Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

Dakota stort neer met Mandela se mediese span

2012-12-06

Deur Adriaan Snyman


‘n Vliegtuig, ’n C-47 Dakota, het in die omgewing van Giant’s Castle in KwaZulu-Natal neergestort. Onder die passasiers was ’n mediese span van ses lede wat weekliks ’n roetine-ondersoek op oudpres. Nelson Mandela in Qunu gaan doen.

Die vliegtuig het gisteroggend omstreeks 08:00 van die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria opgestyg na Mthatha in die Oos-Kaap. Hy het geen kajuitopnemer of noodbakens aan boord nie. Die wrakstukke is oor ‘n groot gebied versprei en dit is finaal bevestig dat daar geen oorlewendes is nie. Dit is die tweede voorval die afgelope maand waarby ’n Dakota van 35 Eskader (Kaapstad) betrokke is. Polisiespanne met honde is die berg opgeneem om die terrein te ondersoek.

Wrakstuk van die C-47 Dakota 6840 “Gooney Bird”

Daar is alweer gerugte wat die rondte doen dat Mandela ook aanboord van die vliegtuig was, maar ons kon nog geen bevestiging daarvoor kry nie. Hy was blykbaar vir ‘n mediese ondersoek in 1 Militêre Hospitaal en gister saam met sy mediese span op pad terug na sy tuisdorp. Daar is egter reeds bevestig dat die mediese span wel op hierdie vlug was. Selfs al sou Mandela in die ongeluk gesterf het maak dit nie veel saak totdat sy dood deur die media self aangekondig word nie. Die gebeure wat rondom Siener se visoene afspeel was gewoonlik baie aktueel en nie versteekte en geheime operasies wat vir niemand nêrens iets beteken nie.  Dit wil begin lyk asof Mandela ‘n swart kat is met nege lewens. Gerugte oor sy “dood” het al dikwels die ronde gedoen. As enige iemand meer besonderhede het kan hulle ons gerus kontak.

Intussen wag ons maar geduldig vir die aankondiging van sy begrafnis. Siener het in sy lewe net drie gesigte gehad waarin hy onderskeidelik drie “belangrike” persone agteroor sien val het, en hy het self verklaar dit beteken dat hulle ‘n “onnatuurlike dood” sou sterf. Die eerste een van genl. Louis Botha wat selfmoord gepleeg het; die tweede prof. Johan Heyns wat vermoor is, en in die derde gesig het hy ‘n bekende swartman agteroor sien val.

12 thoughts on “Dakota stort neer met Mandela se mediese span”

  1. `Selfs al sou Mandela in die ongeluk gesterf het maak dit nie veel saak totdat sy dood deur die media self aangekondig word nie.`

    Ek stem 100% saam met die stelling.

    Persoonlik betwyfel ek of die dekota ooit opgestyg het en die `mediese span` ooit bestaan.

    `n Vinnige brein-wash om die wêrld te oortuig hy leef nog en daarmee wen hulle nog `n bietjie tyd vir hul voorberyding vir die aanslag.

  2. Alles is besig om na n punt toe te beweeg.Daar is nou al hoeveel waarskuwings uit oor geweld hierdie Kerssiesoen. Was dit nie n beplande val met niemand aan boord en Mandella kruip erens weg om sodoende die “nag van die lang messe te vervroeg sodat hy dit ook kan geniet.
    Dankie vir julle wonderlike werk.
    Boere groete.

  3. Wat ‘n klomp bollie!! En daar het ek nou klaar die e-pos vir my familie aangestuur!! Hoekom wag julle tog nie tot die ware feite aan die lig is nie! Dis ‘n wolf-wolf van vroeg tot blerrie laat! As die popo die dag die fên strike dan glo niemand julle nie!

  4. Ek dink ons kan met 100% sekerheid aan neem dat Mandela NIE op die vliegtuig was nie. Die spesifieke vliegtuig is gemaak in die 30′ en vroee 40’s en staan bekend as n Dakota DC3, van die ouer weermag manne sal onthou dat daar na die vliegtuig as n Dek verwys is. Die ou SAW het die spesifieke vliegtuig verander van radial enjins wat lae kw lewer na gevorderde turbine enjins. Dit bly egter koud en onplesierig om met die vliegtuig te vlieg, ek is ook skepties of die kajuit binne ook opgegradeer is. Die probleem is omdat die enjins soveel sterkerder is as voorheen sit dit baie stres op die lugraam en ek vermoed dat hulle nie die vliegtuie behoorlik instand gehou het nie. Die DC3 het n briljante geskiedenis en kan beskou word as een van die veiligste ou vliegtuie.

