Siener van Rensburg het in een van sy gesigte voorspel dat ’n vrou op die Britse troon in die tyd wanneer die Derde Wêreldoorlog in wording is, sal wegraak – m.a.w. sy sal te sterwe kom vóórdat die oorlog in volle gang is.
Tant Bessie van Rooyen van Hennenman skryf dat Siener by geleentheid aan haar skoonvader die volgende hieroor gesê het:
“Wanneer ons donker tyd begin (en bevind ons ons nie nou in ’n “donker tyd” nie!), sien ek ’n swart slang pik na die vrou op die troon oorkant die water en sy raak weg (koningin Elizabeth.) En dit lyk nie of daar vir haar ‘n opvolger gekroon sal word nie. Dan, sê Siener, begin ons moeilikheid hier.”
(Hierdie gesig is dan ook bewaarheid, want minder as twee weke na die koningin se dood, kondig Eskom Fase 6 beurtkrag aan – sonder twyfel die ergste en haglikste kragkrisis wat Suid-Afrika nog ooit beleef het, en daar is sprake dat dit vorentoe kan verger!)
Die slang-simbool in Siener se gesig, beteken gevaar en ’n “swart slang” verwys na die “swart gevaar” vanuit Afrika en die Ooste wat Engeland en sy koningshuis gaan oorstroom en uiteindelik vernietig.
Siener het hierdie visioen self soos volg verklaar: “Dis oor Engeland wat die nag gaan toesak. Want daar sien ek ’n swart slang lê. Dit is nou vir Engeland sy swart probleem. Dit wys op hongersnood en burgeroorlog. Die slang rol hom op – die swartes en gekleurdes sak nie net op Engeland toe nie, maar vestig hulle ook daar. En dan begin al haar probleme – en haar ondergang.”
(Koningin Elizabeth het op Donderdag 8 September in die Balmoral kasteel in Skotland gesterf, en in daardie stadium was die 3de Wêreldoorlog nog “in wording”, soos Siener dit gestel het, maar skaars twee dae later het alles meteens dramaties verander).
Pres. Vladimir Poetin het in Februarie, met Rusland se inval in Oekraïne, wêreldleiers al gewaarsku dat “…enigeen wat probeer inmeng, moet weet Rusland sal onmiddellik reageer en dit sal lei tot die soort gevolge wat julle nog nooit tevore in die geskiedenis ervaar het nie, want Rusland beskik oor sekere voordele wat wapens betref – die jongste soort wapens.”
En oor die naweek van 11/12 September het die sewe maande lange oorlog in Oekraïene skielik ’n nuwe wending ingeneem wat pres. Poetin met geen ander keuse gaan laat as om aan sy dreigement uitvoering te gee nie.
Wolodomir Zelenski se weermag het oor dié naweek ’n volskaalse teenaanval teen die Russiese soldate in Kiëf geloods. En Zelenski het na afloop daarvan gespog dat sy weermag die Russiese troepe in Kiëf nie net ’n vernietigende slag toegedien het nie, maar in die proses het hulle ook meer as 6 000 vk myl grond herwin.
Volgens berigte in die Westerse media het die Russiese soldate hul wapens neergegooi en op die vlug geslaan.
In teenstelling hiermee het ’n inwoner van die Oekraīne, Gonzalo Lima, aan Mike Adams van HRR (Health Ranger Report) gesê die Russiese soldate het vooraf geweet van die beplande aanslag op Kiëf en betyds onttrek sodat hulle kan hergroepeer, om daarna die Oekraïnse magte te omsingel en uit te wis. Gomzalo het ook bevestig dat die Russe tydens Zelenski se teenaanval sowat 10 tot 12 000 van die 30 000 Oekraīnse soldate met vuurpyle en gekonsentreede lugaanvalle uitgewis het. Hierdie inligting is deur die Russiese pers bevestig.
Die New York Times het op 13 Sept. egter gespog dat die “suksesvolle” aanslag teen Kiëf reeds maande tevore sorgvuldig deur VSA en Oekraïense militêre amptenare beplan is. Aan die hoof van hierdie operasie was genl. Mark Milley, voorsitter van die Amerikaanse Gesamentlike Staf, asook van die Oekraïense militêre leiers, en Britse eenhede wat aan die teenaanval deelgeneem het.
Genl. Milley se magte het hoofsaaklik van Amerikaanse Himars-vuurpyle, M777 howitzer-kanonne en Duitse wapentuig gebruikgemaak.

Met hierdie optrede het die VSA, Brittanje, Duitsland, en ander Europese state bewys dat hulle nou openlik in ’n oorlog teen Rusland gewikkel is.
