BLOG

Credo Mutwa – groot geweld as Mandela sterf

Die gawe van profesie kry ons nie net onder God se profete nie, maar dit gebeur soms dat die Almagtige aan die heidene toekomstige gebeure deur drome of gesigte openbaar – sulke profesieë is byna sonder uitsondering as waarskuwing vir sy volk bedoel.
Dink maar aan die Farao van Egipte se droom oor die sewe vet jare en sewe maer jare, en dat die uiteinde daarvan tot voordeel van Jakob en sy familie was en hulle weer by Josef uitgebring het. Dan was daar die droomgesig van koning Nebukadnésar se reusebeeld waarin hy vier toekomstige koninkryke gesien het.

Ons lees ook in die Nuwe Testament dat die hoërpriester Kajafas, wat as voorsitter van die Sahedrin opgetree het, aan hulle geprofeteer het dat die Messias vir die volk sou sterwe.

Hier in Suid-Afrika is daar die heidense Zulu, Credo Mutwa, wat al wêreldwyd bekendheid verwerf het as ‘profeet’ of waarsêer.

Ons noem net enkele van sy voorspellings: In 1966 het hy in ‘n brief aan dr. Verwoerd laat weet hy ‘sien ‘n bajonet bokant sy kop hang’, en dat hy versigtig moet wees. Volgens ‘n koerantberig het dr. Verwoerd glo aan hom laat weet, dis nonsens, en dat net swartes met messe doodgemaak word. Kort daarna is Verwoerd in die parlement doodgesteek.

Vroeg in 1963 skryf hy ‘n gedig, The Bloodstained Flag, waarin hy voorspel dat pres. John F. Kennedy gewelddadig gaan sterf. Die voorspelling word op 22 November 1963 in Dallas, Texas, bewaarheid toe Kennedy in sy motor doodgeskiet word.

Gedurende Februarie 2009 skryf hy ‘n gedig wat ‘n soortgelyke einde vir Barak Obama in die vooruitsig stel. Hier is ‘n verkorte weergawe daarvan:

“You are Barack, oh, son born to deceive
“The suffering hoards of Africa look up to you,
“See a black saviour where nought but a Judas strides.
“An entrapper of nations, bringer of dismal war Behind the robes and the nylon wings of hope
“Oh, may those who look upon you, see you as you are.
“May those who hope in you behold you as you be
“A prince deceitful to bring down Africa’s shrines
“A siren who leads Africa’s ships onto rocks of obliteration.
“Your rule my lord will not be one of peace
“Your reign my king will not be one of smiles
“Even as we speak in caves both dark and dank.
“Enraged fanatics plot your dark demise
“They will put around your head a bloodwet martyr’s crown.
“Oh black Kennedy following the one before
“May God forgive thee and thy fiery spouse
“As you walk in silence from the stage of life…”

Op Dinsdag 14 Augustus 2012 het Credo Mutwa sy laaste onderhoud aan ‘n koerant, The Daily Sun, toegestaan en gesê hy is erg bekommerd oor geweld wat in Suid-Afrika gaan losbars – “…ek sien Mzansi (Suid-Afrika) brand!” was sy eerste woorde aan die verslaggewer. Dit was presies twee dae vóór die polisie 34 Lonmin-mynwerkers doodgeskiet het.

“Swart broer sal teen swart broer veg,” het hy gesê. “En diegene wat dit veroorsaak het, sal terugsit en glimlag … oorlog kan nie meer vermy word nie. Suid-Afrika sit op ‘n tydbom wat enige dag kan ontplof…”

Vroeër die maand (op 3 Augustus) het hy aan The New Age ‘n ernstige waarskuwing gerig oor die dag wanneer Mandela te sterwe kom, en onder andere die volgende gesê:

“Ons stuur af op ‘n oorlog onder onsself. As swart mense haat en verag ons mekaar. Ek is baie benoud, want die dinge sal gebeur na Mandela se dood – swart mense sal begin om mekaar dood te maak.

“Ek wens ek was liewer self dood…”

Na die onderhoud het hy ‘n boek, Voice of a Prophet (die Engelse vertaling van Boodskapper van God, uit sy boekrak gehaal en gesê: “Koop herdie boek, dit is geskryf deur ‘n blanke persoon en alles daarin is die waarheid!”

In een van sy vroeëre voorspellings het hy gesê dat die blankes weer in Suid-Afrika gaan regeer.

Blog Artikels

E-BOEK: Kerkverraad is 'n onstellende verslag oor die Afrikaanse kerk se bedrieglike rol in die Boervolk se uitlewering.
Solidariteit, Afriforum en die Broederbond - 'n doringbos in die Boervolk se pad.
7 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments
KleinVrystaat

Naand Boere,
Al gewonder waar kom “versoeningsdag” vandaan? Ek plaas graag die volgende aanhaling:
Africa is my witness deur Vusamazulu C Mutwa 1966

There is no denying the fact that many Afrikaners have never forgiven, and have no intention ever to forgive, the Bantu for losses they suffered at Bantu hands in the past, in spite of the fact that at the time and for close on a century the Bantu have paid their debts in blood, sweat, toil and tears.
The Afrikaner does not seem prepared to forget what Dingaan did to

230 AFRICA IS MY WITNESS
Piet Relief (I explained in my previous book that this was a mishap resulting from British power politics). The Bantu feel deeply hurt about the sentiment of the Day of the Covenant and about this day I would like now to give this warning: if there are going to be more of these days, salted and peppered with such speeches as we have had to listen to so far, the very trouble this country is expecting will actually come about. Then the courts of enquiry will search in vain for agitators.
There is one way to ensure peace in this country—stage a nation-wide peace ceremony, combining White and Bantu procedure. Do this on the “Day of the Covenant”, with speeches emphasising forgiveness, and henceforth change the name of this public holiday to ‘The Day of the Treaty’, or ‘The Day of Understanding’. Let the Transkei Government and all leaders of other racial groups participate.

