Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

Beplande Nasionale Intelligensie komplot word bewaarheid

2012-12-28

Deur Adriaan Snyman


Onder die opskrif: Die Nasionale Intelligensie beplan tweede Boeremag-insident, het ons reeds op 14 September 2012 die volgende waarskuwing uitgereik:
“Ons het pas die volgende inligting van ‘n baie betroubare bron ontvang:

“Die Nasionale Intelligensiediens beplan om ‘n tweede Boeremag insident op blanke regsgesindes te trek. Van ons mense sal onwetend ingesleep word by ‘n valse aanslag (false flag) op die ANC-regime; waarna talle regses in hegtenis geneem sal word. U word dringend gewaarsku om glad by enige soort ‘opstand’ betrokke te raak nie“. (Beklemtoning bygevoeg).
Op 18 Desember 2012 berig Volksblad dat ‘n taakspan, wat uit onder meer toplede van die Valke en die polisie se misdaadintelligensie-eenheid bestaan,  op Sondag 16 Desember 2012 vier vermeende regses, tussen die ouderdomme van 40 en 50, in verskillende provinsies (o.a. Douglas en Mookgo­phong (Naboomspruit) in hegtenis geneem het omdat hulle na bewering een van die tente op die ANC se nasionale konferensie op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Bloemfontein-kampus wou opblaas.

(Let wel: hulle word op GELOFTEDAG in hegtenis geneem. Is dit toevallig of is dit so beplan juis omdat hierdie dag vir die “regses” ‘n rusdag van besondere betekenis is en hulle sodoende nog verder verneder moes word?)

Een van ons lesers, Lisabet, skryf soos volg oor die gebeure:
“Nadat ek op die nuus gehoor het van die vier “regses” wat gevang is omdat hulle glo terroristiese dade wou pleeg, het ek onthou dat julle so ‘n waarskuwing op julle webblad geplaas het. Van al die webwerwe was julle die enigste wat hierdie inligting aan ons deurgegee het.

“Baie dankie dat julle ons vooruit ingelig het. Ek wil ‘n raaiskoot waag, die bron het bande met NI of het dit gehad. Niemand anders kon dit geweet het nie…”

Volgens die polisie is die vier mans op 16 Desember in hegtenis geneem juis om ‘n terreur-aanval op dié dag met mortiere op die ANC se hoofkonferensietent te fnuik! Hulle is aangekla vir o.a. hoogverraad.

Die polisie erken self dat die vier mans in verskillende provinsies in hegtenis geneem is, die dag toe hulle veronderstel was om die terreur-daad in Bloemfontein te pleeg.

Maar brig. Billy Jones, kommunikasiehoof van die polisie in die Vrystaat en sy manne moet seker dink ons is almal al so gebreinspoel dat ons sommer blindelings sal glo dat manne wat duisende kilometer van Zuma se tent is, in ‘n oogwenk daar kan verskyn om ‘n terreurdaad te pleeg. Asseblief!

Verder: Die dag na hulle in hegtenisname berig Sapa dat geeneen van die vier verdagtes met die Mangaung-konferensie verbind word nie. Die polisie sê egter hulle wou Zuma se tent opblaas. Maar Sapa beweer die teendeel. Wie moet ons glo?

Brig. Jones het ook gesê “besliste bewyse” en gevaarlike wapens is gekry toe die polisie toegeslaan het; en dit het gekom nadat die taakspan glo reeds sedert Februarie betroubare inligting opgevolg het.

Skaars ‘n uur na die arrestasies “lek” dit uit dat een van die aangeklaagdes ʼn (204) Staatsgetuie* is, m.a.w. hy is op die die betaalstaat van die regime se Omkoopfonds. Sy naam sal waarskynlik bekend gemaak word wanneer hulle weer op 8 Januarie 2013 in die hof moet verskyn.