En hierdie gesamentlike leërmag maak nou glo gereed om die Zaporizjzia-kernsentrale wat deur Russiese magte beheer word, aan te val.
Sou dit gebeur, kan dit ’n katastrofiese “stralingsramp” veroorsaak wat nie net die hele Oekraïene totaal sal vernietig nie, maar selfs groot dele van Europa en Rusland onbepaald onbewoonbaar sal agterlaat.
Het Poetin reeds oorlog teen die Weste verklaar?
Volgens die Russiese dagblad Izvestiaí, het pres. Poetin glo op Maandag (13/9/2022) oorlog teen NAVO verklaar. Maar tot dusver is daar nog geen word hieroor in die Westerse hoofstroom media gerep nie! Op sosiale media is dit wel genoem.
(Dis interessant om daarop te let dat in die 2de Wêreldoorlog het Brittanje al op 3 September 1939 oorlog teen Duitsland verklaar, maar eers in Mei 1940 aan gevegte begin deelneem. Dit kan moontlik in hierdie oorlog ook gebeur).
Die VSA en altesaam agt ander Europese lande het op 13 September ’n waarborg onderteken dat hulle met alles in hul vermoë sal voortgaan om Oekraine teen Rusland te verdedig.
Die voormalige Russiese president Dmitri Medwedef, nou ondervoorsitter van die Veiligheidsraad, het op sy Telegram-kanaal prontuit gesê dat hierdie konsep-veiligheidswaarborge wat aan Oekraine gegee is ’n “proloog tot die Derde Wêreldoorlog” is. Om die erns van sy boodskap aan die Weste te beklemtoon, het hy ’n gedeelte uit Openbaring 9:18 aangehaal.

Sy booskap het as volg gelui: “Ons vriende (???) – Westerse leiers van verskillende lande wat aan hierdie waansinnige versoek toegegee het – moet uiteindelik één ding verstaan: Dit het direk betrekking op NAVO se basteroorlog met Rusland. As hierdie idiote aanhou om die Kiëf-regime van gevaarlike wapens te voorsien, sal die huidige militêre veldtog vroeër of later na ’n ander vlak beweeg – (’n wêreldoorlog).
“Dan sal die Westerlinge nie meer in hul skoon huise en woonstelle kan sit en lag oor hoe hulle besig is om Rusland stelselmatig af te breek nie, want alles om hulle sal in vlamme gehul wees. Hulle mense sal behoorlik die pyn voel. Hulle aarde sal letterlik brand en die betonstrukture sal smelt. Ja, ons sal ook baie swaarkry. Dit sal baie, baie sleg gaan met die hele wêreld; want daar staan immers in Openbaring 9:18 geskrywe: “Deur hierdie drie plae is ’n derde van die mense gedood: deur vuur, en deur rook en deur swawel wat uit hulle bekke uitgegaan het”.
Hy het ook gesê Rusland eis nou Zelenski se totale oorgawe, so nie sal Rusland hom daartoe dwing deur die hoofstad van Oekraïne te verwoes. En die enigste manier waarop dit gedoen kan word, is met ’n kernaanval op Kiëf.
Net na hierdie verklaring van Medwedef het Poetin sy weermag aangesê om onmiddelik te mobiliseer. Daar is geen twyfel meer nie dat ’n oorlog tussen NAVO en Rusland nou oinafwendbaar is.
Senior Russiese weermagoffisiere het Amerika en Europa ook laat verstaan dat hulle met hierdie gesamentlike aanslag teen Kiëf oor die naweek die “rooi lyn” (Rubicon) oorgesteek het en dat daar nou geen omdraai kans meer is nie.
Intussen het die Britse weermaghoof genl. Sir Patrick Sanders, as ‘t ware ook ‘n oorlogsverklaring teen Rusland uitgereik deur sy Britse troepe aan te sê om gereed te maak (te mobiliseer) vir die oorlog teen Rusland: “Die Verenigde Koninkryk is bereid om Poetin se aggressie teë te werk en ek dring daarop aan dat soldate ons geliefdes en gesinne voorberei vir moontlike ontplooiing,” het hy gedreig.

Adjudant-offisier Paul Carney het op sy beurt weer die troepe aangemoedig “om hul geliefdes te waarsku dat die wêreld nou “nuwe realiteite” in die gesig staar – en dat Brittanje gereed is om enige aggressie teen te werk”.