Maak dit nou sin?
BoereGropete

Pottie

Het heelwat respek vir Credo Mutwa en aanvaar al sy besprekings ens. en kan glo dat dit die Boere se toekoms kon verbeter om Credo se raad te volg aangaande Piet Retief en versoening met die Bantu geledere maar dit is beslis te laat om nou gehoor te gee. 1966 was n goeie tyd om dit te doen voordat die Kommuniste gevestig was.

Jurie

Na aanleiding van gebeure en stories wat die ronde doen dat FW de klerk homself voorberei om hierdie land terug te neem na aanleiding van wat hy kwyt geraak het met die oorlewering van die BOERE-Volk aan hierdie barbare, “I will be back” is NIE om die BOER weer in beheer te plaas nie maar wel om hom onder verdrukking van die NWO te plaas. Indien hy sou vrek voor die tyd sou sy tweede in bevel dit oorgeneem het en ons uitgelewer het, dus as daar weggedoen word met de klerk sal ons vinnig uitvind wie sy tweede in beheer was of is, wat die verradelike daad moet pleeg! Hy wat pikkie en deklerkie is het nie verniet met chester crocker onderhandle nie wat deel uitmaak van die mistieke groep van 300 wat glo ook betrokke was met die moord op vele hooggeplaastes in wereld kringe! Hulle het geen genade vir hulle eie mense, nl die Boere-volk nie, Hierdie zulu ding kry al sy inligting van die voorvaders geeste wat gelei word deur die onderwereld, en die het ook mag om gebeure te voorspel, ek glo glad nie in sy vermoe nie en sal my nie daarmee ophou nie!

KleinVrystaat

Nog n stuk van Mutwa
1 Taktiek
2 Plaasaanvalle?

Meer uit: Africa is my witness deur Vusamazulu C Mutwa 1966

TAKE FROM THE PAST 245

The same king, Cetshwayo, ….. once said in the presence of my grandfather: “Bantwana bami,akusiwona amahloni ukwehlulwa iNigisi empini” (My children, it is not a shameful thing to be defeated by an Englishman in battle). The Bantu never looked upon a battle they lost against the British as a disgrace, because the British always fought openly and bravely, and the Zulus could match their battle tactics. The Zulus always took defeat by the British in the spirit of good sports¬ manship. But the Bantu could never fathom the guerilla tactics of the Boers and to be defeated by them was a thing of deep disgrace.

The Zulus did not attack the hospital at Rorke’s Drift hoping for an easy victory, as Bryan says. Their generals were no fools; they knew only too well that they had no chance against the English, because they had had time to do what the Zulu calls ‘ukukanisa’, that is, to fortify their position. Throughout their history the Zulus have made it their most important strategic task to try and catch the enemy in the open, to harass him and so prevent him from taking up a particular defensive position of his own choice and fortify himself. Zulu tactics have always been based on the principle of the quick attack; to try to shatter the enemy as quickly as possible, because this ensured minimum casualties on their own side. For this reason the well-known crescent or moon-shaped battle order was adopted.
Once the enemy secured themselves in a stronghold they could disrupt completely the Zulu timetable of attack. This forced the Zulus to deploy their attacking force, to abandon the crescent assault formation and to form several smaller harassing sub-units. The battle then became unnecessarily drawn-out and resulted in many casualties. The Zulu strongly disliked this kind of attack and proceeded with it only under very special circumstances.
…… “Ningaboyedelela imamba uma isize ya luka” (never despise a mamba when you have allowed it to curl up)…..
BoereGroete

AntSan

Berig in Times Live 29 Aug 2012. Geen treine loop vanaf Johannesburg!

Korporaal

Kyk hierdie stakende mynwerkers kan regtig uitbrei so groot dat almal in die land staak vir groot salarisse-van myners, hospitale tot en met klerewerkers en eindig by die banktellers en dit kan die begin wees dat die ysters begin roes en die wiel van die treine nie olie kry nie a.g.v stakings en ook die olieprys en die oorlog in die ooste!
As n mens mooi sit en dink en jy kom agter hoe alles duurder word van petrol, melk, botter, kos ens en jy begin te lees oor die droogtes wat nou begin plek vat hier en daar en daar in die land en ook so in ander lande dan begin alles stadig soos n legkaart bymekaar te kom. Hierdie 7dae “mourn” wat die regering gehad het oor die 34 dooies is klaar n begin om die mense voor te berei vir die 7 dae lange “mourn” vase as nelson gaan le! Dit gaan die situasie nog erger maak omdat baie deur hul staking nie inkomste gekry het nie en nelson eweskielik bay se dat hulle vrees bevange gaan wees, so asof hul laaste hoop in vlamme opgaan. Ek glo in die Here en Sy Bloed sal ons beskerm hou as die barbare gaan begin amok maak! Hierdie is eindelik n geveg tussen hulle so ons moet net uit hul gevegsone wees
Dit is net my eie mening en sieninge.
Groete

Johanvw

Naand julle
As n jy die week die nuus dop gehou het (E nuus,Radio Pta,Suidlanders web ens)sal jy duidelik sien dat dinge besig is om vinnig te gebeur.Ons moet paraat bly.En vannaand gaan brandstog op ook.Nou wonder ek net hoe lank voor die groot (XL) staking?Ons moet geestelik en fisies voortberei wees.
Sterkte,hou moed! Ons verlossing is naby!
Amen