Vergelyk nou hierdie “polisie-optrede” met dié waarvan Beeld op 20 Desember 2012 berig, en ‘n mens staan verstom oor die openlike diskriminasie teen die vier regsgesinde Afrikaanssprekende blankes:

“Gewapende polisie het ‘n huis in Bloemfontein waarin afgevaardigdes (m.a.w. swartes) van Noordwes na die ANC-konferensie bly ‘n tweede keer in drie dae bestorm en die mans (22 van hulle) vasgebind op die grond laat lê en die huis deursoek … Die polisie het aan mekaar gesê “hulle (die 22) is gevaarlik en wil van Zuma ontslae raak…”

Die vraag is hoekom is die swart “terreur-bende” feitlik onmiddellik weer vrygelaat en nie ook in hegtenis geneem en van hoogverraad aangekla nie?

Hulle was reeds op die terrein waar Zuma hom bevind het; hulle het ook beplan om hom dood te maak, maar vandag is die hele insident vergete, en is dit net die veragtelike wit regse skuim waaroor Beeld en sy ANC-sustermondstukke ons daagliks oor inlig.

Net so was daar onlangs in Rapport ‘ʼn voorbladberig deur Jacques Pauw oor polisiebetrokkenheid by die Boeremagsaak. Dit het nie net die betrokke afdeling van die polisie in ernstige diskrediet geplaas nie, maar ook hulle gewetenlose optrede blootgelê. Volgens die berig was dit die polisie en nié die Boeremaglede nie, wat die hoogverraad teen die staat “beplan” het, in die geheim georkestreer en gesorg het dat dit uitgevoer en deurgevoer word.

Die tydsberekening, asook die modus operandi van die Mangaung-sameswering bevat verbasende ooreenkomste met die Boeremagsaak.

Die verraaier J.C. Smith en sy trawante, het self die sogenaamde dokument 12 opgestel; self wapens verskaf, bomtoetse uitgevoer, ens., ens. Maar nou word hulle “hoogverraad” op die skouers van hulle slagoffers gelê.

Die Messias het vir Smit-hulle dieselfde boodskap as vir Judas Iskariot: “Dit sou vir hom goed gewees het as hy nie gebore was nie.”

Ons bron was bewus van Nasionale Intelligensiediens se beplande tweede Boeremag-insident, en het spesiaal gevra dat ons ons lesers daarteen moet waarsku.

Ons wil vir ‘n tweede keer ons mense ernstig vermaan om asseblief by geen sulke aksies betrokke te raak nie! Dit is hoegenaamd nie nou die tyd daarvoor nie. Daar sal vorentoe wel ‘n dag aanbreek wanneer so ‘n aksie onder God se beskerming met sukses deurgevoer sal word.

Oor Generaal Kemp se grootheidswaan het Siener aan hom gesê:

“God laat elke hoogmoedige mens in die stof buk … Generaal Kemp jy moenie môre, oormôre sê dit is jý, die dapper generaal, of ék die Siener, of júlle, die dapper burgers, wat julle hier uitgebring het nie, maar jy moet God die eer gee wat Hom toekom…”

Ons het deernis en begrip vir ons mense wat so gewetenloos deur die regime en sy wit provokateurs verag, vertrap, uitgebuit en mislei word, ons weet hoe hulle voel oor die haglike omstandighede waarin hulle en hul geliefdes hulle bevind, maar ondanks dit alles het ons die vaste belofte van ons Skepper by monde van sy profeet, Siener: “Kom en buig die knie voor My, en Ek sal julle uit die hand van julle vyande verlos!”

By geleentheid het hy aan sy boesemvriend, Boy Mussmann gesê:

“Daar is twee dinge wat my swaar op die hart druk — die onderlinge verdeeldheid van my volk en die verraad waarmee hulle deur die jare moes saamleef. Die verdeeldheid gaan eindig met die kloof wat gaan ‘toeval’, maar die verraad sal enduit met ons wees…”

8 thoughts on “Beplande Nasionale Intelligensie komplot word bewaarheid”

  1. Dit is baie jammer oor die drek-gene, immoraliteit, diep persoonlike swakheid en slangsaad wat ons mense motiveer om mekaar uit te verkoop, uit te lewer en uitermate skade te berokken en sodoende die volk in die vyand se hand oor te gee. Hou gouer ons ‘n enkele volks-strategie soos die koperslang op die paal in die woestyn oprig na gebed en verootmoediging, hoe meer effektief kan ons volk uit verskillende invalshoeke en beredenerings aan ons toekoms ideale saamwerk.

