Derde Wêreldoorlog — Britse staatsleier moet éérs sterf

In 1920 het Siener aan dr. Servaas Rossouw ‘n voorspelling gemaak oor die uitbreek van die aanstaande (Derde) Wêreldoorlog. ‘n Kopie daarvan is in 1992 agter ‘n deurkosyn in Alberton ontdek (Die Transvaler, 22 Januarie 1992) waar dit deur ‘n vorige eienaar (vermoedelik gedurende die 2de Wêreldoorlog) versteek is.  Genl. Jan Smuts het destyds almal vervolg het wat inligting oor Siener versprei het.

Boy Mussmann was van mening dat Siener met die visioen die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog gesien het, pleks van die  Derde Wêreldoorlog, en hy het dit al in 1938 byna ‘n jaar vóór die uitbreek van die oorlog, landswyd begin versprei. Berigte daaroor het in o.m. Die Burger, Volksblad en later in Die Dapper Boodskapper verskyn.

Die visioen (‘n verkorte weergawe):

“Die aanstaande wêreldoorlog sal uitbreek nadat (my beklemtoning)‘n groot staatsman van Engeland dood is. Aan die oorlog sal 8 groot nasies deelneem — vyf aan Duitsland se kant en drie aan Engeland se kant. Engeland se grootste bondgenoot gaan nie ver saam in die oorlog nie. Op die Westerfront word twee slae gelewer, waar bloed deur die graspolle sal loop soos water as dit reën. Die twee slae beslis die wêreldoorlog, maar beëindig dit nie. God sal dan sewe plae oor Engeland beskik, waaronder: Indië vermoor al die Engelse daar — net ‘n klompie ontsnap. Daar is hongersnood. Hulle krediet raak op. Burgeroorlog is die vernaamste.

“Met wetgewing konfiskeer ons wat van ons weggeneem is, dis ‘n regverdige saak. Ons roof of steel nie. Na die twee groot slae gelewer is op die Westerfront, kom vyf oorlogskepe na Duitswes en een vliegkampskip na Duits-Oos. Sodra die oorlogskepe land, vlug die Engelse weg uit Rhodesië (Zimbabwe) en Kaapland”.

Hierna volg daar ‘n lang tydsverloop, waarin hy o.m. “sien die parlement sit; dit reën en die gras word groen (lente); die gras word weer wit en droog (winter), en as dit die tweede keer groen word (aanbreek van die lente), kom daar 3 blou briewe in die parlement.

“Na die derde brief spat hulle (parlementslede) uitmekaar en vlug weg uit die Kaap. Ons (weerbare manne) beweeg na Lichtenburg en by ‘n koppie spreek ‘n man in ‘n bruin pak klere ons toe. Ons trek weer hier af soos in 1914. Langs Grootrivier (die Oranje) kom Wes-Transvaal, Suid-Vrystaat en Oos-Kaapland bymekaar en daar ontmoet ons die Duitsers en kry ons ons gewere en kanonne wat ons nodig het. Nou begin ‘n groter staking as in 1922. Ook die treine staan, behalwe die trein (onder Duitse beheer), tussen Prieska en Duitswes”.

Uhuru Shipping soek persone wat kan help met dringende vervoer. Die facebook advertensie is in drie tale — o.m. in Chinees, Russies en Hindi. Dit was binne enkele ure afehaal.

Hoekom word Natal, Noord-, Oos- en Suid-Transvaal, of Noord-, Oos-, Wes-Vrystaat en Noord-, Wes- en Suid-Kaapland nie genoem nie? Dit kan beteken dat hierdie streke se weerbare manne die binnelandse chaos en geweld onder beheer moet hou?

“By Kimberley val daar bomme. Rhodesië en al die Engelse, Jode en Jingo’s hier vlug nou na Vereeniging. Daar val ook bomme en dan vlug hulle na Durban”. Hy sê dat wanneer hulle op die skip is en nog op ons terugskiet, val sy Bybel oop by Eksodus 14:13 wat sê

“Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van die HERE wat Hy vandag vir julle sal bewerk; want soos julle die Egiptenaars vandag sien, sal julle hulle nie weer sien in ewigheid nie”.

“Terwyl dit alles hier by ons gebeur, sien hy in Europa ‘n vreeslike dik klipmuur en agter die muur donker rookwolke wat draai (dit beteken dat die oorlog daar baie ver gevorder sal wees voordat ons dit sal weet (dit ons sal raak).

Siener het elders ook gesê die oorlog sal ons vyande daar so besig hou dat as hulle weer na ons kant toe kyk, ons dinge afgehandel sal wees, en dat ons dan met Duitse hulp tot by die ewenaar die land sal “skoonmaak”.

Mnr Boy Mussmann was ortuig daarvan dat hierdie visioen die gang van sake in die 2de Wêreldoorlog beskryf, maar dit klop nie, want die verloop daarvan val nie in plek met gebeure soos ons dit ken nie.

Ten eerste, Siener het gesê ‘n belangrike Engelse staatsman of -leier sal vóór die begin van dié oorlog sterf. Die Britse eerste minister, Neville Camberlaim, sterf eers op 9 November 1940 — 14 maande na die uitbreek van die oorlog.

