Sedert die plasing van die blog-artikel, VN magte reeds in SA (12/7/2012), het ons talle versoeke ontvang vir opvolginligting met meer resente gegewens.
Ons het sedertdien verskeie berigte ontvang dat daar in Kimberley-omgewing ‘n Fema-konsentrasiekamp bestaan, maar kon dit tot dusver nog nie bevestig nie. Indien van ons lesers dalk oor meer inligting (of selfs foto’s) beskik, ontvang ons dit graag vir plasing op die blog.
Dat daar egter geheime Amerikaanse, Britse en selfs VN bedrywighede in Suid-Afrika aan die gang is, is lankal nie meer te betwyfel nie. Ons kry kort-kort berigte van betroubare bronne wat dit bevestig. Amerikaanse en Britse soldate in uniform is die afgelope tyd veral in Natal opgemerk, terwyl die VN op sy beurt by militêre operasies betrokke is.
Ook die Chinese het hulle reeds hier ingegrawe en soldate (mans sowel as vroue) ontvang militêre opleiding in en om Johannesburg, Bloemfontein, Durban, naby Sasolburg, en selfs in die Langkloof naby Mosselbaai.
Suid van Sasolburg is daar al sedert 2008 ’n Chinese vesting by ’n ou uitgewerkte myn. Die Chinese het ’n permit van die ANC regime bekom om 35 000 van hul landgenote daar te vestig. Groot hoeveelhede wapens word in reuse vraghouers op ’n Chinese plaas daar afgelewer. Dit sluit in mortierwerpers, mortiere en grofgeskut. Hulle het ook die mineraalregte bekom vir ’n myn wat langs die pad na Petrus Steyn geleë is. Die ou hostelle en geboue op die terrein is opgeknap en dit is ommuur en omhein, en die terrein word streng bewaak en gepatrolleer. Die winkels word ingevolge ’n ooreenkoms met die ANC beset en befonds. In Sasolburg beloop die huur van so ’n winkel R12 000 per maand, maar die omset van winkeltjies regverdig nie eens die huurgeld nie. Ouer Chinese wat blykbaar offisiere is, word openlik gesalueer wanneer hulle in die nabyheid van die inwoners en winkels kom.
Die VN se teenwoordigheid hier kan ook nie meer betwis word nie; en tog swyg die media daaroor. Hoekom? Wat skuil agter hierdie opsigtelike militêre bewegings?
Dit blyk dat die wapenvervaardiger, BAE Land Systems se OMC-afdeling in Benoni ’n belangrike rol hierin speel. Dié firma is al jare bekend vir die pantserkarre wat hy vir die SuidAfrikaanse weermag en polisiediens vervaardig. Van die bekendste make is die Casspir MKVI, die Mamba MK2, die Olifant MK2B en die Okapi bevelsvoertuig. Van hierdie pantsers gebruik SA ook vir sy sogenaamde “vredesoperasies” in Afrika en die witgeverfde voertuie is almal AU gemerk.
Dit het onlangs aan die lig gekom dat BAE Land Systems in die afgelope tyd ook heelwat nuwe pantservoertuie vir die VN maak — oënskynlik vir “toekomstige operasies” in die land. Die voertuie wat vir dié doel vervaardig word, is, soos alle VN voertuie, wit geverf, maar vertoon SANW-nommerplate.
Wat hierdie “operasies” presies behels, is nog nie duidelik nie, maar sedert 2008 het gekoördineerde SANW en VN militêre besdrywighede in SA skerp toegeneem. Tenks en Olifant MK2B’s word dikwels tussen Pretoria en Johannesburg opgemerk. Ook langs die N17 van Brakpan af in die rigting van die N12. Talle pantservoertuie beweeg gedurig na die Swartkop-lugmagbasis naby Pretoria. Dis ook opmerklik hoe dikwels vragmotors met reuse lae-bedsleepwaens (waarop VN voertuie is), op paaie tussen Durban en die Noorde opgemerk word. (Sien foto van die VN pantservoertuig op die sleepwa, dit het ’n SA militêre registrasienommer).
In samewerking met BAE Systems word feitlik alle beskadigde pantserkarre tans deur ATE in Midrand (wat eintlik in die lugvaartkunde spesialiseer), herstel.