  2. In “Die Vryburger” is ook geskryf dat na die Boeremag daar weer deur NI nog ‘n kunsmatige Boeremag geskep gaan word om :1)Eerstens sal dit die wêreld se aandag aftrek van die volksmoord wat tans aan die gang is. 2)Tweedens sal dit die Boere-Afrikaner se aansien in die buiteland vertroebel. 3)Derdens sal dit die weerlig afleier wees om gerugte die nek is te slaan oor die nuwe wendinge in die land waarvan die onrus by myne en kragsentrales slegs die punt van die ysberg is.
    Wees versigtig wat jy sê ,doen en met wie jy praat . Ek glo tot nou toe dat daar meer geplante lede in enige Regse organisasie is ,as werklike lede .

  3. Na ’94 verkiesing, het “die magte” gespog dat hulle n 80% (dis reg: tagtig) infilktrasie gehad het onder regse groepe. Die idiaale groep groote bly steeds net twee, vra die Scouts.
    BoereGroete in Jahweh.

  4. Sjoe, hulle moet redelik bedreig voel as hulle genoodsaak voel om sulke goed te ‘stage’

  5. Adriaan dankie ek het “In die loopgraaf” ontvang en klaar gelees. Weereens n besondere boek met relevante inligting vir vandag se gebeure. So vinnig soos jy die inligting beskikbaar stel so vinnig gaan die profesie in vervulling. Met die 101 jaar herdenking van die regime se bestaan het Zuma verskeie aankondigings gemaak wat ek dink ons moet luister en kennis van neem. Ons moet in gedagte hou dat hy laag geskool en ‘tribal’ is. Hy het ook sy hele NEC vervang (al 80 van hulle) met die wat hom ondersteun. Dus kan ons verwag dat die 2de rewolusie vinnig en geweldadig gaan wees. U moet nie verwag dat hy die rykdom wil herverdeel nie, inteendeel sal hy gelukkig wees as almal met gat velletjies rondloop rn by sy hut sit en bier drink. Hy stel nie belang en het ook nie die kennis om die ekonomie aan die gang te kry of om dit uit te brei nie.

    Kyk gerus uiten wees op u hoede dat die plase lam gele gaan word en sal die boere nie n keuse he as daar besluit word dat op die plaas beslag gele gaan word nie. Die eise gaan ook weer heringestel word.

    Adriaan baie dankie dat jy ons op hoogte van sake hou.

    1. Ruiter in die nag

      As Adriaan nie so op loop gaan met sy eie idiologiee nie, maar objektief bly, sal hy visioene meer korrek kon uitle en meer lesers vir sy boeke kry.
      J.van Wyk
      net bietjie advies, gebruik dit of nie.

  6. Beste Johan
    Ek is nie presies seker wat jy bedoel met “op loop sit met sy eie ideologieë” nie. As jy dit vir my kan uitwys en ook verduidelik waar ek nie objektief was nie, sal ek dit baie waardeer. Ek sal dit graag wil probeer regstel of uitskakel. Ongelukkig beskik ek net oor Siener se eie opgetekende visioene, dié wat hy mondelings oorgedra het, asook tientalle briewe wat ek oor jare van mense in die verband ontvang het.
    Groete
    Adriaan

    1. Oom Adriaan

      Ek lees nog altyd jou boeke met n oopkop,toets alles en behou die goeie.Ek het ook al ander weergawes gelees,praat van in die gees verstaan..maak nie vir my sin.Siener het vir ons geprofeteer sodat ons sal verstaan aan die tekens die tye is naby! En onthou daar is nog talle visioene wat in vervulling moet gaan.
      Ruiter in die nag ,ek waardeur ook jou waarskuwing ,maar ons met graagte met Oom Adriaan komunikeer of debateer soos ek al dikwels gedoen het.
      Aan Oom Adriaan weereens baie dankie vir al jou moeite om ons in te lig.
      Groete

Comments are closed.