(Terloops, baron Margaret Thatcher is op 8 April 2013 oorlede. Kon Siener se gesig dalk na haar dood verwys het, want Thatcher was Suid-Afrika in die jare tagtig goedgesind? Die Britse koerant, The Guardian, het pas in ‘n nydige artikel haar en pres. Ronald Reagan van Amerika skerp veroordeel omdat hulle sanksies teen Suid-Afrika geweier het; Thatcher het apartheid ook gesien as ‘n bolwerk teen Kommunisme, en in 1987 openlik gesê: “The ANC is a typical terrorist organisation … Anyone who thinks it is going to run the government in South Africa is living in cloud-cuckoo land”. Toe Mandela in 1990 op besoek aan Engeland geweier het om Thatcher te ontmoet, het die LP, Terry Dicks, gevra: “Hoe lank gaan sy nog toelaat dat hierdie swart terroris haar in die gesig skop?” (The Independent, 24 April 2013). Waarom het Thatcher haar biograaf, Charles Moore, versoek om haar lewensverhaal eers ná haar dood te publiseer? Kan dit wees omdat sy dinge bekend gemaak het oor haar en koningin Elizabeth II se konflikte oor Suid-Afrika, apartheid en Mandela? Die koningin moes Thatcher glo in Julie 1990 aansê om Nelson Mandela op sy tweede besoek aan Engeland te ontmoet. By hierdie geleentheid het studente plakkate vertoon met die woorde: “Hang Nelson Mandela”).

Tweedens, volgens Siener sou vyf groot nasies aan Duitse kant veg en drie aan Engeland se kant. In die 2de Wêreldoorlog het net twee nasies Duitsland gesteun (Italië en Japan, saam met Duitsland was hulle bekend as die Spilmoonthede, maar Italië het al in 1940 oorgegee). Altesaam 18 lande (die Gealieerdes) was Engeland se bondgenote. (Dit het die Gealieerdes met sy oorweldigende oormag nogtans vyf jaar én twee atoombomaanvalle gekos om Duitsland en Japan tot oorgawe te dwing. Tog word hierdie gewaande oorwinning nog jaar na jaar deur hulle op 8 Mei gevier!)

Derdens, die sewe plae wat Siener vir Engeland in die oorlog voorspel het, is nie gedurende die oorlog bewaarheid nie.

 Skouburge vir die inspit-opvoering

Volgens Jacques Grobbelaar, uitvoerende hoof van Stadium Management South Africa, ly die vyf nuwe stadions wat teen ‘n koste van R16 miljard vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 opgerig is, enorme verliese omdat hulle feitlik nie meer gebruik word nie. Tog word daar steeds astronieniese bedrae vermors om die stadions “in stand te hou”. Waarom?

So beloop net die maandelikse bedryfsuitgawes van die FNB-stadion in die suide van Johannesburg R4,5 miljoen (tussen R50 miljoen en R60 miljoen per jaar).

Belastingbetalers in eThekwini het sedert 2010 al ’n stewige R50 miljoen vir die verliese van die Moses Ma­bhida-stadion betaal.

Die Kaapstadse stadion in Groenpunt se jaarlikse bedryfskoste is ’n astronomiese R58 miljoen, terwyl die geskatte inkomste per jaar slegs R14 miljoen is.

In Polokwane in Limpopo het die Peter Mokaba-stadion se ­bedryfsuitgawes in 2011 R35 miljoen beloop, vergeleke met ’n inkomste van net minder as R10 miljoen.

Die Nelson Mandela Bay-stadion se bedryfsuitgawes was R25 miljoen.

Die vraag is, hoekom word daar steeds volgehou met die in stand houding van hierdie wit olifante?

Die antwoord is baie eenvoudig: Hulle sal dien as “skouburge” vir Mandela se “inspit-opvoering”. Reeds vóórdat die finale Wêreldbekersokkerwedstryd gespeel is, is ’n blanke vrou aangewys as hoofkoördineerder en beplanner vir die “huisvesting” van die horde toeskouers wat vir Mandela se begrafnis sou opdaag. Sy moes alle sokkerstadions dwarsoor Suid-Afrika besoek en gereedkry as versamelpunte vir die verwagte “tien miljoen swartes wat Mandela se begrafnis sal bywoon”. (Marthinus van Sckalkwyk op TV).

Geskikte stadions in elke dorp en stad moes ingerig word om begrafnisgangers etlike dae lank te huisves. Daar moet dus voldoende toilet- en eetgeriewe wees, genoeg drank vir die dorstiges, asook reuse TV-skerms sodat die toi-toiende, uitbundige kierieswaaiers ongestoord en met die gebruiklike groot geween, die verloop van die begrafnisseremonie kan volg. Verder moes verhoë opgerig word vir eregaste en sprekers wat huldeblyke moet lewer en musikante en sangers wat die voorvadergeeste moet nader roep.

 Eskom, Eskom, wáár is jy?

