Mangaung 2012 vs Mandela

Daar is weereens ‘n teenstrydigheid en halwe antwoorde wat deur die media aan ons probeer verkoop word in verband met Mandela se gesondheidstoestand.  Soos dit vir ons wil voorkom, is daar geen hoop op herstel nie en sal die mediese span hom ook nie onbepaald aan die lewe kan hou nie.
Sy vrou, Graça Machel, het sedert Mandela  oor die naweek in die hospitaal opgeneem is, nog glad nie met die media gepraat nie. Sy is pal by sy siekbed en het ook laat blyk dat sy by hom sal bly tot die einde toe. Daar is selfs ‘n spesiale slaapkamer vir haar in 1 Militêre Hospitaal haar ingerig.

Die BBP-vleuel van 1 Militêre Hospitaal in Pretoria wat die laaste klompie maande spesifiek vir sy gerief ingerig is, is agter slot en grendel en word streng bewaak. Selfs geen dokters en verpleegpersoneel van dié hospitaal word daar toegelaat nie. Hulle is ook gewaarsku om geen inligting oor Mandela se toestand aan buitestanders te verstrek nie. Indien dit wel gebeur, kan die skuldige sy of haar werk verloor.

Mandela se  siektetoestand het die ANC heeltemal onkant betrap, want indien hy vóór Sondag sou sterf wanneer die kongres in Mangaung plaasvind, laat dit Zuma met twee keuse:

  • Hy sal dit eers bekend maak nadat die kongres aanstaande Donderdag geëindig het, of
  • Hy maak dit dadelik bekend , die kongres word afgestel en hy bly voorlopig aan as president.

Alle aanduidings is reeds daar dat hierdie verkiesingstryd een van die “bloedigste” in die ANC se geskiedenis gaan wees. Jacob Zuma staan voor die dilemma dat as hy sou uitval, hy sy parlementêre “beskerming” gaan verloor en kan hy vervolg word vir sy aandeel aan die R85 miljard wapenskandaal. Hy het egter in Natal reeds gesê hy sal veg tot die dood toe om as president aan te bly.

Kgalema Motlanthe het klaar aangedui dat hy Zuma gaan teenstaan. Maar die niksnut, Julius Malema, het ook gesê hy sal by Mangaung wees en daar sal hy weer “sy kans kry”.
Die bekende swart waarsêer, Credo Mutwa het juis in die Daily Sun van 17 Augustus (te midde van doodsdreigemente), voorspel dat Zuma uitgeskop gaan word en Julius Malema ‘n terugkeer sal maak:  “…It’s not going to be just a comeback. It’s going to be a GREAT COMEBACK!”
Verder het hy voorspel dat Mbeki en Winnie Mandela ‘n groot rol daarin sal speel. “Winnie is Malema’s matches (opstoker) and they are two of a kind.”

Op 10 Augustus was daar ‘n foto en onderskrif in ‘n Engelse koerant:

“Winnie helps Malema – NOT YET UHURU!”

Mutwa het ook gesê hierdie verkiesingskrogres gaan TRIBAL wees, m.a.w. etnies – Zoeloe teen Xhosa, want ons bevind ons nou glo “In the age of the ant – the young people will take charge (m.a.w. die ANC-Jeugliga).

Daar word ongeveer 200 000 mense in Bloemfontein verwag vir die vyfdaagse kongres. En ons verneem van verskeie Bloemfonteiners dat blankes gretig is om hul huise teen reuse-bedrae aan ANC-lede vir die vyf dae uit te verhuur. Maar dis nie al nie: om parkeerplek vir die duisende die motors te verseker, is werkspanne al ‘n geruime tyd besig om tientalle bome wat al meer as 100 jaar die rosestad versier, te ontwortel sodat plek gemaak kan word vir ‘n nuwe parkeerterrein.

Na afloop van die kongres sal dit natuurlik net nog een van die dosyne wit olifante in die land wees.

Laastens wil ons net ‘n paar nuwe verwikkelinge byvoeg aangaande die Dakota wat onlangs neergestort het:

Dit het nou aan die lig gekom dat die hoofvlieër (Majoor K. Misrole) van die Dakota wat verlede naweek in die Drankensberge neergestort het, skaars ‘n week vantevore met ‘n Cessna 208 op pad was na Mthatha in die Oos-Kaap en dat hy toe nie die luhawe kon kry nie. Hy het die vliegtuig toe “in die veld gaan neergesit” en daar is tot nou toe nog geen inligting of verklaring uitgereik oor die skade aan die Cessna nie.

Daar word ook beweer dat sy hulp-vlieënier (kapt. Z.M. Smith) glo 24 000 vliegure agter die rug gehad het – iets wat baie onwaarskynlik is, aangesien ‘n vloeër nie meer as 1 000 vliegure per jaar mag voltooi nie.

SIENER VAN RENSBURG

Lorem ipsum dolor sit amet consectetur adipiscing elit dolor

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470