Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

Boeremag in Hof

Dr. Willie Marais-visioen: mislukte staatsgreep

2023-06-16

Deur Adriaan Snyman


Liewe volksgenote

Die onlangse skeuring tussen die Suidlanders en Wynand du Toit se groep (Suidland Burgerlike Beskerming) het soveel twyfel, verwarring en onsekerheid onder ons behoundende volksgenote veroorsaak dat baie van hulle skielik nie meer weet herwaarts of derwaarts nie.

Persoonlik is ekself ook onkant betrap en kon nie verstaan waarom dit moes gebeur nie. Maar ek het ook geweet NIKS gebeur sonder die wil van ons Vader nie.

En eers later het ek onthou van ‘n inligtingstuk wat ek 11 jaar gelede van ‘n werknemer van die Nasionale Intelligensie Agentskap ontvang het. Dit het my destyds so geskok en verwar dat ek dit aanvanklik nie op ons blog wou plaas nie, want die Boeremaglede was in daardie stadium reeds meer as ‘n dekade lank sónder verhoor, opgesluit. Hulle is eers 13 maande later in Oktober 2013 op verskeie kriminele misdrywe waaronder hoogverraad, moord en terrorisme, deur regter Eben Jordaan gevonnis.

Die betrokke inligtingstuk het ek vroeg in September 2012 ontvang en op 14 September om 3:11 voormiddag op Vaandel Uitgewers se blok geplaas onder die opskrif “Nasionale Intelligensie beplan tweede Boeremag-insident!”. Hier is ‘n kort uittreksel daar uit:

Die Nasionale Intelligensiediens beplan om ‘n tweede Boeremag-insident op blanke regsgesindes te trek. Van ons mense sal onwetend ingesleep word by ‘n valse aanslag (false flag) op die ANC-regime; waarna tallle regses (die Pharos-woordeboek omskryf die woord “talle” as ’n “menigte” óf “geweldig baie”) in hegtenis geneem sal word. U word dringend gewaarsku om glad nie by enige soort ‘opstand’ betrokke te raak nie!”

In die Boeremagsaak is slegs 22 man in hegtenis geneem en nie “talle” nie. dus kon dit nie die “valse aanslag op die ANC-regime” gewees het nie, en moet dit nog plaasvind.

(Ter aansluiting hierby wil ek net noem dat ‘n baie goeie vriend van my in 2006 Dr. Willie Marais besoek het na aanleiding van sy visioen i.v.m. met Tafelberg wat na ‘n hewige aardskudding van Suid-Afrika gaan losskeur om ’n alleenstaande eiland te vorm. My vriend wou by Dr. Marais weet of hy ook ander visioene gehad het, waarop Dr. Marais bevestigend geantwoord het. Hy beskryf toe ‘n visioen wat hom só ontstel het dat hy dit nie bekend wou maak nie, en steeds bid dat dit ons volk gespaar sal bly).

Die inhoud van hierdie visioen stem feitlik woordeliks ooreenstem met die inligtingstuk hierbo wat ek van die NIA werknemer ontvang het; d.w.s. diegene wat daarby betrokke sal wees, gaan nie net ook deur agente van NIA verraai word nie, maar hulle sal ook op Siener se “vleeslike arm” staatmaak, soos genl. Piet Cronje en sy 4 000 man tydens die 2de Vryheidsoorlog, en hulle toe amal gevang is.

In die volgende skakel beskryf Dr. Willie Marais twee van sy ander visioene waarvan die een reeds bewaarheid is:

Sedert ek die NIA-inligtingstuk gepubliseer het, het reeds 21 jaar verloop en daardie “beplande tweede Boeremag-insident” het nog nie plaasgevind nie.

Die persoon wat dit aan my gestuur het, het ook by my gepleit dat ek ons mense moet waarsku om “liewer kos bymekaar te maak en gereed moet wees om na plekke van veiligheid uit te wyk wanneer dit blyk dat stakings, geweld en intimidasie in die land hul veiligheid-situasie bedreig.”

NIA se komplot met die ANC

In ‘n video-opname deur ‘n ander gewese amptenaar van NIA, Desmond Bernardo, maak hy skokkende onthullings oor ’n sameswering tussen die Nasionale Intelligensie Agentskap (NIA) en die ANC. Volgens hom is blanke agente van NIA deurentyd besig om regse groepe (soos o.a. die Boeremag) te ininfiltreer met die uitsluitlike doel om lokvalle vir hulle te stel sodat hulle kriminele dade moet pleeg. Die verradderlike agente sal dan teen die skuldiges in die hof getuig.

Desmond Bernardo beweer selfs dat hy persoonlik verskeie kere namens NIA moes ingryp en optree om te keer dat “sekere visioene” van Siener nie “bewaarheid” word nie, want hy en NIA het geglo dat as daardie visioene bewaarheid word, dit verregse blankes sal aanspoor om doelbewus aksies te neem in ’n poging om ook ander gesigte van Siener voor hul bestemde tyd te laat realiseer.

Ek wil Desmond Bernardo egter net daarop wys dat nie hý of enige ander persoon ter wêreld daartoe in staat is om ’n gebeurtenis wat deur die Almagtige bepaal is, te kanselleer nie. In sy video erken hy dat toe hy by ’n amptenaar in die Port Elizabeth-arera gehoor het dat Manela in ’n glaskis begrawe sou word, hy yskoud geword het, want Siener het dit geprofeteer, en hy moes dit ten alle koste verhoed. Volgens hom het hy toe ook daarin geslaag.

