Vleislose sameswering

Daar word beraam dat waterskaarste wêreldwyd ‘n geweldige impak gaan hê op voedselproduksie teen 2040 en moontlik sal mense stelselmatig moet oorgaan na ‘n vegetariese leefwys. Tans bestaan sowat 20% van die mensdom se dieet uit proteiene van dier-produkte maar om die huidige bevolkingsgroei te handhaaf teen 2050, sal hierdie vebruik moet daal na 5%. Organisasies wat hierdie konklusie ondersteun sluit onder meer in die VN, Oxfam, meer as 2500 politici, ‘n verskeidenheid nie-regerings organisasies, asook 120 lande wat vir ‘n week in Stockholm, Swede, bymekkaar gekom het.

‘n Mens begin dadelik regop sit en wonder wat is die agenda agter sulke uitlatings. As organisasies wat agter vandag se Globaliserings veldtog sit met hierdie tipe resultate vorendag kom, dan moet ‘n mens dadelik wonder hoekom dit so belangrik vir hulle is. Is dit nie dieselfde mense wat die huidige aardverwarming in ons kele probeer afdruk om seker te maak almal werk saam aan hulle goddelose ideologie van Een Taal, Een Godsdiens en Een Staat nie?

Beide die VN en Oxfam maak reg vir ‘n tweede globale voedselkrisis binne vyf jaar. Vanaf Junie het graan- en mieliepryse met bykans 50% gestyg as gevolg van ernstige droogtes in Rusland en die VSA.

‘n Vegetariese dieët word aangeraai om sodoende die waterlas te verlig deur veeboere en meer plek te maak vir gewas aanplantings. Die handhawing van ‘n diere proteienryke dieët verg sowat 10 keer meer water as as ‘n gewone vegetariese dieët.

Die VN voorspel dat voedselproduksie met sowat 70% en die vraag na water met sowat 60% moet styg teen die middel van die 21ste eeu om die huidige groei in aanvraag te bevredig.

Maar sal ‘n dieetverandering van hierdie aard werklik goed wees vir ons?

Psychology Today meld dat ongeveer 75% van alle vegetariers binne die eerste 9 jaar terugkeer na ‘n vleisdieët. Die oorgrote meerderheid se rede was eenvoudig – hulle gesondheid het begin agteruitgaan. Ander het sterk vleislus gemeld en dat veral spek hulle teen die mure wou uitdryf! Die meerderheid vegetariërs begin met die dieet as gevolg van ‘n morele standpunt teen die mishandeling en doodmaak van diere.

In die 1920’s en 1930’s het ‘n Dr. Weston Price deur die wêreld gerys en ‘n studie van sowat 14 kulture se dieetgewoontes saamgestel in ‘n werkstuk getiteld Nutrition and Physical Degeneration. Kultuurgroepe met ‘n redelike groot mate van diere proteien in hulle diete, was baie meer vrugbaar, minder vatbaar vir siektes en oor die algemeen gesonder as kulture waar vleis ontbreek het. Price was omgekrap hieroor, aangesien hy seker was dat vegetariese kulture defintief gesonder sou wees. Kontemporêre Amerikaanse gesondheid van sy tyd was baie swak, maar blykbaar nie tewyte aan vleis inname nie.

Lees verder:

Food shortages could force world into vegetarianism, warn scientists
Most Vegetarians Return to Eating Meat?

 

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470