Na verneem word, is die VN magte glo hier ter voorbereiding vir ’n baie “spesiale vredesoperasie” wat verband hou met Nelson Mandela se begrafnis. Die scenario wat verwag word, lyk min of meer so: Onmiddellik na die aankondiging van Mandela se dood, sal dit vir (swart) werkers landswyd die teken wees “to down tools” (m.a.w. ‘n reuse-staking) sodat die swart massa saam met die res van die wêreld tot en met die begrafnis kan gaan rou bedryf. Dis nou amptelik dat hierdie massa wat weens geografiese redes nie in staat sal wees om die verrigtinge by te woon nie, die geleentheid gegun moet word om die verloop daarvan eerstehands op televisie te kan volg. En waar sal hulle dit beter kan doen as in die reuse-sokkerstadions waarvan die meeste sedert 2010 verlate lê en deur onkruid ingeneem is.
’n Bekende SEB brouery in die Boland sit glo reeds met ’n kontrak om aan die der duisende dorstiges troos en dronkverdriet te bring, terwyl talle spyseniers met poetoepap en hotdog’s sal moet sorg dat die besope hongeriges nie dalk mekaar begin opeet nie.
Die sokkerstadions sal dus uiteindelik die doel dien waarvoor hulle in die eerste plek opgerig is!
Nadat Mandela begrawe is, sal daar tydelik kalmte wees totdat die “eregaste” wat gekom het vir sy begrafnis weer opgestyg en verkas het, en eers dan kan die langverwagte landswye geweld en chaos verwag word. Maar, goddank, die VN troepe sal byderhand wees om gou die “orde te herstel”.
Selfs Huisgenoot het in ’n onlangse artikel (Plan vir ’n droewe dag) ons solank sagkens voorberei vir Mandela se glorieryke “wees-gegroet-kluitedag”! Dit was die heel eerste berig ooit oor dié onderwerp in ’n Afrikaanse tydskrif; en dit skets nie net vir ons die voorbereidings wat getref word nie, maar gee ook ’n prentjie van die ontsaglike koste wat Mandela se hellevaart na die onderwêreld die belastingbetaler uit die sak gaan jaag.
Hy gaan blykbaar wel op Qunu begrawe word, maar eers nadat ’n amptelike, seremoniële staatsbegrafnis in Pretoria gehou is, en hy ’n tyd lank daar in staatsie gelê het. Eers dan word sy liggaam na Qunu geneem om daar neffens sy pa en oupa ingespit te word.
Qunu is ’n obskure, byna verlate gehuggie waar Mandela se weelderige dubbelverdiepinghuis staan, en is 150 kilometer van Oos-Londen af. Groot bedrywighede is hier aan die gang; maar alle kontrakteurs en werkspanne het opdrag gekry om hulle werk teen helfte April klaar te maak en die gebied te verlaat.
Uit die mond van die suigeling
’n Ma in Johannesburg het twee weke gelede haar sewejarige dogtertjie een middag by die skool gaan oplaai en die kind in trane gevind. Die dogtertjie het so erg gehuil dat sy nie dadelik vir haar ma kon vertel wat die rede is nie. Toe die kind uiteindelik tot bedaring kom, het sy gesnik: “Nomedi (swart kind) het vir my gesê dat die swartmense al ons blanke mense gaan doodmaak. Toe ek vir haar sê sy jok, toe sê sy sy ry elke dag met die taxi en sy hoor hoe hulle daaroor praat. Toe ek vir haar sê, maar hulle sal my mos nie doodmaak nie, het sy gesê hulle sal, want ek is ook wit…” Die ontstelde kind het toe aan haar ma sê dat sy nie meer wil skool toe gaan nie.
By die Umtata-lugawe, sowat 32 kilometer van Qunu af, word inderhaas bykomende aanloopbane gebou, asook ’n nuwe teerpad na Qunu, dis vir die dag wanneer die room van die planeet se elite (die koningshuise, presidente, wêreldleiers, groot sakemanne, superrykes, Hollywoodsterre, bekende sporthelde, dik nekke en ringkoppe) die droewige tyding van Madiba se laaste asemteug ontvang, en hulle met hul silwer valke soos ’n swerm brommers op Umtata gaan toesak — dan moet daar genoeg landingsplek vir almal wees. Die nuwe, breë teerpad sal hulle tot op Madiba drumpel bring. Nie ver van sy reuse-kasarm af nie, het ’n vulstasie en luukse hotel intussen ook verrys. Die elite is mal oor gerief, en die meeste het al karre by Avis op Umtata vir dié droewe dag bespreek.
