‘n Franse span deskundiges, onder leiding van ‘n molekulêre bioloog Gilles-Eric Seralini het na ‘n 2 jaar lange studie op rotte tot die gevolgtrekking gekom dat Geneties-aangepaste (GA) mielies gewasse en skade aan verskeie organe veroorsaak.
Vroeëre studies was gebasser op 90-dae lange proeftydperkte – hierdie studie is die eerste van sy soort wat die impak van GA voedselsoorte op die totale leeftyd van rotte ondersoek. Dr Michael Antoniou, ‘n molukulêre bioloog by King’s College in Londen en ‘n deskundige op GA voedsel skryf:
“Dit dui aan op ‘n uitsonderlike aantal gewasse wat vinniger en meer aggressief ontwikkel – veral in wyfies. Ek is geskok deur die geweldige negatiewe uitwerking wat dit op gesondheid het.”
Die mielies wat gebruik is in die eksperiment, was ‘n Monsanto-aangepaste variasie wat spesifiek ontwikkel is om glyphosate te kan weerstaan, ‘n chemikaliee teenwoordig in die onkruiddoder Roundup.
In die studie was twee groepe rotte gebruik. Die resultate van GA gevoerde groep, asook die uitwerking van Roundup inname direk en deur water, is vergelyk met ‘n beheergroep sonder enige GA of Roundup.
Die volgende konklusies is bereik:
- Tussen 50 tot 80% persent van die wyfie rotte het groot gewasse ontwikkel na 24 maande, terwyl slegs 30% van die rotte in die beheergroep geaffekteer was.
- Tot 70% van die wyfie rotte het vroeër as normaal gevrek teenoor 20% uit die beheergroep.
- Vergroeisels van die rotte gevoer met GA was ook twee tot drie maal groter as die beheer groep.
- En onder die wyfies gevoer met GA voedsel, het gewasse binne die eerste sewe maande verskyn teenoor 14 maande in die beheergroep.
Kritiek op die ondersoek kom onder meer van Anthony Trewavas, ‘n professor in selbiologie by Edinburgh Universiteit, wat Seralini se resultate afgeskryf as normale manifestasies van gewasse in die spesifieke rottebevolkingsgetal. Hy meld ook dat professor Seralini, voorheen anti-GA veldtogte ondersteun het en dus moet sy gevolgtrekkings ook verder onder verdenking geplaas word.