    Maar Mandela sou om die volgende redes nie op die vliegtuig gewees het nie 1. Die vliegtuig is baie stadig 2. Die kajuit is klein en nie gerieflik nie en as dit waar is dat nie n kajuitopnemer of noodbakens aanboord was nie kan ons aanvaar dat die kajuit nie genoegsaam opgeknak is om dit gerieflik en warm te maak nie. 3. Die reik afstand was ook baie kort en sou die vliegtuig moes oorstop om weer petrol aanboord te neem.

    Dus neem ek aan dat hulle hom eerder op n straler sou sit.

  5. Die hoofstroom media berig dit so:

    http://www.citypress.co.za/SouthAfrica/News/Mandelas-medics-not-on-board-crashed-plane-20121206

    http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Madiba-se-medici-nie-op-rampvlug-se-weermag-20121206

    Die berigte wat mens laat wonder is die volgende.

    http://www.iol.co.za/news/south-africa/eastern-cape/plane-carrying-madiba-s-medical-team-missing-1.1436344

    http://www.iol.co.za/news/south-africa/eastern-cape/madiba-medics-not-on-board-crashed-plane-1.1436560

  6. Ek stem saam Natasha. Hierdie wolf stories is maar net disinformasie en n baie eenvoudige en effektiewe maatstaaf vir hulle om te sien hoe mense wat hierdie tipe webtuistes lees reageer op goed soos die. Die dag as die poef die fan regtig tref gan almal sit en se dis net nog n storie. Dis wat hulle wil he. Ons sal weet as die dag aanbreek.

    1. Hi danie,
      Ek neem aan jy en natasha was in die selfde skool. Jy haal aan “hierdie tipe mense wat hierdeie webtuiste lees”. danie jou koffie is koud ,jy is mos ook besig op hierdie web of hoe???As julle jy en natasha niks konstruktiefs kan aanbied hier nie,bly weg asb.
      mense soos jy en natasha ireteer my ontsettend,met julle kort visie.So asb moenie dat ons weer julle komente sien want julle bied niks nie.
      Groete vir al die ander ware Boere Afrikaners.

  7. Natasha, die dag as die popo die fên strike, hoef niemand `hulle` te vertrou nie, so ook nie eens op prinse nie, maar wel op God alleen.

    Maar wee die wagters op die torings as hul die dreigende gevaar sien en die volk nie inlig nie maar gerus laat, Spreek God.

    Rakende die vliegtuig…
    OK, dit blyk `n dakota het opgestyk en geval met 11 punte vir ons.
    Dat daar `n slang in die gras is, is beslis, want skielik is dit nie meer die booi se mediese span op die vlug nie maar net sy medisyne.

    Dit verg `n 1/2 blanke brein om te besef net so min soos daai medisyne, bestaan die booi of sy mediese span vandag nog.

    Dus vir mense soos Natasha, moenie wag tot ons sê die popo is deur die fen nie, maar wag soos oom Andre gesê het en ek haal aan…`maak dit nie veel saak totdat sy dood deur die media self aangekondig word nie`

    Hier word verwys na die hoofstroom zio-media.

  8. Ek is ‘n ware Boervrou, baie dankie. Ek sal nie dat iemand my laat wankel nie. Ek wil net hê ons moet perspektief behou en nie ‘n “conspiracy” in elke liewe dingetjie sien nie. Wag tot die ware feite aan die lig kom, moenie te vinnig praat nie.
    Ek vra verskoning aan die skrywer vir my ongevraagde uitbarsting. In retrospek was dit onnodig…ek was net kwaad op daardie oomblik.
    Ek kan insien dat ons gewaarsku moet word…en dat dit ‘n moeilike taak is.
    Groetnis.

    1. Natasha, jy het nie nodig om die twak wat ek per epos gestuur het te glo nie, maar so moet jy ook nie daardie dag vra kan ek by die of daardie groep inskakel omdat jy dit afmaak as twak. Hoekom het die SAP, en van die hoogste gesag, NI EN CIA wat met my gepraat het oor daardie epos my nie gearresteer nie? Dink jy as ek twak gepraat het sou ek nog n vry man gewees het? Manie van Schalkwyk

  9. Ruiter in die nag

    Pik orkestreer alles. Hy sit en lag in sy mou terwyl ons hier sit en gis. Die pers kan alles opmaak en ons glo dit. Was daar regtig mense aanboord daardie dakota? Na die twin towers glo ek niks meer nie. Hkm die dakota wat val , dan Man-lankaldood-dela in hospitaal waar niemand hom sien nie? Wat is die speletjie wat dmv pers met ons gespeel word? Hkm het Man-lankaldood-dela nie sokker wereld beker oorhandig? Dit was dan n absolute “klimaks” vir die land. Die Afrikanerbond is in beheer van ANC. (En die pers)(en sekere regters, en hoelui polisie) Hulle speel hul eie skaakspel.

Comments are closed.