Maar die voorsitter van die Verdedigingskomitee, Tobias Ellwood, het reguit gesê dat die Britse magte se ammunisie binne “twee weke” in ‘n oorlog met Rusland uitgeput sal wees. Die rede wat hy aangevoer het, is dat die VK sedert Poetin se inval in die Oekraïne groot hoeveelhede wapens, ammunisie en ander toerusting aan die Oekraïne geskenk het.
In antwoord op genl. Sir Patrick Sanders se verklaring, het luitenant-generaal Evgeni Buzhinski van die Russiese magte op ’n staatstelevisie in Moskou gesê die Weste speel met vuur.
Hy het genl. Sanders, wat onlangs bevel van die VK se landmagte oorgeneem het en opdrag aan sy troepe gegee het ‘om voor te berei vir die 3de Wêreldoorlog waarin Brittanje die Russiese magte sal beveg en verslaan’, skerp veroordeel.
Luit-genl Buzhinski het gesê: “Hy (Sanders) begryp nie dat Brittanje in ‘n Derde Wêreldoorlog fisies sal ophou bestaan nie…”
In ’n Sondagaand spitstydprogram op Kanaal Een (die mees gewildste TV-program in Rusland), het Dmitri Kiselyov op sy beurt weer gesê dat ’n aanval deur die Russiese Poseidon-onderwater kernhommeltuig, die VK onder ’n vloedgolf van 500 meter radioaktiewe seewater kan laat verdwyn.
Hy het bygevoeg dat “die golf ook uiterste dosisse straling oor Groot-Brittanje sal versprei en ’n radioaktiewe woestyn sal agterlaat wat vir baie lank onbewoonbaar sal wees”.
Kiseljof se opmerkings is geïllustreer met ’n animasie van die reuse-torpedo en ’n massiewe vloedgolf wat die VK en Ierland van die wêreldkaart wegvee.
Maar behalwe vir ’n dreigende oorlog, staar Brittanje op die oomblik ook heelparty ander probleme in die gesig.
Die Bank van Engeland het pas aangekondig dat ’n fiansiële krisis op hande is; die plaaslike markekonomie is besig om in duie te stort en inflasie verdelg die koopkrag van die Britse pond. Soos baie ander lande ondervind Engeland ook onbeheerde prysstygings weens die ergste resessie sedert die wêreldwye finansiële krisis 14 jaar gelede.
Die Britse volk is ook aangesê dat hulle hul in die komende winter gereed moet maak vir kragonderbrekings, brandstoftekorte en waarskynlik ook die ergste voedselskaarste in hul geskiedenis – daar word selfs bespiegel dat dit so erg kan wees dat baie mense van honger sal omkom.
Kan hierdie rampe dalk deel wees van Siener se gesig oor die sewe plae wat Engeland sou tref?
In een van sy visioene het hy gesien dinge gaan in die toekoms vir Engeland nog baie skeef loop: “Ek sien sewe swart wolke in die lug met druppels wat net so begin uitsak. Toe kom ’n man met ’n grys pak klere (geestelike leier) by my en vra my of ek die sewe wolke aan die lug opgemerk het. Ek sê toe ja … Toe sê die wese met die grys pak klere: ‘Kyk, dit is die sewe rampe wat God oor Engeland gaan uitgiet en wat Engeland sal vernietig’.
Die eerste ramp (plaag) was die verlies van al sy kolonies. (Dit het reeds gebeur).
In die tweede plaag sien hy hoe die varke (Engelse) oor ’n damwal hardloop en die dam word leeg (hul ekonomie stort in duie – (dis reeds besig om te gebeur).
Die derde plaag is die grootste hongersnood wat Engeland nog gaan tref – (moet nog bewaarheid word).
Vierde plaag: Amerika sluk Engelang finandieel in – ook toekomstig).
Vyfde plaag: hy sien swart beeste storm Engeland van die oostekant af binne. Dis die swart slang wat hom in Engeland oprol. Hulle vestig hulle daar; en Engeland is magteloos om die swart slang aan te durf, want hy is reeds verslaan, so ook sy vloot. Hy het kragte gemeet met Rusland en is te lig bevind. Oom Klasie sê toe aan Boy Mussmann: “Ek sien die Engelse leërmag as ’n man op ’n swart perd wat ’n rivier inry, en net soos Farao se ruiters deur die waters verswelg word.”
Sesde plaag: ’n Burgeroorlog; hy sien ook ’n bont vark in ’n put staan waaruit hy nie kan kom nie – (Engeland se finansiële ondergegaan).