Op 22 April het die elektrisiteitsvoorsiener weer eens gewaarsku dat met die koudste winter op hande, daar kragonderbrekings sal wees. En hoewel sy hoof, Brian Dames, gesê het hulle sal dit “ten alle koste probeer” voorkom (Eskom het dieselfde gesê voordat ons in 2008 beurtkrag gekry het), lyk die kanse maar skraal, want daar is ‘n baie groot verskil hierdie winter — reuse-onderhoudswerk, wat gewoonlik in die somermaande gedoen word, kan nie langer uitgestel word nie. “Ons gaan tussen April en Augustus moet werk aan nege eenhede,” het Dames gewaarsku.

Dit word nie vir ons gesê watter “eenhede” nie, maar dit sal Eskom se kragopwekking met minstens 2 000 megawatt verminder en sluit van die grootste aanlegte in, o.a. die Koeberg-eenheid wat al sedert 20 Februarie staan nadat dit outomaties afgeskakel het toe daar ‘n kortsluiting op die skakelbord was — selfs ‘n Franse tegnikus wat spesiaal gekry is om die probleem “binne dae” op te los, is onverrigter sake weer vort. Ons sal seker ook nooit hoor wat dit Eskom gekos het nie! Blanke tegnici in Suid-Afrika wat die herstelwerk kon gedoen het, beklee tans van die hoogste poste by buitelandse kerkragsentrales. Verder kan Eskom nie (soos vroeër al gesê) sy gewone kwota van die Mosambiekse Cahora Bassa-projek kry nie, weens vloede wat die stelsel beskadig het. Daarby het die staking van meer as twee weke by die steenkoolgroep Exxaro die land se kraguitset met ‘n verdere 1 000 megawatt verminder.

Die winter het nog skaars begin en al Eskom se aanlegte steier reeds onder die verhoogde aanvraag. Oral in die land is daar sporadiese kragonderbrekings — in Johannesburg tot vier keer per dag.

Met die 2 000 megawatt wat verlore is, sal minstens 2 miljoen huishoudings sonder krag wees, aangesien één megawatt genoeg elektrisiteit vir sowat 1 000 huise verskaf. Volgens Dames is die eenhede ook aan die verouder en kan die onderhoudswerk glad nié langer uitgestel word nie!

Die “uiters koue” winter wat volgens Dames op hande is, kan sake net vererger en tot groot kragonderbrekings lei.

Dan het die minister van openbare ondernemings, Malusi Gigaba, op 21 April, na aanleiding van die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) se besluit om net ‘n 8%-verhoging in die kragtarief toe te staan, gesê dat “hierdie winter anders gaan wees. Eskom het om ‘n 16%-verhoging aansoek gedoen en die prentjie van kragvoorsiening in Suid-Afrika het nou drasties verander, want dit sal ingrypende gevolge vir die bedryf en volhoubaarheid van Eskom hê”.

Hierdie bedekte waarskuwing behoort elke verbuiker regop te laat sit, en te laat besef dat die landwye kragkrisis in 2008, toe die ekonomie miljarde rand verloor het omdat fabrieke, myne en smelters dae lank moes sluit, na kinderspeletjies kan lyk in vergelyking met wat nou voorlê.

Eskom het R500 miljard bewillig om sy ou, uitgediende aanlegte te probeer opgradeer, maar soos ‘n senior werknemer sê: “hulle het 18 jaar te laat wakker geskrik — die skrif in aan die muur en die lig in die tonnel kan dalk binnekort ophou flikker!”

 

Drie VN helikopters is op 27 Maart bokant Johannesburg opgemerk wat in die rigting van Vereeniging gevlieg het.

 

  • Swaar gewapende sekuriteitswagte het in Januarie begin om 2 x 50 skeepshouers vol ammunisie vanuit Kaapstad en Durban na Alkantpan (die eertydse weermag se toetsterrein — 65 km by 13 km groot) naby Copperton in die Noordkaap te vervoer. Die laaste houers moes teen April by Alkantpan afgelewer word). Dit is nie algemeen bekend nie, maar die ANC regering het Alkantpan as’t ware in die geheim aan die Chinese verkoop, en vandag is hulle baie bedrywig daar met allerhande wapentoetse. Soms is dit so erg dat die skokgolwe inwoners van Copperton se vensterrame laat ratel. Daar is ook ‘n vliegverbod in die lugruim bokant die Chinese toetsterrein.
  • Alle ambassades in Suid-Afrika is ‘n geruime tyd gelede reeds versoek om gastelyste vir Mandela se begrafnis voor te lê. Daar is ook gerugte in omloop dat Pretoria gedurende die tyd wat Mandela in staatsie sal lê, afgekordon gaan word.

DIE OERLA-LINDA

Nou weer beskikbaar! Die Oera Linda boek is die verhaal van die magtige Friese Ryk wat die destydse beskaafde wêreld oorheers het. Maak ook kennis met hul taal wat ‘n duidelike voorloper van Afrikaans is.

RAAD VIR KWALE

Vir slegs R120

Die verborge boeke van Eden
Openbaringe van Paulus & Petrus
Die Boek van die Opregte

R370

R470