Nee, hy het nie! Want vandag wéét ons Mandela was nié die swartman na wie se dood daar vuur (geweld) rondom die graf sou uitbreek en oor die land versprei nie. Daardie gesig van Siener moet nog bewaarheid word, en wié die betrokke swarte is, sal ons eers later weet.

Wat regse teenaksie betref, is dit, volgens Siener se tydtafel, beslis nie nóú al tyd “om dinge in eie hande te neem nie”, want verskeie ander van sy gesigte moet nog eers in vervulling gaan – soos bv. die “gemengde doringbosregering” wat oënskynlik die landsbeheer oorneem en waarop die volk dan sy hoop sal vestig; maar uiteindelik tot die besef gaan kom dat hierdie doringbosregering ’n gemende bontspul is wat glad nie ons belange op die hart dra nie. En volgens Siener sal dít dan ook die sneller wees vir die “tweede” of “finale Rebellie”. M.a.w. daardie dag wanneer ons “dinge in eie hande gaan neem en doodtrap wat voorkom!”

Intussen moet die Parlement nog eers in wanorde uitmekaarspat; dan staan die treine; ook die myne, want die werkers is huis toe gestuur; en op die rooi bulte sal motorvoertuie sonder brandstof staan. Eers dán gaan ons manne op die Vader se bepaalde tyd optrek na Prieska om dáár die vrag Duitse wapens te gaan haal.

Die mens wik (en maak planne) maar God beskik

Ons nader nou die tyd waarvan Siener gesê het dit sal só donker sal wees dat jy nie jou hand voor jou oë kan sien nie. Ons sal dan van alles kaalgestroop wees en met die rug teen die muur staan. Want, Siener het gewaarsku: “God gaan die skroef aandraai én aandraai totdat ons as volk die knie in verootmoediging voor Hom buig – en eers dán sal Hy wat ons uitred, soos wat Hy op 16 Desember 1838 by Bloedrivier gedoen het. Siener het dit met hierdie woorde voorspel toe hy gesê het: “Daar sal wéér ‘n tweede Bloedrivier wees.”

Met die eerste Slag van Bloedrivier, het ons voorsate ‘n gelofte afgelê en die Vader het dit geëer; dus sal ons by die tweede Bloedrivier ook weer ‘n gelofte aan die Vader moet maak. En dié keer sal Hy ons met ’n volkome, en ewige verlossing sëen!

Hosea beskryf hierdie gebeurtenis asof hy dit voor hom sien afspeel: Hos 2:13-14 “Daarom, kyk, Ek sal haar lok en haar in die woestyn lei (‘n plek van ellende en bitter swaar kry) en na haar hart spreek. Dan sal Ek haar daarvandaan haar wingerde gee (m.a.w. sy sal weer oorvloed geniet) en die dal Agor tot ’n deur van hoop (op die oomblik het ons géén hoop nie!), en daar sal sy antwoord gee soos in die dae van haar jeug en soos die dag toe sy uit Egipteland opgetrek het”. (Volkome verlos wees van al haar vyande).

Dus, my liewe volksgenote, hou goeie moed, want by monde van ons eie profeet wéét ons die kloof wat ons nou nog skei en verdeel, gaan eendag toeval, en ook dat God vir ons as Boervolk ‘n groot wonderwerk beskik; ‘n wonderwerk waaroor die ganse wêreld sal sê: “Kyk, God is met hulle, en wié kan teen hulle wees?”

Hier is ‘n kort uittreksel uit Desmond Bernardo se video:

4 thoughts on “Dr. Willie Marais-visioen: mislukte staatsgreep”

  1. In nuweopenbaring.co.za skryf Lukaas van Hout in sy boodskap nr. 2:
    ” In dié dae en in dié tyd sal Ek ook diegene oprig wat My volk sal verdedig en sal hulle vervul met die felheid van die arend en die sterkte van ‘n leeu en die spoed en vlugheid van die luiperd en so sal Ek diegene opwek wat vir My en My volk in dié dae en in dié tyd sal veg. Hulle wat Ek vir hierdie doel­eindes voorbeskik het, is reeds onder julle, sommige weet van My planne vir hulle, ander sal Ek op daardie tyd laat ontwaak en soos wat Ek hulle laat ontwaak, sal My volk verstom staan oor diegene wat Ek vir My doel verkies het, want baie van hulle is bekend onder My volk as die geringste wat vir hierdie take gekies kon word. EK IS wat EK IS, Ek verander nie, ook nie My Wet of My geskrewe, lewende en gesproke Woord nie. “

  2. In http://www.nuutsteopenbaringevanjudithdebeer.co.za skryf Judith de Beer in haar openbaring 2644:
    “Kyk, in die donker na-naguur so koud en laat, begin Raka hom spottend
    met die kinders van God te vermaak. Die laaste eens suiwer volk staan
    gestroop en naak en die gruweloffer, lê wyd en braak. Maar vir n
    klein Gideonsbende, wag
    n groot Godgegewe, opgelegde, taak.

    So, weet YaHWeshua is ons Verlosser, ons lojale Vriend en Ewige Troue
    Maat. So, al staan die vyand oorgehaal, boos en kwaad. Al begin hulle
    in oproer en onlus, oral weer te staak. Ja, al kook die goor Afrika
    pappot ook oor van al die haat, staan Sion vreesloos, oorgehaal, so
    paraat.”

    1. Hennie Goosen

      Goeiedag,n mens kan nie n ware visioen ryp druk (gouer of later laat realiseer nie )

      1. Dan 11:14  En in dié tye sal baie teen die koning van die Suide opstaan, en die gewelddadige mense van jou volk sal hulle verhef om ‘n gesig in vervulling te laat gaan, maar hulle sal omkom. 

Comments are closed.