Sewende ploaag: Dan gebeur iets wonderlik: Oom Klasie sien in Engeland staan ’n vark, en hy (oom Klasie) sit sy een hand om die vark se voorbene en die ander hand om die agterbene; dan ruk hy die vark se bene onder hom uit, en daar lê die vark en daar vergaan die vark. (Dit is óns aandeel aan Engeland se ondergang, het hy gesê. Want God gaan Engeland so genadeloos met hierdie sewe plae teister dat sy stoel aan die einde van die 3de Wêreldoorlog by die volkeretafel leeg sal wees…”
Kyk ons na al hierdie onheile wat op Engeland wag, lyk dit amper of die geskiedenis hom weer gaan herhaal.
In 1899 het die Britse magte ook in ’n oorlog buite hulle grense (teen die Boere in Suid-Afrika) betrokke geraak. Nou is dit weer in Oerkraine teen die Russe.
Net soos met die Anglo-Boereoorlog, gaan die oorlog weereens oor geld. Destyds was dit goud en nou is dit olie en gas.
Met die 2de Vryheidsoorlog het Britse soldate die Boere se huise afgebrand, alles op die plase verwoes en ons vroue en kinders heeltemal weerloos gelaat.
Nou gaan hul eie huise en eiendomme deur Russiese vuurpylbomme verbrand word en ook alles in die omgewing vernietig. Hul vrouens en kinders sal net so weerloos wees soos Boervroue en -kinders gelaat was, en dieselfde lot gaan hulle tref wat ons vroue en kinders in die konsentrasiekampe moes deurmaak – die mees reddelose, haglike en onmenslike omstandighede waarin hulle moes probeer oorleef; geteister deur siektes met geen mediese hulp of sorg nie, en kosskaarste en sterftes weens verhongering en koue.
Koning Charles III se kroning
Pas na afloop van koningin Elizabeth se afsterwe, is prins Charles aangewys as haar opvolger. Die amptelike kroningsdatum moet nog aangekondig word, en die Telegraph van 14 September 2022 het berig dat dit waarskynlik eers in die lente (Maart – Mei) of somer (Junie – September) van 2023 sal plaasvind, want ’n gepaste tyd van rou oor koningin Elizabeth se dood, moet gehou word.
Haar eie kroning het eers op 2 Junie 1953 plaasgevind, meer as ‘n jaar na haar pa, koning George VI se dood op 6 Februarie 1952.
Maar nou is die vraag of Charles nog gekroon sal word, want indien die 3de Wêreldoorlog vóór die beplande kroning uitbreek, mag omstandighede so drasties verander het dat die seremonie moontlik nie kan plaasvind nie; en dan kan Siener se profesie dat daar geen opvolger vir koningin Elizabeth sal wees nie, dalk nog bewaarheid word…
Pres. Wladimir Poetin het gister aangekondig dat hy 300 000 reserwe troepe opgeroep het. Hy het ook ‘n nooddekreet uitgevaardig wat o.a. krygswet insluit. Dit beteken Rusland verkeer nou in ‘n staat van oorlog.
Hy het ook bygevoeg dat die Russiessprekende state (met ‘n oppervlakte van sowat 1 000 kilometer) wat weggebreek het van Oekraïne, vandag ‘n referendum hou om te besluit of hulle deel van Rusland wil wees. Dit sal ongetwyfeld ‘n “ja-stem” wees; en Poetin het NAVO gewaarsku dat sou hy daarna in hierdie streek inmeng, Rusland nie sal aarsel om dit met kernwapens te verdedig nie.
Een van ons mense wat vir Meryl Lynch in Londen. is baie bekommerd. Hy sê daar is twee keuses vir die Britte: gaan dood van die honger of van koue. Riool loop in die strate van Londen, want die afvoerpype is is stukkend en word nie herstel nie, alles loop na die see. vrot en so loop alles na die see; en die media swyg soos die graf hieroor!
Een van ons mense wat vir Meryl Lynch in Londen werk. is baie bekommerd. Hy sê daar is twee keuses vir die Britte: gaan dood van die honger of van koue. Riool stroom in die strate van Londen, want die afvoerpype is flenters en word nie herstel nie – alles loop na die see, en die media swyg soos die graf hieroor!
Dit is merkwaardig hoe vinnig dinge nou gebeur. As ek reg verstaan is dit volgende n Turk wat iets gaan aanvang. Is dit nie wat amptelik die groot oorlog begin nie? Is dit Eskom en Edrogan wat die laaste asem uit die huidige orde gaan druk?