’n Kontrakteur wat kommunikasieverbindingslyne moet aanbring tussen Qunu en Mandela se geboorteplek, 30 kilometer daarvandaan, is aangesê om dit so gou moontlik af te handel, aangesien daar vroeg in April toetsuitsending gemaak moet word.
Waarom die dringende haas dat alles teen middel-April moet klaarkom? Het dit dalk iets te doen met Jacob Zuma se onlangse “voorspelling” dat hy die vryheidsvegters by hulle eindbestemming op Vryheidsdag (27 April) gaan sien?
Net meer as ‘n jaar gelede het hy op die ANC se 100-jarige feesvieringe in Januarie 2012 nie net ’n bul ter ere van sy voorvadergeeste met ’n spies doodgesteek en geoffer het nie, maar gedurende die seremonie ook lyfswaaiend en al singende die blankes gwaarsku dat hy en sy “kabinet” hulle nog met masjiengewere gaan doodskiet, en dan sal hulle, die Boere, hardloop! “…Ons gaan hulle doodmaak!” het hy gesing. “…Ons gaan hulle doodmaak! … Hulle skiet, hulle is lafaards! Hulle verkrag! Skiet hulle, hulle is honde! Skiet, skiet, skiet die Boer…”
Sy onderdane het baldadig saamgesing en ook baie goed na hom geluister, want die moorde op ons boere het sedertdien drasties toegeneem.
Waar was die media en die Menseregtekommissie (MRK) tóé? Waarom is Zuma nie voor stok gekry nie? Maar toe ‘n blanke prediker, Willie Smith, in sy boek, Die Raadsplan, tekste uit die Bybel aanhaal wat daarop dui dat God nie alle mense as gelykwaardig beskou nie, gil beide media en MRK ten hemele dat Smith ‘n “inbreuk maak op die reg tot menswaardigheid en die reg tot gelykheid op grond van ras”, en dat die uitsprake “in die boek ‘n bedoeling het om seer te maak“. Daarenteen het Zuma ten aanskoue van die hele wêreld op TV dit uitbasuin dat hy én sy kabinet alle blankes gaan doodskiet! Malema het presies dieselfde gedoen.
Maar nou word Willie Smith skielik “beveel” om ‘n “reeks programme (nogal onder leiding van die bedenklike Raad van Kerke — God behoede hom!) oor rassisme aan die Universiteit van die Vrystaat te deurloop”. Waarom nie ook Zuma en Malema nie? Of is hulle haat en rassisme geregverdig?
Willie Smith het geen swarte met die dood gedreig, van “verkragting” of van “lafhartigheid” beskuldig nie, nog minder as “honde” uitgeskel! Waarom word net hy dan uitgesonder en verplig om die programme te deurloop? En ons vra weer: Waarom nie ook Zuma-hulle nie? Wat anders het ons hier as ‘n gruwelike diskriminasie teen die blanke?
Ja, en, glo dit as u wil, dit was sowaar as God mede-BLANKES wat die klag teen Smith gaan lê het! Hoekom het hulle nie ook vir Zuma, Malema, ens., aangekla nie? Mens kry die indruk hulle soek die guns van die verloopte Wêreldraad van Kerke en die goddelose regime.
Dis opvallend dat Huisgenoot geen melding maak van die ANC regering se opdrag aan een van die grootste spyseniers in Gauteng om, wanneer die opdrag gegee word, hulle binne 24 uur gereed moet wees om aan minstens 1 miljoen mense kos te voorsien by die Coca Cola Dome in die noorde van Johannesburg nie. Die kontrak hiervoor is reeds gesluit en beloop R186 miljoen.
Om Middernag 28 Maart 2013 is Nelson Mandela weer in die hospitaal opgeneem vir ’n ou longkwaal. Zuma het op BBC in Zoeloe aan sy mense gesê om gereed te maak vir die ergste.
Voorwaar, die uurglas se laaste sandkorreltjies is besig om uit te loop!
En dan? Ja, wat dan?
Waarom hoor ons skielik helder en duidelik Siener van Rensburg se stem, wat byna tien dekades moet oorbrug: “Ek sien ’n doodskis wat in ’n graf afsak, vure wat uitkom, maar een groot vuur wat voor uitkom…”
Johannesburg! O, Johannesburg!
