FBI lanseer $1 Biljoen gesigidentifiserings projek

In ‘n proses wat net beskou kan word as ‘n stappie nader aan ‘n ware Orwelliaanse wêreld het die FBI ‘n $1 biljoen projek, Next Generation Identification (NGI), gelanseer wat insluit biometriese tegnologie soos iris-skandeerders, DNA analise en stem-identifikasietoestelle. Verder word daar ook gepoog om deur gesofistikeerde gesigsherkennings-sagteweare enige materiaal afkomstig van die Internet en sekuriteitskameras te ontleed om sodoende spesifieke persone te identifiseer wat moontlik ‘n gevaar is of ‘n gevaar kan inhou vir die samelewing. Kriminele sal deur hierdie tegnologie baie makliker en vinniger ge-identifiseer kan word as die bestaande toerusting, en dit wil ook voorkom of enige individu in die nabyheid van die verdagte ook deur die proses onder verdenking geplaas kan word.

Tot dusver het studies in 2010 ‘n 92% akkuraatheid uit 1.6 miljoen lesings behaal, wat verstommend goed is. Op die oomblik werk die program baie goed in vooraansig-identifisering, maar verdere ontwikkelings deur onder meer Marios Sawides by die Carnegie Mellon laberatorium, maak dit moontlik om ‘n persoon selfs teen ‘n 70 grade hoek op ‘n foto deur die sagteware te identifiseer. Swak lig situasies bly egter ‘n probleem.

Facebook, in samerwerking met Face.com, het ook onlangs sagteware bekom wat aangewend kan word om spesifieke persone op sy sosiale netwerk te identifiseer. Terwyl Face.com se doelwit klaarblyk was om Gesigsidentifisering ‘n “genotvolle, interaktiewe deel van mense se lewens te maak” het Facebook oor die afgelope paar jaar baie kritiek op die lyf geloop oor sy beskikbaarstelling van Facebook-gebruikers se privaat inligting aan maatskappye soos die IRS.

Facebook se netto waarde word bereken op sowat $130 vir elk van sy 845 miljoen intekenaars. Daar is al deur verskeie onafhanklike navorsing en “lekkasie”-bronne bevestig dat die enorme bedrae definitief nie afkomstig is van enkele advertensies waarop die meeste mense nie eers klik nie. Facebook maak eerder sy geld deur persoonlike data beskikbaar te stel aan derde party-adverteerders en ander instansies soos die IRS.

Soos meer en meer uiteenlopende aspekte van vandag se samelewing nouer met mekkaar ingeweef raak, vra dit ook nie meer veel verbeelding om te sien waarheen dit alles gaan lei nie.

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470