As ek reg kan onthou is dit ook na Elizabeth se dood wat ons moeilikheid hier in Johannesburg begin, nie waar nie? Ek let op dat gister was daar dosyne vegvliegtuie en militêre helikopters ooral in die lug bo Pretoria en Johannesburg. Dit terwyl Ramaposha inderhaas terugkeer na SA.
Is dit dalk moontlik dat die staat selfs reg maak vir iets? Is dit dalk nou die tyd wat die “3de mag” uiteindelik uit die skaduwee na vore gaan tree in ope rebellie teen die staat?
Koning daar was ‘n lugskou Saterdag, daarom al die bedrywighede in die lug.
Bevestiging van Engeland se agteruitgang uit ‘n Indiese oogpunt:
https://www.youtube.com/watch?v=bWSZupA49x0
Dankie Oom Adriaan vir die skrywe.
United Nations Food Chief Warns Of ‘Chaos,’ ‘Hell’ And Wide Spread Food Shortage Next Year: The World Is Facing ‘A Perfect Storm On Top Of A Perfect Storm’
By Alicia Powe
Published September 28, 2022 at 9:00am
420 Comments
The United Nations’ Food chief is urging the public to prepare for famine and widespread food shortage next year amid an severe fertilizer supply shortage.
The pandemic, climate problems and the Russian, Ukranian war and inflation are crippling production of the global food supply production, World Food Program Director David Beasley told the Associated Press on Thursday.
“It’s a perfect storm on top of a perfect storm,” Beasley said. “And with the fertilizer crisis we’re facing right now, with droughts, we’re facing a food pricing problem in 2022. This created havoc around the world.
“If we don’t get on top of this quickly — and I don’t mean next year, I mean this year — you will have a food availability problem in 2023,” he said. “And that’s gonna be hell.”
Currently, the world produces enough food to feed over 7.7 billion people, but maintaining an adequate amount of fertilizer and farmers is crucial to producing at least 50 percent of that food, Beasely argued.
“We’ve got to get those fertilizers moving, and we’ve got to move it quickly,” he admoished. “Asian rice production is at a critical state right now Seeds are in the ground.”
Beasely said approximately 80 million people around the world were facing famine in 2017 when he began leading the World Food Program, but following the pandemic, climate crisis, and Russia – Ukrainian war at least 276 million people around the world are struggling to access food.
“Climate problems increased that number to 135 million,” the AP notes. “The COVID-19 pandemic, which began in early 2020, doubled it to 276 million people not knowing where their next meal was coming from. Finally, Russia invaded Ukraine on Feb. 24, sparking a war and a food, fertilizer and energy crisis that has pushed the number to 345 million.”
“Within that are 50 million people in 45 countries knocking on famine’s door,” Beasley added. “If we don’t reach these people, you will have famine, starvation, destabilization of nations unlike anything we saw in 2007-2008 and 2011, and you will have mass migration.
Koos jy is absoluut korek, jy moet die vervolging van boere sien in die Nederland. Dus n laer produksie. In Australia is daar huidig massiewe reenval dus minder produksie. NSW het nou nie meeste reen gekry in meer as 50 jaar en daar is nog 3 maande oor. Maar laat ons soos Habakuk wees in hoofstuk 3… ons sal ons verheug in YHWH ons skepper.
Ek dink as Putin die Poseidon in die Pacific ocean laat afgaan sal hy baie onverwagde skade aanrug. Dit sal tunami veroorsaak, aardbeqings en moontlik ook dat van die volkane op die ring of fire erupt.
Dit is presies wat gaan gebeur, Thea!
Wat seg Siener oor die vax?
Adriaan, oor Jesaja 11:6. Is dit wragtag ‘n wolf wat saam met ‘n lam neerle, of is dit ‘n leeu?
Wel, die stoel is nou nie meer leeg nie…
Siener het verwys na Engeland se stoel wat leeg is by die volketafel na afloop van die 3de Wêreldoorlog. M.a.w. Engeland sal dan nie meer bestaan nie.
Okay, maar lees jou laaste paragraaf weer:
Maar nou is die vraag of Charles nog gekroon sal word, want indien die 3de Wêreldoorlog vóór die beplande kroning uitbreek, mag omstandighede so drasties verander het dat die seremonie moontlik nie kan plaasvind nie; en dan kan Siener se profesie dat daar geen opvolger vir koningin Elizabeth sal wees nie, dalk nog bewaarheid word…
Jy kan nie die interpretasies verander soos wat die realiteit anderste afspeel nie? Was die hele punt van jou blog nie om die punt te maak dat daar moontlik nie ‘n opvolger gaan wees nie en dat Charles nie gekroon sou word nie?