Die afgelope weke het ons almal die nuus dopgehou wat oor die stakings gehandel het en ons het onwillekeurig (dié van ons wat daarvan geweet het) gedink aan Johanna Brandt en wat sy gesê het oor stakings wat sou kom:
“Klein stakings sal oorgaan in groter stakings; groter stakings sal aanleiding gee tot losbandigheid en brandstigting; brandstigting sal gevolg word deur rewolusie; rewolusie sal verander in Burgeroorlog; Burgeroorlog sal gevolg word deur hongersnood en pestilensies — al hierdie dinge sal gekroon word deur ’n katastrofe wat deur geen menslike woorde beskryf sal kan word nie. Wanneer al hierdie dinge gebeur, sal die tyd van die einde voor die deur staan en moet julle gereed wees.”
Hierdie visioene, of ons nou skepties daaroor is of nie, begin lyk asof dit presies is waarop ons afstuur in hierdie land. Daar is baie mense wat glad nie in haar visioene glo nie en ander wat daarby sweer, maar almal moet teen hierdie tyd erken dat dit lyk asof dit uiteindelik bewaarheid gaan word – indien nie nou nie, dan wel in die toekoms.
Siener van Rensburg het gesê dat dit so donker vir ons sou word dat hy nie sy hand voor sy oë kon sien nie. Johanna sê: “Weldra sal die nag daal in ‘n ondeurdringbare duisternis soos ons nog nooit in hierdie land beleef het nie.”
Sy sê ook: “’n Kolom van vurige smeekgebede van Suid-Afrika het dag en nag opgerys na die Hemel en dit het die donker wolke van verwoesting opgebreek en verjaag toe hulle op hulle dikste saamgepak het. Verlossing het gekom toe ons dit allermins verwag het.”
Sy het die Spaanse Griep van 1916 beskryf as ‘n “klein voorloper” van die peste wat ons uiteindelik gaan tref. Sy het niemand gerus probeer stel nie, maar gewaarsku: “Die groot dinge het begin. Ons val nou by tienduisende, maar ons sal nog by honderdduisende afgemaai word.
Die Sekel van die Dood gaan oor ons land. Die graanoes is ryp, die druiwetakke hang swaar. Die uur om te maai het aangebreek.
Die uiteinde van dit alles beskryf sy: “Die handjievol wat oorbly, sal so gelouter wees — so gelouter — dat dit vir die Seun van Regverdigheid moontlik sal wees om in hulle midde te woon en oor hulle te heers as ’n Priester en Koning, vir ’n duisend jaar.”
Sal dit alles gebeur? Niemand van ons kan met sekerheid sê nie, maar niemand sal ook kan sê dat hulle nie gewaarsku is nie.Die stakings is elke keer groter, die skade is groter. Hierdie keer het daar mynwerkers in die slag gebly en die ekonomie is ernstig geknou. Durf ‘n mens nog sê dis net ‘n mens se verbeelding? Hoeveel geweld moet daar dan wees voordat mense tot hulle sinne sal kom en sien wat aan die gang is?
Grondgrype is weer onder bespreking en die gepaardgaande dreigemente ook. Enigeen wat nog dink dat daar ‘n vreedsame oplossing vir alles is, leef in Lalaland. Daar word al onder die oppervlak van revolusie gepraat en revolusie beteken bloedvergieting op groot skaal.
Die onrus peul nou kort-kort uit in stakings wat met dreigemente van oorlog teen die blankes gepaardgaan. Indien dit sou oorspoel in geweld, bestaan die moontlikheid dat hulle genoeg moed bymekaar gaan skraap om die blankes uiteindelik van hulle eiendom te verdryf. Dit sal lei tot die wegtrek van blankes na veilige dele wat ‘n ekonomiese ineenstorting tot gevolg sal hê.
Dit sal ook konfrontasie tussen swart en wit en waarskynlik ook tussen swart en swart meebring, omdat hulle sal baklei oor die eiendom van die blankes. So ‘n oorlog tussen rasse sal beteken dat die blankes (wat deur die ou weermag opgelei is) tot aksie sal moet oorgaan en waarskynlik die oorhand sal kry oor die lafhartige swartes.
Selfs al sou ons die land terugkry in blanke hande, sal daar steeds rekening gehou moet word met ‘n liberalistiese, onwettige blanke regering wat nou reeds gereed staan om die land oor te neem. Dit sal uitloop op ‘n burgeroorlog (wit teen wit) waartydens die regses letterlik na “spelonke” sal moet vlug. Intussen sal die ekonomie ineen gestort het, die landbou sal tot stilstand gekom het en hongersnood sal uitbreek. Onder sulke omstandighede, waar daar te veel mense in ‘n land is, sal peste ook uitbreek en mense afmaai omdat hospitale nie meer sal funksioneer nie.
