoord: Jakob.

Toe sê die Man: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met God en met die mense en het oorwin. En daarna het Hy Israel oorvloedig geseën, o.a. as sy uitverkore bruid wat saam met Hom die Nuwe Jerusalem sou ingaan.

Maar daar by die Jabbokrivier het ‘n merkwaardige ding plaasgevind: Jakob se vrees en benoudheid vir die vyand wat in aantog was, het net geduur solank hy nog Jakob geheet het. Die oomblik toe hy egter hoor (of geweet het) hy is Israel, het alles skielik verander — selfs sy benoudheid was meteens iets van die verlede.

Hy moes daardie nag alleen by die rivier deurbring om voorberei te word vir sy ontmoeting met Esau.

Sy worstelstryd én oorwinning het aan die volk Israel geboorte gegee het.

Net so was Pretorius se kommando ook alleen op 15 Desember by die Ngome-rivier saamgetrek in afwagting van Dingaan wat op pad was. En hulle moes daar ook tot die dood toe worstel en ‘n oorwining behaal voordat die Boervolk gebore is.

Ons lees dat Jakob die volgende dag behoue deur die rivier gegaan het. Pretorius en sy manne het ook almal behoue die Ngome-rivier agtergelaat.

En die dag wanneer ons as volk weer duskant die Tweede Bloedrivier staan, sal dit andermaal Jakob wees wat in benoudheid gaan verkeer — hulle wat nog nie “weet” hulle is Israel nie.

Het Siener van Rensburg nie miskien hierdie benoudheid van Jakob in gedagte gehad toe hy gesê het hy sien vroue paniekbevange uit hul huise vlug nie? Want “hulle vlug sonder om die deure agter hulle toe te maak; selfs die vensters staan oop, want ek sien die gordyne waai na buite. Dan hardloop hulle reguit na hulle dood…”

Maar hy het ook gesê “vir óns wat wéét, sal dit nie so erg wees nie”

Wat sou hy hiermee bedoel het? En  wat weet óns wat die vreesbevange vroue nie weet nie?

Miskien lê die antwoord in dit  wat hy aan mnr. Boy Mussmann gesê het toe dié by hom wou weet: “Oom Klasie, wié is ons?”

Sy antwoord was kort en kragtig: “Ons is God se volk…”

Mag elkeen wat vandag hierdie woorde lees, dit reeds weet!

Ons weet ook dat Israel se eindbestemming al van die grondlegging van die aarde af volledig opgeteken staan, hoe kan daar dan by ons ‘n vrees of benoudheid vir enige vyand wees?

Dan het Siener mos na óns verwys toe hy gesê het: Vir dié wat wéét, sal dit nie so erg wees nie…

Ons lees van Jakob se benoudheid, maar nêrens van Israel s’n nie!

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470