Dit laat my dink aan ‘n boektitel genaand O, Jerusalem! en dit herinner my aan die Verlosser se woorde oor Jerusalem:
Mat 23:37 Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!
Mat 23:38 Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat!
Mat 23:39 Want Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!
Luk 21:20 En wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingeld sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is.
Luk 21:24 En hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies, en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is.
Voorwaar die tyd is naby…
Mooi gesê en aangehaal Willem, gaan “Like” Afrikaner VOLK op FB
Wat sê `n mens…
Die eendag is ek vol vuur en lus om van my pikke swaarde te smee en die ander so hulpeloos magteloos dat ek net verslae wil terug sit en emosieloos als laat gaan waar dit gaan – laat Gods water oor Gods akker loop.
Daar is baie van ons wat net so voel, Piet Jan! Veral as ons op ‘n daaglikse basis te doen kry met van ons eie mense wie se oë bot toe is! Veral as hulle nog baie naby ons is en ons hulle liefhet!
http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Weermag-gereed-op-Madiba-se-tuisdorp-20130329
PRETORIA. – Die weermag is op gereedheidsgrondslag geplaas op oudpres. Nelson Mandela se tuisdorp, Qunu, in die Oos-Kaap.
Na wat verneem word, is van die weermag se ondersteuningselemente reeds die afgelope maand op gereedheidsgrondslag in die Oos-Kaap.
Dié soldate – waarvan die meeste van die Genieformasie is – sal na verwagting ingespan word om met die verskaffing van elektrisiteit, water en ander logistiek as groot getalle mense in die nabye toekoms op Qunu sou toesak.
wat se klomp kak ,kan net uit gedink raak na n bottel drank,
F,,,,k raak groot mense
Ai… jy is in n droom wereld.
Ja ou Deon…. Mag jou oë oopgaan en jy wakker skrik voordat dit te laat is! Al is dit net ter wille van jou geliefdes om jou se lewens!
Dis nou nogal intersant….
Die eerste keer wat ek van UNURU gehoor het was van ‘n swart ex-polisielid (buurman) wat na my pa se aanval (wat gely het tot sy dood 3 maande later) vir my gese het “Uhuru gaan die land skoonmaak vir die regte mense…..”
Eers2 jaar later op FB, het ek gehor van Siener se storie…. so of Siener dit gese het, of die ANC dit opgemaak het vir die NDR…. maak nie saak nie.
Baie van die nie-blankes weet daarvan…. en hulle sal nie ‘n wit man se boek gaan koop in ‘n taal wat hulle bestempel as walhalsig nie.
Ek persoonlik dink mense moet slange in ag neem as giftig – ALTYD. Want die dag dat jy dink dis ‘n molslang…. is dit die dag wat jy ‘n swart mamba ontmoet.
Deon, ek wonder wie droom nou eintlik? Jy of die kind wat vir haar ma vertel van die swartes wat in die taxi’s praat oor hoe hulle ons gaan doodmaak? Wakker skrik, maatjie, dis reeds donker, donker middernag, nader kruip die Zoeloemag, kruip SWART adders om die laer!
Julle soek na die Konsentrasie Kampe, ek het nie fotos nie maar inligting;
Die Chinese nedersettings is deel daarvan, China het sowat ‘n jaar gelede 18000 Guillotines aan Amerika verskaf vir hulle 800 Fema kampe. ‘n Vriend van ons se broer werk in konstruksie en het die laaste 3 jaar op kontrak vir ‘n Amerikaanse Maatskappy gewerk wat Vigs Sentrums oprig, snaaks dat hulle baie streng beheer word, allerhande dokumente oor geheimhouding moes teken en dat die Sentrums op die mees afgelee plekke gebou is, in die vlaktes. Daar loop ook ‘n gerug dat die nuwe 2010 Stadions die ideale Konsentrasie kampe is, die Afrikaner is maar so 4 miljoen mense?
Wat ons moet besef uit die geskiedenis van Afrika, slegs die Britte het konsentrasie kampe gebou, die Afrika rasse jaag stadions vol mense en gebruik masjien gewere, hulle laai vragmotors vol pangas af in woonbuurte en hulle jaag kerke vol mense en steek dit aan die brand, kyk maar na Rwanda, Sierra-Leone, die Sudan ens.