Dus, klink Johanna Brandt se visioene nog so vergesog? Of reken u dat u na die stof gaan lê het, weer u ou lewe sal kan voortgaan? Miskein is dit nou die tyd om wakker te skrik.
http://gelofteland.org/index.php?option=com_content&view=article&id=1877:6-november-1900-slag-by-bothaville-boer-swak-vertoon&catid=23:kultuurdagboek&Itemid=24
Ek lees op bogenoemde skakel en verneem hoe ons voor geslagte skrik gekry en gevlug het in 1900 terwyl `n oorwinning `n paar minute verder vir hulle gewink het.
Ons moet egter besef dat God beskik en dat als volgens Sy raadsplan sal geskied.
Vir boeke soos Obadja om vir ons te vervul sal ons egter dinge effe anders moet doen as tydens die Vryheids oorloë.
Kom ons begin om Vader te bid dat dat daar NOOIT WEER !!, `n gees van verskrikking en vrees oor ons mag kom nie!!!
Dat Hy Sy Gees in ons woonagtig sal maak tot die einde.
Om uit ons elnde te kom, sal daar nerens weer `n so genaamde `vrede van Vereniging` gesluit kan word nie, immers, die elende wat ons beleef is dan juis direk weens so `n vrede sluiting.
Mag God met ons wees dat ons hierna, ELKE DAG sal deurbring soos `n Sabbat, dat elke dag geheilig sal wees, dat elke dag `n gelofte dag sal wees, dat ons Hom elke dag tot in die verste ewigheid in sal eer en verheerlik, oor die oorwinning van goed oor kwaad tot Sy Naam se eer en verheerliking.
Amen.
PieterJan
Dis ‘n belangrike saak wat jy hier aanroer. Die rede waarom ons die Tweede Vryheidsoorlog verloor het. Ek het hieroor ‘n verklaring van Siener van Rensburg in sy my dokumente gekry en behandel dit volledig in die nuwe Siener-boek “IN DIE LOOPGRAAF” wat binnekort verskyn. Ek sal dit by ‘n latere geleentheid op die blog plaas. Gewis en seker sal ons dinge anders moet doen!
Soos altyd
Adriaan
Oom Adriaan, ek het vanoggend hierdie twe emails gekry:
Bid vir De Doorns !!!!
Ek wil julle ernstig oproep om te bid vir die situasie in De Doorns. Die situasie is nou BAIE ERNSTIG!!!!
Ek het vanoggend (Vrydag 9 November) met ‘n vriend van my gesels wat ‘n boer in die vallei is. Hy is ‘n opregte kind van die Here wat ‘n hart het vir die Koninkryk en wie omsien na sy werkers se welstand in alle opsigte.
Daar het vanoggend ‘n taakmag van die Polisie ontplooi. Die Weermag het ‘n taakmag ontplooi. Die Boere het ‘n taakmag ontbied vanuit die Noorde.
Al die vrouens en kinders van die boere is uit die Hexrivier-vallei verwyder. Die skole is gesluit.
“Dit is oorlog”.
Dit situasie is ook polities gelaai. Daar is magte wat die Wes-Kaap onregeerbaar wil maak. De Doorns, Grabouw en ander Bolandse dorpe is geteiken. As dit daar slaag wil hul dit verder voer.
My vriend het laasnag in sy tuin geslaap met sy haelgeweer by hom. Sy werkers (wat al jare lank by hom op die plaas is) is vreesbevange. Hulle kan nie uit hul huise gaan en werk nie. Daar is mense in voertuie wat rondry om te kyk of daar werkers in die wingerde is op die plase. As hulle so-iets opmerk, stuur hulle ander in om daardie werkers te gaan regsien.
Die groot probleem gaan nie oor lone nie. Dit gaan oor Sotho’s wat onwettig die vallei inkom met vervalste dokumentasie en dan die werk afvat van werkers wat in die plaaslike bruin/swart woonbuurt woon. Hierdie is ‘n polities gedryfde inisiatief tot nadeel van almal in die vallei. Die boere is bereid dat die Departement ‘n oudit kan kom doen op hul plase en rakende hul werkerspraktyke. Die boere weet dat hulle nie verkeerd optree teenoor hul werkers nie. Hierdie dinge word nie in die media gerapporteer nie en die publiek kry ‘n verkeerde indruk oor die situasie.
