Vaandel Uitgewers | Boervolk | Siener van Rensburg

Nuwe inligting rondom Mandela en Dakota vliegramp

2012-12-10

Deur Adriaan Snyman


Ons het pas twee afsonderlike berigte uit onderskeidelik Australië en Nieu-Seeland oor Mandela se siektetoestand ontvang. Op die Australiese TV is gesê hy is uiters swak en dat hy nie meer kan praat nie. Vandag se London Daily Telegraph berig dat hulle inligting by ‘n falimielid gekry het wat dit bevestig:

“He has not been talking … he is not looking good. It’s clear that something is troubling him.”

Van Nieu–Seeland hoor ons dat Jacob Zuma glo op Ch7-stasie gesê hetdat Mandela se toestand baie versleg het en dat as hy nie die volgende paar uur deurmaak nie hy nie more sal sien nie. Op die plaaslike e-TV word daar al van gister af gesê Mandela se toedstand is “goed en daar is geen rede tot paniek nie”. (Ons sal graag wil weet watse paniek sy dood sal veroorsaak?).

Ons bly by ons standpunt: Wag vir die amptelike aankondiging van sy begrafnis!

Dis egter interessant dat daar skynbaar ‘n korrelasie is tussen die naweek se Dakota-ramp en Mandela se siekte.

Die geheimsinnigheid rondom die vliegramp verdiep nog steeds. Volgens Sasfu het Mandela se mediese span geweier om op die Dakota te klim as gevolg van die slegte weer omstandighede. Alhoewel die SA Nasionale Verdediging se woordvoerder, Siphiwe Dlamini, hierdie bewering deur Sasfu ontken, blyk dit uit die onderliggende situasie dat die redes vir die mediese span se weiering om te vlieg, dalk ook deels toegeskryf kan word aan die risiko betrokke deurdat die lugmag van heelparty onbevoegde vlieëniers gebruik maak.

Om maar net een voorbeeld te noem: Sowat ‘n maand gelede het 35 Eskader sy eerste C-47TP-Dakota verloor op Mthatha se lughawe as gevolg van ‘n sekere kapt. M.S.M. Manaka. Manaka wat uiters swak presteer het. In ‘n verslag wat in 2004 uitgereik is, en aan die Volksblad beskikbaar gestel is, is gemeld dat “minstens drie kandidate ongelukke gaan veroorsaak”. Manaka was een van hulle.

Studente moet sowat 93,8 vliegure aflê om as vlieënier te kwalifiseer, maar Manaka het uiteindelik 152,8 ure nodig gehad en daarmee saam gevorderde instruksies van ‘n meer senior instrukteur. Probleme het ingesluit haar onvermoë om teorie in praktiese vlieg toe te pas, ‘n gesukkel met veelvuldige take, swak prestasie tydens praktiese vliegtoetse en herhaalde gevaarlike praktyke. Uiteindelik het Manaka meer as 400 vliegure nodig gehad teenoor die gemiddelde 190 vir ander vlieëniers.

Haar ongeluk het plaasgevind tydens ‘n landing met ‘n C47P wat nou moontlik afgeskryf moet word.

2 thoughts on “Nuwe inligting rondom Mandela en Dakota vliegramp”

  1. Mandella was al vergete so te sê.

    Toe skielik verongeluk sy pille en die booi se toestand verswak dat hy gehospitaliseer moet word.
    Die booi is laaaaaaaankal hel toe.

    Maar die magte wat wees se tyd was nog nie reg nie.

    Nou met al die dinge elke twee weekliks wat ontvou, kan ons met redelike sekerheid aanneem die tyd vir die aanslag is amper hier.

    Daarom verongeluk sy pille en nou groet sy gesondheid ook kwansuis.

    Die blankes glo hy lewe maar dit gaan nie goed nie.
    Die swartes het gewys hulle is geoefen tot anargie en word nou ingelig om gereed te wees op die teken van die `GROOT FINALE` aanslag.

    Omdat dinge se tydsberekening so perfek in plek val wil ek bespiegel dat Mandela se spook/lyk die rondte die hospitaal sal verlaat deur die begrafnisondernemer.

    Wees op die uitkyk vir `n wakspop in `n glaskas.

  2. Ingrid de Villiers

    Ek sê ook dat hy a lankal dood is. Verlede jaar toe Winnie gehuil het en al wat familie lid en politikus hom in die hospitaal besoek het is hy dood. Skielik is die media verban en het ons hom nooit weer gesien nie. So twee of drie keer is n foto kamstig van hom gepubliseer. Selfs ons 13 jarige dogter het in die kamer ingeloop en die foto gesien en dadelik vir my gesê dat dit nie Mandela op die foto is nie. Dit was sy dubbelgnger. Hulle moet dink ons is onnosel maar ja, die meerderheid glo dat hy nog lewe. Hulle het mooi alles netjies uitgewerk. Hulle sê hy is dalk in 1 Militêr….daai hospitaal is al lankal nie meer lekker in werking nie. Hoekom sal hulle hom daarheen neem. Sy liggaam is al verlede jaar gebalsem. Maak reg…

Comments are closed.