Ons het hope dvd’s met meer inligting hieroor, gratis beskikbaar. Kontak ons op 3amdvd@gmail.com
En sou daar dan niks met mandella se dood en begrafnis gebeur nie wat dan? Ons is almal so opgewerk oor wanner hy nou doodgaan? Maar sou daar niks gebeur nie wat dan? Marikana was in Die Boodskapper van God, maar nie behandel nie, en dinge het nastenby verloop soos Oom Siener geseg het! Maar sou daar niks by die primaat se dood gebeur en by sy begrafnis nie wat dan? Wat sal die reaksie wees indien alles vreedsaam afloop?
Jurrie Wessels, dan het ons nog al die profete in die skrif wat vir ons vooruit vertel het dat die nasies op ons gaan toesak sodat God hom in hul verdelging kan verheerlik.
Maar sou daar niks gebeur na Mandela se vertrek nie en die massas lig Zuma uit en vervang hom met `n booi wat liedjies soos `kill the Boer` daadwerklik stop en die moord syfer op blankes keer terug na 1960 vlakke toe en so ook regerings korrupsie en die reenboog blink en die jakkals verander van snaar en die luiperd verander sy kolle,
Wessels, dan gee ek my oor aan die naaste sigiatriese hospitaal.
net so!!
Goeiedag almal,
Ek sou graag u opinie wou hoor waarom Zuma die UN hier laat ontplooi as hy self sy aanhangers tot geweld aanhits.
Groete
Die Here wat ek dien,het my nie ñ gees van vrees gegee nie,maar een van oorwining.
Sy Woord sê ook dat ek nie hoef te bekommer oor die dag van more nie,want Hy is in beheer. Psalm 23:Ek sal geen onheil vrees nie,want U is met my.
Spreuke 18:21 – Lewe en dood lê in die mag van die tong en hy wat dit graag gebruik sal die vrug daarvan eet.
Daar is krag in gebed,dis al wat sal help.
Nie deur krag of geweld nie,maar deur MY Gees,spreek die Here.
Julle sryd is nie teen vlees en bloed nie,maar teen die bose magte in die lug.Ek slaan my oë op na die berge,waar sal my hulp vandaan kom,my hulp is van die Here wat Hemel en Aarde gemaak het.
Gaan lees dan ook Spr 12:20-28
1Korinthiers 13:3 (teenoor wat ou siener praat )
Kom ons bid tot die Here om dan maar die swart mense ook te red en genadig te wees,en om hul oë oop te maak vir dit wat reg is in God se oë.God kan en wil ñ positiewe verandering in Suid Afrika bewerk…maar ons moet ophou negatief wees en begin vertrou op God se Woord.
Genadig Des, waar val jy uit? Lees jy nie jou Bybel nie? Majesteit Yahweh het nie ‘n saak met al die ANDER volke nie, Hy het net ‘n verbond met ISRAEL gemaak, en omdat ISRAEL nie eers weet wie hulle is nie, en nie terugkeer na YAHWEH ELOHIM die Elohim van ISRAEL nie, het al hierdie dinge oor ons gekom!
Al wat ek wil se is mense wat ek hier gelees het.Is dieselfde wat n liberale dame aan my genoem het op fb die skaamblad.Ons blankes glo maar en hoop maar dat dinge sal reg kom.Maar met al die vreemdelinge wat in die land toe gelaat word.Wat is ons paar blankes se kans?Waar is Fw en sy trawante wat ons land in die gemors gedompel het?Oorsee veilig baie geld en geen bekommernis nie.Het ons enige verdediging want ons weermag is ontbind en ons wapens is ingehandig.
God sal ons beskerm. Al moet ons wapens opneem. Wat die ANC nie besef nie!! Daar is meer hoogs opgeleide weermag, lugmag, vloot en polisie opgeleide manne en vrou in privaat sektore wat onmiddelik kan oorlog voer beter as ons huidige veiligheids magte.
Ons blankes moet net nie onkant betrap word nie, ook sal ons baie wakker, versigtig, moet wees! Moenie alles as selfsprekend aanvaar nie, ons sal moet waak & bid!
Hierdie was eergisteraand op TV 2:
http://www.sabc.co.za/news/a/6617f1004078e1309f8b9f2154f093f8/US,-SA-army-to-train-in-E-Cape
Ín die berig praat hulle van “humanitarian disasters and peace-keeping operations” – verwag hulle dan moeilikheid?