My vriend sê die stryd is teen bose geeste in die lug. Daar is sangomas besig om die arbeiders te be-invloed. Hulle gooi dolosse en sê bv. vir die werkers: “Daar is ‘n plaas wat baie donker is, moenie daar werk nie, julle gaan swaar kry”. Dan is dit die plaas van ‘n Christen-boer wat ‘n gebedsketting begin het op sy plaas.
Kom ons tree ernstig in vir hierdie situasie by Vader. Ons staan die vyand tee in sy planne en ons doen dit in die naam van Jesus Christus van Nasaret wat gekom het in die vlees. Ons bid dat die vyand se planne tot niet sal gaan en daar verwarring in sy kamp sal wees. Ons bid dat al sy leuens ontbloot sal word en in die lig kom.
Ons bid vir die beskerming van die mense en die eiendom in die Vallei. Ons bid vir die magte wat daar ontplooi is om reg op te tree. Ons bid vir vrede en die hertstel tot normale leefwyse. Ons bid dat indien daar enig ongeregtigheid van enige party sou geskied in die Vallei, dit reggestel sal word. Ons pleit die naam en bloed van Jesus Christus oor Sy kinders in daardie gebied.
Mag die Here jul seën.
Daniel
BID VIR DIE DE DOORNS BOERE
Ek stuur die mail vir julle aan. Met Gebed is alles moontlik. Ek wil graag vir elkeen vra om asb ‘n gebed te doen vir die De Doorns plase. Dit is verskriklik en dink nie almal besef hoe dit regtig hier gaan nie. Die “mense” het gister aand bomme in die boere se wingerde gegooi en van die boere moes hulle plase ontruim en die boer- vrouens en kinders is in ‘n huis toegesluit . Dit klink soos oorlog of ‘n storie wat afspeel, maar die dinge is regtig besig om te gebeur en dit is maar 10 kilo’s van ons af.
Ons hoor kort kort hoe die polisie sirenes en ambulanse hier verby jaag en die hele N1 is al toegesit. Die Zweletemba “mense” dreig al vir 2 dae om hier na ‘n ander deel ook te gaan in Brandwag, Worcester (Dis waar ons bly). Hulle moet deur die dorp gaan om daar te kom en sal alles verwoes wat voor hulle kom. Die slegste van alles is dat dit nie die arme plaas werkers is nie, maar daar word nou busse vol van die “mense” aangery om te kom beetoog en goed aan die brand te steek. Die polisie beteken niks, want hulle mag nie skiet nie,en ek dink die boere is ook moedeloos want hulle mag ook niks doen nie.
So ja, graag wil ek vir julle vra of julle asb in julle gebede sal dink aan die mense en bid, baie Hard Bid.
Almal se gemoed is bitter laag, want dis ons mense en kliënte wat moet wakker sit en bekommer oor elke minuut wat verby gaan.
Die Here moet my net vergewe en my hart sagmaak want ek het baie haatgevoelens in my wat ek nie kan keer nie.
Yolandé
Ek het nou net met my skoonsuster gepraat wat diep in De Doorns boer:
die situasie is baie erger as wat dit op die TV lyk: hulle ervaar dit as oorlog wat om die draai is. Gisteraand is nog twee plase gebrand, die grootste pakstoor wat baie onskuldige mense werk gee, het hulle ook probeer om gisteraand te brand, die vroue en kinders in De Doorns dorp word geteiken – meesste is uit die vallei na veiligheid, die plaaswerkers leef in vrees en word aangeval as hulle nie deelneem aan die stakings nie. Sy se hulle hoor in die nag die skote, mense se gesing en dans, ruik die vure wat brand en die absolute lam vrees: wanneer is dit hulle beurt!! Sy is bekommerd oor die gemoed van die mans en eienaars van die besighede – almal loop reeds met vuurwapens op hulle lywe en langs hulle in die huis en voertuig. Sy se hulle moet more hulle mense betaal, maar die hele dorp is toe – slegs 1uur per dag oop maar dit is so gevaarlik dat hulle nie daar sal kan kom om die mense te betaal.
Sy vra dat ons asb moet bid vir ingryping en oplossing voor dit uitbrei na ander dorpe. Dit is nie die plaaswerkers wat agter die hele storie is nie – bid ook vir hulle, hulle is absoluut in vrees en angs elke dag.
Elke wingerd wat brand, is minder werk volgende paar jaar vir die werkers!
Yolandé Conradie